Move – Week 6: Angstig na vrede

[powerpress]

Skriflesing: Filipense 4:4-9 (NAV)

scream-2

Nou daar is hierdie skildery deur Edvard Munch wat genoem word the scream nou ek is geen art critic of expert nie, maar die ding is nie mooi nie. En eerlikwaar ek soek nie dit in my huis nie, ’n vriend sê hy dink as jy die ding in jou huis hang sal die son seker sak. Maar nie te min hierdie skildery is op 2 Mei 2012 verkoop vir $120 000 000 verkoop nou hoop nie ek trek ’n Zumatjie op myself nie, maar dit is R1 727 814 000.

Maar kyk daarna, ek wonder hoekom is dit so waardevol, dis ’n sad prentjie, die gesig is vol vrees en angs dis asof alles wobbly is. Die storie agter die skildery of die inspirasie daaragter is, Edvard en 2 vriende het gaan stap en op ’n oomblik het daar van albei kante af hierdie oor verdowende geluide van pyn en seer gekom geluide van histerie en angs en dit was so hart en intens vol van emosie dat Edvard dit nie kon hou nie en hy sy ore moes toe druk om te probeer oorleef in daai geluide en te probeer om die geluide uit te blok. Aan die een kant van die straat was ’n psigiatriese hospitaal waar sy eie sussie ’n pasiënt was en aan die ander kant ’n entjie weg was ’n abattoir.

Nou ons kan kyk en baie krities wees oor die skildery maar soms in ons lewens gebeur die lewe en raak dinge donker. Soms gebeur daar goed en jy voel ek wil nie meer van die goed in my lewe hê nie. Ek wil hê dit moet end kry.

Nou Angs kom na ons toe in verkillende vorme. Slegte nuus óp ongeleë tyd. Al ooit agtergekom dat dat slegte goed of nuus nooit op goeie tyd kom nie.

Verhoudings wat gebroke is, of finasiele druk, oorvol skedule, ons kinders of vir die jonger generasie ons ouers, die skool en verwagtinge, politiek en realiteit van ’n stukkende wêreld wat ons inleef.

En dan as ons dit hoor verstaan ons hoekom Jesus kom en sê dat Hy vrede laat ek vir julle. Ons wêreld is honger na vrede en vriende as ons eerlik is ons is honger na vrede.

Wat maak jou intens beangs?

En wat is die angs besig om te doen aan my en jou lewens, ons gesinne, ons kinders en voorbeeld wat ons stel, ons gesondheid, ons verhouding met God, onsself en mekaar, die keuses wat ons maak, ons drome en waagmoed.

Gelukkig is angs nie vreemd vir die Bybel nie. Die Bybel ken angs. Lees Psalms daar is so plekke wat oor angs gepraat word.

Hoor wat skryf die Psalmdigter:

Psalm 55:2-6

2 Luister na my gebed, o God. Moenie my smeekbede ignoreer nie! 3 Luister, asseblief, en antwoord my, want my moeilikhede gee my nie rus nie. Ek is ontsteld 4 oor die dreiging van my vyande, oor die druk van die goddeloses. Hulle bring ellende oor my, en kweek vyandskap in hulle toorn. 5 My hart pyn binne-in my. Die angs van die dood kom oor my. 6Vrees en bewing oorweldig my. Ek kan nie ophou bewe nie.

Paulus kom in 1 Kor. 2:3 Ek het na julle gekom in swakheid – angstig en vol huiwering.

Die ou wat die meeste van die Nuwe Testament geskryf het die grootste werk gedoen het om die kerk en die goeie boodskap te verkondig en te vestig. Swakheid en angs geken.

Selfs Jesus in die tuin net voor Hy uitgelewer gaan word en die ergste week gaan plaasvind van sy lewe lees ons Jesus kom en daar is hierdie pause oomblik. Johan Smit sê dit so mooi hy sê Jesus se hele lewe en bediening sien ons Hy is gefokus en weet wat om te doen en doen dit sonder huiwer behalwe in die tuin is daar hierdie pause oomblik hierdie huiwering.

Markus14:33-36

Daarop neem Hy Petrus en Jakobus en Johannes saam met Hom. Toe pak ’n geweldige ontsteltenis en benoudheid Hom 34en Hy sê vir hulle: “Ek is benoud tot sterwens toe! Bly hier en waak!” 35Hy het toe ’n entjie verder gegaan en op die grond neergeval en gebid dat, as dit moontlik was, die verskriklike uur wat aan die kom was, by Hom sou verbygaan. 36“Abba”– dit beteken Vader – het Hy gebid, “vir U is alles moontlik. Neem tog hierdie beker van lyding van My weg. Maar doen nogtans nie wat Ék wil nie, maar wat Ú wil.”

Nou hoe hanteer ek en jy angs? hoe kan ons vrees hanteer? Want deur net te sê ek gaan nie meer bang wees nie ek gaan nie angs he nie werk nie en ek weet want ek het al probeer.

Gelukkig kry ons hierdie great praktiese voorbeeld in Filippense 4: 6-9 en dis ook ons vers vir die week. En Paulus kom en nooi ons om te move. Ons moet move van angs na vrede.

“Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.” Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig. En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.

In hierdie verse kry ons ’n paar idees oor hoe ons kan werk met angs of besorgdheid. Ek wil graag 2 gedagtes by julle los.

  1. Ons moet luister na ons besorgdhede of angstigheid.

Nou kom ons wees eerlik nie alle besorgdhede is verkeerd nie nè. Hulle sê jy kry gesonde besorgdhede en ongesonde.

Paulus is besorg oor die gemeentes. Dis gesond. Dis eksamen tyd en dis belangrik om besorg te wees want dit help ons om te swot vir die eksamen anders sal ons dit nie maak nie. Daai deadline by die werk. Keer jou om stupid besluite te maak en help jou om te leer vanuit die verlede.

Die natuur is daar in diere ’n redelike rol van besorgdheid. Die dassies by Mosselbaai punt hulle kyk baie keer op nie af nie, want hulle wil seker maak iets gaan hulle nie kom vang nie.

’n Bok gaan nie ’n groep leeu wyfies sien en dink ag ek gaan nie meer besorg wees nie ek gaan nie worry nie, daar is lekker grassies by hulle en gaan tussen hulle eet want dit gaan daai baok se 2de laaste gedagte wees sy laaste een gaan wees oeps.

Wanneer ek en jy luister na ons besorgdheid dan kan ek en jy sif tussen goeie besorgdheid en slegte of ongesonde besorgdheid.

Paulus praat hier en sê die teenoorgestelde van vrede is besorgdheid maar die ongesonde soort.

So vrede is by ons as die besorgdheid afwesig is maar ook as daar iets anders teenwoordig is.

En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.”

Vrede is in die teenwoordigheid van God self.

Meeste selfhelp boeke praat oor as jy angs wil oorkom hou op dink aan dinge wat bekommer. Meeste van die goed gaan anyway nie gebeur nie, maar Bybel sê daar is ’n teenmiddel vir die siekte van angs en bekommernis wat nog groter is as dit.

“Vrede is nie die afwesigheid van probleme nie, maar die teenwoordigheid van Christus”

Die teenwoordigheid van God self.”

Christen vrede is nie negatiewe denke te onderdruk nie.  Jy kry Gees van God in jou lewe wat jou deur daardie dinge help.

Ons almal het al gesien hoe iemand gruwelikste dinge deurmaak en vrede daarin het – wonder jy hoe? Hoe voel beskerm, wete alles gaan reg wees.

Illustasie: soos rots branders spoel oor rots. Branders trek terug en rots bly daar. Ons is soos rots wat bly staan ten spyte van die lewe se branders.

  1. Hoe word my hart en denke vrugbare grond waarin vrede kan groei? Hoe maak ek die move?

Die gedeelte praat van 2 aksies.

Gebed en danksegging: maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. Iemand het eenkeer gesê if you want energy be thankful because thankfulness produces energy, ungratefulness saps energy.

Vriende ons kom gereeld na God toe om hom te vra vir goed en te kla by hom en dis fine maar Paulus kom en sê ons moet ook dankbaar wees in daai oomblik. Wees dankbaar dat God saam met jou is in daai oomblik, wees dankbaar dat Hy verstaan en dat hy jou ook deur sal bring. Ons sien die psalms deur hoe die skrywers kom en dood eerlik is met waar hulle is in hulle realiteit en hoe hulle voel, maar dan kom hulle en verklaar wat hulle glo of wat hulle weet en wat hulle voor dankbaar is.

En dan ons denke: Vriende hoeveel van julle kan vanoggend relate met wat ek nou gaan sê. Die storie wat ek in my kop my vertel van ‘n situasie of van wat mense van my dink saam met wie ek werk of vir wie ek werk of saam met wie ek die lewe doen is meeste van die tyd baie ver van realiteit. Ek hoor ‘n stukkie waarheid en dan begin ek hardloop en dink en bepeins dit en top oor dit. Ek berei my self voor vir al die verskillende scenarios. Die probleem is reageer baie keer van uit daai storie wat ek my self vertel en nie van uit realiteit nie. Ek raak angstig en negatief oor die lewe baie keer a.g.v. my weergawe van die storie. Ek raak kwaad en teleurgesteld in God en mense a.g.v. van my stories in my kop, ek maak verkeerde besluite a.g.v. my stories in my kop.

Ek dink baie keer die vyand kom en los net so halwe storie in ons gedagtes en dan loop hy want hy weet ek en jy sal sy werk vir hom doen in ons gedagtes. Daarom kom Paulus en hy is soos:

Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle, julle gedagtes rig.

Een kommentaar oor hierdie gedeelte sê dat wanneer Paulus hierdie woorde gebruik (waarop ons denke moet fokus) praat hy van leerstellings. Hy praat van dit wat ons van God weet.

Dis asof hy sê – Daar is ‘n God en hy wil saam met ons leef. MAW – Maak jouself bewus van wat jy glo.

Vriende vanoggend gaan ons nagmaal gebruik en terwyl ons vandag nagmaal gebruik wil ek jou aanmoedig om by God stil te kom sit en net vir oomblik hierdie 2 Aksies te beoefen.

Paulus herinner ons aan wat Jesus gesê het in 1 Korintiërs 11:24-26

Hy het die brood gevat en vir God daarvoor dankie gesê. Hy breek die groot stuk brood toe in kleiner stukke en deel dit uit. Terwyl Hy dit doen, sê Hy: “Dit is my liggaam wat net so gebreek word. Julle sal baie daarby baat. Elke keer as julle dit eet, moet julle dink aan wat Ek alles vir julle gedoen het.” 25Toe hulle amper klaar geëet het, vat Jesus die groot beker waarin die wyn gehou is. Toe sê Hy: “Die wyn in hierdie beker staan vir die nuwe ooreenkoms wat God met julle gemaak het omdat my bloed vir julle gevloei het. Drink die wyn en elke keer as julle dit drink, onthou dan wat Ek vir julle gedoen het.”

Vriende daar waar jy sit vanoggend praat eerlik met die Here en sê vir hom waar jy is in jou realiteit en hoe jy voel maar kom dan ook soos die Psalmdigter en wees ook dankbaar dat jy nie alleen is nie wees dankbaar in jou realiteit teen ook God dat hy daar is en verstaan en jou daardeur gaan help.

Kom ons begin ook om ons gedagte vol te maak oor wat ons glo oor hom. Die gedeelte sê onthou wat ek vir julle gedoen het, kom ons onthou vandag die kruis, kom ons onthou vandag dat hy opgestaan het en die dood oorwin het, kom ons onthou vandag dat Hy gesê het hy is by ons tot aan die einde en dat ek en jy deur genade sy kinders is, kom ons onthou vandag dat ons kan MOVE van stukkend na heel, van oor geskeduleerd na geskeduleerd, van oorweldig na in beheer, van alleen na connected, van verdwaal na gevind en so kan ons ook vandag beweeg deur sy krag van angstig na vrede.

Hou julle sap en broodjie en dan gaan ons as gemeente dit saam gebruik maar gebruik nou die tyd en connect met God.

MOVE – Week 5: Verdwaal na Gevind

[powerpress]

Hoe maklik is dit nie om die foute en tekortkominge van ander raak te sien nie en hoe moeilik sien ons ons eie foute raak?

Ons dink baie oor ander – meeste van die tyd nie hoe ons hulle kan help nie maar eerder hoe ons vaar teenoor hulle.

Vanoggend is ons 5de boodskap van ons reeks MOVE.

Ons gesels vandag van verdwaal na gevind.

Die nommer een aantuiging van hulle wat nie kerk toe gaan of kerkloos is teen gelowiges vandag is dat hulle… oordeel.  Hulle judge.

Daarteenoor sien ons Jesus se lewe was vol van genade.

Genade is basies die teenoorgestelde van veroordeling.

 

Iets was merkwaardig van Jesus vir die mense wat met Hom te doen gehad het.  I.p.v. dat Hy soos die ander kerkleiers van Sy tyd die grense baie hard en duidelik maak wie in God se koninkryk is en wie uit is het Hy baie tyd gespandeer met hulle wat as “outsiders” beskou was deur die vroom kerkmense van Sy tyd.

 

Gelukkig vir ons werk God se koninkryk nie op die beginsel van regverdigheid nie.

Anders sou ek en jy nie hier gewees het vandag nie.

Jesus was ‘n agent van genade.  Hy het gekom sodat mense God se genade en liefde kon sien.  Hy het nie net gepraat daaroor nie, hy het dit ook gedemonstreer met sy lewe.

Regverdig beteken ons kry wat ons verdien.

Is dit wat Jesus verkondig het?  Nee, Hy het konstant gepraat met “outsiders” en hulle vertel dat hy gekom het om hulle uit te nooi na God se koninkryk toe.

 

Tot groot onsteltenes van die kerkmense van Jesus se tyd (Fariseers en skifgeleerdes) het Jesus heel dikwels by tollenaars en sondaars gestop en selfs gaan eet.

Hy het die sondaars van sy tyd so lief gehad dat sy boodskap vir hulle baie eenvoudig was:  wat was dit?  Jesus se boodskap van genade:

  1. Almal is welkom.
  2. Almal kan inkom op dieselfde manier.
  3. Almal kan die vereistes nakom.

En vandag is hierdie boodskap of die goeie nuus nog steeds dieselfde.

As ek hierdie boodskap van God se genade snap dan verander dit absoluut alles in my lewe.  Nie net is ek goed genoeg vir God nie.  Hy maak my een van Sy kinders.

It was Christ’s death on the cross that makes the kingdom of God available to you and me. Is that fair? No. It’s far better than fair.  It’s grace!

En dan vra Hy my om hierdie goeie nuus of boodskap van genade ook met ander te deel.

Hy vra my om ook ‘n agent van Sy genade te wees.

 

Hoekom maak ons, die kerk, dit dikwels so moeilik vir mense om hierdie genade raak te sien?  Moet ons dit nie vir hulle makliker maak om hierdie genade te sien nie?

Lukas 15:1-2      “Die tollenaars en die Sondaars het die gewoonte gehad om na Jesus te kom luister. Hierteen het die Fariseërs en skrifgeleerdes beswaar gemaak en gesê: ‘Hierdie man ontvang sondaars en eet selfs saam met hulle.’”AFR83

Die outsiders het die gewoonte gehad om te kom luister.

Nou sukkel ek so bietjie met myself en die kerk van vandag.  Waarom is dit dat die outsiders van vandag (kerkloos, kerklos) eerder alles in hulle vermoeë sal doen om die kerk en kerksmense te vermy?  En daarteenoor het hulle gereeld na Jesus gaan luister.

 

Daar is ‘n groot verskil om te praat/preek van genade en om te leef met genade.

Jesus het geleef met genade.  Almal is welkom.  Niemand is perfek nie.  Enigiets is moontlik.  Dit is een ding om dit te sê, maar ‘n heel ander ding om dit te leef.

Die kerk sal die mees aantreklikste wees vir mense wanneer die boodskap van genade mees sigbaar is in ons lewe.

Dit is hoe Jesus gelewe het.  En die regverdiges van Jesus se tyd het hom gehaat daarvoor.

 

Daar in Lukas 15 wat ons nou gelees het is die Fariseërs en skrifgeleerdes baie ontsteld oor sondaars na Jesus kom luister het.  Net voor dit het Hy ook ‘n man gesond gemaak op die sabbat.  Iets wat nooit moes gebeur het volgens die wet nie.

Dan kom Jesus en Hy beklemtoon God se hart met 3 verhale.

Die 3 verhale van Lukas 15: (Verlore Penning, Verlore skaap, Verlore seun).

  1. Elke keer was iets verlore.

Het jy geweet dat daar elke dag iemand is met wie jy in aanraking kom wat verdwaal is.

Ek en jy was ook eens op ‘n tyd soekend.  Soms is ons nog steeds soekend na iets.

Dit is nie ons wat God gevind het nie.  Dit is eerder God wat ons gevind het.

Dit is genade.  Want as Hy nie van Sy kant af iets gedoen het om jou te vind nie sou jy jou lewe lank aanhou soek het.

 

Iemand het verlede week iets gesê dat my hart geraak het.

Wat as ons ophou sê, Here ek het my hart vir U gegee.  En eerder begin vra:

“Here, gee U hart vir my.”

Want my hart is nog so baie vol veroordeling en kritiek.

My hart is selfsugtig en selfgerig en vol hardkoppigheid.

Maar as ek Sy hart kry – dan sal ek begin huil.  Nie huil omdat dinge nie gaan soos ek dit wil hê nie.  Nee, huil omdat mense dit nie sien nie.  Huil omdat iemand weggeraak het.

Huil omdat my seun nie by my is nie.  Huil omdat daar een skaap is wat weggeraak het.

 

  1. Elke keer was daar ‘n soektog.

Alles word gelos sodat dit wat verlore is gevind kan word.

Die penning moes nie ‘n beursie soek sodat hy weer gevind kon word nie.

Die skaap moes nie aanhou ronddwaal totdat hy eendag heel toevallig in die skaapwagter vasgeloop het nie.  Nee, die skaapwagter het hom gaan soek.

Die verlore Seun se pa het nie sy seun afgeskryf en aangegaan met sy lewe nie.  Nee, mens kry die idee dat hy elke dag by die venster gaan staan het en uitgekyk het, wanneer kom sy seun weer terug.

 

Jesus sê vir Sy dissipels, julle sal vissers van mense word.  Wanneer ek God se hart begin kry begin ek uitkyk vir verdwaaldes.  My eie selfsugtige bestaan word opgegee en ‘n reddingsveldtog word van stapel gestuur om hulle wat verdwaal is te vind.

Hartseer is dit dat ons as kerk baie beplanning en denke insit om die 99 gelukkig te hou en ons vergeet van die 1 wat weggeraak het of verdwaal het.

Wat kos dit ons?– Om ‘n boodskap te stuur?  Om aan te hou tot hulle weer die lig sien.

Om ‘n uitnodiging te gee, om saam te eet, om regtig om te gee.

 

  1. Elke keer is daar ‘n fees wanneer dit wat weg was gevind word.

Genade is dat maak nie saak wie jy is nie – God se arms staan oop.

Jy kan nie meer doen of minder doen om Hom tevrede te stel nie.

As ek vergeet waar ek vandaan gekom het – is ek soos die oudste broer in Lukas 15.

Luk. 15:28-29 “Die ouer broer het hom liederlik vererg en wou nie ingaan nie. Sy pa het toe uitgekom en hom gesoebat, maar hy het geantwoord: ‘Ek het al die jare hard gewerk vir Pa en nooit geweier om enigiets te doen wat Pa my gesê het om te doen nie. En in al die tyd het Pa my nie eers ’n bokkie gegee om saam met my vriende fees te vier nie.”  NLV

Wat sê die oudste broer?

Hierdie jonger broer van my verdien nie jou genade nie.

Hierdie jonger broer van my het jou teleurgestel en ek was nog altyd gehoorsaam.

 

Maar dit is nie genade nie.  Die oudste broer is vol veroordeling.

Hy is nie ‘n agent van genade nie.

Hy vergeet die nuwe reëls van van God se koninkryk:

  1. Almal is welkom.
  2. Almal kan inkom op dieselfde manier.
  3. Almal kan die vereistes nakom. Wat is die vereiste?  Glo net dat Jesus alles vir jou gedoen het.  Hou op doen en begin glo.  Die oudste seun wou nog doen.

 

Luk. 15:32 “Ons moet hierdie gelukkige dag vier. Want jou broer was dood en het teruggekom na die lewe! Hy was verlore, maar nou is hy gevind!’”  NLV

As ek Sy hart het, dan sal dit my meer opgewonde maak as ‘n miljoen rand in die bank.

As ek Sy hart het, dan sal ek ook omgee vir hulle wat nog verdwaal is.

As ek Sy hart het, dan sal ek dink en bid vir hulle in die wêreld wat vervolg word, wat selfs dood gemaak word, wat hulle lewe opgee sodat hulle agente van genade kan wees.

 

As ek Sy hart het, sal ek ook soek, soos iemand wat ‘n kosbare besitting verloor het totdat ek dit gevind het.

As ek Sy hart het, sal ek ‘n agent van genade wees en vir almal vertel.

Almal is welkom.  Niemand is perfek nie.  Almal kan inkom op dieselfde manier deur te glo.  Alles is moontlik, want waar God is, is alles moontlik.

Mag jou lewe mensee trek na Hom toe.  Mag die voorbeeld van genade en liefde wat Jesus vir ons gelos het ons lewe so raak dat ons ook gaan met ‘n boodskap van genade.

GEBED

MOVE – Week 4: Van Geisoleerd na Connected

[powerpress]

Vanoggend is ons 4de boodskap van ons reeks MOVE.

Ons reeks gaan daaroor dat ons wil beweeg in sekere areas van ons lewe waarin ons vasgeval raak en God nooi ons uit en sê: Kom, beweeg na ‘n beter plek in jou lewe toe.

Vanoggend:  Hoe beweeg mens van Geïsoleerd na connected lewe.

Julle sal heel moontlik saamstem dat ons meer en meer maniere gekry het die laaste paar jaar om in kontak te bly maar ter selfde tyd het hierdie sosiale media en platvorms om ons connected te hou ons eintlik net verder geisoleer.  Hoekom?

Want ons doen dit alleen, ek kan bestaan op die internet of op my foon sonder om persoonlik met mense te gesels of ‘n werklike verhouding met hulle te hê.

 

Nog nooit is mense so alleen soos nou nie.  Hierdie platvorms skep nie werklike konneksie nie.  Ons is geisoleerd agter ons mure van ons huise en ons besige lewens.

Van ons het al in verhoudings op een of ander manier seer gekry of was bitter teleurgestel en ons coping meganisme is om op ‘n afstand te lewe.

Hoekom?  Want ons glo dat ons onsself sal kan beskerm teen verdere seerkry in verhoudings.  Ons bou spreekwoordelike mure tussen ons en ander mense.

Die effek daarvan is geweldig sleg op ons psige en verhoudings oor die algemeen.

Ek het vir Gawie Stols gevra om net kortliks met ons te gesels oor die effek van isolasie op ons.  Gawie was ‘n pastoor wat verder studeer het en nou praktiseer as kliniese sielkundige.

GAWIE STOLS

So, dit is nie goed vir ons om alleen te wees nie.  God self het gesê in:

Gen. 2:18 “Verder het die Here God gesê: ‘Dit is nie goed dat die mens alleen is nie.’”

Die konteks van hierdie vers is die skepping.  Toe God die aarde en alles gemaak het.

Elke keer sê God dit is goed wanneer Hy iets geskape het.  En hier kyk God na die mens en Hy sê dit is nie goed dat die mens alleen is nie.

Hy wil hê dat ons moet beweeg van ‘n geïsoleerde manier van leef na ‘n connected manier van leef.

Jesus het self gesê dat ons herken sal word as Sy dissipels deur…? Mooi huise met hoë mure?  Deur alles perfek in ons huise.  Deur besighede en baie geld?  Nee.

Liefde, verhoudings, konneksies in ons lewe.

Joh. 13:35 “As julle mekaar liefhet, sal almal daaraan sien dat julle my dissipels is.”

 

Ons is gemaak vir hierdie konneksies.  Dink bietjie hoekom huil ‘n baba wanneer hy wakker word?  Nie omdat hy in ‘n kot lê nie.  Nee, omdat hy alleen is.

Ek wil vanoggend stilstaan in die Bybel in Gen. 33 by twee broers.  Esau en Jakob.

Hulle het verskil.  Esau was ‘n “man’s man” wat van die veld, jag en vleis gehou het.

Sy pa was lief vir hom. Iemand vir die son.  Jakob was meer “metroman”. In die huis en saam met sy ma gebak en gebrou. Lief vir die skaduwee en koelte.

 

Hulle verhouding was vol manipulasie en leuens. Ek dink nie Esau was onskuldig nie.

Jakob steel Esau se eersgeboortereg deur hom met lensiesop om te koop toe hy baie honger was.  Die ergste kom nog.  Soos die gebruik was het die oudste seun die pa se seën gekry wanneer die pa aan die einde van sy lewe kom.

Jakob steel Esau se seën (van sy pa op sy sterfbed) by hom met ’n slingse plan.

Hulle verhouding vertroebel en Jakob vlug weg vir Esau en isoleer hom.

Genesis 27:41   “Esau het vir Jakob gehaat en by homself gesê: ‘My pa se dood is nie meer ver nie, dan maak ek my broer dood.”

 

Miskien kan ons ook in die verhouding tussen die twee broers ook onsself sien.

Miskien nie die leuens en verraad nie maar hierdie geïsoleerdheid.  Dit is 2 broers, hulle is ‘n tweeling, daar is veronderstel om ‘n spesiale band te wees tussen hulle twee.

Nie hulle nie.  Hulle is geïsoleerd, het mekaar vir jare nie gesien nie.

Jakob voel sleg oor wat hy gedoen het.  Dalk het jy iets gedoen of gesê in ‘n oomblik van swakheid.  Iets impulsiefs gesê wat jy gedink het.

Dalk in jou huwelik het jy iets gedoen en jy voel sleg, soos Jakob.

Jy isoleer jouself oor skuldgevoel.  Hoeveel mense isoleer hulle self oor iets wat hulle gedoen het.

 

OF dalk soos Esau – jy voel iemand het my bedrieg.  Is is diep teleurgestel.  Daarom gaan ek my isoleer.  Hierdie broer van my het my ingedoen.  Hy was oneerlik.

Hoekom sal ek weer my lewe oopmaak?

Hoekom sal ek dat skynheilige tweegesigte my weer seermaak?

Hy sukkel om te vertrou.  Juis a.g.v. seerkry sukkel ons om te vertrou.

OF soos Jakob sien ons nie kans om daardie persoon weer in die oë te kyk nie.

“To love at all is to be vulnerable.  If you love anything, then your heart will certainly be wrung, and possibly be broken.  If you want to make sure of keeping it intact, you must give your heart to no one, not even to an animal.  Wrap it carefully round with hobbies and little luxuries; avoid all entanglements; lock it up safe in the casket or coffin of your selfishness.”  C.S. Lewis

Die effek is dat ons onsself isoleer.  En God kyk na ons en Hy sê dat dit nie goed is dat ons alleen is nie.  Hy daag jou uit om te MOVE.  Om jou lewe weer oop te stel.

 

‘n Paar gedagtes oor hoe hierdie twee broers weer versoen het.

Die oomblik breek aan wat hulle na baie jare se verwydering mekaar weer in die oë moet kyk.  Ek kan dink dat jy die atmosfeer met ‘n mes kon sny.

Wat gaan daar gesê word?  Wat Jakob laas kan onthou is dat sy broer gesê het, ek gaan jou dood maak.  En hier kom sy broer aan met ‘n klomp manskappe.

Gen. 33:1-4        “Toe Jakob opkyk, sien hy vir Esau en sy 400 man aankom. Jakob verdeel toe die kinders tussen Lea, Ragel en die twee slavinvroue. Hy plaas sy twee slavinvroue met hulle kinders heel voor, Lea en haar kinders agter hulle en heel laaste Ragel en Josef. Jakob self het heel voor gaan staan en sewe keer laag voor Esau gebuig. Maar Esau het aangehardloop gekom, hom om die nek geval en hom gesoen. Albei was in trane.”

 

Kan jy jouself in hierdie toneel indink?  Was jy al in so versoeniningsoomblik?  Ek vergewe jou.  As jy verder lees daar in vers 10 sien jy Jakob vir Esau ‘n klomp geskenke gee en Esau sê, nee, ek kan nie.

Gen. 33:10 “Nee, asseblief! Neem dit terwyl u my so goedgesind is,” sê Jakob. “Dis asof ek die glimlag van God sien.”  NLV

Kan jy dit sien?  Versoening, konneksie en verhouding is soos die glimlag van God.

Wil jy God sien?  Jy kan Hom sien in verhoudings.  Binne omgee en liefde vir mekaar.

God roep ons tot dit.  Hierdie broers leer vir ons 3 dinge:

 

 

  1. Jy moet die ontmoeting reël.

Jy moet maar die sms stuur, die koffie afspraak reël of weer inskakel.  Jy moet jouself oopstel.  Dalk net vir ‘n koppie koffie bly na kerk.  Ek weet dit is moeilik.  Maar maak jouself oop.  Jou ou vriend.  Vat die foon en maak die oproep.  Sê, ek is jammer.  Dit is net trots wat ons keer om dit te doen.  En trots is ‘n eienskap van die duiwel, nie God nie.

Reik uit na mense toe.  Nooi die pastoor – hy is honger en maer en eet nooit vleis nie.  Stel jouself oop.  Doen wat die Woord van die Here sê.

En onthou mense verskil.  Nie almal is dieselfde nie.  Het jy al iemand ‘n drukkie gegee wat nie ‘n drukkie persoon is nie?  Dit is so stokstyf.  Jy kan netsowel die boom gaan druk.  Hy wil, sy wil.  Binne druk hulle terug maar van buite af lyk dit nie so nie.  Nie almal is drukkie mense nie.  Ons almal verskil, ons soek verskillende dinge in ‘n verhouding.  Ons moet bewus wees hiervan en vir mekaar ruimte maak hiervoor.

So, reël die ontmoeting, maak die afspraak moenie vir die ander een wag nie.

Onthou ‘n verhouding is nie soos ‘n menu in ‘n restaurant waar jy jou kos kan kies en die manier hoe dit gaargemaak word en die sous wat daarop gegooi word en alles nie.  Ons kan nie net kry en kies waarvan ons hou en wat ons pas nie.  Dit werk nie so in verhoudings nie.

Spr. 27:17 “Yster slyp yster en so vorm vriende mekaar.”  NLV

Esau en Jakob het die ontmoeting gereël.

 

  1. Vergewe en beweeg verby die verlede.

Ons vergeet soms dat vergifnis nie oor die ander persoon gaan nie maar oor onsself.  Dit is ons wat onsself in die emosionele tronk sit wanneer ons nie kan vergewe nie.  Verseker is dit nie maklik nie.  Verseker is dit ‘n proses wat soms oor en oor moet herhaal word veral wanneer dit diep seer en teleurstelling was.  Maar dit bly ‘n keuse en ‘n besluit wat ek soms weer en weer maak.  Ek kan nie wag vir iemand om eers hulle vergifnis te verdien of te verander nie.  Dit is nie hoe God ons vergewe nie.

Ons het ook nie die emosionele kapasiteit om God se vergifnis ten volle te ervaar as ons nie iemand anders kan vergewe nie.  Ons kan nie vandag in detail daarin gaan nie.  Weet jy wat doen die verlede?  Dit steel die hede by jou.  As jy heeltyd dink en tob oor dinge van die verlede kan jy nie aanbeweeg nie en kan jy nie in die hede leef nie.

Esau het die verlede laat gaan.  Onthou, jy wou sy broer vermoor op ‘n stadium.  Maar hy kies om dit te laat gaan.  Daar is nie veel om te verloor om te sê, ek is jammer nie.  Maar weet jy wat, jy wen so baie.

 

  1. Stel jouself bloot

Ek dink toe Jakob hier staan voor sy broer wat hom wou dood maak met sy 400 soldate.  Ek dink hy het baie blootgestel gevoel in daardie oomblik.

YSTERVARKIE prentjie.

Dit is seker nie die mees gewildste diertjie nie.  Dit is ook nie ‘n dier wat jy vir ‘n toeteldier wil aanhou nie.  Ek meen kyk hoe lyk ‘n hond wat met ‘n ystervarkie speel.

Hulle sê hy maak 30 000 penne in sy leeftyd.  Die ystervark het 30 000 redes hoekom hy sê, bly weg van my af.  Moenie naby my kom nie.  Baie keer is ons soos hierdie ystervark.  Ons het genoeg redes – moenie naby my kom nie, ek gaan jou seermaak.  My mure is op, my skanse is op.

Een keer ‘n jaar aan die einde van herfs dan paar die ystervarkies.  En al hoe dit kan gebeur as hulle albei die sagte gedeelte aan mekaar bloot stel.  Dan beleef selfs hulle ‘n tipe intimiteit.

Ek dink ons kry die prentjie.  Ek dink dit is nodig dat ons onsself sal blootstel.  I’m going to put myself out there – i.t.v. vriendskappe en verhoudings.  Jy kan vir iemand anders iets wonderliks beteken.  Moenie uitmis op die glimlag van God in jou en iemand anders se lewe nie.  Ons challenge hierdie week is om te beweg van ‘n lewe wat geïsoleerd is na ‘n connected lewe.  Al jou dagstukkies gaan daaroor gaan.

Ek daag jou uit!  BEWEEG!

MOVE – Week 3: Oorweldig na In Beheer

[powerpress]

Ons het in die eerste week gekyk van Stukkend na Heel en gesien dat ons almal iewers in ons lewe ‘n area het wat gebroke is en dat die Here ons uitnooi om na Hom toe te moet kom met dit.  Verlede week het ons meer na ons skedules gekyk en hoe ons onsself ‘n vraag moet vra.  En dit is nie hoe gaan ek tyd kry vir alles nie maar eerder Wie wil ek graag word?

Vandag gesels ons met die tema:  Oorweldig na In-beheer en spesifiek rondom ons finansies.  Finansies is ‘n sensitiewe onderwerp.  Hoekom sê ons oorweldig?  Want dit is die een area waar geweldig baie mense oorweldig voel.  Hoeveel is genoeg?  Gaan ek genoeg hê vir eendag?  Elke dag is daar iets om te betaal of iets om te koop.  Dit hou eenvoudig net nooit op nie.

Ons geskiedenis met besittings en geld het ‘n geweldige groot impak oor hoe ons vandag geld hanteer.  As jy arm groot geword het en jy behaal self later sukses dan wil jy graag alles vir jou kinders gee en jy maak self dalk verkeerde keuses met geld.  Van ons het weer meer welaf groot geword en dit het ook ons denke gevorm oor geld en oor dit wat jy dink nodig is in die lewe.  Min ouers leer en help hulle kinders hoe om met geld te werk soos die Bybel ons leer.

En die hartseer is dat ons hantering van geld soos baie ander dinge in ons lewe gewoontevormend is.  Dit is verskriklik moeilik om jou uitkyk daarop te verander as jy al jou hele lewe lank dit op ‘n sekere manier gesien en hanteer het.

Maar wat sê Jesus en die Bybel vir ons oor besittings en geld?

As daar een area in ons lewe is waar ons geweldig selfgesentreerd raak is dit met ons finanies.  Want soos baie van ons geleer en gewys is – wat jy kry is privaat en dit is joune om mee te maak soos jy wil.

Wie is in beheer van jou geldsake?  Vrouens?  Mans?  My kinders?  Bankbestuurder?

Soos die ou wat by die bank aankom en die bestuurder se mnr. sit maar.  Die ou se agg nee wat meneer ek is heel gemaklik hier op my knieë ek sal sommer hier op my knieë bly staan.

S.A. se spaarvlakke is van die laagste in die wêreld.  Baie mense voel hulle het nooit iets om te spaar nie.  Want as jy kyk na dit wat jy inkry en dit wat jy nodig het dan is daar geen ruimte vir spaar en gee nie.  Maar die probleem is dat ons van kleins af verkeerd geleer of nooit geleer is nie.

Daar agter in die saal is ‘n voorbeeld van Crown van hoe ek my kinders probeer leer om met 3 spaarbussies te werk.  Een vir spandeer, een vir spaar en een vir God.  Maar hulle sal dikwels met my redeneer en sê, is dit nou regtig nodig om te spaar of om vir Jesus geld te gee.  Wat gaan Jesus daarmee maak?

 

Hoe voel jy oor jou geldsake?  Want ons dink dikwels die ou wat homself bekommer is die ou in die plakkerskamp is maar ek dink dikwels het ons baie meer bekommernisse in ons lewe hoe meer ons het om oor te bekommer.

Lukas 19:1-7     “Jesus het Jerigo binnegegaan en deur die stad gestap. En daar was iemand met die naam Saggeus; hy was ’n hooftollenaar en ’n ryk man. Hy het sy bes probeer om te sien wie Jesus is, maar hy kon nie vanweë die skare en omdat hy kort was. Hy het vooruit gehardloop om voor te kom en in ’n vyeboom geklim om Jesus te sien omdat Hy daar sou verbygaan. Toe Jesus by dié bepaalde plek kom, het Hy opgekyk in die boom en vir Saggeus gesê: “Saggeus, klim haastig af, want Ek moet nog vandag by jou tuisgaan.” Saggeus het toe haastig afgeklim en Jesus opgewonde ontvang. Almal wat dit gesien het, het geprotesteer en gesê: “Hy het jou werklik tuisgegaan by ’n sondige man!” NLV

Ons weet nie hoekom Saggeus by Jesus wou uitkom nie?  Ons weet wel dat Jesus gereeld saam met sondaars en tollenaars tyd gespandeer het.  Miskien wou Saggeus ook iets daarvan beleef.

Dalk het hy op ‘n plek in sy finansiële lewe gekom waat hy begin skuldig voel het oor hoe hy sy rykdom bekom het want die tollenaars was van die kurrupste mense van daai tyd.  Iewers het hy gehoop om by Jesus uit te kom want jy sal nie soveel moeite doen as jy nie hoop dat dit ‘n verskil in jou lewe sal maak nie.

 

Iets gebeur met Saggeus.  Jesus se teenwoordigheid in sy lewe laat hom anders kyk.  Ook anders kyk na sy geld.  Dit is wat in my en jou harte ook moet gebeur.  As Jesus die Here van my lewe is, moet Hy ook die Here, van my finansies wees.

Ek wil jou vanoggend uitdaag om deur Jesus se oë na jouself te kyk.  Oë wat sê maar alles wat ek het is aan my geleen.  Ek is ‘n bestuurder vir God hiermee.

En interessant is dat Jesus nie vir hom sê maar Saggeus jy is ‘n oneerlike mens want by mense steel nie.  Nee, die blote teenwoordigheid van Jesus laat hom anders begin kyk.

 

Lukas 19:8-10   “Saggeus het egter openlik gereageer en vir die Here gesê: “Here, ek gaan die helfte van my besittings aan die armes gee, en as ek iets van iemand met ’n slenter bekom het, gee ek dit vierdubbel terug.” Jesus sê toe vir hom: “Vandag het daar verlossing vir hierdie huis gekom, omdat ook hierdie man ’n seun van Abraham is. Ek, die Seun van die Mens, het immers gekom om wat verlore is, te soek en te red.”  NLV

Dit is amper of Saggeus so dubbele bekering gehad het.  ‘n Eerste bekering waar hy Jesus in sy lewe ingenooi het en ‘n tweede bekering waar hy gekyk het wat hy het en wat hy geword het en besluit het om alles, ook sy geld vir God te gee.

Want kyk om iets onsigbaar vir God te gee is soms makliker maar wanneer dit aan jou lyf vat, wanneer dit wat jy het elke dag daardeur geraak word is dit anders.

 

In hierdie week het ek ‘n ontbyt bygewoon waar een van S.A. se rykste mense was.  Francois van Niekerk was die stigter van die Mertech groep maatskappye.  ‘n Groep wat bestaan uit seker omtrent 12-14 maatskappye. Baie van hulle internasionaal.

Toe hy begin het met sy besigheid in 1980 het hy vir die Here gesê dat die Here die grootste aandeel in sy besigheid sal kry.  Daarop het hy besluit om 30% van hulle groep se omset in verskeie stigtings te gee om Koninkrykswerk reg oor die wêreld te doen.

Wat my die meeste opgeval het van Francois is sy nederigheid en die feit dat hy reguit sê dat hy net ‘n kanaal is vir God om deur te werk.  Die feit dat hy verskeie van die mees suksesvolste besighede in S.A. begin het, het min met hom te doen.

Hoekom die Here hom gekies het, weet hy nie.  Hy is net daar om instrument in God se hand te wees.  Hy het dit gesnap!  Martin Luther, die groot hervormer het al gepraat van 3 bekerings: Bekering van jou denke (kop); Bekering van jou emosie (hart) en bekering van jou beursie. (Jou finansies).

Wanneer bekering jou beursie bereik is jy werklik bekeerd, want geld bring jou rede en jou emosie bymekaar uit.  – Rede en wiskundige logika sê dat hoe meer geld jy bymekaar maak, hoe meer sal jy hê.  Emosie sê dat hoe hoër  jou bankbalans is, hoe hoër sal jou gevoel van sekuriteit wees en hoe gelukkiger sal jy wees… Om jou geld in God se hand te gee en volgens Sy wil te bestuur, gaan teen gewone logika en gevoel in en verg ‘n verandering (bekering) van denke en lewensuitkyk.

 

5 Oortuigings vir finansiële bekering:

  1. “Alles wat ek het, kom van God af.”

Wat ‘n groot ontnugtering is dit nie vir party mense die dag wat hulle ontdek dat hulle gesondheid, hulle breinvermoë, hulle talente, hulle geleenthede in die lewe, het ALLES van God af gekom nie.

Deut. 8:17-18     “Jy kan dalk dink: ‘My krag en my sterk hande het vir my hierdie rykdom verwerf. Maar jy moet die Here jou God nie vergeet nie, want dit is Hy wat jou die krag gee om die rykdom te verwerf.”

Ek besit niks. As God vir my ‘n opdrag gee moet ek my hand kan opmaak en gee.

Jak.1:17a  “Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo…” NAV

Leef jy so, dat jy besef dat elke enkele ding wat jy het is deur God vir jou gegee uit genade.  Dit beteken dat ek net ‘n bestuurder is van dit wat God aan my toevertrou het.

 

  1. “Ek leef dankbaar binne God se huidige voorsiening vir my lewe.”

Begeer wat jy het.  Ons probleem is dat ons begeer wat ons nie het nie.  Daar is altyd iets wat ons dink, as ek dit kan kry, dan sal my lewensgeluk opgaan.

In ‘n 2012 Gallup geluk-skaal opname lys is 6 van die top tien lande waar mense die gelukkigste voel in Latyns Amerika.  Irak is sewende & Amerika 33ste op die lys…

 

Fil.4:12b    “I have learned the secret of being content in in any and every situation, whether well-fed or hungry, whether living in plenty or in want.”  NIV

Dit is ons verantwoordelikheid om die nodige aanpassings te maak, sodat ons met dankbaarheid en vergenoegdheid binne God se huidige voorsiening vir ons kan leef.

Is jy ‘n gelukkige mens?  Want geluk is iets wat van binne af kom, nie van buite af nie.

 

  1. “Ek eer die Here deur ‘n tiende (10%) van my inkomste te gee om die werk van Sy gemeente en Koninkryk te bevorder.”

Hoekom vra God vir ons om dit te doen?  Want Hy is die bron van alles in ons lewe.  Hoekom is dit dat baie mense vir God net die leftovers wil gee en nie die beste deel nie?  Dit is amper of God en sy koninkryk soos ‘n boemelaar by die robot staan en ek voel skuldig, so ek gee maar vir Hom ook ‘n paar rand.

Spr.3:9-10 “Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes, dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van wyn.”  NAV

Ek het hierdie beginsel in my lewe begin leef toe ek op 17 jarige ouderdom my hart vir hom gegee het.  My eerste salaris was R500.  Die eerste uitgawe wat ek gemaak het op daardie salaris was R50 vir die Here se werk.

26 jaar later is dit nog steeds die eerste item op my begroting.  Het ek al swaar gekry?  Ja.  Het ek al honger gaan slaap?  Ja, daar was kere as jong pastoor gewees.  Was daar al dae wat ek gedink het, is dit regtig nodig, is dit nie maar net ‘n wet wat ek onderhou nie.  Ja, die duiwel plant allerande sulke leuens in mens se kop.

Maar weet jy wat ek ook ontdek het –  dat dit nooit daaroor gaan dat ek nie kan bekostig om te gee nie.  Dit is eerder andersom, ek kan nie bekostig om nie te gee nie.  Hoekom?  Want daardeur eer ek God op ‘n tasbare manier as Bron van alles in my lewe.

 

  1. “Ek leef deur te spaar vir ander seisoene in my lewe.”

Daar is seisoene in ‘n mens se lewe.  Jy sal nie vir ewig kan werk nie, al dink jy so.  Daar is dinge wat in jou en jou kinders se lewe gebeur wat jy nie kan doen as jy nie voorsiening daarvoor gaan maak nie.

Maak bymekaar vir die seisoen van behoefte en dat jy nog steeds ‘n oop hand kan hê wanneer jy nie meer ‘n salaris verdien nie of jou werk verloor of siek raak.

Spr. 6:6-9  “Gaan kyk na die mier, luiaard, kyk hoe hy werk, en leer by hom. Hy het nie ’n leier nie, nie ’n opsigter of ’n regeerder nie, tog maak hy sy kosvoorraad reg in die somer, versamel hy sy voedsel in die oestyd.”

Ons moet voorsiening maak in moeilike tye.  God gee vir ons wysheid om met sy geld te werk.  Baie keer kry ons swaar omdat ons naief is en dink dat daar nooit ‘n dag sal kom wat ons voorsiening nodig het nie.

 

Die grootste ding wat ek vanoggend vir jou wil sê is dat jy met ‘n oop gemoed die Here moet toegang gee tot elke area van jou lewe.  Ook jou fiansies.

Wees oop om Sy stem te hoor vandag.  Wees oop om daardie worsteling in jou hart te laat gaan wanneer jy besef maar aardse begeertes is vir my belangriker as die Here se werk.

Wees oop dat God jou kan ontmoet waar jy is vandag.  God kan jy nie ontmoet op ‘n plek in nou lewe as Hy nie met jou daaroor kan praat nie.  Weet jy wat, jou lewe kan nie vorentoe beweeg as God nie met jou kan praat oor elke terrein van jou lewe nie.

 

Om dit te kan doen beteken dit dalk dat jy iets opgee.  As Hy werklik beheer het oor elke area van jou lewe dan sal Hy jou ontmoet op die plek waar jy is.  Dit kan beteken dat jy dalk moet afskaal, vereenvoudig, minder luukses in jou lewe hê.

Maar God wil gebruik wat in jou hande is.  Jy is Sy instrument.  Hy wil jou krag en vermoëns gebruik om Sy koninkryk hier op aarde te bou.  Dit is ook wat ons teksvers Deut 8:17-18 van die week sê.

“Don’t try to work for Me.  Live with Me and for Me.  I am God and I will do the work and determine the outcome.”  Russel.

MOVE – Week 2: Van Oorgeskeduleer na Georganiseer

[powerpress]

Vriende ons is besig met ons reeks Move en ons is in ons 2de week van move. Ek hoop jy het jou boekie hier want in jou boekie is daar plek om preek notas te maak as jy nog nie boekie het nie asb. steek jou hand op dat jy saam op hierdie reis kan gaan.

Wie van julle hier is so besig jy wens jy kon jou self kloon. ’n minnie me create. Ek dink Chantal sou in die pad afhardloop as ek my self moes kloon een van my is genoeg. Huh Anna dan sou Dinsdae meeting fun gewees het.

Julle sien ons lewe in ’n tyd waar die buzz word, is besig. Jy hoor dit oor al. As jy mense vra hoe was jou dag besig, rof, mal. Dis amper asof ons dink ons gaan soos op skool balkies kry vir hoe besig ons was asof dit ’n prestasie is.

En wanneer ek met mense praat dan klink dit altyd vir my asof hulle een oggend net opgestaan het en toe was dit so. Dis amper asof ons dink ons het nie beheer daaroor nie asof ons nie ’n keuse gehad het nie.

Die realiteit vriende is dat ons het keuse of is tog die eienaars van ons eie skedule. Ja, jy het dalk ’n werk wat groot deel van jou skedule vol maak, maar jou skedule bestaan uit meer as net daai 8 ure nie waar nie? En jy besluit waarmee jy dit vol maak, nog werk, of t.v of facebook en youtube en nog funny clips.

Braam het verlede week gepraat oor die abnormaal wat ons normaal geword het oortyd. Daai stukkende pot sindroom wat jy nie dadelik hanteer nie en dan later is dit maar normaal. Almal doen dit almal is oor geskeduleerd, almal is besig en moeg dis maar die tyd waar in ons leef.

Hoe maklik is ons bereid om die abnormaal te regverdig met daai stelling, maar is dit die lewe wat God ons na toe roep? Is dit die lewe waarvoor Jesus sy lewe gegee het? Is dit die lewe wat God vir my en jou en ons kinders wil hê? Is dit God se plan vir jou lewe, om heeltyd besig te wees en te werk dat jy die dinge en veral die mense in jou lewe wat belangriker is as geld of status of power afskeep.

Op kantoor die week toe ons die diens beplan het ons gesels oor hoekom ons ons lewens so besig maak en baie van ons maak dit vol want ons voel waardevol as ek kan sê ek is so besig, nou-nou dink mense ek is lui of as ek so besig is, gaan mense my raaksien en admire en baie keer is dit die onderliggende rede maar ek sê ek het nie ’n keuse nie ek moet by alles uitkom as jy dit nie doen nie wie gaan. Nog ’n rede is baie keer hardloop ons weg, as ek so besig is dan hoef ek nie sekere goed te face in my lewe nie, dan hoe ek nie te deel met seer of pyn of konflik nie.   En albei hierdie goed gaan terug na laasweek se gebrokenheid toe as ek nie move vanuit stukkend na heel nie en toe laat dat God my gesond maak nie, gaan ek aanhou om myself te oor skeduleer.  Daarom moet ek God vertrou en vra om my te help gesond word en heel te maak.

God self kom en wys ons hoe ’n gesonde lewens ritme is. God het nie nodig gehad om te rus op die 7de dag nie. Hy was nie moeg en het gevoel sjoe nou moet ek bietjie middagslapie inwerk ek is bietjie moeg nie. Nee Hy bou dit in vir my en jou voordeel. Dis hoe lief God vir ons is. Hy bou ’n dag van rus in. Hy is soos werk 6 dae maar julle moet rus. Jesus het sy hele bediening op aarde hierdie ritme gehad tussen werk of bediening en rus.

In Eksodus 18: 13 Die volgende dag moes Moses weer as regter vir die volk optree. Hulle het van vroegoggend tot laataand by Moses se tent tougestaan. 14 Toe Moses se skoonpa sien hoe Moses met die volk werk, vra hy vir hom: “Hoekom doen jy alles self? Die mense staan die ganse dag vir jou en wag!”

15Moses het sy skoonpa geantwoord: “Die volk kom na my toe om te hoor wat die Here sê. 16As daar ’n geskil is tussen twee partye, gee ek uitspraak. Ek sê vir die volk wat God besluit het en wat God wil hê.”

Hoor wat hy sê in vanaf vers 17 Sy skoonpa sê toe vir Moses: “Jy hanteer die saak nie reg nie. 18 Jy en die volk sal die pas nie kan volhou nie. Dit is te veel vir jou. Jy kan dit nie alles op jou eie doen nie. 19 Luister nou na my raad. Mag God jou help om die volk by Hom te verteenwoordig. Jy moet voortgaan om hulle probleme na Hom toe te bring vir uitsluitsel. 20 Jy moet voortgaan om hulle in te lig oor God se wette en sy voorskrifte. Leer hulle hoe hulle moet lewe en wat hulle moet doen. 21 Maar jy moet ook uit die volk bekwame en eerlike manne kry wat vir die Here wil werk en nie omkoopgeld sal aanvaar nie. Jy moet hulle aanstel om regters te wees oor groepe van onderskeidelik 1 000, 100, 50 en tien mense.

Jetro kom en gee sy Skoonseun raad en waarsku hom. Nou ek weet nie of julle, julle self in Moses sien nie. Moses kom en verdedig wat hy doen, hy justify wat hy doen en hy doen iets great maar is dit wat God vir hom droom is dit wat God hom voor geroep het. Onthou praat is nie Moses se sterk punt nie die man hakkel so alles vat langer om te sê. Onthou Moses het dit gesê as een van die verskoning toe God hom die Job offer. Jetro weet die nie God se plan en droom vir Moses se bestaan en lewe nie.

Nou Moses kon luister en soos baie van ons maak nè en sê sjoe pa jy is reg of yes Doc jy is reg of buddy jy is reg of Here ek weet U is reg ek moet iets doen ek weet ek kan nie so aangaan nie, weg gestap het en net weer so aangegaan het soos ons maak of ek en jy kan doen wat Moses gedoen het en begin luister en intensioneel begin move en optree en iets doen oor ons oor geskeduleerdheid.

Ons lewe word so oorheers deur die horlosie dat ek en jy soms vergeet waarheen ons op pad is. As ek jou nou moet vra waarheen is jy op pad met jou lewe? Ja, jy weet na wat se volgende afspraak, of deal, of krisis jy op pad is en na watse promosie of nuwe titel of straat adres jy op pad is, maar waarheen is jy met jou lewe op pad? met jou gesin op pad?

Of dalk moet die vraag eerder wees wie is jy besig om te word? En ek praat nie van jou beroep nie, ek praat nie van jou job description nie of wat jy moet doen nie ek praat van watse tiepe mens is jy besig om te word.

Jou week program is een van die grootste faktore wat gaan bepaal wie jy besig is om te word. Dit wat jy jouself elke dag mee besig hou en hoe, waar en met wie jy jou tyd bestee kan nie anders as om ’n effek te he op wie jy besig is om te word nie.

Paulus kom en in Efesiërs 5:15-16: “Wees baie versigtig hoe julle lewe: Nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ‘n goddelose tyd.

Wat se die vers vir ons wees versigtig hoe julle lewe, wat julle, julle lewe mee vol maak julle mee besig hou. Nie soos onverstandige maar soos verstandiges. Hoeveel van julle is onverstandige mense? Hoeveel van julle is verstandige? Die ou testament praat van dwaas en wys. Dalk met ek vra wie is dwase hier van oggend of wie is wys. Julle sien as jy weet wat reg is en jy dit nie doen nie sê die bybel dan is jy ‘n dwaas. Hoeveel van ons weet ons is te besig ons is oorgeskeduleerd maar ons hou net aan. Ons maak verskoning en justify hoekom dit so is of ons glo dis normaal dis maar hoe dit moet wees want die abnormaal het jou normaal geword.

Ons sal selfs die vers gebruik en sê maar die bybel sê maak die beste gebruik van elke geleentheid? Daarom is dit belangrik dat ek en jy moet weet wie wil ons word wie roep God ons om te word en wees.

Dis sodra ons dit weet dat ons sal weet of dit ‘n geleentheid of ‘n versoeking is. As die duiwel jou nie kan laat sondig nie sal hy jou so besig maak dat jy jou siel nog steeds verloor omdat jy nie kans kry om na dit om te sien nie. Want ons het nooit tyd vir Sabat nie. Nooit tyd vir ons kinders of man of vrou nie.

Markus 8:36 Wat sal dit jou tog help as jy alles in die lewe bereik, maar jou diepste menswees ly skade?

In Spreuke 4:25 (NAV) lees ons hierdie wysheid: “Hou jou oë op die pad vorentoe, kyk reg voor jou uit.  Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree. Moenie links of regs wegdraai nie, weerhou jou van die verkeerde koers.”

As ek en jy weet wie ons wil word dan kom Spreuke en sê ons moet dit af baken ons moet besluit hoe ons daar gaan uit kom en dit begin doen. Ek en jy moet ophou kyk na die horlosie wat ons lewe bepaal en begin om te kyk na die kompas.

Die vraag wat die kompas ons vra is nie wat wil jy die week of maand gedoen kry nie maar waarheen is jy op pad, wie wil jy word die volgende seisoen van jou lewe. Begin vandag om die besluit te neem en herskryf jou week skedule en begin dit toe pas sodat jy kan word wie jy wil wees by die werk, by die huis, by die kerk en waar jy beweeg.

John Grisham, ‘n bekende Amerikaanse spanningverhaalskrywer was ‘n prokureur en het sy werk gehaat. Hy wou ‘n skrywer word, maar het nie geweet waar om te begin en hoe hy die oorgang sou maak nie.  -Totdat hy sy weekprogram herskryf het.  Hy het besluit om elke dag ‘n uur vroeër te gaan werk en het een woord by die eerste uur van elke dag op sy weekprogram ingevul: “Skryf”

John het besluit om een bladsy per dag te skryf –en hy het.  Vandag is hy ‘n gesogde en wêreldbekende skrywer!!

Wat is jou eenwoord wat jy moet begin in skryf op jou weekprogram? Wat jy gaan begin intensioneel aan werk.

Dalk jou verhouding met jou vrou of jou man Sit ‘n date night uit waar jy en mammie of pappie weer diep in mekaar se oe kyk soos jong verliefdes.

Dalk jou kinders. Dat jy meer aande vroeg genoeg by huis is om saam met hulle te speel en te gesels en in hulle lewe te belê.

Dalk jou gesondheid of tyd vir rus. Dalk tyd om bietjie weer aktief te raak fikser te raak sodat jy gelukkiger en gesonder kan leef. Rus gaan slaap vroer koop tyd uit waar jy kan reflekteer oor jou lewe en waardes en wie jy wil word en geniet die lewe.

Verhouding met God. Wil jy nader aan God move plaas hom op jou week program daagliks. Ons voel baie keer skuldig want ons kan nie ure vir God gee nie so wat doen ons ons gee hom nie eers ‘n minuut nie. Koop 15 min uit in jou week program en oor tyd gaan jy sien hoe jy dieper in verhouding groei en dalk raak 15 min 20 en so groei dit. Die Move dagstukkies begin met dit maak nou die commitment om elke dag te lees en stil te word dit vat so 15min en werk van daar af.

Vriende kom ons begin om te move van oorgeskeduleerd na georganiseerd. Kom ons gaan die week en koop tyd uit en vra jou self af wie wil ek word en begin om seker te maak dat jou week program reflekteer wie jy wil word.

MOVE – Week 1: Van Stukkend na Heel

[powerpress]

Ons almal leef soms met wat ek beskryf as die gebreekte pot sindroom.

Die gebreekte pot werk so – daar is ‘n plantpot wat by jou voordeur gebreek het op een of ander stadium.  Om een of ander rede het jy hom nog nie weggevat of weggegooi nie.

In die begin sien jy hom elke keer raak wanneer jy daar verby loop.

Maar later begin jy hom nie meer raaksien nie.  Jy begin leef met die gebreekte pot.

Jy sou dit nog steeds graag wou regmaak of weggooi maar dit is net nie meer vir jou so dringend of belangrik om nou daaraan aandag te skenk nie.

 

Die gevolg is, jy skep vir jou ‘n nuwe normaal.

Jy leef met die plantpot wat gebreek is voor jou voordeur.

Hy word ook ‘n blindekol vir jou.  Almal wat by jou kuier sien die gebreekte pot raak maar hulle bly maar eerder stil want dalk pla die gebreekte pot jou nie.

 

So byvoorbeeld kan jy altyd redelik jou finansies onder beheer hê tot op ‘n dag wat iets gebeur, jy verloor jou werk, jy begin dalk meer begin spandeer as wat jy inkry en dan beland jy in ‘n groef.  Jy begin te leef met ‘n oortrokke rekening.

In die begin pla dit jou maar later begin jy aanvaar dat dit is hoe jy nou leef.

Die gevolg is dat jy later jare lank nie jou finansies meer gesond hanteer nie en konstant in die moeilikheid beland omdat jy eenvoudig meer uitgee en aanhou verkeerde besluite maak.

 

Vandag se tema is stukkend na heel.

En ons gaan nie noodwendig kyk na emosionele innerlike stukkend nie maar dalk eerder na ‘n area van ons lewe waar ons gebrokenheid beleef.

Die waarheid is dat almal van ons wat hier sit in een of ander area van ons lewe in ‘n groef beland het.  Iets in jou lewe is vasgeval maar jy leef eenvoudig daarmee voort.

Wat is jou normaal wat eintlik ‘n abnormaal is?

 

Weet jy wat is een van ons geestelike vyand se grootste wapens teen ons – misleiding.

As jy begin glo dat iets okay is wat eintlik nie okay is nie word jy mislei.

Ons memoriseer teksvers vir die week is:

Joh. 10:10 “Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig.

Ék het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, sodat hulle dit oorvloedig het.” NLV

Die misleiding wat ons glo steel by ons.  Die leuens wat ons glo, steel by ons.

En wat is die hierdie lewe wat Jesus ons na nooi?

In Grieks is daar twee woorde vir LEWE.  Die een is Bios – Ek lewe fisies.  Biologie.

Zoë – ‘n tipe lewe saam met God.

 

Nou,  om ‘n heel mens te wees beteken om ‘n “zoë” lewe te leef.  Die soort lewe waarna God ons uitnooi.  Die probleem is dat ons nie hierdie lewe leef nie.

Daar is soveel “normale” in ons lewe dat ons baie keer nie besef dat ons mislei is en eintlik ‘n abnormale lewe leef nie.

En ons gaan beweeg.  Ons gaan MOVE in hierdie 40 Dae wat kom.

As jy sê, hier is iewers in my lewe ‘n normaal wat ek vir myself geskep het (die gebreekte pot) maar ek gaan beweeg.  Ek gaan hom regmaak of ek gaan hom weggooi.

 

Ek wil stilstaan by ‘n ontmoeting tussen Jesus en ‘n vrou daar in Joh. 4.

Net eers so bietjie agtergrond:

Jesus is op reis van Judea af terug na Galilea toe.  Op pad huis toe moet hy en sy dissipels deur ‘n streek gaan wat Samaria genoem word.

Nou Samaria en die mense wat daar gewoon het is deur die Jode as ‘n baster volk beskou.  Hulle het mekaar gehaat.

 

Toe Jesus hulle in die middel van die dag daar aankom stuur Jesus die dissipels om kos te gaan soek en Hy gaan na die put toe om water te kry.

Daar aangekom is hierdie Samaritaanse vrou daar.  Nou die vrou is in die middel van die dag by die put.  Dit was haar normaal.

Maar eintlik was dit abnormaal.  Die vroue het altyd vroeg in die oggend en laat in die middag gaan water skep.  Hulle het ook ‘n groepe saam geloop om water te gaan haal.

Hierdie vrou is alleen.  Hoekom kom sy alleen?

 

As jy verder lees dan kom jy agter dat hierdie vrou se reputasie nie goed was nie.

Sy was al 5 x getroud.  En nou woon sy by haar 6de man.

Almal in die dorp het waarskynlik van haar geweet en die tipe vrou wat sy was.

En a.g.v. hierdie gebrokenheid wat sy gehad het, het sy ‘n leemte gehad in haar lewe.

Leuens en verwerping en dalk mishandeling was al wat sy geken het.

 

Jesus ontmoet daar daar.  Ek hy is slim, Hy gebruik water as aanknopingspunt.

En Hy sê vir haar, “Ek weet dat jy eintlik ‘n dieper dors in jou het as wat gewone water kan les.  Daar is soveel stukkenheid en gebrokenheid in jou lewe en jy het nodig om iets anders te kry.  Iets wat jou nie weer dors sal los nie.”

Jy is ongelukkig, jy val van verhouding na verhouding.  Jy het ‘n dors wat nie geles word nie.

Jesus begin met haar ‘n gesprek.

Joh. 4:13-14       “Jesus antwoord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors word. Wie egter van die water drink wat Ek hom gee, sal nimmer as te nooit weer dors word nie.”  NLV

 

  1. Sy erken dat sy ‘n “dors” het. (“Current location”)

Ek en jy moet verantwoordelikheid kan aanvaar vir waar ons nou is voordat ons kan beweeg.  Solank as wat jy ontken dat die pot by jou voordeur gebreek is.

Dat hy nie daar is nie, dat hy eintlik deur die buurman gebreek is.

Dan kan ons nie skuif, beweeg, MOVE in ons lewe nie.

Joh. 4:15   “Die vrou sê toe vir Hom: “Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word en hierheen hoef te kom om water te skep nie.”  NLV

Sy erken, sy het dors.  Sy het ‘n behoefte na hierdie water waarvan Jesus praat.

 

Nou een van die wonders van ons dag is ‘n GPS.  Ek kuier Vrydag met ‘n vriend wat van die Kaap af kom en hy bly in Blouwaterbaai by ‘n gastehuis.

Al wat hy doen is hy share sy current location met my deur whatapp en google maps vat my presies tot waar hy is.

En hier is die wonderwerk van google maps.  Dit is ‘n vrou wat die aanwysings vir jou gee en jy kom daar uit.  Is dit nie wonderlik nie?

 

Maar is dit nie wat ons soms met ons lewe moet doen nie en dit is STOP.

Doen ‘n opname.  Vra jou self, wat is my lewe se “current location”?  Hoe vaar ek met dit?

Want soms hardloop ons so deur die lewe dat ons GPS die heeltyd “recalculate” dat ons nie besef waar ons nou is nie.

Weet jy wat, voordat ons nie erken dat iets stukkend in ons lewe is nie kan ons nie God toelaat om dit heel te maak nie.

 

“All great spirituality is about what we do with our pain. If we do not transform our pain, we will transmit it to those around us.” (R. Rohr)

So my pyn kan my transformeer in ‘n beter mens OF my pyn kan nog meer pyn in ander mense se lewens veroorsaak.

Stukkende mense maak net ander mense ook stukkend.

En jy gaan in jou kinders se oë kyk en op ‘n dag besef, ek is besig om stukkend te maak.

En jy gaan in die mense naby aan jou se lewe sien, ek is besig om stukkend te maak.

Kom ons kyk net vanoggend na ons lewe en ons vra onsself af – wat is my “current location?”  Met my verhouding met God?  Met my verhouding met my man / vrou?  Met my finansies?  Met my gesondheid?

 

  1. Ons het waarheid nodig om te verander.

Dit is iets wat mens opval in die verhaal van Jesus en die vrou.

Niks word ge-sugar coat nie.  Jesus sê dit soos dit is.  Die vrou erken ook dit soos dit is.

Hulle sê menslike natuur dikteer dat ons net a.g.v. drie redes verander.

 

  1. Pyn laat jou verander. Kyk as iets so seer is dat jy nie anders kan om daarna te kyk nie dan verander jy.

Dit is soos ek met my nierstene.  Nie tot ek byna flou is van die pyn is ek ongevalle toe nie.

Baie keer in ons lewe ook.  As daar genoeg pyn is, dan verander jy.

Dikwels is die pyn wat ons verander nie iets wat ons permanent verander nie.

 

  1. Jy het nie keuse om te verander nie.

Ek dink byvoorbeeld vir die van julle wat bietjie ouer is aan die weermag.  Jy het nie ‘n keuse nie.  Jou hare word nie gesny soos jy dit graag wil hê nie.

Daar is een keuse, dit is clipper no.1.  Jy kon nie kies nie.

Maar albei hierdie eerste twee is nie goeie verandering nie.  Want later in jou lewe kon daar weer baie verwyte a.g.v. hierdie pyn en die feit dat jy nie kon kies nie.

 

  1. Jy kan kies om te verander.

As daar genoeg waarheid in jou lewe kom dat jy ‘n keuse maak om vir die waarheid te kies en ophou om die leuen of die misleiding te glo, dan kan jy permanent verander.

Joh. 4:15-16       “Hy sê vir haar: “Gaan roep jou man en kom dan terug hiernatoe.”

Die vrou het dadelik reageer: “Ek het nie ’n man nie.”  NLV

Die waarheid van haar “current location” kom na haar toe.

Ons het partykeer waarheids oomblikke in ons lewe nodig sodat ons vry kan word.

 

Waarheids oomblikke kom soms op onverwagse tye in ons lewe.  Iemand sterf.  Iemand raak ernstig siek.  Iemand is in ‘n motorongeluk.  Jy gaan deur ‘n egskeiding.  Jy word insolvent verklaar.

Partykeer kom dit wanneer jy met ‘n vriend of ‘n geestelike begeleier ontmoet en die persoon challenge jou oor iets in jou lewe.

Jakob het op ‘n stadium op ‘n plek in sy lewe gekom waar hy ‘n droom gehad het.

En toe hy wakker word toe sê hy, “Die Here was op hierdie plek.”  Partykeer is ons so in die resies van die lewe dat ons nie waarheidsoomblikke het nie.  Ons kom nie eers agter die Here is hier nie.

Nooi sy waarheid in jou lewe in.  Besef die waarheid wat jou sal vrymaak nooi jou uit om te beweeg.

 

  1. BEWEEG en ontmoet die Watergewer.

Hierdie een gesprek met Jesus het haar totale lewe verander.

Glo jy in God se krag, dat Hy die krag het om lewens te verander?  Om jou te verander?

Sy word ‘n getuie in die dorp.  Sy het ge-MOVE.  As jy verder lees dan sal jy sien

Joh. 4:39   “Baie van die Samaritane in daardie dorp het tot geloof in Jesus gekom op grond van die woorde van die vrou wat getuig het.”

Ek wil afsluit met die woorde van die Lewegewer, die Watergewer vaoggend in Jes. 55

Jes. 55:1-3 “Almal wat dors is, kom na die water toe. Selfs al het jy geen geld nie, kom, koop en eet. Kom, koop wyn en melk sonder prys en geld. Hoekom spandeer julle julle geld op dit wat nie brood is nie? Hoekom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister mooi na My, dan sal julle eet wat goed is, en versadig kan word met die beste wat te kry is! Luister tog, kom na My toe. Luister na My dat julle kan lewe. Ek is gereed om ’n ewige verbond te sluit. Ek wil my troue liefde aan julle betoon soos Ek aan Dawid belowe het.”  NLV

Mag jy eerstens besef hoe dors jy het.  Mag die waarheid jou verander dat jy kies om ‘n heel mens te word. Maar mag jy ook BEWEEG en die Lewegewer ontmoet waar jy nou is.

GEBED

MOVE – Launch: Vasgeval? Staan op!

[powerpress]

Ons val partykeer vas in ons lewens.  Dit is ‘n plek waar dinge ons vashou.  Ons raak stuck.  Dit voel of jy in ‘n groef met iets verval en jy weet nie of jy daar kan uitkom nie en soms weet jy ook nie hoe om daar uit te kom nie.  Die dilemma is dat ons soms dit nie eers agterkom tot dit te laat is nie.  Die areas in ons lewe wat vasval raak naderhand vir ons so normaal dat ons eerder leef met ‘n slegte situasie as om iets daaraan te doen.

Vandag wil ek stilstaan by ‘n ware storie wat in Jesus se tyd gebeur het:

Joh. 5:1-10         “Hierna het daar ’n groot fees van die Jode plaasgevind. Jesus het daarvoor na Jerusalem toe gegaan. By Skaappoort in Jerusalem is daar ’n waterbad wat in Hebreeus Betesda genoem word. Dit het vyf onderdakpilaargange gehad waar daar ’n menigte gestremdes gelê het: blindes, kreupeles en lammes. Onder hulle was daar ’n sekere persoon wat al 38 jaar lank siek was. Jesus het hom daar sien lê en was bewus daarvan dat hy geruime tyd al siek was. Hy vra hom toe: “Wil jy graag gesond word?” Die sieke het Jesus geantwoord: “Meneer, ek het niemand naby my om my in die waterbad te tel wanneer die water geroer word nie; en terwyl ek nog naderkom, gaan iemand anders voor my in.” Jesus sê toe vir hom: “Staan nou op, tel jou slaapmatjie op en loop!” Onmiddellik het die man gesond geword, sy slaapmatjie opgetel en begin loop. Op daardie dag was dit die Sabbat. Die Jode sê toe vir die man wat so pas gesond geword het: “Dit is ’n Sabbat; daarom mag jy nie jou slaapmatjie dra nie.”  NLV

Agtergrond:

Die bad van Betesda was in die Moslem hoek van Jerusalem gewees.  So die Jode het nie werklik daar gekom nie.  Die Jode het ook nie daarvan gehou om met siekes en gestremdes te meng nie.  Die mense was beskou dat hulle ‘n sonde teen God gedoen het of ‘n duiwel in hulle gehad het.  Die vroom Jode het dit gesien as God se straf.

Die Woord Betesda – beteken in Hebreeus:  “Huis van Genade.”  Maar dit is ook deur sommige “plek van skande” genoem.  Want as God se straf dan oor jou is dan is dit ‘n slegte plek om te wees.  Baie van die wat daar was is letterlik soontoe gedra, daar neergesit en daar gelos.

Ons lees in sommige van die vertalings dat ‘n engel op ‘n bepaalde tyd die water geroer het en dan het sommige gesond geword.

Ons weet nie presies wat gebeur het nie, maar wat mens wel agterkom is dat baie daar gelê het en daar wel sommiges was wat gesond geword het.

Hoe lank nog?

Dan lees ons dat hier ‘n man was wat 38 jaar lank al siek was.  Hy was vasgeval.

Dieselfde ding het in sy lewe seker vir 38 jaar lank al oor en oor herhaal.

Mens sien ook in sy interaksie met Jesus dat hy waarskynlik opgegee het, om te probeer.

Hy het begin glo dat hy nie meer gesond kan word nie omdat hy te stadig is en die oomblik wat die water roer is hy te laat om iets te doen.  Hy is vasgeval.

 

Dan verskyn Jesus in sy storie.  38 jaar lank is hy siek.

Joh. 5:5     “Jesus het hom daar sien lê en was bewus daarvan dat hy geruime tyd al siek was. Hy vra hom toe: “Wil jy graag gesond word?”  NLV

Die vraag wat ons vanoggend vir onsself moet vra is:  Wil jy graag gesond word?

Vergeet van die ander wat jy graag hier wou hê en al die wat dit ook moet hoor.

Hoe lank is jy dalk in ‘n sekere area van jou lewe vasgeval en stuck?

 

Want ons moet kan groei.  Ons moet beter mense word met tyd.  Is daar ‘n area in jou lewe waar jy dieselfde krisis of probleem oor en oor beleef?  Van die goed word deel van ons menswees.  Soos ek nou die dag iemand se Facebook status lees:  “Ek is soos ek is.”  M.a.w. ek het ophou verander en groei, ander moet my nou maar aanvaar soos ek is.

Waarvoor dan nog ‘n verhouding met Jesus hê?  As ek nie glo dat Hy het gekom het om alles in my lewe te verander nie dan is ek net besig om ‘n vorm-godsdiens te hê.

 

Eendag is ek Arlington vullishoop toe.  Die van julle wat al daar was sal weet, dit is aardig.

Een van die dinge wat jou daar opval is die reuk.  Eendag vra ek een van die mense wat ek daar sien, hoe hou julle dit uit?  Ek kan nie eers vir 5 minute hier by julle staan nie.  Hy sê toe, meneer, ons is al so lank hier, ons ruik dit nie eers meer nie.

Partykeer word ‘n probleem so deel van ons lewe dat ons nie eers meer agterkom dat dit ‘n probleem is nie.  Ons blameer al die ander mense hoekom ons is waar ons is.  Maar dieselfde finansiële of verhoudings-, afhanklikheids probleem herhaal oor en oor in ons lewe.

 

As jy iets disfunksioneel in jou lewe lank genoeg verdra, word dit vir jou normaal.

As jy lank genoeg met iets wegkom of dit los of nie daaraan aandag gee nie dan sal dit vir jou later jou nuwe normaal word.  So sleg soos dit is, dit raak normaal en aanvaarbaar.

En ons dra hierdie slegte dinge met ons rond en ons veroorsaak pyn in ander se lewens.

 

Jesus vra: “Wil jy gesond word?”

Vreemde vraag wat Jesus vra.  Ek meen – is Jesus bietjie stadig van begrip?  Nee, Jesus se vrae is gewoonlik dieper as wat mens besef.  Jesus vra hom nie of hy fisiese genesing wil hê nie.  Ek meen dit is ooglopend.  Jesus vra hom eerder of hy verantwoordelikheid wil neem om gesond te word?  M.a.w. of hy bereid is om sy verskonings en die ander mense wat hy die heel tyd blameer te los en te doen wat net hy kan doen.

Dit is nie altyd maklik nie.  Om oor te gee is nie maklik nie.  Om hulp te vra is nie maklik nie.  Dit is soos ‘n ruimteskip wat die aarde se wentelbaan wil verlaat.

Dit kos moeite en effort om los te breek van jou normaal.

Want so sleg soos dit vir jou is – om oor te gee sodat God jou kan verander is soms moeiliker as om net met die pyn en krisis verder te leef.

Daar is verantwoordelikheid wat jy moet neem – sonder dit, kan God nie sy werk doen nie.

 

Is jy op ‘n plek in jou lewe waar jy kan eerlik kan wees omtrent jouself?

Is jy op ‘n plek waar iemand jou kan wys dat daar iets is in jou lewe wat stink, wat jou elke dag bietjie minder soos Jesus maak?  Sonder dat jy jouself sal vererg.

Is jy bereid om uit die gemaksone te kom en op te hou verskonings maak?

Dit is maklik om iets of iemand anders te blameer hoekom jy nie kan los breek nie.

 

Iewers in hierdie reeks wat volgende week begin bid ek dat jy sal kyk wat is jou storie.

Dat jy die moed sal hê om op te staan.  Dat jy die guts sal hê om te sê, genoeg is nou genoeg.  Dat jy verantwoordelikheid sal neem vir jou slegte gewoontes en God sal toelaat om jou te help om daarmee te breek.

 

Joh. 5:7     “Die sieke het Jesus geantwoord: “Meneer, ek het niemand naby my om my in die waterbad te tel wanneer die water geroer word nie; en terwyl ek nog naderkom,  gaan iemand anders voor my in.”  NLV

Weet jy wat – jy sal ‘n verskoning kry as jy een soek.  Glo my.

Ons is almal besig – maar hoe hartseer is dit nie dat ons die dinge wat belangrik is in die lewe aanhoudend uitstel en nie by uitkom nie.

Lewe jy regtig?  Of gaan jy maar net deur die motions elke dag?

Ons weet nie wat hou môre vir ons in nie.

 

Wat is die default waarna jy elke keer toe terugkeer wanneer dit met jou sleg gaan emosioneel?  Wat is jou verslawing?  Jou coping meganisme in jou lewe is jou verslawing.

Iewers in ons lewe moet ons die default by God se genade uitbring.

2 Kor. 12:9 “Hy het egter vir my gesê: “My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede spog sodat die krag van Christus voortdurend deur my kan werk.”

Swakheid is nie jou probleem nie.  Dit is juis waar God se genade werk.

Weet jy waar is ons probleem?  Trots en ego.  As ons nie ons swakheid wil erken nie.

 

Jesus sê vir hom: “Staan op!”

Dalk sê God vir jou vanoggend, staan op!

Iewers moet ons aan die MOVE kom in ons lewe.

Joh. 5:8     “Jesus sê toe vir hom: “Staan nou op, tel jou slaapmatjie op en loop!”  NLV

As jy vanoggend glo, dan kan jy opstaan.

As jy vanoggend ‘n commitment maak, verantwoordelikheid neem – dan kan God iets groot in jou lewe doen.

Al wat jy vanoggend kan doen is – GLO.

Glo Hy kan jou verander.  Glo Sy genade is vir jou genoeg.

 

En DAN – neem aksie.  Maak ‘n besluit.  MOVE.

Maak jou hart en jou gedagtes oop vanoggend.  Laat toe dat die Heilige Gees in jou gebroke lewe ‘n saad kom plant wat dalk alles in jou lewe gaan verander.

Los die verskonings van die water roer nie op die regte manier nie, die ander spring elke keer voor jou in… en staan op!

 

Jy sê, Braam, jy verstaan nie.  Ek sukkel al 38 jaar hiermee.

Ek het al so baie probeer.  Dit is net waar ek en jy die fout maak.

Ek probeer – Nee, gee oor!  Surrender!  Glo en gee die eerste stap in die regte rigting.

Jesus kom nie en sê hier is die ritueel of die formule nie.

Nee, Hy kom en sê, GLO, gee oor en staan op!

 

Nog ‘n probleem wat ons het is dat ons vir God wil voorskryf hoe Hy moet werk.

Ons het ‘n verwagting en as dit nie gebeur volgens ons raamwerk nie dan wil God nie my help nie.  Luister, vergeet van jou verwagting.

Soos dit nou is – GLO.  Soos dit nou is – neem jou eerste stap.

Joh. 5:9-10         “Onmiddellik het die man gesond geword, sy slaapmatjie opgetel en begin loop. Op daardie dag was dit die Sabbat. Die Jode sê toe vir die man wat so pas gesond geword het: “Dit is ’n Sabbat; daarom mag jy nie jou slaapmatjie dra nie.”  NLV

 

38 Jaar se vas sit, se verskonings, se siek wees – word onmiddelik gesond.

Weet jy wat?  Toe hierdie ou op die sabbat sy matjie optel en loop wat hy nie mag gedoen het nie – toe het almal geweet.

Party van ons wil tog so privaat wees.  Weet jy wat – God doen nie wonderwerke in mense se lewens sodat dit weggesteek kan word nie.

Jou storie wil God gebruik om iemand anders se lewe te raak.  Vergeet van jou ego, vergeet van jou image.  Laat toe dat God jou storie gebruik in iemand anders se lewe.

 

Mat. 17:20 “The simple truth is that if you had a mere kernel of faith, a poppy seed, say, you would tell this mountain, ‘Move!’ and it would move. There is nothing that you wouldn’t be able to tackle.”  The Message

As jy vanoggend net kan glo, al is dit so klein soos ‘n poppy seed.  ‘n Korreltjie.  As jy net kan glo dat die onmoontlike moontlik is, dan kan God die res doen.

SLUIT Oë.

Ek wil jou vra om vir jouself ‘n prentjie te skets in jou gedagtes hoe jou lewe kan wees as jy gaan opstaan.  As jy gaan die eerste stap neem vandag.  Maak daardie prentjie.  Kry die een ding, die een area van jou lewe waar jy wil hê God moet begin betrokke raak.  Dan gee jy dit nou oor.  Jy gaan ophou probeer.  Jy gaan God toelaat.

GEBED

Ek wil afsluit deur jou te vra of jy nie ‘n verbintenis wil maak nie.  Ons begin volgende week hierdie reeks MOVE.  Ek wil jou uitnooi of uitdaag om jou eerste stap te neem.  Ons groei wanneer ons commitments maak.  Ons raak fiks wanneer ons ‘n oefen program het en daarby hou.

So, hier is die uitdaging:

Daar is 3 hoofelemente in die reeks wat die kinders, die tieners, almal van 0-99jr gaan doen.

  1. Dagstukkies – stiltetyd elke dag vir 40 Dae lank begin volgende week. Op die webwerf move2016.co.za is dit ook beskikbaar as jy dit aanlyn wil lees. Daar is ook al die ander materiaal daar beskikbaar.
  2. Die Sondag dienste – elke week gaan ons ‘n nuwe tema inlei deur die boodskap hier in die kerk. Dit is jou wegspring vir die week. So, ek wil jou uitdaag om ‘n nuwe normaal vir jou te kry as jy nie gereeld op die stadium kerk toe gaan nie.  Maak ‘n commitment vir jouself om hierdie 6 weke van volgende week af by te woon.
  3. ‘n Omgeegroep – ons groei deur verhoudings. As jy nie by ‘n klein groepie van 4-12 gelowiges is nie, wil jy nie net vir die 6 weke by een inskakel nie. Dalk wil jy een begin met ‘n groep van jou vriende.  Die materiaal is ook in julle boekies en die videos is op die webwerf beskikbaar.  Ons kan jou ook help as jy hulp nodig het.

So, dit is my uitdaging vir jou vanoggend.  Doen iets wat uit jou comfortzone is.

Staan op, waag uit. Doen iets waarvoor jy dalk bang is maar jy weet dit is die regte ding vir jou om nou te doen.