Transformed Week 5 – Gesonde Verhoudings
[powerpress]
Goeie môre en soos altyd wat ‘n voorreg om vanoggend saam met julle te leer hoe God toe te laat om ons van binne na buite te transform sodat ons beter en gesonder mense kan wees.
Nou ons is besig met ons transformed reeks en as jy dalk ’n week of 3 gemis het, is jy welkom om op ons webblad te gaan luister na die preke of jy kan dit selfs lees.
Vandag gaan ons kyk na hoe om gesonde verhoudings te doen. En om daarna te kyk gaan ons terug na die eerste boek Genesis in die Bybel en ons gaan leer by die heel eerste verhouding tussen man en vrou want dis waar al die moeilikheid begin het. Dankie, Adam en Eva.
Nou ons almal ken die storie. God kom en Hy skep die heelal want hy wil die aarde skep. En die rede dat hy die aarde so mooi skep is want hy wil ‘plek skep sodat ons mense hier kan bestaan en lewe.
Hoekom doen God dit want God soek ’n familie. God soek ’n familie so hy maak die heelal en alles daarin en hy maak ons.
Nou God maak die aarde met al die diere en plante en Adam op sy eie. Dan raak Adam alleen want hy sien al die diere het maatjie maar hy is alleen en dan kom God en skep Eva. Daar kan baie redes wees hoekom eers die man en dan die vrou en een van daai redes kan wees, sodat mans kan agter kom hulle kan nie die lewe op hulle eie doen nie hulle het maar ’n ware noord nodig in hulle lewe, en nog rede is God het dalk na die man gekyk en gedink mmmm ek is seker ek kan beter doen en maak toe die vrou. (Hehehe net ’n grappie)
Nou die man is uit die grond gemaak en dis ook die rede hoekom seuntjie en meeste groter seuntjie en ou seuntjies nie omgee om vuil te raak nie, want hulle kom vanuit die grond uit, maar die vrou sy is gemaak uit Adam. God wat ’n rib been uit Adam en maak die Vrou. Nou net vinnig daar is baie simboliek hier. Sy word nie uit die voet uitgemaak dat die man oor haar heers nie, ook nie uit die kop uit sodat sy oor hom heers nie. Ek sien daar is nou paar pompies in ribs van hoor jy wat se Steve daar. Nee God haal haar uit die sy, sy uit sodat hulle die lewe saam kan doen in verhouding as equals.
En vir baie lank was daar hierdie perfekte verhouding want daar was geen sonde nie. So daar was nie enige agterdog, of bakleiery nie, geen stil stuipe of my kop is seer nie, geen siekte of leuens nie niks van die aard nie. Alles was goed nee perfek tot op ’n dag.
Wat gebeur die vyand, Satan kom in die vorm van ’n slang en hy vra vir Eva het God regtig gesê julle mag van geen van die bome in die tuin eet nie. Nou dis ’n leuen want God het gesê julle kan van alles eet net nie van 2 bome nie. Daar is ’n keuse wat julle moet maak want ek wil hê julle moet kies om my lief te hê.
Daarna kom hy en is soos God jok vir julle, julle sal nie doodgaan nie, God wil net nie hê julle moet soos Hy wees nie en daarom wil hy nie hê julle moet van daai boom eet nie. Want julle kan God wees. En dis die bases van sonde ons wil God wees.
Satan kom nooit en verlei ons om soos hy te wees nie, hy kom nie en sê doen dit en jy gaan so seg soos ek wees en voel nie, nee want dan sal niemand dit doen dit nie. Hy kom en sê doen dit want jy weet beter as God, God steek iets weg, God jok vir jou, God is ou modies hy is nie relevant nie hy weet nie wat dit vat om vandag te oorleef of gelukkig te wees nie. Doen dit jy verdien dit.
En dan val ons daar voor en trap in die slaggat maar Eva het ook gevat vir daai leuen.
En ons lees uit Gen. 3 vanaf vers 6 tot 13
6Die vrou begin toe twyfel. Sy kyk na die boom en sien hoe mooi dit is en hoe lekker die vrugte lyk. As sy daarvan eet, sou sy baie dinge te wete kom. Versigtig steek sy toe haar hand na die vrug uit. Sy pluk dit en begin eet. Sy pluk nog een en gee dit vir haar man. Hy het dit ook geëet. 7Skielik het hulle oë oopgegaan. Vir die eerste keer ontdek hulle hulle is kaal. Skaam-skaam (dis waar skaam te begin het) gryp hulle toe ’n paar vyeblare, werk dit aan mekaar vas en maak vir hulle klere.
8Teen sononder se kant het die Here God in die tuin rondgeloop. Toe hulle Hom hoor, het hulle bang geword en tussen die bome vir Hom gaan wegkruip. 9Die Here God moes toe na die mens roep en sê: “Waar is jy?”
10Die mens het verleë geantwoord: “Hier is ek. Toe ek hoor U is hier het ek bang geword, want ek is mos kaal. Toe het ek weggekruip.”
11Die Here God vra toe vir die mens: “Wie het jou vertel dat jy kaal is? Of het jy van die verbode boom se vrugte geëet?”
12Die mens sê toe: “Dit is alles die vrou se skuld. Die einste vrou wat U my gegee het, het my van die boom se vrugte gegee. En ek het dit geëet.”
13Die Here God vra toe vir die vrou: “Hoekom het jy dit gedoen?”
Sy het geantwoord: “Dit is die slang se skuld. Hy het my om die bos gelei, toe het ek van die vrugte geëet.”
Nou vanuit hierdie gedeelte is daar so baie waarhede wat ons kan leer maar vandag fokus ons op waarhede wat ons verhoudings lewe kan verander Transform. In hierdie gedeelte is daar 3 basiese vrese wat in alle verhoudings te voorskyn kom. En wat ons nou na gaan kyk en as jy vandag hierdie waarhede en vrese kop/verstaan dan gaan jy beter doen in alle verhoudings. Verhouding met jou vriende, jou man of vrou jou kinders jou ou of meisie jou ouers en skoonouers jou kleingroep familie.
Want hierdie vrese was in die eerste verhouding teenwoordig en dit is steeds in my en in alle mense teenwoordig.
- Die vrees dat ek ontbloot word, maak dat ek onttrek.
Hoekom sukkel jy om diep en intieme verhouding te behou of te kry. Jy wil graag maar dis asof jy mense net tot op ’n punt toelaat en dan nie verder nie.
Die rede is want daar is baie in my en jou wat ons nie van hou nie. En jou vrees is as jy nie daarvan hou nie gaan ander mense ook nie daarvan hou nie en jy gaan alleen wees en nie liefgekry word nie. So wat doen ons, ons bou mure en mense kom met so vêr en nie verder nie, want ek wil nie hê mense moet te naby kom nie. Hoe nader mense aan ons kom sien hulle wie ek regtig is en sien hulle my foute en tekortkominge. So wat doen ek, ek onttrek ek steek weg die ware ek kruip weg.
Ons lees in die storie 8Teen sononder se kant het die Here God in die tuin rondgeloop. Toe hulle Hom hoor, het hulle bang geword en tussen die bome vir Hom gaan wegkruip. 9Die Here God moes toe na die mens roep en sê: “Waar is jy?”
10Die mens het verleë geantwoord: “Hier is ek. Toe ek hoor U is hier het ek bang geword, want ek is mos kaal. Toe het ek weggekruip.”
Wanneer God vraag vra ken hy kla die antwoord. Die rede hoekom God vir Adam die vrae vra is vir Adam se wil sodat Adam kan erkenning gee, kan own up tot sy fout. Enige transformasie of verandering begin by erkenning dat alles is nie reg in my verhoudings nie. Terwyl jy dit ontken en voorgee jou huwelik is net great geen probleem hier nie, of jou vriendskappe is net great of jou verhouding net jou kinders is net great vir solank ons dit doen kan daar geen verandering of gesond wording plaasvind nie. Ons moet eers erken daar is fout, ons kort hulp.
Maar vrees laat ons onttrek en wegkruip. Wat is jy besig vanoggend om te ontken en weg te steek en te maak asof dit nie ’n probleem is nie.
Vrees maak altyd dat ons wegkruip. Die vers sê: Toe ek hoor U is hier het ek bang geword, want ek is mos kaal. Toe het ek weggekruip.”
Wat beteken dit om kaal te wees. Die kaal hier is nie net fisies nie dis emosineel ook. As jy kaal is beteken dit jy is kwesbaar, jy steek niks weg nie.
En wanneer ek en jy bang is om te wys wie ons werklik is en ons self oop te maak in verhoudings al wat ons doen, is ons onttrek.
Nou vrees beskadig ons verhoudings op ’n paar maniere.
Ons kry skaam
7Skielik het hulle oë oopgegaan. Vir die eerste keer ontdek hulle hulle is kaal. Skaam-skaam gryp hulle toe ’n paar vyeblare, werk dit aan mekaar vas en maak vir hulle klere.
Sodra ons ongehoorsaam is teenoor God dan kry ons skaam. As daar skaamte in jou lewe teenwoordig is dan is jy meer angstig, meer selfbewus, voel jy maklik in die verleentheid geplaas.
Die volgende ding wat jy doen, is jy steek dit weg. Wat het hulle gedoen toe hulle sien hulle is kaal hulle het skaam gekry en dit toegemaak weggesteek.
Elke persoon doen dit op ander manier. Party mense gebruik humor, party mense gee voor die idee dat hulle alles by mekaar het alles is great. Party mense kruip weg agter ’n aanlyn identiteit. As jy na hulle Facebook kyk of Instagram dan klink dit altyd of alles ontsagwekkend is en almal wil hulle vriende wees die lewe is een groot lekker ding sonder enige issues.
Nog iets wat gebeur is jy onttrek jy disconnect. Wat het hulle gedoen hulle het tussen bome gaan wegkruip en toe God kom stap het hulle net daar bly wegkruip. Baie keer in ons verhouding met mense disconnect ons ons is net meer teenwoordig nie, want ons is bang vir mense, maar dit gebeur nie net met mense nie, maar ook met God want ons Begin God te vrees. En daarom het ons nie net verhoudings probleem met mense nie, maar met God ook. Want hoe kan ek eerlik wees.
Jy sien God verwag nie jy moet perfek wees nie, maar hy verwag dat jy eerlik sal wees.
So die eerste vrees is die vrees om ontbloot te word en dit maak dat ek en jy onttrek.
2. My vrees om nie aanvaar te word nie, maak dat ek myself verdedig.
Julle sien nou beweeg ons weg van wegkruip af. Ons beweeg weg van om verskonings te maak en nou begin ons aantygings maak. Ons verskoon nie net meer ons self nie ons begin nou ander te blameer. Hulle begin hulle self verdedig. Jy sal mense sê jy het dit gedoen ja maar jy het dit gedoen, maar jy het dit gedoen maar jy het dit gedoen.
Iemand wat baie krities is en heeltyd ander mense se foute uitwys is iemand wat bang is hulle word nie aanvaar nie of hulle is nie goed genoeg nie.
12Die mens sê toe: “Dit is alles die vrou se skuld. Die einste vrou wat U my gegee het, het my van die boom se vrugte gegee. En ek het dit geëet.”
Adam vat dit sy pak soos ’n man en hy blameer sy vrou! Maar eintlik nie net sy vrou nie hy blameer God. Einste vrou wat U my gegee het.
13Die Here God vra toe vir die vrou: “Hoekom het jy dit gedoen?”
Sy het geantwoord: “Dit is die slang se skuld. Hy het my om die bos gelei, toe het ek van die vrugte geëet.”
Eva kom en wat doen sy, sy blameer die slang.
Julle sien ons vrees dat ons nie aanvaar word nie dat ons nie goed genoeg is nie maak dat ons verdedigend is. As jou vrou vir jou iets sê en jy voel dis kritiek of jy word nie aanvaar nie dan begin jy verdedig of verduidelik of somtyds net haar foute uitwys.
Maar daar is ’n derde vrees
3. Die vrees om beheer te verloor, maak dat ek meer wil beheer.
Julle sien die resultaat van hulle sonde het veroorsaak dat hulle lewe uit beheer uitgeraak het. Hulle is uit die paradys geskop hulle toekoms is verander en hulle doel op aarde is anders en hulle lewe is uit beheer.
Hoe meer uit beheer jy voel, hoe meer wil jy probeer beheer.
Hoe meer probeer jy beheer wat mense van jou sê of dink of doen, jy begin vereistes stel en ultimatums. Jy begin mense domineer. Mense moet doen wat jy wil doen en soos jy dit wil doen.
16Vir die vrou het Hy gesê: “Wanneer jou kinders gebore word, sal jou pyn ondraaglik wees. Elke kind sal in die allergrootste pyn gebore word. Jy sal ook altyd na jou man bly verlang, hy sal jou oorheers.”
Hier het die battle van die sexes begin. En al daai misverstande tussen mans en vroue, boeties en sussies, Ou en meisie, Skoon seuns en skoonma’s. Daai stryd tussen man en vrou van wie is reg en wie is in beheer en wie dra die broek in die huis en wie sê wat se broek aangetrek mag word.
Dit alles is hier a.g.v. sonde is dit nie meer ’n verhouding nie dis nou ’n kompetisie. Dit gaan nou oor wie wen en wie verloor. Wie kry sy sin en wie nie.
En dis nie lekker verhouding om in te wees nie. ’n verhouding van inplaas dat ons in partnership leef en saamwerk ons eerder meer in kompetisie leef van een wen en ander verloor.
Is jy moeg om in kompetisie te leef in jou verhouding waar julle as twee individue heeltyd teen mekaar baklei in plaas van om teen ander goed te baklei.
Ek sê altyd by troues dat ’n man en vrou nou span maats word en hulle speel die wedstryd van die lewe. Hulle speel saam teen egskeidings syfers en die ekonomie. Hulle speel saam om kinders reg groot te maak en as gesin suksesvol te wees.
Nou hoe kan ons dit regkry?
Die antwoord is in 1 Johannes 4:18 in die Boodskap. Ware, egte liefde verdryf eenvoudig alle vrees. Iemand wat dus nog sulke vrees in hom ronddra, se lewe is nog nie heeltemal deurdrenk met God se liefde nie. En hoekom nie? Want vrees is net heeltyd bekommerd oor die straf wat kan kom.
Julle sien waar liefde is, is geen vrees nie. As jy God se liefde innooi by die voordeur loop vrees by die agterdeur uit. Julle sien die teenoorgestelde van vrees is nie geloof nie dis liefde. As ’n gebou brand en almal is bang om in te gaan maar een persoon hardloop in die gebou in om die baba te gaan red wie is dit, dis die ma want haar liefde oorwin die vrees.
Julle sien ek en jy moet leer om in God se ware en egte liefde te leef.
Nou hoe leer ek en jy om in God se ware egte liefde te leef.
Elke dag moet jy 3 keuses maak. As jy die keuses maak gaan jou verhoudings lewe transform.
1. Jy moet elke dag jou emosies oorgee aan God.
Elke dag voor jy opstaan voor jou dag begin moet ek en jy ons hart oorgee aan God.
Onthou laasweek het ek gesê die hart is die middelpunt van ons emosies dis die no 1 woord wat in die Bybel gebruik word om na emosies te wys. As ek en jy die middelpunt van ons emosies oorgee aan God en hom vra om ons harte te vul met sy egte en ware liefde dan sal ons met meer liefde en meer genade leef.
Job 11:13-15 (13)As jy net jou hart aan Hom wil wy en jou hande na Hom oplig in gebed! (14)Raak ontslae van jou sondes. Los alle ongeregtigheid agter jou. (15)Dan sal jou gesig verhelder in onskuld. Jy sal sterk wees en vry van angs.
Hoe nader en nader ons aan God beweeg en in sy liefde leef gaan ons meer en meer liefde in ons lewe hê. En soos ons vroeër gesê het waar liefde is, is daar nie plek vir vrees of angs of agterdog of jaloesie nie.
So vriende ons moet na God draai vandag en ons hande oplig en ons sondes bely en agter ons los en ons hart ons emosies oorgee aan hom.
2. Jy moet elke dag onthou hoe lief God vir jou is.
As jy nie geliefd voel nie gaan jy nie liefde teenoor ander voel nie.
Ek en jy moet elke dag ons self herinner wat God vir ons voel en wat hy van ons dink, nie wat die werled dink nie nie wat ek self eers van my dink nie, maar wat God van my dink.
Ons moet onthou dat ons is totaal en al aanvaar. Meeste van ons soek aanvaarding selfs by vreemdelinge. Ons glo as ons perfek is, sal ander my aanvaar. Die realiteit is dat niemand is perfek nie ons almal het issues en nie almal gaan jou aanvaar nie. Wat ons wel weet is dat Jesus ons aanvaarbaar vir God kom maak.
Ons moet onthou God is onvoorwaardelik lief vir ons.
Niks wat jy doen of nie doen nie gaan ’n verskil maak aan God se liefde vir jou nie. Hy kan nie meer of minder lief wees vir jou nie. Jy kan nie God maak ophou lief wees vir jou nie.
Hoor wat se Jesaja 54:10Berge kan verskuif word en heuwels kan verdwyn, maar my liefde vir jou sal nooit ophou nie. My ooreenkoms van vrede met jou sal nooit tot ’n einde kom nie. Dit is wat die Here sê wat soveel vir jou omgee.
Onthou dat jy totaal en al vergewe is. Die prys is betaal al wat moet gebeur is ek en jy moet dit aanvaar en elke dag onthou.
Romeine 8:1 Goeie nuus! God se oordeel is vir altyd verby vir elkeen wat aan Christus Jesus behoort.
3. Jy moet elke dag God se liefde deel met ander.
Joh. 13:34Ek gee julle ’n nuwe opdrag: Julle moet mekaar liefhê; soos Ek julle lief het, net só moet julle mekaar ook liefhê.
Ons het ’n nuwe opdra dat ons daai liefde wat God vir ons elke dag gee, sal uitdeel aan mense om ons.
1 Kor. 13:7 Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles.
Vriende mag jy vandag erken as daar dalk vrees in jou lewe is en onthou dat liefde is die teenmiddel vir vrees. En mag elke dag jou emosies oorgee aan God en onthou hoe lief God jou het dat Hy Jesus gegee het om die prys te betaal dat daar niks is wat jy kan doen wat God meer of minder lief vir jou sal maak nie, en mag jy ook begin om daai liefde te deel met ander.
Kom ons bid saam.