Lent 2017 – Vergewe mekaar

[powerpress]

Goeie môre vriende,

Wat ’n voorreg om vanoggend saam met julle te kuier vir paar minute en saam te leer oor hoe ons die lewe beter kan doen.

Wie van julle sukkel met die probleem om mense te wil terug kry, of soos die Engelse sal sê retaliation. Jou ma of jou meisie of jou vrou doen iets wat jou dalk laat sleg voel of jou seermaak en dan kry jy haar terug deur of haar te ignore of jy sê iets wat jy weet hulle sal seermaak of doen iets wat hulle sal seermaak.

Op social media noem hulle dit jy unfriend ’n persoon.

Ons almal sukkel hiermee nie waar nie ons almal is ’n retaliator in ons hart.

Ons almal is al seergemaak deur mense of dalk het iemand vir wie jy baie omgee seergekry en saggies binne-in jou wens jy dat iets slegs met die persoon wat hulle of jou seergemaak het gebeur. Jy droom van hoe jy daai persoon in die winkelsentrum raak loop en jy hom of haar daar voor almal op ’n besige Saterdag hulle fortune vertel. Jy maak daai toespraak en vertel daai persoon alles wat jy en die wêreld van hom of haar dink, alles wat hulle aan jou gedoen het en jy verneder hulle en soos jy praat sien jy hoe daai persoon wegkrimp en begin huil en hulle lippie bewe en dan voor hulle kan jammer sê of reageer dan draai jy om en stap weg.

En soos ek dit gesê het, is daar dalk ’n paar van julle wat saggies gedink het sjoe dit sal lekker wees om dit te doen, van julle is baie bekommerd oor my en van julle is soos hoe weet hy wat ek dink.

Vriende die probleem is en van julle het dit dalk al ervaar dat om te retaliate om mense terug te kry werk nie, om mense nie te vergewe nie werk nie. Alhoewel dit ons geneigdheid is om te doen kom Paulus in Efesiërs 4: 31 Raak saam met alle ander slegte dinge ontslae van alle bitterheid, woede, wraak, geskel en gevloek. 32 Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het.

Paulus is soos raak ontslae van die goed. Wees eerder vriendelik gee eerder om vir mekaar, vergewe mekaar.

Maar as ons eerlik is soms wil ons nie ontslae raak van die goed nie nè. Ons wil nie, want dit voel soms goed om vas te hou aan wrokke of grudges nè. Dis soms lekker om jou vriende, of jou ouers of jou wederhelfte die silent treatment te gee, net tot jy agter kom hulle het dit nie eers agtergekom of gee nie om dat jy stilstuipe het nie.

Dis lekker om aan dinge wat met ons gebeur het vas te hou want dit gee jou ’n goeie verskoning vir hoekom jy optree soos jy optree of is soos jy is. Dit gee jou iemand of iets om te blameer vir jou probleme en jy kan nou jou ouers blameer want hulle het drooggemaak of jy het jou werk verloor want die mense by jou werk het jou nie ondersteun nie, of jou huwelik val uitmekaar want hy of sy is nie daar vir jou nie. En so hou ons vas aan bitterheid en woede en ons wil nie vergewe nie, want dit gee ons rede om nie vorentoe te beweeg nie dit gee ons verskoning om nie verantwoordelikheid te vat nie.

Maar vir meeste van ons die rede hoekom ons nie ontslae raak daarvan nie is want ons glo nie dis moontlik om ontslae te raak daarvan nie. Van ons is soos Paulus is seker nie ernstig nie. Dis maklik vir hom om te praat hy weet nie wat in my lewe gebeur het nie.

Interessante feit oor Paulus. Hy is besig om die brief te skryf terwyl hy alleen in die tronk sit vasgeboei. Die Christene is nog nie heeltemal aan sy kant nie, want hulle is nog bietjie bang omdat hy ’n rukkie vroeër hulle vervolg het en doodgemaak het, hy word onregverdig aangehou en die Joodse leiers het ook teen hom gedraai omdat hy begin verkondig het dat Jesus die Messias is. Paulus het alles reg gehad om dalk bitter en kwaad te wees, maar dan skryf hy die verse. Raak ontslae wees goed en vergewe.

Paulus glo mense kan dit doen en as hy dit glo na alles wat hy deur is dan moet dit ons hoop en vertroue gee dat dit gedoen kan word. Petrus sê dieselfde tiepe ding in 1 Petrus 3:8-9 ’n Laaste woord oor julle verhoudings: Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig. 9 Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Moenie iemand wat julle beledig, terug beledig nie. Inteendeel, jou antwoord moet ’n seënwens wees. Dít is waartoe God julle geroep het en waarvoor Hy julle sal seën.

Nou as jy nie dit glo nie wat is die alternatief om vas te hou aan woede en bitterheid en te leer om dit te bestuur. Eerlikwaar dink ek dit is stupid en kan nie lekker wees nie, want ek dink nie dit kan lekker wees om elke dag en jaar meer en meer woede en bitterheid probeer bestuur nie. Ons is soos ’n ballon en as ons vashou aan bitterheid dan kom lug in en lug in en lug in en ons blaas groter op en groter op en dan eendag op ’n stadium gaan ons net oop bars of skeer en crack en opgee. Opgee op die lewe, opgee op verhoudings, opgee op kerk en God en self opgee op ons self. So ek moet Paulus glo en God vertrou dat dit moontlik is om ontslae te raak van alle slegte dinge.

As ons na die vers kyk: Raak saam met alle ander slegte dinge ontslae van alle bitterheid, woede, wraak, geskel en gevloek. 32 Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om.

Kom Paulus nie net en sê raak ontslae punt einde van storie nie hy kom en leer ons hoe.

Paulus kom en sê om ontslae te raak van iets negatief moet jy dit vervang met iets positief. Hy sê raak ontslae van bitterheid deur goedheid om vriendelik te wees om mense aan te moedig. Raak ontslae van woede deur vir mekaar genade te hê en om te gee.

En dan kom Paulus en sluit af met Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het.

Vriende Paulus is real met my en jou. Hy is luister die bottom-line hoekom julle moet vergewe is omdat God julle vergewe het en as jy eerlik is saam met my vanoggend, en ek is skaam om dit te sê as mens en as julle pastoor maar nog steeds word ek daagliks vergewe.

Dan is Paulus moet julle leer om te vergewe en dit begin deur goed te wees teenoor mense en genade te hê vir mense.

Vergifnis in die Bybel kan soms beteken om skuld af te skryf.

Wanneer mense ons seermaak of te nakom dan skuld hulle ons nè, ons sal ook goed se soos hy skuld my ’n verskoning. Die Bybel kom en leer ons dat ons daai skuld moet afskryf. Om te vergewe is ’n keuse wat ek en jy moet maak. Dis ’n besluit wat ons maak om skuld af te skryf.

Nou jy kan vra hoekom moet ek skuld af skryf. In besigheid is daardie term slegte skuld dis mense wat hulle nie betaal nie en besighede skryf dit dan af omdat dit vir hulle beter is daarom afte skryf as om daaraan vas te hou. Ek dink dis ’n goeie beginsel en rede vir ons ook want dit is slegte skuld, ek sê nie dat dit nie regte skuld is nie, ek sê nie dat die pyn en seer nie waar is nie ek sê nie dat jy verkeerd is in hoe jy voel nie en baie keer maak dit nie menslik sin om die skuld af te skryf nie, maar dis beter vir my en jou.

Soms is die enigste rede wat daar is, is want God het my skuld afgeskryf. Toe ek verlore was in my sonde en pyn het God my kom vind daar waar ek is en my vergewe. Hoe kan ek dan nie dieselfde doen nie.

Vriende ek het foute en ek maak gereeld foute en my foute maak soms mense seer maar ek weet dit maak God altyd seer. Daar is goed in my hart wat as julle dit moet uitvind ek oor skaam sal wees, maar daar is goed in jou hart wat as ek of ander daar van moet weet jy ook skaam oor sal wees. Ons almal maak seer ons almal maak skuld by God en by mense maar iemand het die week so mooi gesê by die kruis is ons almal dieselfde want by die kruis is ons almal gelyk by die kruis is ons vergewe en ons skuld is afgeskryf.

Vriende ons kan vergewe omdat Hy ons eerste vergewe het. Ons ontvang vergifnis van God af nie net vir onsself nie, maar dat ons vergifnis kan uitdeel. Ons ontvang genade van God af sodat ons voordeel trek daar uit maar dat ons dit kan uitdeel. God seën my en jou met talente nie vir ons self nie, maar dat ons dit kan gebruik om ander te seën daarmee, God seën my en jou met resources sodat ons dit kan gebruik om sy koninkryk te bevorder. En net so met vergifnis ons ontvang vergifnis sodat ons ander kan vergewe.

Nou vanoggend gaan ons regmaak vir nagmaal en nagmaal is een van die voorbeelde wat Jesus vir ons gelos het sodat ons kan onthou, sodat ons kan onthou dat Hy ons skuld afgeskryf het, sodat ek en jy ook kan dankbaar wees oor sy goedheid en genade teenoor ons.

Vriende terwyl ek en jy nagmaal gebruik wil jy nie dalk God vra om vir jou te wys wie daar is wie se skuld dit dalk tyd is vir jou om af te skryf nie. Jou lewens sak word al swaarder en swaarder en daar is al skeurtjies in jou sak vra Hom om jou te help om die skuld af te skryf om jou te help om genade te hê vir hulle en om goedheid te openbaar.

Vra Hom om jou te help om daagliks daai keuse te maak om die skuld afgeskryf te hou.

Kom ons bid saam voor ons nagmaal gebruik.