Impetus Visie Sondag 2016
[powerpress]
2016 is een van die grootste waterskeidingsjare vir ons omrede ons hierdie jaar ’n tweede hoofstuk in ons geskiedenis gaan begin. Impetus is nie een van ons pastore of ’n paar mense in leierskap nie, dit is elkeen van ons, want ons is ’n liggaam.
Die 1ste hoofstuk het begin op 31 Okt. 1999 toe Impetus sy eerste diens gehou het.
Die doel en die hart van Impetus was om ’n veilige plek te skep in ons dienste veral waar mense wat kerkloos, kerklos is en soekend is ’n plek kan vind van omgee en genade.
In 2001 het ’n gemeente Houtkruis A.G.S. saam met ons gesmelt.
Die Visie van Impetus gemeente was van die begin af om mense te begelei in betekenisvolle verhoudings. Daarom ons leuse – lewe in verhouding.
Soekende mense is vir ons mense wat dalk glad nie in ’n verhouding met Jesus leef nie, mense wat dalk seergekry of weggeraak het in die tradisionele kerk en mense wat opsoek is na liefde, omgee en aanvaarding.
Daarom ook een van ons Kernwaardes: verhoudings.
Dit is baie interessant dat nie Christen sosioloë al studies gemaak het van die eerste kerk in Handelinge en agtergekom het dat een van die grootste redes hoekom die eerste kerk so gegroei het, was die liefde wat daar onder mekaar was.
Hulle het eenvoudig geen prys te hoog gesien om vir mekaar om te gee en uit te reik na mense wat in nood was nie. Daarom is liefdevolle verhoudings vir ons die hoogste waarde.
Joh. 13:34-35 “Ek gee julle ’n nuwe opdrag: Julle moet mekaar liefhê; soos Ek julle liefhet, net só moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal daaraan sien dat julle my dissipels is.” NLV
Dit is waaraan ons geken moet word – liefde vir Jesus, liefde vir mekaar, liefde vir mense buite ons gemeente. Sonder liefde is ek en jy niks. 1 Kor. 13 sê ons is ’n simbaal wat net geraas maak.
1 Kor. 13:1 “Al sou ek enige taal op aarde of selfs in die hemel kon praat, maar ek kom die liefde kort, het ek ’n galmende trom of ’n klinkende simbaal geword.” NLV
In 2016 sal ons graag wil sien dat hierdie waarde van omgee, liefde, ware diep verhoudings nog ’n groter werklikheid in ons lewens word. In sekere opsigte doen ons fantasties maar daar is nog steeds mense wat dit nie ervaar nie en ons gaan hard daaraan werk dat almal ons as ’n liefdevolle groep mense beskryf wat in verhouding met God en mekaar lewe.
Wanneer ons as gemeente iewers betrokke raak in die gemeenskap wil ons dit in verhouding doen. Ons glo nie in eenmalige tref-en-trap benaderings as dit by gemeenskapswerk kom nie.
Ons kuier voor en na kerk is vir ons uiters belangrik. Soms werk die Here se Gees op so tasbare manier, self meer as in die diens wanneer daar informele geselskap voor of na die diens gebeur. Ek wil jou ook uitnooi – as jy skaam is, of voel jy ken niemand nie.
Bly bietjie agter of kom vroeër en drink saam met ons ’n koppie koffie.
Omdat dit deel van ons Visie is, gaan ’n groot deel van ons beplanning en maniere van doen daaroor dat besoekers veilig en gemaklik kan voel.
Terselfdetyd wil ons vir mense wat al langer hier is die grond skep om verder te groei in hulle verhouding met God. Ons dissipelskap is een van die grootste “tools” daarvoor.
In die verlede het ons verskeie kere al gevoel dat die Here ons roep om ’n gebou of ’n kerk op te rig. Dit is egter vir ons belangrik daarom nooit te sien as ons visie nie.
Ons visie is dat jy in verhouding sal leef.
Mat. 22:36-38 “Meneer,” vra hy, “wat is die grootste gebod in die wet?”
Jesus antwoord hom: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ AFR83
Die groot gebod en die groot opdrag in Mat. 28:19 is vir ons belangrik.
As ons sê dat ons wil hê dat elkeen wat hier sit in verhouding moet leef bedoel ons dat daar 4 verhoudings is waarin jy moet groei:
Jou verhouding met God. Het jy hom liewer vandag as die dag toe jy Hom ontmoet het vir die eerste keer? Hart, siel en verstand.
Jou verhouding met jouself. Het jy geweet dat jy nie nie ander meer kan liefhê as wat jy jouself lief het nie? Jy moet jou naaste liefhê soos… jouself.
Dit is ’n verhouding in die lewe wat baie mense dikwels miskyk. Wie is jy? Wat is jou sterkpunte maar ook jou blindekolle, dinge wat ander raaksien. Hoe groei jy daarin?
Jou verhouding met ander. Hier is dit jou naaste – en gaan lees maar weer die verhaal van die Barmhartige Samaritaan as jy vergeet het dat jou naaste selfs jou vyande kan wees. Hoe groei jy in hierdie verhouding? Reflekteer jou hart, die hart van God? Of is jy maar hardkoppig en selfsugtig tot in jou kern?
Jou verhouding met soekendes. Is jy ’n draer van hoop, van lig, van liefde waar jy kom? Die oes is ryp maar die arbeiders is min het Jesus al 2000 gelede gesê.
In Lukas 15 vertel Jesus 3 verhale om vir ons te wys hoe God voel oor mense wat weggeraak het, wat verlore langs die pad geraak het en hulle dan bekeer.
Luk. 15:32 “Maar ons kan tog nie anders as om fees te vier en bly te wees nie, want hierdie broer van jou was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ons het hom teruggekry.” AFR83
Kom ons onthou net weer ons definisie van:
Bekering – om die rigting waarin jy jou geluk soek te verander.
Soms wonder ek of Jesus saam met ons sou kerk gehou het en of Hy nie eerder daar buite in die wêreld sou gewees het by die sondaars en die soekendes nie.
Julle het dalk al die gerugte gehoor of gelees dat ons graag as dit die Here se wil is in Julie in ons nuwe gebou wil intrek. Dit is iets wat my persoonlik bang maak – maar ook geweldig opgewonde maak.
In Julie hierdie jaar gaan ons met die 2de hoofstuk in Impetus se geskiedenis begin.
Dit bly vir ons ’n geweldige reis van geloof. Sonder die Here kan ons nie dit doen nie.
Ons het nog heelwat finansies nodig maar die wonderwerke gebeur weekliks met mense wat vir ons werk of materiaal of verniet of teen groot afslag doen of verskaf.
Met die ekonomiese vooruitsigte vir 2016 gaan dit selfs ’n groter wonderwerk wees wanneer ons intrek en ook wanneer ons al die fases van die gebou voltooi het.
Ons oë is nie op mense nie. Want mense stel teleur – ons oë is op die Here.
Ons glo met ons hele hart dat ons by Hom gehoor het en dat Hy vir ons gesê het ons moet bou. Die Skrif wat Hy vir ons gegee het toe ons daaroor gebid het, was:
Neh. 2:18 “Ek het hulle toe vertel hoe my God sy goeie hand oor my gehou het en wat die koning vir my gesê het. Hulle het gesê: “Kom ons bou!” en hulle het die goeie werk aangepak.”
Nog ’n kernwaarde vir ons is Groepe:
Dit is ons droom en visie dat elke liewe een van julle in ’n groep inskakel. Of dit ’n omgeegroep is, ’n dissipelskapgroep, ’n belangegroep of ’n bedieningsgroep.
In enige van hierdie groepe gaan ons verhouding beleef en gaan ons ook geleenthede kry om te groei in God, onsself en met die ander wat deel is van die groep.
Een van die bekommernisse wat mense al genoem het toe ons begin praat het oor bou en ’n platform skep vir uitreik deur die gebou was dat ons karakter van intimiteit en warm sal verlore gaan. En dit is een van die grootste redes hoekom ek jou vandag weer wil uitdaag om iewers in ’n groep in te skakel.
Want as ons nie wil hê dit moet gebeur nie moet ons beide groter en kleiner groei.
Kleiner in groepe waar ons kan omgee en mekaar bedien.
Nog ’n fokus vir ons in 2016 gaan wees om meer leierskapontwikkeling te doen en meer leiers op te wek sodat ons meer mense wat bereik.
Ons wil nie net ’n gehoor of ’n crowd wees op ’n Sondagoggend nie. Nee, ons wil ’n liggaam wees. In die tegnologiese tyd waarin ons lewe, waar alles so oppervlakkig en op ’n afstand geraak het gaan ware kerk, mense wat vir mekaar omgee, nog belangriker word
Ons gaan geleenthede skep en ek wil vir jou sê – almal is ’n leier iewers. Of jy net ’n ma is en of jy ’n Mpy. bestuur – ons almal kan groei in leierskap. Woon die geleenthede by.
’n Derde kernwaarde vir ons is: Diens deur gawes.
In 1 Kor. 12 dan kom Paulus en hy begin met die mense gesels oor geestelike gawes wat deur God aan elkeen gegee is. En ek vermoed dat daar mense was wat net die in aanhalings teken “flashy” gawes wou hê, wat dalk nie wou dien as hulle nie gesien word nie, of gevoel het dis nie so belangrik en nodig nie.
Dalk was daar mense wat neergekyk het op sekere bedieninge en Paulus begin hulle te leer deur die voorbeeld van die liggaam te gebruik. Ek wil julle aanmoedig gaan lees die hoofstuk vanaand en die week en staan bietjie stil en vra God hoekom het Hy jou in Impetus geplaas en waar Hy wil hê jy moet dien.
Hoor net hoe mooi sê Paulus dit:
1 Kor. 12:25-26 “The way God designed our bodies is a model for understanding our lives together as a church: every part dependent on every other part, the parts we mention and the parts we don’t, the parts we see and the parts we don’t. If one part hurts, every other part is involved in the hurt, and in the healing. If one part flourishes, every other part enters into the exuberance.” MSG
1 Kor. 12:27-31 “You are Christ’s body—that’s who you are! You must never forget this. Only as you accept your part of that body does your “part” mean anything.” MSG
Impetus is net die gemeente wie sy is omdat daar klaar mense is wat betrokke is wat hulle deel doen in die liggaam. As jy nog nie seker is nie, dan is daar ’n Ontdek jou plek eendag retraite Saterdag die 27 Feb. by Humbleways wat jy kan bywoon.
Op julle stoele is daar vanoggend ’n blaadjie met die verskillende bedieninge waar jy kan betrokke raak en ’n verskil kan maak. Soos ek vroeër gesê het ons wil die eerste middel van die jaar alles in plek kry genoeg leiers oplei en genoeg mense of te veel mense in bedieninge betrokke kry sodat ons reg is om Impetus gemeente se karakter te missie te bly uitleef wanneer ons in ons nuwe gebou intrek.
Sodat as kerklos en soekende mense kom kuier in ons nuwe gebou, hulle vriendelik groet sal word en welkom sal voel, dat daar genoeg koffie makers en skinkers is, genoeg mense om hulle te wys waar hulle kan sit en hulle in verhouding kan plaas met ander mense.
Sodat daar genoeg groepe is waar in mense kan inskakel en kan behoort. Dat ons beraders het wat saam met mense kan bid en kan luister en ondersteun.
Ons mense het wat saam bid vir die gemeente en vir versoeke.
Ons sal graag ’n span wil hê wat parkering kan aangewys en mense daar in die parkering al vriendelik kan groet en welkom laat voel.
Dat ons genoeg mense het om Kinderkerk die beste uur van ’n kind se week te maak en hulle belangrik kan laat voel.
Dalk is tieners op jou hart raak daar betrokke. Dit is ’n area waar ons bid dat ons werklik sal groei.
Vriende elkeen van ons het ’n rol om te speel in Impetus en ek wil jou uitdaag raak betrokke. Ons is nou in die begin van die jaar en ons maak ons lewens vol met baie dinge kom ons sê nee vir een ding daar buite sodat ons kan ja sê om betrokke te raak in Impetus sodat ons ’n verskil kan maak in God se koninkryk.
Ons vertrou dan ook die Here om in Julie te trek na Fase 1A toe. Nou Fase 1A is die eerste deel van die Ouditorium.
So amper 2 jaar gelede het ons begin met Ons bou elke druppel te veldtog.
Ons het 8.5 miljoen rand nodig gehad en met beloftes het ons 4.5 miljoen beloftes gekry ons het 2 miljoen gehad en ons het gesê ons vertrou die Here vir wonderwerke vir die ander 2 miljoen.
Ons is nou soos die volk in die Woestyn ons sien al die beloofde land daar vêr weg en ons besef dat daar is nog ’n paar reuse- en hoë mure wat oorkom moet word. Ons kort nog ’n hele paar rand en met die rand dollar raak die klank en goed net duurder wat ons wil insit. Daar is ’n klomp uitdagings wat oorkom moet word, maar soos die volk wonderwerke gehad het om te onthou soos manna en kwartels, water uit die klip, die trek deur die rooi see, die wolk en vuurkolom, net so Impetus het ons wonderwerke wat ons kan onthou op ons kliptafel.
Net toe ons begin het met die grondwerke en dit elke aand net genoeg gereën het sodat ons die grond kom kompakteer en nie nodig gehad het om watertenkers in te huur nie. Toe Walmer Park begin bou het en die grond wat hulle uitgehaal het die regte tiepe grond was wat ons kon gebruik het om op te vul en ons R700,000 gespaar het. Skenkings van heining en stormwaterpype. Dat die maatskappy waar by ons die bakstene koop gevoel het dat hulle ons wil seën en ons die bakstene teen kosprys gee. En hoe wonderlik is dit nie dat die geld wat ons spaar op die bakstene is genoeg om die scaffolding en arbeiders wat die mure gaan bou te betaal.
Vriende die Here is besig om sy Kerk te bou op verskeie maniere en hy nooi my en jou om saam te bou. Elke druppel tel, elke bediening tel, elkeen van julle tel.
Sonder julle kan Impetus nie sy roeping of doel uitleef nie en ek wil julle nooi raak betrokke. Neem ’n oomblik en stel jou self beskikbaar vanoggend, vra die Here waar wil Hy jou gebruik.