‘n Nuwe begin in jou verhouding met die kerk
[powerpress]
Goeie môre vriende,
Wat ’n voorreg om vanoggend saam met julle te kuier vir paar minute en saam te leer oor hoe ons die lewe beter kan doen.
Dit is daai tyd van die jaar die begin en sal dit veilig wees as ek sê. Ons almal wil ’n nuwe begin hê in verskillende areas van ons lewens. Die rede is want, wat ek besig is om te doen werk nie, nie waar nie? Niemand wil iets verander of oor begin as dit werk nie.
Jy soek ’n do over of nuwe begin want die manier hoe jy jou geld doen werk nie of die manier hoe jy verhoudings doen werk nie, of die manier hoe jy jou geestelike lewe doen werk nie of in my geval die manier hoe ek my gesondheids lewe doen werk nie en ek besef as ek so aanhou gaan dit slegte na gevolge hê.
Ons almal soek ’n nuwe begin want ons almal wil gelukkiger wees nie waar nie? En baie keer kom ons en ons soek daai geluk is verskillende goed. Geld, besittings, vakansies, titels, prestasies, kos.
Nou vanoggend gaan ek vir jou sê hoe jy meer gelukkig kan wees en ek wil vir jou sê dat ek geen hidden agenda het nie. Net soos as ons preek oor Geld in die gemeente preek ons nie omdat ons meer wil he nie, kan ons meer doen met meer geld definitief, maar die rede dat ons preek daaroor is omdat dit belangrik is vir my en jou geestelike groei en reis met God, net so vanoggend as ek vir jou sê hoe jy meer gelukkig kan wees daar geen hidden agenda is nie.
Die bottom Liné vir vandag se boodskap is solank as wat jy leef net vir jou self en alles oor jou gaan, sal jy nie waarlik gelukkig wees nie. Jy kan nie jouself vervul nie. Al kan jy jouself die lente kry wat jy graag wil wees, die inkomste kry wat jy voel jy nodig het, die gewig, job title, lewens maat. Al kan jy dit alles reël vir jouself sal jy nog steeds op die ou end nie werklik gelukkig wees nie.
Die probleem is daar sal altyd iemand wees wat mooier, sterker, vinniger is, daar sal altyd ’n nuwer kar of foon of xbox wees daar sal ’n vinniger of beter iets wees, daar sal altyd iemand wees wat meer twitter followers of facebook like of friends het of meer verdien meer besit of slimmer is.
Vriende ek en jy kan nie ons self gelukkiger koop, oefen of verdien nie, maar ons kan en hierdie gaan nie sin maak nie, maar jy sal gelukkiger wees as jy vir ander leef. As jy begin om betrokke te raak as ’n vrywilliger en jy ander bedien raak jy meer gelukkig.
As jy my nie glo vanoggend nie en dink ek het een of ander hidden agenda gaan vandag huis toe en gaan doen na vorsing en jy sal sien studie na studie wat bewys dat daar ’n direkte verhouding is tussen geluk en welwillendheid werk of deur vrywilliglik iewers betrokke te raak. Daar is direkte verhouding tussen om gesond te wees en iewers betrokke te wees as vrywilliger.
Daar is ’n studie gedoen in Britanje waar hulle na 40 verskillende studies gaan kyk het rondom geluk en vrywilligheid werk asook werk vervulling. Uit die studie het hulle agtergekom dat die 4 top werke waar mense meer werk vervulling beleef en vergenoegd is in hulle werke is:
- Omgee vir mense,
- Leer en mentor van mense
- Beskerming van mense
- Kreatiewe kunste soos musiek maak, skilder, skryf.
Die 4 top werke waar mense die meeste geluk in vind en dit nie saak maak hoeveel jy verdien of jou status of posisie is nie, het almal te doen met wat ek vir ander kan beteken.
Wat hulle ook agtergekom het, is dat daar ’n direkte verwant is tussen mense se gesondheid en gereelde betrokke is as ’n vrywilliger. Hulle het gevind mense is minder depressie, minder hart probleme minder stress en onder tieners is daar minder drug misbruik en onbeplande swangerskappe.
Die studie het ook gesê dat ouers, selfs tieners moet forseer om iewers vrywilliglik te werk al is hulle daarteen want tieners wat volunteer sal heel waarskynlik volunteer as hulle groot mense is.
Die ander kant van die studie het bewys mense wat betrokke is as vrywilliger is gesonder fisies, hulle leef langer, hulle beter kwaliteit lewe en het ’n beter selfbeeld.
Klein ad break: Tieners ons gaan julle nie forseer nie, maar ek wil julle aanmoedig en sê sign op om betrokke te raak by die kerk, die kerk en die bedieninge is nie net vir die ou mense en jou ouers nie, ons kort band members, kinder oppassers, verwelkomer en hosts, Multimedia mense.
Nou baie keer kom ons en ons sê maar ek het nie tyd om dit ook nog te doen nie, die realiteit vriende ons het nie die tyd om dit nie te doen nie. So weird soos dit klink, die beste ding wat jy vir jou self kan doen, is hou op so baie tyd aan jou self spandeer. Die beste ding wat jy vir jou gesin kan doen, is dat julle iets gaan doen vir iemand anders se gesin. Die beste manier om vol te raak is om jou self leeg te maak vir iemand anders.
Nou die vraag is maar hoekom werk dit so? Mense wat hulle tyd gee en ander help is meer vervuld as ek wat vir my self leef en die rede is want dis hoe ons gemaak is.
God ons skepper en Vader het my en jou so gemaak. God het ons gemaak om met oop hande te leef vir mekaar. Ons sal gesonder en gelukkiger wees as ons al daai Nuwe Testament mekaar stelling leef. Die mekaar stellings is, wees lief vir mekaar, dra mekaar se laste, vergewe mekaar, bid vir mekaar.
Die probleem is ons sondige natuur staan in stryd hiermee. Ons sondige natuur is selfsugtig. Niemand leer ons om selfsugtig te wees nie, maar selfsug was nie deel van die oorspronklike plan gewees nie dis nie hoe ons geskape is nie, maar met die sonde val het dit deel van ons geraak. En Sonde kom en sê Steve spandeer al jou tyd en geld en talente op jou self en jy sal gelukkig wees. Steve kyk uit net vir jouself want almal doen dit, dink net aan jou en jou belange en jy sal vervulling beleef en gelukkig wees.
Maar studie op studie en ondervinding en observasie wys vir ons jy is meer gelukkig as jy vir ander leef eerder as vir jou self. As jy gelukkig en vervuld wil wees moet jy ’n manier vind om vir ander te leef om jou self weg te gee.
Nou moet nie my woord vat nie hoor wat Paulus sê. Nou ons sluit aan by Paulus in die middel van sy brief in Galasiërs en hoor wat Paulus skryf.
Galasiërs 5:19-20 (19) Die dinge wat ons sondige geaardheid ons laat doen, is bekend:
Paulus kom en sê ons sondige natuur of sondige begeertes ons vleeslike begeertes is die goed wat jy sou doen as jy besluit alles gaan net oor jou en jy kan enige iets doen sonder na gevolge, sonder dat jou vrou of jou baas of jou kinders daarvan sal uitvind, sonder dat jou geld sou opraak of dat dit sou terugkom en jou in die boud byt.
Daai dinge is seksuele sondes, onreinheid, losbandigheid, (20) afgodery (dit is wanneer ons probeer die gode kry om ons wil te doen en soms bid ons selfs afgods gebede wanneer ons probeer God se arm draai om ons wil te doen eerder as Sy wil geskied), towerkuns (dis wanneer ons probeer die natuur kry om vir ons te werk of ons wil te doen), vyandigheid, rusie, jaloesie, woede, selfsugtige ambisie, verdeeldheid, partyskappe, (21)afguns, dronkenskap, wilde partytjies en al sulke dinge.
Sodra ek en jy net go with the flow en ons ingee aan ons selfsugtige ambisies en sondige natuur sal hierdie goed ons lewens heers. En moet nie die fout maak deur te sit en te sê meeste van daai goed is nie ek nie. Of jy een doen en of jy 5 doen en of jy almal doen. Die bottom line van die 2 verse is dit, Al hierdie goed gebeur ten koste van ander. As jy selfsugtig optree is dit ten koste van iemand anders, iemand anders betaal altyd die prys selfs al word ons nie uitgevang nie, selfs al justify ek dit en het ek “Goeie redes” hiervoor iemand anders betaal altyd die prys.
En die probleem met die goed is ons raak nooit versadig nie en dit groei en hoe meer jy daarvan doen hoe meer wil jy daarvan hê en jy is nooit gelukkig nie en jy voel leeg en frustreer.
Dan gaan Paulus verder
Galasiërs 5:22-23
(22) Maar die vrug wat die Gees voortbring, is:
Paulus kom en sê maar as ek en jy kom en vir God sê Here ek het ’n nuwe begin nodig. Here iets werk nie, ek het meer geld, beter posisie ek lyk beter as ooit, meer besittings, travel die wêreld, mense weet wie ek is en dink ek is great maar nog steeds is ek nie gelukkig nie nog steeds is ek nie vervuld nie. Here kom en help my, Here nie meer my wil nie, maar laat U wil geskied in my.
Dan kom Paulus en sê daai vrugte gaan nie oor my nie, maar is vir ander. Dink daar aan ’n boom dra vrugte nie vir homself nie, maar vir ander, vir diere en mense die vrugte wys net dat die boom gesond is. Nou daai vrugte wat ons moet dra sê Paulus is: liefde, vreugde, vrede, geduld (nie met my self nie, maar met ander, vriendelikheid, goedheid (ek gaan die regte volgende ding doen al kos dit my), getrouheid (jy kan op my staatmaak jy kan my vertrou), (23) sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar nie ’n wet nie.
Vriende sodra ek oorgee en sê Here leef deur my laat U wil geskied dan begin ons, ons self weggee en deur ons self weg te gee en vir ander te leef vind ons vervulling vir ons geluk en raak ons lewens gesond.
In die week praat ek met ’n oom en hy sê vir my ek wil doodgaan en ek vra hoekom oom en weet jy wat sy antwoord was, dit was nie, want ek het nie geld nie, dit was nie, want ek is siek of in pyn nie, sy woorde was want ek voel dat ek niks kan doen vir ander nie ek het geen betekenis meer nie. Hoekom leef ek dan nog?
Vriende ek was nog nie by ’n begrafnis waar mense huldeblyke gedoen het en goed gesê het soos die ou het baie geld gehad en was goed gekwalifiseerd vir sy werk en het geweet hoe om mense in te doen en mense te misbruik nie, Alles het oor hom gegaan en sy ambisies nie. Hy was koud en sou op jou trap om bo-uit te kom nie.
Nee wat kom mense en onthou van iemand, hulle onthou hoeveel hy weggegee het, hoeveel hy omgegee het, mense onthou wat hy vir ander gedoen het of dit was deur hulle te laat lag, of by te staan in moeilike tye.
Vriende is dit nie tyd dat ek en jy weer ’n nuwe begin maak in ons verhouding met die kerk nie. Hier is meer as genoeg plek waar jy kan betrokke raak en van jouself gee vir ander nie net jou geld nie ek praat van fisies jouself en jou tyd gee. Dalk was jy betrokke en vir ’n seisoen het jy nodig gehad om te rus maar miskien is dit tyd om weer betrokke te raak. Dalk is jy nuut in kerk maar vanoggend voel jy wat ek besig is om te doen werk nie ek het nuwe begin nodig. Terwyl ons nou na ’n video kyk wil jy nie die vorm invul nie. As jy nie weet waar om betrokke te raak nie skryf net jou naam neer en ons sal met jou daai pad stap.
Maar vanoggend wil ek ook dankie sê. Impetus is die gemeente wie ons is omdat daar baie mense is wat reeds besig is om vir ander te leef Sondag na Sondag. Ek is besig om my seuntjie groot te maak in die kerk en op Sondae word hy bedien en geleer van ’n oom met ’n doringkroon wat vir hom lief is soos hy is, hy word gegroet en raakgesien, hy voel hy tel en daar is veilige spasie vir hom omdat daar mense is wat reeds betrokke is en hulle selfgee en kan ek nie genoeg dankie sê nie. Ek hoop dat vanoggend, het jy weer net besef hoekom jy jouself gee en betrokke is en dat jy geïnspireerd is om aan te hou al is ons normaal nuut in die nuwe gebou en is ons besig om ons voete te vind en is die commitment op die stadium meer, want sonder julle kan ons dit nie doen dit nie.
Kom ons bid saam.