Transformed – Week 8: Reuse in jou lewe en werk

[powerpress]

Ons vermoë om te droom is wat ons mense maak.  Ons almal het drome of het drome in ’n stadium in ons lewe gehad.  As ons nie drome het nie dan dryf ons maar net in die lewe en gaan ons nêrens heen nie.  Dit is een van ons grootste gawes, die vermoë om te droom.  Baie van ons drome word natuurlik nie waar nie, maar sommige drome word deur God in ons harte geplaas omdat ons daardeur Sy koninkryk sal bou en Hom sal eer.

Dit is Einstein wat al gesê het:  “Imagination is more important than knowledge.”

In 1 Sam. 16 en 17 sien ons ’n persoon wat drome gehad het.  En hy was ook so voorbarig om God te glo vir hierdie drome wat in sy hart geplaas is.

1 Samuel gaan oor Dawid, die 2de koning van Israel.

In Dawid se pad het ’n reus gestaan wat hy moes oorwin.  Hierdie reus het vir almal te groot gelyk.  Dit was algemeen in daardie tyd dat een weermag die ander weermag uitgedaag het met hulle beste vegter en dan is die oorlog se uitkoms bepaal deur die geveg van hierdie 2 beste vegters.  Aan Israel se kant het niemand kans gesien nie.

 

In 1 Sam 16 sien ons hoe Samuel die profeet die opdrag kry om een van Isai se seuns te gaan salf as koning oor Israel.  En dan ken ons die verhaal dat Isai al sy seuns bring en Samuel nie hoor dat een van hulle die koning gaan wees nie.

Dan nadat Samuel vir Isai vra of dit al sy seuns is laat kon hy sy jongste en kleinste seun en die Here salf hom wat die jongste is volgende koning oor Israel.

Dan weet ons jare gaan verby waar daar absoluut niks gebeur nie.  Dawid word nie koning nie en Saul gaan aan as slegte koning oor Israel.

 

Tot op ’n dag wat Dawid ’n reus moes oorwin maar voor hy by die reus kon uitkom was daar eers 4 ander reuse in sy lewe wat hy moes oorwin.

En elkeen van ons moet eers hierdie 4 reuse- in ons lewe oorwin voordat ons drome of dalk eerder God se drome vir ons kan waar word.

 

1.  Die eerste reus vir jou drome is vertragings (delay)

Geen droom word vinnig waar nie.  Ten minste nie die drome wat die moeite werd is nie.

In meeste gevalle neem dit jare voordat Goddelike drome waar word.  En hierdie vertraging laat ons opgee en laat ons twyfel of die Here werklik die droom gegee het.

In Dawid se geval was dit sy pa wat hom teruggehou het.

1 Sam 17:15      “Dawid het heen en weer beweeg tussen Saul en sy pa se skape wat hy in Betlehem moes versorg.”  NLV

Nadat Samuel vir Dawid as koning gesalf het, het sy pa hom net weer na die skape toe gestuur om hulle op te pas.  Daar was ‘n lang tyd wat verbygegaan het en sy pa het hom teruggehou.

 

Daar gaan mense wees wat jou Goddelike droom gaan terughou.  Te jonk, te oud, nie slim genoeg nie, nie die regte kleur of geslag nie.  Diskriminasie in enige vorm.

En soms is hulle wat ons die meeste terughou die mense waarvoor ons die liefste is.

As God se plan iemand anders se plan vir jou weerspreek dan gaan daar is vertraging wees.  Mense gaan jou terug wil hou.

Maar Dawid kom daar by sy broers aan en hy sien wat daar aangaan.  Almal is bang.  Goliat die Filistyn daag hulle uit en hy spot met hulle en met hulle God.

 

2.  Die tweede reus vir jou drome is moedeloosheid (discouragement)

Goliat het ’n klimaat van vrees by die Israeliete geskep en almal was oortuig dat hulle die oorlog gaan verloor.  Soms gaan niemand dink dat jy dit kan doen wat jy droom nie.

1 Sam 17:8-11   “Ek is tog ’n Filistyn en julle is onderdane van Saul. Kies iemand wat ’n tweegeveg met my kan voer. As julle man daarin slaag om my dood te maak, sal ons julle slawe wees, maar as ek hom doodmaak, sal julle ons slawe wees! Ek daag vandag die gevegsmagte van Israel uit! Stuur tog iemand om teen my te veg!” Toe Saul en die Israeliete dit hoor, was hulle mismoedig en baie bang.”  NLV

Hoekom het hulle bang en mismoedig geraak?

Want hulle het na die verkeerde stem geluister.  Soms moet ons al die stemme om ons stilmaak en na ’n ander vars stem luister.  ’n Seuntjie van die dorp af wat sê, “Hierdie ou is niks, ons kan hom wen.”

Na wie luister jy wanneer daar gesê word, dit kan nie gedoen word nie?

Wie is die een wat jou Goddelike drome plat druk en sê dat dit nie moontlik is nie.

Wat gebeur as jy begin luister?  Jy word negatief.  Jy word soos hulle.  Negatiwiteit is aansteeklik.  Praat maar net met iemand in die gang wat negatief is en jy is gou ook.

 

1 Sam 17:23-24 “Juis toe kom Goliat, die uithalervegter van Gat, uit die Filistyne se linies na vore. Dawid het sy herhaalde uitdaging gehoor.  Toe die Israeliete Goliat hoor, het hulle weggehardloop omdat hulle vir hom bang was.”  NLV

Moenie met negatiewe, bang en bitter mense uithang nie.  Jy sal net soos hulle word.

 

3.  Die derde reus in jou pad is afkeuring (disapproval).

In Dawid se geval was dit sy eie broers wat sy motiewe bevraagteken het en op hom probeer afkyk het om die reus aan te vat.

Meeste van ons hou op droom wanneer mense nie van ons hou nie of nie in ons glo nie.

Ons wil hê dat ons ons almal moet hou.  Maar as jy Goddelike drome in jou lewe het, sal daar ALTYD mense wees wat jou oordeel, nie van jou hou nie en nie in jou glo nie.

1 Sam. 17:28     “Maar Dawid se oudste broer het gehoor hoe hy met die manskappe praat en het kwaad geword. “Hoekom het jy hierheen gekom?” vra hy. “En by wie het jy daardie klompie vee in die wildernis gelos? Ek ken jou domastrantheid en vermetelheid. Jy wil net die geveg sien!”  NLV

 

In Engels praat ons van sibling rivalry.  Mense die naaste aan jou wat nie kan sien wat jy sien nie.  Die hartseer waarheid is – soms is dit jou eie familie wat jou keer om God se wil te doen en om Hom te glo.

Selfs Jesus moes hiermee deel.  Jesus het verskeie broers gehad.  Hulle het nie in Hom geglo toe Hy al die wonders gedoen het nie.  Van hulle het eers begin glo nadat Jesus gesterf het en uit die dood opgestaan het.

 

Die grootte van jou God bepaal die grootte van jou drome.

Jou Goddelike drome moet groter as jy wees anders is hulle net jou drome.

As jy dit self kan regkry dan is hulle nie Goddelike drome nie.  Jy moet voel dat jy dit nie op jou eie sal regkry nie.

As jy ’n droom van die Here kry wat ander mense af skiet en jy spring daarvoor in elk geval sal jy misverstaan, geoordeel en beswadder word.

Maar jy moet besluit wat vir jou die meeste saak maak – die goedkeuring van ander mense of die goedkeuring van God.

 

4.  Die vierde reus wat jy sal moet veg is twyfel (doubt).

Daar was niemand wat ’n groter kenner was op oorlogvoering as koning Saul nie.  En die mees gesaghebbende persoon in Dawid se lewe het vir hom gesê dat hy mal is en nie teen die reus sal kan veg nie.

Miskien sê die grootste eksperts en kenner in jou lewe ook, dit kan nie gedoen word nie.

Dit is genoeg om jou te laat begin twyfel in jouself.

 

1 Sam. 17:32-33         “Ons moenie oor hierdie man moedeloos word nie,” sê Dawid vir Saul. “Ek sal teen hierdie Filistyn gaan veg!” Moenie verspot wees nie,” sê Saul. “Jy kan tog nie teen die Filistyn veg nie, want jy is nog maar ’n seun, terwyl hy van jongs af ’n vegter is!”  NLV

Selfvertroue in God word dikwels deur ander as arrogansie ervaar.

Die kenners is dikwels verkeerd.  Toe Rick Warren die boek Purpose Driven Life geskryf het, het die redakteur vir hom ’n brief geskryf en gesê, “Hierdie boek sal nooit werk nie. Niemand gaan 40 hoofstukke lees nie.”  Die boek is gepubliseer en het die beste verkoper van alle boeke ooit geword naas die Bybel.

Die eksperts is dikwels verkeerd.

 

Hoe oorwin jy hierdie reuse- in jou lewe?

1.  Onthou hoe die Here jou in die verlede gehelp het.

1 Sam. 17:37     “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!”  NLV

Wanneer jy die manier onthou hoe die Here jou in die verlede gehelp het, sal dit jou vertroue gee vir die toekoms. Dit is ook hoekom ons dinge moet neerskryf of joernaal.

Daai tyd in jou lewe toe jy gedink het, nou is dit die einde… en toe was dit nie.

Daai tyd in jou lewe toe jy gevoel het, nou is ek heeltemal alleen… en toe was jy nie.

 

2.  Gebruik die gereedskap wat die Here jou nou gegee het.

1 Sam. 17:38-40         “Saul laat Dawid toe sy eie uitrusting aantrek: ’n bronshelm op sy kop en ’n borsharnas. Dawid het ook sy swaard bo-oor sy uitrusting vasgemaak. Toe hy probeer loop, kon hy nie, want hy het dit nog nie vantevore gedra nie. “Ek kan nie hiermee loop nie,” sê hy. “Ek is nie daaraan gewoond nie.” Daarom het hy die uitrusting uitgetrek. Hy neem toe sy herderstok, soek vyf gladde klippies in die spruit uit en sit dit in sy slingersak. Met sy slingervel in die hand loop hy die Filistyn tegemoet.”  NLV

Moenie wag vir iets wat jy nie het nie.  Nie geld, opleiding, konneksies of enigiets nie.

Gebruik die dinge wat die Here reeds vir jou gegee het om jou reuse mee te veg.

Moenie wag vir jou skip om in te kom nie, swem na jou skip toe.

Dawid gebruik waarmee hy gemaklik was.  Sy slingervel en klippe.

Baie mense sal vir jou sê, doen dit op my manier.  Gebruik waarmee jy gemaklik is en vertrou in het.  Jy is nie Saul nie.

Eccl. 11:4 “If you wait for perfect conditions, you will never get anything done.” LB

Moenie wag vir die ding wat in die pyplyn is nie, begin met wat vandag in jou vermoë is.

 

3.  Ignoreer die droom brekers in jou lewe.

Dawid het nie enige aanmoediging van enigiemand afgekry nie.  Nie sy pa of sy broers nie.

Later in sy lewe toe ander ook teen hom gepraat het moes Dawid homself telke male versterk het in die Here.

1 Sam. 30:6        “En Dawid het dit baie benoud gehad, want die manskappe het gepraat om hom te stenig; want die siel van al die manskappe was verbitterd, elkeen oor sy seuns en sy dogters; maar Dawid het homself versterk in die Here sy God.”  AFR53

As ons maar net kan leer om te doen wat Dawid gedoen het.  Om wanneer ons moeg raak, bang raak, moedeloos raak om ons te versterk in die Here.

Sommige reuse sal nie deur positiewe denke oorwin kan word nie.  Jy moet meer as dit hê.  Jy moet jouself in die Here versterk, want niemand anders kan vir jou daardie bemoediging en hoop weer gee nie.

 

4.  Verwag dat die Here jou sal help vir Sy eer.

Dawid het vertroue in God en in homself gehad en die reus stormgeloop:

1 Sam. 17:45-47         “Maar Dawid skree terug: “Jy kom na my toe met ’n swaard en ’n spies en ’n swaard, maar ek kom na jou toe in die Naam van die Here, die Almagtige…, Vandag gee die Here jou oor in my mag. Die hele wêreld sal weet dat Israel ’n God het.”  NLV

Veg jy die geveg wat die Here vir jou gegee het of jou eie geveg vir jou eie eer?

Sonder geloof sal dit onmoontlik wees om God te behaag.

Hoeveel kies jy om Hom te vertrou?

 

Toe ek klaargemaak het met matriek het ek gaan studeer wat my pa se droom vir my was.  ’n C.A.  So halfpad deur my eerste jaar het ek besef dat dit nie my droom of God se droom vir my was nie.

Ek het ’n oorlog by die huis verwag die dag wat ek vir hom gesê het dat ek voltyds vir die Here wou gaan werk.  Nie hy of my ma het geglo dat dit wat ek wou doen wys was nie.

Die Here het ook vir my ’n droom gegee om vir Hom ’n kerk te bou.

Toe ons so paar jaar gelede gekyk het na die feite was daar baie wat gesê het, julle droom te groot, in hierdie ekonomie sal ons nie so iets kan doen nie, die gemeente is nie groot genoeg nie.

Wel, ons is nog nie klaar nie maar die Here is besig om voor ons oë wonderwerke te doen en reuse te verslaan.

 

En ek sal jok as ek sê dat ek nooit moedeloos of bang of negatief raak nie.

Maar dan is my vraag, na wie luister ek?  Glo ek in myself of in ander of in God?

En die oomblik wat ek myself weer versterk in die Here begin my visie verander, begin ek weer glo dat die reuse oorwin kan word, begin ek weer sien wat God sien.

 

So, ek wonder waar is jy vandag?

Het die droom brekers en stelers jou Goddelike drome by jou kom wegvat?

Het jy dalk begin luister na al die ander stemme van die kenners wat sê dat dit nie gedoen kan word nie?

Het jy dalk toegelaat dat die houe en aanslae van die duiwel jou moedeloos maak?

 

Ek is vandag hier om vir jou te sê, die Here sal jou vyande verslaan en Hy sal jou Goddelike drome ’n realiteit maak as jy jouself in Hom versterk en by Hom gaan skuil.

Moenie dat enige mens, selfs nie die persone vir wie jy die liefste is, jou terughou om God se drome vir jou lewe na te jaag nie.

Moenie jou eie drome jaag nie.  Hulle kan dalk waar word maar hulle gaan jou leeg en ontevrede laat.  Net God se drome vir jou sal jou ’n gevoel van betekenis en “purpose” gee.  Wanneer Hy al die eer kry, is wanneer Sy hande magtig in beweging kom.

Transformed Week 6: Gesonde Finansies

[powerpress]

Goeie môre en soos altyd wat ‘n voorreg om vanoggend saam met julle te kuier en te leer.

Ons is in week 6 van ons reeks Transformed en ons tema vers vir die reeks is Rom. 12:2 Moenie tuis raak in hierdie wêreld met al sy boosheid nie. Nee, laat God julle van binne af nuut maak. Laat Hy julle manier van dink verander sodat julle kan weet wat Hy van julle verwag. Dan sal julle ook weet wat sy wil is en hoe julle julle hele lewe elke dag aan Hom moet oorgee.

Rob Lasey skryf in sy book Word on the street dat Rom12:1-2 so vertaal kan word vandag vir die ou op die straat.

So here’s what I want you to do, God helping you: Take your everyday, ordinary life—your sleeping, eating, going-to-work, and walking-around life—and place it before God as an offering. Embracing what God does for you is the best thing you can do for him. Don’t become so well-adjusted to your culture that you fit into it without even thinking. Instead, fix your attention on God. You’ll be changed from the inside out.

Vriende vir te lank in my lewe en ek vermoed in jou lewe het jy net harder probeer om te verander. Van buite na binne maar God doen die veranderings werk van binne na buite.

Vriende God roep my en jou en hy wil hê dat ek en jy heilig moet wees want Hy is heilig en daai Heilig beteken letterlik dat ons anders sal wees as die wêreld, dat ons values of waarde sisteem anders as die wêreld sal wees. Ons moet anders dink, ons moet anders optree by die werk, sport veld, om die braaivleis vuur in die verkeer in winkel sentrums, ons huwelike en verhoudings moet anders lyk, ons geestelike lewe moet anders lyk ons emosionele wêreld moet beter en gesonder wees, en die manier hoe ons met ons finansies werk en na ons finansies kyk moet ook anders wees as hoe die wêreld kyk en werk met geld.

Hoekom sodat ons beter kan wees? Sodat ons kan hoogmoedig wees? Nee sodat ek en jy gesond kan wees. Sodat ek en jy daai lewe kan leef wat Jesus vir ons van vertel en belowe in die Bybel maar ook daai lewe wat Hy vir ons kom wys het daai lewe wat oorvloedig is. Dat ons dit kan leef. ’n Lewe wat voluit geleef word. Sodat ons die wêreld kan wys dat daar niks in die wêreld is wat hulle dors kan les nie, die lewende water in iets nie dis ’n persoon.

Nou vandag staan ons stil by seker die moeilikste area in ons lewe want hierdie vat letterlik aan ons bas. Geld is altyd ’n baie sensitiewe area en voor julle uitsny of afskakel. Vandag se preek gaan nie oor geld weg gee en meer tiende gee vir kerk nie.  Vandag wil ek gesels oor hoe ons na ons geld moet kyk en hoe God wil hê ons dit moet bestuur.

Die rede is want as ek en jy nie ons geld bestuur nie sal dit ons bestuur. Geld het die vermoë om ons lewens drasties te beïnvloed goed of sleg. Dit is ook hoekom Jesus so baie oor geld gepraat het die helfte van die gelykenisse wat Jesus vertel het, het gegaan oor geld, want Jesus het geweet dat geld ’n baie groot rol in ons lewens gaan en kan speel. Meeste bekommernisse is a.g.v. finansies, meeste verhoudings val uitmekaar a.g.v. van geld.

En vandag gaan ons stilstaan by Lukas 16 en ek wil paar waarhede deel van uit die gedeeltes oor die moets en moenies van met geld werk en oor geld dink.

Julle kan volg op die skerm.  En ons lees uit die Nuwe lewende vertaling

Lukas 16:1-14

1Jesus het hierdie verhaal aan sy dissipels vertel: “’n Ryk man het ’n bestuurder in diens gehad om sy sake te behartig, maar gou het ’n gerug die rondte gedoen dat die bestuurder sy baas se besittings verkwis. 2Sy werkgewer roep hom toe in en sê: ‘Wat hoor ek van jou? Stel jou verslag op, want jy gaan ontslaan word.’

3“Die bestuurder het by homself gedink: ‘Wat nou? Dis klaarpraat met my hier; ek het nie die krag om te gaan slote grawe nie en ek is te trots om te gaan bedel. 4Ek het die oplossing! Dit gaan vir my boonop nog baie vriende besorg wat na my sal omsien as ek hier padgee!’

5“Hy het toe elke persoon wat aan sy werkgewer geld geskuld het, ingeroep om die situasie te bespreek. Hy het vir die eerste een gevra: ‘Hoeveel skuld jy hom?’ 6Die man het geantwoord: ‘Ek skuld hom 100 vate olyfolie.’ Die bestuurder sê toe: ‘Skeur op daardie skuldbrief en teken ’n ander een vir 50.’

7“‘En hoeveel skuld jy my werkgewer?’ het hy vir die volgende persoon gevra. ‘100 sakke koring,’ was die antwoord. ‘Hier,’ het die bestuurder gesê, ‘vat jou skuldbrief en vervang dit met een vir 80 sakke.’

8“Die ryk man moes tog die oneerlike bestuurder prys omdat hy so uitgeslape was. En dit is waar dat die mense van hierdie wêreld onder mekaar vindingryker is as die godvresende mense. 9Ek sê vir julle, gebruik julle wêreldse bronne tot voordeel van ander, en maak só vriende. Op dié manier sal julle vrygewigheid vir julle ’n beloning in die hemel verseker.”

Nou net vinnig dit wil voorkom asof Jesus die oneerlikheid van die bestuurder prys en dis nie wat gebeur nie. Wat Jesus wil doen, is dat ek en jy agterkom dat ons kan by enige iemand leer. Ons hoef nie noodwendig saam te stem oor  hulle waarde sisteem of geloof nie, maar ons kan wel leer by enige iemand.

Nou wat wil Jesus hê moet ons leer by die oneerlike bestuurder.

Een van die eerste goed wat Jesus wil hê ons moet leer is dat

1. Ons moet nie geld mors nie, want dit is nie ons sin nie.

Die bestuurder het begin om sy eienaar se geld te uit te mors sê die boodskap vertaling en toe kom hy in die moeilikheid toe moet hy rekenskap gee. Julle sien ons moet besef dat ons is eintlik net bestuurders van wat God ons mee toevertrou.

Alles wat ons het geld, besittings, jou liggaam, talente ons kinders is alles God sin. Die wêreld sê dis joune, jy het hard gewerk daarvoor, jy verdien dit en kan doen daarmee wat jy wil.

Die waarheid is wie gee jou die krag en vermoë om dit te doen. Wie het jou daai werk gegee of deur oopgemaak. Wie stuur vir jou daai baie werk. Ja, jy werk hard en sit ekstra ure in en woeker met jou talente maar dit is alles nog steeds God se genade dat jy dit kan doen.

En sodra ek begin leef met die uitkyk dat dis God sin nie myne nie dan voel ek ook anderste oor my besitting my geld my liggaam my talente en leef en bestuur ek ook my besittings wat God my mee vertrou ook anderste.

My vraag vanoggend is hoe goed bestuur jy God se besittings wat hy jou mee vertrou?

2. Ons moenie op geld vertrou nie, vertou op die bron van alles – Jesus Christus.

Ons sien dat die bestuurder het sy vertrou in sy werk en sy geld geplaas en toe hy hoor hy gaan sy werk verloor sê die gedeelte hy het gedink o wat nou dis klaarpraat met my.

Vriende geld is tydelik ons besittings, jou huis jou kar jou werk jou gesondheid liggaam is tydelik. Ons moet nie ons vertroue in iets sit wat weg gevat kan word nie.

Spreuke 23:5 Rykdom hou ook nie vir altyd nie. Dis soos ’n voël wat die een oomblik nog naby jou op ’n tak sit en dan skielik wegvlieg. So vinnig verdwyn geld.

Dit maak nie saak hoe baie geld jy het nie, een verkeerde transaksie of belegging en jou geld kan verdwyn. Jy hoef nie eers iets verkeerd te doen nie ’n resessie gebeur en jou geld verdwyn. Sterk besighede het toegemaak met die resessie mense het baie, baie geld verloor in die resessie en die wat hier sit en besighede het en die resessie oorleef het. Is dit omdat jy so great is of is dit omdat God se genade net so groot was vir jou, dalk het hy jou van daai een ekstra deal af weggehou wat jou onderdeur sou sit. Want God bless ons nie net altyd met goed nie soms bless hy ons deur goed van ons af weg te hou.

Van ons bou ons toekoms op ’n geliefde, die realiteit is niemand leef vir altyd nie, van ons bou op ons looks en vermoë maar realiteit is jy gaan nie vir altyd so mooi bly of gesond bly nie.

Ons moet nie soos die dwaas in die Bybel wat sy huis op sand gebou het nie, maar eerder soos die wyse man wat sy huis bou op die rots. Die een wat was, is en vir altyd dieselfde sal bly. Die begin en die einde, die lewe gewer, die een wat meer as genoeg is vir my – Jesus Christus.

3. Moenie vir geld lief wees of dit dien nie, gebruik dit vir God se koninkryk.

Vriende geld is nie sleg nie, geld is nie evil nie. Ons sê baie keer of het al baie gehoor mense sê geld is die wortel van alles soorte kwaad, Money is the root of all evil.

Maar eintlik sê die vers in

1 Tim 6:10 Want die liefde vir geld is die wortel van alle soorte kwaad.

Julle sien dis die liefde vir geld wat die wortel van kwaad is nie geld nie. Geld is ’n gereedskap stuk wat God ons mee seën en wat God wil hê ons moet  gebruik om Sy koninkryk in die wêreld te bevorder.

Wat sê die wêreld ons word geseën met geld om ons koninkryk te bou nè, maar God seën ons sodat ons kan herbelê in Sy koninkryk en Sy koninkryk uitbou in die wêreld nie ons sin nie.

U sien ons moet anders wees as die wêreld. Die wêreld is lief vir geld en gebruik mense om meer te kry. God sê nee julle moet vir mense lief wees en geld gebruik om mense te help en dien.

Die beste gebruik van geld is om mense in die hemel te kry. Vers 9 sê: Ek sê vir julle, gebruik julle wêreldse bronne tot voordeel van ander, en maak só vriende. Op dié manier sal julle vrygewigheid vir julle ’n beloning in die hemel verseker.”

Ons moet God se geld wat hy ons mee toe vertrou belê in sy koninkryk in iets wat ewigheidswaarde het.

Vriende ons almal het die sê ding gehoor dat jy sien nooit ’n lykswa met ’n venterwaentjie agter aan nie. Wat ek wonder is hoekom spandeer ons dan soveel tyd om daai waantjie so vol te maak.

Ons as gemeente is besig om te bou en as jy nie die week verby die grond gery het nie hulle het die week begin die dak opsit. Ek is so opgewonde want ons is nog ’n stap nader maar besef julle elke sent wat ek en jy in daai gebou belê is ons besig om te belê in God se koninkryk. Of jy nou R5 of 5 miljoen belê in daai gebou lank na dat ons lang bome toe is of wurm kos of vis kos wat ook al jou preference is besef jy dat elke kind wat eendag daar ingeseën word en grootword in verhouding met ’n oom met ’n doringkroon wat so lief was vir ons dat hy sy lewe gegee het, het jy deel gehad aan. Elke huwelik wat herstel word, elke persoon wat Hoop vind wat Jesus as verlosser, geneesheer, vriend, lewe gewer vind. Ek en jy het ’n rol gespeel dat dit kan gebeur. Dis ewig dit raak nie oud nie of uit fashion nie mot en roes kan dit nie stop nie.

Ek skuld Durandt R100 van Rugby speel en drieë druk en takels maak en in die week vra hy my hy soek sy R100 want hy wil Lego koop. Ons gesels so en ek sê onthou jy het net R90 want onthou een van ons waardes as gesin is om ons tiende vir Jesus te gee om dankie te sê dat jy in Skool is wat Rugby aanbied, dat jy gekies is vir die span omdat jy die talente het om te speel, dat die sport dag nie uitgereën het nie en julle gespeel het. Plus sodat die geld gebruik kan word om goeie goed te doen .

Nou Hy is baie letterlik en sê maar ek gee nie my tiende vir Jesus nie ek gee dit vir die kerk pappa. Wat doen die kerk met dit? En ek begin toe en sê vir hom onthou jy die Sopkombuis in Malabar, die kerk help om brood en bestanddele die goed wat ons die sop mee maak te koop sodat ons sop kan maak en kos kan vat dat mense nie honger bly nie en weet dat Jesus en sy mense gee om.

Onthou jy die komberse wat ons gaan uitdeel het die jaar toe dit so koud was. Mense het hulle geld gevat en komberse gekoop en die kerk het ’n klomp geld gevat en komberse gekoop en gaan uitdeel dat mense in die winter nie koud kry en slaap nie.

Ons tiendes help die kerk dat ons vir ander kerke wat swaar kry elke maand geld kan gee sodat hulle kan aanhou om mense van Jesus te vertel en hulle ’n verskil kan maak waar hulle is.

Ons tiendes help dat die kerk geld vir die Bybel genootskap kan gee dis mense wat bybels maak en seker maak dat almal ’n Bybel kan hê om te lees en leer hoe lief God vir hulle is.

Ons gee vir Sendelinge dis mense soos Pappa en oom Braam en Oom Eugene wat mense in ander lande soos Japan kan leer van Hoe lief Jesus vir hulle is maar ook om daar vir hulle te wys hoe lief Jesus vir hulle is en hoe om so te leef.

Ons tiendes help ook die kerk om mense wat deur moeilike tye gaan in ons eie kerk te kan help om vir mense krag te koop dat hulle darem elektrisiteit het of om petrol in te gooi dat hulle kan rond beweeg en ons gee ook vir hulle kos voucher sodat hulle darem iets kan koop om te eet.

En hy kyk so op na my en sê pappa ek wil altyd my tiende gee om mense te help.

Vriende waar is jy besig om die geld en besittings wat God jou mee vertrou te belê?

As jy in Microsoft of Toyota belê sal jou hart by Microsoft of Toyota wees en hoop hulle doen goed. As jy belê in jou vakansie huis gaan jou hart en elke spaar oomblik wees by jou vakansie huis, maar as jy belê in God se koninkryk dan gaan jou hart in Sy koninkryk wees en jy gaan alles doen om nader aan God te beweeg en seker maak sy Koninkryk brei uit.

Kom ons bid saam.

Transformed Week 5 – Gesonde Verhoudings

[powerpress]

Goeie môre en soos altyd wat ‘n voorreg om vanoggend saam met julle te leer hoe God toe te laat om ons van binne na buite te transform sodat ons beter en gesonder mense kan wees.

Nou ons is besig met ons transformed reeks en as jy dalk ’n week of 3 gemis het, is jy welkom om op ons webblad te gaan luister na die preke of jy kan dit selfs lees.

Vandag gaan ons kyk na hoe om gesonde verhoudings te doen. En om daarna te kyk gaan ons terug na die eerste boek Genesis in die Bybel en ons gaan leer by die heel eerste verhouding tussen man en vrou want dis waar al die moeilikheid begin het. Dankie, Adam en Eva.

Nou ons almal ken die storie. God kom en Hy skep die heelal want hy wil die aarde skep. En die rede dat hy die aarde so mooi skep is want hy wil ‘plek skep sodat ons mense hier kan bestaan en lewe.

Hoekom doen God dit want God soek ’n familie. God soek ’n familie so hy maak die heelal en alles daarin en hy maak ons.

Nou God maak die aarde met al die diere en plante en Adam op sy eie. Dan raak Adam alleen want hy sien al die diere het maatjie maar hy is alleen en dan kom God en skep Eva. Daar kan baie redes wees hoekom eers die man en dan die vrou en een van daai redes kan wees, sodat mans kan agter kom hulle kan nie die lewe op hulle eie doen nie hulle het maar ’n ware noord nodig in hulle lewe, en nog rede is God het dalk na die man gekyk en gedink mmmm ek is seker ek kan beter doen en maak toe die vrou. (Hehehe net ’n grappie)

Nou die man is uit die grond gemaak en dis ook die rede hoekom seuntjie en meeste groter seuntjie en ou seuntjies nie omgee om vuil te raak nie, want hulle kom vanuit die grond uit, maar die vrou sy is gemaak uit Adam. God wat ’n rib been uit Adam en maak die Vrou. Nou net vinnig daar is baie simboliek hier. Sy word nie uit die voet uitgemaak dat die man oor haar heers nie, ook nie uit die kop uit sodat sy oor hom heers nie. Ek sien daar is nou paar pompies in ribs van hoor jy wat se Steve daar. Nee God haal haar uit die sy, sy uit sodat hulle die lewe saam kan doen in verhouding as equals.

En vir baie lank was daar hierdie perfekte verhouding want daar was geen sonde nie. So daar was nie enige agterdog, of bakleiery nie, geen stil stuipe of my kop is seer nie, geen siekte of leuens nie niks van die aard nie. Alles was goed nee perfek tot op ’n dag.

Wat gebeur die vyand, Satan kom in die vorm van ’n slang en hy vra vir Eva het God regtig gesê julle mag van geen van die bome in die tuin eet nie. Nou dis ’n leuen want God het gesê julle kan van alles eet net nie van 2 bome nie. Daar is ’n keuse wat julle moet maak want ek wil hê julle moet kies om my lief te hê.

Daarna kom hy en is soos God jok vir julle, julle sal nie doodgaan nie, God wil net nie hê julle moet soos Hy wees nie en daarom wil hy nie hê julle moet van daai boom eet nie. Want julle kan God wees. En dis die bases van sonde ons wil God wees.

Satan kom nooit en verlei ons om soos hy te wees nie, hy kom nie en sê doen dit en jy gaan so seg soos ek wees en voel nie, nee want dan sal niemand dit doen dit nie. Hy kom en sê doen dit want jy weet beter as God, God steek iets weg, God jok vir jou, God is ou modies hy is nie relevant nie hy weet nie wat dit vat om vandag te oorleef of gelukkig te wees nie. Doen dit jy verdien dit.

En dan val ons daar voor en trap in die slaggat maar Eva het ook gevat vir daai leuen.

En ons lees uit Gen. 3 vanaf vers 6 tot 13

6Die vrou begin toe twyfel. Sy kyk na die boom en sien hoe mooi dit is en hoe lekker die vrugte lyk. As sy daarvan eet, sou sy baie dinge te wete kom. Versigtig steek sy toe haar hand na die vrug uit. Sy pluk dit en begin eet. Sy pluk nog een en gee dit vir haar man. Hy het dit ook geëet. 7Skielik het hulle oë oopgegaan. Vir die eerste keer ontdek hulle hulle is kaal. Skaam-skaam (dis waar skaam te begin het) gryp hulle toe ’n paar vyeblare, werk dit aan mekaar vas en maak vir hulle klere.

8Teen sononder se kant het die Here God in die tuin rondgeloop. Toe hulle Hom hoor, het hulle bang geword en tussen die bome vir Hom gaan wegkruip. 9Die Here God moes toe na die mens roep en sê: “Waar is jy?”

10Die mens het verleë geantwoord: “Hier is ek. Toe ek hoor U is hier het ek bang geword, want ek is mos kaal. Toe het ek weggekruip.”

11Die Here God vra toe vir die mens: “Wie het jou vertel dat jy kaal is? Of het jy van die verbode boom se vrugte geëet?”

12Die mens sê toe: “Dit is alles die vrou se skuld. Die einste vrou wat U my gegee het, het my van die boom se vrugte gegee. En ek het dit geëet.”

13Die Here God vra toe vir die vrou: “Hoekom het jy dit gedoen?”

Sy het geantwoord: “Dit is die slang se skuld. Hy het my om die bos gelei, toe het ek van die vrugte geëet.”

Nou vanuit hierdie gedeelte is daar so baie waarhede wat ons kan leer maar vandag fokus ons op waarhede wat ons verhoudings lewe kan verander Transform. In hierdie gedeelte is daar 3 basiese vrese wat in alle verhoudings te voorskyn kom. En wat ons nou na gaan kyk en as jy vandag hierdie waarhede en vrese kop/verstaan dan gaan jy beter doen in alle verhoudings. Verhouding met jou vriende, jou man of vrou jou kinders jou ou of meisie jou ouers en skoonouers jou kleingroep familie.

Want hierdie vrese was in die eerste verhouding teenwoordig en dit is steeds in my en in alle mense teenwoordig.

  1. Die vrees dat ek ontbloot word, maak dat ek onttrek.

Hoekom sukkel jy om diep en intieme verhouding te behou of te kry. Jy wil graag maar dis asof jy mense net tot op ’n punt toelaat en dan nie verder nie.

Die rede is want daar is baie in my en jou wat ons nie van hou nie. En jou vrees is as jy nie daarvan hou nie gaan ander mense ook nie daarvan hou nie en jy gaan alleen wees en nie liefgekry word nie. So wat doen ons, ons bou mure en mense kom met so vêr en nie verder nie, want ek wil nie hê mense moet te naby kom nie.   Hoe nader mense aan ons kom sien hulle wie ek regtig is en sien hulle my foute en tekortkominge. So wat doen ek, ek onttrek ek steek weg die ware ek kruip weg.

Ons lees in die storie 8Teen sononder se kant het die Here God in die tuin rondgeloop. Toe hulle Hom hoor, het hulle bang geword en tussen die bome vir Hom gaan wegkruip. 9Die Here God moes toe na die mens roep en sê: “Waar is jy?”

10Die mens het verleë geantwoord: “Hier is ek. Toe ek hoor U is hier het ek bang geword, want ek is mos kaal. Toe het ek weggekruip.”

Wanneer God vraag vra ken hy kla die antwoord. Die rede hoekom God vir Adam die vrae vra is vir Adam se wil sodat Adam kan erkenning gee, kan own up tot sy fout. Enige transformasie of verandering begin by erkenning dat alles is nie reg in my verhoudings nie. Terwyl jy dit ontken en voorgee jou huwelik is net great geen probleem hier nie, of jou vriendskappe is net great of jou verhouding net jou kinders is net great vir solank ons dit doen kan daar geen verandering of gesond wording plaasvind nie. Ons moet eers erken daar is fout, ons kort hulp.

Maar vrees laat ons onttrek en wegkruip. Wat is jy besig vanoggend om te ontken en weg te steek en te maak asof dit nie ’n probleem is nie.

Vrees maak altyd dat ons wegkruip. Die vers sê: Toe ek hoor U is hier het ek bang geword, want ek is mos kaal. Toe het ek weggekruip.”

Wat beteken dit om kaal te wees. Die kaal hier is nie net fisies nie dis emosineel ook. As jy kaal is beteken dit jy is kwesbaar, jy steek niks weg nie.

En wanneer ek en jy bang is om te wys wie ons werklik is en ons self oop te maak in verhoudings al wat ons doen, is ons onttrek.

Nou vrees beskadig ons verhoudings op ’n paar maniere.

Ons kry skaam

7Skielik het hulle oë oopgegaan. Vir die eerste keer ontdek hulle hulle is kaal. Skaam-skaam gryp hulle toe ’n paar vyeblare, werk dit aan mekaar vas en maak vir hulle klere.

Sodra ons ongehoorsaam is teenoor God dan kry ons skaam. As daar skaamte in jou lewe teenwoordig is dan is jy meer angstig, meer selfbewus, voel jy maklik in die verleentheid geplaas. 

Die volgende ding wat jy doen, is jy steek dit weg. Wat het hulle gedoen toe hulle sien hulle is kaal hulle het skaam gekry en dit toegemaak weggesteek.

Elke persoon doen dit op ander manier. Party mense gebruik humor, party mense gee voor die idee dat hulle alles by mekaar het alles is great. Party mense kruip weg agter ’n aanlyn identiteit. As jy na hulle Facebook kyk of Instagram dan klink dit altyd of alles ontsagwekkend is en almal wil hulle vriende wees die lewe is een groot lekker ding sonder enige issues.

Nog iets wat gebeur is jy onttrek jy disconnect. Wat het hulle gedoen hulle het tussen bome gaan wegkruip en toe God kom stap het hulle net daar bly wegkruip. Baie keer in ons verhouding met mense disconnect ons ons is net meer teenwoordig nie, want ons is bang vir mense, maar dit gebeur nie net met mense nie, maar ook met God want ons Begin God te vrees. En daarom het ons nie net verhoudings probleem met mense nie, maar met God ook. Want hoe kan ek eerlik wees.

Jy sien God verwag nie jy moet perfek wees nie, maar hy verwag dat jy eerlik sal wees.

So die eerste vrees is die vrees om ontbloot te word en dit maak dat ek en jy onttrek.

2. My vrees om nie aanvaar te word nie, maak dat ek myself verdedig.

Julle sien nou beweeg ons weg van wegkruip af. Ons beweeg weg van om verskonings te maak en nou begin ons aantygings maak. Ons verskoon nie net meer ons self nie ons begin nou ander te blameer. Hulle begin hulle self verdedig. Jy sal mense sê jy het dit gedoen ja maar jy het dit gedoen, maar jy het dit gedoen maar jy het dit gedoen.

Iemand wat baie krities is en heeltyd ander mense se foute uitwys is iemand wat bang is hulle word nie aanvaar nie of hulle is nie goed genoeg nie.

12Die mens sê toe: “Dit is alles die vrou se skuld. Die einste vrou wat U my gegee het, het my van die boom se vrugte gegee. En ek het dit geëet.”

Adam vat dit sy pak soos ’n man en hy blameer sy vrou! Maar eintlik nie net sy vrou nie hy blameer God. Einste vrou wat U my gegee het.

13Die Here God vra toe vir die vrou: “Hoekom het jy dit gedoen?”

Sy het geantwoord: “Dit is die slang se skuld. Hy het my om die bos gelei, toe het ek van die vrugte geëet.”

Eva kom en wat doen sy, sy blameer die slang.

Julle sien ons vrees dat ons nie aanvaar word nie dat ons nie goed genoeg is nie maak dat ons verdedigend is. As jou vrou vir jou iets sê en jy voel dis kritiek of jy word nie aanvaar nie dan begin jy verdedig of verduidelik of somtyds net haar foute uitwys.

Maar daar is ’n derde vrees

3.  Die vrees om beheer te verloor, maak dat ek meer wil beheer.

Julle sien die resultaat van hulle sonde het veroorsaak dat hulle lewe uit beheer uitgeraak het. Hulle is uit die paradys geskop hulle toekoms is verander en hulle doel op aarde is anders en hulle lewe is uit beheer.

Hoe meer uit beheer jy voel, hoe meer wil jy probeer beheer.

Hoe meer probeer jy beheer wat mense van jou sê of dink of doen, jy begin vereistes stel en ultimatums. Jy begin mense domineer. Mense moet doen wat jy wil doen en soos jy dit wil doen.

16Vir die vrou het Hy gesê: “Wanneer jou kinders gebore word, sal jou pyn ondraaglik wees. Elke kind sal in die allergrootste pyn gebore word. Jy sal ook altyd na jou man bly verlang, hy sal jou oorheers.”

Hier het die battle van die sexes begin. En al daai misverstande tussen mans en vroue, boeties en sussies, Ou en meisie, Skoon seuns en skoonma’s.  Daai stryd tussen man en vrou van wie is reg en wie is in beheer en wie dra die broek in die huis en wie sê wat se broek aangetrek mag word.

Dit alles is hier a.g.v. sonde is dit nie meer ’n verhouding nie dis nou ’n kompetisie. Dit gaan nou oor wie wen en wie verloor. Wie kry sy sin en wie nie.

En dis nie lekker verhouding om in te wees nie. ’n verhouding van inplaas dat ons in partnership leef en saamwerk ons eerder meer in kompetisie leef van een wen en ander verloor.

Is jy moeg om in kompetisie te leef in jou verhouding waar julle as twee individue heeltyd teen mekaar baklei in plaas van om teen ander goed te baklei.

Ek sê altyd by troues dat ’n man en vrou nou span maats word en hulle speel die wedstryd van die lewe. Hulle speel saam teen egskeidings syfers en die ekonomie. Hulle speel saam om kinders reg groot te maak en as gesin suksesvol te wees.

Nou hoe kan ons dit regkry?

Die antwoord is in 1 Johannes 4:18 in die Boodskap. Ware, egte liefde verdryf eenvoudig alle vrees. Iemand wat dus nog sulke vrees in hom ronddra, se lewe is nog nie heeltemal deurdrenk met God se liefde nie. En hoekom nie? Want vrees is net heeltyd bekommerd oor die straf wat kan kom.

Julle sien waar liefde is, is geen vrees nie. As jy God se liefde innooi by die voordeur loop vrees by die agterdeur uit. Julle sien die teenoorgestelde van vrees is nie geloof nie dis liefde. As ’n gebou brand en almal is bang om in te gaan maar een persoon hardloop in die gebou in om die baba te gaan red wie is dit, dis die ma want haar liefde oorwin die vrees.

Julle sien ek en jy moet leer om in God se ware en egte liefde te leef.

Nou hoe leer ek en jy om in God se ware egte liefde te leef.

Elke dag moet jy 3 keuses maak. As jy die keuses maak gaan jou verhoudings lewe transform.

 1.   Jy moet elke dag jou emosies oorgee aan God.

Elke dag voor jy opstaan voor jou dag begin moet ek en jy ons hart oorgee aan God.

Onthou laasweek het ek gesê die hart is die middelpunt van ons emosies dis die no 1 woord wat in die Bybel gebruik word om na emosies te wys. As ek en jy die middelpunt van ons emosies oorgee aan God en hom vra om ons harte te vul met sy egte en ware liefde dan sal ons met meer liefde en meer genade leef.

Job 11:13-15 (13)As jy net jou hart aan Hom wil wy en jou hande na Hom oplig in gebed! (14)Raak ontslae van jou sondes. Los alle ongeregtigheid agter jou. (15)Dan sal jou gesig verhelder in onskuld. Jy sal sterk wees en vry van angs.

Hoe nader en nader ons aan God beweeg en in sy liefde leef gaan ons meer en meer liefde in ons lewe hê. En soos ons vroeër gesê het waar liefde is, is daar nie plek vir vrees of angs of agterdog of jaloesie nie.

So vriende ons moet na God draai vandag en ons hande oplig en ons sondes bely en agter ons los en ons hart ons emosies oorgee aan hom.

2.   Jy moet elke dag onthou hoe lief God vir jou is.

As jy nie geliefd voel nie gaan jy nie liefde teenoor ander voel nie.

Ek en jy moet elke dag ons self herinner wat God vir ons voel en wat hy van ons dink, nie wat die werled dink nie nie wat ek self eers van my dink nie, maar wat God van my dink.

Ons moet onthou dat ons is totaal en al aanvaar. Meeste van ons soek aanvaarding selfs by vreemdelinge. Ons glo as ons perfek is, sal ander my aanvaar. Die realiteit is dat niemand is perfek nie ons almal het issues en nie almal gaan jou aanvaar nie. Wat ons wel weet is dat Jesus ons aanvaarbaar vir God kom maak.

Ons moet onthou God is onvoorwaardelik lief vir ons.

Niks wat jy doen of nie doen nie gaan ’n verskil maak aan God se liefde vir jou nie. Hy kan nie meer of minder lief wees vir jou nie. Jy kan nie God maak ophou lief wees vir jou nie.

Hoor wat se Jesaja 54:10Berge kan verskuif word en heuwels kan verdwyn, maar my liefde vir jou sal nooit ophou nie. My ooreenkoms van vrede met jou sal nooit tot ’n einde kom nie. Dit is wat die Here sê wat soveel vir jou omgee.

Onthou dat jy totaal en al vergewe is. Die prys is betaal al wat moet gebeur is ek en jy moet dit aanvaar en elke dag onthou.

Romeine 8:1 Goeie nuus! God se oordeel is vir altyd verby vir elkeen wat aan Christus Jesus behoort.

3.   Jy moet elke dag God se liefde deel met ander.

Joh. 13:34Ek gee julle ’n nuwe opdrag: Julle moet mekaar liefhê; soos Ek julle lief het, net só moet julle mekaar ook liefhê.

Ons het ’n nuwe opdra dat ons daai liefde wat God vir ons elke dag gee, sal uitdeel aan mense om ons.

1 Kor. 13:7 Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles.

Vriende mag jy vandag erken as daar dalk vrees in jou lewe is en onthou dat liefde is die teenmiddel vir vrees. En mag elke dag jou emosies oorgee aan God en onthou hoe lief God jou het dat Hy Jesus gegee het om die prys te betaal dat daar niks is wat jy kan doen wat God meer of minder lief vir jou sal maak nie, en mag jy ook begin om daai liefde te deel met ander.

 

Kom ons bid saam.

Transformed: Week 4 – Emosionele Gesondheid

[powerpress]

Goeie more soos altyd ‘n voorreg om saam met julle te kan leer.

Nou ons is besig in ons reeks wat ons noem Transformed en vandag gaan ons stilstaan by ons Emosies.

Voor ons verder gaan wil ek graag hê dat julle saam met my iets sal doen. Dis stupid maar fun. Kry iemand en draai jou stoel en kyk vir hulle. Wat ons gaan doen, is, ek gaan emosies uitroep en jy moet dit op jou gesig wys vir die ander persoon.

Steek tong uit. Ok ons begin maklik vriendelik, opgewonde, bang, bekommerd (kan sien julle ken daai een) kwaad (yip ken hom baie goed) geïrriteerd opgewonde, verlief.

Baie dankie dat julle saamgespeel julle is sterre.

Nou ons emosies speel ‘n groot rol in ons lewe en baie studies het gewys dat emosionele intelligensie is belangriker as IK. As jy baie slim is en het al die kennis maar jy kan nie jou emosies beheer of met mense werk nie gaan jy sukkel.

Spreuke 5:23 Hy kon homself nie beheer nie; daarom gaan hy sterf. Hy verdwaal omdat hy dwase dinge doen.

Die Bybel is vol emsies.

Ons lees in Markus 12:29-30 29Jesus het hom geantwoord: “Die belangrikste gebod is die volgende: ‘Luister, o Israel, die Here ons God is die énigste Here.30Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou ganse siel, met jou totale verstand en met al jou krag.’

In die boodskap sê dit  30Jy moet Hom liefhê met alles wat jy is en het. Niks in jou lewe mag vir jou so belangrik soos God wees nie.

Kan jy die emosie hoor in die woorde van Jesus. Jesus kom nie en is soos in die verbygaan ok boys nog iets wees lief vir God met alles en gaan aan met iets anders nie. Nee Hy is soos ek wil nie hê julle moet soort van lief wees vir God nie. Nee ek wil hê julle moet Hom lief hê met alles in julle met passion.

God soek nie net ‘n kop verhouding nie ‘n kennis verhouding van ja ek weet van God en Jesus en wat reg en verkeerd is nie nee hy soek passionate emosionele gevoel volle verhouding.

Nou daar is ‘n paar goed wat ek en jy moet weet rondom emosie.  

1. God het emosie.

God is ’n emosionele God. Hy voel vreugde, pyn haat teenoor sonde. Die enigste rede hoekom ek en jy emosie het, is want die Bybel sê ek en jy is gemaak in God se beeld in sy image. So as God nie emosie gehad het nie sou ek en jy nie emosie gehad het nie.

2. Jou vermoë om te voel is ’n geskenk van God.

As jy nie kon voel nie dan was jy robot. Dit is jou emosionele vermoë wat jou help en toe laat om lief te hê, om te skep om getrou te wees, om te gee en vrygewig te wees asook  om op te staan vir wat reg is. Nou ek weet jou emosies voel nie altyd soos ‘n geskenk nie, maar selfs die negatiewe emosie het ‘n doel in ons lewe.

3. Daar is 2 extremes wat vermy moet word.

Emosionalisme is die ekstreem wat sê dat die enigste ding wat tel in die lewe is hoe ek jy voel. Nie wat jy dink of wat reg of verkeerd is nie. Alles in die lewe gaan oor jou emosies en hulle beheer alles.

Aan die ander kant is Stoicism of stoïsisme die mense sê gevoelens is nie belangrik nie. Al wat tel en belangrik is, is intellek en jou wil.

Nou daar is kerke wat op die 2 ekstreme gebou is en hierdie aanslag het. Party sê dit maak nie saak hoe jy voel nie en hulle maak emosies klein en minder belangrik. En dis nie reg nie, want God het jou emosies gegee vir ’n rede. Die Bybel sê met jou hele hart en verstand.

In die Bybel die nommer een woord wat vir emosie gebruik word, is hart.

Dit is nie net ’n lippe of intellek ding nie.  Hart is deel van ons aanbidding.  “Ek het jou met my hele hart lief.”

Maar daar is dan ook die wat sê as ek nie in my aanbidding iets ervaar nie dan het ek nie aanbid nie. Dis net as ek goosies kry dan het ek aanbid dan was God hier.  Dit is ook nie reg nie. Want die Bybel sê verstand en hart

Psalm is vol emosies.  Goeie en slegte emosies.  Alles is daar.  Daar is psalms van woede, lament, aanbidding liefde vrees. Party Psalms voel soos P.E sê weer begin met een emosie en dan verander dit halfpad deur en eindig met ’n ander emosie.

Hoekom is dit belangrik om ons Emosies te manage want.

1. Jou emosies is baie keer onbetroubaar.

Al ooit iets gedoen en gesê ek doen dit want dit voel net reg en dan later was jy spyt of het dit in jou gesig opgeblaas.  Sommige dinge wat jy voel is dikwels eenvoudig verkeerd.

Proverbs 14:12 says, “There is a way that appears to be right, but in the end it leads to death” (NIV).

12Dit lyk dalk vir iemand of hy die regte ding doen; agterna kom dit uit dat dit na die dood gelei het.

Jy moet aanvaar dat nie alles wat jy ervaar of voel is reg en sal jou op die regte pad lei nie. Net omdat jy dit voel maak dit nie noodwendig reg of waar nie. Net soos nie alles wat jy dink is waar of reg nie

As jy net doen of optree soos wat jy voel gaan jy nie ver kom nie. Ag ek voel nie lus om skool toe te gaan nie so ek gaan nie, hoe gaan dit uitwerk vir jou in long run. Ek nie lus vir werk nie so ek gaan nie werk toe vandag nie Hoe gaan dit uitwerk vir jou?

Tieners dink as jou ma of pa net goed gedoen het as hulle so gevoel het. Hoe SAD sou jou lewe gewees het hulle sal jou nooit iewers heen gery het nie. Mans jy sou dalk nooit skoon klere gehad het nie, want niemand is lus om klere te was of stryk nie. Die honde bollie sal nooit opgetel word nie.

2. Jy wil nie deur jou emosies gemanipuleer word nie.

AS jy nie jou emosies beheer nie sal hulle jou beheer en jy sal deur jou moods gemanipuleer word.

Mense gaan jou ook beheer en misbruik as jy deur jou emosies beheer word. Want net om aanvaar te raak deur groepe of mense sal jy dom goeddoen want al wat tel is om te voel jy belong. Mans sal stupid goed se dink en doen solank die groep dink hulle is cool of ontsagwekkend of badass. Girls wat liefde soek of aanvaarding sal soms dat daai ou met haar doen wat hy wil net solank sy dink sy ervaar liefde en iemand dink sy is great.

Impulsive buying – gebaseer op emosies. Enige iemand al iets gekoop wat jy nie wou hê nie?

Spreuke 25:28 Iemand sonder enige selfbeheersing is net so weerloos soos ’n groot stad sonder polisie of veiligheidswagte. Totale wanorde kan uitbreek.

Sonder selfbeheersing oor jou emosies is jy oop dat mense jou kan manipuleer maar meer as dit dat jou ou sondige natuur jou weer kan beheer.

Die ergste is Satan die vyand Lucifur se gunsteling tool is negatiewe emosies. Vrees, worry, verwerping, haat, skaam skuldgevoel alles gebruik hy om jou lewe te destroy of jou dood te maak.

Die Bybel sê in 1 Petrus 5:8

Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.

Sonder selfbeheersing oor ons emosies sal die duiwel ons vir middagete opvreet.

Nou hoe kan ek en jy ons emosies en gevoelens beheer of bestuur.

1. Noem dit gee dit ’n naam.

Het jy al agtergekom dat ons nie regtig so in touch is met ons gevoelens soos ons dink nie.

Vra die ou langs jou hoe voel jy nou? Meeste van ons gaan gesê het mmmm ek weet nie of ok. Ok maak gou vir my die gesig van Ok? Jy kan nie, want dis nie gevoel of emosie nie. Van julle sou dalk sê dors lus vir koffie of honger dis nie ’n emosies nie dit maak emosies los maar is nie een nie. Soms sal ons sê nee goed dankie wat is dit met die nee of as jy vra hoekom dan is dit soos mmmmmm ek is nie seker nie, want dit gaan nie sleg nie ek dink.

2. Challenge dit. 

Julle sien ons moet agter die gevoel kom. As jy af voel, of bang of happy of sad of agterdogtig of kwaad of depressed. Dis belangrik om te gaan en te dink maar hoekom voel ek en die leun wat jy dalk glo te verander met die waarheid wat God oor jou sê.

David kom en vra God om hom te toets om sy emosies te challenge.

Ps. 26:2 Toets my, Here, en ondervra my. Ondersoek my motiewe en my toegeneentheid.

As jy af voel hoekom voel ek nou so, ek het iets verwag en dit het nie so uitgewerk nie nou voel ek af. As jy kwaad of frustreerd is hoekom voel ek so. Ek is nie regtig kwaad of frustreerd met my ma of my vrou nie nee toe ek by die skool was of werk was, het iemand dit gesê of gedoen en dis hoekom ek so voel en dan 

Kry ’n vriend wat jou kan help? Het jy iemand al toestemming gegee dat hulle met eerlikheid jou gevoelens of jou emosies en optrede kan challenge. Iemand wat kan vra:

Wat is die ware rede dat jy so voel oor die saak of wat gebeur het? Wat deur die strooi of leun kan sien.

Is dit waar hoe jy nou voel of oordryf jy bietjie?

Help hierdie gevoel jou of maak dit jou seer?

Job het so vriend gehad. Julle sien Job gaan deur so bietjie van ’n slegte tyd en dan doen hy paar goed of sê paar goed wat ons dalk sou regverdig en sê hy mag so voel, maar hoor wat vra Job se vriend hom.

Job 15:12-14

12Wat gaan in jou kop aan? Hoekom blits jou oë so (dis mooi nè blits jou oë so eintlik hoekom vloek jy so in jou kop)? 13Hoekom is jy so opstandig teen God? Hoekom sê jy sulke vreeslike dinge? 14Kan ’n mens ooit sonder enige foute wees, sê my? Kan ’n gewone mens altyd reg doen?

Iemand wat kan vra:

Wat is die ware rede dat jy so voel oor die saak of wat gebeur het? Wat deur die bull kan sien.

Is dit waar hoe jy nou voel of oordryf jy bietjie?

Help hierdie gevoel jou of maak dit jou seer?

Julle sien baie natuurlike gevoelens kan ons baie keer self verslaan.

Iemand wat stadig voor my ry.

Wat is die regtige rede hoekom ek so ongeduldig is? Want ek het laat weggery bykantoor vir my meeting en nou gaan ek laat wees.

Is hulle regtig aspris doen hulle dit om my om te krap en my geduld te toets? Nee dis dalk maar hoe hulle ry of wat die spoed limit is.

Help dit my om hooter te blaas en op hulle te skree at the top of my lungs en te sê klim van die pad af jou idiot of maak dit my seer want my bloedruk gaan op my stress levels gaan op en ek leef nie my Christenskap uit deur so op te tree nie.

3. Verander dit

Sommige emosies is so bad dat dit jou hele lewe kan destroy as jy nie met dit deel nie.

Filippense 2:5 Julle gesindheid moet soos Jesus Christus s’n wees:

Baie keer gaan ons emosies oor ons gesindheid of ons attitude.

Sal Jesus op die persoon in die kar wat voor my stadig ry skree en hooter blaas? Sal Jesus bang wees? Sal Jesus worry, of iemand haat? Nee Jesus sal nie en ons moet daai attitude drop as ons dit doen.

Soms moet ons eerder ons gevoelens channel.  Gebruik dit vir goed.

Dalk was jy ’n victim van injustice of onregverdigheid en jy is kwaad. Kwaad is nie altyd verkeerd nie veral nie as jy dit vergoed gebruik nie.

As jy jou kwaad gebruik vir jou eie voordeel dan is dit Self geregverdigde kwaad.

As jy kwaad gebruik vir ander dan is dit geregverdigde kwaad.

Liefde raak kwaad. God raak kwaad teenoor sonde, verkragting, Human trafficking, Armoede maar hy gebruik dit in goeie manier.

Jou grootste bediening kan kom uit jou grootste seer of teleurstelling.

So hoe kan ek en jy ons emosies verander daardeur vir God te bring en vir hom te gee. Elke oggend die week as jy wakker raak voor jy opstaan sê vir die Here.

Here ek gee my emosies vir U. Sal U my asb. help om dit te beheer volgens u wil.

Kom ons bid saam.

Transformed – Week 3: Verander jou lewe deur jou denke te verander

[powerpress]

Seker die kragtigste instrument wat God vir jou gegee het, is jou brein.  En jou brein se funksie o.a. is jou gedagtes. Wat jy dink…, oor jouself, die lewe, ander mense, oor God.

Rom. 12:2 “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.”  AFR83

God is vêr meer geïnteresseerd wat in ons innerlike lewe aan die gang is as in ons uiterlike lewe.  Ons wil ons omstandighede verander, Hy wil ons denke verander.

Ons wil hê Hy moet ons probleme, pyn, hartseer wegneem, maar God wil eers aan jou werk, want transformasie in jou lewe kan net gebeur as jou denke vernuwe word.

Want as jou denke begin verander, sal jou hele lewe begin verander.

 

Hoekom is jou denke dan so belangrik?

Proverbs 4:23   “Be careful how you think; your life is shaped by your thoughts” (TEV)

As jy iets glo goed of sleg, dan sal dit jou lewe vorm (shape).

In ons groepe hierdie week gaan ons kyk saam met Rick Warren na 5 gewoontes vir ’n gesonde verstand.  Maar vandag:

 

2 Keuses vir gesonde denke:

Het jy al ooit begin stil raak en jou gedagtes begin fokus op iets soos God se teenwoordigheid?  Wat is jou grootste probleem hiermee?  Gedagtes wat rondspring.

So om jou gedagtes te oefen of te leer om te fokus op iets sonder dat dit rondspring is seker een van die grootste oefeninge wat jy kan doen.  Daarom leer ons in dissipelskap oor baie weke die vaardigheid aan om stil te raak en ons gedagtes te fokus.

Hoekom?  Want wanneer jy jou gedagtes kan fokus op waarheid kan dit jou lewe drasties verander.  Seker meer as enigiets anders in jou lewe.

 

1.  Bevry jou gedagtes met waarheid

Vir elke negatiewe gedagte kos dit ongeveer 7 positiewe gedagtes om weer te herstel se sielkundiges.  Wat gaan in jou gedagte wêreld aan die gang elke dag?

As ons vanoggend ’n movie clip moes speel van jou gedagtes die laaste week…

Was dit waarheid?  Was dit negatiewe gedagtes?  Was dit iets wat jou opgebou het?  Was dit iets wat jou net meer ’n leuen laat glo het?  “Dit sal nooit beter gaan nie.  Die land gaan dit nie maak nie, ongeregtigheid sal altyd sterker wees as geregtigheid?”

Joh. 8:32  “…en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.”  AFR83

En wat is die waarheid?  Wat die nuus vir ons sê?  Wat jou vriende vir jou sê?

Nee, die waarheid is – wat God vir ons sê?

 

Nou, kan ek jou vra, is dit waarmee jy jou gedagtes vol maak elke dag?  Die waarheid wat God vir ons sê?  Want as dit nie is nie sal jou gedagte wêreld soos ’n tafeltennis balletjie tussen twee goeie spelers wees.

As jy jou gedagtes moet vul met die waarheid, wat doen jy?

Ps. 119:147-148         “Nog voordat die son in die oggend opkom, pleit ek al dat U my moet help, ek wag dat U my moet antwoord.  In die nag slaap ek nie, my oë is wawyd oop; dit is net op U gerig. Ek dink die hele tyd aan alles wat U sê.”  DB

Dawid het ’n groot deel van sy lewe gevlug vir Saul wat hom wou doodmaak.

Jy sien, as jy bekommerd is oor iets, kan jy jou gedagtes toelaat om oploop te gaan met die bekommernis wat iets wat nie uitwerk nie OF jy kan doen wat Dawid gedoen het.

 

2.  Bevry jou gedagtes van vernietigende denke

En ek bedoel, vernietigende denke!  Want daar is geen manier wat jou gedagtes oor iets negatief kan wees en dinge dan positief vir jou sal uitwerk nie.

Your life is shaped by your thoughts…

Dit is die grootste rede hoekom meeste mense oneffektief raak in hulle lewe.

Hulle het nooit geleer om die grootste oorlogsveld in hulle lewe te begin beheer nie.

 

Jou denke het soveel invloede en vyande, dit is waarom ons so sukkel daarmee.

Vyande van gesonde denke:

  1. Jou ou sondige natuur.  Ai, as God maar net ons geheue heeltemal uitgewis het soos in die flieks die dag wanneer ons tot wedergeboorte gekom het…

Romans 7:23         “There is another power within me that is at war with my mind. This power makes me a slave to the sin that is still within me.” (NLT)

Kry jy ooit jouself om iets te doen wat jy nie werklik wil doen nie?

Dit is die oorlog in jou brein tussen die ou natuur en jou goeie intensies.

  1. Die Satan self.  Hy kan jou nie forseer om enigiets te doen nie, Maar hy kan voorstelle doen wat baie baie kragtig is.

Hy is konstant besig om negatiewe gedagtes in jou denke te saai.  Hy sal ander mense gebruik of hy sal so nou en dan net ’n saad plant in jou gedagtes wat nie waar is nie.  Die oomblik wat jy opstaan begin dit, plant hy gedagtes in jou denke.

Vandag gaan ’n vreeslike dag wees.  Kyk, dis al weer einde v.d. maand.

 

Nou – Jy hoef nie elke gedagte te aanvaar nie.  Jy hoef ook nie alles te glo wat jy dink nie.  Net omdat jy dit dink, beteken nie dit is waar nie.

Kan ek maar sê, as jou gedagtes nie geoefen is om waarheid te bedink nie, is feitlik alles wat jy dink nie die waarheid nie.

As die duiwel gedagtes los – dan noem ons dit VERSOEKING.

As God gedagtes los – dan noem ons dit INSPIRASIE.

2 Kor. 2:11    “Die bedoeling is dat ons nie deur Satan uitoorlê word nie! Sy planne is mos nie aan ons onbekend nie!”  NLV

  1. Die wêreld se waardesisteem.  Dink jy die wêreld leer ons om goeie waardes te hê?  Beslis nie.  Kom ons dink net… selfdissipline?  Is dit iets wat die wêreld ons leer?  Nee, ek wil dit hê en ek wil dit nou hê.  Ek is geregtig daarop.  “Obey your thirst.”

1 Joh. 2:16-17        “Wat ook al in die wêreld bestaan, alles wat tipies is van die menslike begeerte, die begeerte vir alles wat die oog sien, en die vals roem op besittings, kom nie van die Vader nie, maar het sy oorsprong in die wêreld.  Dié wêreld én sy begeerlikhede is aan die verbygaan.”

Geen waarde in hierdie wêreld help ons regtig nie, want alles is gebaseer op jou begeertes.  Die doel van die wêreld sisteem is om jou te wys watter begeertes jy het en dan te kapitaliseer op die behoeftes wat hulle sê hulle vir jou gaan bevredig.

Met sulke vyande, is dit geen wonder dat ons sukkel met mismoedigheid en mislukking nie.

 

Hoe veg ons hierdie oorlog vir ons gedagtes?

2 Kor. 10:3-5     “want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings (strongholds) neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange (captive) neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,”  AFR53

Elke Sondag bid ek hierdie vers vir elke persoon wat hier instap.  Jy moet dit ook ken.

Wat is hierdie vestings of strongholds?  Grieks: Ochuroma – a castle, stronghold, fortress.

Wat is die kasteel van die duiwel in jou lewe?  Leuens.  Soos wat ‘n kasteel enige aanvalle van buite beskerm so beskerm dit duiwel se leuen jou gedagtes.

Maar dis wat hierdie vers sê – ons het wapens om hierdie vestings of kastele te vernietig.

Hoe?  Elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus

Grieks: Aichmalotizobring into captivity, to lead away captive, bring it into submission.

So wanneer jy bewus raak van daardie leuen wat jy glo – dan breek jy daardie vesting of kasteel met die waarheid en jy lei jou gedagtes daar weg soos ’n gevangene na die plek toe waar dit moet wees.

Jy het ’n keuse.  Jy denke moet na jou luister.  God het jou nie net denke gegee nie, hy het vir jou ’n wil gegee. En met oefening kan jy jou denke wegneem waar dit moet wees.

Maak jou gedagtes gehoorsaam, lei hulle na die waarheid toe.  Dit gebeur nie vanself.

 

Nou kom ons wees eerlik, jou gedagtes gehoorsaam jou heel dikwels nie.

Vanoggend – dit is koud en nat, dis dalk ’n lang naweek… wat sê jou gedagtes vir jou as jy wakker word Sondagoggend?  “Ek is nie lus om vandag kerk toe te gaan nie.  Ek verdien hierdie dag af by die huis.  Môre is weer mal, laat ek net bietjie recover.  Wat gaan ek regtig mis as ek nie gaan nie?”

Net die feit dat ek dit dink beteken nie dat dit die waarheid is nie.  Neem jou gedagtes gevange en lei hulle na die waarheid toe.  “Eintlik het ek dit nodig om te gaan, ek moet my siel weer in ‘sync’ met God bring, ek het aanbidding saam ander nodig.”

As jy op jou eie bid, wat gebeur met jou?  Jou gedagtes begin weg dwaal.  Jy het ’n keuse, jou gedagtes moet na jou luister.  Dit is soos ’n geestelike spier wat geoefen moet word.  Elke keer wat jy jou gedagtes terugbring dan raak hy sterker.  Los jou gedagtes net waar hulle wil gaan en hulle sal rondspring soos ping pong balletjies.

 Hoe werk versoeking?

Ons het vroeër gesê dat jy 3 vyande het, jou eie begeertes, die duiwel en die wêreld.

Al drie hierdie speel in op ons begeertes en hierdie begeertes is oos lokaas aan ’n hoek.

Vir verskillende visse, sit jy verskillende aas aan.

So jou begeertes wat jou gaan versoek is soos die regte aas wat deur die duiwel aan jou hoek gesit is.  As jy ’n wurm mens is, gaan pap en brood jou nie versoek nie.

En dan kry jy nog kunsaas.  O wee, het jy al gesien hoe mooi hulle is. Kyk op die skerm.

Jou ou mens, die duiwel, die wêreld, weet presies watter aas om te gebruik om jou te vang.  Hulle is kenners op die gebied.  Hulle werk is om jou te vang met iets wat jou aandag sal kry en wat jou sal intrek sonder dat jy eers twee keer dink.

Jak. 1:14-15       “Maar ‘n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood.”

 

Begeerte:  Begeerte is nog nie versoeking nie.  Dit is ’n interne begeerte.

Die feit dat jy van ’n wurmpie hou kan jy niks aan doen nie.

Maar dit is waar dit begin – in jou gedagtes.  Soms is dit ’n dood gewone begeerte na iets soos kos, rus, presteer, seks.

Dikwels weet ons daar is ’n hoek, maar ons gaan knibbel nog steeds daaraan.

Maar versoeking verander ’n gewone roetine begeerte in ’n weghardloop begeerte deur jou denke te bombardeer met nog wurmpies en nog wurmpies totdat dit al is waaraan jy kan dink.  Vuur is mooi in ’n kaggel, maar ’n weghol brand vernietig alles.

 

Twyfel:  Volgende kom daar altyd twyfel.  Dalk is hierdie ’n regte wurmpie wat maar net ronddryf in die water.  Het God regtig gesê dat hy vir my sal sorg, wat as Hy dit nie doen nie?  Het God my regtig lief, weet Hy regtig wat die beste vir my is?

Dink maar weer aan Adam en Eva, wat het die slang vir hulle gesê?  Het God regtig gesê dat julle nie van hierdie boom mag eet nie?  So word die saad van twyfel gesaai.

 

Misleiding:  Die duiwel vervang die waarheid met die leuen.

Gen. 3:4-5     “Toe sê die slang vir die vrou: “Julle sal beslis nie sterf nie, maar God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken.”  AFR83

Kan jy sien, die leuen kom in.  Jy sal soos God wees.  Jou oë sal oopgaan.

Deur my gedagtes begin ek iets glo wat nie die waarheid is nie.  Daar kom ’n vesting.

Ek glo iets oor myself wat nie waarheid is nie.

 

En soos ’n hoek ’n vis vang, het hierdie vesting of leuen my gevang sodat ek nie meer ’n vry mens is nie.

Ingee en ongehoorsaamheid:

En my eie begeertes en die duiwel speel met my soos ’n hengelaar met ’n vis.  As jy eers gehoek is, kan jy nie sonder hulp wegkom nie.

Waarmee jy flirt, is waarvoor jy gaan val.

 

So hoe weerstaan ek die versoeking?   Fokus jou denke op die regte dinge.

Die beste tyd om ’n oorlog te wen is nog voor hy begin het.

Ps. 119:112  “I have made up my mind to obey your laws forever, no matter what.” CEV

Ek neem daardie gedagtes gevangene.  Ek maak my mind op voor die tyd.

Verstandelike gesondheid gaan daaroor dat ek leer om my gedagtes te fokus op die waarheid.  Elke leuen in jou lewe moet met waarheid vervang word.

En wat is hierdie regte dinge?  Positiewe dinge?

Dink oor Jesus.  Jy word soos die dinge waaroor jy dink.  Wat sou Jesus gedoen het?

Dink oor ander.  Gaan hierdie denke my help en gaan dit ander help?

Dink oor die ewigheid.

 

Jou denke is jou grootste bate maar dit is ook jou grootste oorlogsveld.

Vra die Here om jou te help om elke dag jou negatiewe, destruktiewe, vestings en leuens te vernietig met die waarheid van Sy Woord.

Bevry jou denke van destruktiewe gedagtes.

Vul jou denke met Jesus, ander en die ewigheid.  Dan sal jy hierdie geveg elke dag wen.

Begeleide meditasie van  Fil. 4:8

Transformed – Week 2: Fisiese gesondheid

[powerpess]

Die vraag is hoekom die fisiese?  Daar is baie mense wat werklik begeer om te verander, hulle het die wil om te verander maar hulle het die nie die energie daarvoor nie.

Teen die tyd wat hulle by die huis kom, val hulle net neer en hulle kan nie werk aan enigiets in hulle lewe nie.

As jou energie gaan verbeter, gaan jou vermoë om aan dinge te werk ook verbeter.  As jy beter wil voel, dan sal jy ook jou leefstyl so moet aanpas sodat jy beter kan voel.

 

Gee God regtig om wat in ons liggame aangaan?

3 Joh. 1:2 “…ek hou aan bid dat dit in alle opsigte met jou goed mag gaan en dat jy nét so gesond sal wees soos dit geestelik goed met jou gaan.”  NLV

God gee om wat geestelik met jou gebeur maar ook fisies.

Nou, hoe bly ek fisies gesond?  Jy hoef nie te begin by ander boeke nie, begin by die Bybel.

Spr. 3:7-8  “Moenie jou eie wysheid oorskat nie. Hou eerder die Here voor oë en vermy wat sleg is.  Dit sal jou liggaam gesond hou, jou lewe verkwik.”  NLV

Vermy wat sleg is en jou liggaam sal gesond wees.  Dit is wat God sê, nie Prof. Noakes nie.

 

Nou, die probleem is dat ons “ge-brainwash” is oor wat ons gesond maak.

As ek weier om te rus, weier om gesond te eet, weier om te oefen, weier om om te sien na jou fisiese dan is jy nie besig om te slegte te vermy nie.

Ons leefstyl het so aangepas die laaste 50 jaar dat ons eintlik nie meer weet wat vir ons goed is en wat vir ons sleg is nie.  Spreuke sê, vermy wat sleg is en jy sal gesond wees.

 

5 Gesonde gewoontes vir fisiese transformasie:

Ek wil begin met iemand wat ons baie goed ken in die Bybel.  Daniël.  Net weer agtergrond:  Daniël is ontvoer deur koning Nebukadnesar na Babel toe.  Vir 70 jaar lank het hy dit gedoen deur jong manne te ontvoer en hulle dan te mentor en op te neem in sy koninkryk.  Van hulle was Daniel, Sadrag, Mesag en Abednego.

Een van die voordele om deur die koning ge-mentor te word, is dat jy van sy koninklike tafel kon eet.  Al die lekkerste kos van daardie tyd was tot jou beskikking as jy by die koning geëet het.  Maar Daniel sê, ek gaan dit nie doen nie.  Hy gaan ’n ooreenkoms met Nebukasnesar aan.  Kom ons kyk vir 10 dae lank wie lyk die beste.

Ons eet gesond, julle eet koningskos.  Lekker kos.

Dan. 1:12-15      “Toets tog u dienaars vir tien dae lank. Gee vir ons net groente om te eet en water om te drink. Kyk dan ná tien dae hoe ons voorkoms vergelyk met die jong manne wat wel die koning se kos eet. U kan dan besluit om met u dienaars te maak soos u goeddink.” Hy het met Daniël ooreengekom en hulle tien dae lank op die proef gestel. Aan die einde van die tien dae het Daniël-hulle beter en gesonder gelyk as die jong manne wat die koning se kos geëet het.”  NLV

Daar was nie eers ’n kompetisie nie, Daniël het soveel beter en skerper as die ander gelyk.

Toe die koning sien wat die verskil is, het hy beveel dat almal soos Daniël moet eet.

 

1.  Gesonde mense eet gesonde kos.  (Kos faktor)

Wat jy in jou liggaam gaan insit, is wat jy gaan uitkry.  Veral oor ’n langtermyn.

1 Cor. 6:13         “You know the old saying, “First you eat to live, and then you live to eat”? Well, it may be true that the body is only a temporary thing, but that’s no excuse for stuffing your body with food, or indulging it with sex. Since the Master honors you with a body, honor him with your body!”  MSG

Dr. Mark Hyman, ’n wêreld kenner op metabolisme vra die vraag:  As Jesus by jou kom eet, wat sou jy vir hom gee om te eet?

Sy raad is, los die kos wat deur die mens gemaak is.  Die goed wat in bokse is, wat

geprosesseer is en eet die kos wat God gemaak het.  Heel, vars en regte kos.

Hier is ’n shocker – Suiker is 8 x so verslawend as kokaïen.  Navorsing wat op rotte gedoen is bewys dat rotte vinniger sterf van suiker as van kokaïen.

Hier is die probleem – vir baie van ons is kos ons “drug of choice”.  Dit laat ons beter voel.  Soos kokaïen jou ’n kick gee en beter laat voel, so gee kos jou ’n kick en laat jou beter voel vir ’n rukkie.

Ons gaan nie vandag in meer details oor gesonde kos ingaan nie maar as jy by die “Biggest loser” gaan aansluit sal ons vir jou ’n DVD gee en nog meer advies.

 

2.  Gesonde mense dink gesonde gedagtes  (Fokus faktor)

As jy kan leer om jou gedagtes te fokus, sal jy nie probleme hê om gesond te leef nie.

As jy nie jou gedagtes kan beheer nie, sal jou versoekings jou oorheers en jou besluite vir jou maak.  Die oorlog begin nie in jou maag nie.  Dit begin in jou gedagtes.

Spr. 4:22-23       “Don’t ever forget my words; keep them always in mind. They are the key to life for those who find them; they bring health to the whole body. Be careful what you think, because your thoughts run your life.”  NCV

Die Here sê, My woorde is lewe.  Moenie dit vergeet nie?  Hoekom?  Want God se woorde sal jou help om jou gedagtes te beheer.  En jou gedagtes beheer jou lewe.

 

Dr. Daniel Amen, ’n breinchirurg, sê  dat daar al meer as 140 studies is wat die dinosaur sindroom bewys.  Ek maak dit nie op nie, gaan doen maar jou eie navorsing.

Die dinosaur sindroom bewys, hoe groter ons liggame word, hoe kleiner word ons breine.

1 Kor. 6:19-20    “Het julle dan vergeet dat julle liggaam die blyplek van die Heilige Gees self is? Die Gees bly mos in julle; God self het die Gees vir julle gegee.  Dit beteken dat julle nie julle eie baas is nie en dat julle nie maar met julle liggaam kan doen wat julle wil nie. Die Here het baie duur betaal om julle Syne te maak.” DB

Jou liggaam is ’n geskenk van die Here af.  Jy sê, los my net uit, wat ek doen met my liggaam is my saak.  Wel, ek hoop dat hierdie skrif jou oortuig het.  Jesus het duur betaal vir jou liggaam, jy moet hom oppas.

 

3.  Gesonde mense kyk na hulle energie. (Fiksheid faktor)

Dit is om te leer om jou energie te bestuur.  Rick Warren is van mening dat energie bestuur baie belangriker is as jou tydsbestuur is.

Party van ons is resiesperde, ander is skilpaaie.  Party van ons se geaardheid is haastig ander is baie meer melankolies en ge-chill.

En die wonder van verhoudings is dat teenoorgesteldes mekaar aantrek.  In die begin trek teenoorgestelde mekaar aan, na ’n lang verhouding stoot teenoorgesteldes mekaar weg.

Dit is net eenvoudig so dat party mense meer energie as ander het.

Maar jy kan jou energie op twee maniere vermeerder en dit het niks met Berocca te doen nie.

  1.  Rus.    2.  Oefening.  Beide hierdie dinge is ook gawes van die Here af om ons energie en fokus te vermeerder.

Nou, gewoonlik is iemand aan die een kant van hierdie glyskaal, maar om meer energie te kry, moet jy beide in jou lewe hê, anders sal jy ook nie beter voel nie.

Die Bybel is vol opdragte dat ons moet rus.  Dit is immers so belangrik dat God dit deel van die 10 gebooie gemaak het.  Saam met al daardie groot opdragte, “moenie egbreek pleeg nie”,”moenie steel nie”, “moenie moord pleeg nie.”  Wat is die 4de gebod?

Onthou die Sabbatdag.  Dit is hoe belangrik die Sabbat in jou lewe moet wees.

Mark. 2:27 “Die sabbatdag is vir die mens gemaak en nie die mens vir die sabbatdag nie.”  AFR83

M.a.w. God het die idee van ’n dag af vir rus, aanbidding en herstel gemaak vir die mens.  Dit is Sy plan sodat ons nie uitbrand nie.  Dit is sy idee sodat ons weer ons ware noord kan kalibreer.  Dit is Sy idee om ons verhoudings te versterk.

Maar in die moderne era doen ons dit nie.  Ons werk selfs op ons af dag.  Ons doen die goed waarvoor ons die tyd kry die res van die week nie.  Dit is nie ’n Sabbat nie.

Eks. 34:21 “Ses dae moet jy werk, maar op die sewende dag moet jy rus. Of dit nou ploegtyd of oestyd is, jy moet rus.”  AFR83

 

Wat is jy veronderstel om op ’n Sabbat te doen?

1. Jou liggaam te rus.  2. Jou gees te herfokus.  3. Jou emosies te herlaai.

Dit maak nie saak watter dag van die week dit is nie maar dit maak wel saak dat jy een dag het om te herstel.  Ons het geen verskoning om nie te rus nie.

Nou oefening, dink weer terug aan die tuin van Eden.  Wat het God vir Adam en Eva gegee om te doen?  Hulle moes in die tuin werk.  Hulle het nie heeldag gelê en margaritas gedrink nie.  Nee, God het geweet dat hulle fisiese aktiwiteite nodig het om gesond te wees.  Jou energievlakke sal direk gekoppel wees aan jou rus en oefening.

En weet dit, jou vyand, die Satan sal elke stap saam met jou wees.  En vir jou verskoning op verskoning gee.

Wanneer jy nie meer energie het nie, raai wat is die geheim, jy het oefening nodig.

As ons te besig is om tyd te maak om te rus en te oefen is ons besig om God se opdragte te breek.  Ons is besig om te sondig.

1 Tim. 4:8  “Liggaamlike oefening het wel waarde, maar geestelike oefening is baie belangriker, want dit hou die belofte in van beloning, sowel in hierdie lewe as in die volgende.”  NLV   Ons het albei nodig.  Nie net een van die twee nie.

4.  Gesonde mense het vriende wat hulle ondersteun.  (Vriende faktor)

Om gesond te leef, het jy die hulp van ander nodig.  Ek is jammer, al is jy hoe sterk, hoe selfgemotiveerd, jy kan nie gesond wees sonder die hulp van ander mense nie.

Veral nie sonder die mense in jou huis nie.

Ecc. 4:9-10         “Two people are better than one, because they get more done by working together.  If one falls down, the other can help him up. But it is bad for the person who is alone and falls, because no one is there to help.”  NCV

As jy dit op jou eie wil doen om gesond te leef gaan jy dit nie maak nie.  Veral, as daar verslawings in jou liggaam is nie. Jy het mense nodig om jou te ondersteun en bemoedig.

Daarom het ons besluit om hierdie jaar weer ’n “Biggest Loser” te begin.  Vir die volgende 12 weke gaan daar mense wees by ons kinderkerk wat jou kan help en bemoedig.  Die “accountability” en struktuur is daar, dat jy elke week moet gaan weeg.  Die motivering is daar – jy kan ’n paar duisend rand wen.

Vir elke week se tema word jy ook in ons boekie uitgedaag om ’n doelwit te kry.  Ook hierdie week – kry vir jou iets wat gaan oor rus, oefening of gewig verloor.

Hebr. 10:25        “You should not stay away from the church meetings, as some are doing, but you should meet together and encourage each other.”  NCV

Dieselfde geld vir mense wat gesond wil leef.  Hulle moet gereeld bymekaarkom.

Daarom wil ons ook kyk om mense wat dalk fisiese aktiwiteite doen te kry om dinge saam te doen.  Dit gaan jou help om aktief te bly.

Navorsing het bewys:  Mense wat deel is van ’n groep is geneig om 2x meer gewig te verloor as hulle wat dit op hulle eie doen.

Ons almal het slegte dae.  Dit is hoekom ons mense nodig het wat ons kan bel en wat ons sal ondersteun en ook genade met ons sal hê.  Die enigste mislukking is om te stop.

Ons is gemaak om deur die lewe te gaan met ’n doel.  Jy kan gaan met dit wat jy vir jouself daargestel het as doelwit of jy kan gaan met jou “default” opsie.

Jy kan besluit wat belangrik vir jou is of jy kan laat ander vir jou besluit wat belangrik is.

 

5.  Gesonde mense vertrou op die Here.  (Geloof faktor.)

Jy kan ’n 1000 boeke oor ’n gesonde leefstyl koop en lees en die meerderheid fokus net op twee dinge: kos en fiksheid.  Dit is nie “rocket science” nie.  Elkeen het ’n ander manier.

Maar daar is 3 ander faktore wat baie belangrik is, wat ons vandag gedoen het:

Gedagtes – jou fokus.  Verhoudings – jou ondersteuning.  Gees – jou geloof.

 

Soms is dit nie wat jy eet nie, maar wat aan jou eet wat die probleem is.

Jesus het ⅓ van sy bediening gespandeer om mense gesond te maak.  Hy het na elke dorpie toe gegaan en gepreek (gees) hulle geleer (gedagtes) en hulle gesond gemaak.

Die Here wil jou nie net in die hemel kry nie, Hy gee om vir jou liggaam, gees en siel.

Luk. 17:19 “And He said to him, Get up and go on your way. Your faith (your trust and confidence that spring from your belief in God) has restored you to health.” A

Geloof en gesondheid was vir Jesus belangrik.

As jy die Here deel van jou gesondheidsreis maak dan is daar drie dinge wat jy by gaan kry.

Groter motivering.

Hoekom doen ons wat ons doen, hoekom leef ons soos wat ons leef?  Wat ons ook al doen, ons doen dit vir God en nie vir enigiemand anders nie.

1 Kor. 10:31  “Wat julle ook al eet of drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God.”  NLV

Groter beloning.

1 Kor. 9:25         “Al die deelnemers pas absolute selfdissipline toe. Húlle doen dit om ’n prys te wen wat heel gou sal vergaan. Maar óns doen dit vir ’n ewige prys.”  NLV

Groter krag.

Phil. 2:13  “[Not in your own strength] for it is God Who is all the while effectually at work in you [energizing and creating in you the power and desire], both to will and to work for His good pleasure and satisfaction and delight.”  AMP

Wilskrag en selfdissipline is nie genoeg nie.  God se genade is wat ons verander.

En jy sal addisionele krag kry as jy Hom vra om deel te word van jou fisiese doelwitte.

Kan ek jou uitdaag?  Probeer dit vir die volgende 6 weke wat nog voorlê in die reeks.

Kry vir jou ’n buddy.  Iemand wat saam met jou kan stap of hardloop.

Ek glo dat die Here jou lewe wil transformeer in hierdie 7 weke.  Die Here het jou hierheen gebring omdat Hy iets in jou wil doen.

Daarom daag ek jou weer vanoggend uit.  Dalk is hierdie jou grootste uitdaging.

Aanvaar die challenge en sien hoe jy gaan verander, meer energie gaan hê en fisies transformeer in ’n gesonder mens.

Transformed – Week 1: Geestelike Transformasie

[powerpress]

Enige ware transformasie in ons lewens begin by geestelike transformasie.

Daarom begin ons hier.  Daar is geweldig baie boeke, kursusse en programme beskikbaar wat jou wil help om ’n area van jou lewe te transformeer, maar ware transformasie in ons lewens begin wanneer ons nader aan God beweeg.

Hy is die enigste een wat permanente en betekenisvolle transformasie in ons lewens bewerkstellig.

 

Rom. 12:2 “Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm (transform) deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe.”  NLV

Ons gaan een week net aan die ons denke spandeer maar hoekom is ons denke so geweldig belangrik?

Want ons denke bepaal ons gevoelens en ons gevoelens bepaal ons optrede

Daarom word ons, soos ons dink.  As jy negatiewe, depressiewe gedagtes dink, wat gaan met jou gebeur?  Jy gaan sinies, skepties en depressief wees.

Daarom is dit verskriklik belangrik om jou denke te verander.

 

Twee maniere hoe ons jou in die Transformed reeks wil help daarmee.

1.  Ons het ’n dagstuk boekie.  Elke dag van die week kan jy iets lees wat jou kan help om jou denke te vernuwe.  Langsaan elke dag is daar ook ’n gedeelte wat jy kan gebruik om te skryf.  Die doel is nie daarom so vinnig moontlik te lees sodat jy dit kan verstaan nie, die doel is dat jy dit sal internaliseer en God toelaat om met jou te praat deur die stukkie.  Daarom stel ek voor, gebruik genoeg tyd om die invul gedeeltes by elke dag te doen.

2.  Wanneer jy by die kerk uitstap vandag gaan jy ’n SMS kry as jy jou kontakbesonderhede vir ons gegee het.  In die SMS is die teksvers van die week.  As jy ’n slimfoon het en jy klik op die link sal jy die prentjie met die teksvers aflaai.  Dit kan jy dan op jou foon of rekenaar stoor om elke dag daarna te kyk totdat daardie teksvers in jou gedagtes vasgelê is.

 

Geestelike transformasie beginsel:  Hoe nader jy aan God kom hoe meer sal Hy jou transformeer.

Die teenoorgestelde is ook waar:  Die verder jy van God af dryf hoe meer sal hierdie wêreld jou konformeer en hoe meer moeilikheid sal jy kry.

As jy jou Bybel oopmaak en van iemand lees wat naby aan God gekom het, sal een ding jou opval – die persoon se lewe is radikaal en drasties geraak en getransformeer.

Dink aan Paulus.  Een dag wat Hy Jesus ontmoet het op die pad na Damaskus en alles het verander in sy lewe.

Dink aan Moses.  Ons lees dat selfs sy fisiese voorkoms het verander wanneer hy naby aan God was.  Sy gesig het begin skyn.

 

Maar eie aan die mens, is ons soos skape.  Het jy al skape dopgehou?  Bly hulle altyd bymekaar, naby aan die skaapwagter?  Nee, hulle begin te dwaal.  Hulle sien gras wat vir hulle aantreklik lyk en hulle wil gaan proe.

Hulle natuur is om te dwaal.  So is my en jou natuur om nie naby aan God te bly nie.

Ons dwaal ook af, soms meer as wat ons dit sal erken.

 

Nou, as jy begin afdwaal het, hoe kom jy weer terug by die skaapwagter?

As jy geestelik nie op die beste plek is wat jy al in jou lewe was nie, hoe kom jy weer terug waar jy was?  Gelukkig is daar ’n verhaal daaroor in die Bybel.  Verlore seun.

Lukas 15:11-24 “’n Man het twee seuns gehad.  Die jongste het vir sy pa gesê: ‘Ek wil my deel van die boedel nou hê, eerder as om te wag tot Pa doodgaan.’ Die pa het toe ingestem om sy goed tussen sy twee seuns te verdeel.  “’n Paar dae later het hierdie jonger seun al sy besittings in geld omskep, na ’n ver land gereis, en daar al sy geld verkwis met ’n uitspattige lewe.  Teen die tyd dat sy geld opgeraak het, het ’n groot hongersnood oor die land gekom en hy het begin honger ly.  Hy kry toe werk by ’n plaaslike boer en dié het hom die veld ingestuur om varke op te pas.  Die seun het só honger geword dat selfs die peule wat die varke gevreet het, vir hom smaaklik gelyk het. Maar niemand het hom enigiets gegee om te eet nie.  “Toe hy uiteindelik tot sy sinne kom, het hy vir homself gesê: ‘By die huis het selfs die gehuurde werkers meer as genoeg kos, en hier is ek besig om van honger dood te gaan!  Ek sal teruggaan na my pa toe en vir hom sê: Pa, ek het gesondig teen die hemel én teen Pa; ek is nie langer werd om Pa se seun genoem te word nie. Neem my asseblief in diens as ’n gehuurde werker.’  “Daarop het hy teruggegaan na sy pa toe. En toe hy nog ver weg was, het sy pa hom gesien aankom. Oorweldig met liefde en deernis het hy na sy seun toe gehardloop, hom omhels en gesoen.  Sy seun het vir hom gesê: ‘Pa, ek het gesondig teen God én teen Pa; ek is nie langer werd om Pa se seun genoem te word nie.’

“Maar sy pa sê vir die bediendes: ‘Gou, bring die mooiste mantel in die huis, en trek dit vir hom aan. Kry ’n ring vir sy vinger, en sandale vir sy voete. En slag die vetgemaakte kalf. Ons moet feesvier, want hierdie seun van my was dood en hy het nou teruggekeer na die lewe. Hy was verlore, maar nou is hy gevind.’ Toe het hulle begin feesvier.”  NLV

 

Die seun het gesê, gee vir my wat ek wil hê.  Ek wil dit hê en ek wil dit nou hê.

Hy gaan Las Vegas toe en spandeer alles op vroue, drank en musiek.

Toe die geld opraak kry hy seker die slegste werk wat ’n Joodse seun ooit kon hê – hy moet varke oppas.  Dan raak hy so desperaat dat selfs die varke se kos vir hom aantreklik lyk.  Jy moet weet dit gaan sleg, as die varke se kos vir jou lekker begin lyk…

Tot op ’n dag wat hy besluit hy het nou genoeg gehad.  Hy dink hy verdien nie sy pa se liefde en aanvaarding as ’n seun nie maar dalk kan hy net as ’n bediende vir hom gaan werk, Maar die pa se reaksie is verstommend – hy aanvaar hom en is steeds lief vir hom.

 

Hoe kom jy weer terug na God toe?

1.  Besluit jy het nou genoeg gehad.  (Fed up)

Luk. 15:17 “Toe hy uiteindelik tot sy sinne kom…”

Jy moet keelvol, ‘fed up’ raak met jou lewe en met jou omstandighede, anders sal niks verander in jou lewe nie.

Maak nie saak wat dit is nie.  As dit jou gemoed is, moet jy by die punt kom, om te sê, nou het ek genoeg gehad.  As dit verhoudings is, moet jy sê, ek gaan nie meer so aangaan nie.  Ek gaan hulp soek tot ek hulp kry.

Jy moet desperaat en honger raak vir verandering anders sal niks in jou lewe verander nie.

Vraag?  Hy het tot sy sinne gekom.  Met wat in jou lewe moet jy tot jou sinne kom?

 

Het al by daardie plek uitgekom?  As jy nog nie het nie, sal God jou aandag probeer kry deur jou omstandighede.  Dit gaan vir jou voel dit begin reën in jou lewe.

As Hy nog steeds nie jou aandag kry nie sal Hy ’n storm stuur in jou lewe.

Hy sal by die deur van jou lewe staan en klop en klop.  Totdat jy genoeg gehad het en oopmaak.  God is te lief vir ons, om ons net te los en te sien hoe ons onsself vernietig of die duiwel toelaat om ons te vernietig.

Dis die eerste stap – jy moet keelvol, ‘fed up’ raak met jou situasie.

 

2.  Neem verantwoordelikheid.  (Own up)

Jy moet verantwoordelikheid neem vir jou eie sonde en foute.

Jy moet besef dat as jy so aangaan dan sal dit nie net sleg vir jou wees nie, dit sal iets in jou lewe vernietig.

Jes. 59:2   “Julle probleem is dat julle sondes julle afgesny het van God.  Hy het weggedraai van julle.  Dit is weens julle sondes dat Hy nie meer na julle wil luister nie.”  NLV

Jy moet besef dat jy weggedwaal het.  Solank jy probeer om ander te blameer, ’n kerk te blameer, jou omstandighede te blameer, sal niks verander in jou lewe nie.

 

Jy moet oorgee en “own up”.  Neem verantwoordelikheid vir die area van jou lewe wat nog nie onder God se beheer is nie.

Het jy ooit gebid oor ’n situasie in jou lewe en dit het gevoel of God ’n 10,000km van jou af is?  Neem verantwoordelikheid vir dit wat jou deel is.

As jy vêr van God af voel, raai wie het wegbeweeg?  Nie God nie.

 

Seker die mees algemeenste maniere hoe ons wegdryf van God af is wanneer ons ons liefde vir iets anders gee.

As jy enigiets anders in jou lewe meer liefde en tyd gee as God, dan word dit is afgod in jou lewe.  Ons dink altyd afgode is klip of goue beelde wat mense aanbid.

Nee, dit kan jou gesin wees, jou werk wees, sukses wees, genot in die lewe wees.

Nie een van die dinge is sleg opsig self nie maar wanneer hulle jou eerste liefde raak, dan raak hulle ’n afgod in jou lewe.

 

Jy is so naby aan God soos wat jy kies om te wees.

“Own up”, neem verantwoordelikheid.  Jesus het dikwels vir siekes gevra, wil jy gesond word?  Dit lyk soos ’n dom vraag maar wat Jesus probeer vasstel is om die persoon verantwoordelikheid gaan neem om te verander.

Wanneer jy verantwoordelikheid neem en “own up”, wat doen God?

Hy is soos die verlore seun se pa.  Nog vinniger as wat hy by sy pa kan uitkom het die liefdevolle pa na hom toe gehardloop.

 

Jou op om vir jouself te jok oor die ware toestand van jou siel, neem verantwoordelikheid.

As jy wil weet wat die werklike toestand van jou liggaam is, wat doen jy?  Jy gaan vir ’n volledige mediese ondersoek.  ’n Check up.

Wel, as jy wil weet wat die werklike toestand van jou geestelike lewe is, doen ’n geestelike check up.  In julle boekies op bl. 163 “Spiritual health assessment” – 10 min.

2 Cor. 13:5         “Test yourselves to make sure you are solid in the faith. Don’t drift along taking everything for granted. Give yourselves regular checkups.”  MSG

 

3.  Gee jouself as offer.  (Offer up)

Die verlore seun het gegaan van iemand wat net wou hê en hê, na iemand wat homself aangebied het as dienaar maak nie saak wat die sou beteken nie.

Luk. 15:12 “Die jongste seun kom toe op ’n dag by sy pa en sê vir hom: ‘Pa, ek wil nou dadelik my erfporsie hê.”  DB

Luk. 15:19 “….maak my soos een van u huurlinge.”  AFR83

Daar is ’n reuse verskil van “gee vir my nou dadelik wat my toekom” na “maak my…”

Die 3de punt is, maak my.  Ek gee myself volkome vir U, transformeer U my lewe.

Vorm en maak my soos wat U wil, nie soos wat ek wil nie.

 

As jy God toelaat, gaan Hy jou hele lewe aan jou werk.  Dit is nooit onmiddellik nie, dit is ’n proses maar dit begin altyd met ’n besluit om oor te gee.

2 Kor. 3:18         “Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe.”  AFR83

“Verander” in Grieks:  metamorfou – to change into another form, to change, to transform.

Van iemand wat niks soos Jesus lyk nie tot iemand wat Sy beeld en lewe uitbeeld hier op aarde.  Dit moet steeds toeneem.

Jy moet kan sê, “Lord, take me, form me, make me into your likeness.”

Rom. 12:2 “Don’t copy the behavior and customs of this world, but let God transform you into a new person by changing the way you think.”  NLT

 

4.  Vier fees saam met Hom

Die jongste seun het veroordeling verwag, wat kry hy?  ’n Fees.

Hy gaan in en vier fees saam met sy pa.

Die oudste seun wat die seun is wat wou werk vir sy geregtigheid weier om in te gaan.

Luk. 15:28 “Toe het die oudste seun kwaad geword en hy wou nie in die huis ingaan nie.”  AFR83

Daar is musiek, gedans, gesing.  Hoekom?  Want die pa was oorstel van vreugde omdat die seun wat vêr van Hom af was besluit het om terug te kom na sy pa se huis toe.

 

Sommige van ons het so godsdienstig grootgeword dat ons nie weet wat dit is om te sing en bly te wees vir die regte goed nie.  Ons wil net werk vir ons redding.

As jy jou gemoed wil lig, sing saam met ander mense.  Iets gebeur in jou binneste.

Ons het rede om fees te vier.  Iemand het gekom en ons lewens getransformeer.

Iemand het gekom en ons skuld een oortredings aan die kruis vasgespyker.

Iemand het die veroordeling weggeneem en ons kom wys hoe die Vader se hart lyk – liefdevol en genadig.

 

Die Here het vir ons twee simbole gegee om te onthou dat Hy soos die pa is van die verlore seun.  Die doop en die nagmaal.

Nagmaal sê, onthou jy het ’n liefdevolle Pa wat sy alles gegee het om jou naby aan Hom te bring.  Nagmaal sê, ek is hier om fees te vier.  Ek was verlore maar God het my gevind.  Ek was dood maar God het my weer lewendig gemaak.

Nagmaal sê, ek is moeg geprobeer op my eie, ek het genoeg gehad.

Ek aanvaar die offer van Jesus en nou bring ek myself as offer na Hom toe.

 

1 Kor. 11:23-26 “Die Here Jesus het in die nag waarin Hy oorgelewer is, brood geneem en, nadat Hy God daarvoor gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: “Dit is my liggaam; dit is vir júlle. Gebruik dit tot my gedagtenis.”  Net so ook het Hy ná die maaltyd die beker geneem en gesê: “Hierdie beker is die nuwe verbond, wat deur my bloed beseël is. Gebruik dit, elke keer as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.”  Elke keer as julle van hierdie brood eet en uit die beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.”  AFR83

Transformed – Inleiding: Hoe verander God ons?

[powerpress]

God wil elkeen van ons verander en transformeer in Sy beeld, maar die een ding wat jy moet weet is dat Hy jou lief het net soos jy is.  Sy aanvaarding is nie gekoppel daaraan dat jy eers ’n klomp dinge moet doen voordat Hy jou lief sal hê nie.

Sy aanvaarding is onvoorwaardelik, MAAR, Hy het ons so lief, dat Hy ons nie wil los soos wat ons is nie.  Die effek van die sondeval en ons eie selfsugtigheid is so groot dat dit nodig is dat God ons verander.  Hy wil ons herstel na die oorspronklike plan wat Hy met ons lewens gehad het.

Vandag:  Hoe God ons verander.  Wat gebruik God om ons lewens te transformeer?

Watter elemente of voorbereiding moet jy doen indien jy wil hê God moet jou lewe totaal en al transformeer in die volgende 7 weke?

2 Cor. 3:18         “And so we are transfigured much like the Messiah, our lives gradually becoming brighter and more beautiful as God enters our lives and we become like him.”  MSG

 

1.  Transformasie het nuwe gewoontes nodig.

Hoeveel keer wil ons nie probeer om dinge in ons lewe te verander nie maar ons begin met pure wilskrag en goeie intensies.

En ons almal weet dat dit gewoonlik nie langer as ’n week of drie hou nie.

“Habits eat willpower for breakfast.”  John Ortberg

Hoekom?  Want ons gewoontes is so diep gevorm dat hulle baie sterker as enige aksie van jou wil is.

Jy is nie wat jou goeie intensies is nie.  Jy is wat jou gewoontes is.

As jy iets in jou lewe wil verander moet dit nie begin met goeie intensies of wilskrag nie.

Dit begin met die besef dat jy dit nie self kan doen nie.  Dit begin met die besef dat jy iemand nodig het om jou te help.  En wie beter as die Een wat jou gemaak het en presies weet hoe jy inmekaar gesit is en jou ken.

As jy iets in jou lewe wil verander moet jy begin om jou gewoontes, roetines te verander.

 

So, as jy ernstig is om in die volgende 7 weke God toe te laat om jou lewe te transformeer moet jy begin om nuwe gewoontes aan te leer.

En die een gewoonte wat jou seker meer as enige ander gewoonte sal verander is om elke dag ’n paar minute uit te sit om saam met God tyd te spandeer.

15 min. elke dag kan meer in jou lewe doen as enige pil, boek, gesprek, dieet of oefening.

 

Maar soos met enige ander ding in jou lewe – as jy nie in die gewoonte is om dit te doen nie gaan jy eers ’n ou slegte gewoonte moet vervang met ’n goeie een.

So, as jy in die gewoonte is om elke oggend presies so vroeg op te staan soos wat jy nodig het om klaar te maak en tot die laaste minuut te slaap moet jy daardie gewoonte vervang met met 15 min. vroeër opstaan.

Of as jy nie ’n oggend mens is nie, as jy elke aand voor die TV sit tot jy doodmoeg is en aan die slaap raak moet jy daardie gewoonte vervang met vroeër gaan slaap en 15 min. tyd saam met God spandeer.

 

  • Elke nuwe gewoonte het ook ’n “coach” / mentor nodig.

Of dit geestelike is, fisies, emosioneel, verstandelik, finansieel, beroep – as jy die regte gewoontes wil aanleer moet jy iemand kry wat al verder op die pad is as jy.

Iemand wat in daardie area van die lewe al geleer het wat werk en wat werk nie.

Iemand wat dalk al gedoen het wat jy nog graag wil leer om te doen.

Sonder rolmodelle, motiveerders of coaches maak meeste mense dit ook nie.

Veral in die begin stadiums van enige nuwe gewoonte wat aangeleer word.

2 Tim. 2:2  “Jy en baie ander het gehoor wat ek alles oor die Christelike dinge vertel het. Vertel dit nou weer vir mense wat jy kan vertrou sodat hulle dit weer vir ander kan vertel.”  DB

Paulus was ’n ‘coach’ vir Timoteus en dan sê Paulus vir Timoteus hy moet dieselfde doen.

’n Afrigter het nie net meer ervaring as jy met iets nie, ’n afrigter hou jou ook verantwoordbaar.

As jy jou finansiële gewoontes wil verander – dan moet jy ’n finansiële mentor kry.

As jy jou fisiese gewoontes wil verander – moet jy ’n fisiese mentor kry.

As jy nie onmiddellik ’n mentor kan kry nie, kry ten minste vir jou ’n “buddy”.  ’n Spiritual running partner.  Hierdie is iemand met wie jy jou doelwitte deel en wat saam met jou journey om jou te help om daardie doelwitte te bereik.  Dit is iemand wat jy ten minste elke week of twee sien en met jou kan gesels oor hoe dit gaan met jou doelwitte.

 

2.  Transformasie het nuwe denke en waarheid nodig.

Die groot geveg in meeste van ons se lewens gebeur nie in jou bankrekening of in jou kombuis nie.  Dit gebeur in jou denke.

Jy is eenvoudig wat jy dink.  As jy depressief is, dan is dit omdat jy depressiewe gedagtes dink.  As jy jou verhoudings heeltyd saboteer dan is dit omdat jy verkeerd dink oor verhoudings.

En die enigste manier om jou denke oor iets te verander is om die waarheid te leer en dan oor die waarheid te dink.

Hoekom waarheid?  Want elke selfvernietigende gedagte wat jy bedink is ’n leuen.

En elke keer wat jy ’n leuen begin glo sal jy vashaak en in ’n groef beland.

 

Efes. 4:21-24     “Julle het tog aangaande Hom onderrig ontvang volgens die waarheid wat daar by Jesus is. Julle het tog in julle eenheidsband met Jesus die waarheid geleer, naamlik dat julle, wat julle vroeëre leefstyl betref, die ou, sondige mens soos vuil klere moet uittrek. Bedrieglike begeertes laat hierdie mens te gronde gaan. Julle moet op ’n nuwe, geestelike manier leer dink. Ja, trek die nuwe mens soos skoon klere aan, die mens wat na God se beeld geskape is: iemand wat werklik reg lewe voor God en werklik aan Hom toegewy is.”  NLV

 

Waarheid is wat ons verander.  En nie enige waarheid nie, die waarheid wat God vir ons aanbied in Sy Woord.

Wat transformeer jou gedagtes?

Rom. 12:2 “Don’t become so well-adjusted to your culture that you fit into it without even thinking. Instead, fix your attention on God. You’ll be changed from the inside out. Readily recognize what he wants from you, and quickly respond to it. Unlike the culture around you, always dragging you down to its level of immaturity, God brings the best out of you, develops well-formed maturity in you.”  MSG

“Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe.”  NLV

 

Wat vorm meer ons gedagtes as enigiets in hierdie lewe?  Ons wêreld en kultuur.

Die boodskappe wat ons glo van die lewe, van ons self, van ander mense soos wat die wêreld dit gee. 1 Kor.3 leer ons dat die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God.

Paulus leer ons hier, bedink die waarheid wat in die Bybel vir ons opgeskryf is.

Hoekom is dit so belangrik?  Want die manier hoe jy dink bepaal die manier hoe jy voel en die manier hoe jy voel bepaal die manier hoe jy optree.

 

Waarna transformeer jy op hierdie stadium in jou lewe?  To what are you being conformed?  Dit alles begin met jou denke en jou denke oor die waarheid.

 

3.  Transformasie het ’n skoon huis nodig.

As jy nuwe gewoontes wil aanleer gaan jy ontslae moet raak van die dinge in jou lewe wat jou ou gewoontes gaan terugbring.

Jy gaan moet skoonmaak.  En daarmee bedoel ek fisies skoonmaak.

 

Bv. as jy jou liggaam wil transformeer deur gesonder te begin eet.

Wat is een van die eerste dinge wat hulle jou leer met enige dieet?  Gooi al die versoekings in jou kas weg wat jou gaan versoek.

Al daardie geheime wegsteek plekke van jou – gaan haal hulle uit.

Jy sal nooit jou gewoontes kan verander as jy nie skoonmaak nie.  Die versoeking om in ou gewoontes en patrone te verval sal net te groot wees en jy sal net te swak wees.

 

Hebr. 12:1 “So we must get rid of everything that slows us down, especially the sin that just won’t let go.”  CEV

So daardie junk food wat jou liggaam so vergiftig, maak skoon.

Daardie gedagtes wat so negatief vir jou is.  Maak skoon.

Daardie finansies wat so buite beheer is, maak skoon, begin kyk wat gaan regtig aan.

En die manier om skoon te maak is om die slegte gewoonte te vervang met nuwe gewoontes.  So jy moet vir jouself afvra, watter ou gewoontes wat my lewe saboteer moet ek vervang met nuwe gewoontes.  Jy is wat jy as gewoonte doen.

 

Hoekom is dit vir ons so moeilik?

1.  Daardie ou gewoontes kom so lank met jou saam.  In sommige gevalle het dit vir jare en jare in jou lewe gevorm.  Van daardie gewoontes het jou dalk gehelp om te oorleef as kind maar nou het jy hulle nie meer nodig nie, maar nou leef jy nog steeds met daardie gewoontes.

2.  Ons identifiseer met hulle.  Ons begin ons identiteit met ons tekortkominge verwar.  Ek is maar ’n harde werker daarom werk ek 14 ure ’n dag.  Dit is wie ek is.

Raai wat, dit is ’n selfvervullende profesie in jou lewe.  Jy is soos jy dink jy is.

 

3.  Hulle het ’n beloning.  “What gets rewarded gets repeated.”  Enige gedrag wat jy herhaal het ’n beloning vir ons.  Soms help dit ons net om ons pyn weg te steek, maar al steek dit net ons pyn weg, sal ons dit herhaal al is dit hoe sleg vir ons.

4.  Satan sal teen jou veg.  Hoekom?  Want hy wil nie hê jy moet vry wees nie.  Hy wil hê jy moet aanhou ’n leuen glo oor jouself, oor ander, oor God.  Waarheid maak jou vry, nie ’n 90% waarheid nie.

 

4.  Transformasie het eerlike community en geloof nodig.

Solank jy met jou maskers rondloop dat jy die algemene bestuurder van die heelal is en alles 100% onder beheer het, sal niks in jou lewe kan verander nie.

As jy nie in ’n groep gelowiges wat jou kan aanvaar vir wie jy regtig is en saam met jou stap nie sal niks in jou lewe verander nie.

Dit is hoekom baie kerke vol mense sit wat nie een millimeter verander nie.

Ware gemeenskap verander jou lewe.

 

In ons boekie op Bl. 158 is daar ’n paar riglyne hoe jy kan seker maak almal is daar om mekaar te aanvaar vir wie hulle is maar ook om waarheid in mekaar se lewe te spreek.

Eph. 4:25,31-32 “… no more lies, no more pretense. Tell your neighbor the truth. In Christ’s body we’re all connected to each other, after all. When you lie to others, you end up lying to yourself. Make a clean break with all cutting, backbiting, profane talk. Be gentle with one another, sensitive. Forgive one another as quickly and thoroughly as God in Christ forgave you.” MSG

 

Ware vriende beskerm mekaar.  Ware vriende se liefde bedek sonde in iemand se lewe maar help hulle ook om op die regte pad te bly.

 

Ek wil jou iets persoonlik vra:  Glo jy regtig dat jy nog kan verander?

Glo jy regtig dat God jou nog kan verander?

As jy dit glo, wil ek vir jou sê dat jy dit nooit op jou eie krag sal kan doen nie.

As jy dit nie glo nie, wil ek vir jou Efes. 3:20 lees in die Amplified Bybel.

Eph. 3:20  “Now to Him Who, by the power that is at work within us, is able to [carry out His purpose and] do superabundantly, far over and above all that we [dare] ask or think [infinitely beyond our highest prayers, desires, thoughts, hopes, or dreams].”  MSG

 

Ons het nodig om weer te glo, om weer dromers te wees, om weer groot gebede te bid.

As jy nie glo dat God jou kan transformeer nie, sal Hy jou ook nie kan transformeer nie.

Dink aan die grootste ding wat jy graag in jou lewe sal wil sien…

God kan selfs meer as dit doen.

Dit begin met ‘n ‘CAN DO’ attitude, maar nie ’n groot in myself ‘CAN DO’ attitude nie.

’n Fil. 4:13  ‘CAN DO’ attitude.

 

Phil 4:13   “I can do all things through Christ who strengthens me.”  NKJV

Dit is die waarheid.  En as jy enigiets anders van jouself glo is dit ’n leuen.

Maar albei hierdie twee dele is ewe belangrik.  JY IS tot alles in staat, ja.

Maar nie in jou eie krag nie, in die krag wat Christus vir jou sal gee.

En hierdie superabundant krag is nie daar om jou ontsagwekkend te laat lyk nie, nee, dit is daar om jou eerstens te transformeer na die beeld van Jesus Christus.

Jy het nuwe gewoontes nodig.  Dalk ’n gewoonte om gereeld te begin kerk toe kom.

Jy het nuwe denke en waarheid nodig.  Jou nuwe denke sal jou lewe begin verander.

Jy het ’n skoon huis nodig.  Raak ontslae van alles wat jou weghou van God se plan.

Jy het ander mense en geloof nodig dat God kan doen wat Hy belowe het Hy sal doen.