40 Dae Reis na Paas – Afskop (Doop en nagmaal)

[powerpress]

Ons begin hierdie week met ons eerste 40 Dae veldtog, 40 Dae Reis na Paas.

Die 40 Dae na Paas herdenk ook die 40 Dae wat Jesus in die woestyn was, voordat Sy bediening hier op aarde begin het.

Die tydperk tussen As-Woensdag (Woensdag) en goeie Vrydag staan op die kerkkalender bekend as Lydenstyd (Lent) en dit is die gebruik van Christene om gedurende die tyd hulle deur afsondering voor te berei vir die wonder van Paasfees.

Hierdie praktyk word al vir eeue in die kerk gehandhaaf.

In hierdie tyd verskuif ons die fokus van myself en my behoeftes na Christus en Sy wil. Die tydperk word gekenmerk deur afsondering, eenvoudiger leef, vas en gebed sodat ons nader aan Jesus kan groei.

’n Stiltetydgids (Afr. + Eng.) is beskikbaar teen R25 om ons op hierdie reis te begelei tot by die kruis en die opstanding daarna.  Dit kan ook op ons webwerf afgelaai word.

 

Ek wil bietjie praat oor sakramente wat ons herdenk in ons geloof.

Die nagmaal en die doop is ‘n simboliese handeling.  Wat is ‘n sakrament?

HAT: Genademiddel afkomstig van Christus, sigbare teken deur God ingestel om die mens sy belofte van vergewing van sondes te waarborg en hom dit beter laat verstaan.

Is sakramente of “rituele” belangrik?

Hoe belangrik is dit in die Bybel?

Dink bv. aan die O.T. kultuur – baie simbole, rituele.  Altaar, ‘n tabernakel, ‘n ark.

N.T. – koms van Jesus.  Wyse manne kom met wierook en mirre.  Alles simbole.

Jesus se lewe was ook vol rituele.  Hy stel die nagmaal in – Matt. 26:26.

In moderne tye het ons veral in die kerk baie minder simbole.

Dit is hoofsaaklik a.g.v. ‘n reaksie op baie van die rituele in die tyd van die reformasie.

Baie van die gebruike en rituele het ontaard in bygelowe.

Die simbool het nie meer van iets dieper gespreek nie, die simbool self het NB geword.

Jy’t nou nie meer ‘n kersie aangesteek om te bid nie, die kersie self het die krag gehad.

Met die reformasie was daar ‘n groot reaksie daarteen. So is baie goeie dinge ook verlore.

Daarom vandag het ons geloof in ‘n groot mate net iets innerlik en privaat geword.

Dit is het meestal net intellektueel of emosioneel geword.

Maar ons geloof is arm as dit net by hierdie dinge bly.

 

Verstaan is goed – maar dit het ook gevare.  Sekere probleme.

Ons begin naderhand glo, dat alles verstaan moet kan word.

En daarom die dag wat jy nie kan verstaan nie, dan tuimel jou geloof inmekaar.

Maar daar is ook iets misterieus, veral as dit by God kom.  Ons kan nie altyd verstaan nie.

 

Oorbeklemtoning van verstaan verhinder ook baie keer gehoorsaamheid.

Want ‘n verhouding met God bestaan dikwels daaruit dat ons in gehoorsaamheid dinge doen nog voor ons verstaan hoekom ons dit moes doen.

Kan ons God verstaan?  Hoe sal ons altyd Sy planne en opdragte kan begryp?

Soms doen Hy maar net soos wat ons met ons kinders doen.

“Doen net wat ek sê.  Hoekom?  Want ek weet beter.”

God weet beter, Hy sien verder en groter as ons.

 

Nog ‘n gevaar van verstaan (begryp) is ‘n valse gerustheid.

Omdat ek iets verstaan, dink ek dat ek dit ook bemeester het.

Jy kom nou net van ‘n gebed seminaar af, en nou is jy hierdie magtige bidder.

Dis nie waar nie.  Verstaan laat baie keer die doen, die aksie agterweë.

Ons geloof het baie meer te doen met doen as met inligting bemeester en verstaan.

 

Hoekom het ons geloof hierdie simbole of sekere rituele nodig?

Dit bou geloofsherinneringe.

Wat gebeur met al die geloofshelde in die Bybel?

Elke keer as iets groot met hulle gebeur, wat doen hulle?  Bou ‘n altaar.  Daar is ‘n fees.

Selfs vir toekomstige geslagte word ‘n fees ingestel of ‘n monument gebou sodat hulle kan sien en vertel kan word.

Ons is arm as ons nie dit in ons lewe het nie.  Dit is soos ‘n familie wat niks foto’s of videos van hulle het nie.  Niks om te onthou nie.  Alles word vergeet.

Dit was juis die aanklag van die Here teen sy volk.  Hulle het te gou vergeet.

Ps. 106:13 “Maar hulle het gou Sy werke vergeet…”

Ons doen dit in ons verhoudings.  Dink aan verjaarsdae, huweliksherdenkings ens.

Maar skielik as dit by ons geloof kom dan voel party mense hierdie dinge is verkeerd.

Ons moet mylpale, herinnerings, simbole hê in ons geloof.

Jos. 4:3-6 “Neem vir julle … van die plek waar die voete van die priesters vas bly staan het, twaalf klippe en bring dit saam met julle deur en sit dit neer op die slaapplek waar julle vannag gaan oorbly. … sodat dit ’n teken onder julle kan wees. As julle kinders later vra en sê: Wat beteken hierdie klippe vir julle?  moet julle vir hulle sê: Omdat die water van die Jordaan afgekeer is voor die verbondsark van die Here by sy deurtog deur die Jordaan—die water van die Jordaan is afgekeer; daarom is hierdie klippe as ’n aandenking vir die kinders van Israel vir altyd.”  OAV

Daar moet goed in ons lewe wees wat mense laat vra – nou hoekom het jy dit gedoen?

Goed wat my ‘n kans gee om te vertel van my geloof, hoekom ek iets gedoen het.

 

Sakramente of rituele betrek ook my liggaam by my geloof.

As ek net in die denke en die emosies bly, dan is daar ‘n groot stuk jou geloof wat verlore raak.

 

Ons liggame is belangrik vir God.

Ps. 63:5     “Ek sal my hande ophef om u Naam te prys.”  NAV

Ons liggaam is die tempel van die Heilige Gees.  Met die liggaam verheerlik jy God.

En geloofshandelinge of rituele help jou, om jou liggaam betrokke te kry in jou geloof.

Rom 12:1  “Take your everyday, ordinary life—your sleeping, eating, going-to-work, and walking-around life—and place it before God as an offering.”  Message

Hoekom gebruik ons die nagmaal – een van die redes, dit betrek my liggaam.

Natuurlik in my aanbidding ook, sing, hande ophef, buig voor die Here.

Als is liggaamlike handelinge wat my geloof prakties maak, en nie net ‘n kop saak nie.

 

Kom ons praat eerstens oor die simbool van die DOOP.

Doop van gelowiges is ‘n simbool van ‘n begrafnis wat plaasvind.

Rom. 6:4   “That is what happened in baptism. When we went under the water, we left the old country of sin behind; when we came up out of the water, we entered into the new country of grace—a new life in a new land! That’s what baptism into the life of Jesus means. When we are lowered into the water, it is like the burial of Jesus; when we are raised up out of the water, it is like the resurrection of Jesus. Each of us is raised into a light-filled world by our Father so that we can see where we’re going in our new grace-sovereign country.”  Message.

Gaan lees maar gerus die Afr. vertalings ook, dit dra dieselfde gedagte oor.

Die gelowige doop is ‘n simbool van ‘n begrafnis en ‘n opstanding.

Dit is die aflê van ‘n ou soort lewe wat sterf en die opstaan van ‘n nuwe lewe in Jesus.

Daarom is dit moeilik om dit van toepassing te maak op iemand wat nie regtig ‘n ou lewe het nie.

Paulus sê die doop is ‘n simbool.  Jy woon jou eie begrafnis by.

Jy staan op uit die dood, net soos Jesus. Jy is ‘n nuwe mens en begin nou ‘n nuwe lewe.

Daarom is dit ‘n ritueel vir mense wat tot die besef gekom het dat hulle ou lewe nie vir God aanvaarbaar is nie, en dat hulle ‘n nuwe lewe saam met Christus begin het.

Kol. 2:12   “Toe julle gedoop is, het daar ’n geestelike begrafnis plaasgevind: geestelik is julle saam met Christus begrawe. Dit het nie vir julle die einde beteken nie, maar dit was eintlik vir julle ’n nuwe begin. God het Christus immers uit die dood en die graf laat opstaan. Saam met Christus is elkeen wat aan Hom behoort ook soos Christus opgewek, deurdat julle nie daaraan twyfel nie maar vas glo dat God die krag het om dit te doen.”  Boodskap

Die doop het ook ‘n verdere simbool.  ‘n Simbool van reiniging.

In Hand. 22 lees ons van Ananias die soldaat en Paulus wat vertel van sy bekering.

Hand. 22:16       “En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.”  NAV

Die woorde laat my nogal dink, wat laat jou versuim?

Dit spreek van ‘n heiliging en ‘n afwas van sonde.

Die dag van my doop sal my altyd herinner dat Christus my gereinig het.

Die doop maak jou nie ‘n gelowige nie – dit is die bewys dat jy reeds ‘n gelowige is.

Die doop self red jou ook nie.  Slegs wedergeboorte en geloof in Christus red ‘n mens.

Die doop kan vergelyk word met ‘n trouring.

Dit is ‘n uiterlike teken van ‘n besluit wat jy in jou hart teenoor God gemaak het.

Hoekom staan ons voor mense die dag wanneer ons, ons huweliksbeloftes aflê?

Dit maak my verantwoordbaar teenoor die ander persoon en almal wat daar was.

 

Daar is baie mense wat twyfel in hulle redding.  Maar as jy hierdie mylpaal, hierdie simbool het, dan kan jy verwys na daardie dag wat jy ‘n besluit gemaak het.

Doop is die manier waarmee Christene hulle met die werk van Jesus identifiseer.

Dit gebeur wanneer iemand ‘n persoonlike keuse gemaak het om ware volger van Jesus Christus te word.

 

Nog ‘n manier waarop ons met die werk van Jesus identifiseer is deur:

Die NAGMAAL.  Nagmaal is ook ‘n simbool van iets.  Nagmaal bring die vraag:

Onthou ek nog wat Christus vir my aan die kruis gedoen het?

Soos ons in die begin gesê het.  Ons vergeet.  En ja, ons vergeet selfs die betekenis van die kruis en die impak van Jesus se sterwe op ons lewens.

En die nagmaal is daardie herinnering – Jesus het Sy lewe en sy bloed vir my gegee.

Die essensie van die nagmaal kan in een woord opgesom word:  ‘onthou!

Luk. 22:14-20    “Teen sononder het die ete begin. Jesus en al twaalf wat Hy vroeër as sy apostels gekies het, was saam met Hom daar. Hy sê toe vir hulle: “Ai, as julle net weet hoe Ek uitgesien het na hierdie paasmaaltyd saam met julle. Dis my laaste ete saam met julle voordat my swaarkry en lyding begin. Ja, Ek sal vir seker nie weer so feesvier voordat God se nuwe wêreld in al sy glorie hier is nie!”

Toe vat Jesus die beker met die wyn. Nadat Hy God daarvoor dankie gesê het, sê Hy: “Neem die wyn en deel dit onder julle almal uit. Weet julle, Ek sal eers weer so saam met julle wyn drink as ons daardie nuwe hemelse wyn aan my Vader se tafel drink!” Toe vat Jesus die brood, sê vir God daarvoor dankie, breek dit in stukke en gee dit vir sy dissipels. “Vat dit en eet,” sê Hy. “Dit is my liggaam. Dink elke keer aan My as julle saam hierdie brood breek en eet. Onthou dan dat Ek my lewe vir julle opgeoffer het.” Toe almal klaar geëet het, vat Jesus weer die beker wyn en sê: “Hierdie beker is die teken en die bewys dat God ’n splinternuwe ooreenkoms met julle maak. My bloed wat binnekort gaan vloei, sal al julle sondes wegwas. Dit sal maak dat julle in ’n nuwe verhouding met God staan.”  Die Boodskap

Kan jy jouself indink as jy om daardie tafel gesit het?  As die Een wat jy liefhet so iets sê?

Wat sê Jesus vir hulle?

Doen dit (gebruik die nagmaal) wanneer Ek weg is sodat julle My kan onthou.

Jesus het geweet dat ons ‘n tendens het om te vergeet.

Baie vinnig is ons op ons eie pad en ons het heeltemal van God vergeet.

Hoekom bou ons monumente?  Om ons te help onthou.

Hoekom neem ons foto’s?  Om ons te help onthou.

Die nagmaal is een van die betekenisvolste momente in elke gelowige se lewe.

Dit is die plek waar ons weer herinner word aan die verbond (kontrak) wat God met ons aangegaan het.  Die nuwe lewe wat God vir ons moontlik gemaak het.

By Impetus Gemeente sê ons dat groter kinders aan die nagmaal mag deelneem wanneer hulle ouers verseker is dat hulle die nagmaal verstaan en weet waaroor die nagmaal gaan.

Dit is iets groots, dit is nie maar net ‘n broodjie en druiwesap nie.

1 Kor. 11:27-31 “Elkeen wat op ’n ongepaste wyse van die brood eet of uit die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan sonde teen die liggaam en die bloed van die Here. Maar elkeen moet eers homself ondersoek voor hy van die brood eet en uit die beker drink, want hy wat eet en drink sonder om te besef dat dit die liggaam van die Here is, bring daardeur ’n oordeel oor homself. Daarom is daar baie swakkes en sieklikes onder julle en sterf daar baie van julle. As ons onsself vooraf reg ondersoek het, sou ons nie onder die oordeel gekom het nie.”  AFR83

Waaroor gaan hierdie “eers homself ondersoek” voor ek die nagmaal gebruik?

Dit gaan daaroor dat ek in my eie lewe moet selfondersoek doen om seker te maak dat daar nie dinge is wat n bespotting maak van hierdie heilige sakrament nie.

Waaroor praat God met my op hierdie stadium van my lewe?

Wat verwag Hy miskien van my i.t.v. my houding en optrede teenoor ander mense as ek na die lewe van Jesus kyk en hoe Hy vergewe het en liefdevol opgetree het?

Maar die nagmaal is ook ‘n feesmaal.  Dit is ‘n feesmaal dat iets wonderliks in my lewe gebeur het.  Ek vier ook dat my hele lewe verander het die dag toe ek Jesus ontmoet het.

Dat ek verlore was en nou ‘n nuwe lewensrigting gekry het deur geloof in Christus.

Gebed:

Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons oortredinge soos ons ook die vergewe wat teen ons oortree; en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.