• Pastorale Sorg

    Persoonlike Berading & Geestelike Begeleiding

Persoonlike Berading

Ons het ‘n aantal mense in Impetus Gemeente wat bereid is om ‘n reis met individue aan te pak en hulle te help in hul persoonlike groei. Binne ‘n veilige, vertroulike omgewing help hulle mense om stappe te implementeer om verder te groei. Elkeen van die toegruste helpers is opgelei om jou te help op jou reis van groei. Impetus staan ook in verhouding met ‘n aantal sielkundiges en professionele beraders wie se hulp beskikbaar is.

Geestelike Begeleiding

Geestelike Begeleiding is die pad wat ‘n Geestelike Begeleier saam met ‘n persoon stap as ‘n gespreksgenoot waar die persoon begelei word om te kan sien waarmee en waarin God in hulle lewe betrokke is.

Dit is nie berading of raadgewend van aard nie maar wel begeleidend. Hierdie pad is vir beide mense wat die stem van die Here wil leer ken en ook vir mense wat dieper in hul verhouding met God wil groei.

Vir meer inligting kontak die kerkkantoor by 041 368 2047 of epos Braam by braam@impetus.co.za