• Dissipelskap

Waaroor gaan dissipelskap?

Die Dissipelskapprogram in Impetus maak gebruik van Ds. Deon Loots se dissipelskap materiaal van 7 modules. Impetus se Dissipelskapgroepe kom een keer ‘n week bymekaar vir 24 weke per module. Die doel van die groepe is persoonlike geestelike groei as dissipel (volger) van Jesus wat dan met ‘n klein groepie gelowiges bespreek word.

Een van die belangrike fokusareas van die gemeente is ons dissipelskapgroepe. Hierdie groepe kom een keer ‘n week bymekaar vir 24 weke per module. Die doel van die groepe is persoonlike geestelike groei wat dan met ‘n klein groepie gelowiges bespreek word. Deelnemers gaan deur die les op hulle eie by die huis tydens hul stiltetyd en elkeen praat dan in die groep oor hul belewenis van die inhoud. Elke deelnemer begin ook met ‘n joernaal wat hul leer om God se stem in hul lewe te begin onderskei en om hul stiltetyd neer te skryf vir latere verwysing en om groei te sien.

Die totale program word opgedeel in 7 modules. Elke twee modules hanteer ‘n onderwerp. Dit is egter nie nodig om jouself te verbind vir meer as ‘n module (24 weke) op een slag nie. Dit is egter ook nie moontlik om in die middel van ‘n module in te skakel nie aangesien die sessies op mekaar bou en ‘n vertrouensverhouding in die groep gevestig word.

As jy met die Dissipelskapprogram wil begin of weer wil inskakel nadat jy van die modules gedoen het kan jy dit doen by Dissipelskap aanlyn vorm of op Sondae by INFO op die tablet.

Module 1: In die module word ons hoof dryfvere in die lewe ondersoek. Ons word ook stelselmatig geleer hoe om tyd saam met God te spandeer. Ons gedragstyle en waar hulle vandaan kom word ondersoek.

Module 2: Hoe vind verandering in ‘n mens se denke plaas? Hoe kan ons gedrag in lyn met God se wil geplaas word en hoe verander ‘n mens jou primêre behoeftes soos ons behoefte aan identiteit en aanvaarding.

Module 3: In module 3 begin ons kyk na ons roeping en die uitleef daarvan. Ons leer die God van die Ou Testament ken wat nog altyd begeer het om ‘n intieme verhouding met Sy kinders te hê.

Module 4: Wat is God se unieke roeping met my lewe en waar pas my werk hierin? Hoe kan ek my getuienis by die werk of tussen die mense wat in my lewe is begin uitleef?

Module 5: Hier begin ons weer na die innerlike lewe van ‘n volger van Jesus kyk. Hoe kan ons suiwer harte voor God hê? Sekere gewoontes soos Skrif meditasie, gemeenskap en stilte word verder ondersoek.

Module 6: Hier leer ons wat onderskeiding is en om waarlik God se stem te hoor. ‘n Kontemplatiewe (nadenkende) lewe word verduidelik en ingeoefen.

Die klem in die dissipelskap begeleiding is nie kennis nie maar eerder ‘n praktiese belewenis van ons verhouding met God en wat Hy elke dag vir ons sê. Daarom is daar nie toetse of werksopdragte nie maar eerder ‘n soeke na meer intimiteit en waarmee die Here besig is in my eie lewe.

Tussen elke twee modules is daar ook ‘n Retraite (wegbreek) vir 3-4 dae wat vir baie die hoogtepunt is van hul dissipelskap. Op die naweek word die beginsels van die twee modules prakties vasgelê en kry elkeen ‘n geleentheid om sonder onderbrekings te fokus op hul verhouding met die Here.