MOVE – Week 2: Van Oorgeskeduleer na Georganiseer
[powerpress]
Vriende ons is besig met ons reeks Move en ons is in ons 2de week van move. Ek hoop jy het jou boekie hier want in jou boekie is daar plek om preek notas te maak as jy nog nie boekie het nie asb. steek jou hand op dat jy saam op hierdie reis kan gaan.
Wie van julle hier is so besig jy wens jy kon jou self kloon. ’n minnie me create. Ek dink Chantal sou in die pad afhardloop as ek my self moes kloon een van my is genoeg. Huh Anna dan sou Dinsdae meeting fun gewees het.
Julle sien ons lewe in ’n tyd waar die buzz word, is besig. Jy hoor dit oor al. As jy mense vra hoe was jou dag besig, rof, mal. Dis amper asof ons dink ons gaan soos op skool balkies kry vir hoe besig ons was asof dit ’n prestasie is.
En wanneer ek met mense praat dan klink dit altyd vir my asof hulle een oggend net opgestaan het en toe was dit so. Dis amper asof ons dink ons het nie beheer daaroor nie asof ons nie ’n keuse gehad het nie.
Die realiteit vriende is dat ons het keuse of is tog die eienaars van ons eie skedule. Ja, jy het dalk ’n werk wat groot deel van jou skedule vol maak, maar jou skedule bestaan uit meer as net daai 8 ure nie waar nie? En jy besluit waarmee jy dit vol maak, nog werk, of t.v of facebook en youtube en nog funny clips.
Braam het verlede week gepraat oor die abnormaal wat ons normaal geword het oortyd. Daai stukkende pot sindroom wat jy nie dadelik hanteer nie en dan later is dit maar normaal. Almal doen dit almal is oor geskeduleerd, almal is besig en moeg dis maar die tyd waar in ons leef.
Hoe maklik is ons bereid om die abnormaal te regverdig met daai stelling, maar is dit die lewe wat God ons na toe roep? Is dit die lewe waarvoor Jesus sy lewe gegee het? Is dit die lewe wat God vir my en jou en ons kinders wil hê? Is dit God se plan vir jou lewe, om heeltyd besig te wees en te werk dat jy die dinge en veral die mense in jou lewe wat belangriker is as geld of status of power afskeep.
Op kantoor die week toe ons die diens beplan het ons gesels oor hoekom ons ons lewens so besig maak en baie van ons maak dit vol want ons voel waardevol as ek kan sê ek is so besig, nou-nou dink mense ek is lui of as ek so besig is, gaan mense my raaksien en admire en baie keer is dit die onderliggende rede maar ek sê ek het nie ’n keuse nie ek moet by alles uitkom as jy dit nie doen nie wie gaan. Nog ’n rede is baie keer hardloop ons weg, as ek so besig is dan hoef ek nie sekere goed te face in my lewe nie, dan hoe ek nie te deel met seer of pyn of konflik nie. En albei hierdie goed gaan terug na laasweek se gebrokenheid toe as ek nie move vanuit stukkend na heel nie en toe laat dat God my gesond maak nie, gaan ek aanhou om myself te oor skeduleer. Daarom moet ek God vertrou en vra om my te help gesond word en heel te maak.
God self kom en wys ons hoe ’n gesonde lewens ritme is. God het nie nodig gehad om te rus op die 7de dag nie. Hy was nie moeg en het gevoel sjoe nou moet ek bietjie middagslapie inwerk ek is bietjie moeg nie. Nee Hy bou dit in vir my en jou voordeel. Dis hoe lief God vir ons is. Hy bou ’n dag van rus in. Hy is soos werk 6 dae maar julle moet rus. Jesus het sy hele bediening op aarde hierdie ritme gehad tussen werk of bediening en rus.
In Eksodus 18: 13 Die volgende dag moes Moses weer as regter vir die volk optree. Hulle het van vroegoggend tot laataand by Moses se tent tougestaan. 14 Toe Moses se skoonpa sien hoe Moses met die volk werk, vra hy vir hom: “Hoekom doen jy alles self? Die mense staan die ganse dag vir jou en wag!”
15Moses het sy skoonpa geantwoord: “Die volk kom na my toe om te hoor wat die Here sê. 16As daar ’n geskil is tussen twee partye, gee ek uitspraak. Ek sê vir die volk wat God besluit het en wat God wil hê.”
Hoor wat hy sê in vanaf vers 17 Sy skoonpa sê toe vir Moses: “Jy hanteer die saak nie reg nie. 18 Jy en die volk sal die pas nie kan volhou nie. Dit is te veel vir jou. Jy kan dit nie alles op jou eie doen nie. 19 Luister nou na my raad. Mag God jou help om die volk by Hom te verteenwoordig. Jy moet voortgaan om hulle probleme na Hom toe te bring vir uitsluitsel. 20 Jy moet voortgaan om hulle in te lig oor God se wette en sy voorskrifte. Leer hulle hoe hulle moet lewe en wat hulle moet doen. 21 Maar jy moet ook uit die volk bekwame en eerlike manne kry wat vir die Here wil werk en nie omkoopgeld sal aanvaar nie. Jy moet hulle aanstel om regters te wees oor groepe van onderskeidelik 1 000, 100, 50 en tien mense.
Jetro kom en gee sy Skoonseun raad en waarsku hom. Nou ek weet nie of julle, julle self in Moses sien nie. Moses kom en verdedig wat hy doen, hy justify wat hy doen en hy doen iets great maar is dit wat God vir hom droom is dit wat God hom voor geroep het. Onthou praat is nie Moses se sterk punt nie die man hakkel so alles vat langer om te sê. Onthou Moses het dit gesê as een van die verskoning toe God hom die Job offer. Jetro weet die nie God se plan en droom vir Moses se bestaan en lewe nie.
Nou Moses kon luister en soos baie van ons maak nè en sê sjoe pa jy is reg of yes Doc jy is reg of buddy jy is reg of Here ek weet U is reg ek moet iets doen ek weet ek kan nie so aangaan nie, weg gestap het en net weer so aangegaan het soos ons maak of ek en jy kan doen wat Moses gedoen het en begin luister en intensioneel begin move en optree en iets doen oor ons oor geskeduleerdheid.
Ons lewe word so oorheers deur die horlosie dat ek en jy soms vergeet waarheen ons op pad is. As ek jou nou moet vra waarheen is jy op pad met jou lewe? Ja, jy weet na wat se volgende afspraak, of deal, of krisis jy op pad is en na watse promosie of nuwe titel of straat adres jy op pad is, maar waarheen is jy met jou lewe op pad? met jou gesin op pad?
Of dalk moet die vraag eerder wees wie is jy besig om te word? En ek praat nie van jou beroep nie, ek praat nie van jou job description nie of wat jy moet doen nie ek praat van watse tiepe mens is jy besig om te word.
Jou week program is een van die grootste faktore wat gaan bepaal wie jy besig is om te word. Dit wat jy jouself elke dag mee besig hou en hoe, waar en met wie jy jou tyd bestee kan nie anders as om ’n effek te he op wie jy besig is om te word nie.
Paulus kom en in Efesiërs 5:15-16: “Wees baie versigtig hoe julle lewe: Nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ‘n goddelose tyd.
Wat se die vers vir ons wees versigtig hoe julle lewe, wat julle, julle lewe mee vol maak julle mee besig hou. Nie soos onverstandige maar soos verstandiges. Hoeveel van julle is onverstandige mense? Hoeveel van julle is verstandige? Die ou testament praat van dwaas en wys. Dalk met ek vra wie is dwase hier van oggend of wie is wys. Julle sien as jy weet wat reg is en jy dit nie doen nie sê die bybel dan is jy ‘n dwaas. Hoeveel van ons weet ons is te besig ons is oorgeskeduleerd maar ons hou net aan. Ons maak verskoning en justify hoekom dit so is of ons glo dis normaal dis maar hoe dit moet wees want die abnormaal het jou normaal geword.
Ons sal selfs die vers gebruik en sê maar die bybel sê maak die beste gebruik van elke geleentheid? Daarom is dit belangrik dat ek en jy moet weet wie wil ons word wie roep God ons om te word en wees.
Dis sodra ons dit weet dat ons sal weet of dit ‘n geleentheid of ‘n versoeking is. As die duiwel jou nie kan laat sondig nie sal hy jou so besig maak dat jy jou siel nog steeds verloor omdat jy nie kans kry om na dit om te sien nie. Want ons het nooit tyd vir Sabat nie. Nooit tyd vir ons kinders of man of vrou nie.
Markus 8:36 Wat sal dit jou tog help as jy alles in die lewe bereik, maar jou diepste menswees ly skade?
In Spreuke 4:25 (NAV) lees ons hierdie wysheid: “Hou jou oë op die pad vorentoe, kyk reg voor jou uit. Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree. Moenie links of regs wegdraai nie, weerhou jou van die verkeerde koers.”
As ek en jy weet wie ons wil word dan kom Spreuke en sê ons moet dit af baken ons moet besluit hoe ons daar gaan uit kom en dit begin doen. Ek en jy moet ophou kyk na die horlosie wat ons lewe bepaal en begin om te kyk na die kompas.
Die vraag wat die kompas ons vra is nie wat wil jy die week of maand gedoen kry nie maar waarheen is jy op pad, wie wil jy word die volgende seisoen van jou lewe. Begin vandag om die besluit te neem en herskryf jou week skedule en begin dit toe pas sodat jy kan word wie jy wil wees by die werk, by die huis, by die kerk en waar jy beweeg.
John Grisham, ‘n bekende Amerikaanse spanningverhaalskrywer was ‘n prokureur en het sy werk gehaat. Hy wou ‘n skrywer word, maar het nie geweet waar om te begin en hoe hy die oorgang sou maak nie. -Totdat hy sy weekprogram herskryf het. Hy het besluit om elke dag ‘n uur vroeër te gaan werk en het een woord by die eerste uur van elke dag op sy weekprogram ingevul: “Skryf”
John het besluit om een bladsy per dag te skryf –en hy het. Vandag is hy ‘n gesogde en wêreldbekende skrywer!!
Wat is jou eenwoord wat jy moet begin in skryf op jou weekprogram? Wat jy gaan begin intensioneel aan werk.
Dalk jou verhouding met jou vrou of jou man Sit ‘n date night uit waar jy en mammie of pappie weer diep in mekaar se oe kyk soos jong verliefdes.
Dalk jou kinders. Dat jy meer aande vroeg genoeg by huis is om saam met hulle te speel en te gesels en in hulle lewe te belê.
Dalk jou gesondheid of tyd vir rus. Dalk tyd om bietjie weer aktief te raak fikser te raak sodat jy gelukkiger en gesonder kan leef. Rus gaan slaap vroer koop tyd uit waar jy kan reflekteer oor jou lewe en waardes en wie jy wil word en geniet die lewe.
Verhouding met God. Wil jy nader aan God move plaas hom op jou week program daagliks. Ons voel baie keer skuldig want ons kan nie ure vir God gee nie so wat doen ons ons gee hom nie eers ‘n minuut nie. Koop 15 min uit in jou week program en oor tyd gaan jy sien hoe jy dieper in verhouding groei en dalk raak 15 min 20 en so groei dit. Die Move dagstukkies begin met dit maak nou die commitment om elke dag te lees en stil te word dit vat so 15min en werk van daar af.
Vriende kom ons begin om te move van oorgeskeduleerd na georganiseerd. Kom ons gaan die week en koop tyd uit en vra jou self af wie wil ek word en begin om seker te maak dat jou week program reflekteer wie jy wil word.