• Groei by Impetus

Kursusse

Ons kursusse gebeur op ’n Maandagaand 18:30. Daar word verskeie kursusse aangebied en dit word geadverteer in ons naweek bulletin, dienste en op ons Facebook bladsy.

As jy oorweeg om Impetus Gemeente jou geestelike tuiste te maak of net meer wil weet oor Impetus is hierdie die sessie wat jy moet bywoon. Tydens die Impetus Intro sessie vertel ons jou wie Impetus Gemeente is, hoe ons begin het, hoe ons funksioneer, wat ons visie en waardes is asook wat jy van ons kan verwag en wat van jou as lidmaat verwag sal word.

Dit vind gewoonlik een keer per kwartaal op ‘n Sondagmiddag om 17:00 plaas in die kinderkerkgebou en daar is geen koste nie. Hou asseblief ons bulletin, Facebook en afkondigings dop vir die volgende datum.

Dit is belangrik om ons te laat weet as jy ‘n Impetus Intro sessie wil bywoon omdat ons vir jou gereed maak. Jy kan vir die Impetus Intro registreer deur hier te kliek of op Sondae by INFO op die tablet

In Impetus Gemeente word ‘n dissipelskapprogram aangebied wat ontwikkel is deur Ds. Deon Loots.

Een van die belangrike fokusareas van die gemeente is ons dissipelskapgroepe. Hierdie groepe kom een keer ‘n week bymekaar vir 24 weke per module. Die doel van die groepe is persoonlike geestelike groei wat dan met ‘n klein groepie gelowiges bespreek word. Deelnemers gaan deur die les op hulle eie by die huis tydens hul stiltetyd en elkeen praat dan in die groep oor hul belewenis van die inhoud. Elke deelnemer begin ook met ‘n joernaal wat hul leer om God se stem in hul lewe te begin onderskei en om hul stiltetyd neer te skryf vir latere verwysing en om groei te sien.

Die totale program word opgedeel in 6 modules. Elke twee modules hanteer ‘n onderwerp. Dit is egter nie nodig om jouself te verbind vir meer as ‘n module (24 weke) op een slag nie. Dit is egter ook nie moontlik om in die middel van ‘n module in te skakel nie aangesien die sessies op mekaar bou en ‘n vertrouensverhouding in die groep gevestig word.

As jy met die Dissipelskapprogram wil begin of weer wil inskakel nadat jy van die modules gedoen het kan jy dit doen deur hier te kliek of op Sondae by INFO op die tablet

Is jy siels-moeg? Sukkel jy om tyd te maak vir God in jou besige skedule? Of vind jy dat jy soms so besig is om dinge vir God te doen dat jy net nooit kan ontspan en net ‘wees’ nie? Jesus het geweldige druk en oorweldigende eise beleef gedurende sy bediening op aarde, maar Hy het nooit uitgebrand soos vandag algemeen is selfs onder Christene nie. Jy kan ook die lewensritme van Jesus aanleer, ‘n ritme vanuit genade. The Cycle of Grace kursus sal jou help om God se liefde vir jou te verstaan en vanuit sy genade vir jou in ‘n ritme te leef wat die balans in jou lewe kan herstel.

Dit is ’n vyf sessie video gebaseerde kursus deur Trevor Hudson en Jerry Haas wat deur verskeie fasiliteerders in ons gemeente gefasiliteer word.

Met die gejaagde lewe waarin ons lewe is dit maklik dat jou siel begin agterraak met die pas van jou lewe. Daarom is dit nodig om spesifieke geestelike gewoontes in jou alledaagse roetine in te bou wat jou help om jou siel te voed. ’n Lewe wat elke dag meer soos Jesus s’n lyk gebeur ook nie vanself nie. Daarom moet jy basiese gewoontes in jou lewe inbou sodat jy voortdurend kan groei in jou intimiteit met die Here.

Dit is ’n ses sessie video gebaseerde kursus deur Ruth Barton wat deur verskeie fasiliteerders in ons gemeente gefasiliteer word.

Die Cycle of Grace, Ritmes van die Siel, Emotionally Healthy Spiritulality en Keep Your Love On kursusse vind gewoonlik op Maandagaande (een sessie per week) om 18:30 plaas in Impetus se kinderkerkgebou of teater.

Die koste beloop R150 per persoon per kursus en is betaalbaar in Impetus se bankrekening – FNB Tjek# 62784405146

Hou asseblief ons bulletin, Facebook en afkondigings dop vir die datums.

Jy kan vir die kursusse registreer deur hier te kliek of op Sondae by INFO op die tablet.

Om konstant in liefde met ander mense te leef is moeilik! Soms is dit die moeilikste ding in die lewe om te doen. Maar as jy gesonde verhoudings wil bou met God en ander mense is konstante liefde nie iets wat jy kan afskakel nie. Die Keep Your Love On kursus leer ons die Jesus-gefokusde standaard gedefinieer deur volwasse liefde – liefde wat ‘aan’ bly deur alle omstandighede. Leer om vanuit ‘n krag te leef waaruit jy grense kan stel, in liefde kan kommunikeer en jou verhoudings kan beskerm sodat jy kan liefhê in alle omstandighede. Jou verhoudings sal radikaal getransformeer word en jy sal meer soos Jesus kan liefhê.

Dit is ’n tien sessie video gebaseerde kursus deur Danny Silk wat deur verskeie fasiliteerders in ons gemeente gefasiliteer word. Dit word op Maandagaande by Impetus aangebied en die koste beloop R150pp.

Die Cycle of Grace, Ritmes van die Siel, Emotionally Healthy Spiritulality en Keep Your Love On kursusse vind gewoonlik op Maandagaande (een sessie per week) om 18:30 plaas in Impetus se kinderkerkgebou of teater.

Die koste beloop R150 per persoon per kursus en is betaalbaar in Impetus se bankrekening – FNB Tjek# 62784405146

Hou asseblief ons bulletin, Facebook en afkondigings dop vir die datums.

Jy kan vir die kursusse registreer deur hier te kliek of op Sondae by INFO op die tablet.

Die Enneagram Persoonlikheids model beskryf 9 tipes persoonlikhede gebasseer op die motivering van elke persoonlikheid. Dit beskryf nie net die optrede van die persoonlikhede nie, maar eerder die motivering van optredes. Indien dit reg gebruik word kan dit ‘n kragtige hulpmiddel wees vir enige mens se geestelike en emosionele reis. Jy sal jouself beter leer ken en verstaan hoekom jy op sekere maniere optree. Jy sal ook leer hoe jy kan groei asook gevare van regressie raaksien in jou eie lewe.

Dit word aangebied by Impetus deur Ds. Deon Loots in drie sessies op ‘n Donderdag- en Vrydagaand van 18:00 tot 21:00 asook Saterdag van 8:00 tot 15:30. Die koste beloop R400 per persoon.

Gesonde Huwelike werk vanuit die veronderstelling dat God nie alleen man en vrou geskep het nie, maar ook hulle verhouding as ‘n derde ‘persoon’ in die huwelik waaraan aandag gegee moet word. Hierdie is ‘n naweek vir pare wat op trou staan sowel as mense wie reeds getroud is en wil seker maak dat hul huwelik gesond en sterk bly.

Dit word by ‘n gastehuis aangebied deur Dr. Kobus Prinsloo, ‘n ervare huweliks terapeut. Die koste beloop R1850 per paar en afbetaling kan gereël word met Impetus se kantoor. Hou asseblief Impetus se bulletin, Facebook en afkondigings dop vir die plek en datum.

Registreer Hier

Die fooie van die kursusse is betaalbaar in Impetus se bankrekening: FNB Tjek# 62784405146
Hou asseblief ons bulletin, Facebook en afkondigings dop vir die datums.

Jy kan vir die kursusse registreer deur te kliek op die skakel hieronder of op Sondae by INFO op die tablet.

Ander Geleenthede om te Groei met Impetus

Eendag Retreats

Ons bied verskeie eendag-retreats aan op Saterdae in die omgewing. Die fokus van die retreats is op ervaring. Ons neem klein groepe om die waarde van afsondering en stilte te ervaar.

Naweek Retreats

As deel van ons proses van geestelike groei en dissipelskap het ons naweek retreats waar ons groepe wegneem om die natuur en stilte te beleef. Sommige retreats fokus op innerlike genesing waar ander weer op ons roeping en betrokkenheid in die samelewing fokus. Dit gebeur gewoonlik op ’n plaas naby Steytlerville wat so 3ure van ons af is.

Dissipelskap Groepe

Hierdie is groepe vir mense wat ernstig is oor hulle geestelike groei. Dit is kleiner groepe wat een keer per week bymekaar kom. Hulle volg ‘n voorgestelde program wat heelwat Bybelstudie, stiltetyd en die hou van ‘n joernaal by die huis insluit. Die groepbesprekings lê klem om die belewenis en die ervaring van die materiaal by die huis asook hul eie geestelike reis saam met God.

Vir meer inligting kontak die kerkkantoor by 041 368 2047 of epos ons by info@impetus.co.za