50 Dae van HOOP – Week 1: Jy kan nie sonder hoop lewe nie
In ‘n artikel wat ek hierdie week gelees het getiteld: “What All This Bad News Is Doing to Us” skryf die outeur die volgende: http://nymag.com/scienceofus/2014/08/what-all-this-bad-news-is-doing-to-us.html?mid=twitter_nymag
“A terrifying jihadist group is conquering and butchering its way across big swaths of Iraq and Syria. Planes are falling out of the sky on what seems like a weekly basis. Civilians are being killed in massive numbers in the Israel-Gaza conflict. Others are falling prey to Ebola in West Africa. The world, in short, is falling apart. That’s how it feels, at least, to those of us who sit at a blessed remove from the death and destruction…”
“It can be hard, sometimes, not to see media coverage as an “unrelenting flow” of negativity, especially when it’s so loudly amplified by social media.”
Die slim mense wat navorsing oor die effek van media op ons doen sê dan die gevolg is:
“…sense of helplessness, she said, cognitive shortcuts triggered by the news can also lead us to gradually see the world as a darker and darker place, chipping away at certain optimistic tendencies.”
Wat dan ook ‘n groot rol speel sê hulle is jou huidige omstandighede en wat jy in jou onmiddellike omgewing beleef.
Hulle sê dat die beskikbaarheid van media die oorsaak het dat ons in bubbles leef en net die ekstreme dinge raaksien en glo dit is hoe dit is oral in die wêreld.
As mense glo dinge is besig om uitmekaar te val het dit ‘n effek op hulle besluitneming en hulle toekomsverwagting.
“So when people overestimate the world’s awfulness, there do appear to be real consequences. And while, as has eternally been the case, there are certainly pockets of the planet that really are getting worse on a daily basis (Syria), on a broader level there’s solid evidence — perhaps gathered most comprehensively by Steven Pinker — that the world is in the midst of a decades-long trend of actually becoming better: safer and healthier and more humane. We just have the bad stuff shouted into our ears louder than ever before.”
En dan kom die outeur by die oplossing: “Sit jou gadgets af. Hy sê dat ons die soms moeilik lyn moet loop tussen ingelig wees en dat hierdie konstante stroom van ekstreme negatiwiteit ons hopeloos laat voel en ons verwagting vir ‘n goeie toekoms wegneem.”
Verseker het die omstandighede waarin ons leef op hierdie stadium ‘n effek dat ons sonder hoop lewe. Maar ‘n kind van God is nie veronderstel om sonder hoop te lewe nie.
“Niemand kan sonder hoop lewe nie. Om op te hou hoop is om op te hou lewe.”Dostojefski
Kyk net hoe het Paulus wat in baie slegter tye as ons geleef het geskryf hieroor:
2 Kor. 4:7-11
“Ek is soos ’n breekbare kleipot. Die lewe stamp my ook maar goed rond. Tog dra ek ’n baie waardevolle skat hier binne-in my: die krag van die Gees wat elke dag by my is. Ek kry dikwels swaar, maar ek raak nooit mismoedig nie. Ek weet nie elke dag presies wat ek moet doen nie. Tog is ek nooit radeloos nie. Ek word vervolg, maar ek weet God los my nooit alleen nie. Soms word ek onderstebo geloop, maar ek staan elke keer weer op. Ek bly nooit lê nie. Net soos Jesus gely het toe Hy op aarde was, ly ek ook. Die merktekens daarvan is orals aan my lyf te sien. Kyk maar net hoe ek al geslaan en mishandel is. Tog is die groot krag van Jesus ook in my lewe aan die werk.” DB
2 Kor. 4:16-18
“Ons gee nooit moed op nie, ook nie as ons rondgestamp en mishandel word nie. Nee, dan byt ons eers vas, want God is die hele tyd by ons. Maar weet julle, God is op ’n spesiale manier by ons. Hy maak ons elke dag van binne af nuut. Maar daar is nog ’n rede hoekom swaarkry ons nie onderkry nie: ons weet ons het ’n toekoms! Ons swaarkry is niks in vergelyking met wat alles op ons wag in God se nuwe wêreld nie. Ek het nie genoeg woorde om vir julle te beskryf hoe wonderlik dit sal wees nie. Ons staar ons glad nie blind teen alles wat hier met ons gebeur nie. Nee, ons kyk by al ons probleme en teenslae verby. Ons oog is op God se wêreld ingestel. Dit wat ons vandag sien, is in elk geval môre nie meer daar nie. Hier hou niks vir ewig nie. Al wat altyd sal bestaan, is God se nuwe wêreld. Natuurlik sien ons dit nog nie nou al nie, maar ons weet ons is op pad soontoe.” DB
1 Kor. 5:1-4; 6-9
Wanneer ons eendag doodgaan, ja, wanneer ons liggaam soos ’n tent opgevou word en in die grond weggebêre word, is dit nie klaar met ons nie. Gelukkig nie. Dan begin die lewe eers! Want dan kry ons ’n splinternuwe hemelse liggaam by God. Terwyl ons nou nog in hierdie ou aardse tent moet aansukkel, kry ons regtig swaar. Ons is moeg van al die gesukkel. Ons sien uit na die dag dat hierdie sterflike liggaam van ons vervang sal
word met ’n nuwe liggaam wat vir altyd sal hou. Ons raak glad nie moedeloos nie. Al sien ons nog niks van die nuwe wêreld wat op ons wag nie, glo ons dat ons daarheen op pad is. Ons hou moed.” DB
- Wat is HOOP?
Gewoonlik wanneer ons die woord HOOP gebruik dat praat ons van iets wat onseker is.
Bv. “Ek hoop dat dit more sal reën.” Dit praat van iets wat onseker is.
Maar wanneer die Bybel praat van HOOP wat ons nodig het, bedoel dit nie iets wat onseker is nie. Dit is ‘n HOOP wat meer seker is as ons aardse bestaan.
Heb. 11:1 “Die geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.” AFR53
“Christelike hoop is nie die hoop vir die beste nie. Dit is die verwagting dat wat reeds waar is, in besit geneem kan word.” Johan Smit
Hoop beteken nie dat alles goed sal gaan hier op aarde nie.
Inteendeel, almal van ons beleef een of ander tyd pyn, lyding, verdriet en vervolging.
Hoop is nie om te sê alles is goed en reg nie. Dat ons tevrede moet wees met dinge wat verkeerd is nie.
HOOP is om te glo dat God iets beters vir ons het in die toekoms en dat ons deel daarvan moet wees. Hoop is juis om t.m.v. al die swaarkry te bly hoop.
‘n Poolse dogtertjie wat tydens die Tweede Wêreldoorlog oor die muur van die Joodse ghetto in Warschau ontvlug het en in ‘n grot weggekruip het, maar wat dood is voor die Geallieerdes Warschau kon ontset, het voor haar dood hierdie woorde op die muur van die grot uitgekrap:” Ek glo in die son, al skyn dit nie vandag nie. Ek glo in die liefde, al sien ek dit nie. Ek glo in God, ook noudat ek sy stem nie kan hoor nie.” Dis om te hoop.
Hoop het iemand gesê is om ʼn riviertjie te sien en weet daar is ʼn oseaan aan die einde.
- Besef meeste dinge in hierdie lewe is tydelik.
HOOP kyk nie na dit wat ek vandag sien en beleef nie. Nee, as ek net kyk na dit wat ek vandag beleef, sal ek nooit HOOP hê nie. Ek sal eerder wanhoop hê.
Ons is mense wat nie ‘n tydelike hoop het nie maar ‘n ewige hoop. Tydelike dinge gaan verby. Ewige dinge bestaan vir ewig. Wanneer jy iemand sien kamp in ‘n tent – waaraan dink jy?
Seker eers, dat dit lekker is om weg te kom van die gewone gejaag van dinge af. Maar dan ook, dat hierdie nie sy permanente tuiste is nie. Iewers moet daardie persoon ‘n huis hê wat sy eintlike huis is.
Dit is hoe dit met ons is. Ons is kampers. Ons is pelgrims. Ons is op pad iewers heen. As jy jouself so gaan tuis maak in hierdie wêreld, gaan jy gou hoop en moed verloor. Want dinge gaan nie altyd uitwerk hier nie. Dinge gaan onregverdig wees. Hoop is om te sê, t.s.v. hierdie dinge wat ek sien en beleef is ek opgewonde.
Dit beste lê nog voor. Daar is dinge in my toekoms wat ek nie eers van kan droom nie.
Paulus sê in hierdie gedeelte wat ons gelees het: Die perfekte wêreld is nie hier op aarde nie. Hier gaan ons swaarkry, moeilikheid en onregverdigheid ervaar. “Life is not fair.”
“Hoop beteken ons sien die wêreld met al sy pyn en onreg nugter raak, maar ons is ook op die uitkyk vir tekens van hoop wat ons orals sien.”
HOOP sê, God het reeds die perfekte wêreld geskep. Partykeer ervaar ons iets daarvan hier op aarde ander kere nie.
Die waarborg is gegee. Die Heilige Gees wat in elke wedergebore kind van God leef is die eerste paaiement van hierdie perfekte wêreld wat gaan kom.
Intussen sê Hy daar in vers 10, het God ‘n opdrag vir ons.
2 Kor. 5:10 “Al wat saakmaak, is dat ons doen wat God van ons vra, of ons nou hier bly, of daar in die hemelse wêreld. Ons almal moet in elk geval eendag voor Christus gaan staan. Dan sal Hy sy uitspraak lewer oor alles wat ons gedoen het. Ons sal dan beloon word volgens dit wat ons gedoen het, goed of sleg.” DB
Die lewe is ‘n gawe. Ons kan dit nie sommer weggooi nie. En hierdie gawe is ‘n geleentheid elke dag om God se goedheid, om Sy koninkryk (nie my eie nie) te bring en te wees in hierdie donker wêreld.
Daar is ‘n roeping op jou lewe. Jy moet lig wees in ‘n donker plek. Moenie dat die HOOP van jou lig verflou of uitdoof nie.
Sonder HOOP kan jy nie lewe nie. Sonder HOOP sal jy soos die res van die wêreld sê:
Vandag kan die laaste dag wees, kom ons geniet dit, kom ons doen wat lekker is vandag.
Kom ons eet en drink en wees vrolik want môre sterf ons.
“Hoop is soos die son. As jy in sy rigting kyk, werp hy die skadu’s van jou probleme agter jou.”
Vandag wil ek jou uitdaag: HOOP is iets aktief. Jy moet daaraan werk om positief te wees en te bly.
Wil jy nie saam met ons vir die volgende 50 DAE aktief HOOP in jou lewe inbou nie?
- God het ‘n afspraak met jou elke Sondag vir die volgende 7 weke.
- Hy weet wat jy nodig het. Wees hier sodat Hy hoop en geloof in jou kan laat groei.
- Ons het ‘n boekie in Afr, Eng en PDF. Wil jy nie vir die volgende 50 Dae 6 keer ‘n week dit in jou dag so inruim dat jy n afspraak met God het nie?
- Ons het ook omgeegroepe. Mense wat elke week bymekaar kom en materiaal deel wat nie andersins beskikbaar is nie en ook om saam met vriende te gesels oor hierdie tema van HOOP en om vir mekaar te bid. Wil jy nie deel daarvan wees nie?
GEBED