‘n Nuwe Begin

[powerpress]

Ligdraers – optimisme

[powerpress]

Een van die redes hoekom ek so opgewonde is oor hierdie reeks is omdat ek dit so nodig het. Om realisties en negatief te wees is heel natuurlik.

Daar is wêreldwyd amper ’n epidemie van negatiwiteit.

Maar om positief en optimisties te wees, ten minste vir my, beteken ’n ander houding.

Dalk is jy die uitsondering maar ’n positiewe, CAN DO, gesindheid kom nie natuurlik nie.

Ons praat die volgende 4 weke oor optimisme, entoesiasme, dankbaarheid en vrygewigheid, kwaliteite wat baie skaars is in die tyd waarin ons leef.

Ons moet Ligdraers wees in die negatiewe wêreld waarin ons leef.

 

Die reeks se tema vers wat jy ook kan aflaai as ’n slimfoon agtergrond op ons FB bladsy is:

Mat. 5:16   “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” AFR83

Wie van julle dink dat ons meer Ligdraers in hierdie negatiewe wêreld nodig het?

En weet jy wat, God wil hê dat jy daardie optimistiese ligdraer moet wees in die donker wêreld waarin jy leef. By die werk, by die skool, by vriende om die vuur, oral waar jy kom.

 

Vandag: Optimisme. (Sê dit vir iemand, Ek weet nie van jou nie, maar ek is optimisties.)

Dit is interessant dat daar mense is wat meer natuurlik positief en meer natuurlik negatief is.

Hulle sal ’n vers lees byvoorbeeld, Ps. 23:5     “…my beker loop oor.”

Die optimis sê, “Die Here seën my met baie.” Die pessimis sê, “As die beker oorloop gaan daar ’n gemors wees in die huis.”

Dit is amper of mense dink dit is beter om verskriklik negatief te wees.

 

Soos ons gesien het in ons vorige reeks Die 1 Ding, bepaal ons gedagtes ons, woorde, ons woorde bepaal ons gewoontes en ons gewoontes bepaal ons lot.

Waarna jy soek, sal jy vind. As jy negatiewe goed soek gaan jy hulle verseker vind.

Prov. 11:27        “If you search for good, you will find favor; but if you search for evil, it will find you!” NLT

Hoe is ’n mens optimisties in hierdie negatiewe wêreld?

Ek is nie OPTIMISTIES gebaseer op wat ek VOEL nie.

Ek is OPTIMISTIES gebaseer op wat GOD SÊ.

Ek is nie ’n Ligdraers of optimisties gebaseer op wat ek voel of ervaar op hierdie stadium nie, maar ek is optimisties gebaseer op wat God vandag nog vir my sê.

Ek wil vandag net uit 1 hoofstuk in die Bybel vir jou 7 redes gee hoekom jy optimisties kan wees. Romeine 8 en 7 redes hoekom jy optimisties kan wees.

 

Ek is optimisties want…

  1. My sonde is vergewe en my ewigheid is veilig.

Rom. 8:1-2           “Goeie nuus! God se oordeel is vir altyd verby vir elkeen wat aan Christus Jesus behoort. Dit alles is aan die Heilige Gees te danke. Sy nuwe wet waarborg nou splinternuwe lewe in Christus Jesus vir my. Die Gees maak my vry van die neerdrukkende wet van die sonde en die dood. Hy breek daardie magte se houvas op my lewe vir altyd.” DB

Iemand wees opgewonde hieroor… God se oordeel is verby!

Ek weet nie van jou nie, maar ek is BAIE vergewe. Ek moes elke dag weer ’n nuwe mens word. Nie net een keer toe ek Hom aangeneem het nie, maar weer en weer.

 

Vir elkeen wat Jesus Christus aangeneem het, jou sonde is vergewe. Jy kan niks meer of minder doen om God se kind te wees nie. Jou ewige destinasie is veilig.

Jy kan dalk party dae deur op optrede of woorde nie voel soos ’n kind van God nie, maar ons is nie Ligdraers gebaseer op wat ons voel nie, maar op grond van wat God sê.

God sê, my oordeel is verby, as jy IN Christus Jesus is. Nie as jy voorbeeldig lewe nie.

Wanneer jy Jesus die eienaar, die leier, die bestuurder van jou lewe gemaak het.

 

  1. Jesus is aan die regterhand van God en Hy bid vir my.

Ek weet nie van jou nie, maar dit is WOW! Dit maak my optimisties.

Rom. 8:34 “Wie sal ons veroordeel? Christus Jesus is tog die Een wat vir ons gesterf het, wat boonop ook opgestaan het, wat op die ereplek langs God sit en wat daar vir ons pleit.” NLV

Nou ek weet nie of jy opgewonde raak daaroor nie, maar wanneer iemand wat geestelik naby aan God leef vir my intree, dan raak ek so dankbaar en bly.

Want ek weet ek het dit nodig en dit is wat Jesus vir my doen.

Hy bid vir my langs die Vader. Hy bid vir jou. En Hy is net langs die Vader.

 

  1. My toekomstige oorwinning is groter as my huidige pyn.

Ek is optimisties want wat ek nou ervaar kan my ’n beter mens maak.

Dit kan seer en moeilik wees maar dit is besig om Jesus se beeld in my te vorm.

Dit maak my elke dag meer en meer afhanklik van Hom in my lewe.

Rom. 8:18 “Ek is van een saak oortuig: al ons swaarkry weeg glad nie op teen die wonderlike lewe wat op ons wag in God se nuwe wêreld nie.” DB

Jy dink ja, dit is maklik vir jou of vir Paulus om te sê, jy leef nie my lewe nie.

Luister, Paulus wat hierdie woorde skryf is soveel ervaar, met klippe probeer dood gooi, in die see gegooi, deur ’n giftige slang gebyt, in die tronk gesit, noem dit.

 

Ek hy sê, my toekomstige oorwinning is groter en beter as my huidige pyn.

As jy in die middel van iets moeilik is, dan sê God, daar wag iets wonderliks op jou in die ewigheid. Dit moet ons optimisties maak. Nie omdat ek so voel nie, maar omdat God so sê.

God sê, die swaarkry wat jy nou ervaar, kan nie eers vergelyk met die wonderlike lewe saam met Hom nie.

 

  1. My denke word gevul met die vrede van God.

Rom. 8:6   “As jou sondige natuur jou denke oorheers, lei dit tot die dood. Maar as die Gees jou denke oorheers, beteken dit vir jou ware lewe en vrede.” NLV

Vir die wat IN Jesus lewe, jou natuurlike sondige natuur hoef jou nie te oorheers nie.

Wat soek die natuurlike mens – gemak, eie eer, eie belang.

 

Maar as my denke deur God se Gees oorheers word soek ek – geleenthede om goed te doen, ’n kans om lig in ’n donker wêreld te wees, ’n plek om sy verteenwoordiger te wees.

Hoekom? Omdat ek vanuit ‘n gedagte wêreld van vrede kom. Sy vrede vul my gedagtes.

As ek angstig of bang raak, dan vul Hy my gedagtes met vrede.

God se Woord vernuwe my gedagtes en die negatiwiteit verdwyn en die vrede begin kom.

 

Hierdie afgelope tyd het ek so angstig geraak wanneer ons gesit het met die bouprojek en die kostes en wat nog gedoen moet word dat ek soms bitter min geslaap het.

Nou , voor jy my oordeel – ek is net ’n mens. Ek het ook ’n vlees wat soms nie doen wat reg is nie. En in hierdie week het die Here net gekom en ’n weg gemaak om my kleingeloof en angstigheid rustig te maak.

En ek het toelaat dat God se vrede, dat alles sal uitwerk, alles sal okay wees my net weer vul en optimisties maak oor die toekoms en wat God vir ons beplan.

 

  1. God se Gees help my in my swakheid.

Ek is optimisties, want wanneer ek swak is, dan maak Sy Gees my weer sterk.

Wanneer ek nie meer kan nie, dan kom Sy Gees en tel my op en gee my weer nuwe krag.

Wanneer ek wil swig voor ’n versoeking, dan kom Sy Gees en maak my sterk om die versoeking te weerstaan.

Wanneer ek angstig raak oor my toekoms en my finansies, dan kom God se Gees en laat weet my net weer, wie in beheer is. Nie iemand in die wêreld nie, maar die GROOT EK IS.

 

Rom. 8:26 “Die Gees van God help ons ook nog boonop in ons onbeholpenheid. Ons weet immers nie mooi wat en hoe ons moet bid nie. Maar die Gees self neem ons gebedsbehoeftes voor God op met versugtinge wat nie in menslike taal verwoord kan word nie.” NLV

Wanneer ek nie meer woorde het om te bid nie, dan kom God se Gees en Hy bid deur my.

Wanneer ek voel, ek gee op, ek kan nie meer nie, dan kom God se Gees en Hy vul my weer met nuwe krag en liefde en hoop.

En kan ek ook sê dat God deur mense werk. Soms werk God deur mense wat ons help en bystaan. Hulle is nie ons rots nie, God is, maar God gebruik mense om ons te help.

En vir party van ons is dit ’n les in nederigheid om te vra vir hulp, om te erken dat ons swak is en dat God deur mense wil werk om ons weer sterk te maak.

 

  1. Die Here laat alles in my lewe ten goede werk.

Rom. 8:28 “En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe.” NLV

ALLES is ALLES, nie party dinge nie, ALLES.

Verstaan ons altyd hoe iets sleg, of iets wat ’n tragedie is dinge ten goede laat meewerk?

Nee, verseker nie. Ons sien dikwels nie die doel van slegte dinge wat gebeur nie.

Maar wat ons wel weet is dat ons net ’n klein stukkie van die legkaart sien.

Dit is soos om na ’n 1000 stuk legkaart se een stukkie te kyk en te vra, nou waar is jou plek en wat is jou doel? Nee, jy kan nie dit sien nie.

Maar soos die legkaart gebou word en jy vat daardie stukkie wat netnou nie sin gemaak het nie en jy pas hom in sy plek, dan dink jy, oooo, dit is waar hy moet kom.

So werk God alles, nie net die goeie dinge in ons lewe ten goede mee.

Ons verstaan en sien dinge nie altyd in Sy ewige perspektief nie.

Maar een ding kan ons weet – Hy sien die groter prentjie. Hy word nie onkant gevang nie.

Hy gebruik selfs ons verkeerde keuses om iets mee te werk wat positief is.

En dit maak my optimisties – want my God is GROTER AS.

GROTER AS… my verkeerde keuses.. GROTER AS… tragedie.

GROTER AS… enige iets of iemand in hierdie lewe.

Soms voel ons Hom nie, soms sien ons nie Hom werk nie, maar dit beteken nie dat Hy nie daar is nie. Geloof leer ons – Hy is daar – en op ’n dag daag Hy net weer op en Hy maak die Rooi See – in jou lewe oop en Hy vermeerder die 2 vissies en 5 brode in jou lewe.

 

  1. NIKS kan my skei van God se liefde nie.

Ek hoop daar is iemand hier vandag wat dit moet hoor.

Daar is niks in hierdie lewe wat ons van God se liefde kan skei nie.

Sy liefde is groter, meer, hoër, breër, as enige iets wat ek kan ervaar of doen.

Rom. 8:38-39     “Een ding weet ek vas en seker: Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie. Nie dood of lewe of engele of duiwelse magte nie; nie ons vrees vir vandag of ons kommer oor môre nie; ook nie bo-aardse magte nie. Ja, hoegenaamd niks daarbo of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie.” NLV

 

Maak nie saak waar jy gaan nie, ons God is daar.

Maak nie saak wat jy doen nie, ons God is nog steeds lief vir jou.

Maak nie saak wat gebeur in jou lewe nie, ons God is nog steeds vir jou.

Jy kan nie weghardloop van Sy liefde nie.

Jy kan nie vlug van Hom af nie, Hy sal jou injaag en kry waar jy is.

 

Dalk is jy hier vandag omdat jy wou wegkom van God af en God het jou vandag ingehaal en Hy werk in jou hart vandag. Jy kan Hom ervaar in hierdie oomblik.

En Sy Gees trek jou, jy kan Sy liefde miskien ervaar in die oomblik.

Ek is optimisties nie op grond van wat ek voel nie, maar op grond van wat God sê vir my in Sy woord.

NAGMAAL

Vandag gaan ons weer stil raak en onthou, wat het Jesus vir ons gedoen. Sy kruisdood wat ons vier deur die nagmaal het meegebring dat NIKS ons van Sy liefde kan skei nie.

Die 1 ding – Jou gewoontes

[powerpress]

Ons maak vandag klaar net ons reeks oor die 1 Ding. Drie weke gelede het ons gesels oor die EEN ding in jou lewe waar jy ervaar God jou lei om te verander.

Dit is dikwels die klein dinge wat niemand sien nie wat die groot resultaat gee wat almal wil hê.

Twee weke gelede het ons gesels oor jou gedagtes – dat jy gedagtes jou hele lewe bepaal. Jou lewe beweeg altyd in die rigting van jou sterkste gedagtes.

Verlede week het ons gekyk na ons woorde – as dit nie kan help of kan opbou nie, los dit!

As jy iets dink wat positief is en ’n seën kan wees, moenie terughou nie – sê dit!

En hoe ons na elke sin wat ons sê, dit woorde: en dit is hoe ek dit graag wil hê, moet kan sê. Iemand vertel my in die week, dit het hom so laat dink dat hy amper niks sê nie.

Wel, dit is die gedagte, dat ons baie meer dink oor ons woorde, as wat ons gewoonlik doen. Want, ons woorde het krag, dit spreek lewe of dood oor ons lewens.

 

Vandag: Die krag van ons gewoontes (dissiplines). Dit is geweldig belangrik.

Hoekom? Want ons is, wat ons aanhoudend doen. Ons gewoontes bepaal wie ons is.

Voor ons begin – wie van julle sou sê dat jy ‘n baie gedissiplineerde persoon is?

Wie sou sê, – ek is geneig om in baie goed maar baie ongedissiplineerd te wees?

Ek wil vir julle wat dink dat julle nie baie selfdissipline het nie iets sê, kom ons dink effens anders hieroor – ons almal is gedissiplineerd in sekere dinge in ons lewe.

Almal het gewoontes, m.a.w. dissiplines. Sommige gewoontes help jou egter, ander gewoontes help jou nie. Maar ons almal het sekere dinge wat ons oor en oor doen.

 

Jy sê, nee, nee – ek het hoegenaamd niks self dissipline nie. Okay, kom ons dink hieroor.

Dalk druk jy die snooze knoppie elke liewe oggend as jou wekker afgaan om vroeg om te staan. Jy doen dit elke dag. Jy sê, my eetgewoontes is so sleg, ek kan nie ’n dag verby laat gaan sonder om iets verkeerd te eet nie. Ek het nog nie een ete in my lewe gemis nie! Bingo! Ons almal het gewoontes – ons het net nie die regte gewoontes nie.

Dissipline is eenvoudig om ’n keuse te maak tussen wat ons NOU wil hê en wat ons MEESTE wil hê.

Ons almal is suksesvol in een of ander area van ons lewe. En as jy daarna kyk sal jy konstante gewoontes vind wat jy oor en oor herhaal.

Dieselfde geld vir areas van ons lewe wat nie werk nie. Ons het dissiplines, hulle is net nie goeie dissiplines nie. Ons herhaal die verkeerde keuses ook oor en oor.

 

Ek het al met julle gepraat oor daardie blikkie in my kas wat sulke oë en handjies het. Ja, daardie blikkie karamel wat my roep, veral as dit laat saans is en ek alleen wakker is.

Hy roep my, Kom Braam, kom! Ek is hier vir jou, niemand gaan weet nie… J

So ek kan totaal met jou vereenselwig as dit is hoe jy ook voel.

En gelukkig is ek nie in slegte geselskap nie, want lyk my Paulus wat ’n groot deel van die Nuwe Testament geskryf het, het ook maar gesukkel met dinge.

 

Rom. 7:15, 18b-20      Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek. Daar is by my wel die wil om die goeie te doen, maar ek doen dit nie. Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek. En as ek nou doen wat ek nie wil doen nie, dan is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos? Aan God die dank! Hy doen dit deur Jesus Christus ons Here.” AFR53

 

Julle weet wat ek bedoel – ek wil ’n appel eet laat saans. Maar die karamel hou aan om my naam te roep.

Moenie dit mis nie. Normaalweg is nie een van ons selfgedissiplineerde mense nie.

Ons sondige natuur laat ons wegdryf van wat goed is en van God af.

Paulus antwoord homself – wie kan my help om versoeking te oorkom? Wie kan my help sodat my sondige natuur nie die oorhand kry in my lewe nie? Die antwoord is nie ’n beginsel nie – dit is ’n Persoon. DEUR Jesus Christus ons Here.

MET SY HULP – kan ek anders wees. MET SY HULP kan ek my slegte gewoontes oorwin.

 

Ons het in hierdie reeks al gepraat oor die EEN stelling wat jy vir jouself oor en oor herhaal. Nou hier is my sin en dit is baie persoonlik:

Christus IN my is sterker as enige vrees wat ek het! Nie ek in my nie, Christus IN MY.

 

Christus IN My is sterker as enige vrees wat ek het!

Hierdie EEN stelling herhaal ek vir myself weer en weer elke dag. Dit het die angstigheid wat ek het oor dinge geweldig verbeter.

Nie omdat EK gedissiplineerd is nie, maar Christus IN MY.

EK is nie selfgedissiplineerd nie, maar ek word GEES gedissiplineerd in my lewe.

Die HEILIGE GEES in my, gee vir my die vermoë wat ek nie kon doen op my eie nie.

En Hy het my gehelp om te kies oor dit wat ek MEESTE wil hê, teenoor dit wat ek NOU wil hê.

 

Luister: JY gaan nooit self-gedissiplineerd wees nie. Want die SELF neig na sonde toe.

Maar wanneer die GEES oorneem – werk Hy God se krag in my lewe om dit te doen.

“Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos? Aan God die dank! Hy doen dit deur Jesus Christus ons Here.”

Deur die krag van Jesus, die H.G. kan ons kies tussen wat meeste wil hê teenoor wat ons nou wil hê. Ons leer ons liggame om geoefen te raak in dit wat meeste saak maak.

 

Ek wil ’n gedeelte lees wat Paulus geskryf het vir die Korintiese gemeente oor ’n resies. Nou toe Paulus hierdie vir hulle geskryf het, het hulle die agtergrond gehad van die Istmiese spele wat amper soos ’n Olimpiese Spele wat vir musiek en atletiek.

Daar was geweldige trots daarin om aan die spele deel te neem.

1 Kor. 9:24-25    “Julle weet dat al hardloop ’n klomp mense in ’n resies daar net een wenner kan wees. Moenie die spel van die lewe speel met die doel om tweede te kom nie. Leef jou lewe so dat jy wen. As iemand ’n resies wil wen, oefen hy eers hard (gedissiplineerd). Met ’n gewone resies is die prys vir die wenner klein, maar in die resies van hierdie lewe is die prys vir die wenner baie groot en dit hou vir altyd.” DB

 

M.a.w. jy hardloop nie vir ’n plek nie – jy hardloop vir goud. Maar dit is die goud vir jou lewe.

Om die heel beste vir jou lewe te kry. En daarvoor moet jy jouself allerhande dinge ontsê.

Hierdie atlete in die Istmiese spele het aan ’n 10 maande oefenkamp deelgeneem waar hulle net die regte kos geëet het, geoefen het in baie warm en koue kondisies EN om hulle die edge te gee het hulle kaal gehardloop. Ja, julle het reg gehoor. J

Uitstekende motivering om voor te hardloop! So toe Paulus vir die Romeine skryf daar in Rom. 12 het hulle weereens geweet waarna hy verwys.

Rom:12:1  “Met so ’n magtige skare toeskouers rondom ons om ons in die wedloop van die geloof dop te hou – kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ’n houvas op ’n mens kry.” NLV

En as hulle gewen het, raai waarvoor het hulle gehardloop. ‘n Kroon met blare. Ta-da!

Maar as volgers van Jesus leef ons nie vir ’n kroon met blare nie – vir ’n ewige kroon.

So, skielik is ons nie net self-gedissiplineerd nie – ons is GEES gedissiplineerd.

Die GEES IN ONS help ons om die krag van sonde te oorwin.

 

Prys die Here dit is IN HOM wat ons die krag kan kry! Hy het die krag.

1 Cor. 9:26-27    “So I run with purpose in every step. I am not just shadowboxing. I discipline my body like an athlete, training it to do what it should.” NLT

My liggaam wil doen wat hy nie moet doen nie. Maar ek het dit gedissiplineer soos ’n atleet. Ek het my liggaam geleer om te doen wat hy moet.

Ek het nie selfdissipline nie, ek het GEES dissipline in my.

Christus IN MY is die krag wat ek nodig het. Ek hardloop met ’n doel.

Ek wil God verheerlik met my liggaam. My liggaam is sy tempel, Hy woon in my.

En omdat Hy in my woon kan ek dit doen DEUR SY KRAG, wat ek nie op my eie kan doen nie.

 

As jy IN CHRISTUS se krag beweeg kan jy nee sê vir dit wat jy nóú wil hê, teenoor wat jy meeste wil hê. Elke tree het ‘purpose’ of doel.

Ek sê nee vir die kos versoeking sodat ek ’n gesonde liggaam kan hê.

Ek sê nee vir die finansiële versoeking om iets nou te hê sodat ek uit die skuld kan kom.

Ek sê ja vir liefde vir my man of vrou omdat ek haar of hom sal liefhê soos Christus die kerk lief het.

Ek is swak – ek wil hê wat maklik en gemaklik en lekker nou is. Maar meer as dit wat my verlei en my wegtrek is dat ek soos Jesus wil wees en God wil verheerlik in alles wat ek doen dit.

 

Nou, jy sê – ja jy is iemand wat natuurlik gedissiplineerd is en ’n pastoor. Jy is goed met die goed. Luister – die krag van my sondige natuur is net so sterk in my as wat dit in jou is.

Vra vir Vanessa my vrou – sy sal getuig. Maak geen fout nie.

MAAR die krag van God se GEES in my is ook dieselfde GEES in jou en dit is ook dieselfde GEES wat Jesus uit die dood opgewek het. AMEN!

 

Twee toepassings vrae:

  1. Wat wil jy die meeste hê?

Dit behoort maklik vir jou te wees. Vir sommige van julle gaan dit oor jou liggaam.

Vir ander van julle gaan dit oor verhoudings. Vir ander gaan dit oor jou kinders.

Vir ander gaan dit oor jou finansies. Vir ander gaan dit oor jou stiltetyd.

Vir ander gaan dit oor ’n verslawing wat jy het. Wat dit ook al is, skryf dit neer.

Wat wil jy die meeste hê?

 

Dan, Een dissipline. Elke week het ons een ding gehad. EEN gedagte, EEN woord, die week, EEN gewoonte of dissipline.

  1. My EEN dissipline: Wat moet ek NOU doen, sodat ek kan kry wat ek MEESTE wil hê?

Dink daaroor. Dalk is dit dat jy “accountability” moet kry. Iemand waarmee jy ’n afspraak het sodat hy/sy jou kan help om te groei.

Ons almal het ’n struktuur buite onsself nodig om sukses met iets in ons lewe te hê.

As jy gewig wil verloor, moenie jou eie ding doen nie. Kry iemand saam jou, kry ’n verantwoordbaarheid plek waar jy gaan weeg.

As jy finansieel uit die moeilikheid wil kom, moenie dit alleen aanpak nie, kry iemand wat weet en praat deur jou finansies.

Dalk moet jy ophou om jou geestelike reis op jou eie te doen, want dan kan jy lui raak en jou verhouding met God laat agteruitgaan. Kry ’n geestelike vriend of begeleier.

 

Wat moet ek NOU doen, sodat ek kan kry wat ek MEESTE wil hê?

En kan ek net dit sê, daar is sekere gewoontes of dissiplines wat soos ’n hoeksteen of in Engels ’n keystone is. As hulle in plek is, dan sal die ander makliker volg.

Nou jou verhouding met God, jou tyd elke dag met Hom is ’n hoeksteen. As dit in plek is, dan is daar ’n klomp ander gewoontes wat daarop bou wat baie makliker sal wees indien jy jou hoeksteen dissipline in plek het.

Wat moet ek NOU doen, sodat ek kan kry wat ek MEESTE wil hê?

Jy het nie die vermoë om dit te doen nie. Maar dank die Here dat God se GEES in jou woon en dat Hy jou die vermoë kan gee om dit te doen.

Die 1 ding – Jou woorde

[powerpress]

Vandag is ons by deel 3 van ons 4 weke reeks: Die EEN ding.

In die reeks praat ons oor klein verskille wat ons in ons lewe kan maak wat ’n groot verskil kan maak. En ek glo dit met my hele hart. Hierdie vier dinge is klein maar hulle kan ’n reuse- verskil maak in jou lewe.

En ons het ’n hoofgedagte herhaal daarom vas te lê is:

Dit is die klein dinge wat niemand sien nie wat die groot resultaat gee wat almal wil hê.

 

Verlede week was baie belangrik – Jou gedagtes. Want alles begin by jou gedagtes.

As jy jou lewe wil transformeer moet jy begin met jou denke en wat jy dink. Die leuens moet met waarheid vervang word. Ons moet minder reaktief wees en meer stil raak sodat ons, ons kan nadink oor ons eie reaksie en denke.

Ons het gesê dat jou lewe beweeg altyd in die rigting van jou sterkste gedagtes.

Ons gedagtes beïnvloed ons woorde, ons woorde beïnvloed ons dade, ons dade word gewoontes en ons gewoontes word ons lot of toekoms.

 

Vandag: Die krag van jou woorde.

Ons woorde is geweldig kragtig en vormend. Soveel so dat ons ons lewe skep met ons woorde. Salomo het in Spreuke gesê:

Spr. 18:21 “Dood en lewe is in die mag van die tong;” AFR53

M.a.w. die woorde wat ons spreek kan woorde wees wat lewe gee en lewe bring of lewens vernietigend wees.

 

Indien jy die lewe wat jy het, wil verander sal jy die woorde wat jy gebruik moet verander. Klein veranderinge in ons woorde wat ons praat kan ’n groot verskil maak.

Jakobus, die broer van Jesus het lank voor my al hierdie woorde gesê:

Jak. 3:3-5   “Net as ons stange in hulle bek gesit het, gehoorsaam perde ons en het ons die hele dier onder beheer. En ’n klein roertjie maak dat ’n groot skip draai net waarheen die stuurman wil, selfs wanneer sterk winde waai. So is die tong ook iets kleins, en tog kry dit groot dinge reg. ’n Klein vuurtjie kan ’n groot bos aan die brand steek.” NLV

’n Klein ding soos ’n tong kan geweldige groot dinge teweegbring.

Beide in ’n goeie manier en in ’n slegte manier.

Wys my ‘n plek of ’n persoon of ’n verhouding wat suksesvol is en ek sal jou ’n oorvloed van woorde wys wat opbouend, bemoedigend en lewegewend is.

Die teendeel is ook waar – wys my iemand wat sukkel, ‘n omgewing of verhouding wat sukkel en ek sal jou ’n oorvloed negatiewe, afbrekende en kritiese woorde wys.

 

Salomo die wysste man wat ooit geleef het, het dikwels woorde gebruik wat hierdie opbouende woorde teenoor afbrekende woorde afgespeel het.

Spr. 12:18  “Party mense maak ander graag seer. Hulle woorde is soos ’n skerp mes wat alles stukkend sny. ’n Gelowige se woorde bemoedig ander en gee hulle moed vir die lewe.” DB

Spr. 15:4    “Iemand wat kalm oor probleme praat se woorde maak heel. Vlymskerp woorde kan mense breek.” DB

 

Ons almal het al woorde ervaar wat breek, wat stukkend sny. Soms is dit onbewustelik wat mense iets sê, soos bv. nou hoekom het jy nog nie ’n man gekry nie?

Ander kere is dit meer direk, soos bv. ek kan jou nie verdra nie, jy is pateties, ek het jou nooit lief gehad in die eerste plek nie. – Afbrekende woorde, sny soos ’n mes.

Woorde wat jou opbou is iets wat jou lig, jou energie en lewenslus gee.

“Ek is SOOO trots op jou. Ek so dankbaar jy is in my lewe.” Dit bring genesing vir jou siel.

 

Verlede week het ons ’n gedagte oudit gedoen en vandag gaan ons ’n woorde oudit doen.

Woorde oudit:

Afbrekende woorde (ander) 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Opbouende woorde (ander)

Afbrekende woorde (self)    1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Opbouende woorde (self)

As jy nie ’n 10 vir beide gegee het nie, raai wat? Daar is ruimte vir verbetering.

Hoekom is dit belangrik? Want ons woorde gee lewe. Dit skep, soos God geskep het.

 

Twee belangrike reëls vir Lewegewende woorde:

Ek weet ek gaan nou soos jou ma klink, maar weet jy wat, jou ma was reg…

  1. As ek nie iets kan sê wat sal help of lewe kan gee nie – los dit!

As jy nie iets kan sê wat opbou nie, moenie enigiets sê nie.

Efes. 4:29 “Do not let unwholesome [foul, profane, worthless, vulgar] words ever come out of your mouth, but only such speech as is good for building up others, according to the need and the occasion, so that it will be a blessing to those who hear [you speak].” AMP

 

Vir sommige van ons, as ons net hierdie een vers kan onthou en begin leef, dan sal ons totale lewe begin verander.

En dit is nie nou ’n tyd vir jou elmboog om iemand langs jou te stamp nie, stamp jouself.

As dit nie kan help nie, bly stil. Zip it. Baie kort en direk.

 

  1. As jy iets dink wat goed is – sê dit!

Dit is hoekom dit begin by ons gedagtes. As jou gedagtes negatief, afbrekend en hopeloos is, sal jou woorde ook negatief, afbrekend en hopeloos wees. OF

Spr. 16:24 “Mooi woorde is soos iets lekkers. Aangenaam om te eet. Goed vir die liggaam.” DB

Ek kan mooi gedagtes oor iets of iemand hê maar as dit net by gedagtes bly, dan beteken dit niks nie is dit nie?

Maar as ek dit sê, dan kan dit seën. Dan kan dit moed gee. Dan kan dit lewe gee.

Elke keer wat jy iets goed dink, sê dit! Nie almal is narsisties met groot ego’s nie.

Die lewe het ’n manier om ons te slaan met afbrekende goed, goed wat ons moedeloos maak. Meeste van ons kan doen met elke stukkie bemoediging en opbouende woorde.

 

Twee sielkundiges wat ‘n boek geskryf het, Words can change you brain, beweer dat EEN positiewe woord wat oor en oor herhaal word die krag het om letterlik jou brein te verander.

“A single negative word can increase the activity in our amygdala (the fear center of the brain). This releases dozens of stress-producing hormones and neurotransmitters, which in turn interrupts our brains’ functioning. (This is especially with regard to logic, reason, and language.) “Angry words send alarm messages through the brain, and they partially shut down the logic-and-reasoning centers located in the frontal lobes,” write Newberg and Waldman.”

MAAR daar is darem goeie nuus ook…

“Positive words, such as “peace” and “love,” can alter the expression of genes, strengthening areas in our frontal lobes and promoting the brain’s cognitive functioning. They propel the motivational centers of the brain into action, according to the authors, and build resiliency.” Andrew Newberg, and Mark Robert Waldman: Words can change you brain.

Eenvoudige taal: Afbrekende woorde maak jou dom en skep stress en vrees.

Opbouende woorde hou jou gemotiveerd en gee vir jou uithouvermoë en hoop.

En kan ek byvoeg: Nie net vir ander nie maar ook vir jouself.

Woorde is so kragtig! Maak dit ’n reël. Moenie ’n woorde van seën terughou nie.

Hoekom sal ons dit doen? As jy na jou woorde oudit kyk, waar was jy?

Begin hier, gaan oor tot aksie. As jy iets goed dink, sê dit terwyl jy kans het.

 

Ek weet nie van jou nie, maar ek moet myself gereeld in die Here versterk want negatiewe dinge gebeur in en om my elke liewe dag.

1 Sam. 30:6        “En Dawid het dit baie benoud gehad, want die manskappe het gepraat om hom te stenig; …maar Dawid het homself versterk in die Here sy God.” 53

Here, gee vir my geloof hiervoor… Here, ek glo U hand is op my… Here, ek weet alles sal ten goed meewerk want ek is lief vir U en ek is geroep…

Praat met jouself! Nie net dat JY dit kan doen nie, maar dat God groot dinge DEUR jou kan doen.

 

As jy dit wil sien… Sê dit! In Esegiël het die Here vir hom gesê dat Hy met die dooie bene moet spreek. Die Here het nie gesê praat oor die dooie bene moet praat nie.

Eseg. 37:4-5,7   “Hy sê toe vir my: “Profeteer vir hierdie bene en : ‘Droë bene, luister na die woord van die Here! So sê die oppermagtige Here: Kyk, Ek gaan in julle blaas en julle weer lewend maak! Ek het gesê soos Hy my beveel het. Skielik was daar ’n gedreun terwyl ek praat. Die bene van elke liggaam het bymekaargekom soos dit voorheen was.” NLV

Die Here het vir hom gesê , praat dit en dit sal waar word. Nie dink dit nie, praat dit!

Vriende, ek dink ons het nodig om God se woord en positiewe woorde oor onsself en ander en ons land en ons universiteite en ons skole te spreek.

Ons het nodig om van God se goedheid en Sy liefde en Sy getrouheid te getuig.

As ons dit nie doen nie, dan sal die klippe dit doen sê Lukas 19:40.

 

Hier is ’n eenvoudige toets wat jy vir elke stelling wat jy maak kan toepas:

Nadat jy iets gesê het… sê,… en dit is wat ek graag wil hê.

Bv. Ek voel nie dat ek enigiets beteken vir iemand nie… en dit is wat ek graag wil hê. NEE

My huwelik is nie meer die moeite werd nie… en dit is wat ek graag wil hê. NEE, werk nie.

Hierdie land van ons is in die afgrond in… en dit is wat ek graag wil hê.

Nee, jy sien, jou woord het krag. As jy dit sê, dan skep dit, dood of lewe.

As jy die woorde: En dit is wat ek graag wil hê, kan voeg by elke stelling wat jy maak dan sal jy lewe spreek.

Ek is diep in die skuld, maar ons gaan begin om binne ons vermoë te leef, en God se beginsels toe te pas vir gesonde finansies… en dit is wat ek graag wil hê.

 

Jou gedagtes word jou woorde en jou woorde word jou aksies en jou aksies word jou gewoontes en jou gewoontes maak saak wat dit word wie jy is.

Wat jy aanhoudend doen, is wie jy gaan word.

As jy klein veranderinge in jou woorde maak sal dit groot verandering in jou lewe bring.

Nou: Verlede week het ek jou uitgedaag om een gedagte te kry waarop jy kan fokus in jou gedagtes. Daardie vers of gedagte het jy vir jouself oor en oor herhaal.

 

Die week: EEN stelling wat jy nie net gaan dink nie, maar gaan sê, weer en weer.

So dit kan dieselfde gedagte wees as wat jy verlede week gehad het, soos bv.

Jes. 40:31 “maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.”

MAAR die wat op die Here wag, kry nuwe krag. (Herhaal).

Maar jy gaan dit nie net dink nie, jy gaan dit hardop sê, vir jouself.

 

Dit is die klein dinge wat niemand sien nie wat die groot resultaat gee wat almal wil hê.

EEN Stelling wat jy gaan dink en sê, leef en herhaal vir jouself…

As dit nie kan opbou nie, bly stil!

As dit kan opbou en lewe gee, sê dit! Vir jouself, vir ander.

en dit is wat ek graag wil hê.

GEBED

Die 1 ding – Jou gedagtes

[powerpress]

Jou gedagtes. Hulle is SO BELANGRIK omdat dit bepaal wie jy word.

Prov. 23:7 “For as he thinks in his heart, so is he.” NKJV

Spr. 23:7   “Want soos hy in sy siel bereken, so is hy…” AFR53

Nou wat belangrik is om te weet is dat jou hart, jou gedagtes en jou siel in die O.T. as sinonieme gebruik is. So baie keer wanneer die O.T. praat van jou hart / niere gedoel hy jou gedagtes.

 

Jou lewe sal altyd beweeg in die rigting van jou sterkste gedagtes.

As jy dink ek sal waarskynlik nie – dan sal jy waarskynlik nie.

As jy dink jy het niks om te offer nie sal jy waarskynlik nie ’n verskil maak nie.

As jy glo jy is ’n slagoffer – dan sal jy ’n slagoffer word.

Jou gedagtes bepaal jou hele lewe.

Aan die ander kant – as jy dink dat jy KAN dan sal jy waarskynlik dit doen.

As jy dink God is VIR JOU en BY JOU dan sal jy Sy krag ervaar in jou lewe.

 

Om ons bietjie te help vandag: gaan ons ‘n gedagte oudit doen. Dink waaroor jy baie dink.

Gedagte oudit / Thought audit:

Bekommerd (worried)         1 2 3 4 5 6 7 8 9 10      Vrede (peaceful)

Negatief (negative)              1 2 3 4 5 6 7 8 9 10      Positief (positive)

Wêrelds (worldly)                 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10      Ewig, Goddelik (Eternal)

Ek wil hê jy moet ’n kruisie maak op watter kant van die skaal jy is.

As jy nie 3 x 10 gemerk het nie is hierdie boodskap vir jou. Hoekom? Ons gedagtes bepaal ons woorde en ons woorde word ons gewoontes en ons gewoontes word ons lot.

Jou lewe sal altyd beweeg in die rigting van jou sterkste gedagtes.

 

As ons eerlik is dan sou ons almal iewers onder 10 op die skale merk.

Want daar is soveel dinge in hierdie wêreld en kultuur wat vir ons uitroep: Bekommer oor my, wees negatief oor iets, hou vas aan my (nie God nie). Daarom skryf Paulus:

Rom. 12:2 “Don’t copy the behavior and customs of this world, but let God transform you into a new person by changing the way you think. Then you will learn to know God’s will for you, which is good and pleasing and perfect.” NLT

Jy sal word soos jou sterkste gedagtes.

 

Hoe verander ’n mens jou gedagtes?

  1. Neem negatiewe gedagtes gevange.

2 Kor. 10:4-5      “…want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,” AFR53

 

Die Griekse woord vir kragtig – Dunamis: waar ons dinamiet vandaan kry.

Die Griekse woord vir vestings – okkamora: ‘n prisonier vasgevang deur misleiding.

Dink hieroor – wat word ons geestelike vyand, die duiwel genoem? Vader van alle leuens.

So wat hy doen, is om leuens in ons gedagtes te los sodat ons mislei word daardeur en ons lewe op ‘n leuen kan bou.

 

Vers 5: “…en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,”

Ek hou hiervan: Ons vernietig alle leuens en ons neem elke gedagte gevange en maak dit gehoorsaam aan Christus.

So wanneer ek verkeerde dinge of leuen bedink – ek sal dit nooit kan doen nie, ek is nie goed genoeg nie, niemand gee om nie. Dan maak ek dit gehoorsaam aan Christus.

Om ’n voorbeeld te gee: daar is ‘n toep of app op jou foon wat genoem word: Truth or trash. Dit is ontwikkel vir kinders om hulle te help om goeie Bybelse gedagtes te vorm.

Daar word ’n stelling gemaak wat klink of dit waar is maar dit is net half waar. Dan moet jy antwoord Truth or Trash. Nadat jy geantwoord het gee hy vir jou ’n Bybel vers oor die waarheid sodat jy gedagtes reg kan wees.

In Dissipelskap praat ons van die refleksie sirkel. Dit is wanneer ek letterlik my gedagtes stop, vra wat ek regtig nou voel, dan vra of dot die waarheid is en daarna dit toets aan die Woord. Daar is ’n afskrif daarvan in ons notas wat uitgedeel is.

Ons neem destruktiewe gedagtes gevange. Capture destructive thoughts.

 

  1. Vul jou gedagtes met geestelike dinge.

Paulus skryf vanuit ’n tronk uit… moenie dit mis nie…

Fil. 4:8-9    “…vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is. En leef volgens alles wat julle van my geleer, oorgeneem, gehoor en gesien het. Dan sal die God wat vrede gee, by julle wees.” NLV

Vul jou gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer is.

So, ons neem ons gedagtes gevange en ons fokus ons gedagtes op geestelike dinge.

Jou gedagtes bepaal jou hele lewe. Dit is nie net ’n mooi en oulike gedagte nie.

Dit kan letterlik jou lewe transformeer wanneer jy jou gedagte wêreld op die waarheid rig.

Die probleem met leuens is dat hulle ons mislei – ons dink hulle is waar maar hulle is nie.

 

Ons lees die Bybel te veel kere vir informasie en nie vir transformasie nie.

Jy sien, ons moet daardie default setting of die autopilot in ons lewens herprogrammer.

Die enigste manier om dit reg te kry is om God toe te laat in jou daaglikse lewe.

Hoe gaan ons Hom toelaat? Deur Sy woord ‘n kans te gee en tyd in gebed te spandeer.

 

Die eerste ding wat jy kan doen is om jou stiltetyd uit die huiswerk kategorie te haal.

Geen kind hou van huiswerk nie. En as dit vir jou soos ‘n taak voel wat my moet voltooi elke dag dan kan jy maar opgee nog voor jy begin het.

As jy ‘n lewendige verhouding met Jesus het is dit eerder soos ‘n gesprek met ‘n goeie vriend wat jou raad kan gee.

God wil ons lei elke dag, Hy wil met ons praat, ons gee net nie kans dat Hy praat nie.

 

Ps. 1:2-4    God is baie bly omdat jy sy Woord geniet. Jy lees dit sonder om moeg te word. Daarom is jy soos ’n groot boom wat stewig langs die water staan. Alles wat jy doen, maak God se hart bly. Sy grootheid skyn helder in alles wat jy doen. Daarom gaan dit baie goed met jou.” Boodskap

 

Die leuens moet moet waarheid vervang word. Kom ek vertel jou ’n leuen wat ek geglo het. Toe ek teologie gestudeer het, moet jy jou prakties ook in ’n gemeente doen en ek was in ’n baie groot gemeente gewees. Die leier was baie charismaties en evangelisties en het baie mense getrek met sy prediking. My gawes het nie in lyn daarmee gefunksioneer nie en daarom het hy nooit my ’n geleentheid gegee om te preek nie.

 

En ek het begin glo dat ek nooit moet of kan preek nie. Veral nie voor baie mense nie.

Tot op een dag wat God my met die waarheid gekonfronteer het. -> Jy kan net JY WEES.

As iemand anders nie in jou gawes glo nie – Ek glo in jou, Ek het jou gemaak, Ek het jou die gawe van lering of teaching gegee. Gaan en gebruik dit tot My eer.

Nou, ek glo darem 20 jaar later het God my al gebruik met die gawe wat hy my gegee het.

 

Jou lewe sal altyd beweeg in die rigting van jou sterkste gedagtes.

Hoe moet ek my gedagtes vul met geestelike dinge? Hier is iets wat ek hard geleer het.

Wanneer jy in die oggend wakker word – moenie jou foon optel nie. Weerstaan die versoeking. Sommige van ons is so verslaaf, ons kan nie dit regkry nie.

Wanneer jy in die oggend wakker word – bepaal die rigting van jou dag met ‘n gebed of geestelike lees. Dit sal jou lewe begin verander.

 

Maar wat doen ons? Ons begin die dag deur te kyk – wat gaan aan op FB, wat het in die nag in die nuus gebeur? Geen wonder ons sukkel met negatiwiteit en bekommernis.

Begin jou dag reg. Wat is jou eerste gedagtes? Maak eerder jou Bible toep oop.

Dan ’n gebed: Here dankie vir die gawe van hierdie nuwe dag. Gebruik my waar U my vandag wil gebruik. Maak my bewus van U teenwoordigheid in my dag. (Net 2 min)

Bid dit – en wat dink jy gaan met jou dag gebeur?

 

En skielik ontwikkel jy die gedagtes van “Waarheid” of “Leuen”. Truth or Trash.

So, hoe neem ons dit van hier verder? Laat week het ons jou uitgedaag om een woord te kry wat jou lewe of groei area nou beskryf.

Hierdie week wil ek jou weer met net 1 ding uitdaag. Nie een Woord nie, maar een Gedagte. Een gedagte wat in ‘n groter verandering kan verander as wat jy ooit gedink het.

Een waarheid gedagte wat as jy dit oor en oor herhaal en oor en oor herhaal, deel van jou lewe gaan word. En dit sal jou woorde verander en dit sal jou gewoontes verander.

Een gedagte. Wat jy oor en oor moet herhaal en mediteer op. Kan ’n Skrif ook wees.

 

I am no longer a slave of fear, I’m a child of God. (Kan ‘n Lied ook wees.)

“Ek kan is tot alles in staat deur Christus wat my die krag gee.” Fil. 4:13

“Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.” 1 Pet. 5:7

“God sal elke behoefte van my vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.” Fil. 4:19.

“God het my nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie maar van krag, liefde en selfbeheersing.” 2 Tim. 1:7.

 

As jy jou lewe wil verander, begin met jou gedagtes.

Dit sal soos ’n voetpad word wat in die veld uitgetrap word. Hoe meer jou daardie gedagte dink, hoe meer sal daardie patroon in jou brein gevorm word.

Vorm nuwe patrone, nuwe gedagtes in jou denke. Nie net hierdie week nie, maar elke dag. As jy elke dag net daardie Skrif of woorde in jou gedagtes sê, sal dit jou woorde verander, dit sal jou gewoontes verander en dit sal op die ou einde jou lot of destiny verander.

 

Moenie dat die wêreld en die kultuur van die wêreld jou gedagtes vorm nie.

Neem elke gedagte gevange tot gehoorsaamheid aan Christus.

Soos jy dink in jou gedagtes (hart) so sal jy word. Die waarheid sal ons vrymaak.

MOVE – Week 5: Verdwaal na Gevind

[powerpress]

Hoe maklik is dit nie om die foute en tekortkominge van ander raak te sien nie en hoe moeilik sien ons ons eie foute raak?

Ons dink baie oor ander – meeste van die tyd nie hoe ons hulle kan help nie maar eerder hoe ons vaar teenoor hulle.

Vanoggend is ons 5de boodskap van ons reeks MOVE.

Ons gesels vandag van verdwaal na gevind.

Die nommer een aantuiging van hulle wat nie kerk toe gaan of kerkloos is teen gelowiges vandag is dat hulle… oordeel.  Hulle judge.

Daarteenoor sien ons Jesus se lewe was vol van genade.

Genade is basies die teenoorgestelde van veroordeling.

 

Iets was merkwaardig van Jesus vir die mense wat met Hom te doen gehad het.  I.p.v. dat Hy soos die ander kerkleiers van Sy tyd die grense baie hard en duidelik maak wie in God se koninkryk is en wie uit is het Hy baie tyd gespandeer met hulle wat as “outsiders” beskou was deur die vroom kerkmense van Sy tyd.

 

Gelukkig vir ons werk God se koninkryk nie op die beginsel van regverdigheid nie.

Anders sou ek en jy nie hier gewees het vandag nie.

Jesus was ‘n agent van genade.  Hy het gekom sodat mense God se genade en liefde kon sien.  Hy het nie net gepraat daaroor nie, hy het dit ook gedemonstreer met sy lewe.

Regverdig beteken ons kry wat ons verdien.

Is dit wat Jesus verkondig het?  Nee, Hy het konstant gepraat met “outsiders” en hulle vertel dat hy gekom het om hulle uit te nooi na God se koninkryk toe.

 

Tot groot onsteltenes van die kerkmense van Jesus se tyd (Fariseers en skifgeleerdes) het Jesus heel dikwels by tollenaars en sondaars gestop en selfs gaan eet.

Hy het die sondaars van sy tyd so lief gehad dat sy boodskap vir hulle baie eenvoudig was:  wat was dit?  Jesus se boodskap van genade:

  1. Almal is welkom.
  2. Almal kan inkom op dieselfde manier.
  3. Almal kan die vereistes nakom.

En vandag is hierdie boodskap of die goeie nuus nog steeds dieselfde.

As ek hierdie boodskap van God se genade snap dan verander dit absoluut alles in my lewe.  Nie net is ek goed genoeg vir God nie.  Hy maak my een van Sy kinders.

It was Christ’s death on the cross that makes the kingdom of God available to you and me. Is that fair? No. It’s far better than fair.  It’s grace!

En dan vra Hy my om hierdie goeie nuus of boodskap van genade ook met ander te deel.

Hy vra my om ook ‘n agent van Sy genade te wees.

 

Hoekom maak ons, die kerk, dit dikwels so moeilik vir mense om hierdie genade raak te sien?  Moet ons dit nie vir hulle makliker maak om hierdie genade te sien nie?

Lukas 15:1-2      “Die tollenaars en die Sondaars het die gewoonte gehad om na Jesus te kom luister. Hierteen het die Fariseërs en skrifgeleerdes beswaar gemaak en gesê: ‘Hierdie man ontvang sondaars en eet selfs saam met hulle.’”AFR83

Die outsiders het die gewoonte gehad om te kom luister.

Nou sukkel ek so bietjie met myself en die kerk van vandag.  Waarom is dit dat die outsiders van vandag (kerkloos, kerklos) eerder alles in hulle vermoeë sal doen om die kerk en kerksmense te vermy?  En daarteenoor het hulle gereeld na Jesus gaan luister.

 

Daar is ‘n groot verskil om te praat/preek van genade en om te leef met genade.

Jesus het geleef met genade.  Almal is welkom.  Niemand is perfek nie.  Enigiets is moontlik.  Dit is een ding om dit te sê, maar ‘n heel ander ding om dit te leef.

Die kerk sal die mees aantreklikste wees vir mense wanneer die boodskap van genade mees sigbaar is in ons lewe.

Dit is hoe Jesus gelewe het.  En die regverdiges van Jesus se tyd het hom gehaat daarvoor.

 

Daar in Lukas 15 wat ons nou gelees het is die Fariseërs en skrifgeleerdes baie ontsteld oor sondaars na Jesus kom luister het.  Net voor dit het Hy ook ‘n man gesond gemaak op die sabbat.  Iets wat nooit moes gebeur het volgens die wet nie.

Dan kom Jesus en Hy beklemtoon God se hart met 3 verhale.

Die 3 verhale van Lukas 15: (Verlore Penning, Verlore skaap, Verlore seun).

  1. Elke keer was iets verlore.

Het jy geweet dat daar elke dag iemand is met wie jy in aanraking kom wat verdwaal is.

Ek en jy was ook eens op ‘n tyd soekend.  Soms is ons nog steeds soekend na iets.

Dit is nie ons wat God gevind het nie.  Dit is eerder God wat ons gevind het.

Dit is genade.  Want as Hy nie van Sy kant af iets gedoen het om jou te vind nie sou jy jou lewe lank aanhou soek het.

 

Iemand het verlede week iets gesê dat my hart geraak het.

Wat as ons ophou sê, Here ek het my hart vir U gegee.  En eerder begin vra:

“Here, gee U hart vir my.”

Want my hart is nog so baie vol veroordeling en kritiek.

My hart is selfsugtig en selfgerig en vol hardkoppigheid.

Maar as ek Sy hart kry – dan sal ek begin huil.  Nie huil omdat dinge nie gaan soos ek dit wil hê nie.  Nee, huil omdat mense dit nie sien nie.  Huil omdat iemand weggeraak het.

Huil omdat my seun nie by my is nie.  Huil omdat daar een skaap is wat weggeraak het.

 

  1. Elke keer was daar ‘n soektog.

Alles word gelos sodat dit wat verlore is gevind kan word.

Die penning moes nie ‘n beursie soek sodat hy weer gevind kon word nie.

Die skaap moes nie aanhou ronddwaal totdat hy eendag heel toevallig in die skaapwagter vasgeloop het nie.  Nee, die skaapwagter het hom gaan soek.

Die verlore Seun se pa het nie sy seun afgeskryf en aangegaan met sy lewe nie.  Nee, mens kry die idee dat hy elke dag by die venster gaan staan het en uitgekyk het, wanneer kom sy seun weer terug.

 

Jesus sê vir Sy dissipels, julle sal vissers van mense word.  Wanneer ek God se hart begin kry begin ek uitkyk vir verdwaaldes.  My eie selfsugtige bestaan word opgegee en ‘n reddingsveldtog word van stapel gestuur om hulle wat verdwaal is te vind.

Hartseer is dit dat ons as kerk baie beplanning en denke insit om die 99 gelukkig te hou en ons vergeet van die 1 wat weggeraak het of verdwaal het.

Wat kos dit ons?– Om ‘n boodskap te stuur?  Om aan te hou tot hulle weer die lig sien.

Om ‘n uitnodiging te gee, om saam te eet, om regtig om te gee.

 

  1. Elke keer is daar ‘n fees wanneer dit wat weg was gevind word.

Genade is dat maak nie saak wie jy is nie – God se arms staan oop.

Jy kan nie meer doen of minder doen om Hom tevrede te stel nie.

As ek vergeet waar ek vandaan gekom het – is ek soos die oudste broer in Lukas 15.

Luk. 15:28-29 “Die ouer broer het hom liederlik vererg en wou nie ingaan nie. Sy pa het toe uitgekom en hom gesoebat, maar hy het geantwoord: ‘Ek het al die jare hard gewerk vir Pa en nooit geweier om enigiets te doen wat Pa my gesê het om te doen nie. En in al die tyd het Pa my nie eers ’n bokkie gegee om saam met my vriende fees te vier nie.”  NLV

Wat sê die oudste broer?

Hierdie jonger broer van my verdien nie jou genade nie.

Hierdie jonger broer van my het jou teleurgestel en ek was nog altyd gehoorsaam.

 

Maar dit is nie genade nie.  Die oudste broer is vol veroordeling.

Hy is nie ‘n agent van genade nie.

Hy vergeet die nuwe reëls van van God se koninkryk:

  1. Almal is welkom.
  2. Almal kan inkom op dieselfde manier.
  3. Almal kan die vereistes nakom. Wat is die vereiste?  Glo net dat Jesus alles vir jou gedoen het.  Hou op doen en begin glo.  Die oudste seun wou nog doen.

 

Luk. 15:32 “Ons moet hierdie gelukkige dag vier. Want jou broer was dood en het teruggekom na die lewe! Hy was verlore, maar nou is hy gevind!’”  NLV

As ek Sy hart het, dan sal dit my meer opgewonde maak as ‘n miljoen rand in die bank.

As ek Sy hart het, dan sal ek ook omgee vir hulle wat nog verdwaal is.

As ek Sy hart het, dan sal ek dink en bid vir hulle in die wêreld wat vervolg word, wat selfs dood gemaak word, wat hulle lewe opgee sodat hulle agente van genade kan wees.

 

As ek Sy hart het, sal ek ook soek, soos iemand wat ‘n kosbare besitting verloor het totdat ek dit gevind het.

As ek Sy hart het, sal ek ‘n agent van genade wees en vir almal vertel.

Almal is welkom.  Niemand is perfek nie.  Almal kan inkom op dieselfde manier deur te glo.  Alles is moontlik, want waar God is, is alles moontlik.

Mag jou lewe mensee trek na Hom toe.  Mag die voorbeeld van genade en liefde wat Jesus vir ons gelos het ons lewe so raak dat ons ook gaan met ‘n boodskap van genade.

GEBED

MOVE – Week 4: Van Geisoleerd na Connected

[powerpress]

Vanoggend is ons 4de boodskap van ons reeks MOVE.

Ons reeks gaan daaroor dat ons wil beweeg in sekere areas van ons lewe waarin ons vasgeval raak en God nooi ons uit en sê: Kom, beweeg na ‘n beter plek in jou lewe toe.

Vanoggend:  Hoe beweeg mens van Geïsoleerd na connected lewe.

Julle sal heel moontlik saamstem dat ons meer en meer maniere gekry het die laaste paar jaar om in kontak te bly maar ter selfde tyd het hierdie sosiale media en platvorms om ons connected te hou ons eintlik net verder geisoleer.  Hoekom?

Want ons doen dit alleen, ek kan bestaan op die internet of op my foon sonder om persoonlik met mense te gesels of ‘n werklike verhouding met hulle te hê.

 

Nog nooit is mense so alleen soos nou nie.  Hierdie platvorms skep nie werklike konneksie nie.  Ons is geisoleerd agter ons mure van ons huise en ons besige lewens.

Van ons het al in verhoudings op een of ander manier seer gekry of was bitter teleurgestel en ons coping meganisme is om op ‘n afstand te lewe.

Hoekom?  Want ons glo dat ons onsself sal kan beskerm teen verdere seerkry in verhoudings.  Ons bou spreekwoordelike mure tussen ons en ander mense.

Die effek daarvan is geweldig sleg op ons psige en verhoudings oor die algemeen.

Ek het vir Gawie Stols gevra om net kortliks met ons te gesels oor die effek van isolasie op ons.  Gawie was ‘n pastoor wat verder studeer het en nou praktiseer as kliniese sielkundige.

GAWIE STOLS

So, dit is nie goed vir ons om alleen te wees nie.  God self het gesê in:

Gen. 2:18 “Verder het die Here God gesê: ‘Dit is nie goed dat die mens alleen is nie.’”

Die konteks van hierdie vers is die skepping.  Toe God die aarde en alles gemaak het.

Elke keer sê God dit is goed wanneer Hy iets geskape het.  En hier kyk God na die mens en Hy sê dit is nie goed dat die mens alleen is nie.

Hy wil hê dat ons moet beweeg van ‘n geïsoleerde manier van leef na ‘n connected manier van leef.

Jesus het self gesê dat ons herken sal word as Sy dissipels deur…? Mooi huise met hoë mure?  Deur alles perfek in ons huise.  Deur besighede en baie geld?  Nee.

Liefde, verhoudings, konneksies in ons lewe.

Joh. 13:35 “As julle mekaar liefhet, sal almal daaraan sien dat julle my dissipels is.”

 

Ons is gemaak vir hierdie konneksies.  Dink bietjie hoekom huil ‘n baba wanneer hy wakker word?  Nie omdat hy in ‘n kot lê nie.  Nee, omdat hy alleen is.

Ek wil vanoggend stilstaan in die Bybel in Gen. 33 by twee broers.  Esau en Jakob.

Hulle het verskil.  Esau was ‘n “man’s man” wat van die veld, jag en vleis gehou het.

Sy pa was lief vir hom. Iemand vir die son.  Jakob was meer “metroman”. In die huis en saam met sy ma gebak en gebrou. Lief vir die skaduwee en koelte.

 

Hulle verhouding was vol manipulasie en leuens. Ek dink nie Esau was onskuldig nie.

Jakob steel Esau se eersgeboortereg deur hom met lensiesop om te koop toe hy baie honger was.  Die ergste kom nog.  Soos die gebruik was het die oudste seun die pa se seën gekry wanneer die pa aan die einde van sy lewe kom.

Jakob steel Esau se seën (van sy pa op sy sterfbed) by hom met ’n slingse plan.

Hulle verhouding vertroebel en Jakob vlug weg vir Esau en isoleer hom.

Genesis 27:41   “Esau het vir Jakob gehaat en by homself gesê: ‘My pa se dood is nie meer ver nie, dan maak ek my broer dood.”

 

Miskien kan ons ook in die verhouding tussen die twee broers ook onsself sien.

Miskien nie die leuens en verraad nie maar hierdie geïsoleerdheid.  Dit is 2 broers, hulle is ‘n tweeling, daar is veronderstel om ‘n spesiale band te wees tussen hulle twee.

Nie hulle nie.  Hulle is geïsoleerd, het mekaar vir jare nie gesien nie.

Jakob voel sleg oor wat hy gedoen het.  Dalk het jy iets gedoen of gesê in ‘n oomblik van swakheid.  Iets impulsiefs gesê wat jy gedink het.

Dalk in jou huwelik het jy iets gedoen en jy voel sleg, soos Jakob.

Jy isoleer jouself oor skuldgevoel.  Hoeveel mense isoleer hulle self oor iets wat hulle gedoen het.

 

OF dalk soos Esau – jy voel iemand het my bedrieg.  Is is diep teleurgestel.  Daarom gaan ek my isoleer.  Hierdie broer van my het my ingedoen.  Hy was oneerlik.

Hoekom sal ek weer my lewe oopmaak?

Hoekom sal ek dat skynheilige tweegesigte my weer seermaak?

Hy sukkel om te vertrou.  Juis a.g.v. seerkry sukkel ons om te vertrou.

OF soos Jakob sien ons nie kans om daardie persoon weer in die oë te kyk nie.

“To love at all is to be vulnerable.  If you love anything, then your heart will certainly be wrung, and possibly be broken.  If you want to make sure of keeping it intact, you must give your heart to no one, not even to an animal.  Wrap it carefully round with hobbies and little luxuries; avoid all entanglements; lock it up safe in the casket or coffin of your selfishness.”  C.S. Lewis

Die effek is dat ons onsself isoleer.  En God kyk na ons en Hy sê dat dit nie goed is dat ons alleen is nie.  Hy daag jou uit om te MOVE.  Om jou lewe weer oop te stel.

 

‘n Paar gedagtes oor hoe hierdie twee broers weer versoen het.

Die oomblik breek aan wat hulle na baie jare se verwydering mekaar weer in die oë moet kyk.  Ek kan dink dat jy die atmosfeer met ‘n mes kon sny.

Wat gaan daar gesê word?  Wat Jakob laas kan onthou is dat sy broer gesê het, ek gaan jou dood maak.  En hier kom sy broer aan met ‘n klomp manskappe.

Gen. 33:1-4        “Toe Jakob opkyk, sien hy vir Esau en sy 400 man aankom. Jakob verdeel toe die kinders tussen Lea, Ragel en die twee slavinvroue. Hy plaas sy twee slavinvroue met hulle kinders heel voor, Lea en haar kinders agter hulle en heel laaste Ragel en Josef. Jakob self het heel voor gaan staan en sewe keer laag voor Esau gebuig. Maar Esau het aangehardloop gekom, hom om die nek geval en hom gesoen. Albei was in trane.”

 

Kan jy jouself in hierdie toneel indink?  Was jy al in so versoeniningsoomblik?  Ek vergewe jou.  As jy verder lees daar in vers 10 sien jy Jakob vir Esau ‘n klomp geskenke gee en Esau sê, nee, ek kan nie.

Gen. 33:10 “Nee, asseblief! Neem dit terwyl u my so goedgesind is,” sê Jakob. “Dis asof ek die glimlag van God sien.”  NLV

Kan jy dit sien?  Versoening, konneksie en verhouding is soos die glimlag van God.

Wil jy God sien?  Jy kan Hom sien in verhoudings.  Binne omgee en liefde vir mekaar.

God roep ons tot dit.  Hierdie broers leer vir ons 3 dinge:

 

 

  1. Jy moet die ontmoeting reël.

Jy moet maar die sms stuur, die koffie afspraak reël of weer inskakel.  Jy moet jouself oopstel.  Dalk net vir ‘n koppie koffie bly na kerk.  Ek weet dit is moeilik.  Maar maak jouself oop.  Jou ou vriend.  Vat die foon en maak die oproep.  Sê, ek is jammer.  Dit is net trots wat ons keer om dit te doen.  En trots is ‘n eienskap van die duiwel, nie God nie.

Reik uit na mense toe.  Nooi die pastoor – hy is honger en maer en eet nooit vleis nie.  Stel jouself oop.  Doen wat die Woord van die Here sê.

En onthou mense verskil.  Nie almal is dieselfde nie.  Het jy al iemand ‘n drukkie gegee wat nie ‘n drukkie persoon is nie?  Dit is so stokstyf.  Jy kan netsowel die boom gaan druk.  Hy wil, sy wil.  Binne druk hulle terug maar van buite af lyk dit nie so nie.  Nie almal is drukkie mense nie.  Ons almal verskil, ons soek verskillende dinge in ‘n verhouding.  Ons moet bewus wees hiervan en vir mekaar ruimte maak hiervoor.

So, reël die ontmoeting, maak die afspraak moenie vir die ander een wag nie.

Onthou ‘n verhouding is nie soos ‘n menu in ‘n restaurant waar jy jou kos kan kies en die manier hoe dit gaargemaak word en die sous wat daarop gegooi word en alles nie.  Ons kan nie net kry en kies waarvan ons hou en wat ons pas nie.  Dit werk nie so in verhoudings nie.

Spr. 27:17 “Yster slyp yster en so vorm vriende mekaar.”  NLV

Esau en Jakob het die ontmoeting gereël.

 

  1. Vergewe en beweeg verby die verlede.

Ons vergeet soms dat vergifnis nie oor die ander persoon gaan nie maar oor onsself.  Dit is ons wat onsself in die emosionele tronk sit wanneer ons nie kan vergewe nie.  Verseker is dit nie maklik nie.  Verseker is dit ‘n proses wat soms oor en oor moet herhaal word veral wanneer dit diep seer en teleurstelling was.  Maar dit bly ‘n keuse en ‘n besluit wat ek soms weer en weer maak.  Ek kan nie wag vir iemand om eers hulle vergifnis te verdien of te verander nie.  Dit is nie hoe God ons vergewe nie.

Ons het ook nie die emosionele kapasiteit om God se vergifnis ten volle te ervaar as ons nie iemand anders kan vergewe nie.  Ons kan nie vandag in detail daarin gaan nie.  Weet jy wat doen die verlede?  Dit steel die hede by jou.  As jy heeltyd dink en tob oor dinge van die verlede kan jy nie aanbeweeg nie en kan jy nie in die hede leef nie.

Esau het die verlede laat gaan.  Onthou, jy wou sy broer vermoor op ‘n stadium.  Maar hy kies om dit te laat gaan.  Daar is nie veel om te verloor om te sê, ek is jammer nie.  Maar weet jy wat, jy wen so baie.

 

  1. Stel jouself bloot

Ek dink toe Jakob hier staan voor sy broer wat hom wou dood maak met sy 400 soldate.  Ek dink hy het baie blootgestel gevoel in daardie oomblik.

YSTERVARKIE prentjie.

Dit is seker nie die mees gewildste diertjie nie.  Dit is ook nie ‘n dier wat jy vir ‘n toeteldier wil aanhou nie.  Ek meen kyk hoe lyk ‘n hond wat met ‘n ystervarkie speel.

Hulle sê hy maak 30 000 penne in sy leeftyd.  Die ystervark het 30 000 redes hoekom hy sê, bly weg van my af.  Moenie naby my kom nie.  Baie keer is ons soos hierdie ystervark.  Ons het genoeg redes – moenie naby my kom nie, ek gaan jou seermaak.  My mure is op, my skanse is op.

Een keer ‘n jaar aan die einde van herfs dan paar die ystervarkies.  En al hoe dit kan gebeur as hulle albei die sagte gedeelte aan mekaar bloot stel.  Dan beleef selfs hulle ‘n tipe intimiteit.

Ek dink ons kry die prentjie.  Ek dink dit is nodig dat ons onsself sal blootstel.  I’m going to put myself out there – i.t.v. vriendskappe en verhoudings.  Jy kan vir iemand anders iets wonderliks beteken.  Moenie uitmis op die glimlag van God in jou en iemand anders se lewe nie.  Ons challenge hierdie week is om te beweg van ‘n lewe wat geïsoleerd is na ‘n connected lewe.  Al jou dagstukkies gaan daaroor gaan.

Ek daag jou uit!  BEWEEG!