Vereenvouding jou lewe – Werk en Geld: Lewe met vergenoegdheid

[powerpress]

2 mans stap in die bos en hulle kom by ’n groot donker gat. Die een ou sê ek wonder hoe diep is die gat die ander een sê kom ons vind uit. Hier is ’n aambeeld (anvil vir die Engelse mense) kom ons gooi dit af in die gat. Great sê die ander ou en hulle gooi dit toe af. Al wat hulle hoor is hoe die aambeeld af fluit weeeeeeee soos dit val maar die gat is diep en dit val net en valnet. Die volgende oomblik kom daar ’n bok verby die ouens gestorm met ’n geskree spring in die lig en af in die gat. Net daar na kom ’n ou boer aangehardloop en skree Becky, Becky. Hy kom by die ouens en vra het julle ouens ’n bok dalk hier verby sien kom. Die ouens sê jy sal ons nie glo nie die bok het verby ons gehardloop en in die gat ingespring. Die ou boer sê dis onmoontlik ek het haar aan ’n aambeeld vasgemaak.

Goeie more vriende soos altyd ’n voorreg om saam met julle te leer hoe om beter volgelinge van God te wees en die lewe beter te doen.

Ons is in die 3de week van die reeks vereenvoudig jou lewe. As ons eerlik is vandag wie van ons voel soos Becky daar is die aambeeld om jou nek vasgemaak en jy word net mee getrek af in die donker gat van die lewe. As ons eerlik is met ons self wie van julle het ’n vakansie nodig. Wie van julle is bekommerd want die jaar het skaars begin en jy gebruik al kla woorde soos ek weet nie hoe ons die jaar gaan maak nie. Jou emosionele emmer is leeg.

Dis nie ’n lekker plek of gesonde plek om te wees nie. Dit is ook die rede vir die reeks, dat ons op ’n plek sal kom en besluite sal neem om ons lewe van gekompliseerd na meer eenvoudig toe te neem. Eintlik dat ons weer kan begin lewe en nie net oorleef nie. Is dit nie wat God vir my en jou wil hê nie dis ook hoekom Hy Jesus gestuur het, om ons te leer hoe om werklik te lewe en dan ook op die einde ons deur sy Dood in verhouding met God te plaas.

Nou vandag gaan ons vir ’n ruk stilstaan en kyk hoe kan ons ons lewe vereenvoudig in 2 van die belangrikste areas van ons lewe ons werk en in ons geld.   

Werk en geld loop eintlik hand aan hand want ons werk om geld te kry en ons kan net spandeer wat ons by ons werk verdien. In teorie natuurlik.

Probleem is ons dat in werklikheid leef ons nie binne-in die grens van wat ons verdien nie. Nee ons gaan en sê ek hoef nie tevrede te wees om te leef binne wat ek verdien nie, nee ek weet beter en ek verdien beter en daarom sal ek skuld maak om dit te koop.  Probleem is te veel van ons se skuld of lewens styl is so hoog en groot dat dit alleen steel ons vrede en vreugde. Dit alleen kompliseer ons lewens.

As dit by ons werk kom is dit ook waar. Die meeste mense vandag is nie gelukkig in hulle werke nie. Die hartseer is as jy daaroor dink meeste van ons gaan ten miste ’n 3de van ons lewe by die werk spandeer, so ’n 3de van jou lewe gaan jy nie geniet nie.

Meeste van ons het al een of andertyd of dalk is jy nou daar agtergekom as jy jou werk nie geniet nie voel die lewe net sleg. Net so as jy tot by jou oë toe in die skuld is, is die lewe ’n lied net jammer jy ken nie die woorde nie. Dinge voel net af.

Die ander kant is ook waar as jy werk geniet en jou geld is onder beheer dan is die lewe ‘’n lied en jy ken die woorde en ritme en die dans moves.

Het jy al ooit in kar gery waar die kar se wiele nie gealign is nie en heeltyd links of regs trek. Dis moeilik want dit vat so baie krag om die hele tyd dit teen te werk en dit maak jou moeg, of as die wiele nie gebalanseer is nie is dit nie lekker om in so kar te ry nie maar dis nie net nie lekker nie dis ook gevaarlik.

Net so met ons lewens as ons in lyn leef en align is met God dan lewe ons lekker en dinge gaan goed dinge werk nit, maar sodra ons uit balans of alignment gaan dan is die lewe moeiliker en kan dit ook later gevaarlik wees vir verhoudings asook gesondheid.

Daarom gaan ons vandag bietjie stilstaan en kyk hoe kan ons ons werk en geld weer in lyn bring of soos die Engelse sê “align”.

Nou vanoggend wil ek nie kom en net ’n klomp punte vir julle gee en sê doen dit en doen dit en as jy die 5 of 10 stappe volg dan sal alles in lyn wees nie, want op alles wat ek kan sê sal ons almal ’n verskoning uitdink hoekom ek of jy nie dit kan doen nie.

Ek wil vanoggend meer gesels oor die gesindheid wat ons het teenoor ons werk en ons geld, asook ’n ander manier om daarna te kyk.

Ek dink as ek en jy na ons geld en ons werk kyk dan moet ek en jy besef dat alles wat ons ontvang en het kom van God af.

Ek is ’n sucker vir ’n storie waar iemand wat die underdog is en ’n harde lewe het en eintlik geen kans het om dit te maak in die lewe nie en dan begin hy en hy werk hard en hy styg bo sy omstandighede uitkom en maak ’n sukses en wen. Een van my gunsteling movies is In te pursuit of happiness gespeel deur Will Smith ‘’n ware storie van Adrian Carver. Ons vat Madiba en sy legacy en waar hy nie behoort dit te gemaak het nie maar hy veg terug en kom uit tronk uit en maak die keuses sodat S.A beter kan wees. Wat gebeur sodra iemand dit maak wat nie moes nie mense kom en hulle gee so iemand baie krediet en hulle kyk op na so persoon. So Persoon wen pryse en kry toekennings en dan sodra hulle ’n toekenning kry dan gee hulle ’n dankie speech. Hulle sê dankie vir hulle ouers, dalk hulle kinders hulle vriende en mentors en die lys kan aangaan.

Vriende as ons eerlik is, het ons ook ’n klomp mense wat ons voor dankbaar moet wees. Mense wat gehelp het om ons die mens te maak wie en wat ons is. Vriende raai wie was agter hulle belegging. God. Die Bybel sê dat God jou geken het voor jy gebore is en hy gee om vir jou elke stap van jou lewe.

Die eerste persoon wie werklik dankbaarheid moet kry is God. Nie net het hy mense en resources op ons pad gestuur nie, maar hy het elkeen van ons ook talente gegee en geleenthede om uit te styg. Wat vra God inruil hiervoor net dat ek en jy dit vir Sy goedheid gebruik. Hy vra dat ons dankbaar sal wees vir wat hy ons mee seën ons huidige werk asook wat ons nou verdien.

En daarom vriende die ander gesindheid wat ons moet aanwerk as ons ons lewe wil vereenvoudig en in lyn kry en leef met God is.  

Deur met vreugde te leef in dit wat God nou vir jou voorsien.

Die skrywer van Prediker sê: Pred. 5:18 En as God aan mense rykdom en besittings gee, en die vermoë om dit te geniet, is dit ook ’n geskenk uit sy hand dat ’n mens jou werk geniet en jou deel in die lewe aanvaar.

Ek onthou die eerste keer toe ek ’n salaris verdien het, Ek het by early bird gewerk en R2500 verdien. Ek kon nie wag vir die einde van daai eerste maand nie. Ek het gedink sjoe dis so baie geld ek kan so baie doen hiermee dis awesome. Maande later het ek nie eers meer uitgesien na einde van maand nie, want ek het na my salaris gekyk en gesê dis net R2500 wat kan ek met R2500 doen.

Vriende ek dink een van die grootste redes hoekom ons werk en geld lewe so gekompliseerd is, is omdat ons nie tevrede is of eerder dankbaar is nie.

Julle sien ontevredenheid sê  wat ek verdien is nie genoeg nie.

Ontevredenheid sê wat ek het, is nie goed genoeg nie ek soek mooier, groter, nuwer en beter.

Ontevredenheid sê ek soek wat hy of sy het.

Ontevredenheid sê ek kort en verdien wat sy of hy het.

Ontevredenheid sê ek kan dit nie bekostig nie maar het kla besluit dis myne.

Ontevredenheid sê as ek dit het (huis, kar, selfoon, klere, vakansie) dan sal ek gelukkig wees.

Ontevredenheid sê ek vra nie die wêreld nie net ’n bietjie meer.

En die probleem is dat ons glo dat as ek en jy dit kry dat ons emmers vol sal wees, maar is dit? Sodra jy daai verhoging kry of daai nuwe posisie by die werk daai nuwe kar of daai vakansie. Dalk vir ’n dag of ’n maand maar vinnig vinnig dan voel ons weer leeg en voel ons weer as ek net dit het.

Hoe keer ons ontevredenheid?

Yip dankbaarheid en hoe kan ons meer dankbaar wees deur dankbaarheid te beoefen asof dit ons werk is.

1 Thessalonians 5:18 says, “Give thanks in all circumstances, for this is God’s will for you in Christ Jesus.”

Dankbaarheid sê wat ek verdien, is genoeg.

Dankbaarheid sê wat ek het, is groot genoeg, nuut genoeg, mooi genoeg, duur genoeg.

Dankbaarheid sê ek hoef nie te begeer wat hy of sy het nie.

Dankbaarheid sê ek is bly vir wat hy of sy het.

Dankbaarheid sê ek hoef nie te keep up with the Joneses nie.

Dankbaarheid sê ek gaan nie my identiteit of geluk plaas in besittings nie, want my geluk en identiteit kom van God af.

Dankbaarheid sê ek is net ‘’n manager van alles wat God my mee vertrou.

Dankbaarheid sê ek gaan leef met tevredenheid.

In die Bybel is daar hierdie ongelooflike storie in Handeling 12 van Petrus in die tronk en hoe hy vrygemaak word. Nou Herodes was op ’n mission om almal wat deel van die weg (dis wat die christelike beweging genoem was) dood te maak en uit te roei. Petrus is gevang en in  die tronk en die aand voor Petrus voor Herodes sou te staan kom het hy tussen 2 soldate geslaap en dan lees ons verder.

Hand.12: (7)Meteens staan daar ’n engel van die Here by Petrus, en ’n lig skyn in die sel. Die engel stoot toe aan Petrus se sy, en maak hom wakker en sê: “Staan gou op!” Die boeie het van sy polse afgeval. (8)Toe sê die engel vir hom: “Maak vas jou belt en trek jou sandale aan.” Hy het so gemaak. Daarna sê die engel vir hom: “Trek jou bo-kleed aan en kom agter my aan.”

Petrus volg die engel en hulle loop uit die trok en stad uit. As jy verder sou lees sal jy sien dat die tronk in oproer was die volgende oggend toe hulle agter kom Petrus is weg.

Vriende as ek die storie lees dan besef ek net dat God wil so graag dat ons moet vry wees. Hy wil hê dat ons emosionele emmers moet vol wees. Hy wil hê ons moet vrykom uit daai tronk van finansiële skuld of werksplek waar jy werk. Die Here wil my en jou vrymaak maar hy vra ons vandag dieselfde ding wat hy Petrus gevra het, dat ons moet Hom volg en vertrou en dat ons sal gaan.

 

Vriende verbeeld van ’n wêreld waar mense gaan werk nie omdat hulle moet nie maar omdat hulle wil en dit geniet, verbeeld jou ’n wêreld waar mense nie net leef binne-in wat hulle verdien nie maar selfs oor het om weg te gee. Verbeeld jou ’n wêreld waar ons emmers vol is en vol bly.

Ek glo in my hart dat daai wêreld nie net in drome hoef te bestaan nie maar nou moontlik is as ek en jy opstaan en besluit om ons gesindheid in lyn te bring met God sin en te lewe vanuit vergenoegdheid en dankbaarheid.

Kom ons bid saam.