Ligdraers – leef entoesiasties
[powerpress]
Goeie more vriende,
Ek wil vandag gesels oor die geestelike kant van entoesiasme. Ek glo daar is 2 soorte mense in die wêreld. Die wat toe laat dat hulle omgewing hulle entoesiasme bepaal tot die lewe. En dan is daar die mense wie se entoesiasme hulle omgewing bepaal en verander.
Hoor wat sê 1 Korintiërs 15:57-58 en ek lees dit uit die New living translation.
57 But thank God! He gives us victory over sin and death through our Lord Jesus Christ.
Vriende mag ons nooit solank op die christelike pad wees dat ons vergeet om dankbaar te wees oor wat Jesus aan die kruis vir my en jou gedoen het nie.
En dan gaan hy verder en sê:
58 So, my dear brothers and sisters, be strong and immovable. Always work enthusiastically for the Lord, for you know that nothing you do for the Lord is ever useless. 1 Cor 15:57-58 NLT
Jo, Jo, Jo, dis rof huh? Always nie soms nie, nie as jy voel jou baas is regverdig nie, nie as jy lus is nie, nie net as jy waardeer word of voel jy word waardeer of maak ’n verskil by die skool of kerk of waar jy volunteer nie. Always work enthusiastically hoekom want ons weet niks wat ons doen vir wie, vir God is useless nie.
So as ek volunteer of betaal word, as man of pa alles wat ek doen, moet ek entoesiasties doen vir die Here. Met passie doen vir die Here moet ek my beste gee vir die Here want dis nie net useless nie, maar nog ’n rede is ook want Hy het sy beste vir ons gegee in Jesus wat vir ons oorwinning gegee het.
Nou as ons dalk wou dink ja maar dis net een vers, hoe ernstig was Paulus toe hy dit gesê het. Lees saam met my:
Kolossense 3:23 Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie.
Vriende ek en jy is geroep om Heilig te wees om anders te wees of sal ek dit beter sê ons is geroep om ligdraers te wees veral in tye soos nou.
Vandag wil ek gesels vanuit die lewe van David. En in David se lewe is daar 2 seisoen waarna ons gaan kyk. David as kind en David as koning.
Nou as jy dalk nie heeltemal op datum is nie. David is ’n seun wat skape oppas maar ook as koning gesalf. David se pas stuur hom om vir sy broers kos te vat want die Filistyne het oorlog verklaar teen Israel en nou is daar hierdie kyk wat gebeur wat gaan gebeur.
Israel aan die een kant en Filistyne aan die ander kant van valei. Elke dag kom Goliat ’n reus uit en sê stuur iemand om met my te fight en die winner takes it all. Hy sê dan ook slegte goed oor Israel en God. David kom en hoor dit en dan sê hy tot hier toe en nie vêrder nie en hy besluit hy gaan Goliat aanvat. Klomp goed gebeur dan nog behind te scense en jy is welkom om dit te lees in 1 Samuel 17. Maar ons sluit aan by David as hy uitstap en met Goliat chat.
Leef jou in daai oomblik in sien dit afspeel.
1 Samuel 17:45-46 Maar Dawid skree terug: “Jy kom na my toe met ’n swaard en ’n spies en ’n swaard, maar ek kom na jou toe in die Naam van die Here, die Almagtige, die God van die magte van Israel wat jy staan en beledig. 46Vandag gee die Here jou oor in my mag. Ek sal jou doodmaak, jou kop afkap, en die lyke van die Filistynse leër vir die roofvoëls van die hemel en die wilde diere van die aarde gee.
Almal van Israel is bang maar David is ek gaan jou nie net doodmaak nie, ek gaan jou morsdood maak ek gaan jou kop afkap.
Waar kom David se entoesiasme vandaan?
Ek glo dit kom van 3 daaglikse dissiplines af.
- Hy het God daagliks vertrou. Bere of leeus verjaag terwyl hy skape oppas.
- Hy het daagliks met God tyd bestee. Ps23 Die Here is my herder
- Hy het daagliks God aanbid deur te sing en musiek te speel op sy harp.
Vriende wanneer ek en jy daagliks God vertrou, tyd met hom spandeer en hom aanbid dan raak ons vol van God.
48 Die Filistyn het al nader gekom, maar Dawid het hom vinnig tegemoetgegaan. 49 Hy steek sy hand in sy slingersak, vat ’n klip daaruit, gooi dit met sy slingervel en tref die voorkop van die Filistyn. Die klip het in sy kop ingedring en hy het met sy gesig vooroor op die grond geval. 51 Toe hardloop Dawid, trek die Filistyn se swaard uit die skede en kap sy kop daarmee af.
Dis David as kind.
Lees saam met my uit 2 Samuel 11:1-2
1Die volgende lente, die tyd waarin die konings gewoonlik gaan veg, het Dawid vir Joab en sy manskappe, asook die hele leër van Israel gestuur. Hulle het die Ammoniete verslaan en Rabba gaan beleër. Dawid het in Jerusalem agtergebly. 2 Een namiddag, nadat hy gerus het, het Dawid opgestaan en op die dak van die paleis rondgeloop. Van die dak af sien hy ’n besonder mooi vrou wat besig was om te bad.
David moes op die oorlog veld wees, maar hy stuur Joab en sy manne. Hy bly terug by die paleis. En dan omdat hy nie is waar hy moet wees nie maak hy droog.
As kid hardloop David met entoesiasme nader na die reus.
As koning loop David doelloos op die dak van die paleis rond terwyl hy eintlik in oorlog moet wees.
Nou hoe het David, en hoe verloor ons baie keer daai entoesiasme daai vuur.
Ek vermoed David het begin om sy oë te plaas op sy gemak en het sy oë afgehaal vanaf God en dit waarvoor hy geroep is.
Vriende waar is ek en jy vanoggend? Is ons nog so entoesiasties oor dit wat Jesus vir my en jou gedoen het? Het ek en jy dalk ook ons oë afgehaal van die rede hoekom God ons dalk op sekere plek geplaas het? Het ek en jy dalk ons oë afgehaal van God af en is ons nou meer gefokus op ons gemak en wat ons wil hê en hoe ons dit wil hê en ook wanneer ons dit wil hê.
Hardloop ons nog in die oorlog in vriende? Werk ons nog vir God of werk ons nou vir mense of dalk vir ons selfs, doen ek en jy nog ons beste omdat ons dit vir Hom doen of doen ons net die nodige want dis wat almal doen. Vertrou ek en jy nog dat al voel dit vir ons dis hopeloos. AL voel ons land se plotiek hopeloos en ek kan nie verskil maak nie hou ons aan ons beste gee, hou ons aan bid, of as die goed met die #feesmustfall kom en ons spoed breek hou ons aan bid en vertrou. Jy is dalk nie in die werk wat jy gedink het jy in sou wees nie of op die plek waar jy wou wees op die stadium van jou lewe nie en jy wil negatief raak. Jou baas is ’n draak en onredelik, of jou huwelik voel gebroke en niks wat jy doen, is ooit goed genoeg nie, of dalk is jou kinders is vêr van God af en ver van jou af.
Kan ons nog meer real wees jy voel dalk vêr van God af. Jy hoor ons praat van dankbaarheid maar op die stadium voel jy daar is niks om voor te lewe wat nog dankbaar voor te wees nie en al wat jy wil doen is opgee. Jy voel leeg, negatief, alleen en dalk is jou sondes heeltyd in jou gedagtes heeltyd op jou rug.
Kan jy dalk relate met wat ek nou sê? Vriende dan is dit tyd vanoggend dat ons soos David kom in Psalm 51.
Nadat die profeet vir David kom sê het die Here weet wat hy gedoen het met Batseba dan kom David en raak opreg en breek stukkend voor die Here. Hy het berou en vra vergifnis maar dan ook kom hy in vers 10 – 12
Psalm 51:10-12 Gee my tog weer blydskap en vreugde; U het my stukkend gebreek,
laat my weer vol vreugde wees. 11 Moenie let op my sondes nie, en wis al my oortredings uit. 12 Skep vir my ’n rein hart, o God. Gee my ’n nuwe, standvastige gees.
En hierdie hele week terwyl ek gewerk het aan die preek en toe ons gesels het op kantoor oor die diens was daar net die gevoel dat vanoggend dit tyd is dat ons weer eerlik opreg voor God raak nie.
Vriende is dit nie dalk tyd om voor hom te breek en te erken Here my entoesiasme het verdwyn Here ek leef vir my gemak en myself. Dalk is dit vanoggend tyd dat jy kom en eienaarskap vat vir jou verkeerde optredes en foute die Bybel noem dit sondes en weer God vra om jou sondes en oortredings uit te wis. Dalk sit jy hier en jy het nog nooit oorgegee nie, maar die gees is besig om met jou te werk en jy voel dis tyd om jou lewe oor te gee al die seer al die pyn al die beheer want jy kan dit nie op jou eie meer doen nie en jy het nodig dat God jou siel moet red.
Mag ek vra vriende terwyl ons nou die volgende lied sing wil jy nie net daar waar jy is met God gesels nie. Wees net eerlik met hom sê hom hoe jy voel, erken jou skuld aan hom en nooi hom in. Vra hom om jou oortredings te verwyder. Bid dalk soos David vanoggend en vra God om jou weer ’n rein hart te gee en ’n nuwe standvastige gees te gee.
Seen gemeente: Vriende kom ons Vertrou God daagliks, kom ons spandeer tyd met God daagliks, en kom ons aanbid God daagliks sodat ek en jy Ligdraers kan wees in ’n negatiewe wêreld deur entoesiasties te leef vanuit God se krag en genade.