Ligdraers – optimisme
[powerpress]
Een van die redes hoekom ek so opgewonde is oor hierdie reeks is omdat ek dit so nodig het. Om realisties en negatief te wees is heel natuurlik.
Daar is wêreldwyd amper ’n epidemie van negatiwiteit.
Maar om positief en optimisties te wees, ten minste vir my, beteken ’n ander houding.
Dalk is jy die uitsondering maar ’n positiewe, CAN DO, gesindheid kom nie natuurlik nie.
Ons praat die volgende 4 weke oor optimisme, entoesiasme, dankbaarheid en vrygewigheid, kwaliteite wat baie skaars is in die tyd waarin ons leef.
Ons moet Ligdraers wees in die negatiewe wêreld waarin ons leef.
Die reeks se tema vers wat jy ook kan aflaai as ’n slimfoon agtergrond op ons FB bladsy is:
Mat. 5:16 “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” AFR83
Wie van julle dink dat ons meer Ligdraers in hierdie negatiewe wêreld nodig het?
En weet jy wat, God wil hê dat jy daardie optimistiese ligdraer moet wees in die donker wêreld waarin jy leef. By die werk, by die skool, by vriende om die vuur, oral waar jy kom.
Vandag: Optimisme. (Sê dit vir iemand, Ek weet nie van jou nie, maar ek is optimisties.)
Dit is interessant dat daar mense is wat meer natuurlik positief en meer natuurlik negatief is.
Hulle sal ’n vers lees byvoorbeeld, Ps. 23:5 “…my beker loop oor.”
Die optimis sê, “Die Here seën my met baie.” Die pessimis sê, “As die beker oorloop gaan daar ’n gemors wees in die huis.”
Dit is amper of mense dink dit is beter om verskriklik negatief te wees.
Soos ons gesien het in ons vorige reeks Die 1 Ding, bepaal ons gedagtes ons, woorde, ons woorde bepaal ons gewoontes en ons gewoontes bepaal ons lot.
Waarna jy soek, sal jy vind. As jy negatiewe goed soek gaan jy hulle verseker vind.
Prov. 11:27 “If you search for good, you will find favor; but if you search for evil, it will find you!” NLT
Hoe is ’n mens optimisties in hierdie negatiewe wêreld?
Ek is nie OPTIMISTIES gebaseer op wat ek VOEL nie.
Ek is OPTIMISTIES gebaseer op wat GOD SÊ.
Ek is nie ’n Ligdraers of optimisties gebaseer op wat ek voel of ervaar op hierdie stadium nie, maar ek is optimisties gebaseer op wat God vandag nog vir my sê.
Ek wil vandag net uit 1 hoofstuk in die Bybel vir jou 7 redes gee hoekom jy optimisties kan wees. Romeine 8 en 7 redes hoekom jy optimisties kan wees.
Ek is optimisties want…
- My sonde is vergewe en my ewigheid is veilig.
Rom. 8:1-2 “Goeie nuus! God se oordeel is vir altyd verby vir elkeen wat aan Christus Jesus behoort. Dit alles is aan die Heilige Gees te danke. Sy nuwe wet waarborg nou splinternuwe lewe in Christus Jesus vir my. Die Gees maak my vry van die neerdrukkende wet van die sonde en die dood. Hy breek daardie magte se houvas op my lewe vir altyd.” DB
Iemand wees opgewonde hieroor… God se oordeel is verby!
Ek weet nie van jou nie, maar ek is BAIE vergewe. Ek moes elke dag weer ’n nuwe mens word. Nie net een keer toe ek Hom aangeneem het nie, maar weer en weer.
Vir elkeen wat Jesus Christus aangeneem het, jou sonde is vergewe. Jy kan niks meer of minder doen om God se kind te wees nie. Jou ewige destinasie is veilig.
Jy kan dalk party dae deur op optrede of woorde nie voel soos ’n kind van God nie, maar ons is nie Ligdraers gebaseer op wat ons voel nie, maar op grond van wat God sê.
God sê, my oordeel is verby, as jy IN Christus Jesus is. Nie as jy voorbeeldig lewe nie.
Wanneer jy Jesus die eienaar, die leier, die bestuurder van jou lewe gemaak het.
- Jesus is aan die regterhand van God en Hy bid vir my.
Ek weet nie van jou nie, maar dit is WOW! Dit maak my optimisties.
Rom. 8:34 “Wie sal ons veroordeel? Christus Jesus is tog die Een wat vir ons gesterf het, wat boonop ook opgestaan het, wat op die ereplek langs God sit en wat daar vir ons pleit.” NLV
Nou ek weet nie of jy opgewonde raak daaroor nie, maar wanneer iemand wat geestelik naby aan God leef vir my intree, dan raak ek so dankbaar en bly.
Want ek weet ek het dit nodig en dit is wat Jesus vir my doen.
Hy bid vir my langs die Vader. Hy bid vir jou. En Hy is net langs die Vader.
- My toekomstige oorwinning is groter as my huidige pyn.
Ek is optimisties want wat ek nou ervaar kan my ’n beter mens maak.
Dit kan seer en moeilik wees maar dit is besig om Jesus se beeld in my te vorm.
Dit maak my elke dag meer en meer afhanklik van Hom in my lewe.
Rom. 8:18 “Ek is van een saak oortuig: al ons swaarkry weeg glad nie op teen die wonderlike lewe wat op ons wag in God se nuwe wêreld nie.” DB
Jy dink ja, dit is maklik vir jou of vir Paulus om te sê, jy leef nie my lewe nie.
Luister, Paulus wat hierdie woorde skryf is soveel ervaar, met klippe probeer dood gooi, in die see gegooi, deur ’n giftige slang gebyt, in die tronk gesit, noem dit.
Ek hy sê, my toekomstige oorwinning is groter en beter as my huidige pyn.
As jy in die middel van iets moeilik is, dan sê God, daar wag iets wonderliks op jou in die ewigheid. Dit moet ons optimisties maak. Nie omdat ek so voel nie, maar omdat God so sê.
God sê, die swaarkry wat jy nou ervaar, kan nie eers vergelyk met die wonderlike lewe saam met Hom nie.
- My denke word gevul met die vrede van God.
Rom. 8:6 “As jou sondige natuur jou denke oorheers, lei dit tot die dood. Maar as die Gees jou denke oorheers, beteken dit vir jou ware lewe en vrede.” NLV
Vir die wat IN Jesus lewe, jou natuurlike sondige natuur hoef jou nie te oorheers nie.
Wat soek die natuurlike mens – gemak, eie eer, eie belang.
Maar as my denke deur God se Gees oorheers word soek ek – geleenthede om goed te doen, ’n kans om lig in ’n donker wêreld te wees, ’n plek om sy verteenwoordiger te wees.
Hoekom? Omdat ek vanuit ‘n gedagte wêreld van vrede kom. Sy vrede vul my gedagtes.
As ek angstig of bang raak, dan vul Hy my gedagtes met vrede.
God se Woord vernuwe my gedagtes en die negatiwiteit verdwyn en die vrede begin kom.
Hierdie afgelope tyd het ek so angstig geraak wanneer ons gesit het met die bouprojek en die kostes en wat nog gedoen moet word dat ek soms bitter min geslaap het.
Nou , voor jy my oordeel – ek is net ’n mens. Ek het ook ’n vlees wat soms nie doen wat reg is nie. En in hierdie week het die Here net gekom en ’n weg gemaak om my kleingeloof en angstigheid rustig te maak.
En ek het toelaat dat God se vrede, dat alles sal uitwerk, alles sal okay wees my net weer vul en optimisties maak oor die toekoms en wat God vir ons beplan.
- God se Gees help my in my swakheid.
Ek is optimisties, want wanneer ek swak is, dan maak Sy Gees my weer sterk.
Wanneer ek nie meer kan nie, dan kom Sy Gees en tel my op en gee my weer nuwe krag.
Wanneer ek wil swig voor ’n versoeking, dan kom Sy Gees en maak my sterk om die versoeking te weerstaan.
Wanneer ek angstig raak oor my toekoms en my finansies, dan kom God se Gees en laat weet my net weer, wie in beheer is. Nie iemand in die wêreld nie, maar die GROOT EK IS.
Rom. 8:26 “Die Gees van God help ons ook nog boonop in ons onbeholpenheid. Ons weet immers nie mooi wat en hoe ons moet bid nie. Maar die Gees self neem ons gebedsbehoeftes voor God op met versugtinge wat nie in menslike taal verwoord kan word nie.” NLV
Wanneer ek nie meer woorde het om te bid nie, dan kom God se Gees en Hy bid deur my.
Wanneer ek voel, ek gee op, ek kan nie meer nie, dan kom God se Gees en Hy vul my weer met nuwe krag en liefde en hoop.
En kan ek ook sê dat God deur mense werk. Soms werk God deur mense wat ons help en bystaan. Hulle is nie ons rots nie, God is, maar God gebruik mense om ons te help.
En vir party van ons is dit ’n les in nederigheid om te vra vir hulp, om te erken dat ons swak is en dat God deur mense wil werk om ons weer sterk te maak.
- Die Here laat alles in my lewe ten goede werk.
Rom. 8:28 “En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe.” NLV
ALLES is ALLES, nie party dinge nie, ALLES.
Verstaan ons altyd hoe iets sleg, of iets wat ’n tragedie is dinge ten goede laat meewerk?
Nee, verseker nie. Ons sien dikwels nie die doel van slegte dinge wat gebeur nie.
Maar wat ons wel weet is dat ons net ’n klein stukkie van die legkaart sien.
Dit is soos om na ’n 1000 stuk legkaart se een stukkie te kyk en te vra, nou waar is jou plek en wat is jou doel? Nee, jy kan nie dit sien nie.
Maar soos die legkaart gebou word en jy vat daardie stukkie wat netnou nie sin gemaak het nie en jy pas hom in sy plek, dan dink jy, oooo, dit is waar hy moet kom.
So werk God alles, nie net die goeie dinge in ons lewe ten goede mee.
Ons verstaan en sien dinge nie altyd in Sy ewige perspektief nie.
Maar een ding kan ons weet – Hy sien die groter prentjie. Hy word nie onkant gevang nie.
Hy gebruik selfs ons verkeerde keuses om iets mee te werk wat positief is.
En dit maak my optimisties – want my God is GROTER AS.
GROTER AS… my verkeerde keuses.. GROTER AS… tragedie.
GROTER AS… enige iets of iemand in hierdie lewe.
Soms voel ons Hom nie, soms sien ons nie Hom werk nie, maar dit beteken nie dat Hy nie daar is nie. Geloof leer ons – Hy is daar – en op ’n dag daag Hy net weer op en Hy maak die Rooi See – in jou lewe oop en Hy vermeerder die 2 vissies en 5 brode in jou lewe.
- NIKS kan my skei van God se liefde nie.
Ek hoop daar is iemand hier vandag wat dit moet hoor.
Daar is niks in hierdie lewe wat ons van God se liefde kan skei nie.
Sy liefde is groter, meer, hoër, breër, as enige iets wat ek kan ervaar of doen.
Rom. 8:38-39 “Een ding weet ek vas en seker: Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie. Nie dood of lewe of engele of duiwelse magte nie; nie ons vrees vir vandag of ons kommer oor môre nie; ook nie bo-aardse magte nie. Ja, hoegenaamd niks daarbo of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie.” NLV
Maak nie saak waar jy gaan nie, ons God is daar.
Maak nie saak wat jy doen nie, ons God is nog steeds lief vir jou.
Maak nie saak wat gebeur in jou lewe nie, ons God is nog steeds vir jou.
Jy kan nie weghardloop van Sy liefde nie.
Jy kan nie vlug van Hom af nie, Hy sal jou injaag en kry waar jy is.
Dalk is jy hier vandag omdat jy wou wegkom van God af en God het jou vandag ingehaal en Hy werk in jou hart vandag. Jy kan Hom ervaar in hierdie oomblik.
En Sy Gees trek jou, jy kan Sy liefde miskien ervaar in die oomblik.
Ek is optimisties nie op grond van wat ek voel nie, maar op grond van wat God sê vir my in Sy woord.
NAGMAAL
Vandag gaan ons weer stil raak en onthou, wat het Jesus vir ons gedoen. Sy kruisdood wat ons vier deur die nagmaal het meegebring dat NIKS ons van Sy liefde kan skei nie.