My Storie… Ek het besluit om te wag
[powerpress]
Die Gemiddelde persoon in Amerika wag 3 jaar van hulle lewe in rye of verkeer.
Selfs in ons tyd van onmiddellike bevrediging bly wag nog steeds deel van die lewe.
Vroeër of later kom jy agter dat alles nie soos ‘n “Drive Thru” werk nie.
Ten minste verloor ons meeste van die tyd nie hoop as ons wag in ‘n tou nie.
Twee weke gelede was ek by die Ontvanger van Inkomste, ek het amper hoop verloor…
Veral as jou kaartjie sê “General enquiries 263” en jy sien na 2ure se wag is dit nog in die 100’s
Maar daar is ‘n ander tipe wag wat meer ‘n seisoen van wag is.
Die besluite wat jy vandag maak, bepaal die stories wat jy môre gaan vertel.
Dit gaan verby die alledaagse dinge wat ons irriteer soos die bussies met glydeure wat in die reguit baan afry net om daar voor in te druk en ook te draai.
Ek meen, ek weet nie wat in jou gedagtes opkom nie maar die eerste ding wat by my opkom is – dit is onregverdig. Hoekom moet ek hier sit en wag en hy ry net verby.
Die seisoen van wag in ons lewe raak die dinge diep in ons harte.
Baie dinge het wag seisoene. Ekonomiese siklusse het wag periodes.
Jy wag, vir die mark om te verander voor jy iets kan doen.
Daar is seisoene van wag wat fisies moeilik is. Wag om beter te voel. Beserings.
Daar is Seisoene in verhoudings wat moeilik is.
Dalk ‘n enkellopende persoon wat wag vir iemand wat die Here vir hulle moet gee.
Dalk is dit iemand wat kinders wil hê – hulle wag vir ‘n wonderwerk om te gebeur.
‘n Huwelik – dit is nie wat jy gedink het dit sou wees nie. Wonder of dit beter gaan raak?
Dalk ‘n wag vir iemand, en ek vertrou dat God sy transformerende werk sal doen.
Die keuses wat die persoon maak is sleg, en jy wag vir God om iets te doen.
‘n Seisoen van wag – glad nie “exciting” nie. Dit voel of daar nie ‘n doel in die lewe is nie.
Die een vraag is in ons gedagtes kom is: Hoe lank moet ek nog wag?
Ek onthou toe ons PE toe getrek het. Ons het ‘n wonderlike groot huis gehad in Randburg met ‘n swembad en ons kon nie iets hier kry waarvan ons hou en kan bekostig nie.
Ek onthou die weke, maande wat verbygegaan het wat ons elke Vrydag die koerantjie gekry en en begin kyk, en skouhuise gaan kyk.
[powerpress]
En gewoonlik is daar mense wat hulle opinie gee.
Dit is gewoonlik mense wat al gekry het, wat hulle graag wou hê.
En hulle het gewoonlik baie antwoorde en raad op dinge waarmee jy sukkel.
Maar ek het agtergekom dat die mense wat die meeste help is dikwels mense wat self besig is om te wag vir iets. Of dit siekte is, mense wat self deur ‘n seisoen gaan.
Maar die eerste vraag wat ons vra wanneer hierdie seisoen van wag so bietjie lank aanhou is: Hoe lank gaan dit aanhou?
Ek dink dit is nie die vraag wat ons moet vra nie. Dit is nie van die belangrikste vrae nie.
Baie pyn en hartseer kom dikwels omdat ons weier om te wag. Ons is te haastig.
En veral omdat ons nie wag op die Here se goedkeuring of Sy leiding nie.
Wat ons dan gewoonlik doen is om dinge in ons eie hande te neem en te doen wat ons dink die beste is.
Die Bybel is vol stories van mense wat nie wou wag nie.
Vandag soos verlede week kyk ons na Abram en Sarai.
Verlede week het ons gesien God het hom gekies en hy het alles gelos toe hy moes gaan.
Hy het God gevolg maar soos die jare aangehou het, het hy begin wonder….
Hoe kan ek die Vader van die nasies wees as ek nie eers ‘n vader in my eie huis is nie.
Gen. 15:1-6 “Na hierdie dinge het die woord van die Here tot Abram gekom in ’n gesig en gesê: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou ’n skild en jou loon is baie groot. Toe vra Abram: Here Here, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die Damaskéner Eliëser is? Verder het Abram gesê: Aan my het U geen nageslag gegee nie; so sal dan die bediende van my huis my erfgenaam wees. Toe kom die woord van die Here tot hom en sê: Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees. Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees.” AFR83
En dan begin hulle weer opgewonde raak en so paar weke gaan verby en Sarai raak nie swanger nie. En die paar weke raak ‘n paar maande en ‘n jaar en die jaar raak meer as ‘n jaar.
En nou alhoewel hulle die Here nog steeds vertrou, het hulle opgewondenheid begin kwyn.
Toe begin hulle die seisoen van wag meet in jare. 2 jaar 3 jaar, 5 jaar, 7 jaar, 10 jaar.
En hulle het die vraag begin vra wat ons vra wanneer dit langer aangaan as wat ons gedink het:
Nog ‘n vraag: Wat is redelik? En as daardie tyd verby gaan dan begin ons twyfel.
Daar is baie dinge wat ons persepsie beïnvloed van wat ‘n redelike tyd is:
Hoe lank dié wat om ons is, moes wag vir dieselfde ding?
As hulle wag eindig en joune eindig nie. Dan voel dit vir ons dat dit nie regverdig nie.
Ander kere deur ander mense se persepsie van wat redelik is.
As die mense jy vertrou en wat inspraak in jou lewe het, begin praat en dinge sê soos: “Jy het al lank genoeg gewag. Jy was darem lank geduldig gewees. Niemand sal so lank wag vir so iets nie. Jy moet aan beweeg met jou lewe.” Dan beïnvloed dit ons persepsie.
Ons eie vermoë om uit te hou en geduldig te wees. In ons eie krag voel ons nie dat ons kan uithou met die omstandighede wat ons nou beleef nie.
Ons weet nie wat die invloed was op Abram en Sarai was nie.
Maar op ‘n sekere plek in hulle reis het hulle wag nie meer vir hulle redelik gevoel nie.
En daarom besluit hulle om dinge in hulle eie hande te neem. Baie jare het al verby gegaan.
Gen. 16:1-3 “Maar Sarai, die vrou van Abram, het vir hom geen kinders gebaar nie; en sy het ’n Egiptiese slavin gehad met die naam van Hagar. En Sarai het vir Abram gesê: Jy weet, die Here het my nie toegelaat om moeder te word nie. Gaan tog in by my slavin; miskien sal ek uit haar gebou word. En Abram het na Sarai geluister. Toe neem Sarai, die vrou van Abram, Hagar, die Egiptiese, haar slavin – nadat Abram tien jaar in die land Kanaän gewoon het—en gee haar aan haar man Abram om sy vrou te wees.”
Nou ek weet nie wat in Abram se gedagtes aangegaan op hierdie stadium nie maar wat het hom laat dink dat dit ‘n goeie idee is?
Hy het tog nie op enige manier gedink dat dit goed sou eindig nie.
Hy kon tog nie vir haar gesê het, weet jy, ek het nog nooit hieroor gedink nie, maar nou dat jy dit noem, wat ‘n wonderlike idee.
Gen. 16:4-5 “Hy het by Hagar gaan slaap en sy het swanger geword. Toe sy agterkom sy is swanger, het sy haar eienares geminag. Toe sê Sarai vir Abram: “Jy dra die skuld vir hierdie onreg wat ek moet verduur. Ek het my slavin vir jou gegee om met haar gemeenskap te hê, en noudat sy agterkom sy is swanger, minag sy my.” AFR83
Hierdie was ‘n dom idee van die begin af. Dit was ‘n besluit wat net op ‘n ramp sou eindig.
Abram se gewilligheid om saam te speel maak hom net so skuldig as Sarai.
Gen. 16:6 “Maar Abram sê vir Sarai: “Jou slavin staan onder jou. Doen met haar soos jy goeddink.” Sarai het haar slavin toe sleg behandel, en sy het weggeloop.”
Hierdie seisoen van wag, moes vir Sarai en Abram ‘n ongelooflik moeilike seisoen gewees het. Veral toe die maande jare geword het. En jaar na jaar het begin verbygaan.
MAAR die resultaat van hulle ongeduld, om nie te wag vir die Here nie en dinge in hulle eie hande te neem – was VÊR meer sleg, destruktief en het nog meer pyn en seer in hulle lewe ingebring.
Kyk na die resultaat van hulle ongeduld. Daar is die breek van vertroue tussen hulle.
Om iemand toe te laat om tussen die intimiteit te kom van ‘n man en ‘n vrou.
Dink aan die wantroue, verwyt en skuldgevoelens wat moes ontstaan.
Daar is die mishandeling wat Hagar nou moet verduur a.g.v. hierdie besluit.
Verhoudings wat verbrokkel. Alles a.g.v. hulle eie ongeduld en omdat hulle nie wou wag nie.
Nou, ek weet dit is maklik vir ons om na hierdie verhaal te luister en te dink – hoe dom kan ‘n mens dan nou wees? Natuurlik moes Abram gewag het op die Here. Natuurlik moes hulle nie dinge in hulle eie hande geneem het nie.
Maar ons het die perspektief van geskiedenis aan ons kant. Ons kan terug kyk en sê, sjoe, dit was darem ‘stupid’ gewees. Ons weet nou dat God tog op die ou einde sy belofte gehou het. Ons weet dat Abraham se nageslag soos die sterre aan die hemel geword het en dat die Messias uit sy nageslag gebore is.
Maar wanneer jy in die seisoen van wag in jou lewe is, dan weet jy nie hoe lank jy nog moet wag nie. Jy weet nie of dit more, oormôre of dalk nooit sal wees dat die Here jou gebed gaan beantwoord nie of Sy belofte gaan hou nie.
Jy weet nie hoe jou storie gaan eindig nie. Ons weet dalk hoe ander mense se storie geëindig het. En dit is nie altyd so mooi nie.
En hulle wat na ons toe kom en sê maak so of doen dat of hier is jou antwoord… help nie.
In die middel van ons wag, weet ons nie hoe die details van ons storie gaan uitwerk nie.
Dit is uit daardie onsekerheid wat ons beweeg en besluite maak wat swak is en net meer hartseer in ons lewe inbring.
Is daar enigiets tasbaar waaraan jy kan vashou terwyl jy in ‘n seisoen van wag is? Om jou perspektief te gee. Hier is so paar:
1. Ons het die verhale in die Bybel. Die Bybel is vol ware verhale van openbaring. Mense wat op die Here gewag het en hulle wat nie op die Here gewag het nie.
Wat het met hulle gebeur wat nie op die Here gewag het nie?
Dit gee ons perspektief op ons eie storie.
2. Ons het ook die stories van ander mense in ons lewe. Elkeen van ons wat hier is vandag – ons lewe is geraak deur ander mense wat geduldig op die Here gewag het.
Al sou jy jouself nie as ‘n toegewyde gelowige beskryf nie en net iemand wat nog soekend is, nog steeds is daar mense wat ons ken wat ‘n moeilike pad van vertroue en geloof gestap het in ‘n seisoen van wag in hulle lewe. En hulle storie gee ons perspektief.
3. Dan is daar nog ‘n storie – jou storie.
En jou storie is uniek, anders as al die ander mense se storie.
En jy kan terugkyk in jou storie. En baie keer kan jy terugkyk op ‘n seisoen van wag in jou lewe en jy kan sien hoe God in jou lewe gewerk het in daardie seisoen van jou lewe.
En jou vertroue in Hom wat gebou is.
En in jou eie storie – ken jy dalk die pyn en die verbrokkeling van verhoudings en die hartseer van ‘n tyd toe jy nie wou wag, in ‘n seisoen van wag in jou lewe nie.
Toe jy daardie besluit gemaak het wat jy weet nie God se goedkeuring wegdra nie.
Jy kon nie “nee” sê vir daardie geleentheid of persoon nie.
Maar vanuit jou ongeduld en alleenheid en pyn het jy dinge op jou eie probeer doen.
So, jy het verskeie stories wat jou kan help om perspektief te kry.
En dan het jy God se beloftes.
Jes. 40:31 “…maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.”
2 Peter 3:8-9 “But do not forget this one thing, dear friends: With the Lord a day is like a thousand years, and a thousand years are like a day. The Lord is not slow in keeping his promise, as some understand slowness. He is patient with you, not wanting anyone to perish, but everyone to come to repentance.”
Ek wil jou uitdaag op ‘n persoonlike vlak:
Daar is sommige van julle wat in ‘n seisoen van wag is. En jy het dalk by die plek uitgekom wat dit verby die punt beweeg het wat jy as regverdig of genoeg beskryf.
Maar diep in jou binneste weet jy dat dit nie nou die regte ding vir jou sal wees om jou eie plan te maak of om aan te beweeg nie. Al wat dit sal doen is om die pyn tydelik te verlig.
En sommige van ons, is op die punt om ‘n besluit te maak wat jy in jou hart weet nie God se wil is nie. Dit is jou eie plan.
Jy het niks van Hom gehoor nie en maar a.g.v. jou eie pyn, alleenheid en seer beweeg jy met ‘n plan wat jy self gemaak het.
En die begeerte om net uit die pyn en ongemak te kom, laat jou beweeg op jou eie krag.
Die realiteit is dat dit tydelik jou pyn sal verlig. Maar oor die langtermyn sal dit net meer pyn en hartseer in jou lewe inbring deur ‘n verkeerde keuse.
En die skuldgevoel wat dit sal bring sal moeilik of onmoontlik wees om weg te wens.
So, ek wil jou uitdaag om te wag met daardie besluit.
Laat God toe om op Sy manier en op Sy tyd te doen wat net Hy kan doen.
Ek kan jou nie belowe dat die pyn onmiddellik sal weg wees of dinge makliker gaan raak nie.
Maar wat ek jou wel kan belowe is: OM NIE TE WAG NIE is vêr meer pynlik as om te wag.
Wat ek jou ook kan belowe is: alhoewel dit baie moeilik is om op hierdie stadium te sien, is dat God nooit foute maak nie, ons nooit alleen laat nie en alles gebruik om Sy doel te bereik met ons lewe.
Dit is nie net ‘n “pause” knoppie in jou lewe nie.
Daar is lewe, en doel en groei selfs in die middel van die wag periode van jou lewe.
Ek kan jou belowe dat God nie van jou vergeet het nie.
Jak. 4:8 “Nader tot God en Hy sal tot julle nader.”