Move – Week 6: Angstig na vrede

[powerpress]

Skriflesing: Filipense 4:4-9 (NAV)

scream-2

Nou daar is hierdie skildery deur Edvard Munch wat genoem word the scream nou ek is geen art critic of expert nie, maar die ding is nie mooi nie. En eerlikwaar ek soek nie dit in my huis nie, ’n vriend sê hy dink as jy die ding in jou huis hang sal die son seker sak. Maar nie te min hierdie skildery is op 2 Mei 2012 verkoop vir $120 000 000 verkoop nou hoop nie ek trek ’n Zumatjie op myself nie, maar dit is R1 727 814 000.

Maar kyk daarna, ek wonder hoekom is dit so waardevol, dis ’n sad prentjie, die gesig is vol vrees en angs dis asof alles wobbly is. Die storie agter die skildery of die inspirasie daaragter is, Edvard en 2 vriende het gaan stap en op ’n oomblik het daar van albei kante af hierdie oor verdowende geluide van pyn en seer gekom geluide van histerie en angs en dit was so hart en intens vol van emosie dat Edvard dit nie kon hou nie en hy sy ore moes toe druk om te probeer oorleef in daai geluide en te probeer om die geluide uit te blok. Aan die een kant van die straat was ’n psigiatriese hospitaal waar sy eie sussie ’n pasiënt was en aan die ander kant ’n entjie weg was ’n abattoir.

Nou ons kan kyk en baie krities wees oor die skildery maar soms in ons lewens gebeur die lewe en raak dinge donker. Soms gebeur daar goed en jy voel ek wil nie meer van die goed in my lewe hê nie. Ek wil hê dit moet end kry.

Nou Angs kom na ons toe in verkillende vorme. Slegte nuus óp ongeleë tyd. Al ooit agtergekom dat dat slegte goed of nuus nooit op goeie tyd kom nie.

Verhoudings wat gebroke is, of finasiele druk, oorvol skedule, ons kinders of vir die jonger generasie ons ouers, die skool en verwagtinge, politiek en realiteit van ’n stukkende wêreld wat ons inleef.

En dan as ons dit hoor verstaan ons hoekom Jesus kom en sê dat Hy vrede laat ek vir julle. Ons wêreld is honger na vrede en vriende as ons eerlik is ons is honger na vrede.

Wat maak jou intens beangs?

En wat is die angs besig om te doen aan my en jou lewens, ons gesinne, ons kinders en voorbeeld wat ons stel, ons gesondheid, ons verhouding met God, onsself en mekaar, die keuses wat ons maak, ons drome en waagmoed.

Gelukkig is angs nie vreemd vir die Bybel nie. Die Bybel ken angs. Lees Psalms daar is so plekke wat oor angs gepraat word.

Hoor wat skryf die Psalmdigter:

Psalm 55:2-6

2 Luister na my gebed, o God. Moenie my smeekbede ignoreer nie! 3 Luister, asseblief, en antwoord my, want my moeilikhede gee my nie rus nie. Ek is ontsteld 4 oor die dreiging van my vyande, oor die druk van die goddeloses. Hulle bring ellende oor my, en kweek vyandskap in hulle toorn. 5 My hart pyn binne-in my. Die angs van die dood kom oor my. 6Vrees en bewing oorweldig my. Ek kan nie ophou bewe nie.

Paulus kom in 1 Kor. 2:3 Ek het na julle gekom in swakheid – angstig en vol huiwering.

Die ou wat die meeste van die Nuwe Testament geskryf het die grootste werk gedoen het om die kerk en die goeie boodskap te verkondig en te vestig. Swakheid en angs geken.

Selfs Jesus in die tuin net voor Hy uitgelewer gaan word en die ergste week gaan plaasvind van sy lewe lees ons Jesus kom en daar is hierdie pause oomblik. Johan Smit sê dit so mooi hy sê Jesus se hele lewe en bediening sien ons Hy is gefokus en weet wat om te doen en doen dit sonder huiwer behalwe in die tuin is daar hierdie pause oomblik hierdie huiwering.

Markus14:33-36

Daarop neem Hy Petrus en Jakobus en Johannes saam met Hom. Toe pak ’n geweldige ontsteltenis en benoudheid Hom 34en Hy sê vir hulle: “Ek is benoud tot sterwens toe! Bly hier en waak!” 35Hy het toe ’n entjie verder gegaan en op die grond neergeval en gebid dat, as dit moontlik was, die verskriklike uur wat aan die kom was, by Hom sou verbygaan. 36“Abba”– dit beteken Vader – het Hy gebid, “vir U is alles moontlik. Neem tog hierdie beker van lyding van My weg. Maar doen nogtans nie wat Ék wil nie, maar wat Ú wil.”

Nou hoe hanteer ek en jy angs? hoe kan ons vrees hanteer? Want deur net te sê ek gaan nie meer bang wees nie ek gaan nie angs he nie werk nie en ek weet want ek het al probeer.

Gelukkig kry ons hierdie great praktiese voorbeeld in Filippense 4: 6-9 en dis ook ons vers vir die week. En Paulus kom en nooi ons om te move. Ons moet move van angs na vrede.

“Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.” Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig. En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.

In hierdie verse kry ons ’n paar idees oor hoe ons kan werk met angs of besorgdheid. Ek wil graag 2 gedagtes by julle los.

  1. Ons moet luister na ons besorgdhede of angstigheid.

Nou kom ons wees eerlik nie alle besorgdhede is verkeerd nie nè. Hulle sê jy kry gesonde besorgdhede en ongesonde.

Paulus is besorg oor die gemeentes. Dis gesond. Dis eksamen tyd en dis belangrik om besorg te wees want dit help ons om te swot vir die eksamen anders sal ons dit nie maak nie. Daai deadline by die werk. Keer jou om stupid besluite te maak en help jou om te leer vanuit die verlede.

Die natuur is daar in diere ’n redelike rol van besorgdheid. Die dassies by Mosselbaai punt hulle kyk baie keer op nie af nie, want hulle wil seker maak iets gaan hulle nie kom vang nie.

’n Bok gaan nie ’n groep leeu wyfies sien en dink ag ek gaan nie meer besorg wees nie ek gaan nie worry nie, daar is lekker grassies by hulle en gaan tussen hulle eet want dit gaan daai baok se 2de laaste gedagte wees sy laaste een gaan wees oeps.

Wanneer ek en jy luister na ons besorgdheid dan kan ek en jy sif tussen goeie besorgdheid en slegte of ongesonde besorgdheid.

Paulus praat hier en sê die teenoorgestelde van vrede is besorgdheid maar die ongesonde soort.

So vrede is by ons as die besorgdheid afwesig is maar ook as daar iets anders teenwoordig is.

En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.”

Vrede is in die teenwoordigheid van God self.

Meeste selfhelp boeke praat oor as jy angs wil oorkom hou op dink aan dinge wat bekommer. Meeste van die goed gaan anyway nie gebeur nie, maar Bybel sê daar is ’n teenmiddel vir die siekte van angs en bekommernis wat nog groter is as dit.

“Vrede is nie die afwesigheid van probleme nie, maar die teenwoordigheid van Christus”

Die teenwoordigheid van God self.”

Christen vrede is nie negatiewe denke te onderdruk nie.  Jy kry Gees van God in jou lewe wat jou deur daardie dinge help.

Ons almal het al gesien hoe iemand gruwelikste dinge deurmaak en vrede daarin het – wonder jy hoe? Hoe voel beskerm, wete alles gaan reg wees.

Illustasie: soos rots branders spoel oor rots. Branders trek terug en rots bly daar. Ons is soos rots wat bly staan ten spyte van die lewe se branders.

  1. Hoe word my hart en denke vrugbare grond waarin vrede kan groei? Hoe maak ek die move?

Die gedeelte praat van 2 aksies.

Gebed en danksegging: maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. Iemand het eenkeer gesê if you want energy be thankful because thankfulness produces energy, ungratefulness saps energy.

Vriende ons kom gereeld na God toe om hom te vra vir goed en te kla by hom en dis fine maar Paulus kom en sê ons moet ook dankbaar wees in daai oomblik. Wees dankbaar dat God saam met jou is in daai oomblik, wees dankbaar dat Hy verstaan en dat hy jou ook deur sal bring. Ons sien die psalms deur hoe die skrywers kom en dood eerlik is met waar hulle is in hulle realiteit en hoe hulle voel, maar dan kom hulle en verklaar wat hulle glo of wat hulle weet en wat hulle voor dankbaar is.

En dan ons denke: Vriende hoeveel van julle kan vanoggend relate met wat ek nou gaan sê. Die storie wat ek in my kop my vertel van ‘n situasie of van wat mense van my dink saam met wie ek werk of vir wie ek werk of saam met wie ek die lewe doen is meeste van die tyd baie ver van realiteit. Ek hoor ‘n stukkie waarheid en dan begin ek hardloop en dink en bepeins dit en top oor dit. Ek berei my self voor vir al die verskillende scenarios. Die probleem is reageer baie keer van uit daai storie wat ek my self vertel en nie van uit realiteit nie. Ek raak angstig en negatief oor die lewe baie keer a.g.v. my weergawe van die storie. Ek raak kwaad en teleurgesteld in God en mense a.g.v. van my stories in my kop, ek maak verkeerde besluite a.g.v. my stories in my kop.

Ek dink baie keer die vyand kom en los net so halwe storie in ons gedagtes en dan loop hy want hy weet ek en jy sal sy werk vir hom doen in ons gedagtes. Daarom kom Paulus en hy is soos:

Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle, julle gedagtes rig.

Een kommentaar oor hierdie gedeelte sê dat wanneer Paulus hierdie woorde gebruik (waarop ons denke moet fokus) praat hy van leerstellings. Hy praat van dit wat ons van God weet.

Dis asof hy sê – Daar is ‘n God en hy wil saam met ons leef. MAW – Maak jouself bewus van wat jy glo.

Vriende vanoggend gaan ons nagmaal gebruik en terwyl ons vandag nagmaal gebruik wil ek jou aanmoedig om by God stil te kom sit en net vir oomblik hierdie 2 Aksies te beoefen.

Paulus herinner ons aan wat Jesus gesê het in 1 Korintiërs 11:24-26

Hy het die brood gevat en vir God daarvoor dankie gesê. Hy breek die groot stuk brood toe in kleiner stukke en deel dit uit. Terwyl Hy dit doen, sê Hy: “Dit is my liggaam wat net so gebreek word. Julle sal baie daarby baat. Elke keer as julle dit eet, moet julle dink aan wat Ek alles vir julle gedoen het.” 25Toe hulle amper klaar geëet het, vat Jesus die groot beker waarin die wyn gehou is. Toe sê Hy: “Die wyn in hierdie beker staan vir die nuwe ooreenkoms wat God met julle gemaak het omdat my bloed vir julle gevloei het. Drink die wyn en elke keer as julle dit drink, onthou dan wat Ek vir julle gedoen het.”

Vriende daar waar jy sit vanoggend praat eerlik met die Here en sê vir hom waar jy is in jou realiteit en hoe jy voel maar kom dan ook soos die Psalmdigter en wees ook dankbaar dat jy nie alleen is nie wees dankbaar in jou realiteit teen ook God dat hy daar is en verstaan en jou daardeur gaan help.

Kom ons begin ook om ons gedagte vol te maak oor wat ons glo oor hom. Die gedeelte sê onthou wat ek vir julle gedoen het, kom ons onthou vandag die kruis, kom ons onthou vandag dat hy opgestaan het en die dood oorwin het, kom ons onthou vandag dat Hy gesê het hy is by ons tot aan die einde en dat ek en jy deur genade sy kinders is, kom ons onthou vandag dat ons kan MOVE van stukkend na heel, van oor geskeduleerd na geskeduleerd, van oorweldig na in beheer, van alleen na connected, van verdwaal na gevind en so kan ons ook vandag beweeg deur sy krag van angstig na vrede.

Hou julle sap en broodjie en dan gaan ons as gemeente dit saam gebruik maar gebruik nou die tyd en connect met God.