Vereenvoudig jou lewe – Lewe volgens die woord
[powerpress]
Goeie more vriende en soos altyd ‘n voorreg om vanoggend saam met julle te leer hoe om die lewe beter te doen en saam te groei in dieper verhoudings.
Ons sluit vandag die reeks af genoem vereenvoudig jou lewe. In die reeks het ons gekyk na maniere hoe ons beter keuses kan maak. Keuses wat ons gaan help om die lewe beter te doen. Ons lewens is so gekompliseerd en baie mense is al kla moeg en die jaar het skaars begin. Baie van ons lewe van salaris tot salaris of naweek tot naweek. Eintlik oorleef ons net ons lewe nie en in die reeks het ons gekyk na hoe ons kan begin om ons lewens weer te vereenvoudig.
Wat is fout met die volgende klomp foto’s. As jy soos ek is en jy jy kuier by iemand en in hulle huis is daar ‘n foto raam wat skeef hang ek sukkel om te konsentreer want dit sal my pla tot ek dit regmaak. Daai crooked house ek sal nie in dit wil ingaan nie dit lyk net verkeerd.
Nou in ons huis as daar iets teen die muur gehang moet word dan bel ek my skoonpa. 1ste rede want dit laat hom goed voel dat hy ons kan help of eerder sy dogter kan help en ek glo daarin om mense purpose te gee en belangrik te laat voel. 2de rede as hy dit doen en iets loop verkeerd of dit is skeef dan is ek onskuldig en hy vat al die rap. 3de want as ek dit moet doen, sal alles skeef hang in ons huis.
Wat altyd so interessant is sodra ons iets opsit dan baie keer as jy naby staan dan lyk die ding vir jou reg. Dit lyk reguit en pas mooi in op die muur maar dan sal Chantal en haar ma vêrder weg staan en sê op of af en dan later om konflik te vermy dan gaan haal ons Mr. Waterpas want niemand kan stry daarmee nie.
Wie van julle wil reg lewe, die lewe leef wat God vir jou wil hê? Wie van julle wil weet dat elke besluit wat jy maak, of dit is hoe jy jou kind grootmaak en of wat jy eendag moet swot, met wie jy moet trou as jy jonk is, besluit oor jou werk, verhoudings, tiende betaal, belasting, vergifnis dat elke besluit wat jy maak die regte een is.
Ek glo ons almal wil graag weet dat ons die regte besluite neem en as jy volger van Jesus is dan wil jy ook weet dat jou keuses Hom eer en binne sy plan vir jou lewe val. Dis asof ons ’n waterpas soek vir die lewe.
Vanoggend se boodskap glo ek is die belangrikste van die 4 boodskappe in die reeks. Vanoggend gaan ons stilstaan by vereenvoudig jou lewe deur te lewe volgens die Woord.
Ps. 119:9 – 16 in 1953 vertaling sê: (9)Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord. (10)Ek soek U met my hele hart; laat my nie afdwaal van u gebooie nie. (11) Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.(12)Lofwaardig is U, o Here! Leer my u insettinge! (13) Ek het met my lippe vertel al die verordeninge van u mond. (14) Ek is vrolik in die weg van u getuienisse soos oor allerhande rykdom. (15) Ek wil u bevele oordink en op u paaie let. (16)Ek sal my verlustig in u insettinge, u woord sal ek nie vergeet nie.
Net toe ek gebore is, het my oupagrootjie vir my ma-hulle ‘n Bybel gegee om eendag vir my te gee en Ps. 119:9 was onderstreep en voor in ’n die boodskap vandat as ek my lewe volgens Sy woord inrig sal my lewe baie vereenvoudig wees en sal ek lewe nie net oorleef nie (my spin daarop)
Nou voor ek verder gaan kom ons gesels gou oor ek glo ons as mens en veral ons as Jesus volgelinge of christene se grootste issue. Ons almal weet dat die Bybel belangrik is om te lees en dat dit God se manier is om ons te help en te leer om ‘n vol lewe te leef om reg en beter te lewe, maar iets wat ek baie keer hoor is mense sal iets sê soos ek lees die Bybel maar ek verstaan dit nie ek weet nie hoe om dit toe te laat om my lewe te verander nie. Ek hoor hoe ander mense praat oor wat hulle van God ontvang het en voel dan is ek werklik ‘n Christen want ek voel dit nie of hoor dit nie.
Ek dink dit is ook die rede hoekom dagstukkie boeke so groot is want daar kry ons ‘n vers of gedeelte maar dan is daar darem iemand wat iets skryf oor die gedeelte. Nou hoor mooi ek is nie teen dagstukkies nie, Braam skryf self soms dagstukkies vir groot veldtogte my enigste bekommernis is dat dagstukkies bevat baie keer wat God besig is om met daai persoon te deel en ons mis uit op wat God met my en jou wil deel vir vandag vir nou as ons nie self met die woord sit nie.
Ek dink ‘n vars manier om te kyk na hoe ons Bybel lees is, die verskil tussen hoe ons ‘n koerant, tydskrif of selfs ‘n handboek sal lees en hoe jy ‘n liefdes brief sal lees. Wanner jy koerant of handboek lees dan lees jy om te verstaan, as jy koerant of tydskrif lees dan lees jy maar binne-in jou glo jy nie alles wat jy lees nie. Jy het nie eers gesien wie dit skryf nie en gee ook nie om nie. Jy lees vir inligting.
Kan jy onthou hoe jy ’n liefdes brief gelees het. Ek het een hier wat Chantal vir my geskryf het die dag van ons troue. Ek onthou toe ek dit oopmaak het dit lekker geruik. Sy het haar perfume in dit gespuit. Ek het dit oopgemaak en elke woord gelees en ingeneem en ook teruggedink aan Kodak moments.
Die hartseer is baie van ons lees die Bybel soos ons koerant of ’n handboek lees vir inligting ons wil dit verstaan en uitlê, inplaas van om die Bybel te lees soos ‘n liefdes brief wat God vir ons geskryf het en wat ons kan uitlê.
Julle sien wanneer ons die Bybel lees vir inligting dan skip ons oor gedeeltes wat ons ken. Ps23 Die Here is my herder daar is niks wat my ontbreek nie. Hy laat my neerlê in groen weivelde ons ken dit dis mooi ne. EK het gelees ken dit maar dit doen niks aan my nie, maar as ek dit soos liefdes brief lees, dan lees ek Die Here is my herder hy is daar vir my hy beskerm my niks sal my ontbreek nie so as ek iets kort is dit ok wat Hy gaan my deur vat hy gaan my red. Al is ek in dal van doodskaduwee kan ek aanhou ek hoef nie op te gee nie, want Sy stok en sy staf beskerm my. Baie anders nè?
Of Joh. 3:16 en 17 vir Inligting sê ons ja ek ken dit Want so liefhet god wêreld gehad sy seun gegee ens. Vers 17 nie te veroordeel nie maar te red ens. Maar as ek liefdes brief dan lees ek want so liefhet God die wêreld gehad dis hoe lief hy my het en my vrou het en my seuntjie het dat hy Jesus sy eie seun gegee het. En wanneer die vyand kom en my veroordeel of ek voel veroordeel dan kan ek gaan en sê Jesus se koms is nie om my te veroordeel nie maar om my te red om my vry te maak.
Of wanneer ek struggle met iets dan is dit nie net ‘n nice vers wat sê ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag geen nie nee want die liefdes brief maak dit ‘n vers wat ek kan aan vashou wat my lewe gee wat my vrymaak dat ek hoef dit nie vanuit my krag te probeer doen nie maar deur Sy krag.
U sien vir te lank probeer ons die Bybel uitlê maar Eugene Petersen sê ons moet ophou probeer om die Bybel uit te lê en eerder toe laat dat die Bybel ons lewens uitlê.
Vriende elkeen van ons kom daagliks voor duisende vurke in die pad. ’n Vurk is ’n plek waar ek en jy moet besluit watse kant toe ons gaan of wat gaan ek doen in die situasie en elke besluit het een of ander nagevolg.
Nou Ps119:9 sê dat ons kan ons pad suier hou, so in elke besluit kan ons die regte of suiwer keuse doen. Die realiteit is ons kan nie vir elke besluit eers time out en wil bid en wag om te hoor voor ons ’n besluit maak nie. Vriende daar is ’n tyd wat ons moet afsonder soos toe ons as gemeente saam gebid het en leiding gesoek het oor die kerk bou of wanneer jy bid oor groot beroeps verandering of baie groot finansiële besluit.
Meeste van die tyd moet jy besluit maak en aangaan maar hoe kan ons seker maak ons maak die regte besluit elke keer.
Soos ons in die video vroeër gesien het is die magneet oor die naald gevryf, wat het met die naald gebeur die naald het die magneet se eienskap aangeneem. Dit self het ‘’n magneet geword en toe dit in die water gesit is, het dit nie gewonder waar ware noord is nie dit het geweet. Ek glo dat wanneer die woord in ons is en ons in dit dan sonder dat ons dit agter kom maak ons die besluite wat ons pad suiwer hou, want ons begin die eienskap en karakter aanneem van die woord.
En daarom is ons verhoudings pad suiwer, want wanneer mense ons seermaak dan vergewe ons hulle en haal hulle van die hoek af soos Braam verlede week gepreek het.
En daarom is ons emosionele pad suiwer want ons emosionele emmers is vol en bly vol sodat ons nie die mense wat ons sê ons lief is voor verskeur met ons woorde en wonde met ons gedrag want hulle is daar na daai lang dag of moeilike meeting en jy is moeg en kwaad en hulle loop deur nie.
En daarom is ons geestelike pad suiwer want ons koop genoeg tyd uit om stil te raak en dit met God te spandeer en ons gee om vir ander mense.
En daarom is ons fisiese pad suiwer want ek maak seker dat oefen deel van my lewe is en ek eet nie daai ekstra stuk koek net omdat dit daar is nie.
Vriende en as ons soos die Psalmdigter skryf in 119:9 – 16 Ons lewe inrig volgens Sy woord en ons Hom soek met ons hele hart. En soos een van die vertalings sê en dis so mooi dat ons God se woord in die brandkluis van ons hart sal bêre. Dat ons ons verlustig in God se voorwaardes soos oor rykdom. Dis wanneer ons lewe suier is.
Wanneer ons so leef dis dan dat ons lewe meer en meer God se karakter aanneem en ons meer en meer weet wat Hy vir my en jou wil sê en wil hê.
Vriende vanoggend wil ek hê ons moet vir oomblik wandel in die woord. Daar is baie maniere en ek moedig julle aan om te gaan oplees oor nog maniere om die woord beter te lees. Iets wat my baie gehelp het, was Dissipelskap en ek wil jou aanmoedig as jy nog nie in ’n dissipelskap groep is nie kom sodra moontlik in een dis werklik lewens veranderend.
Die manier wat ons vanoggend die Bybel mee gaan lees, is agterop julle preek notas en ek wil julle aanmoedig om die maand die manier te probeer in julle tyd saam met God. Jy kan elke week ander skrif gedeelte vat of elke dag net soos jy wil.
Ek gaan julle daardeur begelei sodat jy weet hoe om dit by die huis te doen.
Geestelike lees
Die eerste stap is:
Word Stil
Maak jou oë toe en begin jou liggaam ontspan. Sit met al twee voete op die vloer mooi regop maar maak seker jy is nie ongemaklik nie.
Haal diep asem en konsentreer op jou asem haling, maak jou gedagtes stil en ervaar net die stilte.
1. Lees.
Ps. 119:9 – 16 (9)Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord. (10)Ek soek U met my hele hart; laat my nie afdwaal van u gebooie nie. (11) Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie. (12)Lofwaardig is U, o Here! Leer my u insettinge! (13) Ek het met my lippe vertel al die verordeninge van u mond. (14) Ek is vrolik in die weg van u getuienisse soos oor allerhande rykdom. (15) Ek wil u bevele oordink en op u paaie let. (16)Ek sal my verlustig in u insettinge, u woord sal ek nie vergeet nie.
Lees die gedeelte eerste keer net deur, daarna lees dit vir 2de keer weer deur maar die keer skryf ’n vers of woord neer wat vir jou uitstaan, dalk is dit woord wat jou opgewonde maak of hartseer, dalk maak dit jou bang of jy is onseker. Die woord of frase wat jou iets laat voel. Daarna skryf ander woorde neer wat selfde beteken.
2. Reflekteer.
Lees weer gedeelte
Dink na oor wat die woord of vers vir jou vandag beteken.
Wat wil God vir jou deur die vers of woorde sê? Waar in jou lewe het jy die woord of frase nodig.
3. Reageer.
Lees weer gedeelte
Wat wil jy vir God sê i.v.m wat jy nou gelees het en ervaar het. Skryf ’n kort gebed neer wat jy dan vir God wil sê.
4. Rus
“When our response has been played out in all of its fury, angst, or exuberance, we come to a place of rest in God. Here there are no expectations, demands, no need to know, no desire but to be in the Divine Presence, receptive to what God desires to do with us.” Marjorie Thompson
Vat oomblik en sit en wees in God se teenwoordigheid.