MOVE – Week 4: Van Geisoleerd na Connected
[powerpress]
Vanoggend is ons 4de boodskap van ons reeks MOVE.
Ons reeks gaan daaroor dat ons wil beweeg in sekere areas van ons lewe waarin ons vasgeval raak en God nooi ons uit en sê: Kom, beweeg na ‘n beter plek in jou lewe toe.
Vanoggend: Hoe beweeg mens van Geïsoleerd na connected lewe.
Julle sal heel moontlik saamstem dat ons meer en meer maniere gekry het die laaste paar jaar om in kontak te bly maar ter selfde tyd het hierdie sosiale media en platvorms om ons connected te hou ons eintlik net verder geisoleer. Hoekom?
Want ons doen dit alleen, ek kan bestaan op die internet of op my foon sonder om persoonlik met mense te gesels of ‘n werklike verhouding met hulle te hê.
Nog nooit is mense so alleen soos nou nie. Hierdie platvorms skep nie werklike konneksie nie. Ons is geisoleerd agter ons mure van ons huise en ons besige lewens.
Van ons het al in verhoudings op een of ander manier seer gekry of was bitter teleurgestel en ons coping meganisme is om op ‘n afstand te lewe.
Hoekom? Want ons glo dat ons onsself sal kan beskerm teen verdere seerkry in verhoudings. Ons bou spreekwoordelike mure tussen ons en ander mense.
Die effek daarvan is geweldig sleg op ons psige en verhoudings oor die algemeen.
Ek het vir Gawie Stols gevra om net kortliks met ons te gesels oor die effek van isolasie op ons. Gawie was ‘n pastoor wat verder studeer het en nou praktiseer as kliniese sielkundige.
GAWIE STOLS
So, dit is nie goed vir ons om alleen te wees nie. God self het gesê in:
Gen. 2:18 “Verder het die Here God gesê: ‘Dit is nie goed dat die mens alleen is nie.’”
Die konteks van hierdie vers is die skepping. Toe God die aarde en alles gemaak het.
Elke keer sê God dit is goed wanneer Hy iets geskape het. En hier kyk God na die mens en Hy sê dit is nie goed dat die mens alleen is nie.
Hy wil hê dat ons moet beweeg van ‘n geïsoleerde manier van leef na ‘n connected manier van leef.
Jesus het self gesê dat ons herken sal word as Sy dissipels deur…? Mooi huise met hoë mure? Deur alles perfek in ons huise. Deur besighede en baie geld? Nee.
Liefde, verhoudings, konneksies in ons lewe.
Joh. 13:35 “As julle mekaar liefhet, sal almal daaraan sien dat julle my dissipels is.”
Ons is gemaak vir hierdie konneksies. Dink bietjie hoekom huil ‘n baba wanneer hy wakker word? Nie omdat hy in ‘n kot lê nie. Nee, omdat hy alleen is.
Ek wil vanoggend stilstaan in die Bybel in Gen. 33 by twee broers. Esau en Jakob.
Hulle het verskil. Esau was ‘n “man’s man” wat van die veld, jag en vleis gehou het.
Sy pa was lief vir hom. Iemand vir die son. Jakob was meer “metroman”. In die huis en saam met sy ma gebak en gebrou. Lief vir die skaduwee en koelte.
Hulle verhouding was vol manipulasie en leuens. Ek dink nie Esau was onskuldig nie.
Jakob steel Esau se eersgeboortereg deur hom met lensiesop om te koop toe hy baie honger was. Die ergste kom nog. Soos die gebruik was het die oudste seun die pa se seën gekry wanneer die pa aan die einde van sy lewe kom.
Jakob steel Esau se seën (van sy pa op sy sterfbed) by hom met ’n slingse plan.
Hulle verhouding vertroebel en Jakob vlug weg vir Esau en isoleer hom.
Genesis 27:41 “Esau het vir Jakob gehaat en by homself gesê: ‘My pa se dood is nie meer ver nie, dan maak ek my broer dood.”
Miskien kan ons ook in die verhouding tussen die twee broers ook onsself sien.
Miskien nie die leuens en verraad nie maar hierdie geïsoleerdheid. Dit is 2 broers, hulle is ‘n tweeling, daar is veronderstel om ‘n spesiale band te wees tussen hulle twee.
Nie hulle nie. Hulle is geïsoleerd, het mekaar vir jare nie gesien nie.
Jakob voel sleg oor wat hy gedoen het. Dalk het jy iets gedoen of gesê in ‘n oomblik van swakheid. Iets impulsiefs gesê wat jy gedink het.
Dalk in jou huwelik het jy iets gedoen en jy voel sleg, soos Jakob.
Jy isoleer jouself oor skuldgevoel. Hoeveel mense isoleer hulle self oor iets wat hulle gedoen het.
OF dalk soos Esau – jy voel iemand het my bedrieg. Is is diep teleurgestel. Daarom gaan ek my isoleer. Hierdie broer van my het my ingedoen. Hy was oneerlik.
Hoekom sal ek weer my lewe oopmaak?
Hoekom sal ek dat skynheilige tweegesigte my weer seermaak?
Hy sukkel om te vertrou. Juis a.g.v. seerkry sukkel ons om te vertrou.
OF soos Jakob sien ons nie kans om daardie persoon weer in die oë te kyk nie.
“To love at all is to be vulnerable. If you love anything, then your heart will certainly be wrung, and possibly be broken. If you want to make sure of keeping it intact, you must give your heart to no one, not even to an animal. Wrap it carefully round with hobbies and little luxuries; avoid all entanglements; lock it up safe in the casket or coffin of your selfishness.” C.S. Lewis
Die effek is dat ons onsself isoleer. En God kyk na ons en Hy sê dat dit nie goed is dat ons alleen is nie. Hy daag jou uit om te MOVE. Om jou lewe weer oop te stel.
‘n Paar gedagtes oor hoe hierdie twee broers weer versoen het.
Die oomblik breek aan wat hulle na baie jare se verwydering mekaar weer in die oë moet kyk. Ek kan dink dat jy die atmosfeer met ‘n mes kon sny.
Wat gaan daar gesê word? Wat Jakob laas kan onthou is dat sy broer gesê het, ek gaan jou dood maak. En hier kom sy broer aan met ‘n klomp manskappe.
Gen. 33:1-4 “Toe Jakob opkyk, sien hy vir Esau en sy 400 man aankom. Jakob verdeel toe die kinders tussen Lea, Ragel en die twee slavinvroue. Hy plaas sy twee slavinvroue met hulle kinders heel voor, Lea en haar kinders agter hulle en heel laaste Ragel en Josef. Jakob self het heel voor gaan staan en sewe keer laag voor Esau gebuig. Maar Esau het aangehardloop gekom, hom om die nek geval en hom gesoen. Albei was in trane.”
Kan jy jouself in hierdie toneel indink? Was jy al in so versoeniningsoomblik? Ek vergewe jou. As jy verder lees daar in vers 10 sien jy Jakob vir Esau ‘n klomp geskenke gee en Esau sê, nee, ek kan nie.
Gen. 33:10 “Nee, asseblief! Neem dit terwyl u my so goedgesind is,” sê Jakob. “Dis asof ek die glimlag van God sien.” NLV
Kan jy dit sien? Versoening, konneksie en verhouding is soos die glimlag van God.
Wil jy God sien? Jy kan Hom sien in verhoudings. Binne omgee en liefde vir mekaar.
God roep ons tot dit. Hierdie broers leer vir ons 3 dinge:
- Jy moet die ontmoeting reël.
Jy moet maar die sms stuur, die koffie afspraak reël of weer inskakel. Jy moet jouself oopstel. Dalk net vir ‘n koppie koffie bly na kerk. Ek weet dit is moeilik. Maar maak jouself oop. Jou ou vriend. Vat die foon en maak die oproep. Sê, ek is jammer. Dit is net trots wat ons keer om dit te doen. En trots is ‘n eienskap van die duiwel, nie God nie.
Reik uit na mense toe. Nooi die pastoor – hy is honger en maer en eet nooit vleis nie. Stel jouself oop. Doen wat die Woord van die Here sê.
En onthou mense verskil. Nie almal is dieselfde nie. Het jy al iemand ‘n drukkie gegee wat nie ‘n drukkie persoon is nie? Dit is so stokstyf. Jy kan netsowel die boom gaan druk. Hy wil, sy wil. Binne druk hulle terug maar van buite af lyk dit nie so nie. Nie almal is drukkie mense nie. Ons almal verskil, ons soek verskillende dinge in ‘n verhouding. Ons moet bewus wees hiervan en vir mekaar ruimte maak hiervoor.
So, reël die ontmoeting, maak die afspraak moenie vir die ander een wag nie.
Onthou ‘n verhouding is nie soos ‘n menu in ‘n restaurant waar jy jou kos kan kies en die manier hoe dit gaargemaak word en die sous wat daarop gegooi word en alles nie. Ons kan nie net kry en kies waarvan ons hou en wat ons pas nie. Dit werk nie so in verhoudings nie.
Spr. 27:17 “Yster slyp yster en so vorm vriende mekaar.” NLV
Esau en Jakob het die ontmoeting gereël.
- Vergewe en beweeg verby die verlede.
Ons vergeet soms dat vergifnis nie oor die ander persoon gaan nie maar oor onsself. Dit is ons wat onsself in die emosionele tronk sit wanneer ons nie kan vergewe nie. Verseker is dit nie maklik nie. Verseker is dit ‘n proses wat soms oor en oor moet herhaal word veral wanneer dit diep seer en teleurstelling was. Maar dit bly ‘n keuse en ‘n besluit wat ek soms weer en weer maak. Ek kan nie wag vir iemand om eers hulle vergifnis te verdien of te verander nie. Dit is nie hoe God ons vergewe nie.
Ons het ook nie die emosionele kapasiteit om God se vergifnis ten volle te ervaar as ons nie iemand anders kan vergewe nie. Ons kan nie vandag in detail daarin gaan nie. Weet jy wat doen die verlede? Dit steel die hede by jou. As jy heeltyd dink en tob oor dinge van die verlede kan jy nie aanbeweeg nie en kan jy nie in die hede leef nie.
Esau het die verlede laat gaan. Onthou, jy wou sy broer vermoor op ‘n stadium. Maar hy kies om dit te laat gaan. Daar is nie veel om te verloor om te sê, ek is jammer nie. Maar weet jy wat, jy wen so baie.
- Stel jouself bloot
Ek dink toe Jakob hier staan voor sy broer wat hom wou dood maak met sy 400 soldate. Ek dink hy het baie blootgestel gevoel in daardie oomblik.
YSTERVARKIE prentjie.
Dit is seker nie die mees gewildste diertjie nie. Dit is ook nie ‘n dier wat jy vir ‘n toeteldier wil aanhou nie. Ek meen kyk hoe lyk ‘n hond wat met ‘n ystervarkie speel.
Hulle sê hy maak 30 000 penne in sy leeftyd. Die ystervark het 30 000 redes hoekom hy sê, bly weg van my af. Moenie naby my kom nie. Baie keer is ons soos hierdie ystervark. Ons het genoeg redes – moenie naby my kom nie, ek gaan jou seermaak. My mure is op, my skanse is op.
Een keer ‘n jaar aan die einde van herfs dan paar die ystervarkies. En al hoe dit kan gebeur as hulle albei die sagte gedeelte aan mekaar bloot stel. Dan beleef selfs hulle ‘n tipe intimiteit.
Ek dink ons kry die prentjie. Ek dink dit is nodig dat ons onsself sal blootstel. I’m going to put myself out there – i.t.v. vriendskappe en verhoudings. Jy kan vir iemand anders iets wonderliks beteken. Moenie uitmis op die glimlag van God in jou en iemand anders se lewe nie. Ons challenge hierdie week is om te beweg van ‘n lewe wat geïsoleerd is na ‘n connected lewe. Al jou dagstukkies gaan daaroor gaan.
Ek daag jou uit! BEWEEG!