Bouprojek
Na ‘n reis van geloof van 2 jaar en 10 maande het ons op 15 Januarie 2017 Fase 1 van ons gebou in gebruik geneem.
Een van die Bybelse beelde wat ons van die begin van die Ons Bou veldtog het is die wonderwerk van die vyf broodjies en twee vis-sies, waar Jesus ‘n seun se offer gebruik om ‘n wonderwerk te doen. Ons het gesien hoe God dit wat ons gee vermeerder en ons glo dat Hy dit steeds gaan doen.
Ons vra dat jy sal aanhou bid en God vra wat jou bydrae kan wees tot die wonderwerk wat Hy doen.
“God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.”
2 Korintiërs 9:8
Groete
Braam van der Schyff
braam@impetus.co.za
041 368 2047(kantoor)
