Vereenvoudig jou lewe: Die Hoek (verhoudings)
Weens ‘n tegniese probleem is die eerste gedeelte van die audio nie beskikbaar nie.
[powerpress]
Ons het in die eerste week van ons reeks gekyk na die EEN ding wat ons sal help om ons lewe te vereenvoudig. Ons het deur hierdie reeks gekyk na ons geestelik emosionele emmer en dit dinge wat dit tap of laai en ook hoe iemand lyk wie se emmer leeg is.
In die tweede week het ons gekyk na ons skedules en besef dat gejaagde hart sindroom ons grootste vyand is en dat die vraag nie is wat moet ek in my skedule inpas nie eerder, wie wil ek graag wees?
Verlede week het ons saam met Steve gekyk na ons werk en ons finansies wat seker een die areas is wat ons lewens meer kompleks maak en ons het daar vereenvoudig.
Vandag kyk ons na ons verhoudings en meer spesifiek na die hoek in ons lewe.
Elkeen van julle het ‘n vishoek gekry toe julle by die deur ingestap het vanoggend.
Hierdie vishoek is iets tasbaar wat vandag se boodskap gaan illustreer.
Ons praat van die hoek in ons verhoudings, dit wat ons laat vashaak en ons lewens geweldig kompliseer omdat ons nie kan aan beweeg nie.
Ons praat van verwyte, van vergifnis, van iemand wat jy op jou hoek gesit het omdat hulle jou teleurgestel het, iets aan jou gedoen het of omdat jy kwaad vir hulle is.
Hier is wat ons doen – wanneer iemand jou te na kom, jou vies maak, iets aan jou doen dan hang jy daardie persoon op daardie hoek.
Baie keer weet hulle nie eers dat jy dit doen nie. Maar in ons reeks praat ons oor vereenvoudig jou lewe. Wel as jy iets op die hoek het, dan is dit nogal ‘n gesukkel om rond te loop of om aan te gaan met jou gewone take.
Oral waar jy betrokke raak in verhoudings trek jy soos ‘n hengelaar mense rond aan jou hoeke wat jy het in jou lewe.
Dit is vir ons lekker om iets te vang, is dit nie? Jy sien dalk daardie persoon wat jy gevang het met so hoek in sy / haar mond. En jy dink, ja, jy verniet dit.
Dalk kom daar ‘n spul mense by jou op as jy daaraan dink, dit is okay.
Sien ‘n prentjie van daardie persoon wat jou verneder het, wat jou te na gekom het.
Dalk was dit hierdie week, dalk was dit onlangs? Dalk was dit jare gelede, en daardie wond wat die persoon gelos het het jou identiteit geword, dit het deel van jou menswees geword.
Verlede naweek praat ek met iemand wat haar pa nie kan vergewe nie. Sy sê vir my, ek kan hom nie eers pa noem nie. Net op sy naam. Dit wat hy volgens haar aan haar gedoen het is so onverskoonbaar dat sy hom nooit weer in haar lewe wil sien nie.
Dit kan wees, maar nou kom die ding, sy kan nie haar werk behou nie. Sy is uitstekend in wat sy doen maar sy hou nie haar werk nie. Sy is 30 jaar oud maar sy kan nie in ‘n vaste verhouding bly vir meer as ‘n paar maande nie.
Jy sien, daar die een verhouding beïnvloed al haar anders verhoudings sonder sy besef.
Wat is die invloed op ons verhoudings?
Nog ‘n manier om te dink daaraan is dat dit amper soos ‘n rekenaar is. Ek weet nie of sommige van julle dit al agtergekom het nie, maar hoe meer programme jy oop het, hoe meer energie of geheue gebruik jou rekenaar.
As jy nie van die programme toemaak veral oor ‘n paar dae nie begin jou rekenaar oorverhit en kan naderhand nie meer enige basiese funksies uitvoer nie.
Dit vat ‘n ewigheid om iets basies te doen wat gewoonlik in sekondes gebeur.
Dieselfde gebeur in ons verhoudings – hoe meer verwyte, negatiwiteit, wonde, seer en teleurstellings ons ronddra hoe meer energie gebruik ons, totdat ons naderhand nie meer basiese verhouding funksies kan verrig nie.
Ons kan nie vertrou nie. Ons skeer almal onder dieselfde kamp.
Ons dink dit het nie ‘n invloed op ons lewe nie maar die realiteit is, dit definieer wie ons is.
Daardie persoon word saam met jou getrek oral waar jy gaan.
Maar ons hoef nie dit te dra nie. God kan ons vrymaak, Hy kan ons restart in ons verhoudings.
Matteus 18:21-35
“Petrus vra toe vir Jesus: “Here, sê my, hoeveel keer moet ek iemand vergewe wat verkeerd teenoor my opgetree het? Tot sewe maal? “Nee, nie net sewe keer nie,” het Jesus geantwoord. “Sewentig maal sewe keer. Jy moet ander mense elke keer vergewe as hulle jou sleg behandel. Moenie tel hoeveel keer jy ander mense vergewe nie. Vergifnis hou net aan en aan.”
Toe vertel Jesus vir hulle ’n verhaal om te verduidelik wat Hy bedoel: “In God se nuwe wêreld gaan dit soos met ’n koning wat op ’n dag besluit het om sy boeke na te gaan en te kyk wie van sy onderdane hom geld skuld. Toe hy begin sommetjies maak, kom hy agter dat een van sy amptenare hom ’n hele paar miljoen rand skuld. Hy was baie geskok en het die man dadelik ontbied. Toe die man opdaag, het hy vir die koning gesê dat hy bankrot is. Hy kon nie sy skuld betaal nie. Die koning was woedend daaroor. ‘Verkoop hom en sy vrou en kinders daar op die mark as slawe. Verkoop ook al hulle besittings. So kry ek darem ’n paar rand terug.’
“Die vreesbevange amptenaar het toe op sy knieë voor die koning neergeval en om genade begin smeek. ‘Gee my asseblief nog ’n laaste kans. Ek sal alles terugbetaal wat ek aan u skuld.’ “Die koning se hart het sag geword toe hy die amptenaar so sien smeek. Toe besluit hy daar en dan om al sy skuld af te skryf.
“Toe die amptenaar by die paleis uitstap, loop hy ’n ander amptenaar raak wat hom ’n paar rand skuld. Hy gryp hom toe aan die keel en skree vir hom dat hy dadelik sy skuld moet betaal. “Die man het op sy knieë neergeval en gepleit: ‘Gee my asseblief nog ’n kans. Ek sal binnekort die paar rand terugbetaal wat ek jou skuld.’
“Die amptenaar was egter nie daarvoor te vinde nie. Hy het die man daar en dan in die tronk laat gooi. “Ander amptenare het gesien wat gebeur het en was baie ontsteld daaroor. Hulle het toe vir die koning daarvan gaan vertel. “Die koning het die amptenaar toe dadelik ontbied en vir hom gesê: ‘Jou skurk! Ek het so pas jou skuld van ’n paar miljoen rand afgeskryf omdat jy my om genade gesmeek het. Moes dit jou nie beweeg om dieselfde vir daardie ander amptenaar te doen toe hy op sy knieë voor jou kom staan het nie?’ Die koning was so kwaad dat hy die amptenaar daar en dan tronk toe gestuur het waar hy gemartel is.
“Ons Vader, God, sal net soos die koning met julle maak, as julle soos hierdie amptenaar met julle mede-Christene maak.”
Net so bietjie agtergrond – volgens Joodse wet moes Jode iemand 3 keer vergewe.
So Petrus weet dat Jesus se antwoord effens groter as dit sou wees. En hy vat ‘n kans.
7 keer. Maar hy het nie ‘n idee hoeveel groter God se genade is nie.
Jesus antwoord 70×7. Petrus wil weet hoeveel keer moet hy vergewe en Jesus sê, een persoon so 490 keer. Jesus bedoel dit nie letterlik noodwendig nie.
Dit illustreer eerder God se houding of hart rondom vergifnis.
God verwag dat mense in verhoudings mekaar dalk so 500 keer in ‘n vriendskap of verhouding sal seermaak of teleurstel. En God se raad is, vergewe elke keer.
Ek vind nogal dat wanneer mense praat oor vriendskappe of huwelike of familie dan dink mense dat die die einde van die verhouding beteken wanneer iets skeef loop.
Wanneer iets skeef loop in ‘n verhouding is dit nie die einde nie, dit is normaal.
Vergifnis is hoe God met ons omgaan en hoe ons met mekaar behoort om te gaan.
God het die meganisme van vergifnis ontwerp om deel van ons verhoudings te wees.
“Forgiveness is God’s invention for coming to terms with a world in which, despite their best intentions, people are unfair to each other and hurt each other deeply. He began by forgiving us. And he invites us all to forgive each other.” Lewis Smedes
Nog iets oor hierdie verhaal wat Jesus vertel – die rand waarde van die eerste ou se skuld was ‘n paar miljoen rand. Die rand waarde van die tweede ou se skuld was ongeveer R10
Dit is om te sê, ek skuld jou ‘n R4 miljoen huis teenoor ‘n blikkie Coke.
Ons praat van ‘n enorme verskil. Dit is die grootte van God se genade oor ons.
Sy genade is so paar duisend keer groter as ons genade met mekaar.
Dit is vir ons selfsugtigheid, gierigheid, ons gebreekte beloftes, ons doelbewuste oortredings en ons onwetende oortredings teenoor ‘n groot heilige God.
En Hy het ons vergewe van dit ALLES. Hy haal ons van die hoek af.
Maar as ons nie versigtig is nie, dan vergeet ons. Ons vryheid laat ons vergeet.
En Jesus sê, dit is nie hoe My koninkryk werk nie.
In My koninkryk, volg jy My voorbeeld. En My voorbeeld is genade op genade op genade.
In My koninkryk gebruik jy jou vryheid om mense vry te laat, ons hulle van die hoek af te haal
Kyk weer na die laaste vers, dit is een van enigste plekke in die Bybel waar God ‘n voorwaarde vir Sy vergifnis gee.
Matteus 18:35 “Ons Vader, God, sal net soos die koning met julle maak, as julle soos hierdie amptenaar met julle mede-Christene maak.” Bdskp “And that’s exactly what my Father in heaven is going to do to each one of you who doesn’t forgive unconditionally anyone who asks for mercy.” Message
Is God se genade nie dan onbeperk nie? Verwyder Hy dan nie ons sonde sovêr soos die ooste van die weste nie?
Ek dink wat Jesus probeer sê is dat Hy nie sy werk van vergifnis kan doen in ‘n hart wat nie kan vergewe nie. Ons het die nie die kapasiteit om God se vergifnis te ervaar indien ons nie self oor ander kan vergewe nie.
As ek kies om iemand op die hoek te hou, dan sal ek eintlik die een wees wat vas is.
“To forgive is to set a prisoner free and discover that the prisoner was you.”
― Lewis B. Smedes, Forgive and Forget: Healing the Hurts We Don’t Deserve
“To be a Christian means to forgive the inexcusable because God has forgiven the inexcusable in you.” ― C.S. Lewis
Om ‘n gelowige te wees beteken dat ons vergewe. Dit is wat ‘n kind van God doen.
Hoekom moet ons vergewe?
Want ONS is VERGEWE. En ons vergewe omdat ons vry mense wil wees.
Ons vergewe omdat dit ons lewens ontsaglik kompleks maak.
Ek onthou toe ek eenkeer op ‘n retraite was so paar jaar gelede en ons is begelei om mense wat ons te na gekom het te vergewe. Eers het daar niemand in my kop opgekom nie. Ek meen, ‘n pastoor, ek moet tog kan vergewe.
Maar hoe langer ek stil geraak het, het daar name in my gedagtes opgekom wat ek in jare nie aan gedink of gesien het nie. Met ‘n proses het ek hulle, sommer weer ‘n keer vergewe.
Daar is dinge wat God in ons wil doen wat Hy net kan doen indien ons mense van vergifnis is. Om kind van God te wees is om mense vry te maak.
Hoe vergewe ons spesifiek?
Ons vergewe oor en oor met hulp.
Wat ek bedoel met hulp is met God se hulp en met die hulp van ons geestelike familie en somtyds ‘n berader ook.
Vir sommige van ons is vergifnis baie diep werk, ek besef dit. Dit is soms dekades se mishandeling en “abuse”.
Vergifnis is nie om iets te regverdig of te verskoon of te aanvaar nie.
“When we forgive evil we do not excuse it, we do not tolerate it, we do not smother it. We look the evil full in the face, call it what it is, let its horror shock and stun and enrage us, and only then do we forgive it.” ― Lewis B. Smedes
Vergifnis beteken ook nie altyd om in ‘n verhouding te bly nie.
En soms neem dit baie, baie lank. Daarom vergewe ons oor en oor en oor.
Om vorentoe te beweeg en jou verhoudings te vereenvoudig, is iets wat jy net vir jouself kan doen, niemand anders nie.
Dit is soms nodig om die hulp van ‘n berader te kry. Dit is amper soos Fisioterapie vir siel.
Jy hoef nie gedefinieer te word deur wat met jou gebeur het nie. Iemand anders moet nie jou identiteit bepaal nie. Net God mag ons ware identiteit bepaal.
Deur vry te spreek – herdefinieer jy jou identiteit met God as iemand wat diep lief gekry word deur ‘n liefdevolle Vader.
So wanneer ons vergewe, doen ons dit met hulp en oor en oor.
Ek is seker jy het dit al ervaar hoe jy iemand vergewe en hulle van die hoek afgehaal het en voor jy jy jouself kry is hulle weer op daardie hoek. Daarom doen ons dit weer en weer.
GEBED
Wie moet jy van die hoek afhaal?
Wat is een konkrete stap wat jy kan neem om daardie persoon van die hoek af te haal?
Hoe sou jou lewe wees indien jy die seer laat gaan wat jou begin definieer het?
Wat is een konkrete stap wat jy kan neem om hierdie week van jou verwyte ontslae te raak?