Impetus Fees

Goeie more vriende.

Vandag is so ‘’n special dag en ons hele familie is hier saam in die diens. Ma’s, Pa’s, ooms, tannies, kinders, tieners ouma en oupa, asook nuwe familielede en ek glo toekomstige familielede.

Vandag gaan ons Feesvier. Wie hou van Party ok wag wie hou nie van party nie. Ons almal love feesvier. Het julle geweet om fees te vier is ‘’n geestelike dissipline.

Nou gewoonlik wanneer ons gesels of dink oor geestelike dissiplines dan dink ons bid, Bybel lees, kerk bywoon, stil word, vas, vrygewig te wees in tiende en bou projek maar John Ortberg skryf in sy boek The life you always wanted dat “celebration” of feesvier ook ‘’n baie groot dissipline is.

Die groot rede van geestelike dissiplines is om ons oop te stel dat God ons kan verander en nuut maak.  Ortberg sê viering is van die grootste vernuwende dissiplines waarin ons toelaat dat die Here ons vernuwe!

Ps. 23 het eintlik twee beelde. Dit begin: Die Here is my herder beeld waar hy my beskerm en na plekke van rus neem maar die tweede beeld is meer die Here is my gasheer Hy kom en nooi ons om by die tafel te sit waar hy ons kan bedien en salf met olie en ons beker laat oorloop.

Die Bybel is vol van feeste die amper asof die Volk Israel soos 7de Laan was hulle het redes gesoek om fees te vier na elke episode.

Die rede vir al die feeste was vir Israel ingestel het om hulle te herinner aan God se groot reddingsdade. Hulle feeste moes die normale lewe en roetine stop sodat hulle kan onthou.

Van die Groot feeste was:

Die Fees van Ongesuurde Brode vier Israel sy verlossing uit Egipte

Die Fees van Tabernakels vier die oes en oesjaar (Deut.16:13).

Met die Fees van Basuine in die sewende maand word die Sabbatsjaar ingewy (Lev. 23:23).

Die Fees van Eerstelinge vier die eerste opbrengs van die oes (Lev. 23:09 ev).

En is dit nie ook hoekom ons nog Verjaarsdae vier nie sodat ons op daai dag iemand kan celebrate en onthou, hoekom ons Kersfees vier om te onthou Jesus se geboorte, Paasfees om te onthou Jesus gekruisig maar ook dat hy opgestaan het en oorwin het asook begrafnisse is eintlik ‘’n celebration van ‘’n lewe wat geleef is en daai persoon te onthou.

Waar doen Jesus sy eerste wonderwerk by ’n troue lees ons in Joh. 2, ons sien soveel kere dat Jesus nie ’n geleentheid laat verbygaan, om saam iemand te eet nie, ek dink aan Saggeüs in Matt. 19 wat doen Jesus hy gaan eet en oor daai ete verander ‘’n lewe, Matteus word geroep in Matt. 9 en die eerste ding wat Matteus doen, in vers 10 is Matteus het toe ’n groot ete aangebied en, werklikwaar, baie van sy mede tollenaars en ander berugte sondaars het gekom en die tafel met Jesus en sy dissipels gedeel.

Wat doen Jesus net voor hy gekruisig word hy eet ’n laaste keer saam met sy Dissipels. Stel die nagmaal in en elke keer as ons nagmaal gebruik is ons besig om Fees te vier en te onthou.

Dit is geen wonder dat as Jesus se opponente iets soek om Hom mee te beskuldig, sê hulle hy is hy ‘n vraat en ‘n wynsuiper nie! (Matt. 11:18).

Fees en eet was ook groot in Jesus se bediening, asook in die eerste kerk.

Van huis tot huis het hulle koningskos geëet deur saam brood te breek (Handelinge 2:46-47). Lukas vertel vir ons hulle het dit in eenvoud en opregtheid gedoen. Die manier hoe die eerste Christene saam feesgevier het, het hulle geloof magneties en aantreklik gemaak. Hulle getuienis was geleë in die maniere hoe hulle vreugdevol saam met die Here en mekaar gekuier en geleef het.

Ek glo vir die selfde rede as waarvoor die groot feeste ingestel is, want in hierdie tye wanneer Jesus of die eerste kerk of ons vandag saam kuier en eet gebeur verhoudings. Dis waar die lewe en roetiene stop en ons mekaar kan vier.

En dis wie Impetus is ‘n gemeente van verhouding en daarom wil ons meer en meer feesvier. (Ek dink ook van nou af gaan ons nie praat van feesvier nie nee dit gaan bekend staan as ons gaan fees klink dit nie lekker nie wat gaan ons die Sondag doen ons gaan FEES lekker ne.)

Dit is die rede hoekom ons voor elke groot veldtog soos Ons bou, Leef vry, Hoop wat groei en groei altyd ‘n aand het wat ons almal na nooi sodat ons kan Fees en dit saam afskop en dit is ook daar waar ons vriende na toe nooi en hulle so die gemeente kan beleef.

Dis hoekom ons koffie drink na die tyd want daar is ‘n mini fees tyd waar verhouding gebeur.

Dis hoekom dit belangrik is vir gesinne om om die tafel te sit en eet, sodat ons saam kan eet, stop en in verhouding met mekaar saam kan groei. 

Die rede dat ons Fees vandag is want dit is Impetus en “that is how we roll”, en vandag wil ons stilstaan om dieper verhoudings te kweek asook onthou en bly wees oor alles wat gebeur het en gebeur.

Volgende Sondag is Impetus se 15de verjaarsdag en ons wil dit vandag celebrate en God celebrate dat hy ons 15 jaar lank so seën en bly wees vir ons familie hier in Impetus.

Ons fees ook vanoggend om die Hoop reeks af te sluit en te onthou waar ons hoop vind en wie ons hoop is.

Ons fees ook vandag die ons bou elke druppel tel projek.

Die gras is geplant en sypaadjie is klaar. Ons heining is op en ons het die week gehoor dat die maatskappy wat dit gedoen het ons ‘’n verdere R17000 afslag gegee het op hulle prys wat oorspronklik baie afslag bevat het.

Ons is ook baie opgewonde want ons het die week die tender vir die basement en fondasies toegestaan aan Junoscan Johan Barnard hulle in ons eie gemeente. Hulle begin in die volgende week daarmee en dan as alles volgens plan verloop sal ons in Januarie die staal konstruksie opsit.

 

Ek wil julle ook attent maak daarop dat julle die inkomste en uitgawes van die projek asook van die gemeente kan volg in die naweek bulletin.

 

Vriende en die ouderlinge het ook gevra hulle wil iets sê in die fees diens wil ek die geleentheid gebruik almal uit te nooi kom fees na die tyd saam met ons sodat ons saam as familie en vriende dieper kan groei in verhoudings en van Braam en Vanessa en Julian en Juan Pierre, Eugene en Annatjie en Maneesha en Dillion asook van my Chantal en Durandt wil ons julle ons familie celebrate vir al die ondersteuning en liefde en dat julle saam met ons die ongelooflike reis meemaak en Impetus so lekker gemeente maak.