Transformed – Week 2: Fisiese gesondheid
[powerpess]
Die vraag is hoekom die fisiese? Daar is baie mense wat werklik begeer om te verander, hulle het die wil om te verander maar hulle het die nie die energie daarvoor nie.
Teen die tyd wat hulle by die huis kom, val hulle net neer en hulle kan nie werk aan enigiets in hulle lewe nie.
As jou energie gaan verbeter, gaan jou vermoë om aan dinge te werk ook verbeter. As jy beter wil voel, dan sal jy ook jou leefstyl so moet aanpas sodat jy beter kan voel.
Gee God regtig om wat in ons liggame aangaan?
3 Joh. 1:2 “…ek hou aan bid dat dit in alle opsigte met jou goed mag gaan en dat jy nét so gesond sal wees soos dit geestelik goed met jou gaan.” NLV
God gee om wat geestelik met jou gebeur maar ook fisies.
Nou, hoe bly ek fisies gesond? Jy hoef nie te begin by ander boeke nie, begin by die Bybel.
Spr. 3:7-8 “Moenie jou eie wysheid oorskat nie. Hou eerder die Here voor oë en vermy wat sleg is. Dit sal jou liggaam gesond hou, jou lewe verkwik.” NLV
Vermy wat sleg is en jou liggaam sal gesond wees. Dit is wat God sê, nie Prof. Noakes nie.
Nou, die probleem is dat ons “ge-brainwash” is oor wat ons gesond maak.
As ek weier om te rus, weier om gesond te eet, weier om te oefen, weier om om te sien na jou fisiese dan is jy nie besig om te slegte te vermy nie.
Ons leefstyl het so aangepas die laaste 50 jaar dat ons eintlik nie meer weet wat vir ons goed is en wat vir ons sleg is nie. Spreuke sê, vermy wat sleg is en jy sal gesond wees.
5 Gesonde gewoontes vir fisiese transformasie:
Ek wil begin met iemand wat ons baie goed ken in die Bybel. Daniël. Net weer agtergrond: Daniël is ontvoer deur koning Nebukadnesar na Babel toe. Vir 70 jaar lank het hy dit gedoen deur jong manne te ontvoer en hulle dan te mentor en op te neem in sy koninkryk. Van hulle was Daniel, Sadrag, Mesag en Abednego.
Een van die voordele om deur die koning ge-mentor te word, is dat jy van sy koninklike tafel kon eet. Al die lekkerste kos van daardie tyd was tot jou beskikking as jy by die koning geëet het. Maar Daniel sê, ek gaan dit nie doen nie. Hy gaan ’n ooreenkoms met Nebukasnesar aan. Kom ons kyk vir 10 dae lank wie lyk die beste.
Ons eet gesond, julle eet koningskos. Lekker kos.
Dan. 1:12-15 “Toets tog u dienaars vir tien dae lank. Gee vir ons net groente om te eet en water om te drink. Kyk dan ná tien dae hoe ons voorkoms vergelyk met die jong manne wat wel die koning se kos eet. U kan dan besluit om met u dienaars te maak soos u goeddink.” Hy het met Daniël ooreengekom en hulle tien dae lank op die proef gestel. Aan die einde van die tien dae het Daniël-hulle beter en gesonder gelyk as die jong manne wat die koning se kos geëet het.” NLV
Daar was nie eers ’n kompetisie nie, Daniël het soveel beter en skerper as die ander gelyk.
Toe die koning sien wat die verskil is, het hy beveel dat almal soos Daniël moet eet.
1. Gesonde mense eet gesonde kos. (Kos faktor)
Wat jy in jou liggaam gaan insit, is wat jy gaan uitkry. Veral oor ’n langtermyn.
1 Cor. 6:13 “You know the old saying, “First you eat to live, and then you live to eat”? Well, it may be true that the body is only a temporary thing, but that’s no excuse for stuffing your body with food, or indulging it with sex. Since the Master honors you with a body, honor him with your body!” MSG
Dr. Mark Hyman, ’n wêreld kenner op metabolisme vra die vraag: As Jesus by jou kom eet, wat sou jy vir hom gee om te eet?
Sy raad is, los die kos wat deur die mens gemaak is. Die goed wat in bokse is, wat
geprosesseer is en eet die kos wat God gemaak het. Heel, vars en regte kos.
Hier is ’n shocker – Suiker is 8 x so verslawend as kokaïen. Navorsing wat op rotte gedoen is bewys dat rotte vinniger sterf van suiker as van kokaïen.
Hier is die probleem – vir baie van ons is kos ons “drug of choice”. Dit laat ons beter voel. Soos kokaïen jou ’n kick gee en beter laat voel, so gee kos jou ’n kick en laat jou beter voel vir ’n rukkie.
Ons gaan nie vandag in meer details oor gesonde kos ingaan nie maar as jy by die “Biggest loser” gaan aansluit sal ons vir jou ’n DVD gee en nog meer advies.
2. Gesonde mense dink gesonde gedagtes (Fokus faktor)
As jy kan leer om jou gedagtes te fokus, sal jy nie probleme hê om gesond te leef nie.
As jy nie jou gedagtes kan beheer nie, sal jou versoekings jou oorheers en jou besluite vir jou maak. Die oorlog begin nie in jou maag nie. Dit begin in jou gedagtes.
Spr. 4:22-23 “Don’t ever forget my words; keep them always in mind. They are the key to life for those who find them; they bring health to the whole body. Be careful what you think, because your thoughts run your life.” NCV
Die Here sê, My woorde is lewe. Moenie dit vergeet nie? Hoekom? Want God se woorde sal jou help om jou gedagtes te beheer. En jou gedagtes beheer jou lewe.
Dr. Daniel Amen, ’n breinchirurg, sê dat daar al meer as 140 studies is wat die dinosaur sindroom bewys. Ek maak dit nie op nie, gaan doen maar jou eie navorsing.
Die dinosaur sindroom bewys, hoe groter ons liggame word, hoe kleiner word ons breine.
1 Kor. 6:19-20 “Het julle dan vergeet dat julle liggaam die blyplek van die Heilige Gees self is? Die Gees bly mos in julle; God self het die Gees vir julle gegee. Dit beteken dat julle nie julle eie baas is nie en dat julle nie maar met julle liggaam kan doen wat julle wil nie. Die Here het baie duur betaal om julle Syne te maak.” DB
Jou liggaam is ’n geskenk van die Here af. Jy sê, los my net uit, wat ek doen met my liggaam is my saak. Wel, ek hoop dat hierdie skrif jou oortuig het. Jesus het duur betaal vir jou liggaam, jy moet hom oppas.
3. Gesonde mense kyk na hulle energie. (Fiksheid faktor)
Dit is om te leer om jou energie te bestuur. Rick Warren is van mening dat energie bestuur baie belangriker is as jou tydsbestuur is.
Party van ons is resiesperde, ander is skilpaaie. Party van ons se geaardheid is haastig ander is baie meer melankolies en ge-chill.
En die wonder van verhoudings is dat teenoorgesteldes mekaar aantrek. In die begin trek teenoorgestelde mekaar aan, na ’n lang verhouding stoot teenoorgesteldes mekaar weg.
Dit is net eenvoudig so dat party mense meer energie as ander het.
Maar jy kan jou energie op twee maniere vermeerder en dit het niks met Berocca te doen nie.
- Rus. 2. Oefening. Beide hierdie dinge is ook gawes van die Here af om ons energie en fokus te vermeerder.
Nou, gewoonlik is iemand aan die een kant van hierdie glyskaal, maar om meer energie te kry, moet jy beide in jou lewe hê, anders sal jy ook nie beter voel nie.
Die Bybel is vol opdragte dat ons moet rus. Dit is immers so belangrik dat God dit deel van die 10 gebooie gemaak het. Saam met al daardie groot opdragte, “moenie egbreek pleeg nie”,”moenie steel nie”, “moenie moord pleeg nie.” Wat is die 4de gebod?
Onthou die Sabbatdag. Dit is hoe belangrik die Sabbat in jou lewe moet wees.
Mark. 2:27 “Die sabbatdag is vir die mens gemaak en nie die mens vir die sabbatdag nie.” AFR83
M.a.w. God het die idee van ’n dag af vir rus, aanbidding en herstel gemaak vir die mens. Dit is Sy plan sodat ons nie uitbrand nie. Dit is sy idee sodat ons weer ons ware noord kan kalibreer. Dit is Sy idee om ons verhoudings te versterk.
Maar in die moderne era doen ons dit nie. Ons werk selfs op ons af dag. Ons doen die goed waarvoor ons die tyd kry die res van die week nie. Dit is nie ’n Sabbat nie.
Eks. 34:21 “Ses dae moet jy werk, maar op die sewende dag moet jy rus. Of dit nou ploegtyd of oestyd is, jy moet rus.” AFR83
Wat is jy veronderstel om op ’n Sabbat te doen?
1. Jou liggaam te rus. 2. Jou gees te herfokus. 3. Jou emosies te herlaai.
Dit maak nie saak watter dag van die week dit is nie maar dit maak wel saak dat jy een dag het om te herstel. Ons het geen verskoning om nie te rus nie.
Nou oefening, dink weer terug aan die tuin van Eden. Wat het God vir Adam en Eva gegee om te doen? Hulle moes in die tuin werk. Hulle het nie heeldag gelê en margaritas gedrink nie. Nee, God het geweet dat hulle fisiese aktiwiteite nodig het om gesond te wees. Jou energievlakke sal direk gekoppel wees aan jou rus en oefening.
En weet dit, jou vyand, die Satan sal elke stap saam met jou wees. En vir jou verskoning op verskoning gee.
Wanneer jy nie meer energie het nie, raai wat is die geheim, jy het oefening nodig.
As ons te besig is om tyd te maak om te rus en te oefen is ons besig om God se opdragte te breek. Ons is besig om te sondig.
1 Tim. 4:8 “Liggaamlike oefening het wel waarde, maar geestelike oefening is baie belangriker, want dit hou die belofte in van beloning, sowel in hierdie lewe as in die volgende.” NLV Ons het albei nodig. Nie net een van die twee nie.
4. Gesonde mense het vriende wat hulle ondersteun. (Vriende faktor)
Om gesond te leef, het jy die hulp van ander nodig. Ek is jammer, al is jy hoe sterk, hoe selfgemotiveerd, jy kan nie gesond wees sonder die hulp van ander mense nie.
Veral nie sonder die mense in jou huis nie.
Ecc. 4:9-10 “Two people are better than one, because they get more done by working together. If one falls down, the other can help him up. But it is bad for the person who is alone and falls, because no one is there to help.” NCV
As jy dit op jou eie wil doen om gesond te leef gaan jy dit nie maak nie. Veral, as daar verslawings in jou liggaam is nie. Jy het mense nodig om jou te ondersteun en bemoedig.
Daarom het ons besluit om hierdie jaar weer ’n “Biggest Loser” te begin. Vir die volgende 12 weke gaan daar mense wees by ons kinderkerk wat jou kan help en bemoedig. Die “accountability” en struktuur is daar, dat jy elke week moet gaan weeg. Die motivering is daar – jy kan ’n paar duisend rand wen.
Vir elke week se tema word jy ook in ons boekie uitgedaag om ’n doelwit te kry. Ook hierdie week – kry vir jou iets wat gaan oor rus, oefening of gewig verloor.
Hebr. 10:25 “You should not stay away from the church meetings, as some are doing, but you should meet together and encourage each other.” NCV
Dieselfde geld vir mense wat gesond wil leef. Hulle moet gereeld bymekaarkom.
Daarom wil ons ook kyk om mense wat dalk fisiese aktiwiteite doen te kry om dinge saam te doen. Dit gaan jou help om aktief te bly.
Navorsing het bewys: Mense wat deel is van ’n groep is geneig om 2x meer gewig te verloor as hulle wat dit op hulle eie doen.
Ons almal het slegte dae. Dit is hoekom ons mense nodig het wat ons kan bel en wat ons sal ondersteun en ook genade met ons sal hê. Die enigste mislukking is om te stop.
Ons is gemaak om deur die lewe te gaan met ’n doel. Jy kan gaan met dit wat jy vir jouself daargestel het as doelwit of jy kan gaan met jou “default” opsie.
Jy kan besluit wat belangrik vir jou is of jy kan laat ander vir jou besluit wat belangrik is.
5. Gesonde mense vertrou op die Here. (Geloof faktor.)
Jy kan ’n 1000 boeke oor ’n gesonde leefstyl koop en lees en die meerderheid fokus net op twee dinge: kos en fiksheid. Dit is nie “rocket science” nie. Elkeen het ’n ander manier.
Maar daar is 3 ander faktore wat baie belangrik is, wat ons vandag gedoen het:
Gedagtes – jou fokus. Verhoudings – jou ondersteuning. Gees – jou geloof.
Soms is dit nie wat jy eet nie, maar wat aan jou eet wat die probleem is.
Jesus het ⅓ van sy bediening gespandeer om mense gesond te maak. Hy het na elke dorpie toe gegaan en gepreek (gees) hulle geleer (gedagtes) en hulle gesond gemaak.
Die Here wil jou nie net in die hemel kry nie, Hy gee om vir jou liggaam, gees en siel.
Luk. 17:19 “And He said to him, Get up and go on your way. Your faith (your trust and confidence that spring from your belief in God) has restored you to health.” A
Geloof en gesondheid was vir Jesus belangrik.
As jy die Here deel van jou gesondheidsreis maak dan is daar drie dinge wat jy by gaan kry.
Groter motivering.
Hoekom doen ons wat ons doen, hoekom leef ons soos wat ons leef? Wat ons ook al doen, ons doen dit vir God en nie vir enigiemand anders nie.
1 Kor. 10:31 “Wat julle ook al eet of drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God.” NLV
Groter beloning.
1 Kor. 9:25 “Al die deelnemers pas absolute selfdissipline toe. Húlle doen dit om ’n prys te wen wat heel gou sal vergaan. Maar óns doen dit vir ’n ewige prys.” NLV
Groter krag.
Phil. 2:13 “[Not in your own strength] for it is God Who is all the while effectually at work in you [energizing and creating in you the power and desire], both to will and to work for His good pleasure and satisfaction and delight.” AMP
Wilskrag en selfdissipline is nie genoeg nie. God se genade is wat ons verander.
En jy sal addisionele krag kry as jy Hom vra om deel te word van jou fisiese doelwitte.
Kan ek jou uitdaag? Probeer dit vir die volgende 6 weke wat nog voorlê in die reeks.
Kry vir jou ’n buddy. Iemand wat saam met jou kan stap of hardloop.
Ek glo dat die Here jou lewe wil transformeer in hierdie 7 weke. Die Here het jou hierheen gebring omdat Hy iets in jou wil doen.
Daarom daag ek jou weer vanoggend uit. Dalk is hierdie jou grootste uitdaging.
Aanvaar die challenge en sien hoe jy gaan verander, meer energie gaan hê en fisies transformeer in ’n gesonder mens.