Vergete waardes – Aanspreeklikheid

[powerpress]

Een van die waardes waaroor ons deesdae baie min praat is aanspreeklikheid.

Die rede daarvoor is dat ons in die geheim ‘n begeerte het om aan niemand aanspreeklik te wees nie.  Ons wil outonoom wees.  Ons wil koning wees.

In Suid-Afrika se konteks wil meeste van ons soos JZ wees.  Niemand moet ons teenstaan en ons ‘challenge’ wanneer dit kom by in ons lewe nie.

Seker een van die lekkerste dinge om 18 of 21 jaar te word is dat jy self kan kies wat jy gaan doen en wat jy nie wil doen nie.

As jy eers uit die huis uit is, het jy basies vrye teuls om jou lewe te leef soos wat JY wil sonder om verantwoording aan enigiemand te doen.

Maar dit is nie noodwendig ‘n goeie ding nie. Soos ons sien in ons liewe president se lewe.

 

Een van die mees interessante gedeeltes in die Bybel is die geskiedenis wat handel oor konings in die Bybel.  Onthou voordat hulle konings gehad het, was hulle regeer deur God se wet en het net priesters en profete gehad om hulle te lei.

Maar toe die Israeliete begin sien dat die nasies om hulle konings het, het hulle begin aandring om ook ‘n koning te hê.  Die Here het vir hulle gesê dat die nie ‘n goeie idee is nie want konings tree soos konings op.

 

Meeste van die konings wat Israel gehad het was sleg.

En meeste van hulle het net gedoen wat hulle wou.  Want konings dink soos ons JZ.

Ek hoef nie aanspreeklik te wees teenoor enige wette nie.  Ek maak die wette.

En as ek die wette maak, dan kan ek die wette ook breek as ek wil.

 

Wel vir al die ander nasies op aarde was dit okay maar die Here het vir Israel gesê, dit is nie okay nie.  Julle moet aan My verantwoording doen, nie die aardse koning nie.

Julle moet My wette gehoorsaam, nie die koning s’n nie.

Maar dit was ‘n probleem want enige koning wil twee dinge wees:

 

Konings wil outonoom en onverantwoordbaar wees.

Outonoom is, ek wil doen wat ek wil doen.

Onverantwoordbaar is, ek wil aan niemand verslag doen nie.

‘n Verdere probleem was dat wanneer jy ‘n Joodse koning was, dan moes jy ook na die profete luister.  Want as jy rebelleer teenoor God dan sal daar pyn wees.

Rebellie = pyn.

En oor en oor stuur God die profete om vir hulle te sê, luister, as jy koning gaan wees, moet jy ‘n koning wees wat onder gesag kan staan.  Jy moet aanspreeklik wees.

Dit is net hier waar dit eintlik baie prakties raak in ons lewens.

Daar is iets in ons almal, die iets heel natuurlik, wat koning wil wees.

Dalk nie oor ander mense nie maar verseker oor ons eie lewens.

Ek wil doen, wat ek dink reg is om te doen en ek wil nie aan iemand verantwoordbaar wees nie.  En sê, ja pa, ja ma.  Ja, baas, ja, mevrou nie.  Ek wil doen wat ek wil doen.

 

En terselfde tyd worstel ons met dieselfde ding wat die konings mee geworstel het.

Ons ervaar dikwels dat ons rebellie tot pyn lei.

En in ‘n geestelike sin is dit veral waar.  As ek God se wil hetsy doelbewus of per ongeluk verontagsaam, dan is daar pyn.  Dan kry ek met gebrokenheid te doen.

 

Om dit te illustreer wil ek julle na ‘n koning neem.  Hy was die laaste koning in die suidelike koninkryk van Juda.  Sedekia het nie geweet hy gaan die laaste koning van Juda wees nie want partykeer tel God nie tot drie nie.

Kom ek vertel jou vinnig hoe Sedekia koning geword het.

Ongeveer 597 v.C. het Nebukadnesar wat basies alles regeer het al reeds Juda ‘n ondergeskikte staat gemaak.  Dit het beteken dat hulle vir hom belastings moes stuur.

Wel, die vorige koning Jojakim het besluit, ons gaan dit nie meer doen nie.

Die gevolg was dat Nebukadnesar sy weermag gestuur het, Jerusalem oorgeneem het en die mure afgebreek het, die tempel gestroop en gewoes het.

Jojakim het geboei en na Babilon toe gestuur.  Want Nebukadnesar het ‘n cool ding gedoen – hy het konings versamel. En hy het Jojakim by sy koning versameling gevoeg.

 

Toe het hy vir Sedekia as koning aangestel maar jy is net koning omdat ek jou koning maak.  Drie reëls:  1.  Jy mag nie ‘n weermag op die been bring nie.  2. Jy stuur aan my belasting.  3.  Moenie die mure van Jerusalem herstel nie want ek wil julle kwesbaar en arm hê en ek wil julle in my volle beheer hou.

En Sedekia sit op die kroon en hy kan sy geluk nie glo nie.  “Ek is die KONING.”

 

Kort daarna kom een van die mal profete ouens, Jeremia, en vertel vir Sedekia, God het met my gepraat.  Hy is besig om ons te straf vir die rebellie van die konings voor jou.

Meeste konings voor ons het heidense gode aanbid.  Daarom oordeel God ons.

Hier is wat jy moet doen:  Jy moet aanvaar dat God besig is om ons te dissiplineer.

Hy het alles van ons weggeneem.  Hy het ons rekenaars weggeneem.  Hy het ons facebook weggeneem.  Hy het ons karre weggeneem.

 

Hier is wat jy moet doen Sedekia:  bring die mense terug na God toe.

Vergeet van Nebukadnesar, vergeet van ‘n weermag.

Lei die volk na die Here toe en God sal ons herstel wanneer Hy besluit om dit te doen.

Maar Sedekia is die KONING.  Wat doen hy?

2 Kron. 36:11-12         “Sedekia was 21 jaar oud toe hy koning geword het. Hy het elf jaar in Jerusalem regeer. Hy het gedoen wat verkeerd was vir die Here sy God en het nie berou gehad toe Jeremia die profeet die woorde van die Here verkondig het nie.”  NLV

 

Sedekia sê, ek is koning.  Ek is nie verantwoordbaar teenoor God nie.  Wie is Hy om in my lewe te kom inmeng?  Dankie vir die preek Jeremia – sien jou!  “It’s my life.”

2 Kron. 36:13     “Hy het ook teen koning Nebukadnesar in opstand gekom al het hy ’n eed van getrouheid voor God afgelê. Sedekia was hardkoppig en onversetlik en het geweier om terug te draai na die Here die God van Israel.”  NLV

Nebukadnesar stuur ‘n klein groep van sy weermag en hy sê gaan haal tog net vir

Sedekia uit, ek kan nie die arrogansie van hierdie ou verdra nie.

Toe Sedekia Nebukadnesar se weermag sien raak hy paniekerig en hy roep vir Jeremia en vra hom wat hy moet doen.

 

Jeremia sê vir hom dat hy net hierdie laaste kans oor het, gaan by die poorte uit, buig voor hierdie koning saam met jou familie en jou lewe sal gespaar word.

Sedekia: “Ek, buig voor ‘n ander koning?  Never, I’m the king.”

So paar dae gaan verby en die weermag van Nebukadnesar trek terug.

En Sedekia sê vir Jeremia, sien jy, die Here het ons gered.

Maar Jeremia sê, die Here het ons nie gered nie Sedekia, hulle gaan terug kom.

Wat hulle nie geweet het nie is dat die Egiptenare vir Nebukadnesar aangeval het en hy sy manskappe opgeroep het om te kom help veg.

 

Sedekia besluit hy het nou genoeg gehad van Jeremia en hulle maak hom vas en gooi hom in ‘n put met modder.

En die mense loop daar verby en hulle hoor hierdie put wat praat.  “Bekeer julle!”

En hulle trek hom daar uit.  Hy hou nie op praat nie en hulle gooi hom in die tronk.

Maar Jeremia hou net aan.  Julle enigste hoop is om oor te gee.

En een oggend toe Sedekia wakker word roep hulle hom om te kom kyk.

En die Skrif sê so vêr soos ‘n mens kon sien het Nebukadnesar sy hele weermag gebring.

2 Kon. 25:1-2     “Dit was in die negende jaar van Sedekia se bewind in Jerusalem. Op die tiende dag van die tiende maand het koning Nebukadnesar van Babel met sy hele leër teen Jerusalem opgetrek. Hulle het by die stad kamp opgeslaan en beleëringswalle rondom teen die mure opgehoop. Jerusalem is beleër tot in die elfde jaar van koning Sedekia se bewind.”  NLV

 

2 jaar. Hulle het besluit om hulle nie aan te val nie, hulle gaan sterf van die honger.

Vir 2 jaar het hulle gely.  En na 2 jaar roep hy na Jeremia.

Jeremia, sal jy bid.?  Hy is soos, BID?  Ek gaan nie bid nie.

Ek het vir jou gesê dat jy onder God se oordeel is en God het jou kans op kans op kans gegee.  Maar jy was te hardkoppig om te luister.

Jer. 38:17-18     “Jeremia het toe vir Sedekia gesê: “Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: As u aan die offisiere van die Babiloniese koning oorgee, sal u en u familie bly lewe. Hulle sal dan ook nie die stad met vuur verbrand nie. Maar as u weier om oor te gee aan die offisiere van die Babiloniese koning, sal u nie ontsnap nie! Die stad sal in die mag van die Babiloniërs val en hulle sal dit aan die brand steek.”  NLV

So Sedekia, as jy onder gaan, sal almal saam met jou onder gaan.

Jer. 38:20 “Jeremia het geantwoord: “Hulle sal u nie oorgee nie. As u doen wat ek sê, sal u aan die Here gehoorsaam wees. Dit sal dan met u goed gaan. U lewe sal gespaar word.”  DB

Hou op om so hardkoppig te wees en so stywe nek te hê.

Jer. 38:21 “Die Here het vir my gewys wat sal gebeur as u weier om oor te gee: ”  DB

As jy dink Nebukadnesar was vies die laaste 2 kere toe hy hier was, sal jy sien wat hy met jou maak wanneer jy nie aan hom oorgee nie.

 

Nou, dit is ‘n groot en dramatiese storie.  Die materiaal waaruit movies gemaak word.

Maar tot ‘n sekere mate is dit ‘n groot weergawe van iets wat dalk in jou lewe aan die gang is.  Dalk op hierdie stadium.

Jy is besig om die gevolge te dra omdat jy koning wil wees van jou lewe.

 

Die gedagte dat ek outonoom wil wees en wil doen wat ek wil doen.  En as iemand my challenge op daardie area van my lewe, dan sê ek mooi vir hulle, gaan aan.

Ek hoef nie aan julle verantwoording te doen nie.  En hardkoppig is ‘n ligte manier om jou houding te beskryf.  En jy sit dalk hier en dink, nou wie het vir hom gesê dat ek hier gaan wees.  Niemand het nie.  Dit is in elkeen van ons, om koning te wil wees.

En ek weet hoe dit voel wanneer mens met die Here se wil worstel. Jy voel dat jy soveel gaan opgee.  Dit is omdat ons nie God verstaan nie en ons weet nie hoeveel Hy ons lief het nie. Want as jy so effens terug staan dan sien jy God het nie probeer om hulle te straf nie. Hy het probeer om hulle terug te wen en hulle weer Sy hart te wys.

Maar Sedekia wou koning wees en hy het aanhou optree soos ‘n koning. Hy het gevolge gehad wat hy nie net nie kon bestuur nie, hy het konsekwensies gehad wat hy gevrees het.  En a.g.v. sy vrees het hy ‘n verskriklike fout gemaak.

2 Kon. 25:3-7     “Teen die negende dag van die vierde maand van die elfde jaar wat Sedekia regeer het, was daar glad nie meer kos vir die mense nie. Dié nag is daar ’n gat deur die stadsmuur gebreek en die soldate het probeer vlug. Al het hulle geweet dat die Babiloniese soldate die stad omring, het hulle in die rigting van die Jordaanrivier probeer wegkom. Die Babiloniese soldate het hulle egter agtervolg en die koning op die vlakte by Jerigo ingehaal en gevang. Teen daardie tyd was sy hele leër al versprei soos hulle probeer vlug het. Sedekia is toe na die koning van Babel in Ribla geneem. Hulle het hom net daar verhoor. Hy moes kyk hoe sy seuns doodgemaak word en toe is sy oë uitgesteek. Daarna is hy met ’n ketting vasgemaak en na Babel toe weggevat.”  DB

 

Wow, imagine dat dit die laaste ding is wat jy sien dat jou seuns voor jou dood gemaak word.  Dit is so bietjie dramaties en depressing.

Weer, as jy die konteks van dit in die Bybel verstaan dan sal jy weet dat God hulle nie wou terugkry nie.  Nee, Hy wou hulle terug wen.

En die rede hoekom God tot sulke uitsterstes sal gaan is omdat:

Jy aan Hom behoort.

En die rede hoekom God soms tot uitsterstes sal gaan om jou aandag te kry. Die rede hoekom daar baie keer konsekwensies is vir ons hardkoppigheid is nie omdat Hy kwaad vir jou is nie, dit is omdat God jou soek. En Hy soek nie jou offers of jou diens aan Hom nie, Hy soek jou oorgawe aan Hom.

Soos ‘n goeie pa sy kinders dissiplineer, dissiplineer God ons soms om naby Hom te bly. God het Israel vêr te veel lief gehad om hulle net te los sodat hulle sonde hulle vernietig.

 

‘n Paar honderd jaar later het Johannes geskryf in:

Rev. 3:19-20      “Those whom I love, I rebuke and discipline. So be earnest and repent. Here I am! I stand at the door and knock. If anyone hears my voice and opens the door, I will come in and eat with that person, and they with me.”

Ek klop nie omdat die deur toe is nie.  Ek klop nie omdat Ek nie in kan kom nie.

Soos Sedekia staan Hy by die deur en klop omdat Hy jou liefhet en jou vra om daardie area van jou lewe waar jy so graag wil sê, dit is my lewe los my uit, aan Hom moet oorgee.  Daardie area van jou lewe waar Hy al meer as een keer geklop en geklop het en jy nie wil oorgee en Hom toelaat om oor dit te heers nie.

Omdat Ek jou liefhet, sal ek doen wat ookal nodig is om jou aandag te kry.  Omdat ek jou liefhet sal Ek aanhou om jou te pla.  En om die dinge vir jou uit te wys wat niemand vir jou wil uitwys nie.  Maar moenie jou hart vir hierdie area van jou lewe vir my verhard nie.  Gee oor, bekeer jou.  Draai om.  Ek glo jy weet presies wat jou ding is.

Vir party is dit om daardie gesprek met jou man en vrou te hê voordat hulle self uitvind.

Vir party is dit om die pyn te face en hulp te gaan soek en jy was tot nou toe te trots om hulp te soek by enigiemand.

Vir party van julle is dit om daardie verhouding te beëindig.

Vir party van julle is dit om ontslae te raak van daardie toestelle wat jou lewe gaan vernietig en jou laat wegdryf van God en jou gesin af.

En wat hierdie ding ookal is, dit is iets waar jy vir God en vir ander wil sê, ek wil koning wees, ek wil aan niemand verantwoordelik wees nie.

En God sê, nee, nee, Ek wil jou Koning wees.  So maak die deur oop.

Vergete waardes – positiewe denke

[powerpress]

Hierdie week het ek ‘n uitstekende artikel gelees (http://maroelamedia.co.za/blog/goeiegoed/as-die-rykes-moan-wat-moet-die-armes-doen/) wat deur Jaco Strydom geskryf is.

Die artikel se titel is:  “As die rykes ‘moan’, wat moet die armes doen.”

Hy skryf in die artikel dat hy nou die dag by die blanke plakkerskamp net buite Pretoria was.  Saam met hom was Karabo, ‘n vlugteling seun uit Midde-Afrika.

Terwyl hulle so tussen die omheinde wendyhuisies loop vra hy vir Karabo:

“What do you think about this place?”  “Hooo, it’s nice!” sê hy, “Is it a holiday place?”

En net daar besef hy hoe relatief armoede en rykdom is.  As hierdie mense volgens Karabo ryk is, wat is ons?

 

Jaco skryf verder dat hy gereeld met middelklas jongmense gesels waarvan meeste in goeie skole is, hulle ouers mooi karre ry, hulle elke naweek braai en hulle gereeld naweke weg en met vakansie.

Gereeld loop hy een raak wat nie ‘n goeie woord vir Suid-Afrika te sê het nie.  Hulle sien geen toekoms nie.  Hulle kan nie wag om te emigreer nie.  Vra jy hulle wat gebeur het, gaan dit selde oor ‘n krisis wat hulle persoonlik ervaar het.  Hulle het maar gehoor wat sê die ooms om die braaivleisvure en het dinge op die internet gelees.

 

Selfs die werkloosheidargument werk nie altyd so lekker nie.  Alhoewel Suid-Afrika ‘n skokkende wewrkloosheidsyfer van 25% het, is die werkloosheid onder blankes minder as 7%, baie dieselfde as in Europa en eintlik heelwat beter as in lande soos Spanje, Italië, Griekeland, Frankryk en Portugal.

Die oumense het swaarkry en armoede anders verstaan.  Hulle het in die goeie jare lêhenne gehad, self groente geplant, vrugte gedroog en hulle eie naaldwerk gedoen.

Swaar jare het hulle verstaan as ‘n tyd toe hulle moes seep kook en koeksusters maak om te gaan verkoop op die dorp gedurende die depressiejare.  Hulle het klere was gelap of uit sakke gemaak en daar was nie geld vir skoene vir die kinders nie.

 

Hy wonder wat die mense in die Bybel sou gesê het as hulle kon sien waaroor ons vandag so te kere gaan en hoe jammer ons onsself kry.  Die Bybel is nie ‘n verhaal van kerkmense wat in gemak lewe, naweke gebraai het en gereeld op vakansie gegaan het nie.  Van die begin af was dit ‘n verhaal van mense wat uitgestaan het in moeilike tye.  Groot dele van die O.T. speel af teen die agtergrond van slawerny in Egipte, die Assiriese ballingskap en die Persiese onderdrukking.

In Jesus se tyd was dit die Romeinse onderdrukking.  Gereeld lees mens byvoorbeeld in Handelinge van die vervolging van die vroeë kerk deur die Romeine en die Jode.

 

Die Bybel draai nie doekies om oor die realiteit van die stukkende wêreld waarin ons ‘n verskil moet maak nie.  Mense wat kerm dat dit vandag erger gaan as ooit te vore, weet nie waarvan hulle praat nie.  As Eskom se kragonderbrekings jou histeries aan die moan sit, wees bly jy leef vandag, want ‘n Babiloniese ontvoering of Assiriese aanval sou jou verander het in ‘n totale senuweewrak.

 

God se mense het regdeur die geskiedenis juis hulle merk in die donkerste tye gemaak.

Die moeilikhede het juis gewys wie hulle was.  Dink jou in: ‘n Moses sonder Egipte, ‘n Dawid sonder ‘n Goliat of ‘n Daniël sonder ‘n leeukuil.

Lig skyn al helderder soos wat dit donkerder word.

Gelowiges is veronderstel om mense met hoop te wees, postiewe mense.

Niks is gevaarliker as die goed wat in ons eie koppe aan die gang is nie.

 

Paulus gee ons uitstekende raad in:

Fillippense 4:8  “…vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is.”  NLV  “whatever is true, whatever is noble, whatever is right, whatever is pure, whatever is lovely, whatever is admirable if anything is excellent or praiseworthy think about such things.”  NIV

As jy nog nie hierdie vers gememoriseer het nie, dan behoort jy, want dit kan jou hele uitkyk op die lewe verander.

Want waarop is meeste mense se gedagtes?  Die TV, die nuus, tydskrifte, skindernuus.

En wat gaan in ons gedagtes aan?  Onwaar, oneerbaar, onrein, onsuiwer gedagtes.

Geen wonder die waarde van positiewe denke is besig om uit te sterf nie.

 

Ek het ‘n voorstel: Kom ons breek die patroon vanoggend.  Kom ons kyk na Paulus en hoe hy op die positiewe gefokus het.

Fillippense 1:12-26    “Julle moet weet, broers en susters, dat dit wat met my gebeur het, gelei het tot bevordering van die Goeie Nuus.  Dit het vir almal hier, ook vir die soldate van die paleiswag, duidelik geword dat ek in die tronk is ter wille van Christus.  En die meerderheid medegelowiges hier is só deur my gevangenskap in hulle vertroue in die Here versterk dat hulle dit al hoe meer waag om oor die boodskap van God te praat sonder om bang te wees.  Daar is wel sommige wat dit doen omdat hulle jaloers is of iets teen my het, maar daar is ook ander wat Christus met goeie bedoelings bekendmaak.  Hulle doen dit uit liefde omdat hulle weet dat ek hier is om die Goeie Nuus te verdedig.  Maar dié wat in eiebelang Christus verkondig, doen dit met onsuiwer motiewe. Hulle bedoeling is om die swaarkry van my gevangenskap nog swaarder te maak.  Maar wat maak dit saak? Of hulle motiewe nou onsuiwer of suiwer is – die feit is dat Christus op allerhande maniere verkondig word, en daaroor is ek baie bly!  My blydskap sal ook voortduur, want ek weet dat deur julle voorbidding en die hulp van die Gees van Jesus Christus alles op my vrylating sal uitloop.  Dit is my strewe en hoop dat ek nooit iets sal doen waaroor ek my sal hoef te skaam nie. Ek wil eerder, soos nog altyd, ook nou in my hele bestaan – of ek bly leef en of ek moet sterf – Christus met volle vrymoedigheid verheerlik.  Want vir my is die lewe Christus, en die sterwe wins.  As ek aanhou lewe, kan ek vrugbaar werk. Ek weet regtig nie wat om te kies nie!  Ek is in ’n tweestryd. Aan die een kant verlang ek om te vertrek en bý Christus te wees, want dit is vir my verreweg die beste.  Aan die ander kant is dit vir julle belangriker dat ek bly lewe.  Dit weet ek vas en seker: my blywende betrokkenheid by julle almal sal daartoe lei dat julle groei en blydskap in julle geloof sal beleef.  Dan, wanneer ek weer by julle is, sal julle nog meer rede hê om dit wat Christus Jesus deur my gedoen het, te besing.”

 

Paulus noem ‘n paar baie negatiewe dinge wat in sy lewe aan die gang is.  Maar dan gaan Paulus verder om te wys hoe God hierdie dinge gebruik in ‘n positiewe manier.

1.  Onaangename omstandighede

Fillippense 1:12         “Julle moet weet, broers en susters, dat dit wat met my gebeur het, gelei het tot bevordering van die Goeie Nuus.”

Ons dink dat ons probleme het, is dit nie?  Hoe vergelyk jou lys met die van Paulus s’n?

Hoeveel keer was jy al in die tronk?  Hoeveel keer is jy al met stokke en swepe geslaan?

Hoeveel keer is jy al gegooi met klippe tot hulle gedink het jy is dood?

Hoeveel keer is jy al ‘n dag en ‘n nag op die oop see gelos, of sonder kos en water?

Hoeveel keer is jou lewe letterlik daagliks in lewensgevaar?

En wat sê Paulus hiervan?  Dit het gelei tot die bevordering van die evangelie.

Dit het die pad oop gemaak sodat die goeie nuus van Jesus nog beter verkondig kon word.

 

Fillippense 1:12         “Dit het vir almal hier, ook vir die soldate van die paleiswag, duidelik geword dat ek in die tronk is ter wille van Christus.”

Hier is wat gebeur het.  Vir 24uur ‘n dag was Paulus aan ‘n Romeinse soldaat vasgeketting.  Elke 6 ure net ‘n nuwe soldaat gekom en homself aan Paulus vasgeketting.  Maar vir Paulus was hierdie ‘n uitstekende geleentheid om hierdie soldaat van Christus te vertel.  En dit het gewerk.  In die laaste hoofstuk van Fil. lees jy van die soldate van Caesar wat tot inkeer gekom het, wat die ander gelowiges groet.

 

Daar was nog ‘n positiewe resultaat.

Fillippense 1:14         “En die meerderheid medegelowiges hier is só deur my gevangenskap in hulle vertroue in die Here versterk dat hulle dit al hoe meer waag om oor die boodskap van God te praat sonder om bang te wees.”

Paulus sê, a.g.v. my moeilikhede en die dinge wat met my gebeur het is ander gelowiges bemoedig.  Hulle het gesien hoe God my beskerm en my krag gegee het.

Hulle het ook moeilike omstandighede wat vir hulle wag maar omdat hulle gesien het hoe God vir my sorg, weet hulle dat God vir hulle ook sal sorg.

God gebruik selfs die mees negatiefste omstandighede.  Maar ons houding of positiewe denke kan hulle in verander in positiewe dinge.

 

Eugene het hierdie week vir ons vertel van sy pa wat altyd gesê het dat ons probleme soos die Voortrekker monument is.  As jy voor hom staan dan is hy enorm.  As wat jy sien is hierdie reuse gebou.  Maar as jy so entjie weg ry en dan kyk, dan lyk die monument klein.  So klein dat jy hom met jou vinger kan toemaak.

As jy heeldag net gaan vaskyk in jou probleme, gaan hulle enorm vir jou wees.

Maar as jy jou uitkyk so bietjie verander en terugstaan, dan lyk hulle klein.

 

2.  Onredelike mense

Fillippense 1:15         “Daar is wel sommige wat dit doen omdat hulle jaloers is of iets teen my het, maar daar is ook ander wat Christus met goeie bedoelings bekendmaak.”

So baie keer is ons teenstand in die vorm van mense wat teen ons staan.

Wanneer iemand jaloers is, wat doen hulle?  Hulle probeer om iemand anders af te trek.

Hulle lys al die negatiewe dinge van iemand en dink deur die persoon af te trek gaan hulle hulself verhoog.  Kyk wat is Paulus se reaksie hierop:

 

Fillippense 1:18         “Maar wat maak dit saak? Of hulle motiewe nou onsuiwer of suiwer is – die feit is dat Christus op allerhande maniere verkondig word, en daaroor is ek baie bly!”

Paulus het besef dat hy nie die een moet wees wat ore afkap nie.  Hy is nie die een wat ander moet afbreek of oor hulle moet skinder by almal nie.

Al wat belangrik is, is dat die evangelie verkondig word of dit met suiwer motiewe is of nie.

 

Kan ek jou vra, is dit jou gesindheid?  Dat jy die son oor ander ook wil laat skyn?

Of is jou houding om regter te speel en almal se foute aan die wêreld uit te wys.

 

3.  Onseker toekoms

Paulus se probleme eindig nie hier nie, hy is heeltemal onseker oor sy toekoms.

Fillippense 1:19-21    “My blydskap sal ook voortduur, want ek weet dat deur julle voorbidding en die hulp van die Gees van Jesus Christus alles op my vrylating sal uitloop.  Dit is my strewe en hoop dat ek nooit iets sal doen waaroor ek my sal hoef te skaam nie. Ek wil eerder, soos nog altyd, ook nou in my hele bestaan – of ek bly leef en of ek moet sterf – Christus met volle vrymoedigheid verheerlik.  Want vir my is die lewe Christus, en die sterwe wins.”

 

Wat wag op Paulus?  ‘n Verhoor.  As hy onskuldig bevind word sal hy vrygelaat word om weer te kan preek.  As hy skuldig bevind word sal hy die doodstraf kry.

Sy enigste besorgdheid is dat sy lewe Christus verheerlik.  Of hy nou alles verloor wat hy het, dit maak nie saak nie.  Solank Christus deur sy lewe verheerlik word.

Vir hom is die lewe Christus en nie enigiets anders nie.

 

As ek jou ‘n persoonlike vraag kon vra en jy het my eerlik geantwoord, hoe sou jy daardie vers 21 klaar maak?

Vir my is die lewe…  om geld te maak en om te sterf om dit vir my kinders te gee.

Vir my is die lewe… familie en om te sterf om hulle alleen te los.

Vir my is die lewe… om dinge te geniet en om te sterf is om uit te mis.

Phillippians 1:21        “To me, living means opportunity for Christ, and dying, that’s even better!”  LB

 

Ek lees die verhaal van ‘n 8 jarige seuntjie genaamd Frank.  Frank en sy pa het ‘n afspraak gehad om te gaan visvang die Saterdag.  Vrydagaand het hulle alles gepak en gereed gekry.  Alles was gereed.  Maar Saterdagoggend toe hulle wakker word, toe reën dit katte en honde en hulle kon nie gaan visvang nie.  Ou Frank het gemoan en gekla die hele oggend lank.  Niks was reg nie.  Hy was kwaad vir almal.  Hy het die meubels geskop, die hond geskop.  “Hoekom moes dit vandag reën?”

 

Sy pa het tevergeefs probeer verduidelik dat die boere die reën nodig het.  Maar dit was nie vir hom ‘n antwoord nie.  “Hoekom moes dit VANDAG reën?”  So rondom 12uur het die wolke weggetrek en die son uitgekom.  Sy pa het gesê, “Wel, ons kan nou nie heeldag visvang nie maar ons het darem nog die hele middag.  Kom ons gaan.”  Hulle is af meer toe en het heel middag gevang.  Daardie middag het hulle meer vissie gevang as wat hulle nog ooit gevang het.

 

Toe hulle huis toe kom het sy ma vir hulle van die vis gaar gemaak vir aandete.  Voor hulle begin eet het, het Frank se pa vir hom gevra om die tafelgebed te doen.  8 jaar oue Frank het gebid:  “Here, ek is jammer as kwaad en ongeskik was vroeër vandag.  Dit was omdat ek nie vêr genoeg vooruit kon sien nie.”

 

Is dit nie ons probleem nie?  Ons raak so opgevang in omstandighede, mense en dinge om ons dat ons net nie vêr genoeg vooruit kan sien nie.

As jy naby aan God leef, dan is Hy groter as jou probleme.

As jy vêr van God af leef, dan raak jou probleme groter as God.

Kyk verby jou negatiewe omstandighede, tel jou kop op.  Begin God se waarhede in die Woord in jou hart te bêre, nie die leuens van hierdie wêreld nie.

En besef dat jy soos Paulus, ‘n gestuurde is.  God se verteenwoordiger op aarde.

Met jou lewe moet jy maksimum eer aan God bring.  Dit is jou doel hier op aarde.

En maksimum eer hang nie van jou omstandighede af nie.

Dit hang van jou houding af.  Dit hang van positiewe denke af.

Vergete waardes – Lojaliteit

[powerpress]

Lojaliteit is iets wat besig is om uit te sterf.  Ons leef vandag in ‘n kitsbevredigende en verbruikersgeoriënteerde samelewing waar ons so vinnig van iets verander soos wat dit ons pas.

Net hierdie week het ek en Eugene ‘n gesprek oor ons internet data.  Ons is op ‘n mobile data pakket by die huis wat ons 8GB per maand gegee het en nou het hulle dit verminder na net 4GB toe. Die aanloklikheid van hierdie pakket was dat dit net maand tot maand was.  Eers was ons by ‘n ander mpy, toe hulle die data halveer het, toe skuif ek eenvoudig oor na ‘n ander mpy wat my dubbel die data gee.

Nou doen hulle dieselfde, en ons is opsoek na ‘n mpy wat weer vir ons 8GB kan gee vir minder as R200 p.m.  Met die druk van ‘n paar knoppies kanselleer ek my subskripsie by die een mpy en beweeg na ‘n ander mpy toe.  Geen lojaliteit nie.

 

Meeste van ons sal voel maar dit is normaal, ons almal ‘shop’ rond as dit by sulke goed kom.  Maar ons dislojaliteit gaan selfs verder.  Ons verbruikers mentaliteit begin by feitlik elke fasset van ons lewe insluip.  Selfs by dinge soos verhoudings.

Daar word bereken dat die gemiddelde persoon vandag eers sal “settle” na 15 verskillende verhoudings, waarvan twee ernstige langtermyn verhoudings was en ‘n ouderdom van 35 jaar bereik is.

En wat lê in die kern van hierdie dislojaliteit?

1. Die gevoel dat ek my opsies wil oop hou.  Net dalk kom daar iets beter my pad langs.

2. Onmiddelike bevrediging.  Ek wil iets hê en ek wil dit nou hê.  Iets beter is nou voor my deur.

3. ‘n Onwilligheid om enige ongemak of pyn te verduur.  Dinge moet basies gaan soos dit my pas en as daar nie iets vir my daarin is nie, dan wil ek dit verander.

 

Lojaliteit is verseker ‘n waarde wat in vandag se samelewing besig is om te verdwyn.

Iewers in die middel van ‘n begrafplaas in Penang Maleisië is daar ‘n ongewone standbeeld tussen al die grafte.  Dit is nie ‘n standbeeld van ‘n man of vrou of ‘n ‘saint’ nie maar ‘n hond.  Die storie gaan dat die dag wat die hond se baas se begrafnis was het hy die begrafnis stoet gevolg tot by die plek waar sy baas te ruste gelê is en hy het daar gebly tot hy self gesterf het.  Die familie het toe ‘n standbeeld opgerig om die getrouheid en buitegewone lojaliteit van die hond te herdenk.

Loyal dog statue

Nog ‘n verhaal van sulke buitengewone lojaliteit sien ons in 2 Sam. 15:13-23

“Daar het spoedig ’n boodskapper in Jerusalem aangekom en koning Dawid meegedeel: “Die hele Israel het in ’n sameswering teen u by Absalom aangesluit!”  “Kom, ons moet onmiddellik gaan,” sê Dawid aan sy ondersteuners by die hof, “anders sal ons nie van Absalom kan ontvlug nie. Maak gou voordat hy ons inhaal en ’n ramp oor ons bring en die stad met die swaard oorweldig.” “Wat U Majesteit sê, sal ons doen,” antwoord hulle. Die koning en sy huishouding het toe dadelik per voet vertrek. Hy het net tien van sy byvroue agtergelaat om die paleis te versorg. Die koning en sy mense het te voet gevlug, maar by die laaste huis het hulle gaan stilstaan. Dawid se manskappe het almal by hom verby beweeg, asook die Filistynse huursoldate en die 600 man uit Gat.

Terwyl hulle voor die koning verbytrek, vra hy vir Ittai, die leier van die manskappe uit Gat: “Hoekom kom jy saam met ons? Gaan terug met jou manne na koning Absalom toe, want jy is ’n uitlander, ’n vreemdeling in ballingskap. Jy het maar kort gelede hier aangekom. Moet ek jou dan laat rondswerf terwyl ek nie weet waarheen ons gaan nie? Gaan gerus terug en neem jou manskappe saam met jou, en mag die Here se goedheid en trou met jou wees.”  Maar Ittai antwoord die koning: “So waar as die Here leef en u lewe, waar my heer die koning ook al is, daar sal ek ook wees, in dood of in lewe.”  Dawid het geantwoord: “Goed dan, kom saam!” Ittai en sy 600 manne en hulle families het toe saamgegaan.  Daar was groot droefheid in die stad en daar is hardop gehuil toe die koning en sy volgelinge verbytrek.

Hierdie krisis in Dawid se lewe het die geleentheid geskep vir buitengewone lojaliteit om te wys.  Is dit nie soms hoe dit gaan nie.  Lojaliteit word nie gewys wanneer almal gelukkig is en veilig is nie.  Dit word gewys wanneer dinge skeef loop en veral wanneer dinge vir jou skeefloop.

 

1. Buitengewone lojaliteit word gewys wanneer daar geen plig is nie.

Kyk, as jy ‘n selfoon kontrak het vir 2 jaar is jy lojaal vir 2 jaar.  Elke maand.

Hoekom?  Want dit is jou plig.  Jy het daarvoor gecommit.

As jy nou hierdie maand dink, aaagg ek is nie meer lus vir Cell C nie en jy het nog 22 mde oor op jou kontrak, dan het jy nie ‘n keuse nie, het jy?

Maar as jy geen plig het om by iets of iemand te bly nie, dan is dit buitengewone lojaliteit.

 

Absalom was Dawid se 3de seun van sy vrou Maka.  Hy was ‘n baie aantreklike man wat sy half-broer vermoor het omdat hy sy suster Tamor verkrag het.

Daarna het hy gevlug na sy ma toe en vir 3 jaar daar gebly.

Na 3 jaar het een van Dawid se generaals, Joab, vir Absalom teruggebring.

In plaas daarvan dat Absalom sy pa se genade terugbetaal deur hom oor te sien, het hy begin om steun te werf in Dawid se koninkryk.

Hy het hulle geregtigheid belowe en hulle vertel dat hy hulle meer regte sal gee as hy kroon gehad het.  So paar jaar later besluit om ‘n staatsgreep uit te voer.

 

Die sameswering het verder gegroei toe Absalom die steun van Agitofel, een van Dawid se mees senior raadgewers en ‘n baie skerp man, gekry het.

Vinnig het dit gelyk of die meederheid mense aan Absalom se kant was.

Dawid was ‘n goeie koning met ‘n herdershart wat altyd vir die belange van sy volgelinge uitgekyk het, selfs wanneer hy persoonlik onder baie druk was.

 

Hy was nie bereid om in ‘n oorlog met sy eie mense in te gaan, wat hy waarskynlik sou wen nie omdat hy geweet het dat duisende onskuldige mense sou sterf a.g.v. ‘n geveg tussen hom en sy seun.

Hy kies om sy koningskap prys te gee t.w.v. bloedvergieting wat sou kom.

Soos wat hy Jerusalem uitgevlug het saam sy familie en diensknegte, het Dawid gestop by die buitewyke van die stad om van sy soldate bymekaar te maak of te groet.

 

Van die laastes wat hy groet is Ittai van Gat, ‘n Filistynse stad.

Ittai was reeds uit sy land weg om te gaan veg as huursoldaat.  En nou kies hy om weer te vlug saam met Dawid.  Daarom vra Dawid vir hom, hoekom wil jy saam met ons gaan?  Jy is mos nie ‘n Jood nie, jy is ‘n vreemdeling.

 

As ‘n huursoldaat kon hy vir enige koning geveg het wat hom die beste betaal het.

So hy was onder geen verpligting om by Dawid te bly nadat Dawid hom laat gaan het. Ittai was waarskynlik ook ‘n persoonlike wag vir Dawid gewees omdat die konings in antieke tye gewoonlik uitlanders gebruik het as wagte omdat hulle nie deur interne politiek of konflik geraak sou word nie.

 

Lojaliteit.  ‘n Vergete waarde in vandag se tyd.  Hou eerder jou opsies oop…

Die Amerikaanse Dept. van Arbeid skat dat vandag se studente tussen 10 en 14 werke sal hê wanneer hulle die ouderdom van 38 jaar oud bereik.

In Amerika is 1 uit 4 werkers is by hulle huidige werkgewer minder as ‘n jaar.

En 1 uit 2 is by hulle werkgewer minder as 5 jaar.

 

Maar Lojaliteit is ‘n sterk waarde in die Bybel.

Trouens dit is een van die vrugte wat die Heilige Gees veronderstel is om in ons lewens te werk.  Onthou jy nog die vrugte van die Gees in Gal. 5:22-23

“Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing.”  NLV

 

2. Buitengewone lojaliteit word gewys wanneer daar geen voordele is nie.

Wanneer dinge goed gaan of die beloning goed is, dan is dit maklik om lojaal te bly.

Maar wanneer dit moeilik, ongemaklik of nie gaan soos jy dit wil hê nie, dan is dit deesdae veel eerder ‘n waarde om weg te stap en te sê, my tyd by die persoon of die plek is verby.

 

2 Sam. 15:20     “Moet ek jou dan laat rondswerf terwyl ek nie weet waarheen ons gaan nie? Gaan gerus terug en neem jou manskappe saam met jou, en mag die Here se goedheid en trou met jou wees.”  NLV

Daar is geen beloning vir Ittai nie.  Trouens hy sou waarskynlik moes vlug vir sy lewe.

Dawid sê vir hom, hoekom wil jy ‘suffer’ deur te vlug?  Ek het niks vir jou nie.

Gaan terug en dien die nuwe koning, hy sal jou breed vergoed.

Dawid het absoluut niks gehad om vir Ittai te bied nie.  Nie eers in die toekoms nie.

Meeste mense assoseer hulself met ‘n opkomende ster soos Absalom, nie ‘n vallende ster soos Dawid nie.

 

Daar is sommige mense in hierdie wêreld wat werklik glo dat elke persoon se lojaliteit ‘n prys het.  Enigiemand kan lojaal wees as daar voordele is, as dinge gewaarborg is.

Maar wat as die voordele verdwyn en dinge moeilik vir jou raak?

Met jou man of vrou?  Hoe vêr gaan jou lojaleit of getrouheid?  Net totdat jou behoeftes nie meer aangespreek word nie?

Met jou werk?  Verander vir ‘n paar rand meer.  Werk jy net hard wanneer jy weet daar is voordele vir jou daarin en daar ‘n beloning sal wees?

 

Vandag is Vadersdag:  Iewers in jou lewe verander jou prentjie van jou pa nogal drasties.  Vir baie mense gaan hy van ‘n “hero” tot ‘n “zero”.

Van iemand wat alles kan doen tot iemand wat niks weet nie.

Ons verwag mos dat hy perfek moet wees want EK is mos so perfek…

 

Nee, ek dink lojaliteit, getrouheid beteken dat ek hom aanvaar met sy foute en hom onvoorwaardelik liefhet en aanvaar met sy tekortkominge.

Is dit nie wat liefde veronderstel is om te wees nie?

1 Pet. 4:8  “Die belangrikste van alles is dat julle mekaar onselfsugtig moet liefhê. Sulke liefde maak baie sondes toe.”  NLV

Dit beteken liefde maak dat ek verby baie van my pa, my man, my vrou, my pastoor, my kerk se onvolmaakthede kyk, en sê ek het jou nog steeds lief want ek weet ek is ook nie perfek nie.

 

Ittai het geen voordele gehad om lojaal aan Dawid te bly nie. Hy alles gehad om te verloor.

Maar hy het bewys dat hy nie ‘n oppertunis was nie en later is hy beloon toe hy dit nie verwag het nie.

Hy was die bevelvoerder van ⅓ van Dawid se troepe toe hulle teen Absalom geveg het.

 

Dit was ‘n donker tyd in Dawid se lewe.  En in hierdie donker tyd toe hy niks gehad het om iemand te bied nie het Ittai se lig geskyn.

Buitengewone lojaliteit kom wanneer dit nie verwag word nie en feitlik almal besluit om weg te stap.

 

Dawid se vlees en bloed wil hom doodmaak.  Maar ‘n onbetaalde dienskneg is bereid om sy lewe te gee.  Hy was nie die eerste persoon wat sulke ewige lojaliteit belowe het nie.

Jare voor hom het Dawid se groot ouma grootjie, Rut, ook ‘n vreemdeling, haar trou aan haar skoonma Naomi belowe.

Rut 1:16-17        “Maar Rut het geantwoord: “Moet my tog nie dwing om van u af weg te gaan en om om te draai nie, want waar u gaan, sal ek gaan; waar u bly, sal ek bly; u volk is my volk; u God is my God; waar u sterf, sal ek sterf en daar sal ek begrawe word. Ek lê ‘n eed af voor die Here: net die dood sal ons skei.”  AFR83

 

Ek gebruik baie keer hierdie teks wanneer ek mense trou want dit is soos huweliksbeloftes hierdie.   Ittai se woorde:

2 Sam 15:21      “So waar as die Here leef en u lewe, waar my heer die koning ook al is, daar sal ek ook wees, in dood of in lewe.”

 

Wanneer is lojaliteit belangrik?  Is dit in goeie tye of in slegte tye?  Eintlik albei.

As jy nie lojaal kan wees in goeie tye nie wat laat jou dink dat jy lojaal sal wees in slegte tye.

 

Waar het ons lojaliteit die meeste nodig?

Eerstens by die huis.  In goeie tye en in slegte tye.

Dan in my ander verhoudings.  In goeie tye en in slegte tye.

In die kerk.  In goeie tye wanneer alles lekker gaan en die moraal hoog is en in slegte tye wanneer ons getoets word.  Gaan ek steeds lojaal bly of gaan ek aanbeweeg na ‘n plek toe waar daar op die oog af niks probleme is nie.

In ons werksplek – wanneer tye goed is en wanneer daar dalk moeilike tye is.

In ons land – woah, is ons dislojaal op die oomblik.  Want dit gaan mos nie so goed op die oomblik nie.  Nee, ons sal onsself eerder met lande vergelyk wat ‘n paar duisend jaar se geskiedenis het en nie nou enige groot probleme het nie.

 

Jou ware vriende is die mense wat na vore tree wanneer jy in ‘n krisis is.

Hulle bly lojaal selfs al is daar geen voordele vir hulle in dit nie.

Hulle bly lojaal selfs wanneer dit nie hulle plig is om jou te help nie.

Jy is baie ryk as jy sulke vriende het.

 

En jy het so Vriend.  ‘n Vriend wat nader as ‘n bloedbroer is.  Sy naam is Jesus.

Hy het jou niks geskuld nie, en jy het Hom alles geskuld.

Hy kon geen voordeel kry om jou te aanvaar nie, jy kan in die lewe en vir ewig voordele kry deur Hom te aanvaar en lief te hê.

En tog het Hy jou liefgehad met ‘n liefde wat meer is, as wat jy nog in hierdie lewe ooit ervaar het.  En Hy nooi jou uit – wil jy nie ook My vriend wees nie?

Vergete waardes – Dankbaarheid

[powerpress]

Goeie more, soos altyd wil ek begin deur te sê dis lekker en ’n voorreg om met julle te gesels vanoggend en ook saam te leer hoe om beter volgelinge van Jesus te wees.

Ek wil graag hê dat voor ons begin vanoggend ons ’n eksperiment sal doen. Julle aand my regterkant julle gaan nou die persoon langs jou groet maar jy gaan daai persoon groet met ’n klag. Jy gaan kla oor Eskom of Nkandla of dat die musiek te hard was of dat ons te min gesig het of dat Steve ons maak die eksperiment doen want hy moet seker tyd opmaak want hy het nie voorberei nie of die saal is koud of Bryce Lawrence.

Die groep aan my linker kant julle gaan die persoon langs jou of voor of agter jou groet met woorde van dankbaarheid. Iets waaroor jy dankbaar is, so dink gou aan iets wat jy oor dankbaar is, dalk dat Steve preek of die lekker koffie wat jy kon drink, dat jy gekom het want die worship was so lekker vanoggend, jou gesin of gesondheid.

Ok is julle reg, kom ons doen dit julle kla en julle dankbaar go.

Dankie, dames en here dankie. Kom ons kyk gou of eksperiment gewerk het. Julle wat gekla het wie van julle nadat julle na die klagtes geluister het en jy jou klagtes gedeel het voel nou meer opgewonde, nader aan God, vol energie as voor jy gekla het en geluister het na klagtes.

Reg die van julle wat dankbaar was hoeveel van julle voel ligter, meer opgewonde en nader aan God na dat julle dankbaarheid beleef het en gedeel het. Ok hoeveel van julle aan my regterkant wil nou kla dat jy nie aan die linkerkant gesit het nie.    

Ons begin vandag ’n nuwe reeks wat ons noem vergete waardes en vandag gaan ek gesels oor die waarde van dankbaarheid.

Van kleins afleer ons ons kinders dat hulle moet dankie sê as iemand vir hulle iets doen of as hulle iets kry. Ons probeer hulle leer om dankbaar wees.

My ma se manier om jou te leer dankie sê het, was deur as sy jou iets gegee het en jy nie dankie sê nie te gesê het dankie hond. My broer vertel my dat my ma eenkeer nie mooi gedink het nie en toe my ma weer vir hom sê dankie hond, toe sê hy dankie hond, dis dalk daai dag wat hy leer dans het soos die slipper houe geval het waar dit plek kom kry.

Iemand het een keer gesê met asseblief en dankie kom jy deur die wêreld en beleefdheid bring jou vêr.

Die vraag wat ek oor wonder is, kan mens dankie sê maar nie dankbaar wees nie?

Ons eet by vriende in die week en hulle het ook kids en toe die kids iets kry en net wegstap sê die ma wat sê mens en sonder om eers terug te kyk ingedagte sê hulle dankie.

Wie is bly load shedding is vir tyd en wyl iets van die verlede? Verlede week hoor ek iemand kla dat load shedding verby is want hulle het die vorige naweek ‘n kragopwekker gekoop en nou kan hulle dit nie gebruik nie.   

Die vraag wat by my opgekom het is hoekom sukkel ons deesdae om werklik dankbaar te wees. Dis amper asof ons in tyd leef wat mense soos die kids is ons sê dankie, maar hoe ons optree en wat ons andersins  sê getuig dat ons nie werklik dankbaar is nie.

Nou in die Bybel is daar hierdie tema wat gaan oor dankbaarheid. Paulus kom en dan vir die verskillende kerke kom hy en hy sê die volgende.

1 Tess 5:(16)Wees altyd vol blydskap. (17)Moenie ophou bid nie. (18)Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God van julle verwag omdat julle met Christus Jesus verenig is.

 “Rejoice always, pray continually, give thanks in all circumstances; for this is God’s will for you in Christ Jesus”

Eph 5:19-20 “Make music from your heart to the Lord, always giving thanks to God the Father for everything, in the name of our Lord Jesus Christ”.

Ef. 5:(19)en sing saam psalms en lofgesange en geestelike liedere. Sing en jubel met julle hele hart tot eer van die Here.

(20)Sê altyd in die Naam van ons Here Jesus Christus vir God die Vader dankie vir alle dinge.

Kol 3:(15)En wees dank­baar. (16)Laat die rykdom van alles wat Chris­tus ons leer, julle leefstyl bepaal. Met alle wys­heid moet julle mekaar on­derrig en me­kaar die regte pad wys. Sing met dank­ba­re harte psalms, lofgesange en geesteli­ke liedere tot eer van God. (17)Verder, doen al­les – of dit nou met woorde of dade is – in die Naam van die Here Jesus. Só is julle heeltyd besig om deur Hom dank aan God die Vader te bring.

Vandag gaan ons oefen om meer dankbaar te wees. In die naweek bulletin is daar preek nota. Hy is leeg en die rede daarvoor is sodat jy jou eie notas kan maak en nie begin dagdroom oor die week en alles wat moet gebeur nie. Ek wil hê dat ons vandag begin en ons ons gedagtes laat gaan na goed waarvoor ons dankbaar is en skryf dit neer. Paar voorbeelde is dalk is daar mense vir wie jy dankbaar is in jou lewe, dalk ‘n gebeurtenis, of dalk was jy op slegte plek en die Here het jou beskerm of vir jou omgegee.

Soos ek preek gaan God vir jou goed laat onthou van waarvoor jy dankbaar kan wees en skryf dit ook neer en aan die einde gaan ons dan bid en dankie sê daarvoor vir alles.

Julle sien daar is die mis konsepsie in die wêreld vandag dat as ek meer goed kry van wat ek voel ek nodig het, sal ek meer dankbaar wees.

Eintlik is dit verkeerd ek sal meer dankbaar wees nie deur meer goed nie, maar eerder om meer en meer bewus te raak van God se teenwoordigheid en sy goedheid.   

Vandag wil ek nie net praat oor dankbaarheid en die belangrikheid van dankbaarheid nie maar eerder oor ‘n Jesus gevinde erde dankbaarheid. Dis ’n nuwe manier om na die lewe te kyk.

Julle sien dankbaarheid is ’n persepsie van die goed. Jy kan nie dankbaarheid maak uit wilskrag nie alhoewel baie mense probeer.

1. Dankbaarheid groei in nederigheid.

Dankbaarheid begin met nederigheid. As ek en jy glo ons word iets geskuld dan is dit moeilik om dankbaar te wees, want ek leef met die gedagte dat ek dit moet kry dit kom my toe. Die Engelse noem dit entitlement mentality.

Jy sien as jy ‘n kar gee en ek het niks gedoen om dit te kry nie dan is ek soos dankie baie dankie ek kan dit nie glo nie dis die beste ding ooit, maar as ek iets betaal het daarvoor al is dit minder as wat ek moes dan is ek soos ok great deal en soos die kids dankie and off I go. Ek gaan nie buite my vel dankbaar wees nie, want ek verwag dis myne want ek het iets gedoen om dit te kry.

Die wêreld waarin ons leef en ons sondige natuur laat ons glo dat ons geregtig is tot goed. Ek moet dit kry en verdien dit en hoe meer ek so dink en glo hoe minder en minder dankbaar is ek.

Ek lees van die 2 vriende wat mekaar raakloop na dat hulle mekaar lanklaas gesien het.

Die een ou is moeg en lyk nie lekker nie lyk asof hy gehuil het.

Die ander ou vra wat is fout, kan ek jou help  jy lyk nie lekker nie.

Die hartseer ou ander ou sê man die storie is so, 3 weke terug toe gaan my oom dood en hy los my R25000 en 2 weke teruggaan my niggie dood en sy los my R100000

Sjoe, jammer om te hoor maar klink of jy gebless word.

Dis niks sê die hartseer ou laas week gaan ’n vêr langse tannie van my ma dood en los my halfmiljoen rand.

Ok ek verstaan nie hoekom is jy dan so hartseer.

Die hartseer ou want die week het ek nog niks geërf nie.

Ek hoop nie ons het daai uitkyk in die lewe nie.

Paulus kom en hy sê dat in die konteks van Christianity is ondankbaarheid nie net ‘n probleem nie maar dis sonde. As ons ondankbaar is dan lewe ons teen God.

Hoor wat sê Paulus vir die Romeine: Rom1:(21)Ja, hulle het ’n God besef gehad, maar tog het hulle Hom nie as God geëer of aan Hom dankbaarheid betoon nie. Inteendeel, hulle het vir hulleself allerlei belaglike voorstellings oor ’n godheid begin maak en hulle verdwaasde harte het heeltemal toegeslaan.

U sien hulle het gedink hulle word iets geskuld en vir daai rede het hulle verder en vêrder van God af weggedryf hulle het nie hulle self gesien as mense wat moet dankbaar wees oor die groot genade wat hulle ontvang het nie.

Die Bybelse woord vir ondankbaarheid is mor of kla en Paulus kom en hy skryf vir die kerk in Korinte en spreek hulle aan oor dat hulle kla oor alles en nie dankbaar is nie en waarsku hulle.

Hy skryf vir hulle en sê 1 Kor10:(10)Ons moenie kla nie. Party van die Israeliete het dit gedoen, en toe het die engel wat mense moet doodmaak, vir hulle doodgemaak.

Wie van julle wat vanoggend gekla het worry nou so bietjie?

2. Vriende ’n lewe wat seën lei na dankbaarheid.

Jesus het geweet hoe om met dankbaarheid te leef en vandag kan ons by Hom leer en die vroeër kerkvaders hoe om meer dankbaar te leef.

Daar was en is hierdie gebruik in Joodse geloof dat hulle die 18 Benedictions  gebid het, nou as jy die woord opbreek in Latyns dan beteken bene = goed en dictions = woorde of praat so benedictions beteken om goeie woorde te spreek seën te spreek.

So as jy die benedictions gedoen het, het jy goeie seën oor iemand gespreek of teenoor God uitgespreek of gebid het. Baie kere in kerk sal die Dominee of soms sal Eugene ‘n seën gebed doen oor die gemeente eintlik is dit ‘n benediction.

Nou in die Joodse geloof is die gebruik dat hulle 3 keer ’n dag die 18 benedictions sal bid teenoor God.  Sodra hulle opstaan dan weer in die middag en weer voor hulle gaan slaap het.

Elke Rabbi sal dan ook sy volgelinge leer hoe om die seën gebede te bid soos hy voel die beste manier is om dit te bid.  So wanneer die Dissipels kom en Jesus vra Rabbi leer ons om te bid eintlik vra hulle leer ons hoe om die 18 Benedictions te bid.

Die Onse Vader is eintlik ‘n opsomming van die 18 benedictions. Soms het hulle dit as opsomming gebid en soms in geheel.

Ons vader wat in die Hemel is heilig is U naam. Dis ’n seën gebed teenoor God. Die vroeër kerk het die Onse Vader 3 keer ’n dag gebid. Dit was hulle 18 benedictions.

U sien ons seën gebede is baie anders dis meer Here seën my en my gesin en seën my kos Here en seën my kinders en my werk en my gesondheid my finansies (klink dit nie baie soos entitlement nie?)  hierin is niks dankbaarheid nie.

U sien hulle dankbaarheid het nie daar opgehou nie nee hulle het ook geglo dat elke ete was ’n geleentheid om dankbaar te wees. Hulle het nie net gebid om gewete te sis nie nee hulle het dit gesien as ’n oomblik om dankbaar te wees en God te seën vir sy voorsiening.  

Ons sien by die laaste ete wat gebeur voor Jesus die brood breek dan dank Hy God daarvoor hy seën God daarvoor en dan deel hy dit uit en dan wanneer hy die wyn vat dan dank hy God daarvoor hy seën God daarvoor. U sien hulle het elke nuwe item  gesien as geleentheid om dankie te sê want hulle het besef dat alles is ‘n geskenk uit God se hand en ons moet dankbaar wees vir alles.

Vandag lyk dinge anders nè. Ons doen een gebed en ons vra ook die persoon wat die kortste of vinnigste bid om te bid want ons wil eet nie waar nie. Here dankie vir die kos en seën die kos en die persoon of plek wat voorberei het amen. Nie regtig dankbaar nie meer soos kinders ingedagte dankie want diep binne ons voel ons ek verdien die kos ek is entitled tot dit want ek werk hard nie waar nie.

U sien die vroeë kerk het nie net in oggend en by etes gebid en nie hulle het vir alles ’n seën gebed gehad. Hulle sou ‘n seën gebed gehad het vir ‘n lamp want hulle het geweet God is die bron van daai lig en sonder Hom sou hulle in permanente load shedding geleef het. Hulle sou tien teen een ’n seën gebed gehad het vir Load shedding en gesê het Here dankie dat U vir ons as gesin oomblik van stilte gee sodat ons as gesin weer kan saam games speel en stories vertel en in mekaar se oë kan kyk.

Vriende en soos wat ons begin God seën selfs vir daai moeilike ou by die werk of die slegte situasie wat jy in is. Begin jy anders kyk na die lewe en situasies waarin jy is.

So ruk terug het ek deur moeilik tyd gegaan en in daai tyd het ek so naby aan God gevoel want ek was op daai plek van Here net u kan my hierdeur kry en die oggend wat ek dit besef het en vir die Here dankie sê in daai oomblik het ek ook anders na die situasie begin kyk, maar later daai dag toe raak ek weer negatief en moan hoekom gebeur dit en dis onregverdig ek verdien beter en toe moet ek eers weer stil raak en bid sodat ek ontslae kan raak van die entitlement gevoel.

Vriende en soos ek meer en meer God seën en dankbaar is teenoor hom groei ek dieper in verhouding met Hom en verander my uitkyk in hierdie wêreld en hoe ek lewe omdat ek meer en meer besef dat alles is uit genade deur God gegee in Jesus en dat ek die grootste geskenk kla ontvang het.

Hoe kan ek meer dankbaarheid kweek.

Een manier is om ’n dankie brief te skryf. Ek wil jou vra om die week ’n dankie brief te skryf aan iemand wat jou lewe baie geraak het of baie vir jou beteken het, ’n mentor of oud onderwyser, ’n vriend iemand wat sonder hulle jy dalk ‘n ander persoon sou wees. Probeer so 300 woorde en jy gaan dalk ‘n paar drafts he.

As jy kla geskryf het dan bel die persoon en as jy kan ontmoet hulle in persoon. Sodra jy by die persoon kom haal jou brief uit en lees dit vir hulle woord vir woord.

Maar dit mag nie iemand wees wat jy iets uit kan kry soos finansiële voordeel nie en ook nie iemand wat jy dalk wil date of impress nie geen hidden agenda nie doen dit met iemand wat verras sal wees en dit nie sal verwag nie.

Tweede skryf jou eie seen gebede. Begin deur 4 goed neer te skryf wat jy God oor wil seën en wat jy werklik voor dankbaar is en hoekom jy daarvoor dankbaar is. 

Ek weet nie of julle kan onthou nie maar die week het dit gereën en onthou julle Donderdagoggend se reën en hoe misluk dit was, ek wou nie opstaan nie en was lus om sommer verlof in te sit. Ek het die gebruik dat sodra Chantal en Durandt uit die huis uit is dan is dit my tyd saam met God en met soos ek besig is om te bid begin ek te dink ek gaan God seën vir die reën en ek begin Pappa ek wil net dankie sê vir die reën ek besef Here dat met hierdie reën is U besig om ons damme weer vol te maak sodat daar water in ons krane kan wees en dat bome kan groei sodat ons suurstof kan hê. Here dankie vir die reën want nou raak die lug weer skoon en blomme kan groei. Here dankie ook dat ek nou in ‘n huis kan staan en nie nat reën nie en dankie dat ek warm klere kan aantrek en dat U my so seën en ewe skielik verander my uitkyk my gemoed. 

Ek wil jou aanmoedig gaan en skryf jou dankie brief of briewe en begin om God te seën elke oggend en elke aand en ek waarborg jou aan die einde van die week sal jy dankbaar wees.

Nou vandag het ons die voorreg om nagmaal te gebruik en te onthou dat God se genade so groot was, is en vir altyd sal wees en dat Hy ons so lief gehad het en het dat hy sy Seun gegee het om ons te red uit die dood en ons weer kinders van God te maak deur die prys van die sonde te betaal.

Kom ons bid saam.