40 Dae reis na Paas – Luister

[powerpress]

Nou vandag gaan ons gesels oor iets wat ons eintlik elke dag moet doen maar nie regkry nie. En dit voel vir my of sal ek sê vir vroue en ouers dat dit al minder en minder gebeur.

O, ja aan al die vroue gelukkige Valentynsdag en mag die dag vol van liefde en baie special moments wees.

Wat is dit wat ek van praat. Dis Luister. Wat is die ding wat my vroutjie gereeld vir my sê jy luister ook nie as ek met jou praat nie. Wat sê ons gereeld vir ons kinders luister tog net vir ’n slag. As hulle seerkry dan soos goeie ouers sal ons sê Ja, sien jy dis omdat jy nie luister nie.

Jy het nie ore nie het die ou mense altyd gesê, wat het hulle eintlik gesê jy wil nie luister nie.

Ok jammer as daar dalk jong ouers is wat ook daai sê ding gebruik, nie bedoel om te sê julle is oud nie, maar die cat is out of the bag julle is besig om oud te raak en jy is maar baie soos jou ma-hulle as wat jy wil erken. So jammer daaroor.

Baie keer sal ons ook uit besorgdheid sê of skinder hang af hoe jy daarna kyk hoekom luister hulle nie, ons het hulle gewaarsku.

Die tema van luister is ook die Bybel vol. Hoor wat staan in Jes. 55:2-3 NLV

Hoekom spandeer julle, julle geld op dit wat nie brood is nie? Hoekom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister mooi na My, dan sal julle eet wat goed is, en versadig kan word met die beste wat te kry is! 3 Luister tog, kom na My toe. Luister na My dat julle kan lewe.

Luister tog jy kan amper God hoor sug van Ai tog luister net dis asof God hier kom hy die volk se gesig wil vasgryp tussen sy hand en sê luister tog net. Dis asof hy hulle smeek en is soos Luister tog net ek het die antwoord kom na my toe.

En ek gaan eerlik wees baie keer hoor ek mense sê ek Steve ek wil net die wil van die Here doen, of hoe weet ek dat dit is wat ek moet doen dis wat die Here wil hê. Die Here praat nie met my nie. Ek hoor hom nie.

En vanoggend wil ek sê dat ek glo dit nie vir een oomblik nie, ek dink nee ek weet die Here praat elke dag met ons maar ons, ons is soos Samuel ons erken nie Sy stem nie.

Julle kan die storie gaan lees in 1 Samuel 3. Maar wat gebeur is Samuel is in die temple saam met Eli die priester en Samuel is die apprentice. Een aand hoor Samuel sy naam word geroep hy spring op en hardloop na Eli, Eli is soos nee dis nie ek nie seker die wind gaan slaap. Weer hoor hy Samuel, Samuel weer op Eli nee weer nie ek nie gaan doedoe. 3de keer Samuel, Samuel hy weer Eli toe Eli besef dis God en sê volgende keer sê spreuk Here U dienskneg luister.

Vriende ek vermoed ons is soos Samuel die Here roep elke dag ons naam. Die Here praat elke dag met ons maar ons herken dit nie. Daar kan baie redes wees ons het dalk ’n voor op gestelde idee hoe dit sal klink of sal wees as God praat.

Maar ek glo elke dag praat die Here met ons, daai ongeregtigheid wat jou bloed laat kook en jy so sterk oor voel dat iemand iets moet doen, dalk is dit die Here wat jou roep om iets groot vir sy koninkryk te doen, daai enkel ma wat jy so jammer kry dalk moet jy iets begin doen vir haar, of wees kinders of arm skole wat jou hart roer en die Here roep jou en sê dis nie reg dat Kinders nie eers brood het pouses nie doen iets.

Soms is dit in die ry by pick en pay en die persoon voor jou wat selfs die stof uit sy beursie haal om te betaal en jy voel ek kan dit eintlik net betaal, dit gaan my nie armer maak nie, ek glo jy het God se stem gehoor maar dalk net nie erken nie of nie geluister nie. Daai ou bywerk wat niemand van hou nie, maar niemand het al moeite gedoen om uit te vind wie die persoon werklik is nie. En al wat jy moet doen, is oor die vertrek loop en jou hand uitsteek en sê hi ek is Steve.

Daai gedagteom vir iemand te bid of te gaan bid of ’n vers te stuur of net ’n aanmoediging boodskap te stuur. Dalk is daar iets wat jy ervaar jy moet uitsort in jou eie lewe. Ek glo in dit alles is God besig om te praat maar ons mis dit baie keer want ons het verleer om te luister.

Nou hoe kan ons weer leer om te luister.

Deur tyd te maak om te luister. Vriende dis nie rocket science. Die eerste dag stukkie van die week het ’n toepassing en dit moedig ons aan om ’n Woestyn plek te kry waar jy daagliks 10 of 15 min selfs meer kan gaan luister.

Dis belangrik om te luister as ek en jy wil weet hoe om te lewe. Die hele Johannes deur dan sê Jesus ek sê net wat ek die Vader hoor sê het en doen net wat die Vader vir my gesê het. Jesus het gereeld gaan luister tyd uitgekoop om te gaan luister.

Hoor wat staan in Joh. 5:19 Jesus het daarop reageer: “Ek verseker julle, die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen slegs wat Hy die Vader sien doen. Wat die Vader ook al doen, dit doen die Seun net so.

Joh. 8: 28 Jesus het daarop vir hulle gesê: “Eers as julle My, die Seun van die Mens, verhoog het, sal julle begryp dat Ek is wat Ek is; en dat Ek uit my eie niks doen nie, maar net praat soos die Vader My onderrig het.

Vriende as ons wil leer om te luister moet ons begin tyd maak en soos Samuel sê Spreek Here u dienskneg luister.

Hoe leer ek en jy nog om te luister. Deur tyd te spandeer in God se woord.

Richard Rohr wat sê “We must approach the Scriptures with humility and patience, with our own agenda out of the way, and allow the Spirit to stir the deeper meaning for us.

Jesus in die Woestyn terwyl die Duiwel hom versoek dan kom Jesus en hy haal die woord aan om die duiwel teen te staan. Jesus se bediening en lewe is geanker in sy Vader se woord.

Vanoggend het ons ’n oomblik gehad om stil te word en te op die kaartjie te skryf wat jy ervaar God dalk vir jou wil sê. Dalk was dit gedagte dalk was dit uitnodiging om te luister na sy stem. Vriende ek wil jou aanmoedig die week wanneer jy stil raak in jou 10 of 15 min wil jy nie aanhou met die gebruik nie. Skryf in ’n joernaal stuk papier wat ervaar jy God vir jou sê deur sy Woord. Dalk is dit iets wat jy moet doen, dalk is dit iets wat jy net moet besef of weet soos dat jy Sy kind is of dat Hy lief is vir jou, of dat jy vergewe is, dalk is dit iets wat jy mee moet deel of uitsorteer.

En dan laaste hoe leer ons om te luister. Deur na mekaar te luister. Deur by mekaar te kom en elkeen van ons met mekaar deel wat God besig is om in my geestelike reis te doen en al wat die ander doen, is deur te luister. Vriende vir te lank kom ons kerk toe of gaan ons omgee groepe toe sodat iemand vir my kan die antwoord gee. Ek deel iets en iemand gee my die antwoord of wat hulle ervaar het God vir hulle geantwoord het.

So belangrik soos dit is om kerk toe te kom is ons hart hier in Impetus nie om vir julle die antwoord te gee nie, vir te lank het mense kerk toe gekom dat die Guru op die verhoor vir ons die antwoorde gee en sê wat ons moet doen. Ons wil eerder ons diens so beplan dat ons almal begelei word om dieper in verhouding met God self kan groei en dat ons by Hom die antwoorde kry.

Wanneer ons in ons omgee groepe bymekaarkom, dat ons nie vir mekaar antwoorde gee nie, maar dat ons na mekaar luister en ek glo soos ons na mekaar luister ons nader sal kom aan die een wat die antwoorde het Jesus Christus. Want nou is ek besig op my reis en God kry kans om met my te werk op my reis.

Daarom wil ek jou weer vanoggend aanmoedig raak betrokke in ’n groep sodat jy kan leer om na ander te luister en sodat jy kan deel wat God besig is om te doen en vir jou te sê op jou geestelike reis.

Kom ons Bid saam