“Son staan stil” gebede
[powerpress]
[powerpress]
[powerpress]
Sommige lesse in die lewe leer ons op die harde manier.
Die Here gee vir ons soveel wyshede in die Bybel maar soms gebeur dit dat die universiteit van die lewe ons ’n paar lesse moet leer.
Dit is waarna ons gaan kyk in hierdie reeks. Slaggate wat ons moet vermy.
Slaggate wat jou sal laat voel wanneer jy in hulle getrap het, nooit weer nie.
Rom. 12:6 “Ons het gawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. Ons moet hierdie vermoëns reg gebruik.” NLV
Vandag se slaggat: Nooit weer… moet jy iets doen wat vereis dat jy iemand moet wees wat jy nie is nie. Ek het dit al ’n paar keer vertel maar vergun my dit weer te vertel.
Toe ek in matriek was soos hierdie matrieks vir wie ons vanoggend gebid het, het ek baie idees en drome wat my toekoms aanbetref.
Dit was ’n blye dag toe ek matriek geslaag het, nie so goed as wat ek en ander gedink het nie maar ten minste kon ek universiteit toe gaan.
Ek onthou hoe ek besluit het om in te skryf vir B.Com Rek en ek het gedink dat ek ’n C.A. sou word en myself iewers in ’n groot mpy sou opwerk.
Halfpad deur my eerste jaar het daar ’n besef by my gekom dat hierdie rekeningkunde waarmee ek nie te sleg was nie, nie my passie kan wees vir my hele lewe nie.
Ek sal nooit die dag vergeet wat ek saam met my pa gery het en vir hom gevra het, sal hy my dwing om iets te doen wat ek nie wil doen nie.
My pa is vanoggend hier, hy sal die dag ook onthou, ek kan selfs die plek in die kar onthou waar ek vir hom gevra het of ek eerder teologie kan gaan studeer want hierdie rekeningkunde en finansiële bestuur sou my van my kopaf maak.
Ek wou met mense werk, nie met syfers nie. Dit was net nie ek nie.
Die grootste besef was natuurlik dat ek die Here se roeping in my lewe al sterker en sterker begin ervaar het.
Ek wou niks anders met my lewe doen as om voltyds vir Hom te werk nie.
Natuurlik het ek my pa se geld vir my eerste jaar op universiteit gemors maar hopelik is die vrug van my besluit sigbaar vandag in my lewe.
Geen geld, goeie posisie of besigheid sou daarvoor kon opmaak nie.
As jy nie op die regte plek is nie sal jy innerlik begin verdor, Want ons kan nie vir baie lank iemand wees of doen wat ons nie regtig is nie.
As jy op die regte plek is, sal ’n nuwe wêreld vir jou oopgaan. Jy sal lewendig voel.
Jou tyd gaan verbyvlieg, voordat jy jouself kan kry, gaan ’n dag verby wees.
Daar gaan ’n diepe genot in jou wees, iets wat geen vergoeding vir jou kan gee nie.
Om iets te studeer, om iets te doen dag vir dag wat nie in lyn is met jou gawes en wie die Here jou gemaak het om te wees nie sal die genot en die lewe uit jou dreineer.
En dit sal op allerhande maniere sigbaar word vir mense in jou lewe.
Wanneer is dit ’n goeie ding om nie “ek te wees” nie?
Ek sê nie vanoggend dat ’n mens nooit dinge moet doen wat jy nie van hou nie.
Partykeer is dit die verantwoordelike ding om te doen.
Soos om soms ’n werk te aanvaar wat nie jy is nie, maar jy weet dit gaan jou instaan stel om jou gesin te onderhou wat vir jou belangriker is as jou eie gemak.
Wanneer jy iets doen wat nie werklik “jy” is nie doen jy dit om ’n rede wat waarlik “jy” is. Die liefde vir ’n persoon of jou gesin of ’n doelwit in jou lewe.
Wanneer jy dit as opoffering doen, is die motiverende faktor waarlik jy.
Bv. Ek is nie ’n blye vroeë opstaner nie. Ek kan veel eerder laat wakker bly.
Maar kan ek ’n doelwit hê soos verlede jaar gehad het om die Ironman te doen.
Dit het vereis dat ek vir maande lank vroeg moes opstaan sodat ek kon oefen voordat my dag begin. Die vroeë oggende was nie ek nie, maar die oefening en uitdaging was ek.
Die naweek het ons die Leadership Summit bygewoon en Jim Collins, een van die sprekers het gepraat van 3 dinge in ons lewe wat bymekaar moet uitkom:
Waaroor is jy baie passievol? (Jou waardes en missie) |
|
Wat dryf jou ekonomiese enjin? Tyd, inkomste. |
Waarmee is jy die beste in die hierdie wêreld? (Gawes / Talente) |
Bly by God se plan vir jou lewe
God het jou op ’n sekere manier gemaak, met sekere vermoëns en passies.
Die Bybel praat van hierdie vermoëns as gawes. Op Saterdag 7 November gaan ons weer ’n 1 dag retraite aanbied om ons te help om hierdie gawes weer te ontdek en so bietjie af te stof, want van ons het gawes maar ons begrawe hulle.
En ons vergeet dat die Here eendag van ons rekenskap gaan vra van alles wat Hy vir ons gegee het insluitend elke liewe gawe wat Hy vir ons gegee het.
So dit is ons verantwoordelikheid om hulle te ontdek en hulle te begin uitleef.
Ons keuses het ewige impak. Sommige is baie moeilik om te verander.
Ek lees van ’n chirurg wat nie ’n dokter wou wees nie maar hy het een geword a.g.v. die druk van vele geslagte voor hom in sy familie.
Sy ware liefde was musiek en kuns. Hy het probeer om iemand te wees wat hy nie is nie.
Hy het ’n IK van ’n miljoen gehad, wonderlike vaardighede en tog het hy voortdurend foute gemaak – soos om sponse en instrumente in mense se ingewande te vergeet.
Totdat die wanpraktyksake en ontevrede hospitale besluit het om vir hom ’n besluit te neem wat hy jare gelede al moes neem. Die dokter ding was ‘nie hy nie’.
Dit geld nie net vir werk nie. Ook vir verhoudings.
Sandy wou baie graag twee dinge in die lewe hê. ’n Huwelik en aansien.
Sy het albei gekry toe sy op Ben verlief geraak het en met hom getrou het.
Die probleem was dat Ben se persoonlikheid, waardes, familie en lewenstyl so gerig was op homself dat hy min plek gehad het vir buigsaamheid en opofferende liefde.
Om met Ben geassosieer te wees, het beteken om met alles geassosieer te wees wat Ben was.
Sandy het nie ingepas nie – nie met Ben nie en nie met wat saam met hom gekom het nie, Maar sy was verlief op die fantasie daarvan en het probeer om iemand te wees wat sy nie was nie, sodat sy kon hê wat sy begeer het.
Ben se familie het haar versmoor en die sosiale druk om iemand met ’n sekere voorkoms en aansien te wees het haar vasgedruk en depressief gemaak.
Maar omdat Ben die status gehad het waarna sy so gestreef het, het sy in ontkenning begin leef dat dit inbreuk gemaak het op wie sy werklik was.
Sy het uiterlik gelyk soos iemand wat ’n droom lewe, met ’n droom man maar innerlik het sy doodgegaan en miserabel en baie verwyte begin leef.
Wat sê ek? Soms moet ons sekere skatte of passies in die lewe prys gee om juis ander te kry wat selfs meer kosbaar vir ons is.
Wat ek ook nie sê nie is: die lewe gaan oor my.
Ek sê glad nie vanoggend dat die lewe oor my of jou moet gaan nie. Allermins.
Die lewe gaan oor opoffering. Dit is tog die voorbeeld wat Jesus vir ons gelos het.
Om altyd te doen waarvan ek hou en wat vir my lekker is, druis teen die hart van Christus in. Om werk te doen wat nie jy is nie maar jou in staat stel om vir jou kind se opvoeding te betaal is die regte te ding om te doen, dit is opoffering.
Om ons eie gerief vir iemand anders of vir ’n groter doel soos God se koninkryk op te offer is die gesindheid en liefde wat Jesus vir ons kom wys net.
Fil. 2:3 “Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.” AFR83
Wat ek wel sê is: jy moet weet wie jy is en wat God vir jou gegee het om te doen.
En as dit beteken dat jy vir seisoene van jou lewe dalk opofferings moet maak sodat jy op die lang duur God se opdrag en missie aan jou kan uitvoer dan moet jy dit kan doen.
Maar moet nooit vergeet dat die lewe oor verhoudings gaan en oor liefde nie.
Al die voorsiening in die wêreld kan nooit opmaak vir ’n ma of ’n pa wat nie ’n intieme konneksie met hulle kinders het nie.
Rom. 12:3 “…sê ek aan elkeen van julle dat jy nie jouself moet oorskat nie, maar dat jy jouself nugter moet beoordeel volgens die geestelike toerusting wat God aan jou toebedeel het.” NLV
Hoekom is jy hier op aarde?
Is dit om geld te maak? Is dit om prestasies te lys?
Ek dink ons is hier omdat God ons wil gebruik in Sy koninkryk.
Is dit sodat ons genoeg kan bymekaarmaak vir ons oudag?
Nee, ek dink dit is dat Hy van ons sy dissipels wil maak en wil gebruik om ander mense Sy dissipels te maak. Ons primêre roeping is eerstens om God se kinders te wees.
Jy sien, vir ’n dissipel van Jesus is dit nie meer: “Waar is die beste moontlikhede vir my beroep? of “Waar kan ek die meeste geld maak?” nie.
Iemand wat hulle lewe rondom hierdie dinge bou sal altyd teleurgesteld wees wanneer hulle dit bereik of dit dalk nooit bereik nie.
Maar as jy vra: Wat is God se wil vir my hier waar ek nou is? Wat het God in my hand gesit om vir Hom te doen? Wat is Sy agenda vir hierdie wêreld?
Dan sal ek al my hoop in Hom plaas. Dan sal ek uitvind dat Hy die bron van Hoop is en nie my sekuriteit of werk nie.
Hy gee elke liewe een van Sy dissipels ’n doel. Nooit raak ek verveeld as ek in Sy diens staan nie. Hy is by jou lewe betrokke met ’n plan en doel.
Hy het vir jou ’n geseëlde koevert gegee wat jy moet oopmaak met jou opdrag. En hierdie opdrag is iets wat jy moet ontdek en weer ontdek en foute maak en weer ontdek.
Maar met tyd sal jy God se handskrif op jou lewensbrief ontsyfer en agterkom wat Hy van jou vra. En dit wat Hy van jou vra sal nie swaar of moeilik vir jou wees nie.
Nee, dit sal soos energieselle in jou lewe wees. Dit sal jou laat lewe.
Dit sal jou daardie ‘AHA’ gevoel gee. Die gevoel dat ek hiervoor gemaak is.
Eph. 2:10 “For we are His workmanship (masterpiece), created in Christ Jesus for good works, which God prepared beforehand that we should walk in them.” NKJV
Jy is Sy meesterstuk. As jy weer dink, maar ek is nie goed genoeg nie. Ek kan nie iets so goed doen soos iemand anders nie. Bely Efes. 2:10 “For I am His masterpiece.”
[powerpress]
Goeie more vriende en soos altyd ‘n voorreg om vanoggend met u te gesels en saam met u te leer hoe om beter Jesus volgelinge te wees.
Nou ek wil begin en vra dink vinnig aan die gelukkigste mees vreugdevolle mens wat jy ken of al ontmoet het. Nie daai fake persoon wat probeer nooit sad wees nie, nee iemand wat werklik gelukkig is, iemand wat dankbaar is vir hulle lewe en vertroue in God het. Hulle is optimisties oor die lewe en die toekoms. Hulle blaas energie en nuwe lewe in jou in as jy tyd met hulle spandeer. My oupa is een van daai voorbeelde in my lewe. Hy sal altyd sê hy het nog nooit op slegte plek gebly nie, want dis hoe jy oor die plek dink wat tel nie die plek self nie. Dis wat jy van jou tyd maak daar. Ek lag altyd as my oupa wat 85 is vir my sê hy het weer bingo vir die ou mense gaan hou, as ek hom vra hoe oud is die ou mense dan is hy soos 60 maar hulle wag mos om dood te gaan.
Nou dink aan iemand wat die mees on gelukkigste mens is, hulle moan altyd en alles is altyd verkeerd, Alles is altyd te veel vir hulle en hulle is net negatief. Dink aan hulle moet nie nou na hulle kyk of vinger wys of in die ribbes stamp nie, nee dink net aan hulle. Dis nie lekker om by so persoon te wees nie nè?
As ons eerlik is dan is ons almal op soek na geluk nè. Ons wil net gelukkig wees want dis lekker om gelukkig te wees, dis lekker om te lag. Maar vir een of ander rede is dit asof geluk baie moeilik is om vas te vat of sal ek sê ewige geluk. Ons kry soms geluk maar dis asof dit net ‘n rukkie hou en dan moet ons verder soek.
So ruk terug het een van die grootste komediante in die wêreld selfmoord gepleeg. Robin Williams en hy was ongelooflik en het altyd mense laat lag van my gunsteling flieks is Mrs doubtfire en Patch Adams en hoe hartseer is dit nie dat die persoon wat vir soveel mense vreugde en geluk gebring het eendag so alleen en ongelukkig was dat hy net nie meer kon aangaan nie en eerder sy lewe beëindig het.
Die slim mense sê dat in vandag se tyd depressie 10 keer meer algemeen is as in die 1960 maar die skokkende feit is dat die algemene ouderdom wanneer mense depressief begin raak het in 1960 was 29.5 in vandag se tyd is dit so vroeg soos 14.5.
Vriende kinders van 14 behoort nie te struggle met so iets nie iets is fout.
En daarom wil ek vandag gesels oor die soeke na geluk en waar kan mense geluk vind.
Die boek van Filippense in die nuwe testament is vol van die tema geluk. Het julle geweet dat geluk en sinonieme vir geluk word 14 keer gebruik in die 4 hoofstukke.
Die ongelooflike ding is dit word deur Paulus geskryf maar Paulus is nie op Hartenbos se strand besig om die son en see-in te neem nie. Hy is nie om ‘n braaivleis vuur met ‘n koue koeldrankie saam met buddies na die bokke die wêreld beker gewen het nie. Hy het nie so pas die lotto gewen of is in Disney World nie. Nee, Paulus is in die tronk. Hy is in kettings en soos Braam 2 weke terug gepreek het en ons vertel het hy is ook aan iemand van geketting en in groot moeilikheid want sy verhoor is op pad en hy kan dalk ter dood veroordeel word. Ten spyte van dit is Paulus besig om te skryf oor Blydskap, vreugde, geluk.
Fil1:(4)Ek bid altyd in al my gebede met blydskap vir julle almal. Onthou hy is in die tronk en hy skryf vir almal buite.
Altyd ’n baie interessant die woord altyd. Ek bid altyd nie soms as dit beter gaan nie nee altyd met blydskap.
Dan gaan hy verder (5)omdat julle, van die eerste dag wat julle die Goeie Nuus gehoor het, tot vandag toe saamgewerk het om dit verder uit te dra.(6)Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom.
Oortuig is nog ‘n interessante woord hy is oortuig hy het vertroue in God en dat God sal die goeie werk voortsit. Hy het nie opgegee nie nee hy hou moed.
Die vraag is maar hoekom in Paulus so vol moed en blydskap en die formule vir sy geluk kry ons in die eerste sin van Fil. 1:1 Hierdie brief kom van Paulus en Timoteus, diensknegte van Christus Jesus.
Die Engels sê Paul and Timothy, servants of Christ Jesus, To all God’s holy people in Christ Jesus at Philippi, together with the overseers and deacons.
Julle sien in al Paulus se briewe is daar hierdie formule. Hy begin meeste van die tyd sy briewe soos volg: Hierdie brief kom van Paulus wat deur God gekies is om ’n apostel van Christus Jesus te wees, maar in sy brief aan Filippense sê hy diensknegte.
Hoekom sê hy diensknegte in die brief. Julle sien Filippense was ’n baie ryk en eksklusiewe gemeenskap. Hulle was deel van die Romeinse ryk. Die slim mense die geskiedenis junkies sê dat Rome was die mees status bewuste kolonie ter wêreld hulle was eintlik obsessief oor status en wat mense van hulle dink.
Filipe was gebou op die gedagte om hulle self te bevorder en beter te wees dit het gegaan oor hulle status en bymekaarmaak van goed.
In Filipe die manier om gelukkig te wees was om die status leer te klim. Hier kom Paulus en hy gebruik ‘n woord wat nie algemeen was in hulle taal nie. Die woord wat Paulus gebruik se betekenis is letterlik om ‘n slaaf te wees. Hy gaan so vêr as wat hy kan af op die status leer tot heel onder. Hy is soos ek is nie die een wat luuksheid en status het nie nee ek is ‘n dienskneg ‘n slaaf tot iemand groter as ek.
Dit bring ons by die geluk of blydskap paradox. Ek sal nooit gelukkig wees as my heel belangrikste doel op aarde is om gelukkig te wees nie.
Huh wat sê jy daar Steve, ek sê ek sal nooit gelukkig wees as my heel belangrikste doel op aarde is om gelukkig te wees nie. Vriende julle sien blydskap of geluk is ‘n byproduk wat kom in ons soeke na iets groter en beter as die tydelike.
Vriende iets wat belangriker is as ‘n gelukkige lewe is ‘n lewe van betekenis. Daar is ‘n studie gedoen deur Stanford en hulle het besef dat daar is ‘n verskil tussen ‘n gelukkige lewe en ‘n lewe van betekenis.
‘n Gelukkige lewe sonder betekenis loop uit op ‘n baie self gesentreerde lewe en dis hoekom dit in die langtermyn leeg is en sinneloos is soos prediker dit beskryf.
Julle sien sulke mense sal goed sê en dink soos as dit net goed gaan met my sal ek gelukkig wees. Ek sal gelukkig wees as almal net van my hou. Ek sal gelukkig wees as ek net werk het of daai werk kan kry en dan kry hulle daai werk en paar maande later is hulle ongelukkig want die baas is onregverdig of geld is te min. Ek sal gelukkig wees as ek net soveel geld het of verdien en dan kry ons soveel geld en ons dink as ek net ‘n bietjie meer gehad het.
Ek sal gelukkig wees as ek aftree en dit is so baie keer tree mense af en hulle is gelukkiger maar wat gebeur hulle betekenis neem af en later voel hulle dat hulle nie meer iets beteken nie en nie nodig is nie.
Net so dink mense wat nie kinders het nie as ek net kinders het en dan kom daai bondel vreugde en saam met daai bondel vreugde kom longe en min slaap en stinky vuil doeke en baie uitgawes en later ‘n mensie wat kan redeneer en terug praat. En soms gaan geluk en blydskap af en raak dit minder, maar betekenis gaan op want ons beteken iets vir iemand.
U sien vriende as mense aan die einde van hulle lewe kom dan is dit betekenis wat tel, het ek iets beteken het ek legacy gelos. U sien die Here het ons so gemaak dat ons geluk sal hê en groei soos betekenis in ons lewe groei.
As ek en jy en ons as kerk as Jesus volgelinge wil gelukkig wees moet ons besef dat daar is iets beter as ‘n gelukkige lewe en dis ‘n betekenisvolle lewe.
Ek wil graag 2 gedagtes vandag deel oor ’n betekenisvolle lewe wat lei na geluk.
Ware geluk kom nie wanneer mense vir my doen wat ek wil hê nie, maar wanneer ek vir ander mense doen wat hulle werklik nodig het. Wanneer ek vir iemand ’n klip uit die pad rol. Dis waarheen Paulus op pad is met die hele leër klim storie. Hy kom en probeer dat hulle verstaan dat Jesus nie gekom het om die leer te klim nie maar eerder af te klim en dis wat hy ook doen. Dis waar betekenis is. Dis in kleingoed doen. Net deur ’n koppie koue water.
Matt. 10:(42) 42Wie aan een van hierdie geringstes net ‘n beker koue water gee
Jesus praat oor dissipels hier maar ek glo die gedagte is vir ons almal om net iets klein vir iemand te doen.
So ruk terug het ek en die tieners oefening gehad en op pad huis toe soos ons in die pad aankom sien ons hierdie ou oom langs sy bakkie staan. Ons stop toe en vra of ons hom kan help lang storie kort hy sonder petrol gaan staan. 15 min uit ons dag en ons het ‘n groot klip uit die oom se pad gerol. Hy kon sy stories met ons deel en ons die oom se dag gemaak. Toe ons daar wegry het ek so goed gevoel nie omdat ek iets daaruit gekry het nie maar omdat ek iets kon doen want ek kan.
So julle huiswerk die week is doen iets goed vir iemand die week. Begin met die mense naby jou, begin met iets klein dit hoef nie dramaties te wees lewe of dood nie. Kam jou ma se hare en verf haar naels dat sy voel julle sien en waardeer haar. Seuns tel die honde pakkie op en help jou pa. Help daai moeilike ou by die werk en rol klip uit sy pad en wie weet dalk like hy jou. Doen net iets.
Iets wat ons doen by die huis is ons het ‘n koekie projek. Ons maak pakkies koekies by mekaar en dan ry ons met dit in ons kar rond. Ons deel die koekies uit aan koerant manne op pad skool toe, car guards, mense wat bedel by die verkeersligte.
Hoekom doen ons dit en die rede is ons wil vir mense iets mooi doen, maar hoop ek dat my seun sal ervaar hoe lekker dit is om vir ander iets te doen nie omdat hy iets daaruit uitkry nie maar omdat hy kan. En is dit nie wat ons as Jesus volgelinge moet leef nie, om iets vir mense te doen omdat ons kan. Wie weet later in sy lewe groei dit dalk na iets groot.
Daar is geen omstandigheid of eksterne situasie (geld, werk of plek) wat jou vir altyd sal gelukkig maak nie of jy geluk moet steel nie.
Ons lees hier in Hand 16:25 Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing. Die ander gevangenes het na hulle geluister.
Paulus weer in die tronk maar hulle is vol blydskap en sing lof tot God. Ek love dat die Bybel vir ons sê die ander ouens het geluister amper asof hulle keuse gehad het 12 uur in die aand.
Dan is Paulus in die tronk en skryf Filippense maar steeds is hy vol blydskap vol moed. Hy kom en skryf hierdie vers of ek bly leef en of ek moet sterf – Christus met volle vrymoedigheid verheerlik. 21Want vir my is die lewe Christus, en die sterwe wins.
Paulus kom en wil vir my en jou sê maak nie saak waar ek en jy ons self bevind in ons lewe nie wat saak maak dis in wie jy is wat saak maak. Dit maak nie saak wat jy is nie dit maak saak wie sin jy is. Dit maak nie saak wat jy het nie maar wie jou het. Want maak nie saak wat nie Jesus is altyd langs jou, agter jou en by jou. Hy kyk uit vir jou, He has your back. Jy is dalk op donker plek, dalk in jou eie tronk of gaan deur ‘n moeilike en hartseer tyd maar in Christus vind ek en jy geluk is ek en jy reg om deur wat ook al te gaan.
Vriende ek weet nie waar jy op jou reis is nie maar wat ek weet is jy hoef dit nie alleen te doen nie, jy kan ophou soek na geluk want daar is net een plek waar jy ware geluk sal vind en dis in die Lewegewer die seun van God Jesus Christus en hy is reg om jou op jou reis te ontmoet al wat jy hoef te doen, is om Hom in jou lewens boot in te nooi en jou hand in Syne te plaas en te sê Here ek weet dat waar ek is, is omdat ek geluk gesoek het op my eie maar ek het nodig dat U my lei deur hierdie dal van doodskaduwee ek het nodig dat U my weer by die tafel laat sit em my hoof salf met olie.
Vriende en soos jy begin om die reis saam met Hom te doen. Dit is dan wanneer jy werklik begin lewe, wanneer jy betekenis vind en dis dan wanneer jy geluk vind.
So mag jy begin om goed te doen vir ander net omdat jy kan en mag jy besef dat jou geluk is nie waar jy is nie maar in wie jy is en soos jy die lewe saam met Christus doen jou lewe sal groei in betekenis en daardeur dat jy soos Paulus ewige geluk sal vind.
Kom ons bid saam
[powerpress]
Goeie more vriende. Vandag saam met miljoene ander fees ons, ons celebrate ons ’n feit wat alles verander het. Dit is dat Jesus Christus seun van die lewendige God het opgestaan. Die graf is leeg die klip is weggerol en dood is oorwin. Hy is die almagtige Een. Die een wat lewe is maar ook die een wat ons lewegewer genoem kan word.
Vanoggend gaan ons stilstaan by Joh. 11 en ons kern vers is Joh. 11:25 Jesus het vir haar gesê: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterf hy ook. Die vers is ook so gepas by vandag.
Nou vandag gaan ons stilstaan by die storie van Lasarus se opstanding wat ons van lees in Joh. 11 en ek wil graag kyk na 3 verskillende maniere wat ons binne-in ons doodgaan en dan kyk hoe die opstanding van Jesus dit wat dood is weer lewendig kan maak.
Kom lees Joh. 11:1 (1)’n Sekere man met die naam Lasarus was siek. (Ons gaan later hoor hoe siek hy was dit was nie net verkoue of koppie het gepyn nie, nee later sterf hy). Hy was van Betanië, die tuis dorpie van Maria en haar suster Marta. (2)Dit was Maria wat die Here met aromatiese olie gesalf het en toe sy voete met haar hare afgedroog het. Dit is haar broer Lasarus wat siek was.
(3)Die susters het toe iemand na Jesus toe gestuur om te sê: “Here, kyk, hy vir wie U lief is, is siek.”
Nou ek wil net vinnig hier stop en noem dat alhoewel ons in die tyd celebrate weet ons ook is daar baie mense wat seer het, wat hartseer is, dalk het jy slegte nuus ontvang van iemand vir wie jy lief is, is baie siek, of dalk het jy geliefde verloor. Jy het dalk slegte nuus gekry oor jou werk of jou droom huwelik het verander in ‘’n nagmerrie. ’n jare lange vriendskap is verby of die hoof en onderwysers het jou gebel want hulle is bekommerd oor jou kind. Slegte nuus is net sleg daar is nooit goeie tyd daarvoor nie. Mag vanoggend se boodskap ook vir jou dra deur hierdie tyd.
Nou in die middel van die nuus wat Jesus ontvang kom Hy en sê iets ongelooflik.
(4)Jesus het die boodskap gehoor en gesê: “Hierdie siekte gaan nie op die dood uitloop nie, maar vind plaas om die heerlikheid van God sigbaar te maak sodat die Seun van God daardeur verheerlik word.”
Kom ek som gou vers 5 tot 14 op in my eie woorde julle is welkom om dit op julle ie te gaan lees.
Die bottom line is almal het gedink Jesus gaan alles drop en in sy Amarok (want die paai was mos grondpad) jump en jaag na Lasarus toe, maar wat doen Jesus? Niks vir 2 dae doen hy niks almal freak uit en Jesus hang uit. 2 dae later sê Jesus ok boys kom ons gaan Judea toe, die dissipels is soos Rabbi hulle wil jou doodmaak daar dink nie dis goeie idee nie, Jesus is soos maar Lasarus het aan slaap geraak en ons moet hom gaan wakker maak. Nou Jesus het nie bedoel Lasarus het moeg geraak en gaan doedoe nie nee Jesus gebruik metafoor om te sê Lasarus is dood en ons moet hom gaan lewendig maak.
Nou vandag wil ek uit die storie kyk na die karakters in die storie en 3 maniere wat ons doodgaan binne-in ons dalk is jy nou in so seisoen of dalk gebeur dit op ’n ander tyd.
Ek wil kyk na Tomas, Maria en Martha
Kom ons begin by Tomas. Tomas staan bekend aan ons as ongelowige Tomas hy wil eers vingers in gate druk voor hy glo. Die Bybel deur is Tomas bekend vir sy ongeloof. Tomas is dood aan binnekant a.g.v. ongeloof.
Ons lees van Tomas in vers 16 Tomas, wat ook Didimus genoem is, Didimus klink soos ’n bad rapper se naam. Ok sorry.
So Tomas is bietjie sarkasties hoor wat sê hy vir die ander dissipels: “Laat ons ook gaan sodat ons saam met Jesus kan sterf.” Onthou hulle is bang om terug te gaan want mense wil Jesus doodmaak Jesus sê ons gaan nou is Tomas besig om te twyfel.
As ons eerlik kan wees wie het al op een of ander stadium in jou geloof reis begin twyfel. Ek het al getwyfel, ek weet van baie mense wat al het en wat nou op so plek is.
Dalk het jy gebid en vertrou en geglo God kan iets doen of hy sal iets doen en Hy het nie en boom ons twyfel hoekom het hy nie iets gedoen nie?
Of iets sleg het gebeur met jou of iemand wat jy voor omgee en jy is dadelik maar as God goed is hoekom laat hy dit gebeur, as hy almagtig is hoekom keur hy dit nie. Ewe skielik is jy Tomas en iewers binne-in jou het jy doodgegaan in jou twyfel.
Of dalk is van julle soos Maria. Jy is nie dood in jou twyfel nie, jy is dood in jou teleurstelling jy is verslaan. Kyk na vers 20Toe Marta hoor dat Jesus op pad is, het sy Hom gaan ontmoet. Maria het egter in die huis bly sit.
Wat doen Maria sy bly in die huis sit. Hier kom die Rabbi, meer as dit ‘’n close ’n vriend iemand wat lief was vir hulle en sy is so verslaan, teleurgesteld, so ver ontmoedig dat sy in huis sit en nie eers uitkom nie. Dis amper asof sy sê ag hoekom uitkom hy is kla dood dis verby en niemand kan iets daaromtrent doen nie.
Ek vermoed dat van ons dalk daar is vandag. Ek kan niks verander nie, ek gaan altyd alleen wees. Ek gaan altyd depressed wees. Ek gaan altyd in hierdie werk sit wat ek haat en niks meer wees nie. Ek gaan nooit weer gelukkig wees nie. Niemand sal my ooit lief wil hê nie. Ek sal nooit goed genoeg wees nie. Ek gaan nooit daai droom huwelik he nie of ons gesin gaan net nooit so close wees nie. Ek gaan nooit daai spesiale en close verhouding he met my dogter of seun nie ek wil maar dit gaan nie gebeur nie.
En van julle is dalk daar julle gaan dit nie wys nie, want dis Paasfees en ons trek ons mooi klere aan. Ons is in die kerk vandag van ons ken selfs die regte goed om te sê en ons smile aan die buitekant daai maker is blink maar binne is ons verslaan, ontmoedig.
Van ons is dood in ons twyfel en van ons dood in ons ontmoediging maar van ons is dalk soos Martha.
Martha is dood in die wag (21)Marta het vir Jesus gesê: “Here, as U maar net hier was, sou my broer nie gesterf het nie.
Die boodskap sê dit so mooi. (21)“Here,” begin Marta sommer dadelik toe sy Hom sien. “Waar was U al die tyd? As U betyds hier was, kon U nog my broer gesond gemaak het. Dan het hy nou nog geleef.
Julle sien in vers (17)Toe Jesus daar aankom, het Hy uitgevind dat Lasarus al vier dae in die graf was.
Nou dis belangrike sin want in hulle tyd het mense geglo en dis nie uit Bybel nie dis maar wat hulle geglo het dat as iemand doodgaan die persoon se gees 3 dae lank daar rondhang vir as iemand besluit op nie meer dood te wees nie dan is die gees naby om weer in te klim en verder te gaan, maar dis dag 4 so Martha weet dis te laat Jesus is 1 dag te laat.
So in haar gedagtes is Lasarus nou heeltemal dood nie net half dood nie hy is morsdood, hy is so dood dat later in die storie lees ons Marta wil Jesus keer toe hy sê rol weg die klip deur te sê dat hy sleg sal ruik. Die king James sê he stinketh. So hy is super dood.
Vers 21 as U maar net hier was, sou my broer nie gesterf het nie. Here u het te lank gevat, Here u is te laat. En van julle is soos Marta en voel Here waar is jy hoekom beantwoord U nie my gebede nie.
Jy bid vir ’n gelowige persoon saam met wie jy jou lewe kan deel maar dit gebeur nie.
Van julle bid en vertrou dat ’n geliefde naby aan jou die Here se goedheid ervaar en hoe harder jy bid lyk dit asof daai persoon al verder en verder van God afgaan.
Of jy bid en glo dat God iemand kan genees want hy is almagtig en alles is by hom moontlik maar niks gebeur nie.
Dalk vertrou jy God vir iets anders en dit gebeur net nie en jou hart is suiwer. En in dit voel jy dood in God se tydsaamheid.
As dit jy is, wil ek net sê onthou een ding en Braam sê dit altyd so mooi God sê nie nou beteken nie nee nie.
Onthou al het God nog nie iets gedoen nie beteken nie Hy is nie in beheer en nie almagtig nie beteken nie hy kan nie dit doen nie.
Vriende ek weet nie waar jy is nie dalk is jy dood in jou twyfel, of is jy verslaan dalk is jy dood in God se tydsaamheid. Dis waar hierdie mense in die storie was maar hierdie gevoel is Vrydag se gevoel, maar in vers 22 dan draai die storie hoor wat Marta sê
(22)Maar selfs nou nog weet ek dat God aan U sal gee wat U Hom ook al vra. Die Engels se even now
En van ons het vandag ‘’n selfs nou oomblik nodig met God. Here selfs nou glo ek dat U tot alles in staat is. Glo ek All things are still possible.
Vriende selfs nou al is jy verslaan kan jy deur God se teenwoordigheid in jou kan jou geloof weer gebou word.
Selfs nou al voel jy alleen en niemand gee om nie en daar is nie ‘’n manier hier deur nie en jy wil opgee kan God deur sy Gees jou ‘’n vrede gee wat ons nie verstaan nie maar ons net weet alles gaan uitwerk.
Selfs nou kan God nog steeds kom en jou gesin wat uitmekaarval weer kom en heelmaak en verhoudings weer herstel. Jou huwelik wat dalk verby lyk weer herstel.
Selfs nou al kom mense en sê is julle seker die tyd is reg om te bou, die ekonomie is sleg julle gemeente is klein is julle seker dan kom God en hy sê loop saam met my stap vir stap bring julle visse en broodjies na my toe en vertrou my want ek is God.
Selfs nou Al lyk dinge onmoontlik by God is alles moontlik.
Vriende en die rede is in vers 25
Joh. 11:25 Jesus het vir haar gesê: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterf hy ook. (NLV)
Hoor wat Jesus sê Hy is die opstanding en die lewe nie Ek is die een wat mense kan laat opstaan en lewe nie. Nee, Hy is die opstanding en die lewe. Die opstanding is nie ‘’n byeenkoms nie dis nie ‘’n event nie dis ‘’n persoon. Lewe en opstanding is nie wat Jesus doen nie dis wie Hy is.
So waar Jesus gaan is lewe en opstanding. Julle sien dooie goed bly nie dood as die opstanding in die kamer of situasie instap nie. Julle sien Opstanding en lewe kyk na Lasarus se graf en sê rol weg die klip voor die stink graf en Hy roep en die Bybel sê met ‘’n harde stem of groot stem Lasarus uitgeroep nou hoekom ‘’n harde stem is ek nie seker oor nie dalk kan dooie mense nie lekker hoor nie maar nie te min Lasarus staan op.
Vriende en vandag sit jy dalk hier en jy voel dood aan die binnekant, dalk het jy geloof verloor en twyfel jy, dalk het jy hoop verloor of is jy dood in God se tydsaamheid, dalk is jy dood en is jy verslae en jy voel vas gevang in die graf.
Hou die skerm dop Video (kyk Video boaan)
Vandag wil ek jou herinner dat Jesus het die klip weggerol die Graf is leeg en hy het opgestaan en dieselfde stem wat Lasarus uitgeroep het, is besig om jou te roep kom uit, kom uit.
Hy is die opstanding en die lewe dis wie Hy is . En daarom waar Hy beweeg bring hy lewe dooie goed bly nie dood as Opstanding en lewe ingryp nie.
My en jou sonde is vergewe nie omdat ek of jy goed is of dit verdien nie maar omdat Hy goed is.
Ek en jy kan vrykom nie omdat ek of jy sterk is nie maar omdat hy sterk is en ons deurkom kan lewe.
Net soos Jesus dan in vers 26 vir Marta vra glo jy dit vanoggend wil ek jou vra glo jy dit? Glo jy dat Jesus die opstanding en die lewe is.
Vriende laat hom dan toe om dit wat dood is binne-in jou weer lewendig te maak.
Kom ons bid saam.
[powerpress]
Goeie more julle ek is so excited dat julle almal hier is vanoggend. Ek glo dat jy op die beste plek is vanoggend.
Die week was ons bietjie op vakansie en ons het bietjie Oudtshoorn besoek en die Volstruis ding gedoen en op die eiers gestaan, op een gesit drukkie by een gekry asook ‘’n nek massage. Durandt en Chantal het ook kameel gery, ek wou ook maar blykbaar sien jy nie een kameel ‘n ander kameel dra nie. Ons was ook by die Kango grotte ( en voor jy wonder en nie woord verder hoor wat ek gaan preek nie nee ek is nie deur die posbus ek is dik nie stupid nie, ons het net die Heritage tour gedoen die eerste 3 kamers) en as jy dit al gedoen het, sal jy saamstem dat ons net so kreatiewe amazing God dien wat ‘’n ondervinding as jy nog nie gedoen het nie, maak ‘’n plan dit is regtig die moeite werd.
Nou ons het net kla gemaak met ons hoop reeks en besef dat ons almal kom op plek waar ons hoop nodig het. Waar jy iets nodig het om aan iets te kan vas hou. So paar weke terug kry ek boodskap van iemand af wat lank baie baie lank terug ons Nuwe gen. diens besoek het toe dit nog aandkerk was. Die ou is in Amerika of Canada en besig om te travel en op sy status updates lyk alles lekker, maar sy Boodskap begin en sê Steve ek het jou nodig ek voel so alleen en hopeloos, ek is moedeloos en depressed. Alles lyk so deurmekaar.
En gebeur dit nie met ons ook nie, dinge gaan lekker en dan soms kom die lewe en dit ruk net hand uit. Life happens en dit suck en ons voel moeg en moedeloos, hulpeloos ons voel alleen en vandag wil ek gesels oor wanneer life happens waar aan kan jy vashou of wat is ons anker.
Wat is my en jou anker waar na gaan ek en jy draai om weer moed en hoop te vind. Ek voel dat deel van vandag se boodskap gaan ons ook seker gedagtes oor God moet aanspreek hoe ons oor hom dink en voel. Ons moet ook sekere gedagtes aanspreek oor Christenskap.
Ek wil begin deur te sê as die lewe al met jou gebeur het of besig is om te gebeur dan baie keer in daai oomblikke besef ek en jy dat Christenskap kan nie in een sin verduidelik word nie en daar is nie altyd ‘’n maklike voel vinnig beter antwoord vir alles nie. Ons besef dat Christenskap nie altyd op ‘’n bumper sticker saamgevat kan word of in slogan gesit word nie.
Ons as Christene het nie altyd antwoorde vir alles nie en weet ook nie altyd hoe om op seker goed te respond nie, sodra jy ’n Christen word kry ons nie ’n sleutel om al die groot vrae en problem op te los nie.
Dalk het van julle dit agtergekom op die harde manier, van julle het dalk tot geloof gekom in Christus en gedink ok nou gaan alles begin in plek val en sin maak, maar toe jy begin het, is dit asof alles meer out of wack geraak het.
En Jesus chat hieroor in Joh. 16 vers 33. Nou voor ons dit lees besef net toe Jesus die woorde sê is Hy op pad om gekruisig te word. As jy geskiedenis ken of saam met kerk kom weet jy dat Jesus gekruisig is net buite Jerusalem en ons as Christene glo en leer uit die Bybel dat Jesus gekruisig is om vir alle mense se sondes te betaal so dat ons in verhouding kan staan met ’n ewige lewendige God.
Jesus sê die volgende 33 Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin.”
Nou as jy dalk nie hoofstuk 13 14 15 16 so lekker gememoriseer het nie Jesus het goed gesê soos ek is die wingerdstok en julle die lote sonder my kan julle nie vrug dra nie, Goed soos ek het julle gekies nie julle my nie, goed soos ek is in julle en julle in my so lief soos die Vader vir my is so lief is ek vir julle. Goed soos Ek gaan weg maar ek gaan ’n trooster stuur wat binne julle gaan bly. Ek gaan weg maar oor 3 dae sal ek weer opstaan en julle sal my sien.
33 Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin.”
I have told you these things, so that in Me you may have [perfect] peace and confidence. In the world you have tribulation and trials and distress and frustration; but be of good cheer [take courage; be confident, certain, undaunted]! For I have overcome the world. [I have deprived it of power to harm you and have conquered it for you.]
Jesus kom en Hy sê dat ek sê die goed vir julle sodat julle in my eienaarskap kan vat van rus en vrede. Ek love Amplified wie se perfect peace and confidence. So Jesus kom en sê ek en jy kan dit besit. Nou ek weet dalk voel jy nie so vandag nie jy voel nie vrede nie jy voel nie rus nie. Bly by my asb. ons kom daar.
Maar Jesus gaan vêrder en sê: In the world you have tribulation and trials and distress and frustration, onthou nou dis Jesus wat praat en hy kom en gee ons ‘’n heads up Hy sê ek het vir julle vertel van ’n toekoms saam met my en hoe ons eendag gaan saamleef maar in hierdie wêreld wat julle nou inleef gaan life happen en julle gaan moeilikheid kry, julle gaan distress en trails hê, dit kom en almal gaan dit beleef.
Vriende en hierdie moeilikheid is nie ek weet nie wat om vir daai een vir Kersfees te koop nie, of wat ek gaan doen vir my kind se verjaarsdagparty nie, die nie daai moeilikheid van ons wil die huis renovate en is nie seker wie se teel om te gebruik of ek wil dubbel cab koop en is nie seker Amarok of Ranger nie, of ek jy het dalk 1kg opgetel moeilikheid nie, die moeilikheid wat Jesus hiervan praat is regte moeilikheid daai van ek is nie seker of daar werklik ’n God is wat omgee moeilikheid, Moeilikheid wat jou geloof challenge moeilikheid en Jesus sê wees reg want dit kom, dit gaan happen.
Maar die goeie nuus is ons weet waar om rus te kry ons weet waar om vrede te kry. Julle sien daar is 2 realiteite hier aan die eenkant het ons God wat almagtig is en liefde is maar ons leef in ’n wêreld wat gebroke is en uitmekaarval, en waar selfmoord gebeur, of mense terminaal siek raak, of jy geliefde sieklik aan die dood verloor, egskeiding gebeur of werkloosheid en geldelike probleme of jy voel alles is deurmekaar en alleen en daai moeilikheid kom en daar despair is en dit donker word, maar daar is lig want Jesus gaan dan verder en hy sê maar skep moed, ek dink nie dis lig bedoel nie in een van die Engelse vertalings se take hart, dis nie ‘’n ligte maklike take hart skep moed toe maar more sal die son weer skyn moed nie, nee die is nie ’n ag shame take hart of ag shame skep moed as jou lewe uitmekaarval, of kom ons sit dit op bumper sticker hoot as jy moed skep, Moed nie.
Nee, Jesus kom en sê skep moed take heart as jou lewe uitmekaarval as alles om jou donker voel en jy nie weet hoe jy dit gaan maak nie, skep moed hou vas moet nie opgee nie druk deur want en dan gaan hy verder wat ek het die wêreld reeds oorwin. En hy het dit oorwin vir jou en vir my.
Julle sien baie keer is daar hierdie teologie wat mense glo van Life happens en jy moet maar aanvaar en leef daarmee, dis half waar want die lewe gebeur maar waar is die oorwinning in dit, jy kry ook mense wie se teologie is ek glo en daarom bestraf ek moeilikheid en sê nee vir moeilikheid en dit sal nie met my gebeur nie en dis ook net half waar wat Jesus self sê in die wêreld gaan moeilikheid kom maar in my kan jy rus vind.
My vraag aan jou vanoggend is wanneer moeilikheid kom waar heen gaan jy draai om moed te skep.
Ek onthou toe ons in Matriek was en Henlu ‘’n vriend van ons wat gestruggel het met limfklier kanker en die fight verloor het. Ek onthou toe ons die nuus gekry het, was ons almal baie baie gebreek dit was moeilik en ’n groot toets vir ons almal, maar ek onthou hoe ons almal net daar in die voorportaal van die skool in ’n huddle gaan staan het en ons net begin bid het en by Jesus probeer uitkom het dalk sonder dat ons besef het daai dag om rus en vrede te vind en vertroosting.
Julle sien ons het gevas dat hy moet gesond word ons as jeug groep het elke Vrydag gebid vir genesing ons het Dinsdae aande sel gehad en gebid. Ek onthou ons het opgery om vir hom te bid in hospitaal of by sy huis en toe hy oorlede is was dit rof vir ons, ons het vrae gevra en gewonder hoekom het die Here nie dinge verander nie.
Dinge was moeilik en die vraag vir ons was in daai moeilikheid waarheen gaan jy draai?
Julle sien in daai oomblik is daar nie ’n bumper sticker of slogan om dinge beter te maak nie en skep moed of more sal die son weer skyn of Jesus het sy mooiste blommetjie kom pluk werk net nie.
Maar weet julle wat Jesus kom en in die vers lei Hy ons na die kruis toe. Nou ek weet vir baie is die kruis vergifnis en verlede en te doen met sonde nie moed nie. Maar julle sien die kruis is die middel punt van die hele storie van God en die wêreld. Die kruis is nie iets wat jy doen en dan weg beweeg van nie nee die kruis is die centerpiece van alles en daar is hierdie stuk in Heb. 6:19 en 20.
Waar die skrywer kom en vir ons sê dat in die ou dae voor die Kruis moes ons deur Priester na God kom maar nou is daar nuwe manier want Jesus het die prys betaal sodat ek en jy in verhouding met God kan staan.
Hoor hoe stel die skrywer dit in NLV Heb. 6 vers 19 en 20 Hierdie vooruitsig is soos ’n betroubare en stewige anker – ’n anker wat onbeweeglik vasgemaak is in die Allerheiligste van die hemelse heiligdom, net agter die binneste gordyn. Dít is tog waar Jesus, ons Voorloper, ter wille van ons ingegaan het – Hy wat ons ewige Hoof priester geword het volgens die priesterorde van Melgisedek. En dis die rede hoekom ek vir jou en my en daai vriend oorsee wil wys na die kruis toe en sê dis waarheen ek en jy moet draai dis waar ek en jy hoop kry is by die kruis en in die kruis.
Julle sien as ek en jy na die kruis draai en na die kruis kyk dan heel eerste besef ons:
God is lief is vir ons.
Dis by die kruis waar ons kan weet dat ons weet maak nie saak hoe bad dit lyk nie maak nie saak hoe donker of alleen nie God is lief vir jou. Want as jou bodem al uit geval het as jy al moeilikheid ervaar het een van die vrae wat opkom is, Is God dan nie lief vir my as hy dit met my laat gebeur nie en ek en jy moet in daai tyd die kruis sien en besef voor ek en jy enige iets gedoen het, was hy so lief vir ons dat Hy sy seun gegee het.
1 Joh. 4:10 Dít is volmaakte liefde: nie dat ons vir God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun as versoeningsoffer gestuur het om ons sondes weg te neem.
Ons het nie God gekies nie nee hy het ons gekies en alles gedoen en gegee sodat ons met Hom in verhouding kan staan so in die kruis sien ons dat God is lief vir ons. Maak dit alles reg nee dit gaan nie alles regmaak nie en gaan dalk nie eers sin maak nie maar tenminste weet ek en jy dat ons is nie alleen nie en daar is iemand wat omgee en lief is vir ons.
In die kruis sien ons ook dat God gee ons keuses en vryheid maar behou beheer.
Nou ek is eerlik as ek sê dat ek verstaan ook nie heeltemal hoe die stelling werk nie en uit kan speel nie maar ons kan dis waar en ons sien dit in die kruis.
By die kruis sien ons Jesus word gekruisig en in Handelinge sê die Skrywer dat Jesus is gekruisig deur mense wat kwaad is. Julle sien die dag tyd toe Jesus gekruisig is was ’n Joodse feestyd en Pilatus kom en hy het altyd in daai tyd iemand vrygelaat en hy dink ok dis hoe ek Jesus gaan vry kry ek gaan hom teen Barabbas opsit ’n super baddie en dan sal Jesus vrykom en wat gebeur die volk skree Barabbas moet vry. Nou dit klink na Chaos dit klink na mal uit beheer chaos.
Maar as ons na die Kruis kyk was God in beheer of wat. Ja, nou het God dit bewerk en toe mense Jesus sê het Hy almal laat hoor Barabbas. Nee, maar uit daai keuses laat hy goed gebeur. Ek weet nie hoe Hy dit doen nie en weet nie hoe dit werk nie maar een ding weet ek God is nooit nie in beheer nie. Baie mense vra maar hoekom het God dit nie gekeur nie, hoekom het God nie opgetree of gestop nie.
Hy gaan en hy kan maar wanneer hy dit doen gaan die lewe soos ons dit het verby wees dan verander alles.
Die laaste ding wat ons sien as ons na die kruis draai is dat God nie mors nie, God gebruik selfs sleg en verander dit na goed.
Julle sien as ek en jy daar was die dag toe Jesus gekruisig is op daai Vrydag sou ons soos baie gedink het dis die slegste ding wat kan gebeur. Ons sal gedink het Hy het verloor en alles was ’n leun en hy was ’n fake. Ons sou dalk opgegee het, maar ons is nie op daai Vrydag nie ons is baie jare later en ek weet dat daar was ’n Sondag wat Jesus opgestaan het en ek het duisende jare as getuienis asook my eie lewe om te weet dat die kruis is die beste ding wat ooit kon gebeur het.
En wat ek en jy leer is dat God selfs die badste ding ooit soos die Kruis kan gebruik en iets goeds daaruit maak.
In my eie lewe my Pa se dood het die Here gebruik en dit so laat uitwerk sodat ek in ministry beland het en my purpose gekry het. Het die Here my pa doodgemaak omdat hy my in ministry wou hê nee ek glo nie so nie maar deur daai slegte ding is ek nader aan hom getrek en omdat ek daai slegte ding vir hom gee verander hy dit in gereedskap stuk wat hy nou kan gebruik om ander se lewens te raak deur ministry en in dit vind ek purpose.
Vriende wat ek net besef met Henlu se storie en my eie storie is dat dis wanneer ek en jy na die kruis draai waar ek en jy moed skep en waar ons geanker word.
Kom ons kyk na die clip https://www.youtube.com/watch?v=0tv-2sjc7aI
Net soos met die painting. As jy dit die eerste keer sien dan is die ou besig om te dans en mal te gaan en jy probeer uitwerk wat doen hy en baie keer wanneer life happen kan ons in ons situasie op daai oomblik nie die hele storie sien nie, maar vriende God is besig om ’n masterpiece te skilder. Hy is besig om op ‘’n groot canvas te skilder en al wat ek en jy sien is net wat nou in ons situasie gebeur, dis eers as ons terug kyk of ander perspektief kry wat dinge sin maak.
Ek weet nie waar jy nou is nie, maar kom ons vat ’n oomblik om na die kruis te draai en te sien en besef dat God is lief vir jou, hy is steeds in beheer en onthou dat as ek en jy ons moeilikheid vir God bring hy mors dit nie en verander dit in iets goed.
Kom ons bid saam
Dit lyk of daar deesdae nogal baie slegte dinge in die wêreld gebeur. In April hierdie jaar het ‘n Islamietiese Militante groep Boko Haram in die Noord Ooste van Nigerië 270 meisies ontvoer. T.s.v. groot dekking in die wêreld media is hulle nog nie gevind nie. Die voortslepende oorlog in Sirië en Irak lyk of dit nog jare sal duur. Hierdie week weer is 32 dood in bomontploffings waarvan 10 kinders was. Op die tuisfront duur die ekonomiese en politiese onstabiliteit voort.
So is daar ook ‘n pakkie slegte nuus wat by ons eie deur soms afgelewer word. Meeste van die tyd heeltemal onverwags. Een van die eerste reaksies wat meeste mense het is die vraag: Hoekom?
Hoekom gebeur slegte dinge in die wêreld? Hoekom gebeur slegte dinge met my? Ons vra nie net hoekom gebeur slegte dinge met ons nie, en hoekom gryp Hy nie in en doen iets daaraan nie?
Wanneer selfs geestelike reuse soos Billy Graham worstel met die vraag hoekom is dit seker nie iets wat net in een preek opgelos kan word nie. Baie keer kan die vraag nooit nie ten volle beantwoord nie. Maar dit beteken nie dat ons nie moet probeer om beter te verstaan nie.
God het ‘n groot risiko geneem toe Hy mense die reg gegee het van vrye wil. Hy het geweet dat die kans eintlik teen hulle sal wees. Dat hulle waarskynlik in meeste gevalle nie goeie en wyse besluite gaan maak wat tot die voordeel van almal sal wees nie.
Maar die alternatief was seker erger. Om van hulle robotte of marionette te maak wat net dans en maak soos wat hulle Skepper hulle gemaak het. Ons is te wonderlik en fantasties gemaak dat ons so lot te moet hê. As ons net dans na Sy pype dan is dit met geen emosie nie, geen passie nie, geen verantwoordelikheid nie.
So God het die moeilike keuse gemaak. Die res is geskiedenis.
Dit kan seker verduidelik hoekom dinge sleg begin het in die wêreld. Maar die opvolg vraag is – hoekom stop God dit dan nie? Ons weet Hy kan.
Hoekom as daardie pakkie met slegte nuus by jou deur opdaag doen God dan nie iets daaraan as jy Sy kind is nie. Hy is tog lief vir jou en wil die beste vir jou hê?
Oor die jare wanneer ‘n pakkie slegte nuus by my deur opdaag of by iemand vir wie ek lief is en ek so lus is om na die hemel toe te kyk en net te vra hoekom Here?
Ek wil vandag net riglyne gee en ek dink glad nie dat ons so komplekse vraag sal kan beantwoord in so kort rukkie. Maar hierdie riglyne het my al baie kere gehelp as die slegte nuus by my opdaag.
So paar jaar gelede het ek baie spanning in my lewe gehad en het ek feitlik elke dag ‘n kopseer gehad. En natuurlik wat doen jy wanneer jy ‘n kopseer het? Jy drink pyn medikasie. More het en weer so kopseer en die dag daarna en die dag daarna.
Na so 2 maande het ek besef dat ek nie meer ‘n dag kan deurgaan sonder op ‘n pynpil te drink nie. Elke dag het ek net weer ‘n kopseer gehad en dit het net erger geraak.
Op die ou einde het ek by ‘n neuroloog beland en het hy vermoed wat later bevestig is dat ek rebound kopsere kry. My liggaam het begin afhanklik raak aan die parasetamol en Ibuprofen elke dag.
Nou, kan ek my vuiste na die Here toe gooi en Hom vra nou hoekom moet ek hierdie ongelooflike pyn verduur nie, kan ek? Dit was my eie toedoen.
Dit was my eie besluitneming en ek kan dit nie aan God se deur hang nie.
Iemand wat 3 pakke sigarette ‘n dag vir 40 jaar lank rook en longkanker kry – kan onmoontlik nie vir God vra, Hoekom het U dit aan my gedoen nie?
So wanneer ek my pakkie pyn kry, doen ek ‘n kort inventaris en ek bepaal – Het ek enige aandeel hieraan? As ek het moet ek bely, vra vir vergifnis en my verantwoordelikheid neem om te deel met die konsekwensies van my besluite.
En God wil my help selfs as ek iets oor myself gebring het.
Dalk was dit nie jou toedoen nie maar het iemand anders het uit vrye wil opgetree en dit het ‘n slegte effek op jou lewe gehad. Jy het dit nie verdien nie, en jy kon niks daaraan doen nie.
So rukkie gelede het ‘n goeie vriend van my selfmoord gepleeg. En die pyn wat dit in sy gesin ingebring het is onmeetbaar. Die hartseer is verby woorde.
Daar is ook baie slegte mense in hierdie wêreld wat ander se lewens verwoes deur die swak keuses wat hulle maak.
Iewers in jou lewe begin jy besef dat ander mense slegte besluite kan maak sonder jou medewete of toestemming en dit bring geweldige pyn in jou lewe in.
Jou ouers kan skei – en dit bring baie hartseer en pyn in jou lewe in.
Jou ma kan te veel drink. Jou broer kan jou molesteer.
‘n Dronk bestuurder kan in iemand vasry.
Van tyd tot tyd gaan die terugkeer adres agterop die pakkie pyn wat jy ontvang nie God se naam op hê nie maar iemand wat jy dalk voor lief is of wat jy dalk glad nie ken nie.
En ja God kon ingegryp het en dit sou dit gekeer het maar dit sou OOK die einde van die mens se vrye wil beteken het en van ons almal robotte gemaak het.
Versekerings maatskappye noem dit “acts of God”.
Sedert Genesis en Adam en Eva se ongehoorsaamheid is die hele kosmos geaffekteer.
Dit is asof die konsekwensies van sonde die hele aarde getref het. Dit wat op die aarde is en in die aarde is. Meeste teoloë sal saamstem dat God se wêreld opgestel het dat dit op fisies wette funksioneer. Seisoene, hoog gety, laag gety, weer toestande?
God raak nie in detail betrokke in al die fisiese toestande op aarde nie.
Hy kan en Hy doen van tyd tot tyd soos ons dit in die Bybel sien. Maar dit is geweldig skaars en die absolute uitsondering. Daar is fisiese en natuurwette in werking.
‘n Bruid wat wil op die strand wil trou en my vra: Hoekom het die Here wind en reën gestuur op die grootste dag van my lewe?
Dan herinner ek die bruid dat ons in PE bly, langs die see waar die wind meeste van die tyd waai en die weer in ‘n paar minute drasties kan verander.
As jy ‘n windlose en warm troue wou hê, vat jou hele resepsie na ‘n plek soos Pofadder toe waar die wind amper nooit waai nie en die winter temperatuur 25 ºC is.
Elke keer wanneer mense wat 10 meter van ‘n rivier af bly wat elke 4 jaar vloed bly sê, nou hoekom het God dit weer toegelaat dat ons huis oorstroom dan wil ek voorstel gaan bou vir jou ‘n huis in die woestyn waar daar in 1000 jaar nog nie ‘n vloed was nie dan sal God dalk keer dat die vloed nie in jou huis kom nie.
Die punt is: Wees versigtig dat jy iets aan God toeskryf wat die verloop van gewone natuurwette is. God meng nie sommer in met die natuurwette nie.
Nou, daar is mense wat die bestaan van die bose of ‘n persoonlikheid van bose in die wêreld ontken en sê dit bestaan nie. Dan is daar mense wat absoluut alles of meeste dinge wat verkeerd is in die lewe toeskryf aan die duiwel.
Jesus het self die bestaan van ‘n bose en die satan erken en gesê dat ons moet uitkyk vir sy werk in die wêreld.
In Johannes gee Jesus die strategiese plan van die duiwel uit.
Joh. 10:10 “Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes.” AFR53
1 Pet. 5:8 “Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu en soek wie hy kan verslind.” AFR53
Ek glo in die teenwoordigheid van ‘n boosheid. Ek glo ook dat ‘n mens nie alle dinge wat skeefloop aan hom toeskryf nie. Die eie-ek en die gebrokenheid van ander mense speel ‘n baie groot rol in slegte dinge wat met ons gebeur.
Maar daar is dinge in hierdie lewe wat ek nie anders kan verstaan nie. Kan iemand asb. vir my verduidelik hoekom enige gesonde volwassene, ‘n kind of ‘n dier seer of dood maak?
Wat sal ‘n rasionele mens laat optree dat hulle iemand se keel af sny of hulle seksueel molesteer?
Kan iemand dalk kinder pornografie vir my verduidelik? Kan iemand sex traffic vir my verduidelik om ‘n klomp tiener seuns en meisies om ‘n krat te sit en hulle oorsee te stuur met ‘n skip en hulle dan daar te verkoop?
Wie het die idee in Hitler se kop gesit op 6 miljoen Jode te vergas?
Kom ons kom so bietjie nader aan die huis. Wie sit ‘n gedagte in ons koppe dat ons ‘n leuen moet vertel wat ander mense se lewens raak en beïnvloed? Dat ons iets oneerlik of skelm moet doen?
Wie fluister in ons ore, haat mense? Die pigmentasie in hulle vel is so bietjie anders as joune en hulle het net nie dieselfde opvoeding as jy gehad nie, so haat hulle almal.
Nie die skelms wat by jou ingebreek het of jou gekaap het nie, almal van hulle.
Verstaan hoe irrasioneel dit is? Wie sê, vergeet van die armes, hulle sal altyd met ons wees, laat hulle maar vir hulself sorg?
So, ek glo, in die bestaan van ‘n boosheid of ‘n engel met die naam Lucifer of ons noem hom die duiwel wat mense se gedagtes verduister en vestings in hulle verstand oprig dat hulle sulke dinge dink en doen.
En ek is ook skaam om te erken oor hoe dikwels ek al toegegee het vir sy skemas wat dikwels net oor die ou mens gaan, wat geweldig selfsugtig is.
So wanneer ‘n pakkie pyn by my deur opdaag en ek verbind al die dots, dan kom ek by een plek uit en dit is dat ‘n bose mag aan die werk was om te vernietig.
En dit maak my siek want hy word die vader van alle leuens genoem.
Hy word die beste erken deur iets wat werklik sleg is, baie baie goed te laat lyk.
So, jy byt daarin net om later die slegste voedselvergiftiging te kry wat jy nog ooit gehad het. Dit is hoekom Petrus sê, wees waaksaam en bid dat julle nie in die versoeking val nie.
So wanneer die pakkie pyn by my opdaag dan vra ek myself. Het ek dit veroorsaak? Het ‘n ander gevalle mens dit veroorsaak? Het die natuurwette dit veroorsaak? Of was dit ‘n leuen of misleiding wat ‘n direkte plan van die bose was?
Dit help my nogal. Dit is nie alles ‘n misterie nie. Soms kom ek selfs op ‘n plek wat ek regtig nie weet nie en dit word ‘n misterie vir my wat ek dalk nooit sal verstaan nie en dit moet ek dan ook aan die Here oorgee en aanvaar dat ek nie nou dit sal weet nie.
Waarhede waaraan ek vashou wanneer ek pyn en donker tye beleef:
1 Joh. 1:5“God is lig, en geen duisternis is in Hom nie.”
Sodat dit binne jou vermoë bly om dit te verduur, MET SY HELP.
Kyk, dit gebeur heel dikwels dat ek voel, as hierdie ding nog moet gebeur, dan sal dit vir my te veel wees. Dit sal my vernietig. Wees versigtig.
Jes. 43:2-3 “As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie, want Ek is die Here jou God, die Heilige van Israel, jou Redder.” AFR83
As jy deur die vuur gaan sê God, jy sal nie skroei of brand nie.
Ek het hieraan al vasgehou tot dit lyk of my vingers bloei want sommige storms lyk of hulle eenvoudig oor my gaan stroom.
God se belofte is dat jy met SY KRAG enige storm, enige versoeking en tragedie SAL KAN VERDUUR.
Toe Paulus op die plek kom wat Hy voel nou is dit genoeg, nou kan ek nie meer nie.
Hoekom laat God hierdie pyn in my lewe toe?
2 Kor. 12:9 “My goedheid (genade) is vir jou genoeg. Dit is al wat jy nodig het. My groot krag word sigbaar in jou lewe wanneer jy swak en hulpeloos is.” DBKP
Soms voel dit vir my of ek hieraan vashou soos ‘n alkoholis dit doen.
As jy ‘n gerehabiliteerde alkoholis vra of hulle van plan is om nugter te bly die res van hulle lewe dan sal hulle jou vinnig antwoord. Ek is nie bekommer oor die res van my lewe nie, ek is net besorg oor vandag.
As my pakkie pyn te veel raak dan bid ek net dat God my moet help tot 12uur en dan kom 12 uur dan bid ek dat Hy my sal dra tot vanaand. En vanaand vra ek dat Hy my sal dra tot more. Maar God se genade is genoeg vir vandag.
Selfs dit wat kom a.g.v. gebrokenheid, dit wat kom a.g.v. bose invloed. Dit vang God nie onkant nie. Dit laat Hom nie dink, oeps… Ek het nie nie gedink dit kan gebeur nie.
Nee, alhoewel Hy dit nie uitdink of uitvoer nie gebruik Hy absoluut alles om die goeie mee te werk. Al weet ek nie nou wat dit is nie. God weef alles in ‘n mat van seëninge en blessings.
Rom. 8:28“Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.” AFR83
Ok, haal ‘n oomblik diep asem. God is SOOO GROOT, dat Hy die pyn wat ons op onsself bring, die pyn wat ander in ons veroorsaak, die pyn wat deur die natuur kom, die pyn wat a.g.v. die bose kom en oor tyd orkestreer dat dit tot ons beste uitwerk.
Sodat ons later oor tyd kan sê, God het selfs DIT gebruik in my lewe. Dit is dan wat ek op my knieë wil val en sê, daar is niemand op die aarde of in die hemel is soos ons God nie. Niemand.