Opstanding Sondag 5 April 2015
[powerpress]
Goeie more vriende. Vandag saam met miljoene ander fees ons, ons celebrate ons ’n feit wat alles verander het. Dit is dat Jesus Christus seun van die lewendige God het opgestaan. Die graf is leeg die klip is weggerol en dood is oorwin. Hy is die almagtige Een. Die een wat lewe is maar ook die een wat ons lewegewer genoem kan word.
Vanoggend gaan ons stilstaan by Joh. 11 en ons kern vers is Joh. 11:25 Jesus het vir haar gesê: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterf hy ook. Die vers is ook so gepas by vandag.
Nou vandag gaan ons stilstaan by die storie van Lasarus se opstanding wat ons van lees in Joh. 11 en ek wil graag kyk na 3 verskillende maniere wat ons binne-in ons doodgaan en dan kyk hoe die opstanding van Jesus dit wat dood is weer lewendig kan maak.
Kom lees Joh. 11:1 (1)’n Sekere man met die naam Lasarus was siek. (Ons gaan later hoor hoe siek hy was dit was nie net verkoue of koppie het gepyn nie, nee later sterf hy). Hy was van Betanië, die tuis dorpie van Maria en haar suster Marta. (2)Dit was Maria wat die Here met aromatiese olie gesalf het en toe sy voete met haar hare afgedroog het. Dit is haar broer Lasarus wat siek was.
(3)Die susters het toe iemand na Jesus toe gestuur om te sê: “Here, kyk, hy vir wie U lief is, is siek.”
Nou ek wil net vinnig hier stop en noem dat alhoewel ons in die tyd celebrate weet ons ook is daar baie mense wat seer het, wat hartseer is, dalk het jy slegte nuus ontvang van iemand vir wie jy lief is, is baie siek, of dalk het jy geliefde verloor. Jy het dalk slegte nuus gekry oor jou werk of jou droom huwelik het verander in ‘’n nagmerrie. ’n jare lange vriendskap is verby of die hoof en onderwysers het jou gebel want hulle is bekommerd oor jou kind. Slegte nuus is net sleg daar is nooit goeie tyd daarvoor nie. Mag vanoggend se boodskap ook vir jou dra deur hierdie tyd.
Nou in die middel van die nuus wat Jesus ontvang kom Hy en sê iets ongelooflik.
(4)Jesus het die boodskap gehoor en gesê: “Hierdie siekte gaan nie op die dood uitloop nie, maar vind plaas om die heerlikheid van God sigbaar te maak sodat die Seun van God daardeur verheerlik word.”
Kom ek som gou vers 5 tot 14 op in my eie woorde julle is welkom om dit op julle ie te gaan lees.
Die bottom line is almal het gedink Jesus gaan alles drop en in sy Amarok (want die paai was mos grondpad) jump en jaag na Lasarus toe, maar wat doen Jesus? Niks vir 2 dae doen hy niks almal freak uit en Jesus hang uit. 2 dae later sê Jesus ok boys kom ons gaan Judea toe, die dissipels is soos Rabbi hulle wil jou doodmaak daar dink nie dis goeie idee nie, Jesus is soos maar Lasarus het aan slaap geraak en ons moet hom gaan wakker maak. Nou Jesus het nie bedoel Lasarus het moeg geraak en gaan doedoe nie nee Jesus gebruik metafoor om te sê Lasarus is dood en ons moet hom gaan lewendig maak.
Nou vandag wil ek uit die storie kyk na die karakters in die storie en 3 maniere wat ons doodgaan binne-in ons dalk is jy nou in so seisoen of dalk gebeur dit op ’n ander tyd.
Ek wil kyk na Tomas, Maria en Martha
Kom ons begin by Tomas. Tomas staan bekend aan ons as ongelowige Tomas hy wil eers vingers in gate druk voor hy glo. Die Bybel deur is Tomas bekend vir sy ongeloof. Tomas is dood aan binnekant a.g.v. ongeloof.
Ons lees van Tomas in vers 16 Tomas, wat ook Didimus genoem is, Didimus klink soos ’n bad rapper se naam. Ok sorry.
So Tomas is bietjie sarkasties hoor wat sê hy vir die ander dissipels: “Laat ons ook gaan sodat ons saam met Jesus kan sterf.” Onthou hulle is bang om terug te gaan want mense wil Jesus doodmaak Jesus sê ons gaan nou is Tomas besig om te twyfel.
As ons eerlik kan wees wie het al op een of ander stadium in jou geloof reis begin twyfel. Ek het al getwyfel, ek weet van baie mense wat al het en wat nou op so plek is.
Dalk het jy gebid en vertrou en geglo God kan iets doen of hy sal iets doen en Hy het nie en boom ons twyfel hoekom het hy nie iets gedoen nie?
Of iets sleg het gebeur met jou of iemand wat jy voor omgee en jy is dadelik maar as God goed is hoekom laat hy dit gebeur, as hy almagtig is hoekom keur hy dit nie. Ewe skielik is jy Tomas en iewers binne-in jou het jy doodgegaan in jou twyfel.
Of dalk is van julle soos Maria. Jy is nie dood in jou twyfel nie, jy is dood in jou teleurstelling jy is verslaan. Kyk na vers 20Toe Marta hoor dat Jesus op pad is, het sy Hom gaan ontmoet. Maria het egter in die huis bly sit.
Wat doen Maria sy bly in die huis sit. Hier kom die Rabbi, meer as dit ‘’n close ’n vriend iemand wat lief was vir hulle en sy is so verslaan, teleurgesteld, so ver ontmoedig dat sy in huis sit en nie eers uitkom nie. Dis amper asof sy sê ag hoekom uitkom hy is kla dood dis verby en niemand kan iets daaromtrent doen nie.
Ek vermoed dat van ons dalk daar is vandag. Ek kan niks verander nie, ek gaan altyd alleen wees. Ek gaan altyd depressed wees. Ek gaan altyd in hierdie werk sit wat ek haat en niks meer wees nie. Ek gaan nooit weer gelukkig wees nie. Niemand sal my ooit lief wil hê nie. Ek sal nooit goed genoeg wees nie. Ek gaan nooit daai droom huwelik he nie of ons gesin gaan net nooit so close wees nie. Ek gaan nooit daai spesiale en close verhouding he met my dogter of seun nie ek wil maar dit gaan nie gebeur nie.
En van julle is dalk daar julle gaan dit nie wys nie, want dis Paasfees en ons trek ons mooi klere aan. Ons is in die kerk vandag van ons ken selfs die regte goed om te sê en ons smile aan die buitekant daai maker is blink maar binne is ons verslaan, ontmoedig.
Van ons is dood in ons twyfel en van ons dood in ons ontmoediging maar van ons is dalk soos Martha.
Martha is dood in die wag (21)Marta het vir Jesus gesê: “Here, as U maar net hier was, sou my broer nie gesterf het nie.
Die boodskap sê dit so mooi. (21)“Here,” begin Marta sommer dadelik toe sy Hom sien. “Waar was U al die tyd? As U betyds hier was, kon U nog my broer gesond gemaak het. Dan het hy nou nog geleef.
Julle sien in vers (17)Toe Jesus daar aankom, het Hy uitgevind dat Lasarus al vier dae in die graf was.
Nou dis belangrike sin want in hulle tyd het mense geglo en dis nie uit Bybel nie dis maar wat hulle geglo het dat as iemand doodgaan die persoon se gees 3 dae lank daar rondhang vir as iemand besluit op nie meer dood te wees nie dan is die gees naby om weer in te klim en verder te gaan, maar dis dag 4 so Martha weet dis te laat Jesus is 1 dag te laat.
So in haar gedagtes is Lasarus nou heeltemal dood nie net half dood nie hy is morsdood, hy is so dood dat later in die storie lees ons Marta wil Jesus keer toe hy sê rol weg die klip deur te sê dat hy sleg sal ruik. Die king James sê he stinketh. So hy is super dood.
Vers 21 as U maar net hier was, sou my broer nie gesterf het nie. Here u het te lank gevat, Here u is te laat. En van julle is soos Marta en voel Here waar is jy hoekom beantwoord U nie my gebede nie.
Jy bid vir ’n gelowige persoon saam met wie jy jou lewe kan deel maar dit gebeur nie.
Van julle bid en vertrou dat ’n geliefde naby aan jou die Here se goedheid ervaar en hoe harder jy bid lyk dit asof daai persoon al verder en verder van God afgaan.
Of jy bid en glo dat God iemand kan genees want hy is almagtig en alles is by hom moontlik maar niks gebeur nie.
Dalk vertrou jy God vir iets anders en dit gebeur net nie en jou hart is suiwer. En in dit voel jy dood in God se tydsaamheid.
As dit jy is, wil ek net sê onthou een ding en Braam sê dit altyd so mooi God sê nie nou beteken nie nee nie.
Onthou al het God nog nie iets gedoen nie beteken nie Hy is nie in beheer en nie almagtig nie beteken nie hy kan nie dit doen nie.
Vriende ek weet nie waar jy is nie dalk is jy dood in jou twyfel, of is jy verslaan dalk is jy dood in God se tydsaamheid. Dis waar hierdie mense in die storie was maar hierdie gevoel is Vrydag se gevoel, maar in vers 22 dan draai die storie hoor wat Marta sê
(22)Maar selfs nou nog weet ek dat God aan U sal gee wat U Hom ook al vra. Die Engels se even now
En van ons het vandag ‘’n selfs nou oomblik nodig met God. Here selfs nou glo ek dat U tot alles in staat is. Glo ek All things are still possible.
Vriende selfs nou al is jy verslaan kan jy deur God se teenwoordigheid in jou kan jou geloof weer gebou word.
Selfs nou al voel jy alleen en niemand gee om nie en daar is nie ‘’n manier hier deur nie en jy wil opgee kan God deur sy Gees jou ‘’n vrede gee wat ons nie verstaan nie maar ons net weet alles gaan uitwerk.
Selfs nou kan God nog steeds kom en jou gesin wat uitmekaarval weer kom en heelmaak en verhoudings weer herstel. Jou huwelik wat dalk verby lyk weer herstel.
Selfs nou al kom mense en sê is julle seker die tyd is reg om te bou, die ekonomie is sleg julle gemeente is klein is julle seker dan kom God en hy sê loop saam met my stap vir stap bring julle visse en broodjies na my toe en vertrou my want ek is God.
Selfs nou Al lyk dinge onmoontlik by God is alles moontlik.
Vriende en die rede is in vers 25
Joh. 11:25 Jesus het vir haar gesê: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterf hy ook. (NLV)
Hoor wat Jesus sê Hy is die opstanding en die lewe nie Ek is die een wat mense kan laat opstaan en lewe nie. Nee, Hy is die opstanding en die lewe. Die opstanding is nie ‘’n byeenkoms nie dis nie ‘’n event nie dis ‘’n persoon. Lewe en opstanding is nie wat Jesus doen nie dis wie Hy is.
So waar Jesus gaan is lewe en opstanding. Julle sien dooie goed bly nie dood as die opstanding in die kamer of situasie instap nie. Julle sien Opstanding en lewe kyk na Lasarus se graf en sê rol weg die klip voor die stink graf en Hy roep en die Bybel sê met ‘’n harde stem of groot stem Lasarus uitgeroep nou hoekom ‘’n harde stem is ek nie seker oor nie dalk kan dooie mense nie lekker hoor nie maar nie te min Lasarus staan op.
Vriende en vandag sit jy dalk hier en jy voel dood aan die binnekant, dalk het jy geloof verloor en twyfel jy, dalk het jy hoop verloor of is jy dood in God se tydsaamheid, dalk is jy dood en is jy verslae en jy voel vas gevang in die graf.
Hou die skerm dop Video (kyk Video boaan)
Vandag wil ek jou herinner dat Jesus het die klip weggerol die Graf is leeg en hy het opgestaan en dieselfde stem wat Lasarus uitgeroep het, is besig om jou te roep kom uit, kom uit.
Hy is die opstanding en die lewe dis wie Hy is . En daarom waar Hy beweeg bring hy lewe dooie goed bly nie dood as Opstanding en lewe ingryp nie.
My en jou sonde is vergewe nie omdat ek of jy goed is of dit verdien nie maar omdat Hy goed is.
Ek en jy kan vrykom nie omdat ek of jy sterk is nie maar omdat hy sterk is en ons deurkom kan lewe.
Net soos Jesus dan in vers 26 vir Marta vra glo jy dit vanoggend wil ek jou vra glo jy dit? Glo jy dat Jesus die opstanding en die lewe is.
Vriende laat hom dan toe om dit wat dood is binne-in jou weer lewendig te maak.
Kom ons bid saam.