Nuwe Lied – Sy Drome Vir Ons
Laai dit af deur op “DOWNLOAD” hier onder te klik:
Laai dit af deur op “DOWNLOAD” hier onder te klik:
Impetus Gemeente het op 20 Mei 2012 tydens twee kerkdienste hulle heel eerste CD opgeneem. Dit was ‘n droom van baie jare wat waar geword het. Van die ontstaan van Impetus Gemeente in 1999 was daar altyd nuwe liedere geskryf wat in die gemeente gesing is en mense het gereeld gevra: “Wanneer maak julle ‘n CD?”. Die dag het uiteindelik aangebreek en dit is met groot opgewondenheid wat ons op Sondag 29 Julie 2012 die CD vrygestel het.
Behalwe vir een Gesang wat ‘n nuwe verwerking gekry het, is al die snitte op die CD nuwe liedere geskryf deur lidmate van Impetus Gemeente. Die lirieke van die liedere vang die visie van Impetus Gemeente vas, maar is spreek ook die universele kerk aan om in ‘n betekenisvolle verhouding met God, self, mekaar en die wêreld te leef.
Die koste van die CD beloop R100 per CD + R25 posgeld binne Suid Afrika. Die posgeld mag dalk verskil afhangende van die aantal CD’s wat bestel word.