Transformed Week 6: Gesonde Finansies
[powerpress]
Goeie môre en soos altyd wat ‘n voorreg om vanoggend saam met julle te kuier en te leer.
Ons is in week 6 van ons reeks Transformed en ons tema vers vir die reeks is Rom. 12:2 Moenie tuis raak in hierdie wêreld met al sy boosheid nie. Nee, laat God julle van binne af nuut maak. Laat Hy julle manier van dink verander sodat julle kan weet wat Hy van julle verwag. Dan sal julle ook weet wat sy wil is en hoe julle julle hele lewe elke dag aan Hom moet oorgee.
Rob Lasey skryf in sy book Word on the street dat Rom12:1-2 so vertaal kan word vandag vir die ou op die straat.
So here’s what I want you to do, God helping you: Take your everyday, ordinary life—your sleeping, eating, going-to-work, and walking-around life—and place it before God as an offering. Embracing what God does for you is the best thing you can do for him. Don’t become so well-adjusted to your culture that you fit into it without even thinking. Instead, fix your attention on God. You’ll be changed from the inside out.
Vriende vir te lank in my lewe en ek vermoed in jou lewe het jy net harder probeer om te verander. Van buite na binne maar God doen die veranderings werk van binne na buite.
Vriende God roep my en jou en hy wil hê dat ek en jy heilig moet wees want Hy is heilig en daai Heilig beteken letterlik dat ons anders sal wees as die wêreld, dat ons values of waarde sisteem anders as die wêreld sal wees. Ons moet anders dink, ons moet anders optree by die werk, sport veld, om die braaivleis vuur in die verkeer in winkel sentrums, ons huwelike en verhoudings moet anders lyk, ons geestelike lewe moet anders lyk ons emosionele wêreld moet beter en gesonder wees, en die manier hoe ons met ons finansies werk en na ons finansies kyk moet ook anders wees as hoe die wêreld kyk en werk met geld.
Hoekom sodat ons beter kan wees? Sodat ons kan hoogmoedig wees? Nee sodat ek en jy gesond kan wees. Sodat ek en jy daai lewe kan leef wat Jesus vir ons van vertel en belowe in die Bybel maar ook daai lewe wat Hy vir ons kom wys het daai lewe wat oorvloedig is. Dat ons dit kan leef. ’n Lewe wat voluit geleef word. Sodat ons die wêreld kan wys dat daar niks in die wêreld is wat hulle dors kan les nie, die lewende water in iets nie dis ’n persoon.
Nou vandag staan ons stil by seker die moeilikste area in ons lewe want hierdie vat letterlik aan ons bas. Geld is altyd ’n baie sensitiewe area en voor julle uitsny of afskakel. Vandag se preek gaan nie oor geld weg gee en meer tiende gee vir kerk nie. Vandag wil ek gesels oor hoe ons na ons geld moet kyk en hoe God wil hê ons dit moet bestuur.
Die rede is want as ek en jy nie ons geld bestuur nie sal dit ons bestuur. Geld het die vermoë om ons lewens drasties te beïnvloed goed of sleg. Dit is ook hoekom Jesus so baie oor geld gepraat het die helfte van die gelykenisse wat Jesus vertel het, het gegaan oor geld, want Jesus het geweet dat geld ’n baie groot rol in ons lewens gaan en kan speel. Meeste bekommernisse is a.g.v. finansies, meeste verhoudings val uitmekaar a.g.v. van geld.
En vandag gaan ons stilstaan by Lukas 16 en ek wil paar waarhede deel van uit die gedeeltes oor die moets en moenies van met geld werk en oor geld dink.
Julle kan volg op die skerm. En ons lees uit die Nuwe lewende vertaling
Lukas 16:1-14
1Jesus het hierdie verhaal aan sy dissipels vertel: “’n Ryk man het ’n bestuurder in diens gehad om sy sake te behartig, maar gou het ’n gerug die rondte gedoen dat die bestuurder sy baas se besittings verkwis. 2Sy werkgewer roep hom toe in en sê: ‘Wat hoor ek van jou? Stel jou verslag op, want jy gaan ontslaan word.’
3“Die bestuurder het by homself gedink: ‘Wat nou? Dis klaarpraat met my hier; ek het nie die krag om te gaan slote grawe nie en ek is te trots om te gaan bedel. 4Ek het die oplossing! Dit gaan vir my boonop nog baie vriende besorg wat na my sal omsien as ek hier padgee!’
5“Hy het toe elke persoon wat aan sy werkgewer geld geskuld het, ingeroep om die situasie te bespreek. Hy het vir die eerste een gevra: ‘Hoeveel skuld jy hom?’ 6Die man het geantwoord: ‘Ek skuld hom 100 vate olyfolie.’ Die bestuurder sê toe: ‘Skeur op daardie skuldbrief en teken ’n ander een vir 50.’
7“‘En hoeveel skuld jy my werkgewer?’ het hy vir die volgende persoon gevra. ‘100 sakke koring,’ was die antwoord. ‘Hier,’ het die bestuurder gesê, ‘vat jou skuldbrief en vervang dit met een vir 80 sakke.’
8“Die ryk man moes tog die oneerlike bestuurder prys omdat hy so uitgeslape was. En dit is waar dat die mense van hierdie wêreld onder mekaar vindingryker is as die godvresende mense. 9Ek sê vir julle, gebruik julle wêreldse bronne tot voordeel van ander, en maak só vriende. Op dié manier sal julle vrygewigheid vir julle ’n beloning in die hemel verseker.”
Nou net vinnig dit wil voorkom asof Jesus die oneerlikheid van die bestuurder prys en dis nie wat gebeur nie. Wat Jesus wil doen, is dat ek en jy agterkom dat ons kan by enige iemand leer. Ons hoef nie noodwendig saam te stem oor hulle waarde sisteem of geloof nie, maar ons kan wel leer by enige iemand.
Nou wat wil Jesus hê moet ons leer by die oneerlike bestuurder.
Een van die eerste goed wat Jesus wil hê ons moet leer is dat
1. Ons moet nie geld mors nie, want dit is nie ons sin nie.
Die bestuurder het begin om sy eienaar se geld te uit te mors sê die boodskap vertaling en toe kom hy in die moeilikheid toe moet hy rekenskap gee. Julle sien ons moet besef dat ons is eintlik net bestuurders van wat God ons mee toevertrou.
Alles wat ons het geld, besittings, jou liggaam, talente ons kinders is alles God sin. Die wêreld sê dis joune, jy het hard gewerk daarvoor, jy verdien dit en kan doen daarmee wat jy wil.
Die waarheid is wie gee jou die krag en vermoë om dit te doen. Wie het jou daai werk gegee of deur oopgemaak. Wie stuur vir jou daai baie werk. Ja, jy werk hard en sit ekstra ure in en woeker met jou talente maar dit is alles nog steeds God se genade dat jy dit kan doen.
En sodra ek begin leef met die uitkyk dat dis God sin nie myne nie dan voel ek ook anderste oor my besitting my geld my liggaam my talente en leef en bestuur ek ook my besittings wat God my mee vertrou ook anderste.
My vraag vanoggend is hoe goed bestuur jy God se besittings wat hy jou mee vertrou?
2. Ons moenie op geld vertrou nie, vertou op die bron van alles – Jesus Christus.
Ons sien dat die bestuurder het sy vertrou in sy werk en sy geld geplaas en toe hy hoor hy gaan sy werk verloor sê die gedeelte hy het gedink o wat nou dis klaarpraat met my.
Vriende geld is tydelik ons besittings, jou huis jou kar jou werk jou gesondheid liggaam is tydelik. Ons moet nie ons vertroue in iets sit wat weg gevat kan word nie.
Spreuke 23:5 Rykdom hou ook nie vir altyd nie. Dis soos ’n voël wat die een oomblik nog naby jou op ’n tak sit en dan skielik wegvlieg. So vinnig verdwyn geld.
Dit maak nie saak hoe baie geld jy het nie, een verkeerde transaksie of belegging en jou geld kan verdwyn. Jy hoef nie eers iets verkeerd te doen nie ’n resessie gebeur en jou geld verdwyn. Sterk besighede het toegemaak met die resessie mense het baie, baie geld verloor in die resessie en die wat hier sit en besighede het en die resessie oorleef het. Is dit omdat jy so great is of is dit omdat God se genade net so groot was vir jou, dalk het hy jou van daai een ekstra deal af weggehou wat jou onderdeur sou sit. Want God bless ons nie net altyd met goed nie soms bless hy ons deur goed van ons af weg te hou.
Van ons bou ons toekoms op ’n geliefde, die realiteit is niemand leef vir altyd nie, van ons bou op ons looks en vermoë maar realiteit is jy gaan nie vir altyd so mooi bly of gesond bly nie.
Ons moet nie soos die dwaas in die Bybel wat sy huis op sand gebou het nie, maar eerder soos die wyse man wat sy huis bou op die rots. Die een wat was, is en vir altyd dieselfde sal bly. Die begin en die einde, die lewe gewer, die een wat meer as genoeg is vir my – Jesus Christus.
3. Moenie vir geld lief wees of dit dien nie, gebruik dit vir God se koninkryk.
Vriende geld is nie sleg nie, geld is nie evil nie. Ons sê baie keer of het al baie gehoor mense sê geld is die wortel van alles soorte kwaad, Money is the root of all evil.
Maar eintlik sê die vers in
1 Tim 6:10 Want die liefde vir geld is die wortel van alle soorte kwaad.
Julle sien dis die liefde vir geld wat die wortel van kwaad is nie geld nie. Geld is ’n gereedskap stuk wat God ons mee seën en wat God wil hê ons moet gebruik om Sy koninkryk in die wêreld te bevorder.
Wat sê die wêreld ons word geseën met geld om ons koninkryk te bou nè, maar God seën ons sodat ons kan herbelê in Sy koninkryk en Sy koninkryk uitbou in die wêreld nie ons sin nie.
U sien ons moet anders wees as die wêreld. Die wêreld is lief vir geld en gebruik mense om meer te kry. God sê nee julle moet vir mense lief wees en geld gebruik om mense te help en dien.
Die beste gebruik van geld is om mense in die hemel te kry. Vers 9 sê: Ek sê vir julle, gebruik julle wêreldse bronne tot voordeel van ander, en maak só vriende. Op dié manier sal julle vrygewigheid vir julle ’n beloning in die hemel verseker.”
Ons moet God se geld wat hy ons mee toe vertrou belê in sy koninkryk in iets wat ewigheidswaarde het.
Vriende ons almal het die sê ding gehoor dat jy sien nooit ’n lykswa met ’n venterwaentjie agter aan nie. Wat ek wonder is hoekom spandeer ons dan soveel tyd om daai waantjie so vol te maak.
Ons as gemeente is besig om te bou en as jy nie die week verby die grond gery het nie hulle het die week begin die dak opsit. Ek is so opgewonde want ons is nog ’n stap nader maar besef julle elke sent wat ek en jy in daai gebou belê is ons besig om te belê in God se koninkryk. Of jy nou R5 of 5 miljoen belê in daai gebou lank na dat ons lang bome toe is of wurm kos of vis kos wat ook al jou preference is besef jy dat elke kind wat eendag daar ingeseën word en grootword in verhouding met ’n oom met ’n doringkroon wat so lief was vir ons dat hy sy lewe gegee het, het jy deel gehad aan. Elke huwelik wat herstel word, elke persoon wat Hoop vind wat Jesus as verlosser, geneesheer, vriend, lewe gewer vind. Ek en jy het ’n rol gespeel dat dit kan gebeur. Dis ewig dit raak nie oud nie of uit fashion nie mot en roes kan dit nie stop nie.
Ek skuld Durandt R100 van Rugby speel en drieë druk en takels maak en in die week vra hy my hy soek sy R100 want hy wil Lego koop. Ons gesels so en ek sê onthou jy het net R90 want onthou een van ons waardes as gesin is om ons tiende vir Jesus te gee om dankie te sê dat jy in Skool is wat Rugby aanbied, dat jy gekies is vir die span omdat jy die talente het om te speel, dat die sport dag nie uitgereën het nie en julle gespeel het. Plus sodat die geld gebruik kan word om goeie goed te doen .
Nou Hy is baie letterlik en sê maar ek gee nie my tiende vir Jesus nie ek gee dit vir die kerk pappa. Wat doen die kerk met dit? En ek begin toe en sê vir hom onthou jy die Sopkombuis in Malabar, die kerk help om brood en bestanddele die goed wat ons die sop mee maak te koop sodat ons sop kan maak en kos kan vat dat mense nie honger bly nie en weet dat Jesus en sy mense gee om.
Onthou jy die komberse wat ons gaan uitdeel het die jaar toe dit so koud was. Mense het hulle geld gevat en komberse gekoop en die kerk het ’n klomp geld gevat en komberse gekoop en gaan uitdeel dat mense in die winter nie koud kry en slaap nie.
Ons tiendes help die kerk dat ons vir ander kerke wat swaar kry elke maand geld kan gee sodat hulle kan aanhou om mense van Jesus te vertel en hulle ’n verskil kan maak waar hulle is.
Ons tiendes help dat die kerk geld vir die Bybel genootskap kan gee dis mense wat bybels maak en seker maak dat almal ’n Bybel kan hê om te lees en leer hoe lief God vir hulle is.
Ons gee vir Sendelinge dis mense soos Pappa en oom Braam en Oom Eugene wat mense in ander lande soos Japan kan leer van Hoe lief Jesus vir hulle is maar ook om daar vir hulle te wys hoe lief Jesus vir hulle is en hoe om so te leef.
Ons tiendes help ook die kerk om mense wat deur moeilike tye gaan in ons eie kerk te kan help om vir mense krag te koop dat hulle darem elektrisiteit het of om petrol in te gooi dat hulle kan rond beweeg en ons gee ook vir hulle kos voucher sodat hulle darem iets kan koop om te eet.
En hy kyk so op na my en sê pappa ek wil altyd my tiende gee om mense te help.
Vriende waar is jy besig om die geld en besittings wat God jou mee vertrou te belê?
As jy in Microsoft of Toyota belê sal jou hart by Microsoft of Toyota wees en hoop hulle doen goed. As jy belê in jou vakansie huis gaan jou hart en elke spaar oomblik wees by jou vakansie huis, maar as jy belê in God se koninkryk dan gaan jou hart in Sy koninkryk wees en jy gaan alles doen om nader aan God te beweeg en seker maak sy Koninkryk brei uit.
Kom ons bid saam.