Die Heilige Gees – Deel 7: Die Heilige Gees se Woonplek

[powerpress]

Hier by Impetus glo ons dat sorg en omgee deur verhoudings met mekaar plaasvind. Dit is vir ons baie belangrik dat elkeen hier in verhouding sal leef met ander gelowiges. Nou op ’n Sondag kan jy voor en na die diens koffie drink en met ander mense gesels en ek wil julle aanmoedig om dit te doen. Kom ’n bietjie vroëer en bly bietjie langer. Hier kan jy ’n kort tydjie met ’n paar persone gesels, maar daar is geleenthede waar jy jou lewe met ander kan deel en dit is in ons kleingroepe (omgeegroepe en dissipelskapgroepe) en dit is daar waar ware omgee en geestelike groei gebeur. As jy nog nie aan ’n omgeegroep of dissipelskapgroep behoort nie, vul sommer nou die afskeurstrokie in.

Wanneer ons as gelowiges so saamkom en daar liefde en omgee is beskryf die Bybel ons as die Liggaam van Christus.

Dit is vir my baie betekenisvol dat die Bybel die beeld van ’n liggaam gebruik om ons verhouding as gelowiges met mekaar te beskryf.  Ons gesamentlik staan bekend as die liggaam van Christus.

Romeine 12:5 Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar.

My ouers het grootgeword in ’n tradisie waar enige aktiwiteit van die liggaam as sondig beskou is. Die liggaam is gesien as ’n tydelike tuiste hier op aarde terwyl ons eintlik op reis is na ’n ewige tuiste in die hemel. Dit is ’n nodige euwel wat net verdra moet word en wat se begeertes teengestaan moet word. Nou ja, teen die die tyd dat ek in die wêreld gekom het, het daardie beeld van die liggaam darem so ’n bietjie verander, maar liggaamliike oefening is steeds as van min nut gesien en om te dans was net iets wat ander mense gedoen het wat nie so geestelik soos ons was nie. Vandag kan ek my verkyk aan my seun Dillon wat sy lyf so lekker kan beweeg en my dogter Maneesha wat sport so geniet.

As Christene wat in ’n gevalle wêreld leef het baie van julle het dalk soos ek ’n dubbelsinnige konsep van ons liggame ge-erf. Aan die een kant is ons liggame net iets is wat ons siel en gees tydelik hier op aarde huisves en  die liggaam moet net in standgehou word vir daardie doel. Verder moet die liggaam se behoeftes en begeertes onderdruk word.

Teenoor dit is daar die huidige sekulêre kultuur wat ’n geweldige fokus plaas op die perfekte liggaam. In vandag se kultuur is die mooiste liggaam gelyk aan die suksesvolste lewe. Ek hoef julle nie te vertel van hoe die beroemde sterre se foto’s deur photoshop gemanipuleer word net om aanvaarbaar te wees nie.

Is ons liggame dan boos of is dit iets wat geïdialiseer moet word?

Ons agtergronde en die sekulêre kultuur maak dit vir ons baie moeilik om die Bybelse realiteit te aanvaar dat God ons liggame geskep het en dat Hy dit dit net soos die res van die skepping as BAIE GOED verklaar het.

Genesis 1:26&31 God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.

Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed.

God verklaar die skepping en die mense wat hy skep nie net as goed nie, maar as BAIE GOED.

Dawid het hierdie persektief gehad dat God iets wonderlik geskep het en hy vier die feit dat hy hier op aarde geplaas is met ’n liggaam met ’n lied aan God:

Psalm 139:14

Ek wil U loof, want U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep.
Wat U gedoen het, vervul my met verwondering.

 

Die Bybel sien die ligaam as ’n geestelike skepping. Nie iets apart van die siel en gees nie, maar as ’n eenheid met die siel en gees.

En dan kom Paulus en verwys na ons liggame as tempels van God:

1 Korintiërs 6:19-20

Of besef julle nie dat julle liggaam ‘n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.

Is dit nie wonderlik nie? Van al die wonderlike plekke in die skepping waardeur God homself kan openbaar kies Hy om dit in ons liggame te kom doen.

Die Heilige Gees se woonplek is jou en my liggaam!

Ek weet nie van julle nie, maar soms is ek baie gelukkig met die liggaam wat ek gegee is en ander kere wens ek dat ek ’n ander, mooier, sterker, beter liggaam kon kry. Maar kan jy dink dat God ons liggame as sy woonplek kies? Dat ons tempels is van die Heilige Gees?

Ja, ons liggame is nie perfek nie en dit is ok. God kies om in ons gebrokenheid te kom bly. Hy het na ’n gebroke wêrled gekom en nou kom Hy en woon in gebroke liggame. Is dit nie wonderlik nie? Jy hoef nie perfek te wees vir ’n perfekte God om in jou te kom woon nie.

Nou as God deur die Heilige Gees dan binne in ons woon en ons liggame beskryf word as tempels dan is dit mos n baie belangrike plek. Ons liggame is besonders. Paulus skryf in Korintiërs aan die Christene in Korinte wat ‘n heidense stad was en hulle konsep van ‘n tempel was dat dit die plek was waarnatoe jy moes gaan as jy met jou god wou praat en hom of haar wou aanbid. Vir daardie hoorders was dit ‘n heel nuwe konsep om hulle eie liggame te sien as tempels, ‘n plek waar jy enige tyd met God kan praat en Hom aanbid. So ons kan uit Paulus se woorde aflei dat in die eerste plek is ons liggame ‘n plek waar ons God kan ontmoet.

Jou liggaam is ‘n plek waar jy God kan ontmoet.

Jy het dalk nog nooit so daaraan gedink nie. Jy kan God ontmoet, leer ken en met Hom in verhouding staan deur jou liggaam. As ons God toelaat om ons denke te verander oor ons liggame kan dit iets heilig raak waar ons die teenwoordigheid van die Heilige Gees kan ervaar

1 Korintiërs 6:19

Of besef julle nie dat julle liggaam ‘n tempel van die Heilige Gees is nie?

Dit is ’n exciting konsep om te dink dat ons eie liggame wat ons soms so minag ’n plek kan wees waar ons God die almatige kan ontmoet. Die Christelike spiritualiteit is in werklikheid vlees en bloed spiritualiteit. Dit is nie ‘n spiritualiteit wat verwyder is van die liggaam nie. Ons liggame is deel van ons spiritualiteit.

God kan met ons praat deur ons liggame. Dit is tog met jou ore dat jy nou my stem kan hoor wat vir jou die goeie nuus oor jou liggaam vertel. Dit is deur jou liggaam wat jy vandag hier is en saam met jou vriende God kan aanbid

As die Heilige Gees in ons liggame bly dan kan ons na God leer luister deur na ons liggame te luister. In tyd van spanning weet ons mos dat ons liggame vir ons die boodskap gee daarom rustiger te vat deur pyn. Ons is eerder geneig om pynstillers te drink as om te luister. Ons liggaam vertel ons dat ons rus en herstel nodig het. En dit is nie net slaap en vakansie hou wat dit bring nie. Ware rus en hertsel kan ons kry deur in stilte by God te wees. Jou liggaam vra daarvoor en ekmoedig julle aan om so ‘n dissipline aan te leer.

Daar word gereeld stil retraites aangebied op Shama. Dit is die plek waar die dissipelskap retraites gehou word. Dalk moet jy op so ‘n retraite gaan.

Ons liggame het ook ‘n manier om ons te laat weet as iets reg of verkeerd is. Ons praat mos van ons “gut gevoel”. Soms kan ek nie iets in woorde sit sit nie, maar ek weet net en ek voel dit met my lyf. Iets is verkeerd of ek voel reg oor ‘n saak.

Baie keer is hierdie seine wat ons liggame vir ons stuur God wat met ons wil praat, maar omdat ons die liggaam baie keer as minder belangrik beskou ignoreer ons daardie seine. Ons gedagtes is baie keer so besig dat ons die seine van ons liggame ignoreer. Ons het nie tyd om na God te luister wat wil praat nie. In sulke tye behoort ons ‘n plekkie van stilte kry en God vra: “Wat gaan hier aan?” Wil U dalk vir my iets sê?” En dan moet jy tyd maak om te luister.

Ek sê nie hier dat jy net moet reageer op wat jy in jou “gut” ervaar nie. Maar moenie dit ignoreer nie. As jy so ‘n gevoel ervaar gaan vra vir God wat aan die gang is.

Daar is baie wat ons kan leer as ons oplet wat in ons liggame aan die gang is. Maar weerens dit vra aandag. Dit vra dat ons leer om bewustelik te leef. Ons moet uit die rat race padgee en tyd maak vir luister na wat ons liggame sê en met God daaroor gaan praat.

‘n Tempel is ‘n ook plek waar ons kan aanbid.

Deur jou liggaam kan jy God aanbid

Jou lyf kan dinge kommunikeer waar ons woorde tekort skiet.

Het jy al ooit die ervaring gehad waar jy wou neerbuig voor God? Dit is jou liggaam wat weet dat jy die teenwoordigheid van God ervaar en die reaksie daarop is buig in nederigheid en aanbidding. Die Psalms is vol van hierdie lyftaal wat kommunikeer waar woorde tekort skiet.

Psalm 95:6 Kom ons val in eerbetoon voor Hom neer, kom ons buig, kom ons kniel voor die Here ons Skepper!

Psalm 99:5 Prys die Here ons God. Kom buig in aanbidding voor Hom: Hy is heilig!

Of jy ervaar jou behoefte na God, jou afhanklikheid van Hom en jy wil net jou hande uitsteek soos ‘n bedelaar. Soos die blinde man wat na Jesus uitroep: “Jesus, Seun van Dawid, ontferm U oor my!” Lukas 18:35

Of in ‘n kerkdiens waar jy oorweldig was deur God se grootheid, sy liefde en groot genade en jy het die behoefte om jou hande op te steek. Dis Bybels om dit te doen.

Psalm 63:5 Ek sal U my lewe lank loof, my hande ophef om u Naam te prys.

Psalm 132:2 Hef julle hande in gebed op na die heiligdom en prys die Here!

Hierdie gebare wat ons met ons liggame doen kan kragtige maniere wees waarmee ons met God kan kommunikeer waar ons ons totale menswees in verhouding met Hom staan. Met meer as ons intelek, meer as ons emosies, meer as ons wil, ook met ons liggaam. Die eertse gebod sê mos dat ons vir God moet lief wees met ons hele hart, al ons krag en verstand – dit beteken met ons hele menswees.

Laat jou liggaam praat

God wil jou liggaam waarmee jy nie altyd mee gemaklik is nie gebruik. Ons kan tog so ongelukkig wees met ons lywe, maar HIERDIE lyf is die plek waar God woon en jou wil ontmoet. Waardeur Hy met jou wil praat en waarmee jy Hom kan aanbid.

As hierdie konsep van jou liggaam as ontmoetingsplek en aanbiddings konneksie met God vir jou vreemd is nooi ek jou uit om jou grense so bietjie te skuif. Dalk het jy vandag iets erken wat jy al gevoel het, jy het dalk al gevoel om voor God jou hande op te steek, te buig, plat op jou gesig te lê, maar jou kultuur of denkwyse oor hoe jy mag optree het jou teruggehou. Gaan kry vir jou ‘n plekkie waar jy alleen is voor God en waag dit om dit te doen.

Ons gaan nou liedere sing waardeur ons met ons stemme God gaan aanbid en ek nooi jou uit, bring jou hele self voor God in jou aanbidding. Gebruik jou liggaam, jou stem, jou hande, maak dalk jou oë toe of kyk op terwyl ons saamsing.

As jy steeds nie voel jy kan hier jouself uitleef nie, gaan na jou binnekamer, jou intieme plek waar jy alleen voor God kan luister na jou liggaam en met God kommunikeer en ook Hom aanbid.

 

 

 

Die Heilige Gees – Deel 6: Leer, lei en stuur

[powerpress]

 

Vandag bietjie meer oor hoe die H.G. ons leer en lei.

Joh. 14:16          “en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.”

Ek sien in hierdie gedeelte 2 dinge wat vir my uitstaan:

Eerstens: “…herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.”

Wanneer iemand besluit het om Jesus te volg met hulle lewe is daar iets wat krities is vir hulle lewe.  So persoon moet Jesus leer ken en ook wat Jesus gesê het.

Indien ek Jesus Christus wil volg moet ek dan tog weet waarheen Hy my lei.

En dit is die H.G. wat ons herinner aan elke woord wat Jesus gesê het toe Hy op aarde was.  Dit is amper soos ‘n mentor of ‘n lewensafrigter wat elke oomblik van die dag by jou is en jou wil herinner aan jou afrigter (coach) se woorde.

Die H.G. is gereed om dit te doen selfs meer gereeld as wat jy dit verwag en na Hom kyk om dit te doen.

 

Dit is nie toevallig dat Jesus die volgende woorde net in die volgende vers gesê het nie:

Joh. 14:27          “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie.”  AFR83

Daar is baie diep betekenis in hierdie woorde van Jesus.

Dit is deur die H.G. wat ons herinner aan die woorde van Jesus en deur ons te leer van die waarheid van God dat ons hierdie soort vrede kry.

Dit is seker een van die grootste behoeftes wat mense het, vrede, werklike innerlike vrede.  –  Wel, Jesus leer ons, dit kom deur te weet wat Hy gesê het en dit begin uitleef.

Tweedens: “…sal Hy julle alles leer.”

Daar is selfs ‘n meer duidelike belofte in:

Joh. 16:12-14    “Ek het nog baie dinge om vir julle te sê, maar julle sal dit nie nou kan begryp nie. Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig.”  AFR83

Wat ‘n voorreg is dit nie vir elke ware volger van Jesus nie:  om deur God self geleer te word.  Nie deur ‘n Rabbi nie.  Nie deur ‘n DVD kursus nie.  Nie deur iemand anders nie.

Deur God self.  Hy wil jou leer.  Hy wil met jou kommunikeer.

En die een wat die meeste deur die H.G. geleer word is die een wat die meeste bereid is om te luister na die H.G. se stem of insprake in sy lewe.

Jy het ‘n goddelike leermeester – ‘n coach, ‘n mentor, ‘n lewensafrigter.

 

Wat sal die H.G. ons leer?  “sal Hy julle in die hele waarheid lei

Wat is hierdie waarheid?  Geestelike dinge.  Die dinge van God wat jou ‘n vry mens maak.  Die waarheid oor jouself en hierdie wêreld vanuit God se oë.

1 Joh. 2:27         “Wat júlle egter betref, die Gees waarmee Hy julle gesalf het, bly in julle, en julle het niemand anders nodig om julle te leer nie. Sy Gees leer julle alles, en wat Hy julle leer, is die waarheid en geen leuen nie. Ja, soos Hy julle geleer het, moet julle in die Seun bly.”

Dit beteken natuurlik nie dat ons nie deur ander mense iets kan of moet leer nie.

Dit beteken dat elkeen van ons ‘n lewensafrigter het wat baie beter weet waarmee God besig is in jou lewe as wat enige ander persoon weet op hierdie aarde.

Ons is eerstens afhanklik van die H.G. om ons te leer en tweedens is ons nie afhanklik van mense om ons te leer nie, God gebruik ons in mekaar se lewens soos Hy wil.

 

Joh. 16:14          “Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig.”  AFR83

Die H.G. se werk bo enige ander werk wat Hy in jou doen is om Jesus Christus aan jou bekend te maak en om Hom te verheerlik in en deur jou.

Dit is die H.G. wat ons trek om nader aan Jesus te lewe.

Dit is die H.G. se werk om Jesus te verheerlik.  Ons kan Jesus nie verstaan as die H.G. hom nie vir ons lewend maak in ons nie.

1 Kor. 2:1-5        “Broers en susters, toe ek destyds vir die eerste keer na julle toe gekom het, het ek nie ’n stortvloed woorde of indrukwekkende wysheid gebruik om aan julle God se groot geheim, naamlik die Goeie Nuus, te verkondig nie. Want ek het besluit om as ek by julle is, net op Jesus Christus te konsentreer en veral op sy kruisdood. Ek het na julle gekom in swakheid – angstig en vol huiwering. My boodskap en my prediking was bitter eenvoudig. Ek het julle nie probeer oorreed deur geleerde welsprekendheid nie, maar deur die Heilige Gees wat kragtig onder julle gewerk het. Dit het ek gedoen sodat julle geloof nie sou berus op menslike geleerdheid nie, maar op die krag van God.”  NLV

Wat probeer Paulus hier skryf in die brief aan die Korintiërs?

Die H.G. gaan Jesus duidelik aan ons openbaar en dit is nie iets wat kom deur slim geleerde, wêreldse kennis nie maar deur die eenvoud wat die H.G. mense leer oor Hom.

Dit is die H.G. wat jou sal leer wat en hoe om dinge te doen en sê sodat jy deur God gebruik kan word.

 

Die Heilige Gees leer ons nie net nie maar Hy lei ons ook en gee aan ons onderskeiding.

1 Joh. 4:1 “My dear friends, don’t believe everything you hear. Carefully weigh and examine what people tell you. Not everyone who talks about God comes from God.”  Message

Hoe weet ek die Here lei my of lei iemand anders?  Dit is die H.G. wat dit aan ons wys en ook aan ons duidelik maak.

Ons gaan nie in die reeks spesifiek kyk na die verskillende maniere waarop die H.G. ons lei nie maar wat ek wel vir jou kan sê is dat is dat die H.G. duidelik lei veral wanneer ons bereid is om saam met iemand anders of ander mense Sy wil probeer onderskei.

 

En daardeur dink ek dit is belangrik om te sê dat ons moet geestelik volwasse raak dat ons sy stem self kan onderskei sonder dat ons die leiding van die Here by iemand of iets buite onsself kry.  As ek die moeite doen om in ‘n verhouding met Hom te leef en ek maak al die eksterne en interne geraas in my lewe stil dan praat Hy merkwaardig duidelik.  Sonder om ‘n profeet op te soek of my Bybel oop te maak en my vinger op ‘n versie te druk en te dink dit is nou God wat met my praat.

 

Maar dan moet elke kind van God ook mense in sy lewe hê wat hulle help onderskei, wat hulle kan wys op hulle blindekolle, wat die stof uit hulle eie oë kan blaas.

Ons leef in ‘n baie individualistiese wêreld en en te veel mense leef hulle lewe heeltemal onafhanklik van God en sê dan net dat die Here hulle gelei het om iets te doen sonder om eers te toets of iets werklik die wil van God is.

Spr. 15:22 “Waar daar nie beraadslaging is nie, slaag planne nie; dit slaag wanneer daar baie raadgewers is.”

 

Hoe wens ek nie dat meer mense ‘n geestelike coach of ‘n geestelike begeleier of ‘n geestelike lewensafrigter kan kry om hulle te help onderskei waarmee God in hulle lewe besig is nie.

Ek dink ons sal baie vinniger groei, wyser besluite maak en meer saam met God werk as ons sulke mense in ons lewe toelaat wat die H.G. kan gebruik.

 

Die Heilige Gees stuur ons altyd om God te verteenwoordig en Sy werk voort te sit

Die persoon wat dink dat die H.G. net gekom het om ons krag te gee om van die grootste uitdagings en versoekings in die lewe te kan weerstaan maak Sy werk baie klein.

Hy stuur ons.  Hy wil ons gebruik in Sy koninkryk anders het Hy jou “opgebeam” die oomblik toe jy jou lewe vir Hom gegee het.

Hand. 1:8  “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”  AFR83

 

Die H.G. gaan jou roep om iets vir God te doen een of ander tyd in jou lewe.

Die persoon wat dink dat die H.G. net ‘n krag is of net ‘n simbool van God se teenwoordigheid is sal op ‘n stadium sy ervaring moet aanpas want die H.G. is ‘n persoon wat Jesus Christus aan ons openbaar en ons dan stuur soos wat die Vader Jesus gestuur het na die wêreld toe.

Beteken dit dan ons almal op een of ander sendingveld in Japan of in Afrika gaan op eindig?  Nee, verseker nie.

Maar die dag toe Hy jou gemaak het, het Hy vir jou talente gegee.  Die dag toe jy die beheer van jou lewe aan Hom oorgegee het, het Hy vir jou gawes gegee.

En Hy wil hierdie gawes in Sy koninkryk hier op aarde gebruik.

Die H.G. stuur ons en maak ons bekwaam om vir God te werk in hierdie wêreld.

Of dit as ‘n onderwyser is, as ‘n sekretaresse is, as ‘n besigheids-eienaar is – Hy wil jou gebruik om sy verteenwoordiger te wees.  En dit is die H.G. se werk om jou bekwaam te maak en om jou te gebruik waar Hy die geleentheid sien om jou te kan gebruik.

Maar Hy kan net beskikbare manne en vroue gebruik.

Hy kan net mense gebruik wat die H.G. se fluistering of stem ken.

Hy kan net mense gebruik wat besef hulle grootste doel hier op aarde is nie om baie geld te maak nie maar om God te verteenwoordig en Sy hande en voete te wees.

Hoeveel betekenis, passie en doel kom nie ons lewe binne die dag wat ons besef dat die H.G. ons roep om vir God te werk nie.

Elke ander begeerte of droom begin vaag en leeg lyk die dag wanneer ons besef dat die H.G. ons wil gebruik, dat Hy groter drome vir ons het en dat Hy ons wil stuur.

Die mens wat Sy lewe totaal en al oorgegee het, haar eie planne eenkant toe geskuif het, sal ervaar hoe die H.G. ‘n begeerte in hom/haar bewerk wat soos ‘n vuur is wat begin brand en nie uitgeblus kan word nie.

 

Dit is die H.G. wat ons herinner aan Jesus se woorde in:

Joh. 20:21          “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.”  OAV

Dit is die H.G. wat ons stuur en ons bekwaam maak om die werk te doen wat Hy ons gee wanneer Hy ons stuur.

Dit is die H.G. wat die begeerte en die passie binne ons aan die brand steek om ons eie gemaksone te los en op ‘n groot onbekende reis te neem.

 

Ons is gewoonlik soos Josua en Jesaja– en sê Here, wie is ek dat U my wil gebruik?

Ek is die minste, ek het nog so baie dinge om uit te sorteer, ek het nog kinders, ek moet die pot aan die kook hou.

En die H.G. is die een wat na ons toe kom en vir ons sê waaroor bekommer jy jou oor dinge wat nie joune is om oor te bekommer nie?

Ek wil jou gebruik en daarom wil ek jou stuur.

Jes. 6:8     “Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan?”

 

Maar Here wat sal ek sê?  Sal jy vir My gaan?

Maar Here ek weet nie hoe dinge sal uitwerk nie?  Sal jy vir My gaan?

Maar Here daar is nog so baie vrae.  Sal jy vir My gaan?

Wanneer jy vandag by hierdie deure uitstap, stap jy in jou sendingveld in.  En God vra vir jou, sal jy vir my gaan?  Sal jy toelaat dat My Gees jou krag en wysheid gee om in My koninkryk te werk?

Sal jy toelaat dat die volheid van My Gees in jou begin woon?  Sal jy toelaat dat die grootheid van My heerlikheid in jou woon.

As jy dors het, kom drink by my, want ek sal vir jou strome van lewende water gee wat vanuit jou binneste sal vloei.

En hopelik sal jy soos Jesaja antwoord in vers 8.

Jes. 6:8     “Toe antwoord ek: Hier is ek, stuur my.”  OAV

Die Heilige Gees – Deel 5: Doping in die Heilige Gees (Pinkster Sondag)

[powerpress]

Op Pinksterdag wat ons vandag vier is die Kerk van Jesus Christus gebore.  Jesus het dit belowe net voor pinksterdag in Hand. 2.  Ons lees daarvan in:

Hand. 1:4-5        “Moenie van Jerusalem af weggaan nie, maar bly wag op die gawe wat die Vader belowe het, soos julle van My gehoor het. Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal binne ’n paar dae met die Heilige Gees gedoop word.”  AFR83

En dan lees ons van pinksterdag en wat daar gebeur het in Hand. 2.

Hand. 2:1-4

“Toe pinksterdag aanbreek, was al die gelowiges daar in die kamer waar hulle gewoonlik bymekaargekom het. Skielik het hulle ’n geweldige dreuning in die lug bokant hulle koppe gehoor. Dit het soos ’n groot stormwind geklink. Die hele gebou waar hulle was, het weergalm van die geluid. Terwyl hulle nog wonder wat dit kan wees, sien hulle toe iets wat soos vuurvlamme lyk oor elkeen van hulle kom. Dit was die Heilige Gees wat van hulle lewe besit kom neem het. Hulle het dadelik in ander tale begin praat. Die Gees het hulle in staat gestel om dit te doen.”  DB

Ons lees dan verder dat die mense uit verskillende streke saamgedrom het en gehoor het hoe daar in hulle eie taal gepraat word.

Petrus het die boodskap van Jesus Christus aan hulle verduidelik en daar het 3000 tot bekering gekom daardie dag.

 

Hand. 2:37-39

“Die skare wat na Petrus staan en luister het, is diep deur sy woorde geraak. “Sê asseblief vir ons wat ons nou moet doen? Hoe kan ons die saak tussen ons en God weer regmaak?” het hulle benoud vir die apostels gevra.  “Hou dadelik op met julle sondes. Kom terug na God toe,” het Petrus geantwoord. “Laat julle ook doop in die Naam van Jesus Christus. Dit is die sigbare bewys dat God julle sondes vergewe het. As julle na Hom toe kom, sal Hy ook sy Heilige Gees aan julle gee. Hierdie groot hemelse Geskenk is bedoel vir elkeen van julle. En ook vir julle kinders. Ja, selfs vir al die ander mense wat nog ver van God af lewe. Binnekort sal hulle ook van Hom hoor en die geleentheid kry om in Jesus te glo.”  DB

Wat is hierdie doping of vervulling in die Heilige Gees?

  1. Dit is ‘n definitiewe ervaring met die Heilige Gees

Daar in Handelinge 1 en ook in Hand. 8 sien ons dat Jesus hulle duidelik beveel het dat hulle nie van Jerusalem af moet weggaan totdat hulle hierdie vervulling met die HG ontvang het nie.

Hand. 8:15-17    “Dié het toe gegaan en vir die mense daar gebid dat hulle die Heilige Gees mag ontvang, want die Gees het nog nie op een van hulle gekom nie; hulle was net in die Naam van die Here Jesus gedoop. Die apostels het hulle die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.”  AFR83

Dit was ‘n definitiewe ervaring – dit was iets wat hulle moes ontvang.

Ons sien in Hand. 19:2-6 ook hoe Paulus by ‘n groepie van 12 gelowiges kom en hulle spesifiek vra of hulle al die Heilige Gees ontvang het.  (ook Gal. 3:2)

Hulle het al Jesus ontvang, hulle is al gedoop maar hulle het nog nie die Heilige Gees ontvang nie.  So dit is ‘n definitiewe ervaring waarop hulle “ja” of “nee” kon antwoord.

 

  1. Die doping in die Heilige Gees kan onderskei word van wedergeboorte

Hand. 8:12         “Maar toe Filippus die evangelie van die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus aan hulle verkondig het, het hulle gelowig geword, en mans sowel as vrouens is gedoop.”  AFR83

Hand. 8:15-17    “Dié het toe gegaan en vir die mense daar gebid dat hulle die Heilige Gees mag ontvang, want die Gees het nog nie op een van hulle gekom nie; hulle was net in die Naam van die Here Jesus gedoop. Die apostels het hulle die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.”  AFR83

 

So dit is duidelik dat die doping in die Heilige Gees iets is wat apart en addisioneel was buiten die wedergeboorte en doop wat hulle ontvang het.

Met Wedergeboorte word die Heilige Gees in ‘n persoon geplaas.  God se Gees doen die wedergeboorte in iemand se lewe wat sy hart en denke na God toe draai.

Maar met die vervulling of doping met die H.G. word daar krag in iemand se lewe geplaas om vir die Here te werk of dien.

Die doping in die H.G. kan gelyktydig met bekering gebeur soos ons in Hand. 10:43 sien met Cornelius en sy huisgesin maar dit kan soos in die meerderheid ander gevalle in Handelinge later gebeur.

Die vervulling met die H.G. is die geboortereg van elkeen wat ‘n ware gelowige geword het, hulle sonde bely het en dat Jesus Christus alleen hulle kan red.

Elke gelowige kan die doping in die H.G. potensieel ontvang.  Ons sien dit in:

1 Kor. 12:13       “Omdat ons almal een liggaam geword het, is ons almal met die een Gees gedoop, of ons nou Jood of Griek is, slaaf of vry. Ons is almal van die een Gees deurdrenk.”  AFR83

 

Maar die feit dat ons wedergeboorte ons die reg gee om die doping in die H.G. te ontvang beteken nie dat ons dit outomaties ontvang as ons dit nie begeer nie.

Elke ware gelowige het die H.G. (Rom. 8:9) maar nie elke gelowige het die doping in die H.G. nie.  Dit is een ding om die H.G. in jou lewe te hê, dit is ‘n heel ander ding om die H.G. totale beheer van elke area van jou lewe te gee.

Daar is in die N.T. verskeie voorbeelde en ook in praktyk vandag baie mense wat getuig van ‘n bekering en soms lank daarna eers van ‘n doping in die H.G. as ‘n ander ervaring.

 

  1. Die doping met die Heilige Gees hou ALTYD verband met getuienis en dienswerk.

Dit is die primêre doel van die Doping in die H.G.  =  Krag om ‘n getuie te wees en dienswerk in Sy koninkryk.

Luk. 24:49 “En Ek sal die gawe wat my Vader beloof het, vir julle stuur. Maar julle moet in die stad bly totdat julle met krag van bo toegerus is.”  AFR83

Hand. 1:8  “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”  AFR83

In Hand. 2 wat ons reeds gelees het sien ons hoe Petrus getransformeer het in 50 dae van iemand wat te skaam was om sy gesig in die openbaar te wys omdat hy Jesus 3 keer verloën het tot waar hy die evangelie met soveel vrymoedigheid verkondig dat 3000 mans daardie dag tot bekering gekom het.

Op ‘n ander geleentheid in Hand. 4 het hulle die woord met soveel vrymoedig gepreek toe hulle die krag van die H.G. ontvang het.

Hand. 4:31         “Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig.”  AFR83

Elke keer sien ons ‘n baie herkenbare en direkte gevolg van die doping in die H.G.-˃

Krag om ‘n getuie vir Jesus te wees en beskikbaarheid om in Sy diens te staan waar hulle ook al gekom het.

In 1 Kor. 12 het ons seker die grootste gedeelte oor die gawes van die Gees in die Bybel.  Die ander twee groot gedeeltes is in Rom. 12:6-8 en Efes. 4:7-13.

In elkeen van hierdie gedeeltes is iets baie opmerklik.  Nooit is die gawes van die Gees wat geskenke van God af is gegee vir die genot of ekstase van die persoon wat hulle ontvang nie.  Die gawes wat die H.G. gee word ALTYD gegee om die kerk van Jesus Christus op te bou en te stig.

Natuurlik bring die H.G. ook vreugde en blydskap in ‘n gelowige se lewe in maar dit word ‘n byproduk van Sy teenwoordigheid in ons lewe, dit is nie die blydskap wat ons soek nie.

 

Wat is die resultate van die doping in die Heilige Gees?

  1. Die spesifieke uitkoms van die doping in die Heilige Gees is verskillend in elke gelowige.

1 Kor. 12:4, 7     “Daar is ’n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee; … Aan elkeen afsonderlik word ’n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal.”  AFR83

Daar is een H.G. maar hoe die H.G. gawes vir mense gee is verskillend soos ons duidelik sien in 1 Kor. 12.  Daar is meer as 30 duidelike gawes in die Bybel en die H.G. besluit hoe Hy hierdie gawes vir gelowiges gee en ook wanneer Hy dit vir hulle gee.

Baie keer is die Gawe wat die Here vir iemand gee baie naby aan die natuurlike talent wat iemand miskien vir iets gekry het maar die twee moet ook van mekaar onderskei word.  Natuurlike talent:  ingebore talent of vermoë wat God vir my gee.  Bv. syfers of sport.

Geestelike Gawe:  Dit is ‘n bonatuurlike vermoë wat God my gee.  Bv. insig in Sy woord of gawe om vir mense te bid vir genesing.

 

Wat is mens opval wanneer jy die gawes bestudeer is dat daar gevalle is waar die doping in die H.G. plaasgevind het waar daar dan ook melding gemaak word van spreke in vreemde tale.  (Hand. 2:4; 10:46; 19:6).

Beteken dit dan dat elke persoon wat gedoop word in die H.G. in vreemde tale kan praat?  Daar is baie wat wel dit glo maar kom ons kyk wat sê die Bybel self:

1 Kor. 12:29-31 “Is almal miskien apostels? Is almal profete? Is almal leraars? Kan almal miskien wonders doen? Het almal die genadegawes om mense gesond te maak? Of gebruik almal miskien ongewone tale of klanke en kan almal dit uitlê?  Lê julle toe op die beste genadegawes.”  AFR83

Die antwoord is duidelik?  NEE, nie almal is apostels nie en nie almal kan in vreemde tale praat nie.

 

Nou weet ek dat enige goeie pinkster teoloog sal vir my sê dat daar is twee tipes tale is.

Die Hand. 2 tale en die 1 Kor. 12,13,14 tale.

Die Handelinge 2 tale was ‘n vreemde taal vir die mense wat dit gepraat het maar dit was wel ‘n verstaanbare taal vir mense wat van ander dele van die wêreld daar was.

So het ek al verskeie getuienisse gehoor van mense wat in die sendingveld werk wat nie ‘n spesifieke taal kan praat nie en dat die Here dat vir daardie persoon soms net vir een gesprek ‘n taal gee wat hy nie ken nie maar die persoon wat luister wel kan verstaan.

 

Dan is daar die persoonlike taal of die engele taal waarvan 1 Kor. 12,13,14 van praat.

Hierdie is ‘n taal wat vir niemand verstaanbaar is nie.  Nie vir die persoon wat dit praat nie en ook is dit nie ‘n taal wat iemand op aarde sou verstaan nie.  Daarom engele tale.

1 Kor. 14:14       “…want as ek ongewone tale of klanke gebruik wanneer ek bid, dan bid my gees, maar my verstand is nie daarby betrokke nie.”  AFR53

Maar dit is juis 1 Kor. 12 wat eintlik saam met 1 Kor. 13 en 14 gelees moet word wat dan se dat nie almal die gawe ontvang om in vreemde tale te praat nie.

En wanneer mens na die prominensie kyk wat Paulus aan hierdie persoonlike taal of engele taal gee dan sien mens duidelik dat dit van die MINDER belangrike gawes is en nie een is wat veral in die samekoms van ‘n gemeente moet funksioneer nie tensy daar ook ‘n uitleg of verstaanbare interpretasie daarvoor is.

 

1 Kor. 14:18-19 “Ek dank God dat ek meer ongewone tale of klanke gebruik as julle almal. Maar in die byeenkoms van die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand praat om ook ander te onderrig, as duisend woorde in ongewone tale of klanke.”  AFR83

So duidelik sê Paulus dat hy hierdie persoonlike of engele taal het maar dat hy dit nie gebruik wanneer hy in die kerk is nie.  Hoekom nie?  Want dit is nie tot stigting en opbouing van almal nie.  Net die persoon wat dit praat.  TENSY dit uitgelê word.

1 Kor. 14:12  “As julle julle toelê op die gawes van die Gees, streef dan na dié wat tot opbou van die gemeente dien, sodat julle daarin kan uitmunt.”  AFR83

Dan sien ek ook ‘n Handelinge sommige gevalle waar daar mense (soms lyk dit soos almal) was wat in vreemde tale gepraat het soos in Hand. 2 en 4 maar daar is ook gevalle soos Hand. 8 waar dit nie spesifiek genoem word nie.

Hand. 8:15-17    “Dié het toe gegaan en vir die mense daar gebid dat hulle die Heilige Gees mag ontvang, want die Gees het nog nie op een van hulle gekom nie; hulle was net in die Naam van die Here Jesus gedoop. Die apostels het hulle die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.”  AFR83

 

In my eie ervaring van 20 jaar bediening het ek verskeie mense teengekom wat hierdie engele taal ontvang het MAAR dit is bedoel vir hulle binnekamer tensy hulle voel dat dit ‘n spesifieke boodskap vir die gemeente is wat dan uitgelê moet word.

Ek het ook al baie mense gesien wat dit begeer het maar wat vir ‘n rede wat net die Here self weet, dit nooit ontvang het nie.  Maar dit behoort ‘n mens nie te pla nie.

Want Paulus beskryf dit as een van die minder belangrike gawes wanneer dit by die samekoms van gelowiges kom. Vir ‘n persoon in sy eie gebed en binnekamer kan dit wel tot waarde wees.

 

Die doping in die H.G. gaan hoofsaaklik oor ‘n ervaring na wedergeboorte en doop waar iemand krag ontvang om ‘n getuie te wees vir Jesus Christus en een of ander vorm van dienswerk doen in die koninkryk van die Here.

Daar is ‘n vrymoedigheid (boldness) wat kom saam met hierdie krag wat vir die persoon self en ook vir die mense met wie hy/sy te doen het duidelik sigbaar is.

So sien ons die apostels, dink net weer aan Petrus wat Jesus so 7 weke gelede verraai het en nou praat hy met soveel vrymoedigheid dat die H.G. hom kragdadig gebruik.

 

Is die doping in die Heilige Gees vir almal bedoel, selfs vir ons vandag nog?

Hand. 2:39         “Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep.”  Dit sluit ons ook in.

Die vervulling in die H.G. dink ek ook is nie iets wat net eenmalig met jou gebeur nie maar indien jy dors daarna, weer en weer met jou kan gebeur soos jy meer van Hom soek.

Hoe ontvang ‘n mens die doping in die Heilige Gees?

  1. Ons moet eers Jesus Christus aanvaar as ons Verlosser en Redder.

Hand. 2:38 “Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe, en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.”  AFR83

Met wedergeboorte nooi ons die Heilige Gees ons lewe in en kom weerderbaar Hy ons gees en gee vir ons ‘n nuwe natuur.

 

  1. Ek moet enige vorm van sonde wat in my lewe is na die Here toe neem en vra dat Hy my sal skoon was met sy bloed.

Dit is enigiets wat die volheid van God se Gees in jou lewe sal keer.

Dit kan moontlik die kleinste dingetjie wees maar dit is ‘n vorm van rebellie teen God dat jy Sy stem en Gees in jou ignoreer.

 

  1. Ek moet my belydenis van sonde openbaar maak.

Hand. 2:38 “Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe, en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.”  AFR83

Die doop is die manier waarop ek my ou sondige lewe aflê en afwassing van my sondes ontvang en ek opstaan in ‘n nuwe lewe.  Daar is voorbeelde in die Bybel waar mense die Heilige Gees ontvang het voordat hulle gedoop is (Hand. 10:1-31) maar in meeste gevalle was dit andersom.

 

  1. Ek gee myself volkome aan God oor.

Hand. 5:32 “En ons is getuies hiervan, ons en die Heilige Gees wat deur God gegee is aan dié wat aan Hom gehoorsaam is.”

Sonder absolute oorgawe, sonder terughou, kan ek nie die volheid van God se Gees ervaar in my lewe nie.

 

  1. ‘n Diep begeerte na die doping in die Heilige Gees.

Joh. 7:37-39       “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.”  Hiermee het Hy na die Gees verwys, want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang.

 

  1. Ek moet spesifiek in gebed vra vir volheid van die Heilige Gees in my lewe.

Ek hoef ook nie bang te wees wanneer ek myself oorgee nie.  God sal niks anders as sy Heilige Gees vir my gee as ek dit van Hom vra nie.

Luk. 11:11-13     “Is daar ’n pa onder julle wat as sy seun vir hom ’n vis vra, vir hom ’n slang sal gee in plaas van die vis?  Of as hy ’n eier vra, vir hom ’n skerpioen sal gee? As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee—die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.”

 

  1. Laastens het geloof nodig.

Mark 11:24          “Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees.”  AFR83

 

Moenie enige spesifieke verwagting hê hoe en wanneer die Here jou moet doop of vul met die Heilige Gees nie.  Hy sal besluit hoe en wanneer Hy dit vir jou sal gee.

  • Sommige mense praat in vreemde tale wanneer die Heilige Gees oor hulle kom, sommige ontvang nooit vreemde tale nie. (1 Kor. 12:29-31).  Moenie ‘n verwagting hê dat jy dit SAL ontvang nie, dit Here sal dit vir jou gee as Hy wil, maar daar is verskeie ander gawes wat Hy vir jou kan gee.  Sommige sal nie onmiddellik sigbaar vir jou wees nie.
  • Sommige mense ervaar iets soos elektrisiteit wat deur hulle gaan wanneer hulle met die Heilige Gees gedoop word. Weereens is dit nie almal se ervaring nie en sien ons ook nie dat dit in die Bybel spesifiek genoem word nie.
  • Wat jy wel kan verwag is dat die Here jou gaan gebruik in Sy koninkryk; dat jy ‘n nuwe vrymoedigheid sal ontvang om ‘n getuie vir Jesus te wees, sonder enige vrees of skaamte.
  • Indien jy nie vandag voel dat jy dit ontvang nie, moenie dit ‘n bekommernis (issue) vir jou maak nie. Onthou, Hy sal die Heilige Gees vir jou gee, dit belowe die Bybel maar Hy sal dit gee op Sy tyd en op Sy manier.

Die Heilige Gees – Deel 4: Werk van die Heilige Gees

[powerpress]

Drie weke gelede het ons begin kyk na die persoon van die H.G. en gaan die week verder.  Ons het al gesê dat dit baie belangrik is om die Heilige Gees te sien as ‘n persoon net soos die Vader en die Seun.  Hy is nie ‘n krag of net ‘n simbool van God se teenwoordigheid nie.  Ons het ook gesê dat sy werk insluit dat Hy enige vorm van oortuiging en geloof in ons lewe bewerk.  Ons is nie in onsself in staat om geloof te hê nie.  Ons het ook gesê dat die HG die vernuwing, transformasie en verandering in ons lewe bring.  Sonder Sy rol om ons te vernuwe is ons eintlik hopeloos en in staat tot niks.

Verlede week het Steve gekyk na van die name van die Heilige Gees en wat dit beteken.

 

Vanoggend wil ek terug gaan na ons drie kleure waarmee ons begin het en meer praat oor die HG se werk in ons.  Ons het gesê dat God homself openbaar op 3 verskillende maniere:  Vader Seun en HG.  Ons kan ook sê dat God homself eers geopenbaar het as Skepper, die een wat ver groter en BO ons is.  Dan kan ons sê dat Jesus God tussen ons geword het.  Hy het onder ons kom woon.  Hy het ons gewys hoe God se hart lyk.  En nou leef ons in ‘n tyd waar dit God IN ons is.  Die HG maak Christus lewend binne elkeen wat glo in Hom.  Hy is ons hoop op heerlikheid.

 

Die werk van die Heilige Gees:

  1. Hy vorm Christus binne elkeen van ons

Efes. 3:16-19     “Mag Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy Goddelike grootheid aan julle die krag gee om innerlik sterk te word. Dan sal Christus deur die geloof in julle harte woon, en sal julle in God se liefde gewortel en gegrondves wees. Mag julle in staat wees om saam met al God se mense te begryp hoe breed en lank en hoe hoog en diep sy liefde is. Dan sal julle Christus se liefde, wat alle verstand te bowe gaan, beleef. Mag julle heeltemal met die volheid van God vervul word.”  NLV

Eph. 3:17  “…that Christ may dwell in your hearts through faith;”

Die woord wat in Grieks gebruik word vir DWELL beteken letterlik:

To dwell, to settle, to inhabit.

Christus het met die uitstorting van die HG in ons harte kom woon.

Die werk van die HG is letterlik om die lewende Christus in ons lewe te vorm.

Hy woon in die diepste dele van ons wese.

Met die kruis van Jesus Christus het ons gesien dat God VIR ons is.

Maar deur die krag van die HG lewe die opgestane Jesus in IN ELKEEN van ons.

 

As jy gaan probeer om ‘n volger of dissipel van Jesus te wees in jou eie krag sal dit net uitloop op absolute teleurstelling en hopeloosheid.

Enige poging van jou kant af om meer soos Jesus te word is hopeloos.

Hoe meer jy Jesus leer ken, hoe meer sal jy agterkom dat jou pogings op hulle beste nie eers ‘n druppel in die oseaan is om soos Jesus te word nie.

Maar God verwag nie die onmoontlike van ons nie.  Hy wil nie hê ons moet probeer om soos Jesus te word met ons eie krag nie.

Hy gee vir ons iets veel beter – Hy wil Jesus in jou vorm deur die KRAG van die HG.

Hoe meer ons oorgee aan die HG se werk in ons, hoe meer sal Christus in ons gevorm word.

 

  1. Die Heilige Gees maak homself sigbaar deur liefde in ons wese

Efes. 3:17-19     “Dan sal Christus deur die geloof in julle harte woon, en sal julle in God se liefde gewortel en gegrondves wees. Mag julle in staat wees om saam met al God se mense te begryp hoe breed en lank en hoe hoog en diep sy liefde is. Dan sal julle Christus se liefde, wat alle verstand te bowe gaan, beleef.”  NLV

Die vervulling van die wet is:  LIEFDE.  Ons kon nie aan God se standaard voldoen nie.

Ons kon nie die wet wat God gegee het nakom nie.  En hoe voldoen ons aan die vereistes van die wet vandag?  Deur Christus wat ons kom wys het wat liefde was.

 

Rom. 13:10        “Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet.”  AFR83

Maar dit is nie genoeg dat ons liefhê nie.  Ons moet die liefde van Christus verstaan en daarin leef.  Liefde wat alle verstand te bowe gaan.

Ons kan dit probeer verstaan, ons kan daaroor dink en mediteer.

MAAR dit is die HG wat ons laat begryp hoe breedte, lengte en diepte van Sy liefde is.

 

Dan is daar nog ‘n 3de manier hoe die HG Christus in ons vorm:

Efes. 3:16-19     “Mag julle heeltemal met die volheid van God vervul word.”  NLV

  1. Die volheid van God word in ons gevorm

Wat is hierdie volheid van God?  Wel, dit is alles wat goed is in hierdie lewe.

As ons onsself sou volmaak met die volheid van God sou dit wees soos iemand wat ‘n koppie vat en in die see instap en dit volmaak met die oseaan se water.

Maar as die HG die volheid van God in ons bring is dit soos iemand wat ‘n koppie is en verbeel jou die oseaan het ‘n kraan en daardie kraan word oopgedraai om die oseaan se water in jou koppie te tap.

Dit is onmeetbaar, dit is meer as enigiets wat ons kan begryp.

 

Rom. 8:17 “En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid.”  AFR83

Ons is erfgename van God tot in die mate waar Christus ‘n erfgenaam van God was.

Ons is erfgename van alles wat God is en alles wat God het.

En dit is die werk van die HG om alles wat reeds ons s’n is in Christus na ons te bring.

Dit is Sy werk om ons ALLES te laat ervaar wat God s’n is en alles wat God gee.

Tot op die vlak dat jou koppie met ‘n oseaan se water volgemaak word.

 

  1. Die Heilige Gees lei ons in die lewe as ‘n Kind van God

Rom. 8:14 “Want almal wat hulle laat lei deur die Gees van God – hulle is God se kinders.”  NLV

Ons sien hier dat die HG ons optrede of gedrag lei.

Soos wat ‘n dirigent ‘n orkes lei, so is die HG daar om ons vir elke noot of tree in ons lewe te lei mits ons Hom toelaat om dit te doen en ons na Hom kyk of luister.

As ons Sy leiding volg kan ons lewe die mooiste musiek maak maar as ons kies om ons eie ritme of note te speel loop dit uit op iets van glad nie mooi is nie.

 

‘n Volger van Jesus se lewe word nie gelei met ‘n lang stel reëls en wette nie.

Nee ‘n dissipel van Jesus word gelei deur ‘n lewende persoon wat in hom woon.

 

Rom. 8:15 “Die Gees wat julle ontvang het, is nie ’n Gees wat weer van julle vreesbevange slawe maak nie. Julle het die Gees van ware kindwees ontvang en deur hierdie Gees roep julle uit tot God: Abba – ons Vader.”

‘n Lewe wat gelei word deur reëls en wette is ‘n lewe van slawerny.

Daar is altyd die vrees dat ek nie alles nagekom het nie.

Daar is die vrees dat ek nie goed genoeg is nie en ‘n paar reëls gebreek het.

So is daar baie Christene wat ‘n lang lys van mensgemaakte reëls het.

Dit is nie wat die HG doen nie, dit is wettisisme.

Rom. 8:15 “For you did not receive a spirit that makes you a slave again to fear, but you received the Spirit of sonship.”  NIV

 

Ons lewe word nie beheer deur ‘n lys van reëls wat gehoorsaam moet word nie.

Ons lewe word beheer deur ‘n liefdevolle Gees wat ons God se kinders maak.

Ons behoort absolute beheer van ons lewe vir Hom oor te gee en na Hom kyk of luister om elke besluit in ons lewe te neem met Sy leiding.  Nie net die groot besluite nie.

Soos ‘n kind sy pa of ma vertrou met sy lewe, so behoort ons die HG te vertrou met ons totale lewe.

 

Die HG weerspreek homself nooit nie en Hy lei ok nooit iemand om iets te doen wat teen die geskrewe Woord van die Here is nie.

Hy lei ons om die Bybel te verstaan en om die Bybel te leef met integriteit.

Die dag wat ons Jesus aangeneem het as ons redder het die Gees van Christus, die HG in ons kom woon.

 

Sy teenwoordigheid in ons lewe getuig daarvan dat ons nou God se kinders is.

Die HG in ons lewe gee vir ons die versekering, die wete dat ons Sy kind is.

Die Heilige Gees in ons roep uit na God, “Abba (pappa), Vader.

Die ou mens, die natuurlike mens roep nie uit na God as Pappa Vader nie.

Hy bid met sy lippe en met sy verstand miskien “Ons Vader wat in die hemel is.”

 

Maar die ou mens, die ou-ek voordat ek Christus die beheer van my lewe gegee het vertrou Hom nie soos ‘n Pa nie.

Die ou mens is bang vir God.  Die ou mens dink aan Hom as ‘n kwaai regter wat net reg staan om enige oortreding te straf.

Die ou mens bid miskien maar net omdat hy moet, nie omdat Hy wil met sy Pa praat nie.

Maar as die HG beheer neem van iemand se lewe dan getuig hy in jou gees dat jy Sy kind is.  Dan begin ek Hom vertrou meer as ek my aardse pa vertrou.

Daar is selfs minder vrees vir Hom as wat daar is vir ons aardse pa.

Ontsag en eerbied, ja, maar ‘n ongelooflike ervaring van kinderlike vertroue.

Dat Hy vir my lief is, dat Hy net die beste vir my wil hê, dat Hy my wil vol maak met Sy liefde en volheid.

 

Ons hemelse Vader hunker daarna dat ons moet weet en besef dat ons Sy kinders is.

Hy verlang dat ons Hom Vader, Pappa moet noem.

Hy begeer dat daar geen vrees of angstigheid moet wees as ons aan Hom dink of na Hom toe gaan nie.

Hy is ons Pa.  Hy alleen in die heelal weet wat die volle betekenis van die woord Vader is.

Hy kry soveel vreugde wanneer ons aan Hom dink en met Hom praat en na Hom toe gaan en raad vra.

 

Jare gelede toe daar nog nie so baie hulpmiddels was nie het ‘n pa ‘n kind gekry wat doof en stom gebore is.  Dit was vir hom ‘n baie hartseer dag toe hy uitvind dat sy kind nooit sal hoor en soos hy gedink het sal praat nie.

Hy het gehoor van ‘n inrigting ver van hom af wat doof stom kinders geleer kommunikeer het.  Hy het sy kind na die inrigting toe geneem.

Na ‘n lang ruk wat die kind daar was het die hoof van die inrigting vir die pa geskryf en hom laat kom sodat hy sy kind kan besoek.

Die datum was bepaal en die kind het geweet wanneer haar pa sou kom.  Soos die tyd verby gegaan het die dag het sy by die venster gesit en die hek dopgehou wanneer haar pa sou kom.

Die oomblik toe hy by die hek inkom het sy na haar pa toe gehardloop en in sy oë gekyk en haar eerste woord vir hom gesê:  “Pappa”

Toe die pa die stom lippe hoor wat praat en die mooiste woord ooit vir hom sê het sy so oorweldig van emosie geraak dat in trane uitgebars het en op sy knieë geval het.

Daar is ‘n Vader wat jou lief het soos geen aardse pa kan liefhê nie.

Hy begeer dat Sy kinders sal besef dat hulle Sy kinders is en dat hulle sal in Sy oë kyk en van ‘n hart wat die HG gevul het met Sy kindskap sal roep: “Abba, pappa, Vader.”

Geen woorde kan die vreugde beskryf wat God ervaar as een van Sy kinders dit doen nie.  Veral as hulle dit vir die eerste keer doen nie.

Die Heilige Gees – Deel 3 Name van die Heilige Gees

[powerpress]

Goeie môre en soos altyd wat ‘n voorreg om vanoggend saam met julle te kuier en te leer.

In die Ou testament was name baie baie belangrik en jou naam het baie gesê van wie jy is of wat jou ma-hulle vir jou gedroom het. As ons kyk na Esau dan sien ons hy was baie harig so sy ouers noem hom Esau wat beteken harige een.

Jakob beteken die een wat die hakskeen vashou want dis wat hy gedoen het toe hy gebore is maar sy naam beteken ook bedrieër. En dis ook wat hy gedoen het op ’n dag het hy sy broer bedrieg en ook later sy blinde pa. So jou naam het baie keer gesê wie jy gaan word of is. Nou later na dat Jakob met die engel geworstel het in Gen. 35 dan sien ons kom God en hy gee vir Jakob ’n nuwe naam Israel God spreek nuwe droom oor sy lewe uit nuwe profesie oor wie hy gaan word en wees.

Jabes in die Bybel se naam beteken pyn en daarom sien ons in 1 Kron. 4:10 kom Jabes en hy bid dat God die betekenis van sy naam verander.

Ek onthou hoe toe ek en Chantal uitgevind het dat Chantal swanger was ons ’n boek met baba name gekoop het en ons het baie vinnig ’n dogtertjie naam gehad Charné wat beteken Beautiful smart en funny. Dis wat ons vir ons dogter wou he as dit ’n dogtertjie was, as dit seun is was bietjie moeiliker.

En een dat toe ons Bokke teen All Blacks kyk en Os Durandt vir Dan Carter vir ’n 2 of 3de keer collect staan ek op en sê my seuntjie se naam gaan Os wees. Gelukkig is my skoonma ’n baie skerp vrou en dadelik sê sy wat van Durandt eerder. Durandt Rootman dit kink mooi (wel enige iets klink mooier as Os Rootman) dink ek toe. Ek en Tel is huis toe en gaan kyk toe wat beteken Durandt. Dit beteken Strong stable and enduring en ons sê toe dis wat ons vir ons seuntjie toe wens dat hy daai persoon sal word en wees.

Name in Bybel se tyd het baie gesê en daarom sien ons ook dat in die Bybel het God die Vader verskillende name vir verskillende tye. Daar is God, Ek is, Yahweh Hy wat ver altyd bestaan, Yahweh-Jireh God wat voor sien, Adonai God oor alles, El-Shaddai God almagtig.

Daar is nog baie maar julle kry die idee hang af wat die volk of iemand nodig gehad het God was dit vir hulle. Almagtig of voorsiener of beskermer.

As ons na Jesus kyk dan sien ons Jesus het verskillende name gehad. Jesus wat beteken God is redding, Christus of die Christus wat beteken Anointed of Messiahs in Hebreërs, of die Seun van God, die seun van die mens, Rabbi, Emmanuel God met ons, Redder, lam van God

En nog baie meer en weereens as ons al die name kyk dan sien ons en leer ons meer oor die karakter van Jesus en wie hy is en was.

Nou net so is daar tenminste 25 verskillende name vir die Heilige gees en weereens as ons na die name van die Gees kyk dan sien ons wie die Heilige gees is en hoekom hy gestuur is en wat sy doel is in die Drie-eenheid.

Ons gaan nie na al 25 kyk vanoggend nie, maar ek wil graag na ’n paar kyk wat vir my mooi verduidelik wie die heilige gees is.

Die algemeenste naam wat die Heilige gees as bekend staan in die Bybel is as Gees. Hierdie is ook die basis vanaf wat baie van die ander name en karakter eienskappe vandaan kom. Ons sien in Grieks en Hebreërs dat die gees as asem of as wind beskryf word.

Johannes 20:22 Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy oor hulle en sê: “Ontvang die Heilige Gees!

In Genesis sien ons dat God die man skape en dan asem deur sy neus ingeblaas dat hy lewe gekry het. Elke keer as ek en jy asemhaal is ons besig om te getuig dat God binne-in ons is. Dis God wat ons aan die lewe hou.

Wat is die eerste ding wat hulle doen as baba gebore is hulle maak seker dat die baba huil want dit beteken die baba haal asem en lewe.

Is dit nie ongelooflik om te dink dat elke keer wat ek en jy asemhaal dit ’n getuienis is van God se voorsiening en lewegewende krag nie.

Die gedagte dat die Gees ook wind is sien ons in Johannes 3:6-8 6Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees. 7Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gesê het: Julle moet opnuut gebore word nie. 8Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is.”

Die woord wat vertaal word as gees en as wind later in Grieks is dieselfde woord. SO die gedeelte kon net so maklik gelees het wat uit mens gebore is, is mens en wat uit die wind gebore is, is wind. Of die gees waai waar hy wil.

Een van die groot eienskappe van die wind is dat mens nie die wind kan regeer nie, jy kan nie die wind opdragte gee en verander nie. Maak nie saak hoe hard jy vra skree smeek nie as die wind oos waai en jy wil dit wes he gaan nie gebeur nie.

My skoonpa hulle het baie karavaan gekamp en een van die eerste goed wat hy altyd gedoen het as hy by nuwe dorp stop is om na die bome te kyk want die bome vertel hom vanwaar die wind baie keer waai en so het hy geweet hoe om hy die karavaan wil trek om die wind te keer.

Ons kan nie die wind beheer of verander nie, maar soos my skoonpa kan ons leer hoe die wind waai en ons kan dan die informasie gebruik tot ons voordeel. Boere bou windpompe en gebruik die wind om hulle mielies te maal of water te pomp. Mense leer hoe die wind by J-bay waai en bou ’n wind plaas om krag op te wek.

Net so kan ek en jy leer hoe die Gees werk en waar die gees besig is om te werk en God se koninkryk te versprei en uit te bou en so kan ek en jy seker maak dat ons harmonie met die gees leef en werk sodat Hy deur ons kan werk en God se koninkryk uitbou. En so vind ons doel en leer ons Jesus beter ken en groei ons geestelik.

Dan die naam wat ons die beste ken die Heilige Gees.

Die beste gedeelte wat dit beskryf is Lukas11:13 As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee — die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.”

Voor die vers praat Jesus dat aardse pa’s sal nie vir hulle kinder klippe gee as hulle vir brood vra nie en slang as hulle vir vis vra nie.

Wat dan baie belangrik is, is dat Jesus kom en hy is soos die Vader in die Hemel sal vir ons baie meer goeie goed gee die Heilige gees. Die heilige gees is ’n goeie geskenk. Ek wonder of ons die beskrywing werklik raaksien en verstaan. Heilige Gees nie goeie gees nie of ontsagwekkend gees nie, nie cool gees nie, nee Heilige gees. Die Gees is Heilig in hom self. EN baie keer nooi ons die Heilige gees in ons lewens in of ons kerke, maar wat vind hy daar.

En verstaan baie mooi ek probeer nie sê dat ek en jy alles uit gesort moet he voor ons die Heilige Gees innooi nie, maar vriende ons moet darem probeer om ons deel te doen. Ons moet darem probeer beter leef, Heilig leef. Ons kan nie net terugsit en die heilige gees nooi en verwag hy moet alles verander en jy doen niks nie. Ek en jy het rol om te speel.

Dan leer ons ook die Gees staan ook bekend as die Gees van oordeel.

Johannes 16:7-8 Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur;

8 en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel:

Die heilige gees kom om my en jou te oortuig van sonde in ons lewens, sodat ek en jy kan deel met daai sonde sodat ons meer soos Jesus kan wees, maar ook sodat ons gesonder mense kan word en lewe en lewe in oorvloed kan beleef.

Die gees is ook die trooster of Raadgewer.

Johannes 14:26 maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

Ander vertaling verwys na die Heilige gees as raadgewer.

Ek dink die belangrike ding is om te besef dat die Heilige gees is gestuur om ons by te staan. Ons hoef nie die lewe alleen te den nie ons het ’n helper raadgewer en trooster.

Jesus kom en vertel sy dissipels hier alles gaan verander en ek gaan nie meer daar wees om julle trooster en raadgewer te wees nie, maar moet nie die Vader sal iemand stuur wat julle nooi weer sal verlaat nie en by julle sal wees sodat julle nie die lewe alleen hoef te doen.

Vriende waar is jy vandag?

Dalk het jy nodig dat om net te besef of jy glo vandag of nog alles uit check die feit dat jy asemhaal is ’n getuienis dat God jou net so lief het en dat sy lewendmakende asem in jou ook leef.

Dalk het jy nodig om te besef die Gees is nie hier sodat ek great kan wees nie of dat ek die gees kan beheer nie, die gees werk en dalk moet jy in lyn kom met wat die Gees doen sodat die Gees deur jou God kan verheerlik en God se koninkryk op aarde kan bevorder.

Dalk is die gees besig om jou bewus te maak van iets in jou lewe wat nie reg is nie en hy is besig om jou te waarsku dat dit wat jy besig is om te doen, lei na die dood toe en dat jy moet ophou daarvoor te laat is. Vanoggend is jou kans om te bely en om te draai weg van daai sonde.

Dalk het jy net nodig om te weet jy is nie alleen nie, jy hoef nie die lewe alleen te face nie, al wat jy moet doen, is nooi die gees in jou situasie in en doen die volgende regte ding gee die volgende regte tree.

Kom ons raak stil vir ’n oomblik

Kom ons bid saam.

Die Heilige Gees – Deel 1: Die Persoon

[powerpress]

Die tydperk op die Christelike Kerk kalender waar ons nou is staan bekend as Paas.

Dit duur voort tot en met hemelvaart en Pinkster Sondag op 15 Mei.

Ons het dit goed gedink om in hierdie weke wat kom bietjie lering te gee oor die persoon van die Heilige Gees en oor die gawes van die Heilige Gees.

Vandag is net inleidend tot die hele reeks vir die volgende paar weke.

As ons bietjie gaan kyk na die geskiedenis van die mensdom van die skepping tot en met waar ons nou is daar daar iets wat ‘n mens opval in die manier hoe God homself geopenbaar het en hoe mense Hom beleef het.

Die eerste tydperk wat ons in die Bybel sien in die O.T. was God se primêre openbaring deur die skepping en deur sy volk die Israeliete of die Jode.

In daardie tyd was daar verskeie beloftes van ‘n tweede persoon in die Godheid wat sou kom, ‘n redder of Messias wat sou sterf en weer opstaan.

 

Met die tweede tydperk wat aangebreek het met die koms van Jesus Christus was die groot vraag of hulle Hom sou erken as Seun van God en tweede persoon in die Godheid?

Terwyl Jesus se werk op aarde tot ‘n einde gekom het, hy gesterf het, opgestaan het was daar die belofte daar nog ‘n derde openbaring van God sou kom.

Sy Gees wat op aarde sou wees nadat Jesus opgevaar het hemel toe en weer saam die Vader is.

Voor Christus … het die Vader wat kenmerkend werk.  Tydens Jesus se lewe op aarde die Seun wat primêr werk.  En dan sedert Jesus se hemelvaart, die Heilige Gees wat hoofsaaklik werk.

Ons kan onsself ongelooflik gelukkig ag dat ons in ‘n tyd leef wanneer ons die volheid van God soos geopenbaar is in al die persone Vader, Seun en Heilige Gees kan ervaar.

Maar vir baie mense is daar ‘n groot begrip rondom die Vader en die Seun maar ‘n stuk misterie en selfs ‘n weerstand as dit kom by die persoon en die werk van die Heilige Gees.

Dit is soms te verstane, ons as gemeente is ook baie sensitief vir die baie vreemde dinge wat gebeur in die Pinkster of Charismatiese kerk en wat dan toegeskryf word aan die werk van die Heilige Gees.

Maar tog is daar die egte, die werklike ervaring en werking van die Heilige Gees.

En ek wil elkeen verseker dat ons nie dinge by ons sal doen wat enigiemand sal laat skrik of laat ongemaklik laat nie.

 

Wie is die Heilige Gees?

Volgens ‘n studie van die Barna groep in Amerika glo 61% Christen gelowiges dat die Heilige Gees ‘n onpersoonlike krag of simbool is van God se teenwoordigheid en nie ‘n persoon of ‘n lewende entiteit van die drie-eenheid nie.

Dit is nie soos ons dit in die N.T. sien nie en is ook nie die belofte wat Jesus gemaak het voordat Hy weg is na Sy Vader toe nie.

 

  1. Die Heilige Gees is ‘n Persoon.

Dit kan ons duidelik sien in Jesus se woorde en beloftes in Joh. 14-16. (14:26; 15:26; 16:7)

Joh. 14:16-17    “En Ek sal die Vader vra en Hy sal vir julle ’n ander Raadgewer stuur om vir altyd by julle te wees; dit is die Gees van die waarheid.”  NLV

Griekse woord: Paraklete> Comforter, Encourager, Counselor.

Wanneer Jesus hom Raadgewer of Counselor noem hanteer hy die H.G. as ‘n persoon en nie ‘n krag nie.

“Hy sal vir julle ’n ander Raadgewer stuur…”  beteken “‘n raadgewer soos Ek.”

 

Net so paar verse verder sien ons Jesus sê:

Joh. 14:25-26    “Ek sê dit nou al lank vir julle, terwyl Ek nog by julle is; en wanneer die Raadgewer, die Heilige Gees, kom wat die Vader in my Naam sal stuur, sal Hy julle in alle opsigte onderrig en julle ook herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.”  NLV

Hy sal kom… m.a.w. Hy is nie Jesus nie.  Hy is ‘n raadgewer of leermeester in eie reg soos Jesus was.

 

Joh. 15:26          “Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig.” 53

Joh. 16:13-14    “Wanneer Hy ook al kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle begelei in die volle waarheid. Hy sal nie uit Homself praat nie, maar net sê wat Hy hoor. Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle meedeel. Hy sal My verheerlik omdat Hy dit wat Hy van My sal ontvang, aan julle sal meedeel.” NLV

Die Heilige Gees is nie ‘n krag of ‘n invloed nie maar ‘n persoon in eie reg wat hoor soos Jesus wat die wil van die Vader is en ons leer wat die Vader se wil is.

Dit sal ‘n reuse verskil in jou lewe maak indien jy glo dat Hy in jou woon, jou lei in waarheid en nie ‘n onpersoonlike krag van ‘n veraf God nie.

Dit is vir my hartseer wanneer die kerk die Heilige Gees verminder tot ‘n enkele gawe of ‘n paar sigbare gawes en Hom nie sien as die ontsaglike belofte van ‘n persoon wat in ons woon wanneer ons Christus aanvaar het nie.

 

Indien jy ‘n tweede waarheid tot die eerste waarheid voeg dan word die eerste waarheid selfs meer kragtig in ons lewe.

  1. Die Heilige Gees is ook God.

Die persoon wat in ons woon, ons lei en ons reinig of heilig is niemand anders as God self nie.  Dit is God wat deur sy Gees in ons woon.

Rom. 8:9   “Julle word beheer deur die Gees omdat die Gees van God in julle woon.” nl

Die Heilige Gees is deel van die Drie-eenheid.  Hy is God.

Ons sien reeds in Genesis 1 dat Hy deel van die Godheid was.

Gen. 1:2    “Die Gees van God het oor die oppervlakte van die water gesweef.”  NLV

 

So, kan jy dit indink – Dieselfde Gees wat daar was toe God ‘n Woord gespreek het en dinge is geskep.  Sterre, planete, sonnestelsels.  Hy woon in jou.

Kan jy jou indink – dieselfde Gees wat Jesus uit die dood opgewek het – Hy woon vandag nog in jou.  Dit gaan my klein verstand te bowe.  Dit is misterie en moeilik om te verstaan maar die bewyse en die getuienis daarvan is oorweldigend in mense se lewens.

So ver terug soos die ewigheid het God die Vader liefde en eenheid geopenbaar tussen Hom en Jesus en die Heilige Gees wat ook ‘n persoon in die Drie-eenheid is.

 

Verlede week het ek die film “Risen” gaan kyk wat gaan oor ‘n soldaat wat gelewe het net nadat Jesus gekruisig is en in die graf gesit is.  (Ek kan dit werklik aanbeveel.)

Wat my opval in die film wat ‘n goeie vertolking is van die gebeure net na Jesus se kruisiging is die onsekerheid en die tekort aan leiding wat daar geheers het.

Dit was ‘n kwesbare tydperk – almal het gedink Jesus is vir ewig dood, die beloftes wat Hy gemaak het was weg.  Hulle het basies uit vrees weggekruip vir die Romeine.

 

En toe kom die opgestane Jesus en verskyn aan hulle.

Hy begin hulle vertel dat Hy nie meer vir lank by hulle gaan wees nie.

Maar Hy sê dat Hy hulle nie as weeskinders gaan agter los nie.

Joh. 14:18          “Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.”

Joh. 14:16          “Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ’n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees…”  AFR83

 

En toe kom die Heilige Gees.  En deur die Heilige Gees het daardie groepie bang dissipels nie net moed gekry nie maar hulle het letterlik die wêreld omgekeer met hulle liefde en hulle getuienis van Jesus.

Sonder die Heilige Gees kan die kerk nie bestaan of werk nie.

Ons kan rade hê, preke preek, programme en bedieninge hê, maar as die Heilige Gees nie dit lewendig maak en kragtig maak nie, dan is dit net ‘n klub of speel ons godsdienstige speletjies.

Die kerk kan nie sonder die Heilige Gees funksioneer nie.

 

In jou persoonlike lewe kan jy nie sonder die Heilige Gees lewe nie.

Jy kan stiltetyd hê.  Jy kan ‘n teoloog wees en die Bybel goed ken.

Jy kan verse memoriseer en baie gee vir die Here se werk.

Maar as die inwonende Heilige Gees nie deel daarvan is nie dan is dit leeg en dood.

Hy wil deel van jou lewe wees.  Hy wil jou bemoedig, jou leiding gee, jou raad gee, jou krag gee, jou helper wees as jy hulp nodig het.

Nooi Hom in, raak bewus van Hom in jou lewe, wees bewus dat Hy ‘n persoon is met gevoelens en ‘n wil net soos enige van ons alhoewel jy Hom nie kan sien nie.