Hoe lank nog? Week 1: In die Woestyn
[powerpress]
Goeie môre vriende
Wat ’n voorreg om vanoggend weer saam met julle te kuier, maar ook saam met julle te leer vanuit die user manual wat God vir ons gelos het.
Ek vermoed ons almal het al daai donkie oomblikke beleef wat Shrek het van asb. hou net opvra of ons al daar is. Jy sal weet as ons daar is hoe sal jy weet, ons sal ophou ry en uitklim.
Baie keer as ons Hartenbos toe ry dan so van Knysna af dan uit die agterkant van ons kar hoor jy ook is ons al daar? Hoe vêr nog? Hoe lank is 120 km in tyd. Ok is ’n uur al verby.
En ek vermoed dat baie keer is dit nie net wanneer ons travel wat ons daai onrustige of ongeduldige gevoel het nie nè?
Soms is ons in daai woestyn oomblike en ons raak ongeduldig.
- Skool kinders wil net eksamen en skool verby he dat hulle kan groot wees,
- mammas en pappas wil he vakansie moet kom dat hulle ook net bietjie kan rus en nie so rond moet ry agter nie bloesels aan nie.
- By die werk wil ons soms net he daai deal moet nou happen of daai promotion moet gebeur.
- In jou huwelik wil jy net hê dat dinge weer moet terugkeer soos dit was, waar liefde geseëvier het julle by mekaar wou wees. Waar julle man en vrou was en nie soos nou net kennisse of goeie vriende nie.
- Van ons sit in hierdie donker diep gat en jy wil vra Here hoe lank moet ek nog steeds so sukkel hoe lank gaan ek nog steeds met hierdie seer of teleurstelling moet saamleef.
- As gemeente is ons in die posisie met ons bou projek waar maklik kan of wil vra maar Here hoe lank nog, of Here hoekom nog so lank?
Nou vandag gaan ons by die volk God se volk in check in hulle woestyn oomblik.
Nou vinnig om almal op dieselfde bladsy te bring. Die volk is in Egipte en hulle is slawe dan moan hulle en kla en smeek God dat Hy hulle sal red. God stuur dan ’n ou met die naam ……………. Moses of ek en hy is tight so ek noem hom Mosie. Hy wou nie die job he nie. Maar ok hy vat toe die job en God sê vir hom ek het gehoor hoe my mense kla en ween ek gaan hulle uit slawerny uitvat na die beloofde land.
Eks 3:8 Daarom het Ek afgekom om hulle van die Egiptenaars te bevry en hulle weg te lei uit Egipte na hulle eie mooi, groot land. Dit is ’n land met oorgenoeg kos. Die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete bly nou daar.
Nou vriende dit klink soos ok vinnige stappie uit een land in beloofde land. Dit klink nie na ’n lang tyd nie, dit klink soos ok avontuur, dit gaan lekker wees ons gaan see toe tiepe trippy.
Nou ons gaan in check by die volk en lees hoe dit gaan daar op hulle adventure. Ons moet 2 goed besef hulle kom uit land Egipte waar hulle slawe was maar hulle het genoeg gehad om te eet. Dinge het gegroei daar soos jy nie kan glo nie en hulle is op pad na Kanaän toe ’n plek wat ook beken gestaan het as die plek wat oorloop van ………… Melk en Heuning.
Maar hulle is nie hier nie Egipte maar ook nie daar nie Kanaan nie hulle is in die middel. Hulle is op pad. Hulle is in die woestyn.
Wat het hulle geëet in die woestyn. Manna wat beteken “wat is dit” julle sien God doen ’n wonderwerk en elke oggend as die volk op gestaan het, was daar hierdie wit flokkies op grond en die volk sou dit optel en water bysit en dan ’n tiepe mash maak of selfs tiepe koekbak daarmee.
En hulle het dit elke dag geëet vir Ontbyt middagete en aandete en die volgende dag vir Ontbyt middagete en aandete en die volgende dag vir Ontbyt middagete en aandete. En so het dit aangehou.
Nou as ons begin lees dan is die volk nou al ± 2 jaar in die woestyn op pad na Melk en Heuning toe. 730 dae van Manna eet 3 keer ’n dag. 2190 borde manna.
Numeri 11:4-6 (lees in huilende/moan stem) 4’n Spul skobbejakke wat saamgetrek het, het ’n onbedaarlike lus vir vleis gekry. Die Israeliete het toe ook begin kerm: “Waar kan ons tog vleis kry? Ons onthou nog hoe ons net soveel vis kon eet soos ons wou in Egipte. Daar was komkommers en waatlemoene en prei en uie en knoffel. Maar nou stik ons aan die manna waarteen ons elke dag moet vaskyk!”
Nou sonder die agtergrond van hoe lank hulle al manna eet kan ons vinnig hulle oordeel nè en sê die ondankbare goed. God red hulle uit slawerny en hulle verlang terug, Hy doen hierdie wonderwerk elke oggend dat manna uit lug val en steeds is hulle ondankbaar.
Maar probeer jy elke dag oggend middag en aand selfde kos eet en kyk hoe jy voel na ’n week. Ons het eenkeer net groete geëet (hoender) vir soos 17dae middag en aand ete. Lank daarna wou ek nie ’n stukkie hoender sien nie. Nou nog is as ek hoor hoender vir aandete dan voel ek wat het ek verkeerd gedoen.
Vriende ons sal wonder wat groei in die woestyn. Wel, iets wat maklik groei in die woestyn is klagtes en ondankbaarheid. Ons sien dit in die volk hulle kla en ween en as ek en jy in daai posisie was, sou ons dalk ook begin kla het. Kla is nie die probleem nie dis hoeons kla en wat ons sê en doen as ons kla wat die probleem is. Julle sien die volk kom en begin teen God praat hulle is soos dit was beter in Egipte toe ons slawe was. Eintlik dit was beter voor U Here kom interfere het. Ons was beter af sonder U. Julle sien ons moet versigtig wees dat ons hart in hierdie tyd nie vêr van God af raak nie, ons moet versigtig wees om nie weg van God te hardloop nie en bitter te raak nie.
In die Woestyn groei Emosionele uitbranding. Moses kom en in Numeri. 4:11Moses vra toe vir die Here: “Waarom het U hierdie moeilikheid oor u dienaar, gebring? Waarom het U my met hierdie volk opgesaal? 12Is ek hierdie volk se pa? Het ek hulle gemaak dat U vir my sê: ‘Dra hulle in jou arms soos ’n oppasser ’n suigeling ronddra. Vat hulle na die land wat Ek vir hulle voorsate beloof het.’ 13Waar gaan ek vleis kry vir hierdie hele volk? Hulle kerm by my en hulle vra: ‘Gee vir ons vleis om te eet.’ 14“Ek kan nie alleen hierdie hele volk versorg nie. Hulle is te veel vir my.15 As U dit van my verwag, maak my dan asseblief maar liewer dood as wat ek na hierdie ellende moet sit en kyk.”
Hierdie is seker een van die eerlikste gebede wat jy sal hoor. En dis die ontsagwekkend ding van God Hy is ok as ek en jy eerlike gebede bid. Julle sien anders as die volk hardloop Moses na God toe.
Ok dalk nie met die beste versoek nie. Here as jy my lief het maak my dood. Kyk as jy weet jy is op jou einde as jy bid en sê Here as jy my lief het maak my liewer dood.
En vandag is daar dalk van julle wat so voel. Jy voel dis net te rof ek kan nie meer dit vat nie ek kan dit nie meer doen nie. Ek sien nie meer kans nie. Ek kan nie meer so aangaan nie. Hierdie ding is net te swaar vir my om te dra. Here hoe lank nog?
En die wonderlik ding is hoe God Moses ontmoet en die rede hoekom dit so wonderlik is want dit bring vir my hoop dat God ons ook so gaan ontmoet as ons op emosionele uitbranding staan.
Numeri 4:16-17 Die Here sê toe vir Moses: “Maak uit die ouer mans van Israel vir my 70 mans bymekaar van wie jy weet dat hulle die oudstes en die leiers is. Vat hulle saam na die tabernakel toe en wag daar saam met hulle. Ek sal afkom en met jou kom praat. Ek sal my Gees wat in jou woon ook in hulle laat kom. Hulle sal dan saam met jou verantwoordelik wees vir die volk. Jy sal dit nie meer alleen hoef te dra nie.
Ek love die laaste sin Jy hoef dit nie meer alleen te dra nie. God kom en gebruik Moses se eie woorde. Moses se dis te swaar ek kan dit nie meer dra nie en God kom en Hy is soos jy hoef dit nie meer alleen te dra nie.
Vriende in die Woestyn groei nie net klagtes en uitbranding nie, maar God se voorsiening groei ook in die woestyn.
God kom en maak ’n klomp mini Mosese nè want dis wat hy nodig het om hom te help die las dra.
Wanneer ek dit lees en hoor dan sien ek hoop. Wat as God nog steeds dit doen dames en here. Wat as God se hart nog steeds vir my en jou is. Wat as God nog steeds genadig en vrygewig is. En wat as ek en jy vandag kom en ons hande oopmaak en daai las wat ons so aan vashou, daai haat wat ons so aan vashou, daai seer wat ons so aan vashou, wat as ons dit laat gaan en ons hande oopmaak en soos ons dit laat gaan ons God se voorsiening ervaar. Dalk vanoggend moet jy jou hande oopmaak en laat gaan dit wat jy ook al vashou en vanoggend hou jou hande oop en aanvaar God se voorsiening.
Ek weet nie hoe daai voorsiening vir jou lyk vanoggend nie. Dalk is dit werk of ’n beter werk. Dalk is dit die kapasiteit om te vergenoegd te wees om met minder oor die weg te kom vir nou, dalk is dit die vermoë om nog een C.V uit te stuur of nog een oproep te maak. Vanoggend maak jy dalk jou hande oop en sê Here ek weet nie hoe ek in die depressie verval het nie en soos jy jou hand oopmaak en God vertrou vir sy voorsiening vriende dalk haal hy jou uit daai depressie uit of dalk voorsien hy net genoeg krag vir jou elke dag om deur die depressie te werk.
Vriende ek weet nie hoe jou voorsiening lyk nie, maar ek weet dat God wil voorsien want dis wat hy doen. Hy voorsien sy Seun om die prys vir ons sonde te betaal, Hy voor sien die wolk en vuurkolom vir die volk, Hy is besig om met ons Brood en vissie wonderwerk na wonderwerk te doen sodat ons bou projek voortgaan. Dalk sit jy hier vanoggend en wonder hoe het die bees geweet wat in my lewe aangaan. Vriende die bees het nie, maar God het en dalk is dit vanoggend sy voorsiening, want jy het nodig gehad om te hoor dat jy moet jou hande oopmaak en laat gaan en toe laat dat God kan voorsien.
Vriende ek weet nie waar jy vanoggend is nie. Dalk is jy vanoggend by kla en ondankbaar wees, of dalk is jy waar Moses was aan die einde van jou tou of baie baie naby daaraan en jy weet net nie meer watse kant toe nie, jy voel net dat jy kan nie meer nie en wil net opgee.
Vriende wil jy nie saam met my vir ’n oomblik stil raak nie. Wil jy nie daar waar jy sit net eerlik vanoggend vir God sê waar jy is emosioneel nie. Wil jy nie soos jy vir God dit sê nie jou hande oopmaak nie en vir God vra om vir jou te voorsien nie en jou te help om Hom te vertrou dat Hy die beste vir jou wil hê nie.
Kom ons vat ’n oomblik nou. Sluit af met Gebed.