• Dienste

Oggenddienste

Tydens die inperking is Impetus se dienste aanlyn by www.youtube.com/impetusgemeente en op ons Facebook Bladsy

Ons oggenddienste is gerig op die hele gesin. Die aanslag is hoofsaaklik Afrikaans. Die prediking gaan oor toerusting en oor ‘hoe-om-te-doen’ sake. Die diens vind plaas in ‘n veilige nie-bedreigende atmosfeer waar mense begelei kan word om te groei in hul verhoudings met God en mekaar. Die atmosfeer is informeel en semi-gewyd. By elke diens sal jy vriendelik ontvang word, ‘n gemaklike sitplek aangebied word, kan saamsing met moderne aanbiddingsmusiek, luister na ‘n relevante boodskap en genooi word om saam te kuier oor ‘n koppie koffie of tee.

Dienstye

Sondae – 9:00vm

Kerk vir ‘n Nuwe Opkomende Generasie – ROOTED

Elke Sondagaand om 6nm hou die jongmense van Impetus Gemeente hulle eie kerkdiens. ROOTED is hulle kerk en hulle doen dit op ‘n manier by hulle pas met prediking wat hulle kan lei na betekenisvolle verhoudings met God, hulself en mekaar. Hulle kuier reeds van 5nm af.

Dienstye

Ons Rooted jeugdiens (12-26 jaar) is 17:30 op Sondae aande. Hulle kuier en het fun saam van 17:00 af.

(Geen Rooted jeugdiens tydens vakansies nie)

Impetus Kids

ImpetusKids (Kinderkerk) is tydens die 10:00 oggenddiens gedurende skool kwartale. Ons bied ‘n groot groep les aan en dan deel ons in kleiner groepe om dien “so what” vas te maak wat beteken hoe gaan elke maaitjie in sy realiteits wêreld uitleef wat hy/sy nou geleer het. Ons glo dat dit die beste uur in ‘n kind se week moet wees waar hy/sy kan groei in verhouding met God en ander maatjies.

Omgeegroepe

Die meeste van die gemeente se kleingroepe kom op verskillende aande van die week bymekaar in die huise van gewone mense soos jy. Daar word dan gekuier, lewens met mekaar gedeel en gesels oor die belangrikste verhoudings in ons lewens.

Adres

Impetus Gemeente se teater is geleë te

29 Circularweg, Charlo, Port Elizabeth