Die Kruis, Ons Anker Om Aan Vas Te Hou

 

Goeie more julle ek is so excited dat julle almal hier is vanoggend. Ek glo dat jy op die beste plek is vanoggend.

Die week was ons bietjie op vakansie en ons het bietjie Oudtshoorn besoek en die Volstruis ding gedoen en op die eiers gestaan, op een gesit drukkie by een gekry asook ‘’n nek massage. Durandt en Chantal het ook kameel gery, ek wou ook maar blykbaar sien jy nie een kameel ‘n ander kameel dra nie. Ons was ook by die Kango grotte ( en voor jy wonder en nie woord verder hoor wat ek gaan preek nie nee ek is nie deur die posbus ek is dik nie stupid nie, ons het net die Heritage tour gedoen die eerste 3 kamers) en as jy dit al gedoen het, sal jy saamstem dat ons net so kreatiewe amazing God dien wat ‘’n ondervinding as jy nog nie gedoen het nie, maak ‘’n plan dit is regtig die moeite werd.

Nou ons het net kla gemaak met ons hoop reeks en besef dat ons almal kom op plek waar ons hoop nodig het. Waar jy iets nodig het om aan iets te kan vas hou. So paar weke terug kry ek boodskap van iemand af wat lank baie baie lank terug ons Nuwe gen. diens besoek het toe dit nog aandkerk was. Die ou is in Amerika of Canada en besig om te travel en op sy status updates lyk alles lekker, maar sy Boodskap begin en sê Steve ek het jou nodig ek voel so alleen en hopeloos, ek is moedeloos en depressed. Alles lyk so deurmekaar.

En gebeur dit nie met ons ook nie, dinge gaan lekker en dan soms kom die lewe en dit ruk net hand uit. Life happens en dit suck en ons voel moeg en moedeloos, hulpeloos ons voel alleen en vandag wil ek gesels oor wanneer life happens waar aan kan jy vashou of wat is ons anker.

Wat is my en jou anker waar na gaan ek en jy draai om weer moed en hoop te vind. Ek voel dat deel van vandag se boodskap gaan ons ook seker gedagtes oor God moet aanspreek hoe ons oor hom dink en voel. Ons moet ook sekere gedagtes aanspreek oor Christenskap.

Ek wil begin deur te sê as die lewe al met jou gebeur het of besig is om te gebeur dan baie keer in daai oomblikke besef ek en jy dat Christenskap kan nie in een sin verduidelik word nie en daar is nie altyd ‘’n maklike voel vinnig beter antwoord vir alles nie. Ons besef dat Christenskap nie altyd op ‘’n bumper sticker saamgevat kan word of in slogan gesit word nie.

Ons as Christene het nie altyd antwoorde vir alles nie en weet ook nie altyd hoe om op seker goed te respond nie, sodra jy ’n Christen word kry ons nie ’n sleutel om al die groot vrae en problem op te los nie.

Dalk het van julle dit agtergekom op die harde manier, van julle het dalk tot geloof gekom in Christus en gedink ok nou gaan alles begin in plek val en sin maak, maar toe jy begin het, is dit asof alles meer out of wack geraak het.

En Jesus chat hieroor in Joh. 16 vers 33. Nou voor ons dit lees besef net toe Jesus die woorde sê is Hy op pad om gekruisig te word. As jy geskiedenis ken of saam met kerk kom weet jy dat Jesus gekruisig is net buite Jerusalem en ons as Christene glo en leer uit die Bybel dat Jesus gekruisig is om vir alle mense se sondes te betaal so dat ons in verhouding kan staan met ’n ewige lewendige God.

Jesus sê die volgende 33 Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin.”

Nou as jy dalk nie hoofstuk 13 14 15 16 so lekker gememoriseer het nie Jesus het goed gesê soos ek is die wingerdstok en julle die lote sonder my kan julle nie vrug dra nie, Goed soos ek het julle gekies nie julle my nie, goed soos ek is in julle en julle in my so lief soos die Vader vir my is so lief is ek vir julle. Goed soos Ek gaan weg maar ek gaan ’n trooster stuur wat binne julle gaan bly. Ek gaan weg maar oor 3 dae sal ek weer opstaan en julle sal my sien.

33 Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin.”

I have told you these things, so that in Me you may have [perfect] peace and confidence. In the world you have tribulation and trials and distress and frustration; but be of good cheer [take courage; be confident, certain, undaunted]! For I have overcome the world. [I have deprived it of power to harm you and have conquered it for you.]

Jesus kom en Hy sê dat ek sê die goed vir julle sodat julle in my eienaarskap kan vat van rus en vrede. Ek love Amplified wie se perfect peace and confidence. So Jesus kom en sê ek en jy kan dit besit. Nou ek weet dalk voel jy nie so vandag nie jy voel nie vrede nie jy voel nie rus nie. Bly by my asb. ons kom daar.

Maar Jesus gaan vêrder en sê: In the world you have tribulation and trials and distress and frustration, onthou nou dis Jesus wat praat en hy kom en gee ons ‘’n heads up Hy sê ek het vir julle vertel van ’n toekoms saam met my en hoe ons eendag gaan saamleef maar in hierdie wêreld wat julle nou inleef gaan life happen en julle gaan moeilikheid kry, julle gaan distress en trails hê, dit kom en almal gaan dit beleef.

Vriende en hierdie moeilikheid is nie ek weet nie wat om vir daai een vir Kersfees te koop nie, of wat ek gaan doen vir my kind se verjaarsdagparty nie, die nie daai moeilikheid van ons wil die huis renovate en is nie seker wie se teel om te gebruik of ek wil dubbel cab koop en is nie seker Amarok of Ranger nie, of ek jy het dalk 1kg opgetel moeilikheid nie, die moeilikheid wat Jesus hiervan praat is regte moeilikheid daai van ek is nie seker of daar werklik ’n God is wat omgee moeilikheid, Moeilikheid wat jou geloof challenge moeilikheid en Jesus sê wees reg want dit kom, dit gaan happen.

Maar die goeie nuus is ons weet waar om rus te kry ons weet waar om vrede te kry. Julle sien daar is 2 realiteite hier aan die eenkant het ons God wat almagtig is en liefde is maar ons leef in ’n wêreld wat gebroke is en uitmekaarval, en waar selfmoord gebeur, of mense terminaal siek raak, of jy geliefde sieklik aan die dood verloor, egskeiding gebeur of werkloosheid en geldelike probleme of jy voel alles is deurmekaar en alleen en daai moeilikheid kom en daar despair is en dit donker word, maar daar is lig want Jesus gaan dan verder en hy sê maar skep moed, ek dink nie dis lig bedoel nie in een van die Engelse vertalings se take hart, dis nie ‘’n ligte maklike take hart skep moed toe maar more sal die son weer skyn moed nie, nee die is nie ’n ag shame take hart  of ag shame skep moed as jou lewe uitmekaarval, of kom ons sit dit op bumper sticker hoot as jy moed skep, Moed nie.

Nee, Jesus kom en sê skep moed take heart as jou lewe uitmekaarval as alles om jou donker voel en jy nie weet hoe jy dit gaan maak nie, skep moed hou vas moet nie opgee nie druk deur want en dan gaan hy verder wat ek het die wêreld reeds oorwin. En hy het dit oorwin vir jou en vir my.

Julle sien baie keer is daar hierdie teologie wat mense glo van Life happens en jy moet maar aanvaar en leef daarmee, dis half waar want die lewe gebeur maar waar is die oorwinning in dit, jy kry ook mense wie se teologie is ek glo en daarom bestraf ek moeilikheid en sê nee vir moeilikheid en dit sal nie met my gebeur nie en dis ook net half waar wat Jesus self sê in die wêreld gaan moeilikheid kom maar in my kan jy rus vind.

My vraag aan jou vanoggend is wanneer moeilikheid kom waar heen gaan jy draai om moed te skep.

Ek onthou toe ons in Matriek was en Henlu ‘’n vriend van ons wat gestruggel het met limfklier kanker en die fight verloor het. Ek onthou toe ons die nuus gekry het, was ons almal baie baie gebreek dit was moeilik en ’n groot toets vir ons almal, maar ek onthou hoe ons almal net daar in die voorportaal van die skool in ’n huddle gaan staan het en ons net begin bid het en by Jesus probeer uitkom het dalk sonder dat ons besef het daai dag om rus en vrede te vind en vertroosting.

Julle sien ons het gevas dat hy moet gesond word ons as jeug groep het elke Vrydag gebid vir genesing ons het Dinsdae aande sel gehad en gebid. Ek onthou ons het opgery om vir hom te bid in hospitaal of by sy huis en toe hy oorlede is was dit rof vir ons, ons het vrae gevra en gewonder hoekom het die Here nie dinge verander nie.

Dinge was moeilik en die vraag vir ons was in daai moeilikheid waarheen gaan jy draai?

Julle sien in daai oomblik is daar nie ’n bumper sticker of slogan om dinge beter te maak nie en skep moed of more sal die son weer skyn of Jesus het sy mooiste blommetjie kom pluk werk net nie.

Maar weet julle wat Jesus kom en in die vers lei Hy ons na die kruis toe. Nou ek weet vir baie is die kruis vergifnis en verlede en te doen met sonde nie moed nie. Maar julle sien die kruis is die middel punt van die hele storie van God en die wêreld. Die kruis is nie iets wat jy doen en dan weg beweeg van nie nee die kruis is die centerpiece van alles en daar is hierdie stuk in Heb. 6:19 en 20.

Waar die skrywer kom en vir ons sê dat in die ou dae voor die Kruis moes ons deur Priester na God kom maar nou is daar nuwe manier want Jesus het die prys betaal sodat ek en jy in verhouding met God kan staan.

Hoor hoe stel die skrywer dit in NLV Heb. 6 vers  19 en 20 Hierdie vooruitsig is soos ’n betroubare en stewige anker – ’n anker wat onbeweeglik vasgemaak is in die Allerheiligste van die hemelse heiligdom, net agter die binneste gordyn. Dít is tog waar Jesus, ons Voorloper, ter wille van ons ingegaan het – Hy wat ons ewige Hoof priester geword het volgens die priesterorde van Melgisedek. En dis die rede hoekom ek vir jou en my en daai vriend oorsee wil wys na die kruis toe en sê dis waarheen ek en jy moet draai dis waar ek en jy hoop kry is by die kruis en in die kruis.

Julle sien as ek en jy na die kruis draai en na die kruis kyk dan heel eerste besef ons:

God is lief is vir ons.

Dis by die kruis waar ons kan weet dat ons weet maak nie saak hoe bad dit lyk nie maak nie saak hoe donker of alleen nie God is lief vir jou.  Want as jou bodem al uit geval het as jy al moeilikheid  ervaar het een van die vrae wat opkom is, Is God dan nie lief vir my as hy dit met my laat gebeur nie en ek en jy moet in daai tyd die kruis sien en besef voor ek en jy enige iets gedoen het, was hy so lief vir ons dat Hy sy seun gegee het.

1 Joh. 4:10 Dít is volmaakte liefde: nie dat ons vir God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun as versoeningsoffer  gestuur het om ons sondes weg te neem.

Ons het nie God gekies nie nee hy het ons gekies en alles gedoen en gegee sodat ons met Hom in verhouding kan staan so in die kruis sien ons dat God is lief vir ons. Maak dit alles reg nee dit gaan nie alles regmaak nie en gaan dalk nie eers sin maak nie maar tenminste weet ek en jy dat ons is nie alleen nie en daar is iemand wat omgee en lief is vir ons.

In die kruis sien ons ook dat God gee ons keuses en vryheid maar behou beheer.

Nou ek is eerlik as ek sê dat ek verstaan ook nie heeltemal hoe die stelling werk nie en uit kan speel nie maar ons kan dis waar en ons sien dit in die kruis.

By die kruis sien ons Jesus word gekruisig en in Handelinge sê die Skrywer dat Jesus is gekruisig deur mense wat kwaad is. Julle sien die dag tyd toe Jesus gekruisig is was ’n Joodse feestyd en Pilatus kom en hy het altyd in daai tyd iemand vrygelaat en hy dink ok dis hoe ek Jesus gaan vry kry ek gaan hom teen Barabbas opsit ’n super baddie en dan sal Jesus vrykom en wat gebeur die volk skree Barabbas moet vry. Nou dit klink na Chaos dit klink na mal uit beheer chaos.

Maar as ons na die Kruis kyk was God in beheer of wat. Ja, nou het God dit bewerk en toe mense Jesus sê het Hy almal laat hoor Barabbas. Nee, maar uit daai keuses laat hy goed gebeur. Ek weet nie hoe Hy dit doen nie en weet nie hoe dit werk nie maar een ding weet ek God is nooit nie in beheer nie. Baie mense vra maar hoekom het God dit nie gekeur nie, hoekom het God nie opgetree of gestop nie.

Hy gaan en hy kan maar wanneer hy dit doen gaan die lewe soos ons dit het verby wees dan verander alles.

Die laaste ding wat ons sien as ons na die kruis draai is dat God nie mors nie, God gebruik selfs sleg en verander dit na goed.

Julle sien as ek en jy daar was die dag toe Jesus gekruisig is op daai Vrydag sou ons soos baie gedink het dis die slegste ding wat kan gebeur. Ons sal gedink het Hy het verloor en alles was ’n leun en hy was ’n fake. Ons sou dalk opgegee het, maar ons is nie op daai Vrydag nie ons is baie jare later en ek weet dat daar was ’n Sondag wat Jesus opgestaan het en ek het duisende jare as getuienis asook my eie lewe om te weet dat die kruis is die beste ding wat ooit kon gebeur het.

En wat ek en jy leer is dat God selfs die badste ding ooit soos die Kruis kan gebruik en iets goeds daaruit maak.

In my eie lewe my Pa se dood het die Here gebruik en dit so laat uitwerk sodat ek in ministry beland het en my purpose gekry het. Het die Here my pa doodgemaak omdat hy my in ministry wou hê nee ek glo nie so nie maar deur daai slegte ding is ek nader aan hom getrek en omdat ek daai slegte ding vir hom gee verander hy dit in gereedskap stuk wat hy nou kan gebruik om ander se lewens te raak deur ministry en in dit vind ek purpose.

Vriende wat ek net besef met Henlu se storie en my eie storie is dat dis wanneer ek en jy na die kruis draai waar ek en jy moed skep en waar ons geanker word.

Kom ons kyk na die clip https://www.youtube.com/watch?v=0tv-2sjc7aI

Net soos met die painting. As jy dit die eerste keer sien dan is die ou besig om te dans en mal te gaan en jy probeer uitwerk wat doen hy en baie keer wanneer life happen kan ons in ons situasie op daai oomblik nie die hele storie sien nie, maar vriende God is besig om ’n masterpiece te skilder. Hy is besig om op ‘’n groot canvas te skilder en al wat ek en jy sien is net wat nou in ons situasie gebeur, dis eers as ons terug kyk of ander perspektief kry wat dinge sin maak.

Ek weet nie waar jy nou is nie, maar kom ons vat ’n oomblik om na die kruis te draai en te sien en besef dat God is lief vir jou, hy is steeds in beheer en onthou dat as ek en jy ons moeilikheid vir God bring hy mors dit nie en verander dit in iets goed.

Kom ons bid saam