50 Dae van HOOP – Week 5: Is jy ‘n draer van HOOP?

 

 

So paar weke gelede het ek ook oor hierdie teks gesels maar in hierdie reeks van HOOP pas dit so perfek in dat ons besluit het om die teks weer te gebruik en daaroor te praat.

Jeremia 29:4-14

“Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê vir al die mense wat Hy uit Jerusalem na Babel toe laat wegvoer het:  “Bou huise en woon daarin. Plant tuine en eet die kos wat dit oplewer.  Trou en verwek kinders. Sorg dat julle kinders ook trou sodat julle baie kleinkinders sal hê! Sorg dat julle getalle daar vermeerder en nie verminder nie.  Dra ook julle deel by vir vrede in Babel waarheen Ek julle in ballingskap laat gaan het. Bid tot die Here sodat dit goed sal gaan met die stad waarin julle bly. As dit met Babel goed gaan, sal dit ook met julle goed gaan.”  Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: “Moenie toelaat dat die profete en die waarsêers by julle julle bedrieg nie. Julle moet julle ook nie aan hulle drome steur nie.  Hulle verkondig leuens aan julle en sê hulle praat namens My. Ek het hulle beslis nie gestuur nie!” sê die Here.

So sê die Here: “Julle sal 70 jaar lank in Babel wees. Maar as die tyd verstryk het, sal Ek al die goeie beloftes begin vervul. Ek sal julle na julle land toe terugbring.  Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die Here. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê.  Julle sal na My roep en bid, en Ek sal na julle luister.  As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind.  Julle sal My toeganklik vind,” sê die Here. “Ek sal julle uit gevangenskap laat terugkeer. Ek sal julle versamel tussen al die nasies waar julle nou is en uit al die plekke waarheen Ek julle verban het,” sê die Here. “Ek sal julle weer terugbring na die plekke waarvandaan Ek julle in ballingskap laat gaan het.”  NLV

Agtergrond:  Dit is die jaar 597 v.C.

Nebukadneser van Babilonië het Jerusalem, hoofstad van die Suidryk binnegeval.

Die Paleis en tempel is geplunder.  Koning Jojagin van Juda moes oorgee en die leiers en vooraanstaande mense is in ballingskap na Babilonië weggeneem.

Hulle voel Godsverlate.  Dit voel vir hulle of die Here hulle gelos het.

Hulle mooi land, hulle tempel, hulle waardigheid is daarmee heen.

Hier is hulle tussen ‘n klomp korrupte Babiloniërs wat hulle uitbuit en verneder.

Baie dinge is anders vir hulle: Nuwe taal, nuwe gebruike, nuwe gode.

Hulle voel, het God ons dan nou verlaat?  God woon immers in die tempel in Jerusalem!  En nou is Jerusalem ver en die tempel is erg beskadig.

Hierdie Babiloniërs maak die lewe vir hulle moeilik en aanbid ander afgode.

Hierdie is die agtergrond vir Jeremia se brief aan die ballinge.

Dalk soos ek hierdie dinge vertel klink dit amper soos die braaivleis gesprekke waarby jy gisteraand was.  Of soos die jongmense wat jy ken wat sê, ek gaan immigreer en in ‘n ander land werk of studeer.  Baie mense ervaar die lewe na 1994 soos ballinge hier in S.A.  My drome om ‘n lewe hier te maak is vernietig, voel baie mense.  Die land en die geskiedenis het teen ons gedraai.

Terug na die Jode in Babilonië.

Een van drie dinge het toe met hulle hier gebeur in ballingskap:

  1. Trek laer teen die vyand.

Kom ons haal weer die ou S.A. se vlag uit.  Kom ons sing weer die Stem.

Kom ons bou vir ons nog Orania’s.  Ons sonder ons af van hierdie slegte goed wat gebeur.  Ons met ons geloof gaan onsself eenkant hou.

Toe is daar selfs profete soos Gananja wat profeteer en sê die Here sê oor twee jaar sal julle teruggaan nie meer hier wees nie.  God gaan julle verlos.

Moenie tuis raak hier in Babel nie, God gaan hulle vernietig en ons verlos.

Jeremia waarsku hulle dat die drome van die valse profete dat die ballingskap binnekort verby sal wees, valse drome is. Dit het hulle net aangemoedig om onbetrokke te wees by die lewe in die stad waarheen hulle weggevoer is.   Die ballinge moet weet hulle is in vir ʼn lang verblyf in die vreemde.

 

  1. Babiloniese se agenda – assimilasie.

Neem net ons manier kultuur, geloof, taal en manier van dinge aan.

As jy hard werk gaan jy bo uitkom.

Wat dan gebeur het is, binne 2 of 3 generasies bestaan daardie volk of geloof nie meer nie en hulle het eintlik maar Babiloniërs geword.

Nou dit is in hierdie wêreld wat Jeremia vir hulle skryf terwyl hulle heeltemal moed verloor het en teen die vloer sit.  Hulle het totaal hulpeloos begin voel.

Sy boodskap is ook een van hoop.  Daar kom ʼn dag wat hulle met vreugde sal terugkeer, maar intussen moet hulle hul beywer vir die belange van die plek waar hulle woon.

Hulle moet hier tekens oprig van God se vrede.

Die vreemdheid, tuisteloosheid, kan nuwe perspektiewe open.

ʼn Krisis, ongeluk, ramp, bevestig die realiteit dat die wêreld nie voorspelbaar is nie, dat die realiteit groter is as ons persepsie daarvan.

  1. Draers van HOOP – Die Here is steeds by julle.

Al is dit nie net op die tradisionele plekke nie.  Al voel hulle tuisteloos en ongeborge tussen mense wat ʼn vreemde taal praat en ander gode dien.

God se liefde dra ons ook.  Hy sal ons nooit los nie.

Hy is in ons ballingskapervaring teenwoordig om vir ons ware hoop te laat deurbreek!

Moenie aan die versoeking toegee om aan die openbare lewe te onttrek nie.

Moenie innerlik emigreer nie (terugtrek in julle private geestelike en kulturele wêreld).  Moenie julle self bejammer nie, moenie leef asof julle slagoffers is nie.

Neem deel aan verkiesings, plant bome en beywer julle vir die bewaring van die omgewing.

Maar as julle deelneem, neem deel as mense wat weet aan Wie julle behoort.

Onthou wie julle is en vier julle identiteit.

Moenie word soos Babilonië nie, moenie assimileer nie, dit sou in elk geval maar net ʼn herhaling wees van die sondes van die vaders, wat hul hier laat beland het.

 

Bou huise en woon daarin. (Vers 5)

Julle is nie besig om uit te kamp nie. Ontwikkel die beste omgewing moontlik om in te lewe.  Julle lewe nou is net so belangrik as julle lewe in Jerusalem.

Ballingskap is nie julle keuse van lewe nie, maar dit is wat vir julle gegee is.

Bou ʼn Babiloniese huis en leef so goed as moontlik daarin!

 

Plant tuine en eet die kos wat dit oplewer. (Vers 5)

Neem produktief deel aan die ekonomie van Babel.  Moenie parasiete wees nie.

Laat julle hande vuil word van die Babiloniese aarde.  Leer ken hulle besproeiing sisteme. Leer vrugte en groente kweek in hierdie aarde en klimaat.

 

Trou en verwek kinders. (Vers 6)  Bevorder die belange van die stad… (Vers 7)

Julle is daarmee ook draers van hoop!

So wys julle dat julle gesinne ʼn toekoms het saam met God.

Hulle haat hierdie Babiloniërs – die Here sê vir hulle, waartoe julle geroep word is om daar waar julle is, lig te wees, te skyn, ‘n verskil te maak.

Hy sê nie vir hulle word soos hulle, neem hulle kultuur, geloof en gebruike aan nie.

Nee, die Here sê vir hulle, wees my kinders op ‘n plek wat vir julle nou donker is.

Maak ‘n verskil waar daar nie hoop is nie.  Wees draers van HOOP.

Bly by My, Ek is saam met julle hier.

Word lief vir hierdie heidene, moenie julleself eenkant hou nie.  Ek dink hulle was vies en kwaad toe hulle hierdie brief gekry het.  Later sê die Here, julle gaan nog vir 70 jaar hier wees.

Moenie jou tas pak nie, pak hom maar uit.  Besef dat My plan groter as jou plan dalk is.  Moenie jammer vir julself voel nie, die doel van ʼn gelowige is nie om so gerieflik as moontlik te leef nie, maar om eg, diep, geloofwaardig te leef saam met God.  Julle het dit nie gedoen toe julle nog in Jerusalem was nie. Miskien moet julle dit nou in Babel probeer.

Dit is in elk geval die enigste plek waar julle jul kan beywer vir die salom.  En die enigste geleentheid om julle geloof uit te leef is die omstandighede wat julle nou ontvang het: die huis waarin jul leef, die gesin wat jy het en die werk wat jy nou doen.

 

Dit lyk soos die einde, maar dit is nie.

Jer. 29:11“As soon as Babylon’s seventy years are up and not a day before, I’ll show up and take care of you as I promised and bring you back home. I know what I’m doing. I have it all planned out—plans to take care of you, not abandon you, plans to give you the future you hope for.”  Message   “Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ’n hoopvolle toekoms te gee.” AFR53

Dit lyk of geskiedenis teen hulle gedraai het.  Dit lyk dalk of dit die einde is maar dit is nie.

Die storie gaan aan.  Dit lyk of dit hopeloos is maar dit is nie.

En Jesus die Messias kom ook op ‘n tyd in hulle geskiedenis toe hulle Hom die minste verwag het.  God het hulle totaal verras.  Dié dat meeste van hulle Hom nie erken het nie want hulle het hom nie verwag in ‘n tyd toe dit gelyk het soos die einde nie.

Jesus kom nie Jerusalem en tempel toe nie.  Die plek waar Hy moet heers en regeer.  Nee, Jesus kom Betlehem toe.  ‘n Romeinse keiser regeer toe Hy kom.  Hy kom in omstandighede wat nie gunstig is vir ‘n bewys van Sy mag nie.  Hy kom in daardie ongemaklike spasie in.

Dit wat julle gedink het die einde is, was toe nie.

Die Here sê:  Ek werk wanneer jy dit nie verwag nie.  Ek daag op wanneer daar nie meer hoop oor is nie.   Selfs toe Jesus sterf en in die graf gesit word.  Dan lyk dit of alles verby is.  Dit lyk of dinge nie uitgewerk het nie of God hom misgis het met hierdie aardse magte.

Daar is hoop.  Jesus sê, kom Ek gee vir jou nuwe brille.  Wees draers van HOOP in ‘n hopelose omgewing.  Daar tussen die braaivleisvure, wees ‘n draer van HOOP daar.  Daar by die werk waar almal pessimisties is.  God wil jou daar gebruik as draer van hoop.  Die Here vra jou vandag: Sal jy My draer van HOOP wees waar jy kom?

50 Dae van Hoop – Week 6: Ewigheidshoop

 

 

Ons is besig met ons reeks Hoop wat groei en groei en vandag staan ons stil by Ewigheidshoop.

Ek sal nooit vergeet nie ek het een keer in die verkeer gesit waar ek en klomp ander karre vanuit ’n systraat probeer het om in Circular drive te kom. En die gebruik is die karre in circular drive gee een kar ’n plek en dan ry daai kar en dan die volgende een gee plek en toe dit my beurt is toe ry daardie bakkie die gap toe sodat ek nie voor hom plek kan kry nie, want hy was seker net moeg gewag of laat of iets. Ek beland toe agter hom en op sy canopy is die sticker wat lees. I don’t know what the question is but the answer is Jesus. Ek is jammer maak opdaai oomblik het ek gedink tiepies. Ons het hierdie bumper stickers maar ons leef dit nie.

In die week het ek met ’n paar mense gesels oor ewigheidshoop en ook op ons face book page die vraag gevra en baie mense het die standaard antwoord gegee Jesus of Christus.

Die vraag wat by my opkom vriende en dit is iets wat die Here al ’n tyd lank met my Journey is, is dit nog waar vir my en as dit is hoekom leef ek of ons as sy volgelinge dit nie meer nie?

Hoekom sê ons seker goed maar ons doen dit nie, of dit is nie sigbaar in ons lewens nie. Stefan vd Watt ‘’n sendeling in Japan wat Sondagaand met ons gekuier het, het gesê die ding wat hom die meeste opval as verskil tussen Japan en Suid-Afrika is, dat 80% van Suid-Afrika sê ons is Christene maar hoe min respek ons vir mekaar het in Suid-Afrika. Ouers vir hulle kinders of kinders vir hulle ouers of vir hulle onderwysers ouers vir ander ouers of vir onderwysers.

En die vraag wat by my opkom vriende, die vraag wat ek my self vra wanneer ek in die spieël kyk is hoekom as ek sê Jesus is my ewigheidshoop hoekom leef ek dit nie meer uit nie hoekom getuig my elke dag lewe nie dit nie.

Hoekom is die kerk besig om af te neem en verlaat jongmense tussen 18 en 30 die kerk maar al hoe minder kom terug. En ek vermoed of wat mens hoor is hoekom moet ek terugkom hoekom moet ek kerk toe gaan en die Jesus wat julle as antwoord voorhou volg, en hulle vra die vraag want die hartseer is mense buite die kerk kyk in en sukkel om die verskil te sien tussen ons en die wêreld daar buite. U sien in 1 Petrus 1 kom die skrywer en hy sê die volgende: 1 Peter 1:15 – 16 But just as he who called you is holy, so be holy in all you do; for it is written: “Be holy, because I am holy.” En hierdie Holy beteken dat ons moet anders wees as die wêreld waarin ons leef en anders bedoel ek nie ons moet dink ons is beter of afgesonder nie nee die holy is ons moet leef die lewe van Jesus maar die probleem is die wêreld buite hulle kyk in maar wat hulle sien is nie anders nie, want wat hulle sien is maar ook rassisties gesprekke rondom braaivleis vure, Christene wat mekaar sleg sê op facebook en op blogs,  Christene wat ook maar negatief is, oneerlik is in besigheid deals en ons belasting en justify hoekom ons dit doen. Ook maar selfsugtig is en eie koninkryke bou en nie vrygewig is met geld en tyd en resources nie en ook justify hoekom nie. Vergeet van die wat arm, siek en oud is. Net die minste doen in hulle geloof dat hulle nie skuldig hoef te voel nie.

En die vraag is waar vriende het ons as kerk so verdwaal.  Van waar ons geroep is om anders te wees dat mense eintlik sukkel om die verskil te sien.

En ek vermoed dit is omdat ons opgehou het om die wedloop te hardloop wat Paulus van praat in 1 Kor. 9 die wedloop na die ewige prys.

Tozer skryf in sy boek pursuit of God dat die tragedie van sy tyd in 1948 maar ek dink dis nog meer van toe passing in ons tyd is dat, ons dink die groot boodskap van ewigheidshoop gaan oor om by die kruis van Jesus ‘’n draai te maak jou foute wat jy gemaak het te erken en die beheer van jou lewe oor te gee aan Jesus en off you go nou is jy ok welcome to the family. En dit is belangrik om daar uit te kom maar vriende dis die wegspring punt van die wedloop na die ewige prys toe.

Vriende die probleem is baie van ons het weggespring maar met die jare en soos life happens het ons begin om afdraai paaie te vat. Van ons het begin maar ons is so gefokus op die ewigheids prys dat ons vergeet dat elke tree wat ons gee speel ‘’n rol om by daai prys uit te kom. Braam sê altyd ons lewe hier op aarde is eintlik net ‘’n dress rehearsal vir wat kom hierna. Die ander probleem is soms is ons so gefokus op die nou dat ons vergeet waarheen ons op pad was en wat die prys en rede is hoekom ons in hierdie wedloop is.

Nou hoe kan ons weer begin om die wedloop te begin hardloop of keer dat ons vergeet hoekom ons eintlik in die wedloop is. En ek dink Paulus gee ‘’n paar idees in sy boeke maar ek wil stilstaan by Fil. 3 vers 12 tot 14 en uit die verse kom Paulus en gee ons ‘’n paar idees van hoe ons weer die wedloop doelgerig kan begin hardloop na die ewigheids prys toe.

Ek dink een van die eerste ding wat moet gebeur is dat ons weer begin ontevrede raak met die toestand van ons geestelike lewe of ons verhouding met die bron van Ewigheidshoop God self.

In vers 12 lees ons Nie dat ek dit alles al bereik het, of al klaar volmaak is nie. Maar ek hou aan jaag om dit myne te maak omdat Christus Jesus my Sýne gemaak het!

Paulus kom letterlik en sê vir ons ek het dit nog nie gemaak nie maar ek hou aanjaag daarna toe die Engels sê I press on to take hold. Vriende ons moet begin ontevrede raak met waar ons is geestelik.

U sien net soos Helouise nie sou kon sê sy het die comrades gedoen as sy eenvoudig by die begin streep begin het oor hom geloop het en daar gebly het nie net so kan ons nie net by die kruis kom ons Foute erken beheer oorgee en dis dit nie daar is meer tot  hierdie verhouding met die ewigheidshoop. Jy moet begin en aanhou hardloop tot die einde en dis die middelste gedeelte van die reis wat tel tot die wenstreep.

Iets wat my altyd opval oor my self en ek ander hoor praat is as ons hoor hoe baie tyd Moslems insit in geloof en wat hulle opoffer en doen, dan voel ons skuldig maar dadelik kom ons en sê maar ons God is nie ’n wettiese God nie of ons Pa wil nie he ons moet uitdwang dit doen nie ons Pa of God is ’n God van verhouding hy wil in verhouding met my leef.

My vraag aan ons is staan ons werklik in verhouding met Hom? U sien Paulus staan in verhouding maar hy het nie arrive nie nee omdat hy in verhouding staan is hy ontevrede want hy besef daar is nog meer en is dit nie waar nie hoe dieper ons in verhouding staan hoe meer wil ons met mense kuier en so ook met God hoe dieper ons groei hoe dieper wil ons groei.

Die tweede ding wat Paulus ons leer as ons weer die wedloop wil begin hardloop is.

Deel met jou verlede.

13Nee, broers en susters, ek reken self nie dat ek al is wat ek moet wees nie, maar een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê.

Vriende ek sê nie wat in jou verlede gebeur het maak nie saak nie, nee dit maak baie saak maar Paulus kom en dis asof hy besluit dat hy daarmee gaan deel en nie meer dat dit sy toekoms bepaal nie.

Dit is belangrik om terug te gaan sodat jy vorentoe kan gaan. Vriende wat is in jou lewe tans besig om te keer dat jy en jou gesin die wedloop kan hardloop.

In my eie lewe het ek nodig gehad maar steeds nodig om terug te gaan sodat ek vorentoe kan gaan. Ons praat van gesiggies (Leun van jou verlede) in dissipelskap en een van my gesiggies (Leun van die verlede) wat ek meegedeel het maar nog steeds mee sukkel is die gevoel van agterdog. Ek vertrou nie maklik of ten volle nie en alles wat mense vir my gesê het of doen, sal ek heeltyd wonder hoekom sê hulle dit wat bedoel hulle of wat will hulle he en so het ek en hou ek mense op afstand ek laat nie mense te naby my nie en ook nie God nie. Toe ek in dissipelskap begin teruggaan oor waar dit vandaan kom het ek besef omdat ek loss beleef het vroeg in my lewe my pa en ma wat geskei het toe ek 5/6 was, elke einde van die naweek of vakansie as my pa my weer by my ma gaan aflaai het en weggery het, het ek loss beleef en eenkeer het my Pa my afgelaai die Sondagaand maar nooit weer kom oplaai nie toe my pa oorlede is in motorongeluk dis huge loss, die seer van gebroke verhouding met my Ma omdat sy ook maar gesukkel het met haar eie probleme en dan ook vertroue wat gebreek is omdat ek gesoek het na pa figure en hulle nie dit kon wees nie. Dit alles het veroorsaak dat ek mure opbou en ek nooit regtig te geheg raak nie, want dan as hulle wegraak of teleurstel kry ek nie so seer nie. Probleem is ek kon nooit verby sekere punt in verhouding met God kom nie, want ek het Hom nie genoeg vertrou nie. Ek het gesê ek doen maar nie geleef nie.

Om ‘’n leun te oorkom moet jy waarheid in sy plek sit en ek moes waarheid vind. Ek het 2 waarhede gevind, een deur ‘’n vriend wat net een keer harde woorde gesê het vir my van Steve die wêreld gaan nie net oor jou nie, almal is nie uit om jou seer  te maak nie. Die ander waarheid oor God was ek moes besef dat God nie hidden agendas het met my nie, hy wil met my in diep verhouding staan nie omdat dit vir hom iets beteken nie maar omdat dit vir my so baie gaan beteken.

Ek het meer as een gesiggie en ek werk nog daagliks en weekliks aan ander en soms kom van hulle terug.

My vraag vriende is wat is daar in jou verlede wat jy dalk moet begin mee deel sodat jy daai leun kan vervang met waarheid en so weer vorentoe kan beweeg in jou verhouding met God.

Die punt is nie hier om nie terug te kyk nie die punt is ons moet terug kyk sodat ons kan uitstrek na wat voor lê.

Die derde ding wat ons leer van Paulus is:

Strek vorentoe.

14 Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God deur Christus Jesus aan my gee.

Paulus kom en in 1 Kor. 9:25-26  Al die deelnemers pas absolute selfdissipline toe. Húlle doen dit om ’n prys te wen wat heel gou sal vergaan. Maar óns doen dit vir ’n ewige prys. Daarom pyl ek reguit op die wenpaal af, doelgerig met elke tree wat ek gee. Ek is soos ’n bokser wat met elke hou tref.

Paulus kom en hy leer ons as ons hierdie wedloop vir die ewige prys wil hardloop tot aan die einde dan moet ons begin werk daarna toe. Ons moet soos ’n atleet wees wat self dissipline het en oefen.

Helouise het nie net opgedaag by die comrades nie nee sy het 1000 km voor die tyd gehardloop, ek ken haar goed om te weet dat so lief soos sy vir suiwel is, het sy opgehou om dit te gebruik want sy is allergies daarvoor en dit keer dat sy kan oefen. Sy het of sy lus was of nie gaan oefen en in wedlope deelgeneem, sy het ‘’n running buddy gehad wat haar accountable gehou het, sy behoort aan ’n klub.

Vriende net so moet ons in ons geestelike lewe wees se Paulus, wat vir sekere goed nee sê en ook deur sekere moeilike goed gaan omdat ons weet waarheen ons op pad is omdat ons, ons oog hou op die prys Ewigheidshoop. Paulus hardloop nie doellose nie nee hy is doelgerig in elke tree en hy is soos ’n bokser wat met elke hou tref.

Vriende kom ons begin om op die voorbeeld van Paulus soos ’n atleet te wees deur vir ons goals of eerder dissiplines te stel om meer in ons verhouding met Jesus te groei. Vriende vir elkeen van ons lyk dit anders maar daar is sekere basiese dissiplines waarna God ons nooi soos, om tyd in sy woord te spandeer en daardeur te doen leer ons Hom beter ken en ook wat Sy wil is, Deur tyd in sy Woord te spandeer kry ons tools om elke dag hoop draers te wees of om Holy (anders) te wees.

Hy nooi ons na rus en stilte Ps. 40:10 be still and know that I am God. Dat ons vanuit daai rus kan leef want die probleem met ons tyd is ons is so besig ons survive net ons leef nie meer werklik nie, ons het 2 weke terug gesels oor om te wag en wanneer ons wag salons nuwe krag kry.

Hy nooi ons na gebed toe om ons harte met hom te deel en hy sy hart in ons hart kan uitstort.

Vriende ek wil vra kan ons vir ’n oomblik net rustig raak en ’n face to face oomblik met God hê. Wil jy nie net vir ’n oomblik stil raak en met God connect nie. Dalk het jy die wedloop begin maar die lewe het gebeur en jy het opgehou hardloop en vanoggend nooi God jou om weer te begin.

Vanoggend voel jy dalk ek het nog nooit begin nie maar ek wil vanoggend begin.

Kom ons vat nou ‘’n oomblik en daar waar jy is, wil jy nie dalk net met God praat nie wil jy nie net vir hom sê wat in jou hart aangaan nie. Of as jy net stil wees en rus in hom doen dit nou.

Gebed.

50 Dae van HOOP – Week 7: Kyk Hy kom!

 

 

Vandag kom ons by ons laaste boodskap in ons reeks oor HOOP.

Ek hoop dat julle na hierdie 6 weke baie meer ewigheidsHOOP in julle het as 6 weke gelede toe ons begin het.  Ek hoop dat jou “hoop-tenk” vol geraak het omdat jy elke dag by die bron van HOOP uitgekom het. Ek hoop dat jy ‘n nuwe definisie gekry het vir Bybelse HOOP. Ek hoop dat jy geleer het om op die Here te wag, die Een wat jou laat vlieg soos ‘n arend, hardloop en nie moeg raak nie en loop en nie struikel nie.

Vandag staan ons stil by die laaste hoofstuk van die Bybel.  Open. 22.

Die hele boek Openbaring is ‘n boek van HOOP.  Nie HOOP dat ons gaan ontsnap van die moeilikhede in hierdie lewe nie maar HOOP dat Jesus belowe het dat Hy met ons is en dat Hy vir ons ‘n plek gaan voorberei het.

 

Open. 22:7-10   “Jesus sê toe: “Kyk, Ek kom gou! Geseënd is elkeen wat die profetiese woorde in hierdie boekrol gehoorsaam.” Ek, Johannes, het hierdie dinge gehoor en gesien. En toe ek dit gehoor en gesien het, het ek in aanbidding neergeval voor die voete van die engel wat al hierdie dinge aan my uitgewys het. Maar hy sê aan my: “Oppas, moenie! Ek is maar net ’n mededienskneg van jou en van jou medegelowiges, naamlik die profete, en van dié wat die woorde van hierdie boekrol gehoorsaam. Aanbid God!” Hy het toe aan my ’n opdrag gegee: “Moenie die woorde van hierdie profetiese boekrol verseël nie, want die eindtyd is naby.”  NLV

Open. 22:20-21“Hy wat hierdie dinge getuig, sê: “Ja, Ek kom gou!” Amen! Kom, Here Jesus! Mag die genade van die Here Jesus met julle almal wees.”

Wat jy eerstens moet verstaan van hierdie gedeelte is dat dit ‘n visioen of ‘n beeld was wat Johannes ontvang het toe Hy hierdie van die Here gekry het.  M.a.w. dit is hoe dit kan wees maar dit kan ook baie meer wees as dit wat Hy gesien en beskryf het.  Dit is nie bedoel om ‘n presiese boodskap oor te dra wat in my opinie ontsyfer en geïnterpreteer moet word in hedendaagse gebeure nie.

Vandag is ons besorg oor HOOP in Openbaring.

Terwyl ek aan hierdie gedeelte dink wat nogal ‘n moeilike boek is om te verstaan, juis omdat Jesus sê Hy kom gou en hier is ons 2000+ jaar later het daar een beeld by my opgekom wat ek vandag wil gebruik en wat ek hoop by jou ook sal bly.

 

Baby-in-utero

 

Hierdie beeld omskryf vir my die boodskap van Openbaring en Hoop so goed.

  1. Volledig maar nog nie volmaak nie.

Jy sien hier is die dilemma van ons lewe hier op aarde.

Ons het wonderlike beloftes en baie van hulle sien ons nog nie.

Ons omdat ons so sintuiglik ingestel is verloor ons perspektief na ‘n ruk wanneer ons nie die beloftes sien waar word nie.

Een van hierdie beloftes is Jesus se woorde, ‘Ek kom gou!’  Daar is baie ander ook.

Dink net weer aan ons beeld van die ongebore babatjie in ‘n moeder se maag.

Wanneer daardie kind op so 18 weke kom is al die fisiologiese elemente van n volwasse mens daar alhoewel hy/sy nog nie gebore is nie.

Een van die absolute wonders van hierdie lewe is om ‘n pasgebore babatjie se aanskou.

Alles is so perfek.  Klein maar perfek.

 

Ek dink dit is hoe die kruis vir ons moet wees.  Die kruis het alles vir ons betaal.

Die belofte van verlossing is volledig.  Die belofte van vrede is volledig.

Die belofte van genade en liefde is volledig.  MAAR dit is nog nie volmaak nie.

Ons sien nie elke dag liefde in hierdie wêreld waarin ons lewe nie.

Ons sien nie elke dag geregtigheid in die wêreld waarin ons lewe nie.

Hoekom?  Want die geboorte het nog nie plaasgevind nie.

 

Die volheid is daar.  Jy kan ‘n scan doen en sien min of meer hoe hierdie wonderlike lewe is wat God vir ons belowe maar dit is net ‘n scan.  Eers met die tweede koms van Jesus Christus vind die geboorte plaas.  Dan kom die volmaaktheid, dan is daar perfeksie.

Die Grieks gebruik die woordjie parousia.  Dit beteken die 2de koms van Iemand.  Van Christus.

Tot op daardie dag is daar nog ontwikkeling wat moet plaasvind.

God se hand agter die skerms is nog aan die werk.  Hy is besig.

 

Hoekom het ons dan HOOP?  Vra vir ‘n swanger moeder.

Het jy HOOP dat daardie kind van jou gebore sal word?  Wat sal sy antwoord, natuurlik.

Dit moet gou gebeur.  Dit raak ongemaklik.  Die tyd moet gou kom. Ek kan nie wag nie.

Maar ek kan hierdie kind in my voel skop, daarom is ek opgewonde, daarom het ek HOOP.

Met jou wedergeboorte is die saad van die ewigheid in jou gesit en dit is besig om te groei.  Die koninkryk van God is aan die werk in elkeen van ons deur die Heilige Gees.

 

  1. Wag op die belofte

Dink weer aan die swanger vrou.  Sy moet wag.  Die belofte is daar, die tekens is daar.

Maar sy kan nie die dag te vroeg bepaal nie.  Sy moet wag vir die regte tyd.

As die tyd reg is, dan vind daar ‘n geboorte plaas.

Voel die wag soms lank?  Natuurlik.  Dit is hoekom ‘n swanger vrou in dae en weke tel.

Die res van die wêreld tel in maande, net ‘n swanger vrou tel in weke.

Hoekom, want sy moet wag.  Te vroeg en dan is daar probleme.

 

Waar in jou lewe is daar dinge waarop jy nie wil wag nie?

Ek dink ons natuur is om dinge maklik en vinnig te wil hê.

Maar net soos ‘n baba op die regte tyd gebore moet word moet ek en jy ook wag totdat God op die regte tyd sy beloftes of Sy wil aan ons bekend maak.

 

Dink aan Jesus se belofte aan ons.  “Ek kom gou.”

Ek dink God het ‘n ander definisie aan gou.  Dink maar aan:

Ps. 90:4     “Duisend jaar is vir U soos gister as dit verby is, soos een enkele wagbeurt in die nag.”

Maar dit is nie ‘n wag op die belofte en sit net stil nie.

Nee, ‘n swanger vrou gaan aan met haar lewe soveel so wat sy kan.

Maar terwyl sy aangaan is daar stadig maar seker iets besig om in haar te gebeur.  Sonder dat sy dit besef is die dag besig om al nader te kom.

Hoop het altyd ‘n element van WAG by.  Dink maar aan elkeen van die amper 3500 beloftes in die Bybel.  Baie van hulle is sonder dat ons besef besig om te gebeur.

 

Wat doen ons intussen?  Moet ons stil sit en niks doen?

Nee, net soos ‘n swanger vrou wat aangaan is ons steeds besig om ons eie storie te skryf

in die groter storie van God wat aan die gebeur is.

My storie gaan waarskynlik nie God se groter storie in die wêreld betekenisvol beïnvloed nie.  Maar my storie saam met God maak ‘n verskil aan God se storie.

My lewe maak saak vir God.  Hy het immers sy Seun se lewe gegee sodat nie een hoef verlore te gaan nie.  Daarom is ek ‘n medewerker van God hier op aarde.  Hy wil my gebruik.

 

Rom 8:19-25      “Die skepping smag na daardie dag wanneer God sy kinders openlik bekend sal stel. Want teen sy wil is die ganse skepping in ’n sinnelose kringloop van aftakeling vasgevang as gevolg van God se straf op die eerste mense se ongehoorsaamheid. Die ganse skepping sien uit na die dag wanneer dit ook self van die slawediens aan hierdie verganklikheid bevry sal word en deel sal kry aan die heerlike vryheid van God se kinders. Ons weet immers dat die ganse skepping nog steeds aan die kreun is soos iemand met geboortepyne. Wat meer is, ons wat die Gees as voorsmaak en waarborg van ons toekomstige heerlikheid ontvang het, kreun ook in ons binneste in ons smagting om van ons verganklike liggame verlos te word. Noudat ons verlos is, sien ons uit na ons toekomstige heerlikheid. Want as jy iets reeds het, hoef jy nie meer daarna uit te sien nie. Maar as jy dit nog nie het nie, sien jy gretig en volhardend daarna uit.”  NLV

As jy iets reeds het, hoef jy nie meer daarna uit te sien nie…

Dit is wat beloftes is.  Dink maar aan ons gebou wat ons besig is om te bou.

Dit is iets om na uit te sien.  Hoekom? Want dit is nog nie daar nie.

Dit skep HOOP in ons.  Partykeer dan vervaag die hoop.  Dit hoop lek uit.  Niks gebeur vir ‘n ruk nie.  Jy kyk na die omstandighede wat nou ongunstig is.

Maar HOOP is om terug te gaan na die belofte toe.  Dit is soos om na daardie model daar agter in die saal te gaan kyk en vir jouself te sê, onthou.  Ons het ‘n belofte.

Onthou daar is ‘n plan.  Al sien ek nie elke dag die plan nie, ek weet daar is een.

Kyk na die model, lees weer die belofte, kyk na die wonderwerke van die verlede.

Dan skep dit weer nuwe HOOP in jou innerlike mens.

 

Drie keer in Open. 22 sê Jesus, EK kom gou.  (vers 7,12,20)

Dit moet jou laat besef dat dit seker is.  Dit is nie wishful thinking nie.  Dit is ‘n realiteit.

Ons kan dit net nog nie sien nie. Net soos ‘n swanger vrou haar kind nog nie kan sien nie.

Maar hy/sy is daar.  Die tyd is besig om verby te gaan.

Die geboorte gaan plaasvind. Die verlossing van hierdie sinnelose lewe met tye gaan kom.

Moenie die fout maak om te dink daar is nie ‘n groter realiteit aan die werk as jou klein koninkrykie en jou bestaan nie.

En Hy wil jou uitnooi om in Sy realiteit in te stap.

Om HOOP te hê omdat Hy nie leë beloftes maak nie.

Hy wil jou lewe gebruik om Sy storie hier op aarde te skryf.

Hy wil jou in Sy koninkryk innooi en jou deel maak van Sy beloftes.

Hy wil jou verlos van die gebrokenheid van hierdie wêreld.

Hy wil jou ‘n helder lig maak in ‘n hopelose wêreld.

Hy’t jou beplan, Hy ken jou, Hy roep jou, Hy nooi jou uit in Sy wêreld in.

En wat Hy vra is – los daardie sinnelose lewe wat geen HOOP het nie.

Wat nie sin maak nie.  Wat altyd soek na nog meer en nooit tevrede word nie.

Los die lewe wat nooit jou dors les nie.

En kom dink by die fontein van HOOP. Maak jou HOOP-tenk vol met God se beloftes.

Laat die bron van HOOP vir jou nuwe brille gee om te kyk na jou lewe en jou omstandighede.

Ek het ‘n vriend wat… net wil goed voel

Hy kyk na die lewe as ‘n uitdaging om geluk te vind. Hy soek heeltyd na plesier in sy lewe.  Wanneer hy goed voel, dan is die lewe vir hom die moeite werd.  Hy kyk na homself as ‘n verantwoordelike persoon wat sy lewe so leef dat hy enige vorm van ongemak vermy en wegkom van enige vorm van pyn.  Soos Freud gesê het, glo hy, ‘n gesonde mens is iemand wat pyn vermy en plesier in jou lewe in te bou.

Sy lewensbesluite word altyd geneem op grond van die vraag, hoe laat dit my voel?  Iemand wat net dinge doen wanneer hulle goed voel daaroor, sukkel natuurlik om commitments te maak.  Want as dit nie goed voel nie, dan is dit mos tydmors.  Hoekom tyd aan iets spandeer wat jy nie onmiddellik enige vorm van plesier sal gee nie?  As dit my nie lekker laat voel nie maak nie saak wat dit is nie, dan is dit nie vir my nie.

Wanneer so iemand dan ‘n gelowige word dan begin hulle glo dat God net vir hulle geluk wil gee.  God is daar om hulle lief te hê en om enige vorm van ongemak of frustrasie uit hulle lewe te verwyder.  Hy interpreteer Jesus se lewe in die lig van hierdie siening.  Jesus het gesterf, sodat ek kan lewe.  Jesus het arm geword sodat ek ryk kan word.  Jesus het pyn verduur sodat ek nie pyn hoef te verduur nie.

Ek sien soveel van myself ook in hierdie vriend en ek kan met baie daarvan identifiseer.

Maar ek moet ook dink aan Jesus se woorde aan Petrus in Matteus 16.  Dit lyk nogal of Petrus ook hierdie goed voel ingesteldheid gehad het en dat Jesus gekom het om hom te help om ‘n posisie en sukses in die lewe te bereik.

Matteus 16:21-15       “Van toe af het Jesus dit vir sy dissipels duidelik begin stel dat Hy Jerusalem toe moet gaan en baie moet ly onder die familiehoofde, die priesterhoofde en die skrifgeleerdes, en dat Hy doodgemaak moet word, en die derde dag uit die dood opgewek moet word. Petrus het Hom toe opsy geneem en Hom begin berispe: “Mag God dit verhoed, Here! Dit sal beslis nie met U gebeur nie.” Maar Jesus het na Petrus toe gedraai en vir hom gesê: “Moenie in my pad staan nie, Satan! Jy is vir My ‘n struikelblok, want jy dink nie aan wat God wil hê nie, maar aan wat die mense wil hê.”

Toe sê Jesus vir sy dissipels: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry.”  1983 NAV

Toe Jesus vir Petrus sê dat dit nou nodig is dat Hy Jerusalem toe moet gaan want die tyd het gekom dat Hy moet sterf en ly.  Toe sê Petrus, nooit, dit sal nie gebeur nie.

Dit pas nie in sy idee van die lewe nie.  Ook nie in sy idee van God nie.

God sal jou mos nie ondertoe vat nie, Hy vat jou net boontoe en hoër.

En dan draai Jesus na Petrus toe en sê vir hom, jy het geen idee hoe God werk nie.

Mat. 16:25-26     “Don’t run from suffering; embrace it. Follow me and I’ll show you how. Self-help is no help at all. Self-sacrifice is the way, my way, to finding yourself, your true self.”  MSG

 

Nie net gaan Ek ly nie sê Jesus, jy gaan ook ly.  Jy het ook ‘n kruis om te dra Petrus.

Vat dit wat God vir jou gee.  As jy dit nie doen nie, sal jy groot skade aan jou eie lewe doen.  Jy sal nie jou ware self vind nie, jy sal jou siel verloor in die proses.

Vir hierdie vriend, is daar drie vrae wat ek dink die moeite werd is om oor te dink:

  1. Hoe kyk jy na die lewe?  (Lewensbeskouing)
  2. Wie is God vir jou?  (Godsbeskouing)
  3. Hoe sien jy jouself?  (Mensbeskouing)

Wat moet jy doen, wat is jou rol en verantwoordelikheid in die lewe?

  1. Hoe kyk jy na die lewe?

Die lewe is plesier en pyn.  Dit is die realiteit van ons bestaan.

As jy enigiets anders verwag gaan jy altyd aanhou soek na iets wat jy nie gaan vind nie.

Jy soek dalk na ‘n perfekte wêreld wat nog nie hier is nie.  Dit is ook nie God se rol om jou gelukkig in hierdie lewe te maak nie.  Dit is ‘n gevaarlike realiteit.

As jy nie met hierdie realiteit wil lewe nie sal dit vir jou baie moeilik wees.

Daar is nie net fisiese realiteite nie maar ook psigiese en geestelike realiteite waarmee ons moet vereenselwig in die lewe.

 

Die lewe se realiteit is ook dat daar soms pyn in die lewe is.  Dit is deel van die lewe.  As jy dit probeer ontsnap dan probeer jy iets ontsnap wat onvermydelik deel van die lewe is.

Net so is geluk ook deel van ons lewe.  Ek moet albei kan vat.

Beide plesier en pyn.  Nie net een van die twee nie.

Ons oriëntasie van kleins af is dat ons pyn wil vermy.

Maar goeie ouers sal vir jou leer dat jy nie net die lekker in die lewe kan kry nie maar die slegte is baie keer nodig om jou te vorm.

Dit is die beginsel van uitgestelde genot – dat ek my lewe so leef dat ek eers die pyn van dinge ervaar en daarna kan ek die beloning wat gewoonlik groter is soveel meer ervaar.

 

Baie van ons het swaar gekry om te kom waar ons vandag is.  Ons wil dit nie vir ons kinders hê nie en dan doen ons baie keer te veel vir hulle.  Die uiteinde is dat hulle alles op ‘n bord wil hê, en hulle leer nie om hard te werk, om ook te sukkel met dinge nie.

Is dit nie ook wat in verhoudings gebeur nie?

Ons kom in ‘n huwelik in met die verwagting dat iemand my gelukkig gaan maak.  Vir baie mense is hulle troudag dan ook die hoogtepunt van hulle lewe.  Maar op ‘n dag kom die realiteit by, daar is frustrasie, daar is teleurstelling, dan is uitgangspunte oor die lewe wat verskil, daar is ontnugtering.

Dan is daar ook dikwels die laagste laag in iemand se lewe, dat hierdie verhouding nie alles is wat ek gedink het dit sal wees nie.

 

 

En dan gaan enige verhouding ook deur ‘n seisoen van pyn wanneer jy voel maar ek wil nie met hierdie pyn sit nie.  Nou as jou verwagting van die lewe so is dat jy net hoogtepunte wil hê en net romantiese oomblikke en blomme dan kom jy op ‘n plek waar jy voel dit is nie waarvoor ek opgeteken het nie.  Dit is nie wat ek wil hê vir myself nie.

 

‘n Totale commitment is nie om net een deel van jouself vir iemand te gee nie.  As dit my nie meer pas nie en daar is pyn wat deurgewerk moet word dan stap ek eerder daarvan weg nie.

En hoekom commit mense vandag nie meer so maklik nie?  Daar is baie redes maar een daarvan is dat mense voel ek is bang ek kry seer, ek is bang dit is nie wat ek gedink het dit sal wees nie.  So, ek hou eerder my opsies oop.

 

Aan die ander kant kan ek sê, ek vermy pyn en ek gaan net vir dit wat die plesier in my lewe vir my bring.  As ek nie lus is vir iets nie dan doen ek dit nie.

As dit my vandag gelukkig maak, dan gaan ek daarvoor.

Pred. 2:10“Alles wat my oë begeer het, het ek my nie ontsê nie. Ek het my nie teruggehou van enige plesier nie. Ek het genot gevind in my harde werk. Dit was my beloning vir al my inspanning. Ek het daarna egter nagedink oor alles wat ek bereik het, oor al die moeite wat ek gedoen het. Ek het besef hoe sinloos dit alles is. Dis niks anders as ’n gejaag na wind nie.”  NLV

Wat sê hy, alles wat ek gedink het my gelukkig gaan maak, het dit nie gedoen nie.

Nie geld nie, nie vrouens nie, nie plesier nie.  Dit het nie werklike lewensgeluk gebring nie.

Die kersie op die koek kan nie die koek wees nie.  Plesier kan my nie gelukkig maak nie.

 

Aan die ander kant kan jy weer mense kry wat voel hulle is bestem vir pyn.

Ons kry dit dikwels met mense wat hulself heeltemal vir ander gee en hulle eie behoeftes heeltemal eenkant sit.  Hulle wil net doen vir ander.

Maar hulle bereik nooit die punt wanneer hulle ‘nee’ kan begin sê nie, hulle voel hulle verdien dit.  Dit is hoe die lewe is, net om swaar te kry.

En alles gebeur buite hulle.  Hulle kan nie self kies nie.  Nee, die besluite word vir hulle gemaak.  Die kontrole van hulle lewe lê buite hulself.

 

So ons dilemma is met die lewe.  Daar is plesier wat ons s’n is.  Dan is daar pyn wat ons s’n is.  Ons moet met albei kan leef anders werk ons lewe nie uit nie.

 

  1. Wie is God vir jou?

Die idee dat God daar is net om vir my dinge te laat uitwerk en net om vir my plesier te verskaf in die lewe sit my op net soos in enige verhouding om ‘n groot teleurstelling te ervaar.

Want as Hy dan net al jou paaie gelyk moet maak en daar kom ‘n dag wat jy voel Hy maak nie die pad voor jou gelyk nie dan doen Hy nie waarvoor Hy daar is nie.

En die een groot vraag wat jy gaan ontwikkel is:  Hoe kan ‘n God van liefde dit aan MY doen?

Ek doen alles wat ek kan, om Hom gelukkig te maak en Hy gee nie vir my wat ek nou nodig het nie.

 

Jesus sê vir Petrus, God gaan jou nie help om nie pyn te hê nie.

Maar, jy gaan God kan vind in jou pyn.

As hierdie goed jou pad langs kom, dan is God met jou.  En as jy dit vat, dan kan daar groot en wonderlike goed in jou lewe gebeur.

Dit is wat Jesus bedoel het toe Hy gesê het, Ek moet nou Jerusalem toe gaan en Ek gaan moet ly en dan sal ek sterf maar dan sal Ek opgewek uit die dood kan word.

 

Dink ‘n bietjie vandag aan Sy emosionele lyding wat net so groot gewees.

Hy word verraai deur Sy beste vriende.  Die een wat die naaste aan Hom was, Petrus, is die een wat sy rug op Hom draai toe dinge moeilik raak.

Dan is daar Sy eie planne wat Hy moes opgee.

Hoekom sal Jesus dan bid, nie My wil nie maar U wil moet geskied.

Maar deur hierdie bloed sweet wat Hy moes deurgaan, die teleurstelling van almal wat Hy geken het op aarde, het Hy ‘n nuwe lewe en ‘n nuwe opstanding beleef.

 

  1. Hoe dink jy oor jouself?

Col 3:5      “And that means killing off everything connected with that way of death: sexual promiscuity, impurity, lust, doing whatever you feel like whenever you feel like it, and grabbing whatever attracts your fancy. That’s a life shaped by things and feelings instead of by God.”  MSG

Dink maar aan al die lewensfases ook waardeur ons moet gaan.  Van ‘n baba na ‘n kind, van kind na ‘n tiener toe, van tiener na adolessent, van adolessent na jong volwassene, van trou, van kinders kry, van kinders wat groot word en hulle eie lewe begin leef.  Al hierdie dinge is moeilik.

Dit bring groot plesier en ook vreugde ja, maar dit bring ook baie pyn en seer in die lewe.

Deur die pyn in die lewe te wil uithaal en net te leef vir die plesier lewe, is om eintlik die werklike plesier in die lewe te mis.

Elke lewensfase bring pyn vir ons.  Dit is amper soos ‘n nuwe identiteit wat gevorm word.

Soos wat ‘n mens in hierdie wêreld inkom met groot pyn.

 

Hier is die vraag vanoggend:  Word jy uitgenooi om jou kruis op te neem vandag?

Dalk sit jy met frustrasie, met iets wat nie afgehandel is nie, iets wat nie nou uitwerk nie.

Is jy een van daardie haastige mense, jy wil dit nou hê?

As ek my kruis vermy en net wil goed voel, dan het ek ‘n ander kruis wat ek dra maar dit is nie Sy kruis nie.  Dan raak dit te swaar vir jou.

Jesus sê my kruis, My las, is lig en sag.

Dit bly ‘n kruis maar dit lei na lewe toe.   Deur die pyn kom daar op die ou einde oorwinning.  Jy vind jou ware self, jou siel gaan nie verlore nie, jy vind hom. Iets sal met jou gebeur wat jy nie kan glo nie, ‘n opstanding uit die dood uit.  As jy kan wag, as jy kan dra aan die onvoltooidheid van hierdie dinge, dan sê die Here vir jou ek gee vir jou ‘n opstanding.

Hy sê dat Hy elke behoefte en begeerte van jou vervul.  Kan ons dit glo?

(Aangepas en gebruik met toestemming van Mosaiek en Dr. Johan Geyser)

Ek het ‘n vriend wat… pessimisties is

 

 

Waar was jy 24 April 1994?  Ek onthou dat ek gaan stem het.  Ek onthou dat daar die was wat gedink het dit gaan nou die einde van Suid Afrika wees.  Die wat blikkies kos gekoop het en voorrade opgebou het in hulle ondergrondse skuilings vir wanneer die burgeroorlog sou uitbreek.

Maar ek onthou ook drome.  Dat ons land miskien na die jare se afsondering en apartheid nou ‘n nuwe toekoms het.  Dat daar tog plek vir almal in ‘n nuwe Suid Afrika kan wees.  Mense het eers gedink hoe gaan ‘n swart man, Nelson Mandela vaar as president.  Later het meeste darem besef dat daar baie drome is wat ook gebore is soos die Rugby wêreldbeker 1995.

En so ook ons, ons sit drome en beloftes vir onsself uit en ons glo hoe verder ons stap hoe nader aan daardie beloftes sal ons kom.  Israel het hierdie droom gehad.  Dat hulle vry kan wees, dat hulle ‘n beloofde land kan kry.   En soos tyd aangegaan het, het hulle geglo sal hulle nader aan daardie droom kom.  Abraham – jy gaan ‘n groot nageslag hê en in jou gaan die hele aarde geseën word.  Dan is dit Jakob en Josef.

Josef word darem tweede in bevel in Egipte en dit is seker ‘n tree nader aan die belofte.  Dan is daar Moses.  Wat hulle bevry van die Egiptenare, dit is nader aan die belofte.  Dan is die 40 jaar in die woestyn, wat ‘n moeilike tyd was maar aan die einde daarvan was hulle nader aan die belofte gewees.

Uiteindelik kom hulle in Kanaän aan, die beloofde land, die land van melk en heuning.  Nou is hulle nog nader aan die belofte.   Dan gebeur daar iets – daar is amper soos ‘n burgeroorlog.  En die volk skeur in twee.

Die noordelike stamme word dan weggevoer deur die Assiriërs. Ons hoor nie weer van hulle nie.  Die Suidelike stamme was nog so rukkie daar en toe kom die Babiloniërs.  En hulle vat Juda weg en hulle ontvoer hulle.  En hulle beland in Babel.  En hier sit hierdie klomp Israeliete en hulle eindig in Babel, myle ver van die belofte af en hulle weet nie wat om te doen nie.

Dit was baie erg vir hulle.  Nie net beloftes so effens buite bereik gelyk nie, dit is asof hulle hele geskiedenis in ‘n ander rigting begin beweeg.

En hulle het gevoel, dit is nie net of dit nou langer gaan neem nie, dit is asof ons in ‘n totale ander rigting gaan en wegbeweeg.  Asof daardie drome gesterf het.

Van die musikante in daardie tyd het liede geskryf soos:

Ps. 137:1, 4        “By die riviere van Babel, daar het ons gesit, en ons trane het gevloei as ons aan Sion dink.  Hoe kan ons die lied van die Here sing in ’n vreemde land?”

Hulle is op hierdie plek van absolute moedeloosheid.

As jy na die koerante en nuus kyk die afgelope jaar dan is daar mense wat ‘n soortgelyke prentjie skets van ons land en waarheen ons op pad is.  Dinge is op pad ondertoe en hoopvolle toekoms is vinnig besig om te verdwyn.

Ouens soos Steve Hofmeyer en ander sal ‘n prentjie skets wat min of meer so lyk:

Ons het begin met ‘n droom in 1994.  En daar was n paar tree gewees in daardie rigting.  Kom ons sê Rugby Wêreldbeker.  Mandela was toe nie so slegte president nie, dit was ‘n tree in die regte rigting.  Die sokker wêreld beker was ook ‘n groot tree.

Maar ons het dit alles verloor.  Dit waarvoor ons gebid en geglo het is weg.

Die pessimiste sê, hier waar ons nou is.  Dit is nie asof ons stadiger of kleiner tree gee nie, dit is asof ons in ‘n totale ander rigting beweeg.  Wat gaan van ons word?  En wat gebeur as jy jouself konstant bombardeer met inligting dat ons weg beweeg van die belofte?

Jy word moedeloos, jy verloor hoop, ALLES wat gebeur is negatief.  Jy voel, die geskiedenis is besig om teen ons te draai.  Dalk is jy so pessimis en soos ons dit eerder wil sê, ‘n realis.

Dit voel of ons wegstap van die belofte af.  Wat gaan aan met die myne, wat gaan aan met die ekonomie?

Dit is waar die ouens sit wanneer Jeremia skryf in Jeremia 29.  Hulle sit in Babel.  Die mense wat so bietjie navorsing gedoen het sê daar is twee agendas wat hier afspeel.

1. ‘n Joodse agenda – trek laer.

Ons sit nou hier, ons is nie deel van hulle nie, ons gaan onsself eenkant hou en afsonder.

Ons met ons geloof gaan onsself eenkant hou.

Toe is daar selfs profete soos Gananja wat profeteer en sê die Here sê die volgende:

Jer. 28:4   “want Ek sal die juk wat Babel se koning julle oplê, verbreek.”

Oor twee jaar sal julle teruggaan nie meer hier wees nie.  God gaan julle verlos.

Moenie deel word van Babel nie, God gaan hulle vernietig.

Jeremia het eers gesê mag dit so wees maar toe hy met die Here gepraat het daaroor het die Here gesê dat dit nie die waarheid is nie.  Hy gaan hulle nie verlos nie.

Hulle sal in Babel bly en Nebukadnesar dien.

 

  1. Babiloniese se agenda – word deel van ons.

Hulle het vir die volke gesê, julle kan deel word van ons sisteem, ons voorspoed word.

Neem net ons manier kultuur, geloof en manier van dinge aan.

As jy hard werk gaan jy bo uitkom.

Wat dan gebeur het is, binne 2 of 3 generasies bestaan daardie volk of geloof nie meer nie en hulle het eintlik maar Babiloniërs geword.

Nou dit is in hierdie wêreld wat Jeremia vir hulle skryf terwyl hulle heeltemal moed verloor het en teen die vloer sit.  Dalk het jy ‘n vriend wat so voel.  Totaal hulpeloos begin voel.

Jeremia skryf hierdie ongelooflik brief vir hulle en ek wil 4 dinge vir julle uitlig vandag:

 

Jeremia vertel vir hulle en sê: julle sit nou hier in ballingskap, die eerste ding wat julle moet doen is om:

1.  Laat gaan jou droom.

Dit wat jy dink hoe dinge veronderstel is om uit te werk en jy voel nie dit gaan na daardie rigting toe nie.  Los daardie droom.

Jeremia sê vir hulle, daardie is goed waaraan julle vashou, goed wat julle glo.

En julle voel, as ek dit nie kan kry nie… weier ek om verder deel te wees van alles.

Ek het my droom en ek moet daar uitkom, maak nie saak wat nie.

Baie daarvan is nie noodwendig God se agenda nie, dit is drome dat dinge gerieflik en gemaklik vir ons sal uitwerk.  Alles moet vir MY uitwerk, vergeet van God en sy plan met my lewe en met ons land.  Solank dinge net vir my gesin uitwerk, dis al wat belangrik is.

 

Dit is seker een van die heel moeilikste dinge om te doen.  Om te sê vir hierdie droom, hierdie prentjie wat ek in my kop het, jy moet gaan.

Jer. 29:4-8         “Bou vir julle huise in Babel om in te bly. Maak vir julle tuine en eet die kos wat uit die tuine kom. Julle moet ook trou en kinders hê. Sorg ook dat julle kinders maats kry om mee te trou. Mag hulle vir julle baie kleinkinders gee. Werk daaraan dat julle getalle meer word en nie minder nie. Doen ook julle deel dat daar vrede en voorspoed in Babel sal wees. Vra ook in gebed vir die Here dat dit goed sal gaan met die stad waar julle aangekom het toe julle uit julle land weggevat is. As dit met Babel goed gaan, sal dit ook met julle goed gaan.” Die Here wat die God van Israel is, sê: “Moenie toelaat dat die profete en die waarsêers wat daar by julle is, julle bedrieg nie. Julle moet julle ook nie steur aan hulle drome nie.”  DB

God het ‘n plan, Hy het ‘n droom maar Sy plan is dalk anders as jou plan.  Hulle het gedink God se droom is om hierdie groot politieke mag te verslaan.  God gaan kom en die Babiloniërs vernietig en hulle uitwis.

Dit is ook hoekom hulle nie die Messias herken toe Hy gekom het nie.  Hulle het aan hulle eie drome vasgehou. Wat die Here se profeet Jeremia vir hulle sê is, laat hierdie drome gaan.  Moenie luister vir die valse profete wat sê oor twee jaar sal alles fantasties wees nie.

Luister eers, word eers stil en hoor regtig by God.  Waarheen nooi Hy jou na toe uit?

  1. Bou die plek waar jy nou is – Babel.

Daar waar julle nou is, in die plek wat nie vir julle sin maak nie.  In die vreemde goddelose plek.  Onder hierdie leiers wat nie God vrees nie en julle nie wil dien nie.

Bou huise, maak tuine, vergroot julle families, wees so suksesvol soos julle kan.

Jer. 29:7   “Vra ook in gebed vir die Here dat dit goed sal gaan met die stad waar julle aangekom het toe julle uit julle land weggevat is. As dit met Babel goed gaan, sal dit ook met julle goed gaan.”  DB

Hulle haat hierdie Babiloniërs – die Here sê vir hulle, waartoe julle geroep word is om daar waar julle is, lig te wees, te skyn, ‘n verskil te maak.

Hy sê nie vir hulle word soos hulle, neem hulle kultuur, geloof en gebruike aan nie.

Nee, die Here sê vir hulle, wees my kinders op ‘n plek wat vir julle nou donker is.

Maak ‘n verskil waar daar nie hoop is nie.

Bly by My, Ek is saam met julle hier.  Word lief vir hierdie heidene, moenie julleself eenkant hou nie.

Ek dink hulle was vies en kwaad toe hulle hierdie brief gekry het.

Later sê die Here, julle gaan nog vir 70 jaar hier wees.  Moenie jou tas pak nie, pak hom maar uit.  Besef dat My plan groter as jou plan dalk is.

As jy later sien watter verskil Daniel en sy vriende kon maak in so donker plek dan besef jy hoe groot God se plan eintlik was.

Daniel het nie soos hulle geword nie.  Hy het homself ook nie eenkant gehou nie.

Hy het ‘n verskil gemaak.

Later sê Jesus, julle is ‘n stad op ‘n berg.  Leef so, dat die mense julle werke sien.

Daar is vir hulle ‘n roeping in die moedeloosheid, in die ballingskap, in die vreemde.

Moenie net in dinge wees vir jouself en jou eie voordeel nie.

Leef julle vir julle eie koninkryke of leef julle vir My koninkryk?

Die derde ding wat Jeremia vir hulle sê is, toe julle nog in Jerusalem was en die droom gehad het en gevoel het julle kom al nader daaraan, toe het alles so uitgewerk vir julle.

Nou sit hulle in die vreemde, dit was vir hulle ‘n enorme ding dat hulle tempel afgebreek was.  Hulle het amper hulle God verloor deurdat hulle nie meer ‘n tempel gehad het nie.

Kyk moedeloosheid bring jou op daardie plek, waar jy voel, ek het God verloor, waar is Hy dan nou, dat ek Hom nodig het?    Dan kom die uitnodiging:

 

  1. God kom op nuwe maniere

In die moedeloosheid bring Jeremia vir hulle die uitnodiging, raak bewus – die Here kom op nuwe maniere.  Op vars maniere.

Kyk uit daarvoor dat God julle gaan verras.

Die vraag is dalk vir jou, Hoe oop is jy dat God jou kan verras?

Dalk is daar iets in jou wat voel, dit is nie meer soos dit was nie.  Ja, dit is nie meer soos dit was nie.  Maar beteken dit dat God ophou werk het?

Beteken dit dat God gaan kom soos Hy in die verlede gekom het?

Beteken dit dat jou idee van voorspoed weer gaan gebeur?

Dalk nie, God is altyd nuut, Hy is vars.  Die oomblik wat jy dink nou het ek dit.

Nou weet ek hoe Hy werk, dan verloor jy dit.

Want Hy is net soveel meer as wat ons dink Hy kan wees.

 

  1. Dit lyk soos die einde, maar dit is nie.

Dit lyk of geskiedenis teen hulle gedraai het.  Dit lyk dalk of dit die einde is maar dit is nie.

Dit lyk of Jesus vandag dalk more sal kom, maar julle sal nie weet nie.  Dalk eers oor 100 jaar.

Hoe verder jy lees, sien jy hierdie bewustheid by hulle, al lyk dit soos die einde, is God nog steeds besig met iets.

Die storie gaan aan.  Dit lyk of dit hopeloos is maar dit is nie.

En Jesus die Messias kom op ‘n tyd in hulle geskiedenis toe hulle Hom die minste verwag het.  God het hulle totaal verras.  Dié dat meeste van hulle Hom nie erken het nie want hulle het hom nie verwag in ‘n tyd toe dit gelyk het soos die einde nie.

Jesus kom nie Jerusalem en tempel toe nie.  Die plek waar Hy moet heers en regeer.

Nee, Jesus kom Betlehem toe.  ‘n Romeinse keiser regeer toe Hy kom.

Hy kom in omstandighede wat nie gunstig is vir ‘n bewys van Sy mag nie.

Hy kom in daardie ongemaklike spasie in.

Dit wat julle gedink het die einde is, was toe nie.

Die Here sê:  Ek werk wanneer jy dit nie verwag nie.  Ek daag op wanneer daar nie meer hoop oor is nie.   Selfs toe Jesus sterf en in die graf gesit word.  Dan lyk dit of alles verby is.  Dit lyk of dinge nie uitgewerk het nie of God hom misgis het met hierdie aardse magte.

Van die sterkste en mees inspirerende mense in die geskiedenis is mense wat geleef het in die hopelose van omstandighede en hoopvol en dankbaar geleef het.

Mense wat gesê het, dit wat lyk soos die einde, dit is nie die einde nie.  Daar is hoop.

Jesus sê, kom Ek gee vir jou nuwe brille.

Kom Ek gee vir jou die hoop wat jy soek in ‘n hopelose omgewing.

Die graf is leeg.  God is hier, Hy is tussen ons.  Hy verras ons.

Hy sê vir ons, Ek is nog steeds hier, Ek is nog steeds in beheer.

Jer. 29:11“Ek weet wat Ek vir julle in gedagte het. Ek beplan dat goeie dinge met julle sal gebeur en nie slegte goed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê.”  DB

(Gebruik en aangepas met toestemming van Mosaiek)

Ek het ‘n vriend wat… glo maar nie kerk toe gaan nie

 

 

Ek het nogal ‘n paar vriende wat glo maar nooit kerk toe gaan nie.  Van hulle sal hulself as toegewyde gelowiges beskryf maar hulle behoort nêrens aan ‘n kerk nie.  Dit lyk nogal of dit ‘n tendens is wêreldwyd dat mense hulself as spiritueel beskryf maar nie hulle vir verbind aan ‘n plaaslike kerk nie.  Van die idees wat my geïnspireer het vir die boodskap kom van Mosaïek gemeente in Johannesburg waar die tendens nogal sterk aan die toeneem is.

Sekere kenners skryf, “It is not that people are leaving the church, they are just not going to the church.  They are indifferent.”  Hulle is onbetrokke en dit maak nie saak vir hulle nie.  Ek het self vir my doktorale studie gesels met mense wat meer as 12 maande laas in die kerk was, hulself nog gesien het as kerklidmate maar net nie meer gegaan het nie.  Rapport sê 89% van die mense onder 30 jaar sê dat hulle glo in God maar net 25% gaan kerk toe so nou en dan.  Net 10% sê hulle kom ten minste1 keer in ‘n maand in die kerk.  Sommige teoloë voel ook dat die gestruktueerde kerk nie ‘n rol het in die samelewing nie.  So mens vra hoekom, en is dit dan enigsins belangrik dat iemand kerk toe gaan as dit dan skynbaar nie iets sê van sy/haar geestelike lewe nie? Wanneer ‘n mens met hulle gesels dan kry mens baie redes hoekom mense voel hulle wil nie meer kerk toe gaan nie.

‘n Baie algemene rede is dat mense voel dat dit nie regtig iets vir hulle beteken nie.

Ek kry nie iets by die kerk nie.  Baie van my vriende voel Sondae is húlle dag. Op hierdie dag ry hulle fiets, doen inkopies, kry bietjie rus in want die lewe is so gejaagd deesdae, jy kan net nie by alles uitkom nie.

Ander is weer baie teleurgesteld in die kerk.  Soos Jan Spies altyd gesê het, het hy nie ‘n probleem met die Here nie maar hy het nogal ‘n probleem met die Here se grondpersoneel hier op aarde.

Hulle voel vies vir mense by die kerk en het seergekry by die kerk.  Nog ‘n rede is, die kerk sit vol skynheiliges. Hulle sê een ding en hulle leef dit nie uit nie.  En baie van hulle praat uit ervaring uit.  Hulle sal bv. sê as iemand in besigheid sê hy is ‘n Christen dan sal hulle juis nie met so persoon besigheid doen nie.  Hulle het nie integriteit nie.

Die kerk het ook nie die vermoë om regtig te help wanneer dit nodig is nie.  As ek regtig in die moeilikheid is kyk ek eerder na sielkundiges of kenners op die gebied.  So, die kerk kan nie my lewe regtig help nie.  Sy het nie die vermoë nie.

As mens bv. kyk na die kruistogte in die donder eeue dan het die kerk al elke sonde moontlik gepleeg en baie van die juis in die naam van die Here.  Daar is selfs mense waarvan ek weet wat voel dat die kerk selfs nadelig vir jou is.  As jy wil groei in jou geloof en in jou verhouding met God moet jy juis die kerk vermy.  Hy voel die kerk het al die antwoorde en hulle beheer alles.  So die kerk sê, dit is reg, dit is nie reg nie. Moenie dit doen nie, doen dit.  Hulle weet alles.  Alles gaan net oor posisie en geld en om ‘n paar ouens te beskerm in hulle posisies.

Nou ek wonder nogal hoe die wêreld of die tydsgees nie ‘n invloed op hulle siening het nie.  Daar is seker baie woorde wat ons kan gebruik oor ons kultuur vandag.  Dinge soos verbruikers georiënteerd, narsisties, net ingestel op hulself. Die hoogste waarde in vandag se kultuur is totale onafhanklikheid.   Ek wonder nogal of daar nie iets daarvan in my vriende is as hulle sê, ek doen wat ek geniet nie.  Ek kyk wat werk vir my.  Ek gaan nie oorboord met my geloof nie.

Ek hou eenvoudige nie van georganiseerde godsdiens nie.  Maar ek het ‘n diep honger in my en ek soek na dinge om die honger te stil.  As ek iets nodig het, dan sal ek daarna soek en ek sal dit kry op verskillende plekke.

Wat sê ek vir my vriende wat so oor die kerk en die lewe dink?

Wel, dit is natuurlik moeilik want hoe sal ‘n mens iemand se ervaring van die kerk veral teengaan en sê maar dit is nie reg nie.  Ek meen as ‘n restaurant jou slegte diens gegee het, dan het hy dit gedoen en as jy besluit ek gaan nie weer soontoe terug nie, wie kan daarmee stry? Dit is my ervaring.  Maar ek dink ‘n mens moet ook hierna kyk nie net vanuit jou ervaring nie.

Dalk moet ons nie na die kerk van onder af kyk nie maar eerder na die kerk van bo af.  Daar is ook ‘n ander perspektief as net my eie ervaring.  Hoe kyk God na Sy kerk?  Vanoggend wil ek jou neem na ‘n moeilike gedeelte in die Bybel.

Joh. 6:51-56

“Ek is die lewende brood wat uit die hemel gekom het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy ewig lewe. En die brood wat Ek sal gee, is my liggaam. Ek gee dit sodat die wêreld kan lewe.”  Die Jode het toe onder mekaar begin stry en gesê: “Hoe kan hy sy liggaam vir ons gee om te eet?”  Maar Jesus sê vir hulle: “Dit verseker Ek julle: As julle nie die liggaam van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle nie die lewe in julle nie.  Wie my liggaam eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan. My liggaam is die ware voedsel, en my bloed is die ware drank. Wie my liggaam eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom.”  AFR83

As jy ‘n gedeelte wil hê waar kommentare verskil van mekaar is dit hierdie gedeelte.

Joh. 6:51  “Ek is die lewende brood wat uit die hemel gekom het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy ewig lewe.”  AFR83

Jesus sê, Ek is die lewende brood.  Jesus bedoel natuurlik dit nie letterlik nie.

Joh. 6:40  “Dit is die wil van my Vader: dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo, die ewige lewe sal hê…”

Om te glo – is om te eet.  Jesus sê as jy My kan aanneem en jy kan My inneem in jou lewe.  Dan sal jy die lewe ontdek binne in jou en hierdie lewe is die ewige lewe.  So , Jesus nooi hulle uit om te kom eet. Geestelike voeding wat ons kan kry deur Hom te eet of dan in Hom te glo.

Dan sê Jesus.  Ek is die brood maar ek sal vir julle ook brood gee.  Joh. 6:51  “En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.”  AFR53

Alles draai om die woordjie vlees.  Ek gaan dit vir julle gee en wat Ek gee is my vlees.

Die vertaling wat ons vroeër gelees het sê, “My liggaam.”

Die woordjie wat ons daar het vir vlees in die Grieks is:  Sarx – dit is liggaam.

Jesus sê, Ek gaan vir julle my Liggaam gee.  En dit gaan lewe in die wêreld inbring.

Nou as die Bybel praat van die liggaam van Christus of “Body of Christ” kan dit 3 dinge beteken:

  1. Die historiese fisiese liggaam van Jesus.
  2. Dit kan beteken die nagmaal.  Onthou toe Jesus die nagmaal ingestel het, het Jesus vir hulle gesê, dit is My liggaam.  Eet dit.  Drink dit.
  3. Sy kerk.  Dit is My liggaam. ” This is My body.”

 

So, ons kan sê dat hierdie na die nagmaal verwys.  As ek glo in Christus en die nagmaal gebruik en vier, dan kan ons die lewe kry daardeur.  Maar dit kan ook beteken dat Hy hier verwys na die kerk van Jesus Christus.  Persoonlik dink ek dit is waarna Jesus verwys want, dit is nie sy fisiese liggaam nie.

Dit kan ook nie net die nagmaal wees nie want hierdie mense was baie ontsteld oor Jesus se woorde.  Dit wat hier gebeur het is:  Die mense volg Jesus, hulle wou Hom koning maak.  Daar is ‘n groot skare, een preek en feitlik almal loop weg en net so paar dissipels bly oor.

Wat was dit wat hulle so ontstel het?

Dit was hierdie idee dat Jesus gesê het, julle sal dit nou moet eet deur My liggaam, die kerk.  M.a.w. die pad na God toe is nie ‘n individuele reis nie.  Jy doen dit deur ander mense.  Dit kom ook na jou toe deur ander mense.  En hierdie pad wat jy gaan stap, stap jy saam met ander feilbare mense.  Dit is wat dit beteken om ‘n liggaam te wees.  Jy gaan met My te doen kry deur My liggaam.

Die kerk is…  1. Sy liggaam

Ek wil jou terugvat na jou eie lewe toe.  Hoe het God na jou toe gekom?  As jy vanoggend hier sit en jy het ‘n verhouding met Jesus Christus. ‘n Lewendige hoop dat Jesus leef.  En Hy werk in jou lewe.

Vraag:  Hoe het dit na jou toe gekom?

Kyk meeste van ons het iemand gehad wat jou pad gekruis het en getuig het.  Ek het so vriend gehad wat saam my tennis gespeel het op skool.  Hy het my genooi om saam hom kerk toe te gaan.  Daar aangekom, het die pastoor alles van my af geweet.  Hy het NET vir MY gepreek.  Ek het die Heilige Gees so tasbaar ervaar dat ek myself sommer die tweede keer wat ek daar was laat doop het omdat ek gevoel het iets het in my lewe gebeur.

Ek het die Here so tasbaar ervaar in die diens dat dit feitlik ‘n hele ketting van gebeure in my lewe aan die gang gesit het.  Ek onthou hoe daar so honger in my was dat ek enigiets wat my kant toe gekom het in die vorm van kursusse, Bybelskool, geleenthede om te groei verslind het.  Die Here het na my toe gekom, deur die kerk.

Ek ontmoet ander gelowiges daar.  Baie van hulle het ‘n groot rol in my lewe gespeel om my die mens te maak wat ek vandag is.  Ek het ook ontdek dat hulle foute het en uitdagings het.  Maar meeste van hulle was met hulle foute deur die Here gebruik.  Wat ek ook baie gou ontdek het, is hierdie reis, is nie ‘n individuele reis nie.

Toe Jesus sy dissipels roep en sê, kom.  Wat is die eerste ding wat hulle besef het, ek is nie alleen nie.  Die ander ouens lyk maar bietjie suspect maar hulle saam my op ‘n reis.  Jesus leer hulle – julle verhouding met My, is ‘n verhouding met mekaar ook.

Toe Saul die kerk vervolg.  Toe kry hy ‘n visioen en die Here sê vir hom:

Hand. 9:4  “…waarom vervolg jy my?”

Vervolg Saul Jesus self?  Nee, hy vervolg mense wat Jesus se kerk was op daardie stadium.  En tog sê die Here vir Saul op daardie stadium:  Waarom vervolg jy My?  Wat sê die Here vir hom toe?  Gaan nou na reguitstraat toe, daar sal jy gelowiges kry, hulle sal jou leer, hulle sal jou wys.

Hoekom so?  Die Here praat tog direk met hom en roep hom.  Hoekom dan hierdie ander feilbare grondpersoneel van hom gebruik?  Dit is hoe ek dit wil hê sê die Here.  Dit is my liggaam.  Ek wil werk deur my liggaam.

  1. Is gebroke.

Die Griekse woord wat gebruik word is:  SARX.

Wanneer SARX gebruik word dan verwys dit altyd na die gebroke liggaam.  Die liggaam met sintuie, die liggaam wat siek kan raak, die liggaam wat sondig is.  En nou sê Hy, ek wil hê jy moet My SARX eet, My gebroke liggaam eet.  Hierdie liggaam van my, kom na jou toe deur gebroke mense.

En as jy nie kan deel met my liggaam of SARX nie, kan jy ook nie met my deel nie.

“You cannot deal with a perfect, all-loving, all-forgiving and all-understanding God in heaven if you cannot deal with a less than perfect, less than forgiving, less than understanding community here on earth.” Ronald Rolheiser

1 Joh 4:21          “En hierdie gebod het ons van Hom gekry: Wie vir God liefhet, moet ook sy broer liefhê.”  AFR83

Die Here sê, as jy met My wil deel, dan moet jy ook met gebrokenheid in mense kan deel.  Ons wil dit tog so anders hê.  Hulle moet alles reg doen, want ek doen alles reg.  Hulle moet perfekte integriteit hê, want ek het mos perfekte integriteit.  Die oomblik wat ek weg van die Here kerk of liggaam wil beweeg, dan sê ek dat ek nie met die Here wil ontmoet soos wat Hy gekies het om met gelowiges deur die eeue te ontmoet nie.

As jy mense leer ken, dan sal jy ontnugter raak.  Maar dit is so belangrik.  Dit is deel van die proses.  Anders sê jy, ek wil die pad stap maar ek wil nie SARXdeel van die liggaam wees nie.  En die Here sê maar jy moet anders kan deel van my plan met my kerk vind nie.  As jy ‘n goeie kerk kry wat perfek is.  Moenie deel van hulle word nie want dan gaan hulle nie meer volmaak wees nie.  Dit bestaan nie.

Alle families is disfunksioneel.  Alle persone is nie perfek nie.  Alle instellings het ‘n disfunksionele aspek in hulle.  Elke kerk het ‘n less than perfect aspek in hulle.  Daarom is die prent van Christus met die twee rowers aan die kante seker een van die beelde wat ons kan gebruik vir die kerk.

“How much I must criticize you, my church and yet how much I love you! You have made me suffer more than anyone and yet I owe more to you than to anyone.  I should like to see you destroyed and yet I need your presence.  You have given me much scandal and yet you alone have made me understand holiness. Never in this world have I seen anything more compromised, more false, yet never have I touched anything more pure, more generous or more beautiful. Countless times I have felt like slamming the door of my soul in your face – and yet, every night, I have prayed that I might die in your sure arms! No, I cannot be free of you, for I am one with you, even if not completely you. Then too – where would I go? To build another church? But I could not build one without the same defects, for they are my defects. And again, if I were to build another church it would be my church, not Christ’s church. No. I am old enough. I know better!” ~ Carlo Carretto

  1. ‘n misterie (verborgenheid).

Efes. 5:32“Hierdie verborgenheid is groot, maar ek sê dit met die oog op Christus en die gemeente.”  AFR53

Dan praat hy van ‘n man en vrou wat een word en hierdie eenheid is ‘n simbool van die eenheid wat tussen Christus en Sy kerk bestaan.  En die eenheid wat nog gaan kom.  Dit is ‘n verborgenheid.  Engels:  “This is a mystery.” Jy kan dit nie volkome verstaan nie.  Maar dit is ‘n realiteit.   Daar is iets van die misterie van God waarmee jy te doen kry wanneer jy met die Kerk te doen kry.

Dink maar aan alles wat in die Kerk fout gegaan het oor die eeue sedert dit ontstaan het met Jesus se koms aarde toe?  Noem dit en die Kerk het die fout gemaak.  Hoe kan die Kerk bly oorleef?  Die Kerk is verban, die Kerk is onderdruk, die Kerk is doodgemaak.  Wat is dit wat die Kerk laat aanhou voortbestaan?

Waar kom hospitale vandaan?  Waar kom universiteite vandaan?  Wanneer het gewone mense begin geletterd raak?  Alles die Kerk.  Wat is dit wat maak dat ten spyte van haar gebrokenheid die Kerk so fenomenale bydrae lewer in die wêreld?   Dit is ‘n misterie.

Dit is hiervoor waarvoor duisende selfs vandag nog bereid is om hulle lewe te gee.  Nie vir ‘n mens nie.  Vir die Kerk, vir God.  Dit is dalk die uitnodiging.  Gaan ek dit aanvaar, gaan ek dit nie aanvaar nie?  Dieselfde met die lewe van Jesus.  Gaan ek dit aanvaar, gaan ek dit nie aanvaar nie?  Die Bybel, gaan ek glo dit is deur feilbare mense geskryf maar tog is dit die Woord van God?

Die Kerk is Sy bruid.  Daar gaan eendag ‘n groot bruilof wees.  Dit is moeilik om dit te glo maar dit is die belofte waaraan elke gelowige vashou.  Dat die Kerk op die ou einde elke mag in hierdie wêreld gaan oorwin.  Die Here sê dit is vir wie Ek gaan kom.  Dit is my Bruid.

Kan jy dit glo?