Groei gewoontes – Hoe hou ek aan groei?
[powerpress]
Goeie môre en soos altyd wat ‘n voorreg om vanoggend saam met julle te kuier en te leer.
Ons het so pas kla gemaak met die reeks wat genoem is Transformed, nou as jy dalk vanoggend besoek vir die eerste keer of dalk was jy nie die kwartaal hier nie het ek goeie en slegte nuus.
Die slegte nuus is jy het uit gemis op ’n een van die beste mees transformerend reekse wat ons nog ooit gedoen het. Die terugvoer wat ons kry is dat mense getuig van hoe die Here besig is om hulle hele lewe te verander.
Die goeie nuus is dat jy steeds die reeks kan doen en na luister. Jy kan agter by Linda ’n reeks gaan koop en luister of bestel as dit uit verkoop is of jy is welkom om elke preek te gaan luister en lees op die internet op ons webblad Impetus.co.za.
Net sodat almal op dieselfde bladsy is vanoggend. Ons het gekyk na die 7 mees belangrikste areas die Engelse sê key areas van ons lewe waar in God wil hê ons gesond moet in wees so dat ons daai lewens kan leef wat hy in sy woord belowe ’n lewe wat vol is ’n oorvloedige lewe. Joh. 10:10 Kom Jesus en sê
Johannes 10:10 Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig. Ék het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, sodat hulle dit oorvloedig het.
Die 7 belangrike areas was.
Week 1. Het ons begin by Geestelik gesondheid en ons het gesê dis deur naby aan God te leef dat ons Transform die nie wat ons doen wat ons laat transform nie dis wat God in ons doen wat ons laat transform maar Hy kan net in ons werk as ons naby aan hom leef en hom toe laat om te werk.
Week 2. Het ons het stil gestaan by Fisiese gesondheid. Ons het gesê dat God gee net so om oor ons Fisiese gesondheid soos oor ons Geestelike gesondheid. 3 Johannes 1:2 Geliefde vriend, ek hou aan bid dat dit in alle opsigte met jou goed mag gaan en dat jy nét so gesond sal wees soos dit geestelik goed met jou gaan.
Vriende baie keer wil ons transform maar ons het nie die energie om te begin nie wat nog te probeer. Ek en jy is God se plan vir die wêreld en hy wil deur my en jou Sy koninkryk bou op aarde, Hy wil deur my en jou hemel aarde toe bring maar as ons nie die krag het om dit te doen nie kan dit nie gebeur nie.
Week 3 het ons gekyk na Gesonde denke, Nou die key vers vir die reeks is Rom 12:2
2 Do not conform to the pattern of this world, but be transformed by the renewing of your mind.
Een vertaling sê change the way you think.
Ons het gesê God wil eerder denke verander as ons omstandighede, want wat binne gebeur is vêr belangriker as wat met ons gebeur. En die rede is want wat ons dink bepaal hoe ons voel, en hoe ons voel bepaal hoe ons optree.
Spreuke 4:23 Bo alles, wees versigtig met wat in jou hart aangaan. Wat jy dink, bepaal alles wat jy doen.
Ons moet ok besef nie alles wat jy dink is noodwendig die waarheid net omdat jy dit dink nie.
Week 4 het ons stil gestaan by Gesonde Emosies
Nou ons emosies speel ‘n groot rol in ons lewe en baie studies het gewys dat emosionele intelligensie is belangriker as IK. As jy baie slim is en het al die kennis maar jy kan nie jou emosies beheer of met mense werk nie gaan jy sukkel.
Spreuke 5:23 Hy kon homself nie beheer nie; daarom gaan hy sterf. Hy verdwaal omdat hy dwase dinge doen.
Ons het gesê God is ’n God van Emosie en ons emosies is ’n geskenk van God af maar ons moet God vra om ons emosies onder sy beheer te bring en ons te help besef nie alles wat ons voel noodwendig reg is nie.
En dat ek my Emosies moet noem en dan dit challenge of dit reg is om so te voel en dan dit te verander.
Week 5. Ons het gekyk na gesonde verhoudings en stil gestaan by die heel eerste verhouding in die Bybel Adam en Eva en ons het geleer vanuit hulle verhouding oor 3 vrese wat in alle verhoudings teenwoordig is en amok saai en na 3 keuses wat ek en jy daagliks moet maak om gesonde en transformed verhouding te hê.
Week 6 het ons het gekyk na gesonde finansies en stil gestaan by Luk. 16:1-9. Die kerngedagte is dat ons moet besef dat alles wat ons het Geld, besittings, talente alles is behoort nie aan ons nie, God bless ons daarmee en ons is net bestuurders daarvan. Daarom is ’n belangrike vraag om gereeld God te vra is Here wat wil U hê moet ek doen met wat U my mee vertrou of dit baie of min is.
Week 7 het Braam met ons gesels oor ’n gesonde 8 – 5. En dat waar ook al jy jou self bevind op die stadium of jy skool gaan, werk vir baas, ’n baas is, afgetree is waar jy jou bevind besef dat God jou daar wil gebruik. Jy is sy verteenwoordiger daar en alles wat jy doen, doen dit tot eer en verheerliking van God.
Die vraag wat baie mense vra is maar nou wat nou Stevo. Sjoe, hierdie reeks was so goed en lewens veranderend. Die boekie was so goed en het my so baie gehelp om saam met ander mense op dieselfde reis te wees was so great. Nou wat nou.
Van julle het dalk soos ek gevoel dat daar is so baie info waar begin ek hoe begin ek dis net te veel en jy voel oorweldig. Dis alles so goed en belangrik hoe gaan ek dit reg kry om te bly groei of selfs te begin?
En ek wil graag 3 gedagtes deel van hoe ons seker maak dit gebeur. En hierdie is net-net vir geestelike groei nie, maar vir ons alledaagse lewe.
1. Neem ‘n inventaris / Doen stock take
Spr. 14:8 “’n Mens wat nie weet hoe om reg te leef nie, se lewe is leeg. Lewenswysheid maak jou gelukkig.” NAV
Vriende dis belangrik dat ek en jy sal stilstaan en begin om te kyk na ons lewe. Net soos dit belangrik is om van tyd tot tyd gaan vir ’n mediese checkup is dit belangrik dat ons lewe kyk en seker maak dat wat ons glo en spreek en ook baie keer preek vir ander dat dit wel deur die manier hoe ons leef gesien kan word, die manier hoe ons, ons lewe inrig en beplan dat dit wat ons glo spreek en preek reflekteer.
In die week in ons leierskap ontwikkeling sessie het ons gekyk na die volgende slide en Pete Scazerro het gepraat oor die slide en gesê die rede hoekom mense sukkel om te groei en te transform geestelik maar ook in die algemene lewe is want daar is hierdie Action / behavioral gap.
Baie van ons stop by stap 3. Ons hoor iets so ons raak aware daarvan of bewus daarvan, dan begin ons te ponder daaroor jy lees nog ’n boek of luister nog ’n preek of talk daaroor. Jy begin dan die waarde of die value daarvan insien en jy begin voel sjoe almal moet hierdie hoor en begin almal te vertel daarvan, maar dan sê hy kom daar ’n gap en baie mense bly by stap 3. So hulle het al die info en weet dis belangrik en vertel selfs mense hoe belangrik en powerful dit is maar hulle begin nie hulle lewe so te prioritise dat daai waarde kan begin leef word en later deel van hulle kan word nie.
Die probleem kom baie keer ook in dat sodra ons informasie hoor wat ons al voorheen gehoor het of wat ons weet goed is dan stem ons saam en ons weet dis belangrik maar ons lewens verander nie, want ons bly vasval by stap 3. Daarom is dit belangrik om stock take te doen en te vra, hoe gesond is ek in die area en het ek al my lewe begin aanpas en anders begin prioritiseer om seker te maak daai waarde wat ek glo, spreek en preek deel kan raak van my.
Soms gaan jy verbystap 3 en jy kom by stap 5 uit maar wat dan belangrik is, is dat ek en jy soms net weer sal seker maak dat ons nie verval het en dink ons het sekere area onder beheer nie, maar eintlik is seker areas nie meer so onder beheer en gesond soos wat ek dink dit is nie en hier is dit belangrik om iemand te vra wat jou baie goed ken om te kyk na jou lewe. Om jou te help daai blinde kolle raak te ’n geestelik oefen vriend iemand wat daai eerlike moeilike vra en antwoorde kan gee.
2. Skryf ‘n aksie plan neer (baie fokus op Dissipelskap)
Efesiërs 5:15-16 “Wees baie versigtig hoe julle leef. Leef soos mense wat weet wat God van ’n sinvolle lewe verwag en nie soos mense wat niks daarvan weet nie. Moenie jou tyd mors nie.” Boodskap
Ons beplan al die ander area’s van ons lewe behalwe ons persoonlike en geestelike lewe.Om aan te hou groei gebeur nie net vanself nie. In die transformed reek moes ons 3 maande doel witte in elke area uit gesit het.
Die probleem is dat ons kan baie maklik oorweldig voel en voel maar is so baie om aan te werk wat nou of waar moet ek begin. Ek wil vir jou sê begin deur 2 area te kies en in my hart glo ek dat 1 area moet altyd Geestelike gesondheid wees, want as ek en jy ons verhouding met God uit sorteer en naby aan God leef dan sal ons ook weet wat Hy van ons verwag, ons sal beter lewens leef en beter mense word. Ek glo en weet dat as my verhouding met God reg is dan vloei dit oor in die ander areas van my lewe in.
Maar dit help nie net jy sê ek wil meer geestelik groei nie, nee jy moet ’n plan uit sit en daarom wil ek julle aanmoedig. Braam het vroeër gesels oor Dissipelskap groepe en in ons gemeente is dit ons proses. En ek wil almal aanmoedig of jy nog nooit dissipelskap gedoen het nie en of jy dit al gedoen het. Doen stock take en kyk is jy geestelik gesond, waar jy behoort te wees of is jy op stap 3 jy weet van dissipelskap jy weet dis belangrik jy het al selfs vir mense gesê dit is maar jy het nog nie die nodige veranderinge gemaak nie jy het nog nie geprioritiseer om dit deel van jou lewe te maak nie.
Stel daai aksie plan op. Besluit om goed rond te skyf en vir tydelike goed nee te sê sodat jy kan ja sê vir die belangrike. En besluit dan op nog een area wat jy voel vir die volgende 6 maande gaan ek begin om te fokus om my lewe so te prioritiseer dat die waarde deel raak van my lewe. En dan glo ek soos jy daai een area uitsorteer en regkry sal dit oorvloei in die volgende area. As jy jou fisiese lewe beter kry, het jy die energie om aan verhouding te werk, of as jy jou denke onder beheer kry en seker maak jy pasop waarmee jy dit vul dan raak jou emosies ook beter en verhoudings beter.
3. Maak Christus die middelpunt van alles: (Stil staan by die gedagte wat oor en oor op gekom het in Transformed en dit is jy moet jou dag met God begin God moet in alles deel wees van die proses)
Matteus. 6:33 “Beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.” NAV
Kol. 1:15-16 “Niks in die skepping kan met Hom vergelyk word nie. … alles is deur Hom gemaak. Alles wat gemaak is, moet daarna streef om Hom gelukkig te maak.” Boodskap
Soos ‘n wiel ‘n middel moet hê, moet ons lewens ook ‘n middel hê. As God net een van die speke in jou wiel is sal jy vir altyd probeer om te transform en aan te hou groei maar net nooit dit regkry nie.
As Hy in die middel van jou lewe dis waar dit begin .Ons lewe vir God en deur God.
Die een ding wat so mooi in die transformed reek deurgekom het, is dat ek en jy elke dag met God moet begin. Rick het altyd gesê voor jou voete die grond raak gee jou emosies vir God en vra Hom om jou te help wys of jou emosies reg is, of gee jou verhoudings vir God en vra Hom om jou te help in liefde leef, gee jou denke of liggaam vir God. In jou finansies gee jou eerste 10% vir God.
Vriende julle sien om aan te hou groei, of te begin groei is nie iets wat ek of jy kan laat gebeur uit wils krag nie. Dit gebeur nie deur harder te probeer nie, groei is iets wat God laat gebeur en dis hoekom Jesus in Johannes 15:5 sê “Ek is die druiwestok, en julle die lote. Wie aan my verbonde bly en ek aan hulle, dra baie vrugte, want sonder my kan julle niks doen dit nie.”
Vriende ons moet seker maak God is die middelpunt van alles.
Kom ons vat so oomblik en vat stock. Waar is jy vandag? dalk is jy by stap 3 en niks van die informasie is nuut nie, maar my vraag is, is jou lewe al geprioritiseer dat die waarhede in jou lewe ingebou en deel van jou kan raak of weet jy dit maar jy hou aan dieselfde leef? Is dit wat jy glo en selfs op ’n stadium geleef het, is dit steeds so sterk in jou lewe sigbaar of het jy bietjie daarvan laat gaan.
Maak vandag die besluit om die week ’n aksieplan vir groei neer te skryf. Skryf vandag in om deel van ’n dissipelskap groep te raak, en besluit wat is daai een ander area wat jy die volgende 6 maande opgaan fokus om saam met God gesond of onder beheer te kry voordat jy op die volgende een gaan fokus.
Dalk moet jy vandag God weer innooi en oorgee en begin om hom die middelpunt van alles te maak.
Kom ons bid.