Die 1 ding – Jou gewoontes

[powerpress]

Ons maak vandag klaar net ons reeks oor die 1 Ding. Drie weke gelede het ons gesels oor die EEN ding in jou lewe waar jy ervaar God jou lei om te verander.

Dit is dikwels die klein dinge wat niemand sien nie wat die groot resultaat gee wat almal wil hê.

Twee weke gelede het ons gesels oor jou gedagtes – dat jy gedagtes jou hele lewe bepaal. Jou lewe beweeg altyd in die rigting van jou sterkste gedagtes.

Verlede week het ons gekyk na ons woorde – as dit nie kan help of kan opbou nie, los dit!

As jy iets dink wat positief is en ’n seën kan wees, moenie terughou nie – sê dit!

En hoe ons na elke sin wat ons sê, dit woorde: en dit is hoe ek dit graag wil hê, moet kan sê. Iemand vertel my in die week, dit het hom so laat dink dat hy amper niks sê nie.

Wel, dit is die gedagte, dat ons baie meer dink oor ons woorde, as wat ons gewoonlik doen. Want, ons woorde het krag, dit spreek lewe of dood oor ons lewens.

 

Vandag: Die krag van ons gewoontes (dissiplines). Dit is geweldig belangrik.

Hoekom? Want ons is, wat ons aanhoudend doen. Ons gewoontes bepaal wie ons is.

Voor ons begin – wie van julle sou sê dat jy ‘n baie gedissiplineerde persoon is?

Wie sou sê, – ek is geneig om in baie goed maar baie ongedissiplineerd te wees?

Ek wil vir julle wat dink dat julle nie baie selfdissipline het nie iets sê, kom ons dink effens anders hieroor – ons almal is gedissiplineerd in sekere dinge in ons lewe.

Almal het gewoontes, m.a.w. dissiplines. Sommige gewoontes help jou egter, ander gewoontes help jou nie. Maar ons almal het sekere dinge wat ons oor en oor doen.

 

Jy sê, nee, nee – ek het hoegenaamd niks self dissipline nie. Okay, kom ons dink hieroor.

Dalk druk jy die snooze knoppie elke liewe oggend as jou wekker afgaan om vroeg om te staan. Jy doen dit elke dag. Jy sê, my eetgewoontes is so sleg, ek kan nie ’n dag verby laat gaan sonder om iets verkeerd te eet nie. Ek het nog nie een ete in my lewe gemis nie! Bingo! Ons almal het gewoontes – ons het net nie die regte gewoontes nie.

Dissipline is eenvoudig om ’n keuse te maak tussen wat ons NOU wil hê en wat ons MEESTE wil hê.

Ons almal is suksesvol in een of ander area van ons lewe. En as jy daarna kyk sal jy konstante gewoontes vind wat jy oor en oor herhaal.

Dieselfde geld vir areas van ons lewe wat nie werk nie. Ons het dissiplines, hulle is net nie goeie dissiplines nie. Ons herhaal die verkeerde keuses ook oor en oor.

 

Ek het al met julle gepraat oor daardie blikkie in my kas wat sulke oë en handjies het. Ja, daardie blikkie karamel wat my roep, veral as dit laat saans is en ek alleen wakker is.

Hy roep my, Kom Braam, kom! Ek is hier vir jou, niemand gaan weet nie… J

So ek kan totaal met jou vereenselwig as dit is hoe jy ook voel.

En gelukkig is ek nie in slegte geselskap nie, want lyk my Paulus wat ’n groot deel van die Nuwe Testament geskryf het, het ook maar gesukkel met dinge.

 

Rom. 7:15, 18b-20      Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek. Daar is by my wel die wil om die goeie te doen, maar ek doen dit nie. Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek. En as ek nou doen wat ek nie wil doen nie, dan is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos? Aan God die dank! Hy doen dit deur Jesus Christus ons Here.” AFR53

 

Julle weet wat ek bedoel – ek wil ’n appel eet laat saans. Maar die karamel hou aan om my naam te roep.

Moenie dit mis nie. Normaalweg is nie een van ons selfgedissiplineerde mense nie.

Ons sondige natuur laat ons wegdryf van wat goed is en van God af.

Paulus antwoord homself – wie kan my help om versoeking te oorkom? Wie kan my help sodat my sondige natuur nie die oorhand kry in my lewe nie? Die antwoord is nie ’n beginsel nie – dit is ’n Persoon. DEUR Jesus Christus ons Here.

MET SY HULP – kan ek anders wees. MET SY HULP kan ek my slegte gewoontes oorwin.

 

Ons het in hierdie reeks al gepraat oor die EEN stelling wat jy vir jouself oor en oor herhaal. Nou hier is my sin en dit is baie persoonlik:

Christus IN my is sterker as enige vrees wat ek het! Nie ek in my nie, Christus IN MY.

 

Christus IN My is sterker as enige vrees wat ek het!

Hierdie EEN stelling herhaal ek vir myself weer en weer elke dag. Dit het die angstigheid wat ek het oor dinge geweldig verbeter.

Nie omdat EK gedissiplineerd is nie, maar Christus IN MY.

EK is nie selfgedissiplineerd nie, maar ek word GEES gedissiplineerd in my lewe.

Die HEILIGE GEES in my, gee vir my die vermoë wat ek nie kon doen op my eie nie.

En Hy het my gehelp om te kies oor dit wat ek MEESTE wil hê, teenoor dit wat ek NOU wil hê.

 

Luister: JY gaan nooit self-gedissiplineerd wees nie. Want die SELF neig na sonde toe.

Maar wanneer die GEES oorneem – werk Hy God se krag in my lewe om dit te doen.

“Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos? Aan God die dank! Hy doen dit deur Jesus Christus ons Here.”

Deur die krag van Jesus, die H.G. kan ons kies tussen wat meeste wil hê teenoor wat ons nou wil hê. Ons leer ons liggame om geoefen te raak in dit wat meeste saak maak.

 

Ek wil ’n gedeelte lees wat Paulus geskryf het vir die Korintiese gemeente oor ’n resies. Nou toe Paulus hierdie vir hulle geskryf het, het hulle die agtergrond gehad van die Istmiese spele wat amper soos ’n Olimpiese Spele wat vir musiek en atletiek.

Daar was geweldige trots daarin om aan die spele deel te neem.

1 Kor. 9:24-25    “Julle weet dat al hardloop ’n klomp mense in ’n resies daar net een wenner kan wees. Moenie die spel van die lewe speel met die doel om tweede te kom nie. Leef jou lewe so dat jy wen. As iemand ’n resies wil wen, oefen hy eers hard (gedissiplineerd). Met ’n gewone resies is die prys vir die wenner klein, maar in die resies van hierdie lewe is die prys vir die wenner baie groot en dit hou vir altyd.” DB

 

M.a.w. jy hardloop nie vir ’n plek nie – jy hardloop vir goud. Maar dit is die goud vir jou lewe.

Om die heel beste vir jou lewe te kry. En daarvoor moet jy jouself allerhande dinge ontsê.

Hierdie atlete in die Istmiese spele het aan ’n 10 maande oefenkamp deelgeneem waar hulle net die regte kos geëet het, geoefen het in baie warm en koue kondisies EN om hulle die edge te gee het hulle kaal gehardloop. Ja, julle het reg gehoor. J

Uitstekende motivering om voor te hardloop! So toe Paulus vir die Romeine skryf daar in Rom. 12 het hulle weereens geweet waarna hy verwys.

Rom:12:1  “Met so ’n magtige skare toeskouers rondom ons om ons in die wedloop van die geloof dop te hou – kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ’n houvas op ’n mens kry.” NLV

En as hulle gewen het, raai waarvoor het hulle gehardloop. ‘n Kroon met blare. Ta-da!

Maar as volgers van Jesus leef ons nie vir ’n kroon met blare nie – vir ’n ewige kroon.

So, skielik is ons nie net self-gedissiplineerd nie – ons is GEES gedissiplineerd.

Die GEES IN ONS help ons om die krag van sonde te oorwin.

 

Prys die Here dit is IN HOM wat ons die krag kan kry! Hy het die krag.

1 Cor. 9:26-27    “So I run with purpose in every step. I am not just shadowboxing. I discipline my body like an athlete, training it to do what it should.” NLT

My liggaam wil doen wat hy nie moet doen nie. Maar ek het dit gedissiplineer soos ’n atleet. Ek het my liggaam geleer om te doen wat hy moet.

Ek het nie selfdissipline nie, ek het GEES dissipline in my.

Christus IN MY is die krag wat ek nodig het. Ek hardloop met ’n doel.

Ek wil God verheerlik met my liggaam. My liggaam is sy tempel, Hy woon in my.

En omdat Hy in my woon kan ek dit doen DEUR SY KRAG, wat ek nie op my eie kan doen nie.

 

As jy IN CHRISTUS se krag beweeg kan jy nee sê vir dit wat jy nóú wil hê, teenoor wat jy meeste wil hê. Elke tree het ‘purpose’ of doel.

Ek sê nee vir die kos versoeking sodat ek ’n gesonde liggaam kan hê.

Ek sê nee vir die finansiële versoeking om iets nou te hê sodat ek uit die skuld kan kom.

Ek sê ja vir liefde vir my man of vrou omdat ek haar of hom sal liefhê soos Christus die kerk lief het.

Ek is swak – ek wil hê wat maklik en gemaklik en lekker nou is. Maar meer as dit wat my verlei en my wegtrek is dat ek soos Jesus wil wees en God wil verheerlik in alles wat ek doen dit.

 

Nou, jy sê – ja jy is iemand wat natuurlik gedissiplineerd is en ’n pastoor. Jy is goed met die goed. Luister – die krag van my sondige natuur is net so sterk in my as wat dit in jou is.

Vra vir Vanessa my vrou – sy sal getuig. Maak geen fout nie.

MAAR die krag van God se GEES in my is ook dieselfde GEES in jou en dit is ook dieselfde GEES wat Jesus uit die dood opgewek het. AMEN!

 

Twee toepassings vrae:

  1. Wat wil jy die meeste hê?

Dit behoort maklik vir jou te wees. Vir sommige van julle gaan dit oor jou liggaam.

Vir ander van julle gaan dit oor verhoudings. Vir ander gaan dit oor jou kinders.

Vir ander gaan dit oor jou finansies. Vir ander gaan dit oor jou stiltetyd.

Vir ander gaan dit oor ’n verslawing wat jy het. Wat dit ook al is, skryf dit neer.

Wat wil jy die meeste hê?

 

Dan, Een dissipline. Elke week het ons een ding gehad. EEN gedagte, EEN woord, die week, EEN gewoonte of dissipline.

  1. My EEN dissipline: Wat moet ek NOU doen, sodat ek kan kry wat ek MEESTE wil hê?

Dink daaroor. Dalk is dit dat jy “accountability” moet kry. Iemand waarmee jy ’n afspraak het sodat hy/sy jou kan help om te groei.

Ons almal het ’n struktuur buite onsself nodig om sukses met iets in ons lewe te hê.

As jy gewig wil verloor, moenie jou eie ding doen nie. Kry iemand saam jou, kry ’n verantwoordbaarheid plek waar jy gaan weeg.

As jy finansieel uit die moeilikheid wil kom, moenie dit alleen aanpak nie, kry iemand wat weet en praat deur jou finansies.

Dalk moet jy ophou om jou geestelike reis op jou eie te doen, want dan kan jy lui raak en jou verhouding met God laat agteruitgaan. Kry ’n geestelike vriend of begeleier.

 

Wat moet ek NOU doen, sodat ek kan kry wat ek MEESTE wil hê?

En kan ek net dit sê, daar is sekere gewoontes of dissiplines wat soos ’n hoeksteen of in Engels ’n keystone is. As hulle in plek is, dan sal die ander makliker volg.

Nou jou verhouding met God, jou tyd elke dag met Hom is ’n hoeksteen. As dit in plek is, dan is daar ’n klomp ander gewoontes wat daarop bou wat baie makliker sal wees indien jy jou hoeksteen dissipline in plek het.

Wat moet ek NOU doen, sodat ek kan kry wat ek MEESTE wil hê?

Jy het nie die vermoë om dit te doen nie. Maar dank die Here dat God se GEES in jou woon en dat Hy jou die vermoë kan gee om dit te doen.

Die 1 ding – Jou woorde

[powerpress]

Vandag is ons by deel 3 van ons 4 weke reeks: Die EEN ding.

In die reeks praat ons oor klein verskille wat ons in ons lewe kan maak wat ’n groot verskil kan maak. En ek glo dit met my hele hart. Hierdie vier dinge is klein maar hulle kan ’n reuse- verskil maak in jou lewe.

En ons het ’n hoofgedagte herhaal daarom vas te lê is:

Dit is die klein dinge wat niemand sien nie wat die groot resultaat gee wat almal wil hê.

 

Verlede week was baie belangrik – Jou gedagtes. Want alles begin by jou gedagtes.

As jy jou lewe wil transformeer moet jy begin met jou denke en wat jy dink. Die leuens moet met waarheid vervang word. Ons moet minder reaktief wees en meer stil raak sodat ons, ons kan nadink oor ons eie reaksie en denke.

Ons het gesê dat jou lewe beweeg altyd in die rigting van jou sterkste gedagtes.

Ons gedagtes beïnvloed ons woorde, ons woorde beïnvloed ons dade, ons dade word gewoontes en ons gewoontes word ons lot of toekoms.

 

Vandag: Die krag van jou woorde.

Ons woorde is geweldig kragtig en vormend. Soveel so dat ons ons lewe skep met ons woorde. Salomo het in Spreuke gesê:

Spr. 18:21 “Dood en lewe is in die mag van die tong;” AFR53

M.a.w. die woorde wat ons spreek kan woorde wees wat lewe gee en lewe bring of lewens vernietigend wees.

 

Indien jy die lewe wat jy het, wil verander sal jy die woorde wat jy gebruik moet verander. Klein veranderinge in ons woorde wat ons praat kan ’n groot verskil maak.

Jakobus, die broer van Jesus het lank voor my al hierdie woorde gesê:

Jak. 3:3-5   “Net as ons stange in hulle bek gesit het, gehoorsaam perde ons en het ons die hele dier onder beheer. En ’n klein roertjie maak dat ’n groot skip draai net waarheen die stuurman wil, selfs wanneer sterk winde waai. So is die tong ook iets kleins, en tog kry dit groot dinge reg. ’n Klein vuurtjie kan ’n groot bos aan die brand steek.” NLV

’n Klein ding soos ’n tong kan geweldige groot dinge teweegbring.

Beide in ’n goeie manier en in ’n slegte manier.

Wys my ‘n plek of ’n persoon of ’n verhouding wat suksesvol is en ek sal jou ’n oorvloed van woorde wys wat opbouend, bemoedigend en lewegewend is.

Die teendeel is ook waar – wys my iemand wat sukkel, ‘n omgewing of verhouding wat sukkel en ek sal jou ’n oorvloed negatiewe, afbrekende en kritiese woorde wys.

 

Salomo die wysste man wat ooit geleef het, het dikwels woorde gebruik wat hierdie opbouende woorde teenoor afbrekende woorde afgespeel het.

Spr. 12:18  “Party mense maak ander graag seer. Hulle woorde is soos ’n skerp mes wat alles stukkend sny. ’n Gelowige se woorde bemoedig ander en gee hulle moed vir die lewe.” DB

Spr. 15:4    “Iemand wat kalm oor probleme praat se woorde maak heel. Vlymskerp woorde kan mense breek.” DB

 

Ons almal het al woorde ervaar wat breek, wat stukkend sny. Soms is dit onbewustelik wat mense iets sê, soos bv. nou hoekom het jy nog nie ’n man gekry nie?

Ander kere is dit meer direk, soos bv. ek kan jou nie verdra nie, jy is pateties, ek het jou nooit lief gehad in die eerste plek nie. – Afbrekende woorde, sny soos ’n mes.

Woorde wat jou opbou is iets wat jou lig, jou energie en lewenslus gee.

“Ek is SOOO trots op jou. Ek so dankbaar jy is in my lewe.” Dit bring genesing vir jou siel.

 

Verlede week het ons ’n gedagte oudit gedoen en vandag gaan ons ’n woorde oudit doen.

Woorde oudit:

Afbrekende woorde (ander) 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Opbouende woorde (ander)

Afbrekende woorde (self)    1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Opbouende woorde (self)

As jy nie ’n 10 vir beide gegee het nie, raai wat? Daar is ruimte vir verbetering.

Hoekom is dit belangrik? Want ons woorde gee lewe. Dit skep, soos God geskep het.

 

Twee belangrike reëls vir Lewegewende woorde:

Ek weet ek gaan nou soos jou ma klink, maar weet jy wat, jou ma was reg…

  1. As ek nie iets kan sê wat sal help of lewe kan gee nie – los dit!

As jy nie iets kan sê wat opbou nie, moenie enigiets sê nie.

Efes. 4:29 “Do not let unwholesome [foul, profane, worthless, vulgar] words ever come out of your mouth, but only such speech as is good for building up others, according to the need and the occasion, so that it will be a blessing to those who hear [you speak].” AMP

 

Vir sommige van ons, as ons net hierdie een vers kan onthou en begin leef, dan sal ons totale lewe begin verander.

En dit is nie nou ’n tyd vir jou elmboog om iemand langs jou te stamp nie, stamp jouself.

As dit nie kan help nie, bly stil. Zip it. Baie kort en direk.

 

  1. As jy iets dink wat goed is – sê dit!

Dit is hoekom dit begin by ons gedagtes. As jou gedagtes negatief, afbrekend en hopeloos is, sal jou woorde ook negatief, afbrekend en hopeloos wees. OF

Spr. 16:24 “Mooi woorde is soos iets lekkers. Aangenaam om te eet. Goed vir die liggaam.” DB

Ek kan mooi gedagtes oor iets of iemand hê maar as dit net by gedagtes bly, dan beteken dit niks nie is dit nie?

Maar as ek dit sê, dan kan dit seën. Dan kan dit moed gee. Dan kan dit lewe gee.

Elke keer wat jy iets goed dink, sê dit! Nie almal is narsisties met groot ego’s nie.

Die lewe het ’n manier om ons te slaan met afbrekende goed, goed wat ons moedeloos maak. Meeste van ons kan doen met elke stukkie bemoediging en opbouende woorde.

 

Twee sielkundiges wat ‘n boek geskryf het, Words can change you brain, beweer dat EEN positiewe woord wat oor en oor herhaal word die krag het om letterlik jou brein te verander.

“A single negative word can increase the activity in our amygdala (the fear center of the brain). This releases dozens of stress-producing hormones and neurotransmitters, which in turn interrupts our brains’ functioning. (This is especially with regard to logic, reason, and language.) “Angry words send alarm messages through the brain, and they partially shut down the logic-and-reasoning centers located in the frontal lobes,” write Newberg and Waldman.”

MAAR daar is darem goeie nuus ook…

“Positive words, such as “peace” and “love,” can alter the expression of genes, strengthening areas in our frontal lobes and promoting the brain’s cognitive functioning. They propel the motivational centers of the brain into action, according to the authors, and build resiliency.” Andrew Newberg, and Mark Robert Waldman: Words can change you brain.

Eenvoudige taal: Afbrekende woorde maak jou dom en skep stress en vrees.

Opbouende woorde hou jou gemotiveerd en gee vir jou uithouvermoë en hoop.

En kan ek byvoeg: Nie net vir ander nie maar ook vir jouself.

Woorde is so kragtig! Maak dit ’n reël. Moenie ’n woorde van seën terughou nie.

Hoekom sal ons dit doen? As jy na jou woorde oudit kyk, waar was jy?

Begin hier, gaan oor tot aksie. As jy iets goed dink, sê dit terwyl jy kans het.

 

Ek weet nie van jou nie, maar ek moet myself gereeld in die Here versterk want negatiewe dinge gebeur in en om my elke liewe dag.

1 Sam. 30:6        “En Dawid het dit baie benoud gehad, want die manskappe het gepraat om hom te stenig; …maar Dawid het homself versterk in die Here sy God.” 53

Here, gee vir my geloof hiervoor… Here, ek glo U hand is op my… Here, ek weet alles sal ten goed meewerk want ek is lief vir U en ek is geroep…

Praat met jouself! Nie net dat JY dit kan doen nie, maar dat God groot dinge DEUR jou kan doen.

 

As jy dit wil sien… Sê dit! In Esegiël het die Here vir hom gesê dat Hy met die dooie bene moet spreek. Die Here het nie gesê praat oor die dooie bene moet praat nie.

Eseg. 37:4-5,7   “Hy sê toe vir my: “Profeteer vir hierdie bene en : ‘Droë bene, luister na die woord van die Here! So sê die oppermagtige Here: Kyk, Ek gaan in julle blaas en julle weer lewend maak! Ek het gesê soos Hy my beveel het. Skielik was daar ’n gedreun terwyl ek praat. Die bene van elke liggaam het bymekaargekom soos dit voorheen was.” NLV

Die Here het vir hom gesê , praat dit en dit sal waar word. Nie dink dit nie, praat dit!

Vriende, ek dink ons het nodig om God se woord en positiewe woorde oor onsself en ander en ons land en ons universiteite en ons skole te spreek.

Ons het nodig om van God se goedheid en Sy liefde en Sy getrouheid te getuig.

As ons dit nie doen nie, dan sal die klippe dit doen sê Lukas 19:40.

 

Hier is ’n eenvoudige toets wat jy vir elke stelling wat jy maak kan toepas:

Nadat jy iets gesê het… sê,… en dit is wat ek graag wil hê.

Bv. Ek voel nie dat ek enigiets beteken vir iemand nie… en dit is wat ek graag wil hê. NEE

My huwelik is nie meer die moeite werd nie… en dit is wat ek graag wil hê. NEE, werk nie.

Hierdie land van ons is in die afgrond in… en dit is wat ek graag wil hê.

Nee, jy sien, jou woord het krag. As jy dit sê, dan skep dit, dood of lewe.

As jy die woorde: En dit is wat ek graag wil hê, kan voeg by elke stelling wat jy maak dan sal jy lewe spreek.

Ek is diep in die skuld, maar ons gaan begin om binne ons vermoë te leef, en God se beginsels toe te pas vir gesonde finansies… en dit is wat ek graag wil hê.

 

Jou gedagtes word jou woorde en jou woorde word jou aksies en jou aksies word jou gewoontes en jou gewoontes maak saak wat dit word wie jy is.

Wat jy aanhoudend doen, is wie jy gaan word.

As jy klein veranderinge in jou woorde maak sal dit groot verandering in jou lewe bring.

Nou: Verlede week het ek jou uitgedaag om een gedagte te kry waarop jy kan fokus in jou gedagtes. Daardie vers of gedagte het jy vir jouself oor en oor herhaal.

 

Die week: EEN stelling wat jy nie net gaan dink nie, maar gaan sê, weer en weer.

So dit kan dieselfde gedagte wees as wat jy verlede week gehad het, soos bv.

Jes. 40:31 “maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.”

MAAR die wat op die Here wag, kry nuwe krag. (Herhaal).

Maar jy gaan dit nie net dink nie, jy gaan dit hardop sê, vir jouself.

 

Dit is die klein dinge wat niemand sien nie wat die groot resultaat gee wat almal wil hê.

EEN Stelling wat jy gaan dink en sê, leef en herhaal vir jouself…

As dit nie kan opbou nie, bly stil!

As dit kan opbou en lewe gee, sê dit! Vir jouself, vir ander.

en dit is wat ek graag wil hê.

GEBED

Die 1 ding – Jou gedagtes

[powerpress]

Jou gedagtes. Hulle is SO BELANGRIK omdat dit bepaal wie jy word.

Prov. 23:7 “For as he thinks in his heart, so is he.” NKJV

Spr. 23:7   “Want soos hy in sy siel bereken, so is hy…” AFR53

Nou wat belangrik is om te weet is dat jou hart, jou gedagtes en jou siel in die O.T. as sinonieme gebruik is. So baie keer wanneer die O.T. praat van jou hart / niere gedoel hy jou gedagtes.

 

Jou lewe sal altyd beweeg in die rigting van jou sterkste gedagtes.

As jy dink ek sal waarskynlik nie – dan sal jy waarskynlik nie.

As jy dink jy het niks om te offer nie sal jy waarskynlik nie ’n verskil maak nie.

As jy glo jy is ’n slagoffer – dan sal jy ’n slagoffer word.

Jou gedagtes bepaal jou hele lewe.

Aan die ander kant – as jy dink dat jy KAN dan sal jy waarskynlik dit doen.

As jy dink God is VIR JOU en BY JOU dan sal jy Sy krag ervaar in jou lewe.

 

Om ons bietjie te help vandag: gaan ons ‘n gedagte oudit doen. Dink waaroor jy baie dink.

Gedagte oudit / Thought audit:

Bekommerd (worried)         1 2 3 4 5 6 7 8 9 10      Vrede (peaceful)

Negatief (negative)              1 2 3 4 5 6 7 8 9 10      Positief (positive)

Wêrelds (worldly)                 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10      Ewig, Goddelik (Eternal)

Ek wil hê jy moet ’n kruisie maak op watter kant van die skaal jy is.

As jy nie 3 x 10 gemerk het nie is hierdie boodskap vir jou. Hoekom? Ons gedagtes bepaal ons woorde en ons woorde word ons gewoontes en ons gewoontes word ons lot.

Jou lewe sal altyd beweeg in die rigting van jou sterkste gedagtes.

 

As ons eerlik is dan sou ons almal iewers onder 10 op die skale merk.

Want daar is soveel dinge in hierdie wêreld en kultuur wat vir ons uitroep: Bekommer oor my, wees negatief oor iets, hou vas aan my (nie God nie). Daarom skryf Paulus:

Rom. 12:2 “Don’t copy the behavior and customs of this world, but let God transform you into a new person by changing the way you think. Then you will learn to know God’s will for you, which is good and pleasing and perfect.” NLT

Jy sal word soos jou sterkste gedagtes.

 

Hoe verander ’n mens jou gedagtes?

  1. Neem negatiewe gedagtes gevange.

2 Kor. 10:4-5      “…want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,” AFR53

 

Die Griekse woord vir kragtig – Dunamis: waar ons dinamiet vandaan kry.

Die Griekse woord vir vestings – okkamora: ‘n prisonier vasgevang deur misleiding.

Dink hieroor – wat word ons geestelike vyand, die duiwel genoem? Vader van alle leuens.

So wat hy doen, is om leuens in ons gedagtes te los sodat ons mislei word daardeur en ons lewe op ‘n leuen kan bou.

 

Vers 5: “…en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,”

Ek hou hiervan: Ons vernietig alle leuens en ons neem elke gedagte gevange en maak dit gehoorsaam aan Christus.

So wanneer ek verkeerde dinge of leuen bedink – ek sal dit nooit kan doen nie, ek is nie goed genoeg nie, niemand gee om nie. Dan maak ek dit gehoorsaam aan Christus.

Om ’n voorbeeld te gee: daar is ‘n toep of app op jou foon wat genoem word: Truth or trash. Dit is ontwikkel vir kinders om hulle te help om goeie Bybelse gedagtes te vorm.

Daar word ’n stelling gemaak wat klink of dit waar is maar dit is net half waar. Dan moet jy antwoord Truth or Trash. Nadat jy geantwoord het gee hy vir jou ’n Bybel vers oor die waarheid sodat jy gedagtes reg kan wees.

In Dissipelskap praat ons van die refleksie sirkel. Dit is wanneer ek letterlik my gedagtes stop, vra wat ek regtig nou voel, dan vra of dot die waarheid is en daarna dit toets aan die Woord. Daar is ’n afskrif daarvan in ons notas wat uitgedeel is.

Ons neem destruktiewe gedagtes gevange. Capture destructive thoughts.

 

  1. Vul jou gedagtes met geestelike dinge.

Paulus skryf vanuit ’n tronk uit… moenie dit mis nie…

Fil. 4:8-9    “…vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is. En leef volgens alles wat julle van my geleer, oorgeneem, gehoor en gesien het. Dan sal die God wat vrede gee, by julle wees.” NLV

Vul jou gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer is.

So, ons neem ons gedagtes gevange en ons fokus ons gedagtes op geestelike dinge.

Jou gedagtes bepaal jou hele lewe. Dit is nie net ’n mooi en oulike gedagte nie.

Dit kan letterlik jou lewe transformeer wanneer jy jou gedagte wêreld op die waarheid rig.

Die probleem met leuens is dat hulle ons mislei – ons dink hulle is waar maar hulle is nie.

 

Ons lees die Bybel te veel kere vir informasie en nie vir transformasie nie.

Jy sien, ons moet daardie default setting of die autopilot in ons lewens herprogrammer.

Die enigste manier om dit reg te kry is om God toe te laat in jou daaglikse lewe.

Hoe gaan ons Hom toelaat? Deur Sy woord ‘n kans te gee en tyd in gebed te spandeer.

 

Die eerste ding wat jy kan doen is om jou stiltetyd uit die huiswerk kategorie te haal.

Geen kind hou van huiswerk nie. En as dit vir jou soos ‘n taak voel wat my moet voltooi elke dag dan kan jy maar opgee nog voor jy begin het.

As jy ‘n lewendige verhouding met Jesus het is dit eerder soos ‘n gesprek met ‘n goeie vriend wat jou raad kan gee.

God wil ons lei elke dag, Hy wil met ons praat, ons gee net nie kans dat Hy praat nie.

 

Ps. 1:2-4    God is baie bly omdat jy sy Woord geniet. Jy lees dit sonder om moeg te word. Daarom is jy soos ’n groot boom wat stewig langs die water staan. Alles wat jy doen, maak God se hart bly. Sy grootheid skyn helder in alles wat jy doen. Daarom gaan dit baie goed met jou.” Boodskap

 

Die leuens moet moet waarheid vervang word. Kom ek vertel jou ’n leuen wat ek geglo het. Toe ek teologie gestudeer het, moet jy jou prakties ook in ’n gemeente doen en ek was in ’n baie groot gemeente gewees. Die leier was baie charismaties en evangelisties en het baie mense getrek met sy prediking. My gawes het nie in lyn daarmee gefunksioneer nie en daarom het hy nooit my ’n geleentheid gegee om te preek nie.

 

En ek het begin glo dat ek nooit moet of kan preek nie. Veral nie voor baie mense nie.

Tot op een dag wat God my met die waarheid gekonfronteer het. -> Jy kan net JY WEES.

As iemand anders nie in jou gawes glo nie – Ek glo in jou, Ek het jou gemaak, Ek het jou die gawe van lering of teaching gegee. Gaan en gebruik dit tot My eer.

Nou, ek glo darem 20 jaar later het God my al gebruik met die gawe wat hy my gegee het.

 

Jou lewe sal altyd beweeg in die rigting van jou sterkste gedagtes.

Hoe moet ek my gedagtes vul met geestelike dinge? Hier is iets wat ek hard geleer het.

Wanneer jy in die oggend wakker word – moenie jou foon optel nie. Weerstaan die versoeking. Sommige van ons is so verslaaf, ons kan nie dit regkry nie.

Wanneer jy in die oggend wakker word – bepaal die rigting van jou dag met ‘n gebed of geestelike lees. Dit sal jou lewe begin verander.

 

Maar wat doen ons? Ons begin die dag deur te kyk – wat gaan aan op FB, wat het in die nag in die nuus gebeur? Geen wonder ons sukkel met negatiwiteit en bekommernis.

Begin jou dag reg. Wat is jou eerste gedagtes? Maak eerder jou Bible toep oop.

Dan ’n gebed: Here dankie vir die gawe van hierdie nuwe dag. Gebruik my waar U my vandag wil gebruik. Maak my bewus van U teenwoordigheid in my dag. (Net 2 min)

Bid dit – en wat dink jy gaan met jou dag gebeur?

 

En skielik ontwikkel jy die gedagtes van “Waarheid” of “Leuen”. Truth or Trash.

So, hoe neem ons dit van hier verder? Laat week het ons jou uitgedaag om een woord te kry wat jou lewe of groei area nou beskryf.

Hierdie week wil ek jou weer met net 1 ding uitdaag. Nie een Woord nie, maar een Gedagte. Een gedagte wat in ‘n groter verandering kan verander as wat jy ooit gedink het.

Een waarheid gedagte wat as jy dit oor en oor herhaal en oor en oor herhaal, deel van jou lewe gaan word. En dit sal jou woorde verander en dit sal jou gewoontes verander.

Een gedagte. Wat jy oor en oor moet herhaal en mediteer op. Kan ’n Skrif ook wees.

 

I am no longer a slave of fear, I’m a child of God. (Kan ‘n Lied ook wees.)

“Ek kan is tot alles in staat deur Christus wat my die krag gee.” Fil. 4:13

“Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.” 1 Pet. 5:7

“God sal elke behoefte van my vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.” Fil. 4:19.

“God het my nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie maar van krag, liefde en selfbeheersing.” 2 Tim. 1:7.

 

As jy jou lewe wil verander, begin met jou gedagtes.

Dit sal soos ’n voetpad word wat in die veld uitgetrap word. Hoe meer jou daardie gedagte dink, hoe meer sal daardie patroon in jou brein gevorm word.

Vorm nuwe patrone, nuwe gedagtes in jou denke. Nie net hierdie week nie, maar elke dag. As jy elke dag net daardie Skrif of woorde in jou gedagtes sê, sal dit jou woorde verander, dit sal jou gewoontes verander en dit sal op die ou einde jou lot of destiny verander.

 

Moenie dat die wêreld en die kultuur van die wêreld jou gedagtes vorm nie.

Neem elke gedagte gevange tot gehoorsaamheid aan Christus.

Soos jy dink in jou gedagtes (hart) so sal jy word. Die waarheid sal ons vrymaak.

Die 1 ding – Klein verandering groot verskil

[powerpress]

Ons begin ’n nuwe reeks die een ding. Wat is die een ding wat jy aan kan werk wat die groot verskil of deurbraak kan gee.

Baie mense begin elke jaar met pragtige mooi voornemens en dis gewoonlik ’n lys van goed. Gesonder leef en harder oefen veral as jy dalk ’n slegte gesondheids jaar gehad het. Groei in jou verhoudings veral as ons verhoudings uitmekaargeval het, geestelik dieper groei, beter rentmeester wees met my resources. Persoonlike ontwikkeling doen en die lys kan aangaan en gewoonlik die tyd van die jaar as ons eerlik is dan raak ons bietjie depro, ons is moeg want die jaar het ons gebully, ek het by niks van my mooi voornemens lys uitgekom nie.

En ek dink ’n groot rede hiervoor is omdat ek en jy op soveel goed gefokus het dat ons nie een ding reggekry het nie.

Ek weet nie van julle nie, maar soms kyk ek na mense wat in ’n sekere area dinge uit gesort het. En soms raak ek mismoedig want ek dink by myself ek weet nie wat se groot veranderinge en goed ek sal moet doen daarom reg te kry nie.

As ek vir julle moet vra hoe kan mens seker maak jy het gesonde, florerende huwelik. Een waar daar nog passion en verliefdheid is.

Gaan ek ’n lys van groot goed kry nè, Couple retreats, weeklikse date nights, kry aktiwiteite wat julle saam kan doen soos fietsry bergklim, gee mekaar spasie om ook jou eie passies uit te leef. En alles van die goed is goeie goed en baie nodig.

Maar wat as ek vir jou sê as jy ’n gesonde huwelik wil hê, al wat jy moet doen, is om elke dag saam te bid. En dis nie nodig vir ’n uur of ure nie soms dalk net 30 sek dalk net voor julle werk toe gaan of soms paar minute in die vanaand voor julle gaan slaap. As jy dit doen, sal julle ’n gesonde florerende huwelik hê. Nou meeste mense as hulle dit hoor is hulle en dalk is jou eerste reaksie nee dit kan nie so klein eenvoudige stap wees nie.

Maar dink daaroor ek kan nie vir iemand bid vir wie ek kwaad is of wie ek haat nie. Ek moet dinge uitpraat. Ek kan nie vir iemand bid as ek nie weet wat in hulle lewe aangaan nie so ons moet kommunikeer en luister na mekaar en belangstel. As ons bid is daar ’n geestelike konneksie.

Vriende die goeie nuus vir ons vanoggend is, dat dit is nie die groot goed wat die verskil maak nie dit is nie, dit is nie die huge aanpassings nie.

Dit is die klein veranderinge wat niemand sien nie wat die groot resultate bring wat almal wil hê. Ek glo dat jou jaar en volgende jaar kan anders wees kan beter wees, nie a.g.v. die groot veranderinge wat jy baie keer dink jy moet maak nie, maar a.g.v. die klein veranderinge wat jy begin maak wat niemand sien nie.

Ons lees vandag uit Sagaria 4:6-10 (Boodskap) Nou net vinnig agtergrond. Toe die gedeelte geskryf is. Was die tempel af gebreuk en die volk was gevange geneem. So dit was ’n baie lae punt in hulle geskiedenis. Hulle het nie huis om God in te aanbid nie en is nie eers in land waar hulle behoort te wees nie. 537 V.C kom Zerubbabel en lei ’n klomp Israeliete terug Israel toe.  So daar is hoop hulle is terug in land waar hulle moet wees. 18 jaar later kom God en sê  vir Koning Zerubbabel ek gaan jou krag gee om tempel te herbou.

So ons begin by vers 6 en laat toe dat die woord met jou praat.

6. Toe begin hy vir my verduidelik. Die Here wil vir Serubbabel sê: “Jy sal nie suksesvol wees deur militêre mag te gebruik nie. Dit sal jou ook nie help om op jou eie krag staat te maak nie. Dit is die Gees van die Here wat vir jou sukses sal gee. Dit is wat die Here sê!”

Vriende hier is die waarheid ek glo baie keer kry ons nie voornemens reg nie of ons kry dit nie reg om suksesvol te verander nie. Want ons probeer te veel uit ons eie krag dit doen. En soms begin ons en ons begin veranderings sien maar dit hou nie of jy probeer en probeer so hard maar jy wen nie dit voel of jy nêrens kom nie. Maar dis wanneer ek en jy in Sy krag in beweeg en ons toe laat dat die Heilige gees in ons en deur ons werk wat verandering gebeur. Dis nie deur ons krag wat transformasie kom nie, maar transformasie kom deur die Heilige gees wat in ons werk.

7 Geen probleem of struikelblok sal in sy pad staan nie. Al voel dit soos ’n berg wat in sy pad staan, dit sal gelyk gemaak word soos ’n plat vlakte.

Vriende maak nie saak wat God jou roep vandag om aan te werk nie wat se 1ding hy vir jou sê om te verander nie daar is niks op aarde wat jou sal kan keer om dit te doen nie.

Wanneer Serubbabel die laaste steen in die tempel inbou, sal die mense skree: “Mag dit goed gaan, mag dit goed gaan met die tempel!”

Dan is dit net so ontsagwekkend dat voor die werk begin sien God kla die eindresultaat. Wat ook al God jou roep om vandag te begin verander of aanwerk of te begin doen Hy sien kla wat die resultaat kan wees as ek en jy oorgee en dit deur Sy krag doen.

8 Daarna het die Here weer met my gepraat en gesê wat ek moet sê:9 “Serubbabel het die fondamente van hierdie tempel gelê. Hy sal die tempel klaar bou.

Nou die begin fase van die tempel se herbou was baie stadig en mense het baie keer mismoedig geraak en daar gaan huil, party mense glo hulle het gehuil omdat hulle so bly was dat die tempel besig is om herbou te word. Ander het gehuil omdat dit gelyk het of niks gebeur nie, of omdat hulle net so skaam was oor die feit dat dit so stadig gaan het. Dit het gelyk of daar net ’n paar klippe op mekaar gesit is.

En soms voel ons so nie waar nie ons oefen en eet reg maar niks gebeur nie en jy raak mismoedig, jy begin moete doen met verhoudings maar jy voel niemand sien dit raak nie niemand waardeer jou nie. En jy wil opgee.

Vriende in die week het ek net op ’n stadium so opgewonde begin raak, en soos Braam vanoggend weer gesels het oor die gebou en die proses. Om te weet ek en jy het die voorreg om deel van die wonderwerk te wees en om te weet ons is amper daar.

As ek eerlik kan wees vir ’n oomblik daar was ’n tyd wat dinge lank stil gestaan het en dit net gevoel het gaan dit ooit gebeur en toe begin ons bou en toe kom daar tyd wat dinge weer stilstaan en ek wou mismoedig raak maar dan kom die Here en hy doen weer ’n wonderwerk en die stoele arriveer of iemand doen werk verniet of iemand buite die gemeente gee groot bydrae en dan besef ek die Here sal sy kerk bou hy nooi ons net saam vir die ride.

10 Die werk wat nou aan die gang is, lyk miskien klein en nie waffers nie. Maar moenie die waarde daarvan onderskat nie.

Ek hoop dat die vers bemoedig jou vandag. Ons kan eers die 2de klip pak as ons die eerste een gepak het. Baie keer moet ons net eers begin daai eerste stap neem. Ek glo die Here is bly wanneer ek en jy getrou is in die klein dinge.

Baie keer kyk ons na mense maar ons vergeet ons kyk na hulle soos die Engelsman sal sê highlight reëls maar ons sien nie wat behind the sense gebeur nie.

Ons lees van David en is soos sjoe hy was man na God se hart en David het Goliat verslaan en ons is soos ek wil ook my reuse oorwin ek wil ook my Goliats verslaan. Ons vergeet dat vir jare lank het David skape opgepas en het hy dag na dag met sy Slingervel geoefen en wilde diere weg gejaag van die skape af en soms hulle selfs doodgemaak. Hy was besig om te oefen om getrou te wees in die klein stappe sodat God hom later kon aanstel oor die groot goed.

Ons lees oor Daniel en ons is ek wil geloof soos Daniel hê. Hy was nie bang om vir sy geloof vir leeus gegooi te word nie, want hy het geglo alles sal ok wees. Maar ons vergeet dat Daniel het elke dag van sy lewe 3 vaste tye gehad wat hy gebid het en met God reconnect het en God gesoek het.

Hoe anders sal my en jou geloof nie lyk as ons 3 vaste tye het om met God te reconnect en sy wil te soek nie.

Vriende dis die klein goed wat niemand sien wat die resultaat bring wat almal soek.

En in die reeks gaan ons gesels oor die eending daai klein aanpassings in ons gedagtes in ons woorde en in ons gewoontes wat ons moet maak wat die groot verskil gaan maak.

Want wat jy dink begin die woorde word wat jy praat en die woorde wat jy sê word die gewoontes wat jy doen en jou gewoontes bepaal die jy word.

Die Bybel is vol van die een ding gedagte. David ’n man na God se hart weet julle wat was David se een ding? Ons lees dit in Psalm 27:4 Een ding vra ek van die Here,

en dit sal ek bly soek: om in die huis van die Here te bly al die dae van my lewe, om my te verbly in sy goedheid, en in sy tempel daaroor na te dink.

Vriende as jou een ding is om heeltyd in God se teenwoordigheid te wees raai wat jy kan ook genoem word man of vrou na God se hart.

As ons dink aan Martha en Maria kom, kom Jesus na dat Martha nou lekker omgekrap is want die koekies het gebrand en die teepot en koppies match nie met die doekie op die skinkbord nie en dan as sy vir Jesus vra pla dit hom nie dat haar suster nie haar help nie dan sê Jesus vir haar in Lukas 10:41-42 Maar die Here het geantwoord: “Marta, Marta, jy kwel jou tog oor so baie dinge! Daar is regtig net een ding wat nodig is om oor besorg te wees. Maria het dit ontdek – en Ek gaan dit nie van haar af wegneem nie.”

Paulus die beste Apostle van alle tye. Hy het nie die beste begin gehad nie, eers het hy Christene vervolg en doodgemaak toe verander die Here sy lewe. Hy begin toe rondtrek om die goeie nuus te verkondig. Hulle beweer 13 of 14 van die 27 boeke in die Nuwe Testament is deur Paulus geskryf. In van sy boeke dan skryf hy wat alles met hom gebeur het hoeveel keer hy geslaan is, skipbreuk gely het, is gepik deur ’n slang, gestenig maar hy hou aan en dan wonder jy hoekom en dan gee Paulus ons sy antwoord in Efesiërs 3:13 Nee, broers en susters, ek reken self nie dat ek al is wat ek moet wees nie, maar een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê.

Nou vriende hier kom jou huiswerk vir die week en die reeks. Ons gaan nou baie gefokus raak. Ek wil hê dat jy nie net jou een ding sal kry nie, maar dat ons meer gefokus sal raak. Jy moet die week gaan bid en God vra dat hy vir jou een woord sal gee. Een woord wat jy opgaan fokus vir die res van die jaar en volgende jaar. Wat jou fokus gaan bepaal, wat jou beplanning gaan bepaal.

Vriende onthou een woord het baie krag.

Een woord van bemoediging kan iemand se lewe red, een woord van erkenning of dankbaarheid maak dat jy harde probeer, een daad van om verskoning vra kan ‘n huwelik red.

Vriende wat is jou een woord?

Ek wil jou aan moedig dat jy die week gaan stil raak en gaan bid en God soek en vra Here wat is my een woord wat ek vir die volgende jaar moet op fokus.

Vriende moet nie net ’n woord uit die lug ruk wat jy voel nie. Onthou ons het gesê baie keer hou ons nie by ons voornemens nie, want dis nie God geïnspireerd nie, dit kom uit ons self. Gaan en raak stil die week en vra die Here om ’n woord vir jou te gee. Dalk is dit rus, of geduld, genade, oefen, vrygewigheid, dankbaarheid, luister, gebed, stilte, ontwikkeling, verhoudings, geloof.

Sodra jy daai woord het gaan kies ‘n vers wat daai woord vas maak. Gaan google toe en as dit diensbaar is tik – diensbaar in die Bybel. Daar gaan klomp verse opkom en jy lees deur dit en lees deur dit tot een vers vir jou uit staan en jy maak daai jou vers vir die jaar.

Gaan en skryf daai woord en daai vers neer. Jy swot daai woord op wat is die sinonieme vir daai woord jy begin te bid te dink oor daai woord en fokus alles wat jy beplan en doen rondom daai woord.

Elke dag as jy opstaan staan jy op met daai vers en daai woord. Wanneer jy bid en stil raak vra jy die Here wat wil hy jou leer deur daai vers en daai woord.

Vriende my woord wat ek die week ontvang het, is dieper. Ek gaan begin dieper gaan in my verhouding met God, myself, die mense met wie ek lewe doen maar ook ’n soekende wêreld daarbuite. Ek gaan dieper begin gaan in my leierskap en die ontwikkeling daarvan.

Jesaja 54:2 “Maak jou woning groter. Span jou tent wyer, en moenie huiwer nie. Maak die tentlyne langer en slaan die penne dieper in.

Vriende wat se groot goed kan gebeur as ek en jy net een klein fokus skyf maak. Huwelike kan gesond word, families kan weer gesond wees, jy kan geestelik verdiep, ons kan weer begin om met doel te lewe, ons kan weer begin lewe en nie net meer oorleef nie. God se koninkryk op aarde kan gevestig word en soekers kan Hom vind.