Transformed – Inleiding: Hoe verander God ons?

[powerpress]

God wil elkeen van ons verander en transformeer in Sy beeld, maar die een ding wat jy moet weet is dat Hy jou lief het net soos jy is.  Sy aanvaarding is nie gekoppel daaraan dat jy eers ’n klomp dinge moet doen voordat Hy jou lief sal hê nie.

Sy aanvaarding is onvoorwaardelik, MAAR, Hy het ons so lief, dat Hy ons nie wil los soos wat ons is nie.  Die effek van die sondeval en ons eie selfsugtigheid is so groot dat dit nodig is dat God ons verander.  Hy wil ons herstel na die oorspronklike plan wat Hy met ons lewens gehad het.

Vandag:  Hoe God ons verander.  Wat gebruik God om ons lewens te transformeer?

Watter elemente of voorbereiding moet jy doen indien jy wil hê God moet jou lewe totaal en al transformeer in die volgende 7 weke?

2 Cor. 3:18         “And so we are transfigured much like the Messiah, our lives gradually becoming brighter and more beautiful as God enters our lives and we become like him.”  MSG

 

1.  Transformasie het nuwe gewoontes nodig.

Hoeveel keer wil ons nie probeer om dinge in ons lewe te verander nie maar ons begin met pure wilskrag en goeie intensies.

En ons almal weet dat dit gewoonlik nie langer as ’n week of drie hou nie.

“Habits eat willpower for breakfast.”  John Ortberg

Hoekom?  Want ons gewoontes is so diep gevorm dat hulle baie sterker as enige aksie van jou wil is.

Jy is nie wat jou goeie intensies is nie.  Jy is wat jou gewoontes is.

As jy iets in jou lewe wil verander moet dit nie begin met goeie intensies of wilskrag nie.

Dit begin met die besef dat jy dit nie self kan doen nie.  Dit begin met die besef dat jy iemand nodig het om jou te help.  En wie beter as die Een wat jou gemaak het en presies weet hoe jy inmekaar gesit is en jou ken.

As jy iets in jou lewe wil verander moet jy begin om jou gewoontes, roetines te verander.

 

So, as jy ernstig is om in die volgende 7 weke God toe te laat om jou lewe te transformeer moet jy begin om nuwe gewoontes aan te leer.

En die een gewoonte wat jou seker meer as enige ander gewoonte sal verander is om elke dag ’n paar minute uit te sit om saam met God tyd te spandeer.

15 min. elke dag kan meer in jou lewe doen as enige pil, boek, gesprek, dieet of oefening.

 

Maar soos met enige ander ding in jou lewe – as jy nie in die gewoonte is om dit te doen nie gaan jy eers ’n ou slegte gewoonte moet vervang met ’n goeie een.

So, as jy in die gewoonte is om elke oggend presies so vroeg op te staan soos wat jy nodig het om klaar te maak en tot die laaste minuut te slaap moet jy daardie gewoonte vervang met met 15 min. vroeër opstaan.

Of as jy nie ’n oggend mens is nie, as jy elke aand voor die TV sit tot jy doodmoeg is en aan die slaap raak moet jy daardie gewoonte vervang met vroeër gaan slaap en 15 min. tyd saam met God spandeer.

 

  • Elke nuwe gewoonte het ook ’n “coach” / mentor nodig.

Of dit geestelike is, fisies, emosioneel, verstandelik, finansieel, beroep – as jy die regte gewoontes wil aanleer moet jy iemand kry wat al verder op die pad is as jy.

Iemand wat in daardie area van die lewe al geleer het wat werk en wat werk nie.

Iemand wat dalk al gedoen het wat jy nog graag wil leer om te doen.

Sonder rolmodelle, motiveerders of coaches maak meeste mense dit ook nie.

Veral in die begin stadiums van enige nuwe gewoonte wat aangeleer word.

2 Tim. 2:2  “Jy en baie ander het gehoor wat ek alles oor die Christelike dinge vertel het. Vertel dit nou weer vir mense wat jy kan vertrou sodat hulle dit weer vir ander kan vertel.”  DB

Paulus was ’n ‘coach’ vir Timoteus en dan sê Paulus vir Timoteus hy moet dieselfde doen.

’n Afrigter het nie net meer ervaring as jy met iets nie, ’n afrigter hou jou ook verantwoordbaar.

As jy jou finansiële gewoontes wil verander – dan moet jy ’n finansiële mentor kry.

As jy jou fisiese gewoontes wil verander – moet jy ’n fisiese mentor kry.

As jy nie onmiddellik ’n mentor kan kry nie, kry ten minste vir jou ’n “buddy”.  ’n Spiritual running partner.  Hierdie is iemand met wie jy jou doelwitte deel en wat saam met jou journey om jou te help om daardie doelwitte te bereik.  Dit is iemand wat jy ten minste elke week of twee sien en met jou kan gesels oor hoe dit gaan met jou doelwitte.

 

2.  Transformasie het nuwe denke en waarheid nodig.

Die groot geveg in meeste van ons se lewens gebeur nie in jou bankrekening of in jou kombuis nie.  Dit gebeur in jou denke.

Jy is eenvoudig wat jy dink.  As jy depressief is, dan is dit omdat jy depressiewe gedagtes dink.  As jy jou verhoudings heeltyd saboteer dan is dit omdat jy verkeerd dink oor verhoudings.

En die enigste manier om jou denke oor iets te verander is om die waarheid te leer en dan oor die waarheid te dink.

Hoekom waarheid?  Want elke selfvernietigende gedagte wat jy bedink is ’n leuen.

En elke keer wat jy ’n leuen begin glo sal jy vashaak en in ’n groef beland.

 

Efes. 4:21-24     “Julle het tog aangaande Hom onderrig ontvang volgens die waarheid wat daar by Jesus is. Julle het tog in julle eenheidsband met Jesus die waarheid geleer, naamlik dat julle, wat julle vroeëre leefstyl betref, die ou, sondige mens soos vuil klere moet uittrek. Bedrieglike begeertes laat hierdie mens te gronde gaan. Julle moet op ’n nuwe, geestelike manier leer dink. Ja, trek die nuwe mens soos skoon klere aan, die mens wat na God se beeld geskape is: iemand wat werklik reg lewe voor God en werklik aan Hom toegewy is.”  NLV

 

Waarheid is wat ons verander.  En nie enige waarheid nie, die waarheid wat God vir ons aanbied in Sy Woord.

Wat transformeer jou gedagtes?

Rom. 12:2 “Don’t become so well-adjusted to your culture that you fit into it without even thinking. Instead, fix your attention on God. You’ll be changed from the inside out. Readily recognize what he wants from you, and quickly respond to it. Unlike the culture around you, always dragging you down to its level of immaturity, God brings the best out of you, develops well-formed maturity in you.”  MSG

“Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe.”  NLV

 

Wat vorm meer ons gedagtes as enigiets in hierdie lewe?  Ons wêreld en kultuur.

Die boodskappe wat ons glo van die lewe, van ons self, van ander mense soos wat die wêreld dit gee. 1 Kor.3 leer ons dat die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God.

Paulus leer ons hier, bedink die waarheid wat in die Bybel vir ons opgeskryf is.

Hoekom is dit so belangrik?  Want die manier hoe jy dink bepaal die manier hoe jy voel en die manier hoe jy voel bepaal die manier hoe jy optree.

 

Waarna transformeer jy op hierdie stadium in jou lewe?  To what are you being conformed?  Dit alles begin met jou denke en jou denke oor die waarheid.

 

3.  Transformasie het ’n skoon huis nodig.

As jy nuwe gewoontes wil aanleer gaan jy ontslae moet raak van die dinge in jou lewe wat jou ou gewoontes gaan terugbring.

Jy gaan moet skoonmaak.  En daarmee bedoel ek fisies skoonmaak.

 

Bv. as jy jou liggaam wil transformeer deur gesonder te begin eet.

Wat is een van die eerste dinge wat hulle jou leer met enige dieet?  Gooi al die versoekings in jou kas weg wat jou gaan versoek.

Al daardie geheime wegsteek plekke van jou – gaan haal hulle uit.

Jy sal nooit jou gewoontes kan verander as jy nie skoonmaak nie.  Die versoeking om in ou gewoontes en patrone te verval sal net te groot wees en jy sal net te swak wees.

 

Hebr. 12:1 “So we must get rid of everything that slows us down, especially the sin that just won’t let go.”  CEV

So daardie junk food wat jou liggaam so vergiftig, maak skoon.

Daardie gedagtes wat so negatief vir jou is.  Maak skoon.

Daardie finansies wat so buite beheer is, maak skoon, begin kyk wat gaan regtig aan.

En die manier om skoon te maak is om die slegte gewoonte te vervang met nuwe gewoontes.  So jy moet vir jouself afvra, watter ou gewoontes wat my lewe saboteer moet ek vervang met nuwe gewoontes.  Jy is wat jy as gewoonte doen.

 

Hoekom is dit vir ons so moeilik?

1.  Daardie ou gewoontes kom so lank met jou saam.  In sommige gevalle het dit vir jare en jare in jou lewe gevorm.  Van daardie gewoontes het jou dalk gehelp om te oorleef as kind maar nou het jy hulle nie meer nodig nie, maar nou leef jy nog steeds met daardie gewoontes.

2.  Ons identifiseer met hulle.  Ons begin ons identiteit met ons tekortkominge verwar.  Ek is maar ’n harde werker daarom werk ek 14 ure ’n dag.  Dit is wie ek is.

Raai wat, dit is ’n selfvervullende profesie in jou lewe.  Jy is soos jy dink jy is.

 

3.  Hulle het ’n beloning.  “What gets rewarded gets repeated.”  Enige gedrag wat jy herhaal het ’n beloning vir ons.  Soms help dit ons net om ons pyn weg te steek, maar al steek dit net ons pyn weg, sal ons dit herhaal al is dit hoe sleg vir ons.

4.  Satan sal teen jou veg.  Hoekom?  Want hy wil nie hê jy moet vry wees nie.  Hy wil hê jy moet aanhou ’n leuen glo oor jouself, oor ander, oor God.  Waarheid maak jou vry, nie ’n 90% waarheid nie.

 

4.  Transformasie het eerlike community en geloof nodig.

Solank jy met jou maskers rondloop dat jy die algemene bestuurder van die heelal is en alles 100% onder beheer het, sal niks in jou lewe kan verander nie.

As jy nie in ’n groep gelowiges wat jou kan aanvaar vir wie jy regtig is en saam met jou stap nie sal niks in jou lewe verander nie.

Dit is hoekom baie kerke vol mense sit wat nie een millimeter verander nie.

Ware gemeenskap verander jou lewe.

 

In ons boekie op Bl. 158 is daar ’n paar riglyne hoe jy kan seker maak almal is daar om mekaar te aanvaar vir wie hulle is maar ook om waarheid in mekaar se lewe te spreek.

Eph. 4:25,31-32 “… no more lies, no more pretense. Tell your neighbor the truth. In Christ’s body we’re all connected to each other, after all. When you lie to others, you end up lying to yourself. Make a clean break with all cutting, backbiting, profane talk. Be gentle with one another, sensitive. Forgive one another as quickly and thoroughly as God in Christ forgave you.” MSG

 

Ware vriende beskerm mekaar.  Ware vriende se liefde bedek sonde in iemand se lewe maar help hulle ook om op die regte pad te bly.

 

Ek wil jou iets persoonlik vra:  Glo jy regtig dat jy nog kan verander?

Glo jy regtig dat God jou nog kan verander?

As jy dit glo, wil ek vir jou sê dat jy dit nooit op jou eie krag sal kan doen nie.

As jy dit nie glo nie, wil ek vir jou Efes. 3:20 lees in die Amplified Bybel.

Eph. 3:20  “Now to Him Who, by the power that is at work within us, is able to [carry out His purpose and] do superabundantly, far over and above all that we [dare] ask or think [infinitely beyond our highest prayers, desires, thoughts, hopes, or dreams].”  MSG

 

Ons het nodig om weer te glo, om weer dromers te wees, om weer groot gebede te bid.

As jy nie glo dat God jou kan transformeer nie, sal Hy jou ook nie kan transformeer nie.

Dink aan die grootste ding wat jy graag in jou lewe sal wil sien…

God kan selfs meer as dit doen.

Dit begin met ‘n ‘CAN DO’ attitude, maar nie ’n groot in myself ‘CAN DO’ attitude nie.

’n Fil. 4:13  ‘CAN DO’ attitude.

 

Phil 4:13   “I can do all things through Christ who strengthens me.”  NKJV

Dit is die waarheid.  En as jy enigiets anders van jouself glo is dit ’n leuen.

Maar albei hierdie twee dele is ewe belangrik.  JY IS tot alles in staat, ja.

Maar nie in jou eie krag nie, in die krag wat Christus vir jou sal gee.

En hierdie superabundant krag is nie daar om jou ontsagwekkend te laat lyk nie, nee, dit is daar om jou eerstens te transformeer na die beeld van Jesus Christus.

Jy het nuwe gewoontes nodig.  Dalk ’n gewoonte om gereeld te begin kerk toe kom.

Jy het nuwe denke en waarheid nodig.  Jou nuwe denke sal jou lewe begin verander.

Jy het ’n skoon huis nodig.  Raak ontslae van alles wat jou weghou van God se plan.

Jy het ander mense en geloof nodig dat God kan doen wat Hy belowe het Hy sal doen.