Die 1 ding – Jou gedagtes
[powerpress]
Jou gedagtes. Hulle is SO BELANGRIK omdat dit bepaal wie jy word.
Prov. 23:7 “For as he thinks in his heart, so is he.” NKJV
Spr. 23:7 “Want soos hy in sy siel bereken, so is hy…” AFR53
Nou wat belangrik is om te weet is dat jou hart, jou gedagtes en jou siel in die O.T. as sinonieme gebruik is. So baie keer wanneer die O.T. praat van jou hart / niere gedoel hy jou gedagtes.
Jou lewe sal altyd beweeg in die rigting van jou sterkste gedagtes.
As jy dink ek sal waarskynlik nie – dan sal jy waarskynlik nie.
As jy dink jy het niks om te offer nie sal jy waarskynlik nie ’n verskil maak nie.
As jy glo jy is ’n slagoffer – dan sal jy ’n slagoffer word.
Jou gedagtes bepaal jou hele lewe.
Aan die ander kant – as jy dink dat jy KAN dan sal jy waarskynlik dit doen.
As jy dink God is VIR JOU en BY JOU dan sal jy Sy krag ervaar in jou lewe.
Om ons bietjie te help vandag: gaan ons ‘n gedagte oudit doen. Dink waaroor jy baie dink.
Gedagte oudit / Thought audit:
Bekommerd (worried) 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Vrede (peaceful)
Negatief (negative) 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Positief (positive)
Wêrelds (worldly) 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Ewig, Goddelik (Eternal)
Ek wil hê jy moet ’n kruisie maak op watter kant van die skaal jy is.
As jy nie 3 x 10 gemerk het nie is hierdie boodskap vir jou. Hoekom? Ons gedagtes bepaal ons woorde en ons woorde word ons gewoontes en ons gewoontes word ons lot.
Jou lewe sal altyd beweeg in die rigting van jou sterkste gedagtes.
As ons eerlik is dan sou ons almal iewers onder 10 op die skale merk.
Want daar is soveel dinge in hierdie wêreld en kultuur wat vir ons uitroep: Bekommer oor my, wees negatief oor iets, hou vas aan my (nie God nie). Daarom skryf Paulus:
Rom. 12:2 “Don’t copy the behavior and customs of this world, but let God transform you into a new person by changing the way you think. Then you will learn to know God’s will for you, which is good and pleasing and perfect.” NLT
Jy sal word soos jou sterkste gedagtes.
Hoe verander ’n mens jou gedagtes?
- Neem negatiewe gedagtes gevange.
2 Kor. 10:4-5 “…want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,” AFR53
Die Griekse woord vir kragtig – Dunamis: waar ons dinamiet vandaan kry.
Die Griekse woord vir vestings – okkamora: ‘n prisonier vasgevang deur misleiding.
Dink hieroor – wat word ons geestelike vyand, die duiwel genoem? Vader van alle leuens.
So wat hy doen, is om leuens in ons gedagtes te los sodat ons mislei word daardeur en ons lewe op ‘n leuen kan bou.
Vers 5: “…en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,”
Ek hou hiervan: Ons vernietig alle leuens en ons neem elke gedagte gevange en maak dit gehoorsaam aan Christus.
So wanneer ek verkeerde dinge of leuen bedink – ek sal dit nooit kan doen nie, ek is nie goed genoeg nie, niemand gee om nie. Dan maak ek dit gehoorsaam aan Christus.
Om ’n voorbeeld te gee: daar is ‘n toep of app op jou foon wat genoem word: Truth or trash. Dit is ontwikkel vir kinders om hulle te help om goeie Bybelse gedagtes te vorm.
Daar word ’n stelling gemaak wat klink of dit waar is maar dit is net half waar. Dan moet jy antwoord Truth or Trash. Nadat jy geantwoord het gee hy vir jou ’n Bybel vers oor die waarheid sodat jy gedagtes reg kan wees.
In Dissipelskap praat ons van die refleksie sirkel. Dit is wanneer ek letterlik my gedagtes stop, vra wat ek regtig nou voel, dan vra of dot die waarheid is en daarna dit toets aan die Woord. Daar is ’n afskrif daarvan in ons notas wat uitgedeel is.
Ons neem destruktiewe gedagtes gevange. Capture destructive thoughts.
- Vul jou gedagtes met geestelike dinge.
Paulus skryf vanuit ’n tronk uit… moenie dit mis nie…
Fil. 4:8-9 “…vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is. En leef volgens alles wat julle van my geleer, oorgeneem, gehoor en gesien het. Dan sal die God wat vrede gee, by julle wees.” NLV
Vul jou gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer is.
So, ons neem ons gedagtes gevange en ons fokus ons gedagtes op geestelike dinge.
Jou gedagtes bepaal jou hele lewe. Dit is nie net ’n mooi en oulike gedagte nie.
Dit kan letterlik jou lewe transformeer wanneer jy jou gedagte wêreld op die waarheid rig.
Die probleem met leuens is dat hulle ons mislei – ons dink hulle is waar maar hulle is nie.
Ons lees die Bybel te veel kere vir informasie en nie vir transformasie nie.
Jy sien, ons moet daardie default setting of die autopilot in ons lewens herprogrammer.
Die enigste manier om dit reg te kry is om God toe te laat in jou daaglikse lewe.
Hoe gaan ons Hom toelaat? Deur Sy woord ‘n kans te gee en tyd in gebed te spandeer.
Die eerste ding wat jy kan doen is om jou stiltetyd uit die huiswerk kategorie te haal.
Geen kind hou van huiswerk nie. En as dit vir jou soos ‘n taak voel wat my moet voltooi elke dag dan kan jy maar opgee nog voor jy begin het.
As jy ‘n lewendige verhouding met Jesus het is dit eerder soos ‘n gesprek met ‘n goeie vriend wat jou raad kan gee.
God wil ons lei elke dag, Hy wil met ons praat, ons gee net nie kans dat Hy praat nie.
Ps. 1:2-4 God is baie bly omdat jy sy Woord geniet. Jy lees dit sonder om moeg te word. Daarom is jy soos ’n groot boom wat stewig langs die water staan. Alles wat jy doen, maak God se hart bly. Sy grootheid skyn helder in alles wat jy doen. Daarom gaan dit baie goed met jou.” Boodskap
Die leuens moet moet waarheid vervang word. Kom ek vertel jou ’n leuen wat ek geglo het. Toe ek teologie gestudeer het, moet jy jou prakties ook in ’n gemeente doen en ek was in ’n baie groot gemeente gewees. Die leier was baie charismaties en evangelisties en het baie mense getrek met sy prediking. My gawes het nie in lyn daarmee gefunksioneer nie en daarom het hy nooit my ’n geleentheid gegee om te preek nie.
En ek het begin glo dat ek nooit moet of kan preek nie. Veral nie voor baie mense nie.
Tot op een dag wat God my met die waarheid gekonfronteer het. -> Jy kan net JY WEES.
As iemand anders nie in jou gawes glo nie – Ek glo in jou, Ek het jou gemaak, Ek het jou die gawe van lering of teaching gegee. Gaan en gebruik dit tot My eer.
Nou, ek glo darem 20 jaar later het God my al gebruik met die gawe wat hy my gegee het.
Jou lewe sal altyd beweeg in die rigting van jou sterkste gedagtes.
Hoe moet ek my gedagtes vul met geestelike dinge? Hier is iets wat ek hard geleer het.
Wanneer jy in die oggend wakker word – moenie jou foon optel nie. Weerstaan die versoeking. Sommige van ons is so verslaaf, ons kan nie dit regkry nie.
Wanneer jy in die oggend wakker word – bepaal die rigting van jou dag met ‘n gebed of geestelike lees. Dit sal jou lewe begin verander.
Maar wat doen ons? Ons begin die dag deur te kyk – wat gaan aan op FB, wat het in die nag in die nuus gebeur? Geen wonder ons sukkel met negatiwiteit en bekommernis.
Begin jou dag reg. Wat is jou eerste gedagtes? Maak eerder jou Bible toep oop.
Dan ’n gebed: Here dankie vir die gawe van hierdie nuwe dag. Gebruik my waar U my vandag wil gebruik. Maak my bewus van U teenwoordigheid in my dag. (Net 2 min)
Bid dit – en wat dink jy gaan met jou dag gebeur?
En skielik ontwikkel jy die gedagtes van “Waarheid” of “Leuen”. Truth or Trash.
So, hoe neem ons dit van hier verder? Laat week het ons jou uitgedaag om een woord te kry wat jou lewe of groei area nou beskryf.
Hierdie week wil ek jou weer met net 1 ding uitdaag. Nie een Woord nie, maar een Gedagte. Een gedagte wat in ‘n groter verandering kan verander as wat jy ooit gedink het.
Een waarheid gedagte wat as jy dit oor en oor herhaal en oor en oor herhaal, deel van jou lewe gaan word. En dit sal jou woorde verander en dit sal jou gewoontes verander.
Een gedagte. Wat jy oor en oor moet herhaal en mediteer op. Kan ’n Skrif ook wees.
I am no longer a slave of fear, I’m a child of God. (Kan ‘n Lied ook wees.)
“Ek kan is tot alles in staat deur Christus wat my die krag gee.” Fil. 4:13
“Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.” 1 Pet. 5:7
“God sal elke behoefte van my vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.” Fil. 4:19.
“God het my nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie maar van krag, liefde en selfbeheersing.” 2 Tim. 1:7.
As jy jou lewe wil verander, begin met jou gedagtes.
Dit sal soos ’n voetpad word wat in die veld uitgetrap word. Hoe meer jou daardie gedagte dink, hoe meer sal daardie patroon in jou brein gevorm word.
Vorm nuwe patrone, nuwe gedagtes in jou denke. Nie net hierdie week nie, maar elke dag. As jy elke dag net daardie Skrif of woorde in jou gedagtes sê, sal dit jou woorde verander, dit sal jou gewoontes verander en dit sal op die ou einde jou lot of destiny verander.
Moenie dat die wêreld en die kultuur van die wêreld jou gedagtes vorm nie.
Neem elke gedagte gevange tot gehoorsaamheid aan Christus.
Soos jy dink in jou gedagtes (hart) so sal jy word. Die waarheid sal ons vrymaak.