Onthou jou eerste liefde en werke

[powerpress]

Die hoogste bergpiek in die wêreld is Mount Everest.  Hulle bereken dat sowat 1300-1600 mense die berg al geklim het sedert 1921.  Omtrent so 160 mense het al gesterf terwyl hulle die berg geklim het.

Dit beteken dat so 1 uit 8 mense sterf terwyl hulle die berg klim.  Wat laat mense sowat $60 000 betaal en ‘n berg in onder vriespunt toestande klim en die kans is 1 uit 8 dat jy nie sal oorleef nie?

Vraag:  Wat is die mees gevaarlikste om te klim – die berg op of af?

Meer mense het gesterf op pad van die berg af as hulle wat die berg opgeklim het.

Daar is ook ‘n geestelike les daarin:  Jy moet baie versigtig wees as jy op ‘n geestelike hoogtepunt in jou lewe is.  Of ons moenie dink dat as ons vandag op ‘n goeie geestelike plek is dat ons môre ook daar sal wees nie.

Van ons is dalk na ons “Transformed” reeks op ’n goeie geestelike plek omdat ons elke dag die moeite gedoen het om tyd te maak vir jou verhouding met die Here.

Die lewe is ‘n reeks van ‘ups’ en ‘downs’.  Ons kan niks doen om dit te keer nie.

Die lewe bestaan uit die goeie en slegte.  Daar is geen waarborg om net goeie te hê nie.

 

Dit is ook nie moontlik om op ‘n geestelike hoogtepunt te bly nie.

Jy kan maar kyk na elke man en vrou van God in die Bybel en jy sal die patroon sien.

Hulle beleef wonderlike dinge van God en dan is hulle weer op ‘n laagtepunt (Leeukuil, vis se maag, op ‘n boot wat gaan sink ens.)

Christus het aan die kruis gesterf (laag) maar Hy is weer opgewek (hoog).

Jesus word gedoop in die Jordaan (hoog) direk daarna gaan hy die woestyn in om versoek te word (laag).

 

Openbaring 2:2-5       “Ek weet alles wat julle doen. Ek ken julle onvermoeide arbeid en julle volharding. Julle kan nie slegte mense verdra nie. Julle het ondersoek ingestel na die mense wat voorgee dat hulle apostels is, en dit nie is nie, en gevind dat hulle leuenaars is.  Verder volhard julle ook; julle het baie vir my Naam verduur, en julle het nie moeg geword nie.  Maar Ek het dít teen julle: julle het My nie meer so lief soos in die begin nie.  Dink daaraan hoe ver julle al agteruitgegaan het. Bekeer julle en doen weer wat julle in die begin gedoen het. Anders, as julle julle nie bekeer nie, kom Ek na julle toe en sal Ek julle lamp van sy plek af wegvat!”  NAV

Was jou hart al ooit iewers en nou is hy koud teenoor iets of iemand?

 

HOE LYK “EERSTE LIEFDE”?

1.      Daar is ‘n onversadigbare begeerte om meer van die ander persoon te leer ken

Baie mense begin so – foto van verliefdes in hulle beursie.

Spandeer amper al jou tyd saam, as julle gaan uiteet gesels julle actually met mekaar.

2.      Daar is groot belegging in die verhouding

Daar word dinge gekoop, geskenkies, blomme, chocolates.

Niks is te groot of te moeilik om te doen nie.  Daar is nie eers sprake van opoffering nie.

Maar bly dit so?

3.      Daar is intense aandag van jou hart!

Daar word gedroom oor die toekoms saam, jy is op ‘n wolk meeste tyd van die dag.

Niks ontstel jou nie, jy is net op hierdie pad van liefde en vrede vir almal.

Al jou aandag en toewyding behoort aan die persoon.

 

WAT KAN MET SO `N LIEFDE GEBEUR?

Openbaring 2:4          “… julle het My nie meer so lief soos in die begin nie.”  NAV

Dit sê:  Jy het jou eerste liefde verlaat.  Dit was ‘n keuse.  Eintlik is reeks keuses.

Sommige van julle is nou net deur die ‘Transformed’ gekom – jou verhouding met die Here is op ‘n hoogtepunt.  Moenie daarvan afwyk nie.

 

Joh. 4:13-15      “Wel, elkeen wat van hierdie put se water drink, sal na ’n rukkie weer dors word,” antwoord Jesus. “Wie egter van die water drink wat Ek hom of haar sal gee, sal nooit, nooit weer dors word nie. Daar sal iets in daardie persoon gebeur.”  Boodskap

 

As jy honger en dors na God, sal jy altyd bevredig word, Maar ons almal weet daardie honger moet gevoed word met die regte brood.

Te maklik wil ons ons dors les met water wat nie van Hom af kom nie.

Te maklik wil ons brood eet wat van plekke afkom wat ons net word honger laat ly.

Toe ek my Doktorsgraad gedoen het, baie lank gelede het ek met mense gepraat wat ophou kerk toe gaan het en ek het hulle gevra, wat het gebeur?  Net een vraag.

Deur die bank was hulle antwoord: Ek was geestelik op ’n goeie plek.

Iets het gebeur.  Feitlik vir almal was dit iets anders.  Teleurstelling in mense en leiers.

Kwaad omdat slegte dinge gebeur het waaroor hulle nie beheer gehad het nie.  Ens.

Dan: Sonder uitsondering – almal het nadat hulle onttrek het geestelik begin afkoel en geestelik begin agteruitgaan in hulle eie woorde.

 

Jesus sê vir die gemeente in Openbaring – Ek het dit teen julle, julle het julle eerste liefde verlaat.  Hoekom?  Julle doen nie meer die eerste werke nie.

Dalk het hulle elke dag tyd gemaak om ’n paar minute saam met God te spandeer.

Nou het die gejaag en die dinge wat hulle dors begin les het belangriker geword.

Wanneer dit gaan oor liefde in jou lewe, wat het jy in die begin gedoen wat jy nou nie meer doen nie?

 

As daar werklik ’n liefde vir God in jou lewe al was, sal jy weet, dit het nooit gegaan oor plig nie.  Dit het nooit gegaan oor opoffering nie.  Dit het alles gegaan oor begeerte en liefde. Een van my geestelike mentors het altyd vir ons gesê, “wanneer jy uitspan, dan span die duiwel jou in.”

En met die jare het ek dit al oor en oor gesien.  Ek is moeg vir my bediening, ek wil net so paar maande rus, dan kom ek weer terug.  Baie selfde gebeur dit.

 

Ons groei wanneer ons uitgedaag word, wanneer ons soms ongemaklik voel, wanneer ons deel van verhoudings en struktuur is.

Die teendeel is ook waar.  Ons hou op groei wanneer ons begin gemaklik raak, wanneer ons onttrek van verhoudings, wanneer ons tyd vir ons belangriker as God se tyd raak.

Jy gaan verseker nie groei as jy uitspan nie.

Ons groei deur commitments te maak en daarby te hou.

 

Wat sê Jesus vir die gemeente in Openbaring?

1.      Onthou (v. 5)

Onthou die commitments wat jy al gemaak het.  Onthou jou eerste werke, die dinge wat jy gedoen het.  Onthou jou eerste liefde.

Moenie toelaat dat die saad wat in jou hart gesaai is opgepik word nie.

 

2.      Bekeer jou (v. 5)

Bekering beteken… om jou gedagtes te verander.  Om van die rigting waarin jy jou geluk soek te verander.  Jy sien, wanneer jou gemak vir jou belangriker word as God se wil dan begin jy jou geluk soek in genot.

Niks daarmee fout om dinge te geniet nie, maar wat maak jou gelukkig?

God en om in Sy wil te lewe elke dag OF om te doen wat jy geniet en jou geluk daarin te vind.

 

Geluk is nie IETS nie maar IEMAND.  En daardie Iemand is Jesus self.

Bekering is nie net ‘n eenmalige gebeurtenis in ‘n mens se lewe nie – dit is ook iets wat gereeld in jou lewe moet gebeur.

Bekering sê:  Ek erken dat ek nie is waar ek moet wees nie en ek draai om na die plek waar ek graag wil wees.

Klaag. 3:40  “Laat ons ons doen en late deeglik ondersoek en ons tot die Here bekeer.”

 

3.      Doen wat jy gedoen het / moet doen (v. 5)

Ons het in ons Transformed reeks doelwitte vir verskillende areas van ons lewe gestel.

Doen jy dit nog?  Of soos Steve verlede week gesê het, die begin daarvan alles is die geestelike.

Dan, watter een ander doelwit het jy vir jou lewe gestel waaraan jy gereeld werk?

Hou jy daarby?  Of is dit net nog ’n goeie intensie waarby jy nie hou nie?

 

Om die regte ding te doen voel nie altyd reg nie.  Maar dit hoef nie te wees nie.

  1. 4.   Aksie sal lei tot emosie

Ons maak meeste besluite gebaseer op ons emosie.  As dit reg voel dan doen ons dit.

As dit nie nou reg voel nie, dan doen ons dit nie.

Maar as jy die regte dinge doen, sal dit nie altyd reg of lekker voel nie.

Veral as jy werk aan areas van jou karakter of lewe waarin jy graag wil verbeter voel dit gewoonlik nie vir ons reg of lekker nie.

Beteken dit dat ek nie dit moet doen nie?  Nee, wanneer daar weerstand in ons is, is dit dikwels vir ons ’n teken dat daar ’n groei area is waaraan gewerk kan word.

 

Daar is sekere dinge waarvoor ons feitlik nooit lus is nie.  Verskoon my voorbeeld maar ek kon nie aan iets beter dink nie.  Dinge soos tandeborsel.

Beteken dit dat ek nie my tande moet borsel wanneer ek nie lus daarvoor is nie.

Nee, want ek weet dat ek wanneer ek aanhou met daardie slegte gewoonte wat kan ontwikkel later nie meer dinge wat eintlik vir my lekker is soos ’n smaaklike bord kos en sekere kosse sal kan geniet as ek nie meer tande het nie.

 

2 Corinthians 8:11     “Having started the ball rolling so enthusiastically, you should carry this project through to completion just as gladly…Let your enthusiastic idea at the start be equaled by your realistic action now.”  LB

Philippians 3:16         “Now that we’re on the right track, let’s stay on it.”  Message

Ons groei deur commitments te maak.  Of dit is om in te skryf vir ’n kursus, om in ’n verhouding ’n commitment te maak, Geestelike commitments te maak.  Sonder commitments is vooruitgang in ons lewe feitlik onmoontlik.

 

Maar ons almal weet daar is ’n ou natuur in elkeen van ons wat nie jou van commitments nie.  ’n Ou natuur wat sê die lewe gaan oor my.

’n Ou natuur wat genot, gerief en gemak die hoogste prioriteit in die lewe maak.

So wat maak ek met hierdie ou natuur wat elke nou en dan sy kop wil uitsteek?

Die ou ek moet weer sterf.  Die ou ek moet deur God se Gees gelei word elke dag.

 

AS JY FAAL, ONTHOU GOD FAAL NOOIT NIE

•        God se sorg hou nooit op nie.  God is nie net ‘n mooiweersvriend nie.

•        God se liefde hou nooit op nie.  Selfs al maak jy foute, Sy liefde hou nooit op nie

 

Wanneer jy ’n droom het om iets te doen dan doen jy alles in jou vermoë om ’n aksieplan in plek te kry sodat daardie droom ’n realiteit kan word.

Soms raak die pad styl en moeilik soos om ’n berg, Mount Everest te klim.

In ’n stadium wil jy opgee, jy wil nie aangaan nie.  Dan kom die Sherpa’s in.

Dit is gidse wat jou help, wat vir jou sê wat jy nou moet doen, wat ervaring het om ’n berg te klim.  Die Sherpa’s sê vir jou, sit net een voet voor die ander een.

Gee net een tree in die regte rigting, dis al.  En as jy klaar is nog ’n tree.

Wat is jou volgende stap in jou geestelike reis?