‘n Nuwe begin in jou verhouding met jouself

[powerpress]

deur Dr. Henri Weideman

MOVE – Week 4: Van Geisoleerd na Connected

[powerpress]

Vanoggend is ons 4de boodskap van ons reeks MOVE.

Ons reeks gaan daaroor dat ons wil beweeg in sekere areas van ons lewe waarin ons vasgeval raak en God nooi ons uit en sê: Kom, beweeg na ‘n beter plek in jou lewe toe.

Vanoggend:  Hoe beweeg mens van Geïsoleerd na connected lewe.

Julle sal heel moontlik saamstem dat ons meer en meer maniere gekry het die laaste paar jaar om in kontak te bly maar ter selfde tyd het hierdie sosiale media en platvorms om ons connected te hou ons eintlik net verder geisoleer.  Hoekom?

Want ons doen dit alleen, ek kan bestaan op die internet of op my foon sonder om persoonlik met mense te gesels of ‘n werklike verhouding met hulle te hê.

 

Nog nooit is mense so alleen soos nou nie.  Hierdie platvorms skep nie werklike konneksie nie.  Ons is geisoleerd agter ons mure van ons huise en ons besige lewens.

Van ons het al in verhoudings op een of ander manier seer gekry of was bitter teleurgestel en ons coping meganisme is om op ‘n afstand te lewe.

Hoekom?  Want ons glo dat ons onsself sal kan beskerm teen verdere seerkry in verhoudings.  Ons bou spreekwoordelike mure tussen ons en ander mense.

Die effek daarvan is geweldig sleg op ons psige en verhoudings oor die algemeen.

Ek het vir Gawie Stols gevra om net kortliks met ons te gesels oor die effek van isolasie op ons.  Gawie was ‘n pastoor wat verder studeer het en nou praktiseer as kliniese sielkundige.

GAWIE STOLS

So, dit is nie goed vir ons om alleen te wees nie.  God self het gesê in:

Gen. 2:18 “Verder het die Here God gesê: ‘Dit is nie goed dat die mens alleen is nie.’”

Die konteks van hierdie vers is die skepping.  Toe God die aarde en alles gemaak het.

Elke keer sê God dit is goed wanneer Hy iets geskape het.  En hier kyk God na die mens en Hy sê dit is nie goed dat die mens alleen is nie.

Hy wil hê dat ons moet beweeg van ‘n geïsoleerde manier van leef na ‘n connected manier van leef.

Jesus het self gesê dat ons herken sal word as Sy dissipels deur…? Mooi huise met hoë mure?  Deur alles perfek in ons huise.  Deur besighede en baie geld?  Nee.

Liefde, verhoudings, konneksies in ons lewe.

Joh. 13:35 “As julle mekaar liefhet, sal almal daaraan sien dat julle my dissipels is.”

 

Ons is gemaak vir hierdie konneksies.  Dink bietjie hoekom huil ‘n baba wanneer hy wakker word?  Nie omdat hy in ‘n kot lê nie.  Nee, omdat hy alleen is.

Ek wil vanoggend stilstaan in die Bybel in Gen. 33 by twee broers.  Esau en Jakob.

Hulle het verskil.  Esau was ‘n “man’s man” wat van die veld, jag en vleis gehou het.

Sy pa was lief vir hom. Iemand vir die son.  Jakob was meer “metroman”. In die huis en saam met sy ma gebak en gebrou. Lief vir die skaduwee en koelte.

 

Hulle verhouding was vol manipulasie en leuens. Ek dink nie Esau was onskuldig nie.

Jakob steel Esau se eersgeboortereg deur hom met lensiesop om te koop toe hy baie honger was.  Die ergste kom nog.  Soos die gebruik was het die oudste seun die pa se seën gekry wanneer die pa aan die einde van sy lewe kom.

Jakob steel Esau se seën (van sy pa op sy sterfbed) by hom met ’n slingse plan.

Hulle verhouding vertroebel en Jakob vlug weg vir Esau en isoleer hom.

Genesis 27:41   “Esau het vir Jakob gehaat en by homself gesê: ‘My pa se dood is nie meer ver nie, dan maak ek my broer dood.”

 

Miskien kan ons ook in die verhouding tussen die twee broers ook onsself sien.

Miskien nie die leuens en verraad nie maar hierdie geïsoleerdheid.  Dit is 2 broers, hulle is ‘n tweeling, daar is veronderstel om ‘n spesiale band te wees tussen hulle twee.

Nie hulle nie.  Hulle is geïsoleerd, het mekaar vir jare nie gesien nie.

Jakob voel sleg oor wat hy gedoen het.  Dalk het jy iets gedoen of gesê in ‘n oomblik van swakheid.  Iets impulsiefs gesê wat jy gedink het.

Dalk in jou huwelik het jy iets gedoen en jy voel sleg, soos Jakob.

Jy isoleer jouself oor skuldgevoel.  Hoeveel mense isoleer hulle self oor iets wat hulle gedoen het.

 

OF dalk soos Esau – jy voel iemand het my bedrieg.  Is is diep teleurgestel.  Daarom gaan ek my isoleer.  Hierdie broer van my het my ingedoen.  Hy was oneerlik.

Hoekom sal ek weer my lewe oopmaak?

Hoekom sal ek dat skynheilige tweegesigte my weer seermaak?

Hy sukkel om te vertrou.  Juis a.g.v. seerkry sukkel ons om te vertrou.

OF soos Jakob sien ons nie kans om daardie persoon weer in die oë te kyk nie.

“To love at all is to be vulnerable.  If you love anything, then your heart will certainly be wrung, and possibly be broken.  If you want to make sure of keeping it intact, you must give your heart to no one, not even to an animal.  Wrap it carefully round with hobbies and little luxuries; avoid all entanglements; lock it up safe in the casket or coffin of your selfishness.”  C.S. Lewis

Die effek is dat ons onsself isoleer.  En God kyk na ons en Hy sê dat dit nie goed is dat ons alleen is nie.  Hy daag jou uit om te MOVE.  Om jou lewe weer oop te stel.

 

‘n Paar gedagtes oor hoe hierdie twee broers weer versoen het.

Die oomblik breek aan wat hulle na baie jare se verwydering mekaar weer in die oë moet kyk.  Ek kan dink dat jy die atmosfeer met ‘n mes kon sny.

Wat gaan daar gesê word?  Wat Jakob laas kan onthou is dat sy broer gesê het, ek gaan jou dood maak.  En hier kom sy broer aan met ‘n klomp manskappe.

Gen. 33:1-4        “Toe Jakob opkyk, sien hy vir Esau en sy 400 man aankom. Jakob verdeel toe die kinders tussen Lea, Ragel en die twee slavinvroue. Hy plaas sy twee slavinvroue met hulle kinders heel voor, Lea en haar kinders agter hulle en heel laaste Ragel en Josef. Jakob self het heel voor gaan staan en sewe keer laag voor Esau gebuig. Maar Esau het aangehardloop gekom, hom om die nek geval en hom gesoen. Albei was in trane.”

 

Kan jy jouself in hierdie toneel indink?  Was jy al in so versoeniningsoomblik?  Ek vergewe jou.  As jy verder lees daar in vers 10 sien jy Jakob vir Esau ‘n klomp geskenke gee en Esau sê, nee, ek kan nie.

Gen. 33:10 “Nee, asseblief! Neem dit terwyl u my so goedgesind is,” sê Jakob. “Dis asof ek die glimlag van God sien.”  NLV

Kan jy dit sien?  Versoening, konneksie en verhouding is soos die glimlag van God.

Wil jy God sien?  Jy kan Hom sien in verhoudings.  Binne omgee en liefde vir mekaar.

God roep ons tot dit.  Hierdie broers leer vir ons 3 dinge:

 

 

  1. Jy moet die ontmoeting reël.

Jy moet maar die sms stuur, die koffie afspraak reël of weer inskakel.  Jy moet jouself oopstel.  Dalk net vir ‘n koppie koffie bly na kerk.  Ek weet dit is moeilik.  Maar maak jouself oop.  Jou ou vriend.  Vat die foon en maak die oproep.  Sê, ek is jammer.  Dit is net trots wat ons keer om dit te doen.  En trots is ‘n eienskap van die duiwel, nie God nie.

Reik uit na mense toe.  Nooi die pastoor – hy is honger en maer en eet nooit vleis nie.  Stel jouself oop.  Doen wat die Woord van die Here sê.

En onthou mense verskil.  Nie almal is dieselfde nie.  Het jy al iemand ‘n drukkie gegee wat nie ‘n drukkie persoon is nie?  Dit is so stokstyf.  Jy kan netsowel die boom gaan druk.  Hy wil, sy wil.  Binne druk hulle terug maar van buite af lyk dit nie so nie.  Nie almal is drukkie mense nie.  Ons almal verskil, ons soek verskillende dinge in ‘n verhouding.  Ons moet bewus wees hiervan en vir mekaar ruimte maak hiervoor.

So, reël die ontmoeting, maak die afspraak moenie vir die ander een wag nie.

Onthou ‘n verhouding is nie soos ‘n menu in ‘n restaurant waar jy jou kos kan kies en die manier hoe dit gaargemaak word en die sous wat daarop gegooi word en alles nie.  Ons kan nie net kry en kies waarvan ons hou en wat ons pas nie.  Dit werk nie so in verhoudings nie.

Spr. 27:17 “Yster slyp yster en so vorm vriende mekaar.”  NLV

Esau en Jakob het die ontmoeting gereël.

 

  1. Vergewe en beweeg verby die verlede.

Ons vergeet soms dat vergifnis nie oor die ander persoon gaan nie maar oor onsself.  Dit is ons wat onsself in die emosionele tronk sit wanneer ons nie kan vergewe nie.  Verseker is dit nie maklik nie.  Verseker is dit ‘n proses wat soms oor en oor moet herhaal word veral wanneer dit diep seer en teleurstelling was.  Maar dit bly ‘n keuse en ‘n besluit wat ek soms weer en weer maak.  Ek kan nie wag vir iemand om eers hulle vergifnis te verdien of te verander nie.  Dit is nie hoe God ons vergewe nie.

Ons het ook nie die emosionele kapasiteit om God se vergifnis ten volle te ervaar as ons nie iemand anders kan vergewe nie.  Ons kan nie vandag in detail daarin gaan nie.  Weet jy wat doen die verlede?  Dit steel die hede by jou.  As jy heeltyd dink en tob oor dinge van die verlede kan jy nie aanbeweeg nie en kan jy nie in die hede leef nie.

Esau het die verlede laat gaan.  Onthou, jy wou sy broer vermoor op ‘n stadium.  Maar hy kies om dit te laat gaan.  Daar is nie veel om te verloor om te sê, ek is jammer nie.  Maar weet jy wat, jy wen so baie.

 

  1. Stel jouself bloot

Ek dink toe Jakob hier staan voor sy broer wat hom wou dood maak met sy 400 soldate.  Ek dink hy het baie blootgestel gevoel in daardie oomblik.

YSTERVARKIE prentjie.

Dit is seker nie die mees gewildste diertjie nie.  Dit is ook nie ‘n dier wat jy vir ‘n toeteldier wil aanhou nie.  Ek meen kyk hoe lyk ‘n hond wat met ‘n ystervarkie speel.

Hulle sê hy maak 30 000 penne in sy leeftyd.  Die ystervark het 30 000 redes hoekom hy sê, bly weg van my af.  Moenie naby my kom nie.  Baie keer is ons soos hierdie ystervark.  Ons het genoeg redes – moenie naby my kom nie, ek gaan jou seermaak.  My mure is op, my skanse is op.

Een keer ‘n jaar aan die einde van herfs dan paar die ystervarkies.  En al hoe dit kan gebeur as hulle albei die sagte gedeelte aan mekaar bloot stel.  Dan beleef selfs hulle ‘n tipe intimiteit.

Ek dink ons kry die prentjie.  Ek dink dit is nodig dat ons onsself sal blootstel.  I’m going to put myself out there – i.t.v. vriendskappe en verhoudings.  Jy kan vir iemand anders iets wonderliks beteken.  Moenie uitmis op die glimlag van God in jou en iemand anders se lewe nie.  Ons challenge hierdie week is om te beweg van ‘n lewe wat geïsoleerd is na ‘n connected lewe.  Al jou dagstukkies gaan daaroor gaan.

Ek daag jou uit!  BEWEEG!

MOVE – Week 2: Van Oorgeskeduleer na Georganiseer

[powerpress]

Vriende ons is besig met ons reeks Move en ons is in ons 2de week van move. Ek hoop jy het jou boekie hier want in jou boekie is daar plek om preek notas te maak as jy nog nie boekie het nie asb. steek jou hand op dat jy saam op hierdie reis kan gaan.

Wie van julle hier is so besig jy wens jy kon jou self kloon. ’n minnie me create. Ek dink Chantal sou in die pad afhardloop as ek my self moes kloon een van my is genoeg. Huh Anna dan sou Dinsdae meeting fun gewees het.

Julle sien ons lewe in ’n tyd waar die buzz word, is besig. Jy hoor dit oor al. As jy mense vra hoe was jou dag besig, rof, mal. Dis amper asof ons dink ons gaan soos op skool balkies kry vir hoe besig ons was asof dit ’n prestasie is.

En wanneer ek met mense praat dan klink dit altyd vir my asof hulle een oggend net opgestaan het en toe was dit so. Dis amper asof ons dink ons het nie beheer daaroor nie asof ons nie ’n keuse gehad het nie.

Die realiteit vriende is dat ons het keuse of is tog die eienaars van ons eie skedule. Ja, jy het dalk ’n werk wat groot deel van jou skedule vol maak, maar jou skedule bestaan uit meer as net daai 8 ure nie waar nie? En jy besluit waarmee jy dit vol maak, nog werk, of t.v of facebook en youtube en nog funny clips.

Braam het verlede week gepraat oor die abnormaal wat ons normaal geword het oortyd. Daai stukkende pot sindroom wat jy nie dadelik hanteer nie en dan later is dit maar normaal. Almal doen dit almal is oor geskeduleerd, almal is besig en moeg dis maar die tyd waar in ons leef.

Hoe maklik is ons bereid om die abnormaal te regverdig met daai stelling, maar is dit die lewe wat God ons na toe roep? Is dit die lewe waarvoor Jesus sy lewe gegee het? Is dit die lewe wat God vir my en jou en ons kinders wil hê? Is dit God se plan vir jou lewe, om heeltyd besig te wees en te werk dat jy die dinge en veral die mense in jou lewe wat belangriker is as geld of status of power afskeep.

Op kantoor die week toe ons die diens beplan het ons gesels oor hoekom ons ons lewens so besig maak en baie van ons maak dit vol want ons voel waardevol as ek kan sê ek is so besig, nou-nou dink mense ek is lui of as ek so besig is, gaan mense my raaksien en admire en baie keer is dit die onderliggende rede maar ek sê ek het nie ’n keuse nie ek moet by alles uitkom as jy dit nie doen nie wie gaan. Nog ’n rede is baie keer hardloop ons weg, as ek so besig is dan hoef ek nie sekere goed te face in my lewe nie, dan hoe ek nie te deel met seer of pyn of konflik nie.   En albei hierdie goed gaan terug na laasweek se gebrokenheid toe as ek nie move vanuit stukkend na heel nie en toe laat dat God my gesond maak nie, gaan ek aanhou om myself te oor skeduleer.  Daarom moet ek God vertrou en vra om my te help gesond word en heel te maak.

God self kom en wys ons hoe ’n gesonde lewens ritme is. God het nie nodig gehad om te rus op die 7de dag nie. Hy was nie moeg en het gevoel sjoe nou moet ek bietjie middagslapie inwerk ek is bietjie moeg nie. Nee Hy bou dit in vir my en jou voordeel. Dis hoe lief God vir ons is. Hy bou ’n dag van rus in. Hy is soos werk 6 dae maar julle moet rus. Jesus het sy hele bediening op aarde hierdie ritme gehad tussen werk of bediening en rus.

In Eksodus 18: 13 Die volgende dag moes Moses weer as regter vir die volk optree. Hulle het van vroegoggend tot laataand by Moses se tent tougestaan. 14 Toe Moses se skoonpa sien hoe Moses met die volk werk, vra hy vir hom: “Hoekom doen jy alles self? Die mense staan die ganse dag vir jou en wag!”

15Moses het sy skoonpa geantwoord: “Die volk kom na my toe om te hoor wat die Here sê. 16As daar ’n geskil is tussen twee partye, gee ek uitspraak. Ek sê vir die volk wat God besluit het en wat God wil hê.”

Hoor wat hy sê in vanaf vers 17 Sy skoonpa sê toe vir Moses: “Jy hanteer die saak nie reg nie. 18 Jy en die volk sal die pas nie kan volhou nie. Dit is te veel vir jou. Jy kan dit nie alles op jou eie doen nie. 19 Luister nou na my raad. Mag God jou help om die volk by Hom te verteenwoordig. Jy moet voortgaan om hulle probleme na Hom toe te bring vir uitsluitsel. 20 Jy moet voortgaan om hulle in te lig oor God se wette en sy voorskrifte. Leer hulle hoe hulle moet lewe en wat hulle moet doen. 21 Maar jy moet ook uit die volk bekwame en eerlike manne kry wat vir die Here wil werk en nie omkoopgeld sal aanvaar nie. Jy moet hulle aanstel om regters te wees oor groepe van onderskeidelik 1 000, 100, 50 en tien mense.

Jetro kom en gee sy Skoonseun raad en waarsku hom. Nou ek weet nie of julle, julle self in Moses sien nie. Moses kom en verdedig wat hy doen, hy justify wat hy doen en hy doen iets great maar is dit wat God vir hom droom is dit wat God hom voor geroep het. Onthou praat is nie Moses se sterk punt nie die man hakkel so alles vat langer om te sê. Onthou Moses het dit gesê as een van die verskoning toe God hom die Job offer. Jetro weet die nie God se plan en droom vir Moses se bestaan en lewe nie.

Nou Moses kon luister en soos baie van ons maak nè en sê sjoe pa jy is reg of yes Doc jy is reg of buddy jy is reg of Here ek weet U is reg ek moet iets doen ek weet ek kan nie so aangaan nie, weg gestap het en net weer so aangegaan het soos ons maak of ek en jy kan doen wat Moses gedoen het en begin luister en intensioneel begin move en optree en iets doen oor ons oor geskeduleerdheid.

Ons lewe word so oorheers deur die horlosie dat ek en jy soms vergeet waarheen ons op pad is. As ek jou nou moet vra waarheen is jy op pad met jou lewe? Ja, jy weet na wat se volgende afspraak, of deal, of krisis jy op pad is en na watse promosie of nuwe titel of straat adres jy op pad is, maar waarheen is jy met jou lewe op pad? met jou gesin op pad?

Of dalk moet die vraag eerder wees wie is jy besig om te word? En ek praat nie van jou beroep nie, ek praat nie van jou job description nie of wat jy moet doen nie ek praat van watse tiepe mens is jy besig om te word.

Jou week program is een van die grootste faktore wat gaan bepaal wie jy besig is om te word. Dit wat jy jouself elke dag mee besig hou en hoe, waar en met wie jy jou tyd bestee kan nie anders as om ’n effek te he op wie jy besig is om te word nie.

Paulus kom en in Efesiërs 5:15-16: “Wees baie versigtig hoe julle lewe: Nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ‘n goddelose tyd.

Wat se die vers vir ons wees versigtig hoe julle lewe, wat julle, julle lewe mee vol maak julle mee besig hou. Nie soos onverstandige maar soos verstandiges. Hoeveel van julle is onverstandige mense? Hoeveel van julle is verstandige? Die ou testament praat van dwaas en wys. Dalk met ek vra wie is dwase hier van oggend of wie is wys. Julle sien as jy weet wat reg is en jy dit nie doen nie sê die bybel dan is jy ‘n dwaas. Hoeveel van ons weet ons is te besig ons is oorgeskeduleerd maar ons hou net aan. Ons maak verskoning en justify hoekom dit so is of ons glo dis normaal dis maar hoe dit moet wees want die abnormaal het jou normaal geword.

Ons sal selfs die vers gebruik en sê maar die bybel sê maak die beste gebruik van elke geleentheid? Daarom is dit belangrik dat ek en jy moet weet wie wil ons word wie roep God ons om te word en wees.

Dis sodra ons dit weet dat ons sal weet of dit ‘n geleentheid of ‘n versoeking is. As die duiwel jou nie kan laat sondig nie sal hy jou so besig maak dat jy jou siel nog steeds verloor omdat jy nie kans kry om na dit om te sien nie. Want ons het nooit tyd vir Sabat nie. Nooit tyd vir ons kinders of man of vrou nie.

Markus 8:36 Wat sal dit jou tog help as jy alles in die lewe bereik, maar jou diepste menswees ly skade?

In Spreuke 4:25 (NAV) lees ons hierdie wysheid: “Hou jou oë op die pad vorentoe, kyk reg voor jou uit.  Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree. Moenie links of regs wegdraai nie, weerhou jou van die verkeerde koers.”

As ek en jy weet wie ons wil word dan kom Spreuke en sê ons moet dit af baken ons moet besluit hoe ons daar gaan uit kom en dit begin doen. Ek en jy moet ophou kyk na die horlosie wat ons lewe bepaal en begin om te kyk na die kompas.

Die vraag wat die kompas ons vra is nie wat wil jy die week of maand gedoen kry nie maar waarheen is jy op pad, wie wil jy word die volgende seisoen van jou lewe. Begin vandag om die besluit te neem en herskryf jou week skedule en begin dit toe pas sodat jy kan word wie jy wil wees by die werk, by die huis, by die kerk en waar jy beweeg.

John Grisham, ‘n bekende Amerikaanse spanningverhaalskrywer was ‘n prokureur en het sy werk gehaat. Hy wou ‘n skrywer word, maar het nie geweet waar om te begin en hoe hy die oorgang sou maak nie.  -Totdat hy sy weekprogram herskryf het.  Hy het besluit om elke dag ‘n uur vroeër te gaan werk en het een woord by die eerste uur van elke dag op sy weekprogram ingevul: “Skryf”

John het besluit om een bladsy per dag te skryf –en hy het.  Vandag is hy ‘n gesogde en wêreldbekende skrywer!!

Wat is jou eenwoord wat jy moet begin in skryf op jou weekprogram? Wat jy gaan begin intensioneel aan werk.

Dalk jou verhouding met jou vrou of jou man Sit ‘n date night uit waar jy en mammie of pappie weer diep in mekaar se oe kyk soos jong verliefdes.

Dalk jou kinders. Dat jy meer aande vroeg genoeg by huis is om saam met hulle te speel en te gesels en in hulle lewe te belê.

Dalk jou gesondheid of tyd vir rus. Dalk tyd om bietjie weer aktief te raak fikser te raak sodat jy gelukkiger en gesonder kan leef. Rus gaan slaap vroer koop tyd uit waar jy kan reflekteer oor jou lewe en waardes en wie jy wil word en geniet die lewe.

Verhouding met God. Wil jy nader aan God move plaas hom op jou week program daagliks. Ons voel baie keer skuldig want ons kan nie ure vir God gee nie so wat doen ons ons gee hom nie eers ‘n minuut nie. Koop 15 min uit in jou week program en oor tyd gaan jy sien hoe jy dieper in verhouding groei en dalk raak 15 min 20 en so groei dit. Die Move dagstukkies begin met dit maak nou die commitment om elke dag te lees en stil te word dit vat so 15min en werk van daar af.

Vriende kom ons begin om te move van oorgeskeduleerd na georganiseerd. Kom ons gaan die week en koop tyd uit en vra jou self af wie wil ek word en begin om seker te maak dat jou week program reflekteer wie jy wil word.

Die Heilige Gees – Deel 7: Die Heilige Gees se Woonplek

[powerpress]

Hier by Impetus glo ons dat sorg en omgee deur verhoudings met mekaar plaasvind. Dit is vir ons baie belangrik dat elkeen hier in verhouding sal leef met ander gelowiges. Nou op ’n Sondag kan jy voor en na die diens koffie drink en met ander mense gesels en ek wil julle aanmoedig om dit te doen. Kom ’n bietjie vroëer en bly bietjie langer. Hier kan jy ’n kort tydjie met ’n paar persone gesels, maar daar is geleenthede waar jy jou lewe met ander kan deel en dit is in ons kleingroepe (omgeegroepe en dissipelskapgroepe) en dit is daar waar ware omgee en geestelike groei gebeur. As jy nog nie aan ’n omgeegroep of dissipelskapgroep behoort nie, vul sommer nou die afskeurstrokie in.

Wanneer ons as gelowiges so saamkom en daar liefde en omgee is beskryf die Bybel ons as die Liggaam van Christus.

Dit is vir my baie betekenisvol dat die Bybel die beeld van ’n liggaam gebruik om ons verhouding as gelowiges met mekaar te beskryf.  Ons gesamentlik staan bekend as die liggaam van Christus.

Romeine 12:5 Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar.

My ouers het grootgeword in ’n tradisie waar enige aktiwiteit van die liggaam as sondig beskou is. Die liggaam is gesien as ’n tydelike tuiste hier op aarde terwyl ons eintlik op reis is na ’n ewige tuiste in die hemel. Dit is ’n nodige euwel wat net verdra moet word en wat se begeertes teengestaan moet word. Nou ja, teen die die tyd dat ek in die wêreld gekom het, het daardie beeld van die liggaam darem so ’n bietjie verander, maar liggaamliike oefening is steeds as van min nut gesien en om te dans was net iets wat ander mense gedoen het wat nie so geestelik soos ons was nie. Vandag kan ek my verkyk aan my seun Dillon wat sy lyf so lekker kan beweeg en my dogter Maneesha wat sport so geniet.

As Christene wat in ’n gevalle wêreld leef het baie van julle het dalk soos ek ’n dubbelsinnige konsep van ons liggame ge-erf. Aan die een kant is ons liggame net iets is wat ons siel en gees tydelik hier op aarde huisves en  die liggaam moet net in standgehou word vir daardie doel. Verder moet die liggaam se behoeftes en begeertes onderdruk word.

Teenoor dit is daar die huidige sekulêre kultuur wat ’n geweldige fokus plaas op die perfekte liggaam. In vandag se kultuur is die mooiste liggaam gelyk aan die suksesvolste lewe. Ek hoef julle nie te vertel van hoe die beroemde sterre se foto’s deur photoshop gemanipuleer word net om aanvaarbaar te wees nie.

Is ons liggame dan boos of is dit iets wat geïdialiseer moet word?

Ons agtergronde en die sekulêre kultuur maak dit vir ons baie moeilik om die Bybelse realiteit te aanvaar dat God ons liggame geskep het en dat Hy dit dit net soos die res van die skepping as BAIE GOED verklaar het.

Genesis 1:26&31 God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.

Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed.

God verklaar die skepping en die mense wat hy skep nie net as goed nie, maar as BAIE GOED.

Dawid het hierdie persektief gehad dat God iets wonderlik geskep het en hy vier die feit dat hy hier op aarde geplaas is met ’n liggaam met ’n lied aan God:

Psalm 139:14

Ek wil U loof, want U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep.
Wat U gedoen het, vervul my met verwondering.

 

Die Bybel sien die ligaam as ’n geestelike skepping. Nie iets apart van die siel en gees nie, maar as ’n eenheid met die siel en gees.

En dan kom Paulus en verwys na ons liggame as tempels van God:

1 Korintiërs 6:19-20

Of besef julle nie dat julle liggaam ‘n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.

Is dit nie wonderlik nie? Van al die wonderlike plekke in die skepping waardeur God homself kan openbaar kies Hy om dit in ons liggame te kom doen.

Die Heilige Gees se woonplek is jou en my liggaam!

Ek weet nie van julle nie, maar soms is ek baie gelukkig met die liggaam wat ek gegee is en ander kere wens ek dat ek ’n ander, mooier, sterker, beter liggaam kon kry. Maar kan jy dink dat God ons liggame as sy woonplek kies? Dat ons tempels is van die Heilige Gees?

Ja, ons liggame is nie perfek nie en dit is ok. God kies om in ons gebrokenheid te kom bly. Hy het na ’n gebroke wêrled gekom en nou kom Hy en woon in gebroke liggame. Is dit nie wonderlik nie? Jy hoef nie perfek te wees vir ’n perfekte God om in jou te kom woon nie.

Nou as God deur die Heilige Gees dan binne in ons woon en ons liggame beskryf word as tempels dan is dit mos n baie belangrike plek. Ons liggame is besonders. Paulus skryf in Korintiërs aan die Christene in Korinte wat ‘n heidense stad was en hulle konsep van ‘n tempel was dat dit die plek was waarnatoe jy moes gaan as jy met jou god wou praat en hom of haar wou aanbid. Vir daardie hoorders was dit ‘n heel nuwe konsep om hulle eie liggame te sien as tempels, ‘n plek waar jy enige tyd met God kan praat en Hom aanbid. So ons kan uit Paulus se woorde aflei dat in die eerste plek is ons liggame ‘n plek waar ons God kan ontmoet.

Jou liggaam is ‘n plek waar jy God kan ontmoet.

Jy het dalk nog nooit so daaraan gedink nie. Jy kan God ontmoet, leer ken en met Hom in verhouding staan deur jou liggaam. As ons God toelaat om ons denke te verander oor ons liggame kan dit iets heilig raak waar ons die teenwoordigheid van die Heilige Gees kan ervaar

1 Korintiërs 6:19

Of besef julle nie dat julle liggaam ‘n tempel van die Heilige Gees is nie?

Dit is ’n exciting konsep om te dink dat ons eie liggame wat ons soms so minag ’n plek kan wees waar ons God die almatige kan ontmoet. Die Christelike spiritualiteit is in werklikheid vlees en bloed spiritualiteit. Dit is nie ‘n spiritualiteit wat verwyder is van die liggaam nie. Ons liggame is deel van ons spiritualiteit.

God kan met ons praat deur ons liggame. Dit is tog met jou ore dat jy nou my stem kan hoor wat vir jou die goeie nuus oor jou liggaam vertel. Dit is deur jou liggaam wat jy vandag hier is en saam met jou vriende God kan aanbid

As die Heilige Gees in ons liggame bly dan kan ons na God leer luister deur na ons liggame te luister. In tyd van spanning weet ons mos dat ons liggame vir ons die boodskap gee daarom rustiger te vat deur pyn. Ons is eerder geneig om pynstillers te drink as om te luister. Ons liggaam vertel ons dat ons rus en herstel nodig het. En dit is nie net slaap en vakansie hou wat dit bring nie. Ware rus en hertsel kan ons kry deur in stilte by God te wees. Jou liggaam vra daarvoor en ekmoedig julle aan om so ‘n dissipline aan te leer.

Daar word gereeld stil retraites aangebied op Shama. Dit is die plek waar die dissipelskap retraites gehou word. Dalk moet jy op so ‘n retraite gaan.

Ons liggame het ook ‘n manier om ons te laat weet as iets reg of verkeerd is. Ons praat mos van ons “gut gevoel”. Soms kan ek nie iets in woorde sit sit nie, maar ek weet net en ek voel dit met my lyf. Iets is verkeerd of ek voel reg oor ‘n saak.

Baie keer is hierdie seine wat ons liggame vir ons stuur God wat met ons wil praat, maar omdat ons die liggaam baie keer as minder belangrik beskou ignoreer ons daardie seine. Ons gedagtes is baie keer so besig dat ons die seine van ons liggame ignoreer. Ons het nie tyd om na God te luister wat wil praat nie. In sulke tye behoort ons ‘n plekkie van stilte kry en God vra: “Wat gaan hier aan?” Wil U dalk vir my iets sê?” En dan moet jy tyd maak om te luister.

Ek sê nie hier dat jy net moet reageer op wat jy in jou “gut” ervaar nie. Maar moenie dit ignoreer nie. As jy so ‘n gevoel ervaar gaan vra vir God wat aan die gang is.

Daar is baie wat ons kan leer as ons oplet wat in ons liggame aan die gang is. Maar weerens dit vra aandag. Dit vra dat ons leer om bewustelik te leef. Ons moet uit die rat race padgee en tyd maak vir luister na wat ons liggame sê en met God daaroor gaan praat.

‘n Tempel is ‘n ook plek waar ons kan aanbid.

Deur jou liggaam kan jy God aanbid

Jou lyf kan dinge kommunikeer waar ons woorde tekort skiet.

Het jy al ooit die ervaring gehad waar jy wou neerbuig voor God? Dit is jou liggaam wat weet dat jy die teenwoordigheid van God ervaar en die reaksie daarop is buig in nederigheid en aanbidding. Die Psalms is vol van hierdie lyftaal wat kommunikeer waar woorde tekort skiet.

Psalm 95:6 Kom ons val in eerbetoon voor Hom neer, kom ons buig, kom ons kniel voor die Here ons Skepper!

Psalm 99:5 Prys die Here ons God. Kom buig in aanbidding voor Hom: Hy is heilig!

Of jy ervaar jou behoefte na God, jou afhanklikheid van Hom en jy wil net jou hande uitsteek soos ‘n bedelaar. Soos die blinde man wat na Jesus uitroep: “Jesus, Seun van Dawid, ontferm U oor my!” Lukas 18:35

Of in ‘n kerkdiens waar jy oorweldig was deur God se grootheid, sy liefde en groot genade en jy het die behoefte om jou hande op te steek. Dis Bybels om dit te doen.

Psalm 63:5 Ek sal U my lewe lank loof, my hande ophef om u Naam te prys.

Psalm 132:2 Hef julle hande in gebed op na die heiligdom en prys die Here!

Hierdie gebare wat ons met ons liggame doen kan kragtige maniere wees waarmee ons met God kan kommunikeer waar ons ons totale menswees in verhouding met Hom staan. Met meer as ons intelek, meer as ons emosies, meer as ons wil, ook met ons liggaam. Die eertse gebod sê mos dat ons vir God moet lief wees met ons hele hart, al ons krag en verstand – dit beteken met ons hele menswees.

Laat jou liggaam praat

God wil jou liggaam waarmee jy nie altyd mee gemaklik is nie gebruik. Ons kan tog so ongelukkig wees met ons lywe, maar HIERDIE lyf is die plek waar God woon en jou wil ontmoet. Waardeur Hy met jou wil praat en waarmee jy Hom kan aanbid.

As hierdie konsep van jou liggaam as ontmoetingsplek en aanbiddings konneksie met God vir jou vreemd is nooi ek jou uit om jou grense so bietjie te skuif. Dalk het jy vandag iets erken wat jy al gevoel het, jy het dalk al gevoel om voor God jou hande op te steek, te buig, plat op jou gesig te lê, maar jou kultuur of denkwyse oor hoe jy mag optree het jou teruggehou. Gaan kry vir jou ‘n plekkie waar jy alleen is voor God en waag dit om dit te doen.

Ons gaan nou liedere sing waardeur ons met ons stemme God gaan aanbid en ek nooi jou uit, bring jou hele self voor God in jou aanbidding. Gebruik jou liggaam, jou stem, jou hande, maak dalk jou oë toe of kyk op terwyl ons saamsing.

As jy steeds nie voel jy kan hier jouself uitleef nie, gaan na jou binnekamer, jou intieme plek waar jy alleen voor God kan luister na jou liggaam en met God kommunikeer en ook Hom aanbid.

 

 

 

Nooit weer… moet jy glo dat jy almal tevrede kan stel nie

[powerpress]

Ons reeks nooit weer nie… gaan oor ’n paar algemene lewenswyshede wat ons almal op ‘n stadium in ons lewe moet leer.

Week 1: Nooit weer moet ek iemand wees wie ek nie regtig is nie.

Week 2:  Nooit weer moet ek iemand anders probeer verander nie.

Vandag- Nooit weer moet jy glo dat jy almal kan tevrede stel nie.

Die gevoel dat ander my raaksien en lief vir my is, is ’n basiese menslike behoefte.

 

Vandag gaan ons sê, ek gaan nooit weer vir die goedkeuring van ander mense lewe nie.

Is dit okay met julle?  Hou julle van my idee?  Dra dit julle goedkeuring weg?

Laat dit jou ook goed voel?  Hou jy van my boodskappe?  Hou jy van my?

Die realiteit is, meeste mense wat in die openbaar op te tree, mense soos pastore, het ’n diep behoefte aan aanvaarding.

Mense wat baie gedrewe is, baie goed is in sport, goed is in musiek of akademies het ’n diep begeerte om hulself te bewys.

 

Prov. 29:25        “Fearing people is a dangerous trap, but to trust the Lord means safety.”  NLT

 

Van my eerste begeertes as kind was die gevoel, my pa is hier, ek wil tog net goeddoen dat ek sy goedkeuring kan wegdra en dat hy trots op my kan wees.

Meeste ouers is vir hulle kinders lief ten spyte van… maar die leuen wat ’n goedkeurings verslaafde glo is – as ek goeddoen, myself bewys, dan sal hy / hulle my liefhê en aanvaar.

Die goedkeringsverslaafde is baie keer die uitblinker op skool.

Wanneer ek begin werk, gee ek my 120%.  Ek kom eerste in, ek loop laaste.

Ek doen my werk so goed dat my baas of ander my kan prys.

Niks is te veel gevra nie.  As jy my in die middel van die nag bel om uit te vind wat iemand se nommer is, geen probleem nie, ek is tot jou diens.

 

Tekens dat goedkeuring van ander mense vir jou belangrik is:

1.  Dit is vir jou belangrik wat ander dink.

Dit kan nou en dan wees, dit kan feitlik altyd wees.

Bv. as jy ooit ’n publieke praatjie moes lewer dan het jy ’n senuweeagtige gevoel gehad.

Hoekom is jy op jou senuwees?  Want jy is besorg oor wat die mense wat na jou gaan luister dink oor jou praatjie.  Het dit vir hulle iets beteken?  Het ek sin gepraat of snert?

Sosiale media.  Jy maak ’n plasing en so minuut later begin jy kyk wie hou van jou opmerking.  Wie deel dit?  Het iemand daarop kommentaar gelewer?

Selfie.  Wat dink julle van my selfie?

So nou en dan, dan gaan ons uit vir ’n spesiale geleentheid.

Wat sê meeste vrouens?  Ek het niks om aan te trek nie…  regtig?

Hoe lyk hierdie een?  Wat probeer jy vir my sê?

 

2.  Jy is baie sensitief vir gevoelens.

’n Honderd mense sal vir my kom sê, hey Braam, ek het van jou boodskap gehou.

Maar die een ou wat sê, het jy gehoor wat Andy Stanley van hierdie onderwerp gesê het, wow, dit is net amazing.

Waarna toe gaan die goedkeuringsverslaafde?

Ek is ’n mislukking.  Ek is nie goed genoeg nie.

Jy fokus op die 5% se opmerkings en die 95% s’n vergeet jy heeltemal.

 

Wanneer iemand dalk ongevra ’n stukkie raad aan jou gee of dalk kritiek.

Wat maak jy daarmee?  Raak jy onmiddellik verdedigend en wil die persoon reg help?

Raak jy dalk sarkasties en maak een of ander skerp opmerking sodat die persoon op sy plek gesit word?

Of bly jy dalk stil en dink in jou binneste, jou idioot, sien jy nie die groot balk in jou eie oog raak nie en dan wil jy die splinter in my oog kom raaksien.  Gaan vlieg.

 

3.  Jy laat jou waardes gaan. (Compromise)

Jy gaan kompromieë aan.  Jy glo iets met jou hele hart, maar jy is bereid om aan te pas of stil te bly sodat jy nie ongewild raak nie.

’n Jong meisie wat by ’n ou hoor, as jy regtig lief vir my is… dan sal jy…

Of die manne wat om die braaivleisvuur begin vuil grappe te vertel en skielik ken jy ook een of twee.  So jy gaan ’n kompromie aan met jou waardes.

Of jy glo nie daaraan om skuld te maak nie maar die vakansie kom nader en ALMAL gaan weg of het ’n nuwe karavaan gekoop… jy kan tog nie met jou 1980 model daar aankom nie.

Hoekom doen ek dit?  Want ek wil tog nie hê dat ek moet uitstaan as almal met hulle 2015 model karre en karavane langs my staan in Hartenbos nie.

As dit waar is, merk hom af.  Ek compromise my waardes soms.

 

4.  Dit is vir jou moeilik om “nee” te sê.

Iemand vra jou, kan jy my kom help?  En binne jou skree jy, nee, net nie nou nie, ek is ongelooflik besig hierdie week, ek voel of ek verdrink.

Maar dit wat uit jou mond kom is: “Natuurlik, ek sal kom kyk.”

En dan is daardie aaklige gevoel van skuld want uiterlik sê jy “ja” maar binne jou begin jy voel jy almal is ondankbaar en hulle misbruik jou altyd.

Uiterlik wil jy tog nie iemand teleur stel nie maar innerlik verdrink jy omdat jy oorweldig voel.

 

Hoekom doen ons dit?

Die rede is omdat ons ego’s ongelooflik onseker voel.  Insecure.

Ons ego’s wat gevorm word vandat ons 2 jaar oud is skree ons hele lewe lank uit:  “Hou van my!  Hou van my!  Aanvaar my!  Laat my goed voel oor myself!”

En as ons nie versigtig is nie dan sal ons een van die grootste waarhede en gevare in hierdie lewe mis:

 

Wanneer wat mense van ons dink, vir ons belangrik word, is dit die maklikste manier om te vergeet wat God van ons dink.

Vrees vir mense is ’n gevaarlike slagyster, sê

Spreuke 29:25  “Jy stel vir jouself ’n slagyster as jy vir mense bang is.  Jy beveilig jou lewe as jy op die Here vertrou.”

Dit is ’n trap sê die Engels.  Dit is soos ’n jagter wat ’n slagyster stel en dan trap iets in ’n stadium daarin en hy kan nie loskom nie.

 

1 Sam. 15:24     “Saul sê toe vir Samuel: “Ek het gesondig, want ek het die bevel van die Here en u opdrag oortree omdat ek vir die manskappe bang was en na hulle versoek geluister het.”  AFR83

Saul was banger vir sy manskappe as vir God.  Hy wou in hulle guns wees.

Wat is die uiteinde?  Die Here het hom verwerp en hy het sy koningskap verloor.

 

Dink aan Jesus se dood.  Dit was goedgekeur deur iemand wat aan goedkeuringsverslawing gelei het.

Mat. 27:21-22     “Toe die goewerneur dus weer vir hulle vra: “Wie van hierdie twee moet ek vir julle vrylaat?” het hulle geskree: “Barabbas!”  “Maar as ek Barabbas vir julle vrylaat,” het Pilatus hulle gevra, “wat moet ek dan met Jesus die ‘Messias’ doen?” Hulle roep almal: “Hy moet gekruisig word!”

 

Wat is die probleem?  Wel, dit is so gevaarlik dat dit soos ’n afgod in jou lewe raak.

Mense se goedkeuring raak vir my belangriker as God se goedkeuring.

Mense raak groter, God raak al hoe kleiner.

Deesdae sien ek dit baie in ouerskap raak.  Ouers wat dink hulle hoofdoel in hulle kinders se lewe is om hulle vriende te wees en hulle gelukkig te maak.

As jy ’n dissipel van Jesus is, kan die opinie van mense nie vir jou ’n obsessie raak nie.

 

God het ons geskep om vir ’n gehoor van EEN te lewe, nie vir ’n gehoor van baie nie.

Daar is net EEN wie se goedkeuring, aanvaarding en opinie vir ons moet saak maak – God alleen.

Dit is onmoontlik om beide vir die gehoor aanvaarbaar te wees en vir God.

Ons ego wat heeltyd uitskree, Hou van my!  Aanvaar my!  Is eintlik is stuk gebrokenheid in ons wat ons na God toe moet neem waar Hy alle imperfeksie of gebrokenheid kan genees.  Waar Hy wat eintlik saak maak vir ons kan sê, “Ek is lief vir jou.

Ek aanvaar jou soos jy is.  Ek vergewe jou vir jou foute.”

 

Om vir ’n gehoor van EEN te lewe beteken dat ek ander se opinie en goedkeuring ondergeskik aan God s’n sit.

Gal. 1:10   “Probeer ek by mense in die guns kom? As ek nog steeds die guns van mense soek, sou ek geen dienaar van Christus wees nie.”  AFR83

Wat se Paulus?  Ek kan nie mense dien as ek ’n dienaar van Christus is nie.

 

Een van die mees bevrydende en grootste oomblikke in jou lewe kan wees wanneer jy besluit om elke dag te begin met die wete:

Ek leef vir ’n gehoor van EEN en nie van baie nie.

En soos enige verslaafde elke dag weer die besluit moet neem om bv. nugter te bly moet ’n goedkeuringsverslaafde ook elke dag weer besluit om net vir God te lewe.

En soos wat ’n verslaafde swak oomblikke het om weer terug te val na ou gewoontes toe sal ek en jy in ons “af tye” die versoeking hê om weer mense te please i.p.v. God.

Dit bly ’n worsteling jou hele lewe lank.

 

Die oomblik wat jy ’n besluit neem sal daar iemand wees wat nie van jou besluit sal hou nie.  Die enigste manier om almal altyd gelukkig te maak is om nooit iets te doen of te sê nie.  Dit is onmoontlik.

As dit moontlik was, sou jy ’n paar mense moes wees, want vir die klomp sal jy so moet wees en die ander klomp sal jy so moet wees.

Om so te leef sal jy soos ’n golf in die see wees wat op en af gaan en wat vir niks regtig staan nie.  Jy sal ook die verkeerde mense gelukkig maak.

Luk. 6:26  “Daar wag groot probleme op julle as julle net altyd wil hê dat mense mooi dinge oor julle moet sê; as julle alles in julle vermoë doen om ander te beïndruk.”

 

1. Groot besef: Jy kan nooit almal gelukkig maak nie maar jy kan God gelukkig maak.

Mense wat die moeilikste is om tevrede te stel is gewoonlik die mees egotistiese mense.

Hulle is net gelukkig wanneer jy doen wat vir hulle goed is en dit is gewoonlik nie goed vir almal nie.

Wees eerder ongewild by baie maar gewild by die EEN wat jou eendag gaan oordeel.

Rom. 14:12   “Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee.”AF83

En wat liewer vir jou is as wat enige mens op aarde nog ooit vir jou was.

Jer. 31:3    “Ek het jou lief met ’n liefde wat nooit ophou nie. Ek trek jou met troue liefde na My toe.”  NLV

 

2. Groot besef: Leef vanuit God se goedkeuring i.p.v. vir mense se goedkeuring.

Dit sal jou lewe transformeer wanneer jy hierdie waarheid internaliseer.

Om jou behoefte aan goedkeuring en aanvaarding en liefde by God te kry is iets wat gebeur wanneer jy gereeld tyd saam met Hom spandeer en Sy liefde ervaar.

Dit raak naderhand iets innerlik, wat van binne af kom i.p.v. iets uiterlik wat die heeltyd van mense af moet kom.

My waarde is nie gebaseer op wat jy van my sê of dink nie maar is gebaseer op wat God van my sê en dink.

Wanneer jy my teleurstel moet ek weet, niemand is perfek nie.

Jy gaan my met tye teleurstel.  En ek gaan jou met tye teleurstel.

Daar is net een wat perfek is en dit is God.

Net Sy liefde is perfek.  Net Sy aanvaarding is perfek.

 

Wanneer dit by mense kom, moenie soek na perfektheid nie, soek eerder na die goeie in mense.  Die goeie is in elke mens want God se vingerafdrukke is in elke mens.

Leef vir ’n gehoor van EEN.  Maak net EEN in die lewe gelukkig.

Leef vanuit hierdie AANVAARDING en nie vir die aanvaarding van ander nie.

Nooit weer… moet jy probeer om iemand anders te verander nie

[powerpress]

Lukas was ’n baie suksesvolle sakeman wat baie mpy.’e gestig het en ’n fortuin gemaak het.  Sy seun was die mees aangewese keuse om die besigheid oor te neem aangesien sy dogter nie in die besigheid belang gestel het nie.

Nadat Morné graad gevang het, het hy vir twee jaar in Engeland gaan werk en toe het hy teruggekom S.A. toe om saam met sy pa te kom werk in die besigheid.

 

Morné het in verskillende afdelings van sy pa se besighede begin werk.  Dit was opwindend in die begin. Maar Lukas het met tyd begin agterkom dat Morné nie altyd betyds vir werk opgedaag het nie en soms glad nie ingekom het nie.

Soos tyd verloop het, het Lukas gedink dat dit tyd is om Morné meer verantwoordelikheid te gee en het hy hom in die bemarkingsafdeling aangestel omdat Morné nog altyd baie kreatief was en gehou het van strategie.

 

Maar dit het nie lank geneem voor Morné se onmiddellike hoof met hom gefrustreerd begin raak nie. Morné het ’n baie ontspanne traak-my-nieagtige houding teenoor alles gehad.

Morné se hoof het na sy pa toe gegaan en dit met hom bespreek maar Lukas het gevoel dat sy seun nog besig was om aan te pas en dat hy mettertyd homself sal regruk.

Wat ’n ongelooflike geleentheid was dit nie, om sy pa se besighede wat miljoene werd was eendag te bestuur.

 

Lukas het sy bes probeer om vir Morné te motiveer, om hom entoesiasties te maak oor sy werk.  Hy het vir hom groot bonusse gegee wanneer hy iets bereik het.

Dan het dit gelyk op daar so effense verbetering kom maar binne so paar weke gaan Morné maar net weer terug na sy laisse faire benadering toe.

 

Lukas het met ’n mentor gepraat oor Morné en raad gevra?  Die ou mentor wat ’n goeie vriend was, het vir Lukas gevra: Is jy bereid om hom af te dank indien hy nie verbeter nie?  Lukas het nie die vraag verwag nie.  Afdank, nee, hoekom, hy sal mos regkom en die erns van dinge besef, maar Lukas het een van die fundamentele beginsels in die lewe nie besef nie:  Jy kan nie ’n ander persoon verander nie.

Morné het twee dinge nodig gehad wat hy nie ontwikkel het nie.  Honger en passie.

Hy was nie honger genoeg om die dryfkrag te hê om te doen wat nodig is om ’n groot besigheid te bestuur nie.  En hy was nie passievol oor die besigheid self nie.

Lukas het gedink as hy net hom meer tyd gee, harder probeer sal sy seun ook die suksesvolle besigheidsman word wat hy was.

 

As Morné dit net wil snap?  Reg?  As hy net die kans wat hy kry in die lewe kan raaksien dan sal hy homself verander en meer gedrewe raak.  Maar Morné het nie verander nie en sy pa kon dit nie oor sy hart kry om hom af te betaal nie.

Nadat Lukas dood was, het Morné oorgeneem en die besighede bestuur maar dit was totaal en al uit sy diepte. Binne 10 jaar het hy alles verloor wat sy pa in 40 jaar opgebou het.

 

Nog ’n storie:

Stephanie was verlief op Willem.  Hulle was wonderlik saam.  Die enigste probleem was dat hulle definisie van “saam” baie verskil het.

Vir Stephanie het dit beteken om baie tyd saam te spandeer en ten volle committed te wees om moontlik te trou.  Vir Willem was dit om saam te wees wanneer hy daar is maar as hy besig was met sy sport of werk dan was dit die belangrikste dinge in sy lewe.

Hy was lief vir haar maar op hierdie stadium was hy nie die soort ou om hul verhouding so ’n groot prioriteit te maak soos sy sport vir hom was nie.

 

Dit het baie spanning tussen hulle veroorsaak.  Wanneer hulle saam was, was dit wonderlik maar Stephanie wou meer hê.  Willem het nie van die druk gehou dat hy al sy vrye tyd saam haar moet spandeer nie.

Sy kon nie verstaan hoekom hy nie kon commit om te trou en hulle meeste van hulle tyd saam spandeer nie.

Willem was nie gereed om te doen wat Stephanie graag wou hê hy moes doen en wees nie.  Stephanie het ’n paar keuses gehad:

 

1.  Sy kon aanhou neul, kla en mooipraat en deur hom te beheer te probeer verander.

2.  Sy kon haar verwagtings en behoeftes verander en aanvaar dat dit die soort verhouding is wat hulle gaan hê en in haar eie dinge te begin ontvlug.

3.  Sy kon hom ’n keuse gee om of ten volle te commit tot hulle verhouding of om uit te maak.  Sy was selfs bereid dat hulle iemand saamgaan sien om dinge deur te werk.

 

Wat kies Willem?  Ek gaan nie sê nie, maar dit maak nie regtig saak nie.

Maar deur vir Willem keuse 3 te gee waar hy moet kies om of sy lewenstyl te verander of om eerder die verhouding te beëindig het hy en sy ten minste die vryheid om iemand te kry wat beide van hulle sal gelukkig maak.

Die oomblik wanneer daar ’n magstryd in enige verhouding is, gaan dit oor ’n ‘druk-trek-scenario’ jy probeer om iemand te verander.

 

Hoe hanteer God mense?

Daar is niks in die woord wat sê dat ons nie moet probeer om ander te beïnvloed om te verander nie.  In teendeel, God sê dat ons alles in ons vermoë moet probeer om iemand te verander wat op ’n verkeerde pad is.

Nêrens se God ons moet stilbly oor mense se destruktiewe gedrag of gewoontes wat pyn veroorsaak nie.  Hy sê dat as iemand op ’n destruktiewe manier leef, moet ons probeer help:

Gal. 6:1     “My broers en susters, as ander gelowiges aan die een of ander sonde toegee, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, hulle dadelik reghelp. Bring hulle weer terug op die regte pad sonder om hulle te kritiseer of te veroordeel. Maar pas op. Julle kan ook maklik voor die sonde swig. Nie een van julle is verhewe bo versoekings nie.” DB

 

As iemand doen wat sleg vir hulle is, sleg vir jou is, sleg vir hulle geliefdes is, moet ons hulle konfronteer en probeer help insien wat hulle doen, selfs druk op hulle sit deur ander mense te betrek om te help:

Mat. 18:15-16     “As jou broer verkeerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is. As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen. Maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat alles wat gesê word, deur die woord van twee of drie getuies bevestig kan word.”  AFR83

 

God is baie duidelik oor wat Hy van sy verhouding met ons verwag en Hy sê vir ons dat ons ook so moet wees teenoor mekaar.

Hy beskou dit as ’n goeie ding as ons mekaar ten goede probeer beïnvloed.

Spr. 9:8-9  “Moenie ’n ligsinnige mens probeer opvoed nie, hy sal jou daarvoor haat. Voed ’n wyse op, en hy sal lief wees vir jou. Gee jou aandag aan ’n wyse mens, en hy kry meer wysheid, leer ’n regverdige, en sy kennis vermeerder.”  AFR83

 

Ons moet probeer.  Maar soms val alle goeie advies en raad op dowe ore.  En dan is dit tyd om te besef:

Ek kan nie iemand anders kry om te doen wat hulle nie kies om te doen nie – of omdat hulle nie kan nie OF omdat hulle dit nie wil doen nie.

 

Die rede?  Ons kan nooit iemand anders se vryheid van keuse oorneem nie.

Om te probeer om mense te verander, al is dit net in die kleinste dingetjies wat jou irriteer druis in teen die manier hoe God met ons werk.

God dwing nie een van ons om sy robot te wees om te doen wat Hy wil hê nie.

Hy nooi ons wel uit, Hy beïnvloed ons dikwels deur omstandighede en mense.

Maar Hy maak ons nooit om te doen wat Hy selfs weet vir ons goed sal wees nie.

Dit werk nooit nie.

 

Die toepassing van hierdie lewensbeginsel is eindeloos.

  • ’n Kritiese mens wat nooit goedkeuring of positiewe opmerkings gee nie.
  • ’n Verslaafde wat nie wil doen wat nodig is om los te kom nie.
  • ’n Onverantwoordelike mens wat nie wil doen wat gedoen moet word nie.
  • ’n Werker wie se werk nie op standaard is na verskeie gesprekke nie.
  • Iemand wat net ontvang in ’n verhouding en niks wil gee nie.
  • ’n Ouer wat jy wens net anders kan wees.
  • ’n Volwasse kind wat nie wil grootword en beter keuses maak nie.
  • ’n Vennoot wat nie so hard soos jy werk nie.

 

Die beginsel is nie dat ons passief en onbetrokke moet wees in verhoudings nie.

As ons mekaar lief het, sal ons ons bes doen om mekaar ten goede te beïnvloed.

Die kwessie is dat ons ander se vryheid moet raaksien en respekteer om hul eie keuses te maak al is dit hoe sleg vir hulle.

As ons daardie vryheid nie erken nie sal ons een van twee dinge doen:

Ons sal aan hulle karring en neul en aan maniere dink ons hulle te beheer totdat hulle ons begin kwalik neem.

Of ons sal onsself voortdurend frustreer as ons eis dat iemand iets moet wees of doen wat ons wil hê hulle moet wees of doen.

As hulle dit weerstaan sal ons kwaad word, hulle verkleineer of skuldig laat voel.

Dit is moeilik om eerlik en openhartig te wees en verantwoordelikheid te aanvaar vir ons eie wense as ons besef dat ander mense vry is om te doen wat hulle wil doen.

 

Partykeer is die gevolge en konsekwensies die enigste ding wat mense sovêr kry om ’n keuse te maak.  Maar ons kan nie beheer wat hulle kies en selfs of hulle ’n keuse gaan maak nie.

Die gevolge of konsekwensies is nie dat ek hulle maak om ’n keuse te maak soos ek hulle graag wil hê hulle moet maak nie.

Nee, die gevolge is dat hulle die vryheid het om te kies wat hulle wil en dat ons dan ons reaksie kies in die lig van hulle keuse.

 

Dink weer aan Stephanie en Willem.  As dit by Willem se keuse kom, moet Stephanie nie probeer om hom te verander om te doen wat sy wil hê nie.  Dit sal ’n magstryd afgee en sal nooit werk nie.

Om vir Willem ’n duidelike keuse te gee en hom die vryheid te gee om te kies, a of b.

Dit sal ander dinge laat gebeur waaroor sy nie beheer het nie.

Dieselfde vir Lukas en Morné.  Morné moet kies a of b.  En as b sy keuse is dan moet Lukas dit aanvaar al beteken dit dat Morné nie sy empire gaan oorneem nie.

Dit gaan nie oor ompraat, neul, beheer nie. Dit veroorsaak net slegte dinge in verhoudings.

 

Die tema kom regdeur die Bybel voor:

Jos. 24:15 “As julle nie die Here wil aanbid nie, moet julle vandag vir julleself besluit wie julle dan wil aanbid. Is dit die gode wat julle voorouers anderkant die Eufraat gedien het, of is dit die gode van die Amoriete in wie se land julle nou woon? Ek en my huisgesin sal die Here aanbid.”  NLV

’n Duidelike keuse wat Josua hulle gee.  Hy gee hulle die vryheid om te kies.

 

Jesus het dit ook gedoen met die ryk man:

Natuurlik wou Jesus hê die ryk man moet Hom boweal anders kies en die ewige lewe hê. Maar Jesus het nie sy keuse probeer beheer nie.

Toe die ryk man vir Jesus vra wat hy moet doen om die ewige lewe te verkry het Jesus basies vir hom gesê dat sy rykdom tussen hom en God staan en dat hy sal moet kies.

Die man het sy rykdom gekies en weggegaan en Jesus het hom laat gaan:

Mark. 10:22        “Hy het egter geskrik toe hy dit hoor en het bedruk weggegaan, want hy het baie besittings gehad.”  AFR83

So stilswye en passiwiteit om ander positief te beïnvloed is nie ’n opsie nie.

Maar ons moet ander die vryheid gee om keuses te maak en daarop reageer.

 

Die ou spreekwoord lui:

Jy kan ’n perd na die water toe bring, maar jy kan hom nie dwing om te drink nie.

Hoe gelukkig is mense wat frustrasie vermy deur nie te probeer om die perd te dwing om water te drink as hulle nie dors is of van water hou nie.

Wys mense die water.  Wys hulle hoe koel en verfrissend die water is.

Wanneer hulle gedehidreer is, vertel hulle dat water hulle sal help.

Sê vir hulle hoe jy dit sal geniet om water saam met hulle te drink.

Wys hulle wat die water vir jou al beteken het.

 

MAAR weet dat jy hulle nie kan dwing om te drink nie.

Dit is iets wat net hulle kan doen wanneer en as hulle wil.

Onthou… hulle is vry om te kies.

Nooit weer… moet jy dink jy kan iemand dwing om iets te doen nie.

Kom tot inkeer as jy probeer het om ander te probeer beheer.

Laat God toe om die werk te doen wat net Hy kan doen en waaroor jy in elk geval geen beheer het nie.

Nooit weer… sal ek iemand probeer wees wie ek nie is nie

[powerpress]

Sommige lesse in die lewe leer ons op die harde manier.

Die Here gee vir ons soveel wyshede in die Bybel maar soms gebeur dit dat die universiteit van die lewe ons ’n paar lesse moet leer.

Dit is waarna ons gaan kyk in hierdie reeks.  Slaggate wat ons moet vermy.

Slaggate wat jou sal laat voel wanneer jy in hulle getrap het, nooit weer nie.

Rom. 12:6 “Ons het gawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. Ons moet hierdie vermoëns reg gebruik.”  NLV

 

Vandag se slaggat: Nooit weer… moet jy iets doen wat vereis dat jy iemand moet wees wat jy nie is nie.  Ek het dit al ’n paar keer vertel maar vergun my dit weer te vertel.

Toe ek in matriek was soos hierdie matrieks vir wie ons vanoggend gebid het, het ek baie idees en drome wat my toekoms aanbetref.

Dit was ’n blye dag toe ek matriek geslaag het, nie so goed as wat ek en ander gedink het nie maar ten minste kon ek universiteit toe gaan.

Ek onthou hoe ek besluit het om in te skryf vir B.Com Rek en ek het gedink dat ek ’n C.A. sou word en myself iewers in ’n groot mpy sou opwerk.

 

Halfpad deur my eerste jaar het daar ’n besef by my gekom dat hierdie rekeningkunde waarmee ek nie te sleg was nie, nie my passie kan wees vir my hele lewe nie.

Ek sal nooit die dag vergeet wat ek saam met my pa gery het en vir hom gevra het, sal hy my dwing om iets te doen wat ek nie wil doen nie.

My pa is vanoggend hier, hy sal die dag ook onthou, ek kan selfs die plek in die kar onthou waar ek vir hom gevra het of ek eerder teologie kan gaan studeer want hierdie rekeningkunde en finansiële bestuur sou my van my kopaf maak.

 

Ek wou met mense werk, nie met syfers nie.  Dit was net nie ek nie.

Die grootste besef was natuurlik dat ek die Here se roeping in my lewe al sterker en sterker begin ervaar het.

Ek wou niks anders met my lewe doen as om voltyds vir Hom te werk nie.

Natuurlik het ek my pa se geld vir my eerste jaar op universiteit gemors maar hopelik is die vrug van my besluit sigbaar vandag in my lewe.

Geen geld, goeie posisie of besigheid sou daarvoor kon opmaak nie.

 

As jy nie op die regte plek is nie sal jy innerlik begin verdor, Want ons kan nie vir baie lank iemand wees of doen wat ons nie regtig is nie.

As jy op die regte plek is, sal ’n nuwe wêreld vir jou oopgaan.  Jy sal lewendig voel.

Jou tyd gaan verbyvlieg, voordat jy jouself kan kry, gaan ’n dag verby wees.

Daar gaan ’n diepe genot in jou wees, iets wat geen vergoeding vir jou kan gee nie.

 

Om iets te studeer, om iets te doen dag vir dag wat nie in lyn is met jou gawes en wie die Here jou gemaak het om te wees nie sal die genot en die lewe uit jou dreineer.

En dit sal op allerhande maniere sigbaar word vir mense in jou lewe.

 

Wanneer is dit ’n goeie ding om nie “ek te wees” nie?

Ek sê nie vanoggend dat ’n mens nooit dinge moet doen wat jy nie van hou nie.

Partykeer is dit die verantwoordelike ding om te doen.

Soos om soms ’n werk te aanvaar wat nie jy is nie, maar jy weet dit gaan jou instaan stel om jou gesin te onderhou wat vir jou belangriker is as jou eie gemak.

Wanneer jy iets doen wat nie werklik “jy” is nie doen jy dit om ’n rede wat waarlik “jy” is. Die liefde vir ’n persoon of jou gesin of ’n doelwit in jou lewe.

Wanneer jy dit as opoffering doen, is die motiverende faktor waarlik jy.

 

Bv. Ek is nie ’n blye vroeë opstaner nie.  Ek kan veel eerder laat wakker bly.

Maar kan ek ’n doelwit hê soos verlede jaar gehad het om die Ironman te doen.

Dit het vereis dat ek vir maande lank vroeg moes opstaan sodat ek kon oefen voordat my dag begin. Die vroeë oggende was nie ek nie, maar die oefening en uitdaging was ek.

 

Die naweek het ons die Leadership Summit bygewoon en Jim Collins, een van die sprekers het gepraat van 3 dinge in ons lewe wat bymekaar moet uitkom:

 

Waaroor is jy

baie passievol?

(Jou waardes en missie)

 

 

 

Wat dryf jou ekonomiese enjin?

Tyd, inkomste.

 

Waarmee is jy die beste in die hierdie wêreld?

(Gawes / Talente)

Bly by God se plan vir jou lewe

God het jou op ’n sekere manier gemaak, met sekere vermoëns en passies.

Die Bybel praat van hierdie vermoëns as gawes.  Op Saterdag 7 November gaan ons weer ’n 1 dag retraite aanbied om ons te help om hierdie gawes weer te ontdek en so bietjie af te stof, want van ons het gawes maar ons begrawe hulle.

En ons vergeet dat die Here eendag van ons rekenskap gaan vra van alles wat Hy vir ons gegee het insluitend elke liewe gawe wat Hy vir ons gegee het.

So dit is ons verantwoordelikheid om hulle te ontdek en hulle te begin uitleef.

 

Ons keuses het ewige impak.  Sommige is baie moeilik om te verander.

Ek lees van ’n chirurg wat nie ’n dokter wou wees nie maar hy het een geword a.g.v. die druk van vele geslagte voor hom in sy familie.

Sy ware liefde was musiek en kuns. Hy het probeer om iemand te wees wat hy nie is nie.

Hy het ’n IK van ’n miljoen gehad, wonderlike vaardighede en tog het hy voortdurend foute gemaak – soos om sponse en instrumente in mense se ingewande te vergeet.

Totdat die wanpraktyksake en ontevrede hospitale besluit het om vir hom ’n besluit te neem wat hy jare gelede al moes neem.  Die dokter ding was ‘nie hy nie’.

 

Dit geld nie net vir werk nie.  Ook vir verhoudings.

Sandy wou baie graag twee dinge in die lewe hê.  ’n Huwelik en aansien.

Sy het albei gekry toe sy op Ben verlief geraak het en met hom getrou het.

Die probleem was dat Ben se persoonlikheid, waardes, familie en lewenstyl so gerig was op homself dat hy min plek gehad het vir buigsaamheid en opofferende liefde.

Om met Ben geassosieer te wees, het beteken om met alles geassosieer te wees wat Ben was.

Sandy het nie ingepas nie – nie met Ben nie en nie met wat saam met hom gekom het nie, Maar sy was verlief op die fantasie daarvan en het probeer om iemand te wees wat sy nie was nie, sodat sy kon hê wat sy begeer het.

Ben se familie het haar versmoor en die sosiale druk om iemand met ’n sekere voorkoms en aansien te wees het haar vasgedruk en depressief gemaak.

Maar omdat Ben die status gehad het waarna sy so gestreef het, het sy in ontkenning begin leef dat dit inbreuk gemaak het op wie sy werklik was.

Sy het uiterlik gelyk soos iemand wat ’n droom lewe, met ’n droom man maar innerlik het sy doodgegaan en miserabel en baie verwyte begin leef.

 

Wat sê ek?  Soms moet ons sekere skatte of passies in die lewe prys gee om juis ander te kry wat selfs meer kosbaar vir ons is.

Wat ek ook nie sê nie is: die lewe gaan oor my.

Ek sê glad nie vanoggend dat die lewe oor my of jou moet gaan nie.  Allermins.

Die lewe gaan oor opoffering.  Dit is tog die voorbeeld wat Jesus vir ons gelos het.

Om altyd te doen waarvan ek hou en wat vir my lekker is, druis teen die hart van Christus in.  Om werk te doen wat nie jy is nie maar jou in staat stel om vir jou kind se opvoeding te betaal is die regte te ding om te doen, dit is opoffering.

Om ons eie gerief vir iemand anders of vir ’n groter doel soos God se koninkryk op te offer is die gesindheid en liefde wat Jesus vir ons kom wys net.

Fil. 2:3       “Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.”  AFR83

 

Wat ek wel sê is:  jy moet weet wie jy is en wat God vir jou gegee het om te doen.

En as dit beteken dat jy vir seisoene van jou lewe dalk opofferings moet maak sodat jy op die lang duur God se opdrag en missie aan jou kan uitvoer dan moet jy dit kan doen.

Maar moet nooit vergeet dat die lewe oor verhoudings gaan en oor liefde nie.

Al die voorsiening in die wêreld kan nooit opmaak vir ’n ma of ’n pa wat nie ’n intieme konneksie met hulle kinders het nie.

Rom. 12:3 “…sê ek aan elkeen van julle dat jy nie jouself moet oorskat nie, maar dat jy jouself nugter moet beoordeel volgens die geestelike toerusting wat God aan jou toebedeel het.”  NLV

 

Hoekom is jy hier op aarde?

Is dit om geld te maak?  Is dit om prestasies te lys?

Ek dink ons is hier omdat God ons wil gebruik in Sy koninkryk.

Is dit sodat ons genoeg kan bymekaarmaak vir ons oudag?

Nee, ek dink dit is dat Hy van ons sy dissipels wil maak en wil gebruik om ander mense Sy dissipels te maak.  Ons primêre roeping is eerstens om God se kinders te wees.

 

Jy sien, vir ’n dissipel van Jesus is dit nie meer: “Waar is die beste moontlikhede vir my beroep? of “Waar kan ek die meeste geld maak?” nie.

Iemand wat hulle lewe rondom hierdie dinge bou sal altyd teleurgesteld wees wanneer hulle dit bereik of dit dalk nooit bereik nie.

 

Maar as jy vra:  Wat is God se wil vir my hier waar ek nou is?  Wat het God in my hand gesit om vir Hom te doen?  Wat is Sy agenda vir hierdie wêreld?

Dan sal ek al my hoop in Hom plaas.  Dan sal ek uitvind dat Hy die bron van Hoop is en nie my sekuriteit of werk nie.

 

Hy gee elke liewe een van Sy dissipels ’n doel.  Nooit raak ek verveeld as ek in Sy diens staan nie.  Hy is by jou lewe betrokke met ’n plan en doel.

Hy het vir jou ’n geseëlde koevert gegee wat jy moet oopmaak met jou opdrag.  En hierdie opdrag is iets wat jy moet ontdek en weer ontdek en foute maak en weer ontdek.

Maar met tyd sal jy God se handskrif op jou lewensbrief ontsyfer en agterkom wat Hy van jou vra.  En dit wat Hy van jou vra sal nie swaar of moeilik vir jou wees nie.

Nee, dit sal soos energieselle in jou lewe wees.  Dit sal jou laat lewe.

Dit sal jou daardie ‘AHA’ gevoel gee.  Die gevoel dat ek hiervoor gemaak is.

Eph. 2:10  “For we are His workmanship (masterpiece), created in Christ Jesus for good works, which God prepared beforehand that we should walk in them.”  NKJV

Jy is Sy meesterstuk.  As jy weer dink, maar ek is nie goed genoeg nie.  Ek kan nie iets so goed doen soos iemand anders nie.  Bely Efes. 2:10  “For I am His masterpiece.”

Groei gewoontes – Hoe hou ek aan groei?

[powerpress]

Goeie môre en soos altyd wat ‘n voorreg om vanoggend saam met julle te kuier en te leer.

Ons het so pas kla gemaak met die reeks wat genoem is Transformed, nou as jy dalk vanoggend besoek vir die eerste keer of dalk was jy nie die kwartaal hier nie het ek goeie en slegte nuus.

Die slegte nuus is jy het uit gemis op ’n een van die beste mees transformerend reekse wat ons nog ooit gedoen het. Die terugvoer wat ons kry is dat mense getuig van hoe die Here besig is om hulle hele lewe te verander.

Die goeie nuus is dat jy steeds die reeks kan doen en na luister. Jy kan agter by Linda ’n reeks gaan koop en luister of bestel as dit uit verkoop is of jy is welkom om elke preek te gaan luister en lees op die internet op ons webblad Impetus.co.za.

Net sodat almal op dieselfde bladsy is vanoggend. Ons het gekyk na die 7 mees belangrikste areas die Engelse sê key areas van ons lewe waar in God wil hê ons gesond moet in wees so dat ons daai lewens kan leef wat hy in sy woord belowe ’n lewe wat vol is ’n oorvloedige lewe. Joh. 10:10 Kom Jesus en sê

Johannes 10:10 Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig. Ék het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, sodat hulle dit oorvloedig het.

Die 7 belangrike areas was.

Week 1. Het ons begin by Geestelik gesondheid en ons het gesê dis deur naby aan God te leef dat ons Transform die nie wat ons doen wat ons laat transform nie dis wat God in ons doen wat ons laat transform maar Hy kan net in ons werk as ons naby aan hom leef en hom toe laat om te werk.

Week 2. Het ons het stil gestaan by Fisiese gesondheid. Ons het gesê dat God gee net so om oor ons Fisiese gesondheid soos oor ons Geestelike gesondheid. 3 Johannes 1:2 Geliefde vriend, ek hou aan bid dat dit in alle opsigte met jou goed mag gaan en dat jy nét so gesond sal wees soos dit geestelik goed met jou gaan.

Vriende baie keer wil ons transform maar ons het nie die energie om te begin nie wat nog te probeer. Ek en jy is God se plan vir die wêreld en hy wil deur my en jou Sy koninkryk bou op aarde, Hy wil deur my en jou hemel aarde toe bring maar as ons nie die krag het om dit te doen nie kan dit nie gebeur nie.

Week 3 het ons gekyk na Gesonde denke, Nou die key vers vir die reeks is Rom 12:2

2 Do not conform to the pattern of this world, but be transformed by the renewing of your mind.

Een vertaling sê change the way you think.

Ons het gesê God wil eerder denke verander as ons omstandighede, want wat binne gebeur is vêr belangriker as wat met ons gebeur. En die rede is want wat ons dink bepaal hoe ons voel, en hoe ons voel bepaal hoe ons optree.

Spreuke 4:23 Bo alles, wees versigtig met wat in jou hart aangaan. Wat jy dink, bepaal alles wat jy doen.

Ons moet ok besef nie alles wat jy dink is noodwendig die waarheid net omdat jy dit dink nie.

Week 4 het ons stil gestaan by Gesonde Emosies

Nou ons emosies speel ‘n groot rol in ons lewe en baie studies het gewys dat emosionele intelligensie is belangriker as IK. As jy baie slim is en het al die kennis maar jy kan nie jou emosies beheer of met mense werk nie gaan jy sukkel.

Spreuke 5:23 Hy kon homself nie beheer nie; daarom gaan hy sterf. Hy verdwaal omdat hy dwase dinge doen.

Ons het gesê God is ’n God van Emosie en ons emosies is ’n geskenk van God af maar ons moet God vra om ons emosies onder sy beheer te bring en ons te help besef nie alles wat ons voel noodwendig reg is nie.

En dat ek my Emosies moet noem en dan dit challenge of dit reg is om so te voel en dan dit te verander.

Week 5. Ons het gekyk na gesonde verhoudings en stil gestaan by die heel eerste verhouding in die Bybel Adam en Eva en ons het geleer vanuit hulle verhouding oor 3 vrese wat in alle verhoudings teenwoordig is en amok saai en na 3 keuses wat ek en jy daagliks moet maak om gesonde en transformed verhouding te hê.

Week 6 het ons het gekyk na gesonde finansies en stil gestaan by Luk. 16:1-9. Die kerngedagte is dat ons moet besef dat alles wat ons het Geld, besittings, talente alles is behoort nie aan ons nie, God bless ons daarmee en ons is net bestuurders daarvan. Daarom is ’n belangrike vraag om gereeld God te vra is Here wat wil U hê moet ek doen met wat U my mee vertrou of dit baie of min is.

Week 7 het Braam met ons gesels oor ’n gesonde 8 – 5. En dat waar ook al jy jou self bevind op die stadium of jy skool gaan, werk vir baas, ’n baas is, afgetree is waar jy jou bevind besef dat God jou daar wil gebruik. Jy is sy verteenwoordiger daar en alles wat jy doen, doen dit tot eer en verheerliking van God.

Die vraag wat baie mense vra is maar nou wat nou Stevo. Sjoe, hierdie reeks was so goed en lewens veranderend. Die boekie was so goed en het my so baie gehelp om saam met ander mense op dieselfde reis te wees was so great. Nou wat nou.

Van julle het dalk soos ek gevoel dat daar is so baie info waar begin ek hoe begin ek dis net te veel en jy voel oorweldig. Dis alles so goed en belangrik hoe gaan ek dit reg kry om te bly groei of selfs te begin?

En ek wil graag 3 gedagtes deel van hoe ons seker maak dit gebeur. En hierdie is net-net vir geestelike groei nie, maar vir ons alledaagse lewe.

1.        Neem ‘n inventaris / Doen stock take

Spr. 14:8       “’n Mens wat nie weet hoe om reg te leef nie, se lewe is leeg. Lewenswysheid maak jou gelukkig.”  NAV

Vriende dis belangrik dat ek en jy sal stilstaan en begin om te kyk na ons lewe. Net soos dit belangrik is om van tyd tot tyd gaan vir ’n mediese checkup is dit belangrik dat ons lewe kyk en seker maak dat wat ons glo en spreek en ook baie keer preek vir ander dat dit wel deur die manier hoe ons leef gesien kan word, die manier hoe ons, ons lewe inrig en beplan dat dit wat ons glo spreek en preek reflekteer.

In die week in ons leierskap ontwikkeling sessie het ons gekyk na die volgende slide en Pete Scazerro het gepraat oor die slide en gesê die rede hoekom mense sukkel om te groei en te transform geestelik maar ook in die algemene lewe is want daar is hierdie Action / behavioral gap.

Baie van ons stop by stap 3. Ons hoor iets so ons raak aware daarvan of bewus daarvan, dan begin ons te ponder daaroor jy lees nog ’n boek of luister nog ’n preek of talk daaroor. Jy begin dan die waarde of die value daarvan insien en jy  begin voel sjoe almal moet hierdie hoor en begin almal te vertel daarvan, maar dan sê hy kom daar ’n gap en baie mense bly by stap 3. So hulle het al die info en weet dis belangrik en vertel selfs mense hoe belangrik en powerful dit is maar hulle begin nie hulle lewe so te prioritise dat daai waarde kan begin leef word en later deel van hulle kan word nie.

Die probleem kom baie keer ook in dat sodra ons informasie hoor wat ons al voorheen gehoor het of wat ons weet goed is dan stem ons saam en ons weet dis belangrik maar ons lewens verander nie, want ons bly vasval by stap 3. Daarom is dit belangrik om stock take te doen en te vra, hoe gesond is ek in die area en het ek al my lewe begin aanpas en anders begin prioritiseer om seker te maak daai waarde wat ek glo, spreek en preek deel kan raak van my.

Soms gaan jy verbystap 3 en jy kom by stap 5 uit maar wat dan belangrik is, is dat ek en jy soms net weer sal seker maak dat ons nie verval het en dink ons het sekere area onder beheer nie, maar eintlik is seker areas nie meer so onder beheer en gesond soos wat ek dink dit is nie en hier is dit belangrik om iemand te vra wat jou baie goed ken om te kyk na jou lewe. Om jou te help daai blinde kolle raak te ’n geestelik oefen vriend iemand wat daai eerlike moeilike vra en antwoorde kan gee.

2.        Skryf ‘n aksie plan neer (baie fokus op Dissipelskap)

Efesiërs 5:15-16     “Wees baie versigtig hoe julle leef. Leef soos mense wat weet wat God van ’n sinvolle lewe verwag en nie soos mense wat niks daarvan weet nie. Moenie jou tyd mors nie.”  Boodskap

Ons beplan al die ander area’s van ons lewe behalwe ons persoonlike en geestelike lewe.Om aan te hou groei gebeur nie net vanself nie. In die transformed reek moes ons 3 maande doel witte in elke area uit gesit het.

Die probleem is dat ons kan baie maklik oorweldig voel en voel maar is so baie om aan te werk wat nou of waar moet ek begin. Ek wil vir jou sê begin deur 2 area te kies en in my hart glo ek dat 1 area moet altyd Geestelike gesondheid wees, want as ek en jy ons verhouding met God uit sorteer en naby aan God leef dan sal ons ook weet wat Hy van ons verwag, ons sal beter lewens leef en beter mense word. Ek glo en weet dat as my verhouding met God reg is dan vloei dit oor in die ander areas van my lewe in.

Maar dit help nie net jy sê ek wil meer geestelik groei nie, nee jy moet ’n plan uit sit en daarom wil ek julle aanmoedig. Braam het vroeër gesels oor Dissipelskap groepe en in ons gemeente is dit ons proses. En ek wil almal aanmoedig of jy nog nooit dissipelskap gedoen het nie en of jy dit al gedoen het. Doen stock take en kyk is jy geestelik gesond, waar jy behoort te wees of is jy op stap 3 jy weet van dissipelskap jy weet dis belangrik jy het al selfs vir mense gesê dit is maar jy het nog nie die nodige veranderinge gemaak nie jy het nog nie geprioritiseer om dit deel van jou lewe te maak nie.

Stel daai aksie plan op. Besluit om goed rond te skyf en vir tydelike goed nee te sê sodat jy kan ja sê vir die belangrike. En besluit dan op nog een area wat jy voel vir die volgende 6 maande gaan ek begin om te fokus om my lewe so te prioritiseer dat die waarde deel raak van my lewe.  En dan glo ek soos jy daai een area uitsorteer en regkry sal dit oorvloei in die volgende area. As jy jou fisiese lewe beter kry, het jy die energie om aan verhouding te werk, of as jy jou denke onder beheer kry en seker maak jy pasop waarmee jy dit vul dan raak jou emosies ook beter en verhoudings beter.

3.        Maak Christus die middelpunt van alles: (Stil staan by die gedagte wat oor en oor op gekom het in Transformed en dit is jy moet jou dag met God begin God moet in alles deel wees van die proses)

Matteus. 6:33         “Beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.”  NAV

Kol. 1:15-16 “Niks in die skepping kan met Hom vergelyk word nie. … alles is deur Hom gemaak. Alles wat gemaak is, moet daarna streef om Hom gelukkig te maak.”  Boodskap

Soos ‘n wiel ‘n middel moet hê, moet ons lewens ook ‘n middel hê.  As God net een van die speke in jou wiel is sal jy vir altyd probeer om te transform en aan te hou groei maar net nooit dit regkry nie.

As Hy in die middel van jou lewe dis waar dit begin .Ons lewe vir God en deur God.

Die een ding wat so mooi in die transformed reek deurgekom het, is dat ek en jy elke dag met God moet begin. Rick het altyd gesê voor jou voete die grond raak gee jou emosies vir God en vra Hom om jou te help wys of jou emosies reg is, of gee jou verhoudings vir God en vra Hom om jou te help in liefde leef, gee jou denke of liggaam vir God. In jou finansies gee jou eerste 10% vir God.

Vriende julle sien om aan te hou groei, of te begin groei is nie iets wat ek of jy kan laat gebeur uit wils krag nie. Dit gebeur nie deur harder te probeer nie, groei is iets wat God laat gebeur en dis hoekom Jesus in Johannes 15:5 sê “Ek is die druiwestok, en julle die lote. Wie aan my verbonde bly en ek aan hulle, dra baie vrugte, want sonder my kan julle niks doen dit nie.”

Vriende ons moet seker maak God is die middelpunt van alles.

Kom ons vat so oomblik en vat stock. Waar is jy vandag? dalk is jy by stap 3 en niks van die informasie is nuut nie, maar my vraag is, is jou lewe al geprioritiseer dat die waarhede in jou lewe ingebou en deel van jou kan raak of weet jy dit maar jy hou aan dieselfde leef? Is dit wat jy glo en selfs op ’n stadium geleef het, is dit steeds so sterk in jou lewe sigbaar of het jy bietjie daarvan laat gaan.

Maak vandag die besluit om die week ’n aksieplan vir groei neer te skryf. Skryf vandag in om deel van ’n dissipelskap groep te raak, en besluit wat is daai een ander area wat jy die volgende 6 maande opgaan fokus om saam met God gesond of onder beheer te kry voordat jy op die volgende een gaan fokus.

Dalk moet jy vandag God weer innooi en oorgee en begin om hom die middelpunt van alles te maak.

Kom ons bid.