• Emosionele Ondersteuning

Gesprek & Gebed

Ons het ’n span mense wat nie geregistreerde beraders is nie, maar toegeruste helpers. Dit is mense wat opleiding gehad het om met algemene emosionele probleme te werk. Hulle is mense met ondervinding en is ’n “oor” om te luister indien jy ondersteuning nodig het. Indien jy ’n afspraak wil maak met een van ons toegeruste helpers kan jy die vorm onderaan invul. Indien jy dalk ook ’n verwysing wil hê van ’n professionele berader of sielkundige wat vanuit ’n geestelike oogpunt hul werk doen, sal ons jou in kontak met een bring.

Vul die onderstaande vorm in om ’n gesprek te reël:

https://impetus.churchcenter.com/people/forms/125774

Ons sal jou binne 48uur kontak indien dit in ’n werksweek ingevul word.

Indien jy graag wil hê dat ons saam jou moet bid vir versoeke kan jy die onderstaande vorm invul. Wees verseker van konfidensialiteit tensy dit ’n algemene versoek is waarvoor almal kan bid.

Vul die onderstaande vorm in vir ’n gebedsversoek:

https://impetus.churchcenter.com/people/forms/113363

Refleksie Sirkel

Ander ondersteuning en begeleiding

Geestelike begeleiers is mense wat jou help op jou geestelike reis. Dit is nie berading / mentorskap om antwoorde te kry op sekere dinge waarmee jy reis nie. Geestelike begeleiding is ’n reis saam met ’n persoon in jou geestelike lewe en jou pad saam met God. Dit is gewoonlik ’n afspraak wat gereeld gemaak word oor ’n tyd.

Die deel van jou eenvoudige lewenservarings op ’n gereëlde basis, kan ’n baie ryk bron van betekenis wees en om God se hand te sien en sy uitnodigings in jou lewe. Dit help ons ook wanneer daar onderskeiding nodig is en om te reageer op God se stem in jou lewe. Al ons geestelike begeleiers het twee jaar opleiding voltooi om mense geestelik te begelei.

Vul die onderstaande vorm in om ’n afspraak te reël in Port Elizabeth:

https://impetus.churchcenter.com/people/forms/139988

Lees meer oor Griefshare hier https://www.griefshare.org/

GriefShare is a friendly, caring group of people who will walk alongside you through one of life’s most difficult experiences. You don’t have to go through the grieving process alone.

It may be hard for you to feel optimistic about the future right now. If you’ve lost a spouse, child, family member, or friend, you’ve probably found there are not many people who understand the deep hurt you feel.

This can be a confusing time when you feel isolated and have many questions about things you’ve never faced before.

Register here for Griefshare in Port Elizabeth:

https://impetus.churchcenter.com/people/forms/96224

Lees meer oor DivorceCare hier https://www.divorcecare.org/

DivorceCare is a friendly, caring group of people who will walk alongside you through one of life’s most difficult experiences. Don’t go through separation or divorce alone. DivorceCare seminars and support groups are led by people who understand what you are going through and want to help. You will learn how to heal from the deep hurt of divorce and discover hope for your future.

Register here for DivorceCare in Port Elizabeth:

https://impetus.churchcenter.com/people/forms/139960

Liefde is ‘n goeie begin, maar ‘n wonderlike huwelik het meer nodig. Ons kan julle met ‘n mentor verbind om te ontdek hoe julle ‘n fondament kan bou vir ‘n sterk, standvastige huwelik.

Jy sal kontak maak met ‘n ervare mentor wat uit hul ervarings sal deel en julle ‘n persoonlike padkaart vir julle huweliksreis kan gee. Die mentorsessies help jou en jou verloofde om voor te berei op die huwelik deur die kerngewoontes van suksesvolle paartjies te bespreek. Die duur van die gesprekke is gewoonlik 6-8 weke.

Om te registreer vir voorhuwelikse mentorskap in Port Elizabeth:

https://impetus.churchcenter.com/people/forms/140005

Soms het ons nie raad wanneer dit by ouerskap kom nie. Elke kind is uniek en elke ouer-kind-verhouding is ook uniek. Deur ’n ervare mentor kan jy ’n klankbord kry in jou reis om ’n beter ouer te wees. Soms het ons net daardie “oor” nodig wat so bietjie kan help met hul ondervinding om self kinders groot te maak of op te voed.

Om te registreer vir ouerskap mentorskap in Port Elizabeth:

https://impetus.churchcenter.com/people/forms/140026