Kerk vir ‘n Nuwe, Opkomende Generasie – ROOTED @ 6mn
Elke Sondagaand van die skoolkwartaal hou die jongmense van Impetus Gemeente hulle eie kerkdiens. ROOTED is hulle kerk en hulle doen dit op ‘n manier by hulle pas met musiek en prediking wat hulle kan lei na betekenisvolle verhoudings met God, hulself en mekaar.
Rooted is ons jongmens bediening waar jong mense vanaf 12 tot 28 jaar oud bedien word met ‘n aanslag waar in hulle veilig en welkom voel. Rooted is op Sondae aande waar hulle saam kuier, koffie drink, pool en tafel tennis speel en net chill van 17:00 tot 18:00 en van 18:00 tot 19:00 saam Praise en Worship met hulle eie youth band. Daar is ook ‘n relevante chat oor hoe om die lewe beter te doen. Hoe om te groei in betekenisvolle verhoudings met God, hulleself, mekaar asook ‘n soekende wêreld daarbuite. Ons het 2 kampe ‘n jaar 1 saam met #imagine en 1 wat ons self-reel. Daar word ook social aande en movie nights by die teater gehou. Rooted het ook ‘n dissipelskap groep wat ons Gr 11 en 12 bedien en hulle dieper op hulle geloof reis neem.