Strewe na geluk
[powerpress]
Goeie more vriende en soos altyd ‘n voorreg om vanoggend met u te gesels en saam met u te leer hoe om beter Jesus volgelinge te wees.
Nou ek wil begin en vra dink vinnig aan die gelukkigste mees vreugdevolle mens wat jy ken of al ontmoet het. Nie daai fake persoon wat probeer nooit sad wees nie, nee iemand wat werklik gelukkig is, iemand wat dankbaar is vir hulle lewe en vertroue in God het. Hulle is optimisties oor die lewe en die toekoms. Hulle blaas energie en nuwe lewe in jou in as jy tyd met hulle spandeer. My oupa is een van daai voorbeelde in my lewe. Hy sal altyd sê hy het nog nooit op slegte plek gebly nie, want dis hoe jy oor die plek dink wat tel nie die plek self nie. Dis wat jy van jou tyd maak daar. Ek lag altyd as my oupa wat 85 is vir my sê hy het weer bingo vir die ou mense gaan hou, as ek hom vra hoe oud is die ou mense dan is hy soos 60 maar hulle wag mos om dood te gaan.
Nou dink aan iemand wat die mees on gelukkigste mens is, hulle moan altyd en alles is altyd verkeerd, Alles is altyd te veel vir hulle en hulle is net negatief. Dink aan hulle moet nie nou na hulle kyk of vinger wys of in die ribbes stamp nie, nee dink net aan hulle. Dis nie lekker om by so persoon te wees nie nè?
As ons eerlik is dan is ons almal op soek na geluk nè. Ons wil net gelukkig wees want dis lekker om gelukkig te wees, dis lekker om te lag. Maar vir een of ander rede is dit asof geluk baie moeilik is om vas te vat of sal ek sê ewige geluk. Ons kry soms geluk maar dis asof dit net ‘n rukkie hou en dan moet ons verder soek.
So ruk terug het een van die grootste komediante in die wêreld selfmoord gepleeg. Robin Williams en hy was ongelooflik en het altyd mense laat lag van my gunsteling flieks is Mrs doubtfire en Patch Adams en hoe hartseer is dit nie dat die persoon wat vir soveel mense vreugde en geluk gebring het eendag so alleen en ongelukkig was dat hy net nie meer kon aangaan nie en eerder sy lewe beëindig het.
Die slim mense sê dat in vandag se tyd depressie 10 keer meer algemeen is as in die 1960 maar die skokkende feit is dat die algemene ouderdom wanneer mense depressief begin raak het in 1960 was 29.5 in vandag se tyd is dit so vroeg soos 14.5.
Vriende kinders van 14 behoort nie te struggle met so iets nie iets is fout.
En daarom wil ek vandag gesels oor die soeke na geluk en waar kan mense geluk vind.
Die boek van Filippense in die nuwe testament is vol van die tema geluk. Het julle geweet dat geluk en sinonieme vir geluk word 14 keer gebruik in die 4 hoofstukke.
Die ongelooflike ding is dit word deur Paulus geskryf maar Paulus is nie op Hartenbos se strand besig om die son en see-in te neem nie. Hy is nie om ‘n braaivleis vuur met ‘n koue koeldrankie saam met buddies na die bokke die wêreld beker gewen het nie. Hy het nie so pas die lotto gewen of is in Disney World nie. Nee, Paulus is in die tronk. Hy is in kettings en soos Braam 2 weke terug gepreek het en ons vertel het hy is ook aan iemand van geketting en in groot moeilikheid want sy verhoor is op pad en hy kan dalk ter dood veroordeel word. Ten spyte van dit is Paulus besig om te skryf oor Blydskap, vreugde, geluk.
Fil1:(4)Ek bid altyd in al my gebede met blydskap vir julle almal. Onthou hy is in die tronk en hy skryf vir almal buite.
Altyd ’n baie interessant die woord altyd. Ek bid altyd nie soms as dit beter gaan nie nee altyd met blydskap.
Dan gaan hy verder (5)omdat julle, van die eerste dag wat julle die Goeie Nuus gehoor het, tot vandag toe saamgewerk het om dit verder uit te dra.(6)Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom.
Oortuig is nog ‘n interessante woord hy is oortuig hy het vertroue in God en dat God sal die goeie werk voortsit. Hy het nie opgegee nie nee hy hou moed.
Die vraag is maar hoekom in Paulus so vol moed en blydskap en die formule vir sy geluk kry ons in die eerste sin van Fil. 1:1 Hierdie brief kom van Paulus en Timoteus, diensknegte van Christus Jesus.
Die Engels sê Paul and Timothy, servants of Christ Jesus, To all God’s holy people in Christ Jesus at Philippi, together with the overseers and deacons.
Julle sien in al Paulus se briewe is daar hierdie formule. Hy begin meeste van die tyd sy briewe soos volg: Hierdie brief kom van Paulus wat deur God gekies is om ’n apostel van Christus Jesus te wees, maar in sy brief aan Filippense sê hy diensknegte.
Hoekom sê hy diensknegte in die brief. Julle sien Filippense was ’n baie ryk en eksklusiewe gemeenskap. Hulle was deel van die Romeinse ryk. Die slim mense die geskiedenis junkies sê dat Rome was die mees status bewuste kolonie ter wêreld hulle was eintlik obsessief oor status en wat mense van hulle dink.
Filipe was gebou op die gedagte om hulle self te bevorder en beter te wees dit het gegaan oor hulle status en bymekaarmaak van goed.
In Filipe die manier om gelukkig te wees was om die status leer te klim. Hier kom Paulus en hy gebruik ‘n woord wat nie algemeen was in hulle taal nie. Die woord wat Paulus gebruik se betekenis is letterlik om ‘n slaaf te wees. Hy gaan so vêr as wat hy kan af op die status leer tot heel onder. Hy is soos ek is nie die een wat luuksheid en status het nie nee ek is ‘n dienskneg ‘n slaaf tot iemand groter as ek.
Dit bring ons by die geluk of blydskap paradox. Ek sal nooit gelukkig wees as my heel belangrikste doel op aarde is om gelukkig te wees nie.
Huh wat sê jy daar Steve, ek sê ek sal nooit gelukkig wees as my heel belangrikste doel op aarde is om gelukkig te wees nie. Vriende julle sien blydskap of geluk is ‘n byproduk wat kom in ons soeke na iets groter en beter as die tydelike.
Vriende iets wat belangriker is as ‘n gelukkige lewe is ‘n lewe van betekenis. Daar is ‘n studie gedoen deur Stanford en hulle het besef dat daar is ‘n verskil tussen ‘n gelukkige lewe en ‘n lewe van betekenis.
‘n Gelukkige lewe sonder betekenis loop uit op ‘n baie self gesentreerde lewe en dis hoekom dit in die langtermyn leeg is en sinneloos is soos prediker dit beskryf.
Julle sien sulke mense sal goed sê en dink soos as dit net goed gaan met my sal ek gelukkig wees. Ek sal gelukkig wees as almal net van my hou. Ek sal gelukkig wees as ek net werk het of daai werk kan kry en dan kry hulle daai werk en paar maande later is hulle ongelukkig want die baas is onregverdig of geld is te min. Ek sal gelukkig wees as ek net soveel geld het of verdien en dan kry ons soveel geld en ons dink as ek net ‘n bietjie meer gehad het.
Ek sal gelukkig wees as ek aftree en dit is so baie keer tree mense af en hulle is gelukkiger maar wat gebeur hulle betekenis neem af en later voel hulle dat hulle nie meer iets beteken nie en nie nodig is nie.
Net so dink mense wat nie kinders het nie as ek net kinders het en dan kom daai bondel vreugde en saam met daai bondel vreugde kom longe en min slaap en stinky vuil doeke en baie uitgawes en later ‘n mensie wat kan redeneer en terug praat. En soms gaan geluk en blydskap af en raak dit minder, maar betekenis gaan op want ons beteken iets vir iemand.
U sien vriende as mense aan die einde van hulle lewe kom dan is dit betekenis wat tel, het ek iets beteken het ek legacy gelos. U sien die Here het ons so gemaak dat ons geluk sal hê en groei soos betekenis in ons lewe groei.
As ek en jy en ons as kerk as Jesus volgelinge wil gelukkig wees moet ons besef dat daar is iets beter as ‘n gelukkige lewe en dis ‘n betekenisvolle lewe.
Ek wil graag 2 gedagtes vandag deel oor ’n betekenisvolle lewe wat lei na geluk.
- Ons vind geluk wanneer ons goed doen teenoor ander.
Ware geluk kom nie wanneer mense vir my doen wat ek wil hê nie, maar wanneer ek vir ander mense doen wat hulle werklik nodig het. Wanneer ek vir iemand ’n klip uit die pad rol. Dis waarheen Paulus op pad is met die hele leër klim storie. Hy kom en probeer dat hulle verstaan dat Jesus nie gekom het om die leer te klim nie maar eerder af te klim en dis wat hy ook doen. Dis waar betekenis is. Dis in kleingoed doen. Net deur ’n koppie koue water.
Matt. 10:(42) 42Wie aan een van hierdie geringstes net ‘n beker koue water gee
Jesus praat oor dissipels hier maar ek glo die gedagte is vir ons almal om net iets klein vir iemand te doen.
So ruk terug het ek en die tieners oefening gehad en op pad huis toe soos ons in die pad aankom sien ons hierdie ou oom langs sy bakkie staan. Ons stop toe en vra of ons hom kan help lang storie kort hy sonder petrol gaan staan. 15 min uit ons dag en ons het ‘n groot klip uit die oom se pad gerol. Hy kon sy stories met ons deel en ons die oom se dag gemaak. Toe ons daar wegry het ek so goed gevoel nie omdat ek iets daaruit gekry het nie maar omdat ek iets kon doen want ek kan.
So julle huiswerk die week is doen iets goed vir iemand die week. Begin met die mense naby jou, begin met iets klein dit hoef nie dramaties te wees lewe of dood nie. Kam jou ma se hare en verf haar naels dat sy voel julle sien en waardeer haar. Seuns tel die honde pakkie op en help jou pa. Help daai moeilike ou by die werk en rol klip uit sy pad en wie weet dalk like hy jou. Doen net iets.
Iets wat ons doen by die huis is ons het ‘n koekie projek. Ons maak pakkies koekies by mekaar en dan ry ons met dit in ons kar rond. Ons deel die koekies uit aan koerant manne op pad skool toe, car guards, mense wat bedel by die verkeersligte.
Hoekom doen ons dit en die rede is ons wil vir mense iets mooi doen, maar hoop ek dat my seun sal ervaar hoe lekker dit is om vir ander iets te doen nie omdat hy iets daaruit uitkry nie maar omdat hy kan. En is dit nie wat ons as Jesus volgelinge moet leef nie, om iets vir mense te doen omdat ons kan. Wie weet later in sy lewe groei dit dalk na iets groot.
- Ons vind geluk nie waar ons is nie maar in wie ons is.
Daar is geen omstandigheid of eksterne situasie (geld, werk of plek) wat jou vir altyd sal gelukkig maak nie of jy geluk moet steel nie.
Ons lees hier in Hand 16:25 Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing. Die ander gevangenes het na hulle geluister.
Paulus weer in die tronk maar hulle is vol blydskap en sing lof tot God. Ek love dat die Bybel vir ons sê die ander ouens het geluister amper asof hulle keuse gehad het 12 uur in die aand.
Dan is Paulus in die tronk en skryf Filippense maar steeds is hy vol blydskap vol moed. Hy kom en skryf hierdie vers of ek bly leef en of ek moet sterf – Christus met volle vrymoedigheid verheerlik. 21Want vir my is die lewe Christus, en die sterwe wins.
Paulus kom en wil vir my en jou sê maak nie saak waar ek en jy ons self bevind in ons lewe nie wat saak maak dis in wie jy is wat saak maak. Dit maak nie saak wat jy is nie dit maak saak wie sin jy is. Dit maak nie saak wat jy het nie maar wie jou het. Want maak nie saak wat nie Jesus is altyd langs jou, agter jou en by jou. Hy kyk uit vir jou, He has your back. Jy is dalk op donker plek, dalk in jou eie tronk of gaan deur ‘n moeilike en hartseer tyd maar in Christus vind ek en jy geluk is ek en jy reg om deur wat ook al te gaan.
Vriende ek weet nie waar jy op jou reis is nie maar wat ek weet is jy hoef dit nie alleen te doen nie, jy kan ophou soek na geluk want daar is net een plek waar jy ware geluk sal vind en dis in die Lewegewer die seun van God Jesus Christus en hy is reg om jou op jou reis te ontmoet al wat jy hoef te doen, is om Hom in jou lewens boot in te nooi en jou hand in Syne te plaas en te sê Here ek weet dat waar ek is, is omdat ek geluk gesoek het op my eie maar ek het nodig dat U my lei deur hierdie dal van doodskaduwee ek het nodig dat U my weer by die tafel laat sit em my hoof salf met olie.
Vriende en soos jy begin om die reis saam met Hom te doen. Dit is dan wanneer jy werklik begin lewe, wanneer jy betekenis vind en dis dan wanneer jy geluk vind.
So mag jy begin om goed te doen vir ander net omdat jy kan en mag jy besef dat jou geluk is nie waar jy is nie maar in wie jy is en soos jy die lewe saam met Christus doen jou lewe sal groei in betekenis en daardeur dat jy soos Paulus ewige geluk sal vind.
Kom ons bid saam