Impetus Kinders – Impetus Kids

 

Tydens die 10h00 diens word die kinderkerk gehou. Die formaat van die kinderkerk is baie uniek. Elke les word op verskillende wyses deur aktiwiteite, groot groepe en klein groepe oorgedra.

Die beplanning van die kinderkerk word soos die gemeente s’n sorgvuldig en met ‘n goed deurdinkte proses uitgewerk. Die kinders is vir die gemeente ‘n belangrike fokuspunt.

 

Kerk vir ‘n Nuwe Opkomende Generasie – ROOTED @ 6nm

 

Elke Sondagaand om 6nm hou die jongmense van Impetus Gemeente hulle eie kerkdiens. ROOTED is hulle kerk en hulle doen dit op ‘n manier by hulle pas met prediking wat hulle kan lei na betekenisvolle verhoudings met God, hulself en mekaar. Hulle kuier reeds van 5nm af.

Volg ons op Facebook