Transformed: Week 4 – Emosionele Gesondheid

[powerpress]

Goeie more soos altyd ‘n voorreg om saam met julle te kan leer.

Nou ons is besig in ons reeks wat ons noem Transformed en vandag gaan ons stilstaan by ons Emosies.

Voor ons verder gaan wil ek graag hê dat julle saam met my iets sal doen. Dis stupid maar fun. Kry iemand en draai jou stoel en kyk vir hulle. Wat ons gaan doen, is, ek gaan emosies uitroep en jy moet dit op jou gesig wys vir die ander persoon.

Steek tong uit. Ok ons begin maklik vriendelik, opgewonde, bang, bekommerd (kan sien julle ken daai een) kwaad (yip ken hom baie goed) geïrriteerd opgewonde, verlief.

Baie dankie dat julle saamgespeel julle is sterre.

Nou ons emosies speel ‘n groot rol in ons lewe en baie studies het gewys dat emosionele intelligensie is belangriker as IK. As jy baie slim is en het al die kennis maar jy kan nie jou emosies beheer of met mense werk nie gaan jy sukkel.

Spreuke 5:23 Hy kon homself nie beheer nie; daarom gaan hy sterf. Hy verdwaal omdat hy dwase dinge doen.

Die Bybel is vol emsies.

Ons lees in Markus 12:29-30 29Jesus het hom geantwoord: “Die belangrikste gebod is die volgende: ‘Luister, o Israel, die Here ons God is die énigste Here.30Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou ganse siel, met jou totale verstand en met al jou krag.’

In die boodskap sê dit  30Jy moet Hom liefhê met alles wat jy is en het. Niks in jou lewe mag vir jou so belangrik soos God wees nie.

Kan jy die emosie hoor in die woorde van Jesus. Jesus kom nie en is soos in die verbygaan ok boys nog iets wees lief vir God met alles en gaan aan met iets anders nie. Nee Hy is soos ek wil nie hê julle moet soort van lief wees vir God nie. Nee ek wil hê julle moet Hom lief hê met alles in julle met passion.

God soek nie net ‘n kop verhouding nie ‘n kennis verhouding van ja ek weet van God en Jesus en wat reg en verkeerd is nie nee hy soek passionate emosionele gevoel volle verhouding.

Nou daar is ‘n paar goed wat ek en jy moet weet rondom emosie.  

1. God het emosie.

God is ’n emosionele God. Hy voel vreugde, pyn haat teenoor sonde. Die enigste rede hoekom ek en jy emosie het, is want die Bybel sê ek en jy is gemaak in God se beeld in sy image. So as God nie emosie gehad het nie sou ek en jy nie emosie gehad het nie.

2. Jou vermoë om te voel is ’n geskenk van God.

As jy nie kon voel nie dan was jy robot. Dit is jou emosionele vermoë wat jou help en toe laat om lief te hê, om te skep om getrou te wees, om te gee en vrygewig te wees asook  om op te staan vir wat reg is. Nou ek weet jou emosies voel nie altyd soos ‘n geskenk nie, maar selfs die negatiewe emosie het ‘n doel in ons lewe.

3. Daar is 2 extremes wat vermy moet word.

Emosionalisme is die ekstreem wat sê dat die enigste ding wat tel in die lewe is hoe ek jy voel. Nie wat jy dink of wat reg of verkeerd is nie. Alles in die lewe gaan oor jou emosies en hulle beheer alles.

Aan die ander kant is Stoicism of stoïsisme die mense sê gevoelens is nie belangrik nie. Al wat tel en belangrik is, is intellek en jou wil.

Nou daar is kerke wat op die 2 ekstreme gebou is en hierdie aanslag het. Party sê dit maak nie saak hoe jy voel nie en hulle maak emosies klein en minder belangrik. En dis nie reg nie, want God het jou emosies gegee vir ’n rede. Die Bybel sê met jou hele hart en verstand.

In die Bybel die nommer een woord wat vir emosie gebruik word, is hart.

Dit is nie net ’n lippe of intellek ding nie.  Hart is deel van ons aanbidding.  “Ek het jou met my hele hart lief.”

Maar daar is dan ook die wat sê as ek nie in my aanbidding iets ervaar nie dan het ek nie aanbid nie. Dis net as ek goosies kry dan het ek aanbid dan was God hier.  Dit is ook nie reg nie. Want die Bybel sê verstand en hart

Psalm is vol emosies.  Goeie en slegte emosies.  Alles is daar.  Daar is psalms van woede, lament, aanbidding liefde vrees. Party Psalms voel soos P.E sê weer begin met een emosie en dan verander dit halfpad deur en eindig met ’n ander emosie.

Hoekom is dit belangrik om ons Emosies te manage want.

1. Jou emosies is baie keer onbetroubaar.

Al ooit iets gedoen en gesê ek doen dit want dit voel net reg en dan later was jy spyt of het dit in jou gesig opgeblaas.  Sommige dinge wat jy voel is dikwels eenvoudig verkeerd.

Proverbs 14:12 says, “There is a way that appears to be right, but in the end it leads to death” (NIV).

12Dit lyk dalk vir iemand of hy die regte ding doen; agterna kom dit uit dat dit na die dood gelei het.

Jy moet aanvaar dat nie alles wat jy ervaar of voel is reg en sal jou op die regte pad lei nie. Net omdat jy dit voel maak dit nie noodwendig reg of waar nie. Net soos nie alles wat jy dink is waar of reg nie

As jy net doen of optree soos wat jy voel gaan jy nie ver kom nie. Ag ek voel nie lus om skool toe te gaan nie so ek gaan nie, hoe gaan dit uitwerk vir jou in long run. Ek nie lus vir werk nie so ek gaan nie werk toe vandag nie Hoe gaan dit uitwerk vir jou?

Tieners dink as jou ma of pa net goed gedoen het as hulle so gevoel het. Hoe SAD sou jou lewe gewees het hulle sal jou nooit iewers heen gery het nie. Mans jy sou dalk nooit skoon klere gehad het nie, want niemand is lus om klere te was of stryk nie. Die honde bollie sal nooit opgetel word nie.

2. Jy wil nie deur jou emosies gemanipuleer word nie.

AS jy nie jou emosies beheer nie sal hulle jou beheer en jy sal deur jou moods gemanipuleer word.

Mense gaan jou ook beheer en misbruik as jy deur jou emosies beheer word. Want net om aanvaar te raak deur groepe of mense sal jy dom goeddoen want al wat tel is om te voel jy belong. Mans sal stupid goed se dink en doen solank die groep dink hulle is cool of ontsagwekkend of badass. Girls wat liefde soek of aanvaarding sal soms dat daai ou met haar doen wat hy wil net solank sy dink sy ervaar liefde en iemand dink sy is great.

Impulsive buying – gebaseer op emosies. Enige iemand al iets gekoop wat jy nie wou hê nie?

Spreuke 25:28 Iemand sonder enige selfbeheersing is net so weerloos soos ’n groot stad sonder polisie of veiligheidswagte. Totale wanorde kan uitbreek.

Sonder selfbeheersing oor jou emosies is jy oop dat mense jou kan manipuleer maar meer as dit dat jou ou sondige natuur jou weer kan beheer.

Die ergste is Satan die vyand Lucifur se gunsteling tool is negatiewe emosies. Vrees, worry, verwerping, haat, skaam skuldgevoel alles gebruik hy om jou lewe te destroy of jou dood te maak.

Die Bybel sê in 1 Petrus 5:8

Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.

Sonder selfbeheersing oor ons emosies sal die duiwel ons vir middagete opvreet.

Nou hoe kan ek en jy ons emosies en gevoelens beheer of bestuur.

1. Noem dit gee dit ’n naam.

Het jy al agtergekom dat ons nie regtig so in touch is met ons gevoelens soos ons dink nie.

Vra die ou langs jou hoe voel jy nou? Meeste van ons gaan gesê het mmmm ek weet nie of ok. Ok maak gou vir my die gesig van Ok? Jy kan nie, want dis nie gevoel of emosie nie. Van julle sou dalk sê dors lus vir koffie of honger dis nie ’n emosies nie dit maak emosies los maar is nie een nie. Soms sal ons sê nee goed dankie wat is dit met die nee of as jy vra hoekom dan is dit soos mmmmmm ek is nie seker nie, want dit gaan nie sleg nie ek dink.

2. Challenge dit. 

Julle sien ons moet agter die gevoel kom. As jy af voel, of bang of happy of sad of agterdogtig of kwaad of depressed. Dis belangrik om te gaan en te dink maar hoekom voel ek en die leun wat jy dalk glo te verander met die waarheid wat God oor jou sê.

David kom en vra God om hom te toets om sy emosies te challenge.

Ps. 26:2 Toets my, Here, en ondervra my. Ondersoek my motiewe en my toegeneentheid.

As jy af voel hoekom voel ek nou so, ek het iets verwag en dit het nie so uitgewerk nie nou voel ek af. As jy kwaad of frustreerd is hoekom voel ek so. Ek is nie regtig kwaad of frustreerd met my ma of my vrou nie nee toe ek by die skool was of werk was, het iemand dit gesê of gedoen en dis hoekom ek so voel en dan 

Kry ’n vriend wat jou kan help? Het jy iemand al toestemming gegee dat hulle met eerlikheid jou gevoelens of jou emosies en optrede kan challenge. Iemand wat kan vra:

Wat is die ware rede dat jy so voel oor die saak of wat gebeur het? Wat deur die strooi of leun kan sien.

Is dit waar hoe jy nou voel of oordryf jy bietjie?

Help hierdie gevoel jou of maak dit jou seer?

Job het so vriend gehad. Julle sien Job gaan deur so bietjie van ’n slegte tyd en dan doen hy paar goed of sê paar goed wat ons dalk sou regverdig en sê hy mag so voel, maar hoor wat vra Job se vriend hom.

Job 15:12-14

12Wat gaan in jou kop aan? Hoekom blits jou oë so (dis mooi nè blits jou oë so eintlik hoekom vloek jy so in jou kop)? 13Hoekom is jy so opstandig teen God? Hoekom sê jy sulke vreeslike dinge? 14Kan ’n mens ooit sonder enige foute wees, sê my? Kan ’n gewone mens altyd reg doen?

Iemand wat kan vra:

Wat is die ware rede dat jy so voel oor die saak of wat gebeur het? Wat deur die bull kan sien.

Is dit waar hoe jy nou voel of oordryf jy bietjie?

Help hierdie gevoel jou of maak dit jou seer?

Julle sien baie natuurlike gevoelens kan ons baie keer self verslaan.

Iemand wat stadig voor my ry.

Wat is die regtige rede hoekom ek so ongeduldig is? Want ek het laat weggery bykantoor vir my meeting en nou gaan ek laat wees.

Is hulle regtig aspris doen hulle dit om my om te krap en my geduld te toets? Nee dis dalk maar hoe hulle ry of wat die spoed limit is.

Help dit my om hooter te blaas en op hulle te skree at the top of my lungs en te sê klim van die pad af jou idiot of maak dit my seer want my bloedruk gaan op my stress levels gaan op en ek leef nie my Christenskap uit deur so op te tree nie.

3. Verander dit

Sommige emosies is so bad dat dit jou hele lewe kan destroy as jy nie met dit deel nie.

Filippense 2:5 Julle gesindheid moet soos Jesus Christus s’n wees:

Baie keer gaan ons emosies oor ons gesindheid of ons attitude.

Sal Jesus op die persoon in die kar wat voor my stadig ry skree en hooter blaas? Sal Jesus bang wees? Sal Jesus worry, of iemand haat? Nee Jesus sal nie en ons moet daai attitude drop as ons dit doen.

Soms moet ons eerder ons gevoelens channel.  Gebruik dit vir goed.

Dalk was jy ’n victim van injustice of onregverdigheid en jy is kwaad. Kwaad is nie altyd verkeerd nie veral nie as jy dit vergoed gebruik nie.

As jy jou kwaad gebruik vir jou eie voordeel dan is dit Self geregverdigde kwaad.

As jy kwaad gebruik vir ander dan is dit geregverdigde kwaad.

Liefde raak kwaad. God raak kwaad teenoor sonde, verkragting, Human trafficking, Armoede maar hy gebruik dit in goeie manier.

Jou grootste bediening kan kom uit jou grootste seer of teleurstelling.

So hoe kan ek en jy ons emosies verander daardeur vir God te bring en vir hom te gee. Elke oggend die week as jy wakker raak voor jy opstaan sê vir die Here.

Here ek gee my emosies vir U. Sal U my asb. help om dit te beheer volgens u wil.

Kom ons bid saam.

Strewe na geluk

[powerpress]

Goeie more vriende en soos altyd ‘n voorreg om vanoggend met u te gesels en saam met u te leer hoe om beter Jesus volgelinge te wees.

Nou ek wil begin en vra dink vinnig aan die gelukkigste mees vreugdevolle mens wat jy ken of al ontmoet het. Nie daai fake persoon wat probeer nooit sad wees nie, nee iemand wat werklik gelukkig is, iemand wat dankbaar is vir hulle lewe en vertroue in God het. Hulle is optimisties oor die lewe en die toekoms. Hulle blaas energie en nuwe lewe in jou in as jy tyd met hulle spandeer. My oupa is een van daai voorbeelde in my lewe. Hy sal altyd sê hy het nog nooit op slegte plek gebly nie, want dis hoe jy oor die plek dink wat tel nie die plek self nie. Dis wat jy van jou tyd maak daar. Ek lag altyd as my oupa wat 85 is vir my sê hy het weer bingo vir die ou mense gaan hou, as ek hom vra hoe oud is die ou mense dan is hy soos 60 maar hulle wag mos om dood te gaan.

Nou dink aan iemand wat die mees on gelukkigste mens is, hulle moan altyd en alles is altyd verkeerd, Alles is altyd te veel vir hulle en hulle is net negatief. Dink aan hulle moet nie nou na hulle kyk of vinger wys of in die ribbes stamp nie, nee dink net aan hulle. Dis nie lekker om by so persoon te wees nie nè?

As ons eerlik is dan is ons almal op soek na geluk nè. Ons wil net gelukkig wees want dis lekker om gelukkig te wees, dis lekker om te lag. Maar vir een of ander rede is dit asof geluk baie moeilik is om vas te vat of sal ek sê ewige geluk. Ons kry soms geluk maar dis asof dit net ‘n rukkie hou en dan moet ons verder soek.

So ruk terug het een van die grootste komediante in die wêreld selfmoord gepleeg. Robin Williams en hy was ongelooflik en het altyd mense laat lag van my gunsteling flieks is Mrs doubtfire en Patch Adams en hoe hartseer is dit nie dat die persoon wat vir soveel mense vreugde en geluk gebring het eendag so alleen en ongelukkig was dat hy net nie meer kon aangaan nie en eerder sy lewe beëindig het.

Die slim mense sê dat in vandag se tyd depressie 10 keer meer algemeen is as in die 1960 maar die skokkende feit is dat die algemene ouderdom wanneer mense depressief begin raak het in 1960 was 29.5 in vandag se tyd is dit so vroeg soos 14.5.

Vriende kinders van 14 behoort nie te struggle met so iets nie iets is fout.

En daarom wil ek vandag gesels oor die soeke na geluk en waar kan mense geluk vind.

Die boek van Filippense in die nuwe testament is vol van die tema geluk. Het julle geweet dat geluk en sinonieme vir geluk word 14 keer gebruik in die 4 hoofstukke.

Die ongelooflike ding is dit word deur Paulus geskryf maar Paulus is nie op Hartenbos se strand besig om die son en see-in te neem nie. Hy is nie om ‘n braaivleis vuur met ‘n koue koeldrankie saam met buddies na die bokke die wêreld beker gewen het nie. Hy het nie so pas die lotto gewen of is in Disney World nie. Nee, Paulus is in die tronk. Hy is in kettings en soos Braam 2 weke terug gepreek het en ons vertel het hy is ook aan iemand van geketting en in groot moeilikheid want sy verhoor is op pad en hy kan dalk ter dood veroordeel word. Ten spyte van dit is Paulus besig om te skryf oor Blydskap, vreugde, geluk.

Fil1:(4)Ek bid altyd in al my gebede met blydskap vir julle almal. Onthou hy is in die tronk en hy skryf vir almal buite.

Altyd ’n baie interessant die woord altyd. Ek bid altyd nie soms as dit beter gaan nie nee altyd met blydskap.

Dan gaan hy verder (5)omdat julle, van die eerste dag wat julle die Goeie Nuus gehoor het, tot vandag toe saamgewerk het om dit verder uit te dra.(6)Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom.

Oortuig is nog ‘n interessante woord hy is oortuig hy het vertroue in God en dat God sal die goeie werk voortsit. Hy het nie opgegee nie nee hy hou moed.

Die vraag is maar hoekom in Paulus so vol moed en blydskap en die formule vir sy geluk kry ons in die  eerste sin van Fil. 1:1 Hierdie brief kom van Paulus en Timoteus, diensknegte van Christus Jesus.

Die Engels sê  Paul and Timothy, servants of Christ Jesus, To all God’s holy people in Christ Jesus at Philippi, together with the overseers and deacons.

Julle sien in al Paulus se briewe is daar hierdie formule. Hy begin meeste van die tyd sy briewe soos volg: Hierdie brief kom van Paulus wat deur God gekies is om ’n apostel van Christus Jesus te wees, maar in sy brief aan Filippense sê hy diensknegte.

Hoekom sê hy diensknegte in die brief. Julle sien Filippense was ’n baie ryk en eksklusiewe gemeenskap. Hulle was deel van die Romeinse ryk. Die slim mense die geskiedenis junkies sê dat Rome was die mees status bewuste kolonie ter wêreld hulle was eintlik obsessief oor status en wat mense van hulle dink.

Filipe was gebou op die gedagte om hulle self te bevorder en beter te wees dit het gegaan oor hulle status en bymekaarmaak van goed.

In Filipe die manier om gelukkig te wees was om die status leer te klim. Hier kom Paulus en hy gebruik ‘n woord wat nie algemeen was in hulle taal nie. Die woord wat Paulus gebruik se betekenis is letterlik om ‘n slaaf te wees. Hy gaan so vêr as wat hy kan af op die status leer tot heel onder. Hy is soos ek is nie die een wat luuksheid en status het nie nee ek is ‘n dienskneg ‘n slaaf tot iemand groter as ek.

Dit bring ons by die geluk of blydskap paradox. Ek sal nooit gelukkig wees as my heel belangrikste doel op aarde is om gelukkig te wees nie.

Huh wat sê jy daar Steve, ek sê ek sal nooit gelukkig wees as my heel belangrikste doel op aarde is om gelukkig te wees nie. Vriende julle sien blydskap of geluk is ‘n byproduk wat kom in ons soeke na iets groter en beter as die tydelike.

Vriende iets wat belangriker is as ‘n gelukkige lewe is ‘n lewe van betekenis. Daar is ‘n studie gedoen deur Stanford en hulle het besef dat daar is ‘n verskil tussen ‘n gelukkige lewe en ‘n lewe van betekenis.

‘n Gelukkige lewe sonder betekenis loop uit op ‘n baie self gesentreerde lewe en dis hoekom dit in die langtermyn leeg is en sinneloos is soos prediker dit beskryf.

Julle sien sulke mense sal goed sê en dink soos as dit net goed gaan met my sal ek gelukkig wees. Ek sal gelukkig wees as almal net van my hou. Ek sal gelukkig wees as ek net werk het of daai werk kan kry en dan kry hulle daai werk en paar maande later is hulle ongelukkig want die baas is onregverdig of geld is te min. Ek sal gelukkig wees as ek net soveel geld het of verdien en dan kry ons soveel geld en ons dink as ek net ‘n bietjie meer gehad het.

Ek sal gelukkig wees as ek aftree en dit is so baie keer tree mense af en hulle is gelukkiger maar wat gebeur hulle betekenis neem af en later voel hulle dat hulle nie meer iets beteken nie en nie nodig is nie.

Net so dink mense wat nie kinders het nie as ek net kinders het en dan kom daai bondel vreugde en saam met daai bondel vreugde kom longe en min slaap en stinky vuil doeke en baie uitgawes en later ‘n mensie wat kan redeneer en terug praat. En soms gaan geluk en blydskap af en raak dit minder, maar betekenis gaan op want ons beteken iets vir iemand.

U sien vriende as mense aan die einde van hulle lewe kom dan is dit betekenis wat tel, het ek iets beteken het ek legacy gelos. U sien die Here het ons so gemaak dat ons geluk sal hê en groei soos betekenis in ons lewe groei.

As ek en jy en ons as kerk as Jesus volgelinge wil gelukkig wees moet ons besef dat daar is iets beter as ‘n gelukkige lewe en dis ‘n betekenisvolle lewe.

Ek wil graag 2 gedagtes vandag deel oor ’n betekenisvolle lewe wat lei na geluk.

  1. Ons vind geluk wanneer ons goed doen teenoor ander.

Ware geluk kom nie wanneer mense vir my doen wat ek wil hê nie, maar wanneer ek vir ander mense doen wat hulle werklik nodig het. Wanneer ek vir iemand ’n klip uit die pad rol. Dis waarheen Paulus op pad is met die hele leër klim storie. Hy kom en probeer dat hulle verstaan dat Jesus nie gekom het om die leer te klim nie maar eerder af te klim en dis wat hy ook doen. Dis waar betekenis is. Dis in kleingoed doen. Net deur ’n koppie koue water.

Matt. 10:(42) 42Wie aan een van hierdie geringstes net ‘n beker koue water gee

Jesus praat oor dissipels hier maar ek glo die gedagte is vir ons almal om net iets klein vir iemand te doen.

So ruk terug het ek en die tieners oefening gehad en op pad huis toe soos ons in die pad aankom sien ons hierdie ou oom langs sy bakkie staan. Ons stop toe en vra of ons hom kan help lang storie kort hy sonder petrol gaan staan. 15 min uit ons dag en ons het ‘n groot klip uit die oom se pad gerol. Hy kon sy stories met ons deel en ons die oom se dag gemaak. Toe ons daar wegry het ek so goed gevoel nie omdat ek iets daaruit gekry het nie maar omdat ek iets kon doen want ek kan.

So julle huiswerk die week is doen iets goed vir iemand die week. Begin met die mense naby jou, begin met iets klein dit hoef nie dramaties te wees lewe of dood nie. Kam jou ma se hare en verf haar naels dat sy voel julle sien en waardeer haar. Seuns tel die honde pakkie op en help jou pa. Help daai moeilike ou by die werk en rol klip uit sy pad en wie weet dalk like hy jou. Doen net iets.

Iets wat ons doen by die huis is ons het ‘n koekie projek. Ons maak pakkies koekies by mekaar en dan ry ons met dit in ons kar rond. Ons deel die koekies uit aan koerant manne op pad skool toe, car guards, mense wat bedel by die verkeersligte.

Hoekom doen ons dit en die rede is ons wil vir mense iets mooi doen, maar hoop ek dat my seun sal ervaar hoe lekker dit is om vir ander iets te doen nie omdat hy iets daaruit uitkry nie maar omdat hy kan. En is dit nie wat ons as Jesus volgelinge moet leef nie, om iets vir mense te doen omdat ons kan. Wie weet later in sy lewe groei dit dalk na iets groot.

  1. Ons vind geluk nie waar ons is nie maar in wie ons is.

Daar is geen omstandigheid of eksterne situasie (geld, werk of plek) wat jou vir altyd sal gelukkig maak nie of jy geluk moet steel nie.

Ons lees hier in Hand 16:25 Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing. Die ander gevangenes het na hulle geluister.

Paulus weer in die tronk maar hulle is vol blydskap en sing lof tot God. Ek love dat die Bybel vir ons sê die ander ouens het geluister amper asof hulle keuse gehad het 12 uur in die aand.

Dan is Paulus in die tronk en skryf Filippense maar steeds is hy vol blydskap vol moed. Hy kom en skryf hierdie vers of ek bly leef en of ek moet sterf – Christus met volle vrymoedigheid verheerlik. 21Want vir my is die lewe Christus, en die sterwe wins.

Paulus kom en wil vir my en jou sê maak nie saak waar ek en jy ons self bevind in ons lewe nie wat saak maak dis in wie jy is wat saak maak. Dit maak nie saak wat jy is nie dit maak saak wie sin jy is. Dit maak nie saak wat jy het nie maar wie jou het. Want maak nie saak wat nie Jesus is altyd langs jou, agter jou en by jou. Hy kyk uit vir jou, He has your back. Jy is dalk op donker plek, dalk in jou eie tronk of gaan deur ‘n moeilike en hartseer tyd maar in Christus vind ek en jy geluk is ek en jy reg om deur wat ook al te gaan.

Vriende ek weet nie waar jy op jou reis is nie maar wat ek weet is jy hoef dit nie alleen te doen nie, jy kan ophou soek na geluk want daar is net een plek waar jy ware geluk sal vind en dis in die Lewegewer die seun van God Jesus Christus en hy is reg om jou op jou reis te ontmoet al wat jy hoef te doen, is om Hom in jou lewens boot in te nooi en jou hand in Syne te plaas en te sê Here ek weet dat waar ek is, is omdat ek geluk gesoek het op my eie maar ek het nodig dat U my lei deur hierdie dal van doodskaduwee ek het nodig dat U my weer by die tafel laat sit em my hoof salf met olie.

Vriende en soos jy begin om die reis saam met Hom te doen. Dit is dan wanneer jy werklik begin lewe, wanneer jy betekenis vind en dis dan wanneer jy geluk vind.

So mag jy begin om goed te doen vir ander net omdat jy kan en mag jy besef dat jou geluk is nie waar jy is nie maar in wie jy is en soos jy die lewe saam met Christus doen jou lewe sal groei in betekenis en daardeur dat jy soos Paulus ewige geluk sal vind.

Kom ons bid saam

Vergete waardes – Dankbaarheid

[powerpress]

Goeie more, soos altyd wil ek begin deur te sê dis lekker en ’n voorreg om met julle te gesels vanoggend en ook saam te leer hoe om beter volgelinge van Jesus te wees.

Ek wil graag hê dat voor ons begin vanoggend ons ’n eksperiment sal doen. Julle aand my regterkant julle gaan nou die persoon langs jou groet maar jy gaan daai persoon groet met ’n klag. Jy gaan kla oor Eskom of Nkandla of dat die musiek te hard was of dat ons te min gesig het of dat Steve ons maak die eksperiment doen want hy moet seker tyd opmaak want hy het nie voorberei nie of die saal is koud of Bryce Lawrence.

Die groep aan my linker kant julle gaan die persoon langs jou of voor of agter jou groet met woorde van dankbaarheid. Iets waaroor jy dankbaar is, so dink gou aan iets wat jy oor dankbaar is, dalk dat Steve preek of die lekker koffie wat jy kon drink, dat jy gekom het want die worship was so lekker vanoggend, jou gesin of gesondheid.

Ok is julle reg, kom ons doen dit julle kla en julle dankbaar go.

Dankie, dames en here dankie. Kom ons kyk gou of eksperiment gewerk het. Julle wat gekla het wie van julle nadat julle na die klagtes geluister het en jy jou klagtes gedeel het voel nou meer opgewonde, nader aan God, vol energie as voor jy gekla het en geluister het na klagtes.

Reg die van julle wat dankbaar was hoeveel van julle voel ligter, meer opgewonde en nader aan God na dat julle dankbaarheid beleef het en gedeel het. Ok hoeveel van julle aan my regterkant wil nou kla dat jy nie aan die linkerkant gesit het nie.    

Ons begin vandag ’n nuwe reeks wat ons noem vergete waardes en vandag gaan ek gesels oor die waarde van dankbaarheid.

Van kleins afleer ons ons kinders dat hulle moet dankie sê as iemand vir hulle iets doen of as hulle iets kry. Ons probeer hulle leer om dankbaar wees.

My ma se manier om jou te leer dankie sê het, was deur as sy jou iets gegee het en jy nie dankie sê nie te gesê het dankie hond. My broer vertel my dat my ma eenkeer nie mooi gedink het nie en toe my ma weer vir hom sê dankie hond, toe sê hy dankie hond, dis dalk daai dag wat hy leer dans het soos die slipper houe geval het waar dit plek kom kry.

Iemand het een keer gesê met asseblief en dankie kom jy deur die wêreld en beleefdheid bring jou vêr.

Die vraag wat ek oor wonder is, kan mens dankie sê maar nie dankbaar wees nie?

Ons eet by vriende in die week en hulle het ook kids en toe die kids iets kry en net wegstap sê die ma wat sê mens en sonder om eers terug te kyk ingedagte sê hulle dankie.

Wie is bly load shedding is vir tyd en wyl iets van die verlede? Verlede week hoor ek iemand kla dat load shedding verby is want hulle het die vorige naweek ‘n kragopwekker gekoop en nou kan hulle dit nie gebruik nie.   

Die vraag wat by my opgekom het is hoekom sukkel ons deesdae om werklik dankbaar te wees. Dis amper asof ons in tyd leef wat mense soos die kids is ons sê dankie, maar hoe ons optree en wat ons andersins  sê getuig dat ons nie werklik dankbaar is nie.

Nou in die Bybel is daar hierdie tema wat gaan oor dankbaarheid. Paulus kom en dan vir die verskillende kerke kom hy en hy sê die volgende.

1 Tess 5:(16)Wees altyd vol blydskap. (17)Moenie ophou bid nie. (18)Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God van julle verwag omdat julle met Christus Jesus verenig is.

 “Rejoice always, pray continually, give thanks in all circumstances; for this is God’s will for you in Christ Jesus”

Eph 5:19-20 “Make music from your heart to the Lord, always giving thanks to God the Father for everything, in the name of our Lord Jesus Christ”.

Ef. 5:(19)en sing saam psalms en lofgesange en geestelike liedere. Sing en jubel met julle hele hart tot eer van die Here.

(20)Sê altyd in die Naam van ons Here Jesus Christus vir God die Vader dankie vir alle dinge.

Kol 3:(15)En wees dank­baar. (16)Laat die rykdom van alles wat Chris­tus ons leer, julle leefstyl bepaal. Met alle wys­heid moet julle mekaar on­derrig en me­kaar die regte pad wys. Sing met dank­ba­re harte psalms, lofgesange en geesteli­ke liedere tot eer van God. (17)Verder, doen al­les – of dit nou met woorde of dade is – in die Naam van die Here Jesus. Só is julle heeltyd besig om deur Hom dank aan God die Vader te bring.

Vandag gaan ons oefen om meer dankbaar te wees. In die naweek bulletin is daar preek nota. Hy is leeg en die rede daarvoor is sodat jy jou eie notas kan maak en nie begin dagdroom oor die week en alles wat moet gebeur nie. Ek wil hê dat ons vandag begin en ons ons gedagtes laat gaan na goed waarvoor ons dankbaar is en skryf dit neer. Paar voorbeelde is dalk is daar mense vir wie jy dankbaar is in jou lewe, dalk ‘n gebeurtenis, of dalk was jy op slegte plek en die Here het jou beskerm of vir jou omgegee.

Soos ek preek gaan God vir jou goed laat onthou van waarvoor jy dankbaar kan wees en skryf dit ook neer en aan die einde gaan ons dan bid en dankie sê daarvoor vir alles.

Julle sien daar is die mis konsepsie in die wêreld vandag dat as ek meer goed kry van wat ek voel ek nodig het, sal ek meer dankbaar wees.

Eintlik is dit verkeerd ek sal meer dankbaar wees nie deur meer goed nie, maar eerder om meer en meer bewus te raak van God se teenwoordigheid en sy goedheid.   

Vandag wil ek nie net praat oor dankbaarheid en die belangrikheid van dankbaarheid nie maar eerder oor ‘n Jesus gevinde erde dankbaarheid. Dis ’n nuwe manier om na die lewe te kyk.

Julle sien dankbaarheid is ’n persepsie van die goed. Jy kan nie dankbaarheid maak uit wilskrag nie alhoewel baie mense probeer.

1. Dankbaarheid groei in nederigheid.

Dankbaarheid begin met nederigheid. As ek en jy glo ons word iets geskuld dan is dit moeilik om dankbaar te wees, want ek leef met die gedagte dat ek dit moet kry dit kom my toe. Die Engelse noem dit entitlement mentality.

Jy sien as jy ‘n kar gee en ek het niks gedoen om dit te kry nie dan is ek soos dankie baie dankie ek kan dit nie glo nie dis die beste ding ooit, maar as ek iets betaal het daarvoor al is dit minder as wat ek moes dan is ek soos ok great deal en soos die kids dankie and off I go. Ek gaan nie buite my vel dankbaar wees nie, want ek verwag dis myne want ek het iets gedoen om dit te kry.

Die wêreld waarin ons leef en ons sondige natuur laat ons glo dat ons geregtig is tot goed. Ek moet dit kry en verdien dit en hoe meer ek so dink en glo hoe minder en minder dankbaar is ek.

Ek lees van die 2 vriende wat mekaar raakloop na dat hulle mekaar lanklaas gesien het.

Die een ou is moeg en lyk nie lekker nie lyk asof hy gehuil het.

Die ander ou vra wat is fout, kan ek jou help  jy lyk nie lekker nie.

Die hartseer ou ander ou sê man die storie is so, 3 weke terug toe gaan my oom dood en hy los my R25000 en 2 weke teruggaan my niggie dood en sy los my R100000

Sjoe, jammer om te hoor maar klink of jy gebless word.

Dis niks sê die hartseer ou laas week gaan ’n vêr langse tannie van my ma dood en los my halfmiljoen rand.

Ok ek verstaan nie hoekom is jy dan so hartseer.

Die hartseer ou want die week het ek nog niks geërf nie.

Ek hoop nie ons het daai uitkyk in die lewe nie.

Paulus kom en hy sê dat in die konteks van Christianity is ondankbaarheid nie net ‘n probleem nie maar dis sonde. As ons ondankbaar is dan lewe ons teen God.

Hoor wat sê Paulus vir die Romeine: Rom1:(21)Ja, hulle het ’n God besef gehad, maar tog het hulle Hom nie as God geëer of aan Hom dankbaarheid betoon nie. Inteendeel, hulle het vir hulleself allerlei belaglike voorstellings oor ’n godheid begin maak en hulle verdwaasde harte het heeltemal toegeslaan.

U sien hulle het gedink hulle word iets geskuld en vir daai rede het hulle verder en vêrder van God af weggedryf hulle het nie hulle self gesien as mense wat moet dankbaar wees oor die groot genade wat hulle ontvang het nie.

Die Bybelse woord vir ondankbaarheid is mor of kla en Paulus kom en hy skryf vir die kerk in Korinte en spreek hulle aan oor dat hulle kla oor alles en nie dankbaar is nie en waarsku hulle.

Hy skryf vir hulle en sê 1 Kor10:(10)Ons moenie kla nie. Party van die Israeliete het dit gedoen, en toe het die engel wat mense moet doodmaak, vir hulle doodgemaak.

Wie van julle wat vanoggend gekla het worry nou so bietjie?

2. Vriende ’n lewe wat seën lei na dankbaarheid.

Jesus het geweet hoe om met dankbaarheid te leef en vandag kan ons by Hom leer en die vroeër kerkvaders hoe om meer dankbaar te leef.

Daar was en is hierdie gebruik in Joodse geloof dat hulle die 18 Benedictions  gebid het, nou as jy die woord opbreek in Latyns dan beteken bene = goed en dictions = woorde of praat so benedictions beteken om goeie woorde te spreek seën te spreek.

So as jy die benedictions gedoen het, het jy goeie seën oor iemand gespreek of teenoor God uitgespreek of gebid het. Baie kere in kerk sal die Dominee of soms sal Eugene ‘n seën gebed doen oor die gemeente eintlik is dit ‘n benediction.

Nou in die Joodse geloof is die gebruik dat hulle 3 keer ’n dag die 18 benedictions sal bid teenoor God.  Sodra hulle opstaan dan weer in die middag en weer voor hulle gaan slaap het.

Elke Rabbi sal dan ook sy volgelinge leer hoe om die seën gebede te bid soos hy voel die beste manier is om dit te bid.  So wanneer die Dissipels kom en Jesus vra Rabbi leer ons om te bid eintlik vra hulle leer ons hoe om die 18 Benedictions te bid.

Die Onse Vader is eintlik ‘n opsomming van die 18 benedictions. Soms het hulle dit as opsomming gebid en soms in geheel.

Ons vader wat in die Hemel is heilig is U naam. Dis ’n seën gebed teenoor God. Die vroeër kerk het die Onse Vader 3 keer ’n dag gebid. Dit was hulle 18 benedictions.

U sien ons seën gebede is baie anders dis meer Here seën my en my gesin en seën my kos Here en seën my kinders en my werk en my gesondheid my finansies (klink dit nie baie soos entitlement nie?)  hierin is niks dankbaarheid nie.

U sien hulle dankbaarheid het nie daar opgehou nie nee hulle het ook geglo dat elke ete was ’n geleentheid om dankbaar te wees. Hulle het nie net gebid om gewete te sis nie nee hulle het dit gesien as ’n oomblik om dankbaar te wees en God te seën vir sy voorsiening.  

Ons sien by die laaste ete wat gebeur voor Jesus die brood breek dan dank Hy God daarvoor hy seën God daarvoor en dan deel hy dit uit en dan wanneer hy die wyn vat dan dank hy God daarvoor hy seën God daarvoor. U sien hulle het elke nuwe item  gesien as geleentheid om dankie te sê want hulle het besef dat alles is ‘n geskenk uit God se hand en ons moet dankbaar wees vir alles.

Vandag lyk dinge anders nè. Ons doen een gebed en ons vra ook die persoon wat die kortste of vinnigste bid om te bid want ons wil eet nie waar nie. Here dankie vir die kos en seën die kos en die persoon of plek wat voorberei het amen. Nie regtig dankbaar nie meer soos kinders ingedagte dankie want diep binne ons voel ons ek verdien die kos ek is entitled tot dit want ek werk hard nie waar nie.

U sien die vroeë kerk het nie net in oggend en by etes gebid en nie hulle het vir alles ’n seën gebed gehad. Hulle sou ‘n seën gebed gehad het vir ‘n lamp want hulle het geweet God is die bron van daai lig en sonder Hom sou hulle in permanente load shedding geleef het. Hulle sou tien teen een ’n seën gebed gehad het vir Load shedding en gesê het Here dankie dat U vir ons as gesin oomblik van stilte gee sodat ons as gesin weer kan saam games speel en stories vertel en in mekaar se oë kan kyk.

Vriende en soos wat ons begin God seën selfs vir daai moeilike ou by die werk of die slegte situasie wat jy in is. Begin jy anders kyk na die lewe en situasies waarin jy is.

So ruk terug het ek deur moeilik tyd gegaan en in daai tyd het ek so naby aan God gevoel want ek was op daai plek van Here net u kan my hierdeur kry en die oggend wat ek dit besef het en vir die Here dankie sê in daai oomblik het ek ook anders na die situasie begin kyk, maar later daai dag toe raak ek weer negatief en moan hoekom gebeur dit en dis onregverdig ek verdien beter en toe moet ek eers weer stil raak en bid sodat ek ontslae kan raak van die entitlement gevoel.

Vriende en soos ek meer en meer God seën en dankbaar is teenoor hom groei ek dieper in verhouding met Hom en verander my uitkyk in hierdie wêreld en hoe ek lewe omdat ek meer en meer besef dat alles is uit genade deur God gegee in Jesus en dat ek die grootste geskenk kla ontvang het.

Hoe kan ek meer dankbaarheid kweek.

Een manier is om ’n dankie brief te skryf. Ek wil jou vra om die week ’n dankie brief te skryf aan iemand wat jou lewe baie geraak het of baie vir jou beteken het, ’n mentor of oud onderwyser, ’n vriend iemand wat sonder hulle jy dalk ‘n ander persoon sou wees. Probeer so 300 woorde en jy gaan dalk ‘n paar drafts he.

As jy kla geskryf het dan bel die persoon en as jy kan ontmoet hulle in persoon. Sodra jy by die persoon kom haal jou brief uit en lees dit vir hulle woord vir woord.

Maar dit mag nie iemand wees wat jy iets uit kan kry soos finansiële voordeel nie en ook nie iemand wat jy dalk wil date of impress nie geen hidden agenda nie doen dit met iemand wat verras sal wees en dit nie sal verwag nie.

Tweede skryf jou eie seen gebede. Begin deur 4 goed neer te skryf wat jy God oor wil seën en wat jy werklik voor dankbaar is en hoekom jy daarvoor dankbaar is. 

Ek weet nie of julle kan onthou nie maar die week het dit gereën en onthou julle Donderdagoggend se reën en hoe misluk dit was, ek wou nie opstaan nie en was lus om sommer verlof in te sit. Ek het die gebruik dat sodra Chantal en Durandt uit die huis uit is dan is dit my tyd saam met God en met soos ek besig is om te bid begin ek te dink ek gaan God seën vir die reën en ek begin Pappa ek wil net dankie sê vir die reën ek besef Here dat met hierdie reën is U besig om ons damme weer vol te maak sodat daar water in ons krane kan wees en dat bome kan groei sodat ons suurstof kan hê. Here dankie vir die reën want nou raak die lug weer skoon en blomme kan groei. Here dankie ook dat ek nou in ‘n huis kan staan en nie nat reën nie en dankie dat ek warm klere kan aantrek en dat U my so seën en ewe skielik verander my uitkyk my gemoed. 

Ek wil jou aanmoedig gaan en skryf jou dankie brief of briewe en begin om God te seën elke oggend en elke aand en ek waarborg jou aan die einde van die week sal jy dankbaar wees.

Nou vandag het ons die voorreg om nagmaal te gebruik en te onthou dat God se genade so groot was, is en vir altyd sal wees en dat Hy ons so lief gehad het en het dat hy sy Seun gegee het om ons te red uit die dood en ons weer kinders van God te maak deur die prys van die sonde te betaal.

Kom ons bid saam.

Vereenvouding jou lewe – Werk en Geld: Lewe met vergenoegdheid

[powerpress]

2 mans stap in die bos en hulle kom by ’n groot donker gat. Die een ou sê ek wonder hoe diep is die gat die ander een sê kom ons vind uit. Hier is ’n aambeeld (anvil vir die Engelse mense) kom ons gooi dit af in die gat. Great sê die ander ou en hulle gooi dit toe af. Al wat hulle hoor is hoe die aambeeld af fluit weeeeeeee soos dit val maar die gat is diep en dit val net en valnet. Die volgende oomblik kom daar ’n bok verby die ouens gestorm met ’n geskree spring in die lig en af in die gat. Net daar na kom ’n ou boer aangehardloop en skree Becky, Becky. Hy kom by die ouens en vra het julle ouens ’n bok dalk hier verby sien kom. Die ouens sê jy sal ons nie glo nie die bok het verby ons gehardloop en in die gat ingespring. Die ou boer sê dis onmoontlik ek het haar aan ’n aambeeld vasgemaak.

Goeie more vriende soos altyd ’n voorreg om saam met julle te leer hoe om beter volgelinge van God te wees en die lewe beter te doen.

Ons is in die 3de week van die reeks vereenvoudig jou lewe. As ons eerlik is vandag wie van ons voel soos Becky daar is die aambeeld om jou nek vasgemaak en jy word net mee getrek af in die donker gat van die lewe. As ons eerlik is met ons self wie van julle het ’n vakansie nodig. Wie van julle is bekommerd want die jaar het skaars begin en jy gebruik al kla woorde soos ek weet nie hoe ons die jaar gaan maak nie. Jou emosionele emmer is leeg.

Dis nie ’n lekker plek of gesonde plek om te wees nie. Dit is ook die rede vir die reeks, dat ons op ’n plek sal kom en besluite sal neem om ons lewe van gekompliseerd na meer eenvoudig toe te neem. Eintlik dat ons weer kan begin lewe en nie net oorleef nie. Is dit nie wat God vir my en jou wil hê nie dis ook hoekom Hy Jesus gestuur het, om ons te leer hoe om werklik te lewe en dan ook op die einde ons deur sy Dood in verhouding met God te plaas.

Nou vandag gaan ons vir ’n ruk stilstaan en kyk hoe kan ons ons lewe vereenvoudig in 2 van die belangrikste areas van ons lewe ons werk en in ons geld.   

Werk en geld loop eintlik hand aan hand want ons werk om geld te kry en ons kan net spandeer wat ons by ons werk verdien. In teorie natuurlik.

Probleem is ons dat in werklikheid leef ons nie binne-in die grens van wat ons verdien nie. Nee ons gaan en sê ek hoef nie tevrede te wees om te leef binne wat ek verdien nie, nee ek weet beter en ek verdien beter en daarom sal ek skuld maak om dit te koop.  Probleem is te veel van ons se skuld of lewens styl is so hoog en groot dat dit alleen steel ons vrede en vreugde. Dit alleen kompliseer ons lewens.

As dit by ons werk kom is dit ook waar. Die meeste mense vandag is nie gelukkig in hulle werke nie. Die hartseer is as jy daaroor dink meeste van ons gaan ten miste ’n 3de van ons lewe by die werk spandeer, so ’n 3de van jou lewe gaan jy nie geniet nie.

Meeste van ons het al een of andertyd of dalk is jy nou daar agtergekom as jy jou werk nie geniet nie voel die lewe net sleg. Net so as jy tot by jou oë toe in die skuld is, is die lewe ’n lied net jammer jy ken nie die woorde nie. Dinge voel net af.

Die ander kant is ook waar as jy werk geniet en jou geld is onder beheer dan is die lewe ‘’n lied en jy ken die woorde en ritme en die dans moves.

Het jy al ooit in kar gery waar die kar se wiele nie gealign is nie en heeltyd links of regs trek. Dis moeilik want dit vat so baie krag om die hele tyd dit teen te werk en dit maak jou moeg, of as die wiele nie gebalanseer is nie is dit nie lekker om in so kar te ry nie maar dis nie net nie lekker nie dis ook gevaarlik.

Net so met ons lewens as ons in lyn leef en align is met God dan lewe ons lekker en dinge gaan goed dinge werk nit, maar sodra ons uit balans of alignment gaan dan is die lewe moeiliker en kan dit ook later gevaarlik wees vir verhoudings asook gesondheid.

Daarom gaan ons vandag bietjie stilstaan en kyk hoe kan ons ons werk en geld weer in lyn bring of soos die Engelse sê “align”.

Nou vanoggend wil ek nie kom en net ’n klomp punte vir julle gee en sê doen dit en doen dit en as jy die 5 of 10 stappe volg dan sal alles in lyn wees nie, want op alles wat ek kan sê sal ons almal ’n verskoning uitdink hoekom ek of jy nie dit kan doen nie.

Ek wil vanoggend meer gesels oor die gesindheid wat ons het teenoor ons werk en ons geld, asook ’n ander manier om daarna te kyk.

Ek dink as ek en jy na ons geld en ons werk kyk dan moet ek en jy besef dat alles wat ons ontvang en het kom van God af.

Ek is ’n sucker vir ’n storie waar iemand wat die underdog is en ’n harde lewe het en eintlik geen kans het om dit te maak in die lewe nie en dan begin hy en hy werk hard en hy styg bo sy omstandighede uitkom en maak ’n sukses en wen. Een van my gunsteling movies is In te pursuit of happiness gespeel deur Will Smith ‘’n ware storie van Adrian Carver. Ons vat Madiba en sy legacy en waar hy nie behoort dit te gemaak het nie maar hy veg terug en kom uit tronk uit en maak die keuses sodat S.A beter kan wees. Wat gebeur sodra iemand dit maak wat nie moes nie mense kom en hulle gee so iemand baie krediet en hulle kyk op na so persoon. So Persoon wen pryse en kry toekennings en dan sodra hulle ’n toekenning kry dan gee hulle ’n dankie speech. Hulle sê dankie vir hulle ouers, dalk hulle kinders hulle vriende en mentors en die lys kan aangaan.

Vriende as ons eerlik is, het ons ook ’n klomp mense wat ons voor dankbaar moet wees. Mense wat gehelp het om ons die mens te maak wie en wat ons is. Vriende raai wie was agter hulle belegging. God. Die Bybel sê dat God jou geken het voor jy gebore is en hy gee om vir jou elke stap van jou lewe.

Die eerste persoon wie werklik dankbaarheid moet kry is God. Nie net het hy mense en resources op ons pad gestuur nie, maar hy het elkeen van ons ook talente gegee en geleenthede om uit te styg. Wat vra God inruil hiervoor net dat ek en jy dit vir Sy goedheid gebruik. Hy vra dat ons dankbaar sal wees vir wat hy ons mee seën ons huidige werk asook wat ons nou verdien.

En daarom vriende die ander gesindheid wat ons moet aanwerk as ons ons lewe wil vereenvoudig en in lyn kry en leef met God is.  

Deur met vreugde te leef in dit wat God nou vir jou voorsien.

Die skrywer van Prediker sê: Pred. 5:18 En as God aan mense rykdom en besittings gee, en die vermoë om dit te geniet, is dit ook ’n geskenk uit sy hand dat ’n mens jou werk geniet en jou deel in die lewe aanvaar.

Ek onthou die eerste keer toe ek ’n salaris verdien het, Ek het by early bird gewerk en R2500 verdien. Ek kon nie wag vir die einde van daai eerste maand nie. Ek het gedink sjoe dis so baie geld ek kan so baie doen hiermee dis awesome. Maande later het ek nie eers meer uitgesien na einde van maand nie, want ek het na my salaris gekyk en gesê dis net R2500 wat kan ek met R2500 doen.

Vriende ek dink een van die grootste redes hoekom ons werk en geld lewe so gekompliseerd is, is omdat ons nie tevrede is of eerder dankbaar is nie.

Julle sien ontevredenheid sê  wat ek verdien is nie genoeg nie.

Ontevredenheid sê wat ek het, is nie goed genoeg nie ek soek mooier, groter, nuwer en beter.

Ontevredenheid sê ek soek wat hy of sy het.

Ontevredenheid sê ek kort en verdien wat sy of hy het.

Ontevredenheid sê ek kan dit nie bekostig nie maar het kla besluit dis myne.

Ontevredenheid sê as ek dit het (huis, kar, selfoon, klere, vakansie) dan sal ek gelukkig wees.

Ontevredenheid sê ek vra nie die wêreld nie net ’n bietjie meer.

En die probleem is dat ons glo dat as ek en jy dit kry dat ons emmers vol sal wees, maar is dit? Sodra jy daai verhoging kry of daai nuwe posisie by die werk daai nuwe kar of daai vakansie. Dalk vir ’n dag of ’n maand maar vinnig vinnig dan voel ons weer leeg en voel ons weer as ek net dit het.

Hoe keer ons ontevredenheid?

Yip dankbaarheid en hoe kan ons meer dankbaar wees deur dankbaarheid te beoefen asof dit ons werk is.

1 Thessalonians 5:18 says, “Give thanks in all circumstances, for this is God’s will for you in Christ Jesus.”

Dankbaarheid sê wat ek verdien, is genoeg.

Dankbaarheid sê wat ek het, is groot genoeg, nuut genoeg, mooi genoeg, duur genoeg.

Dankbaarheid sê ek hoef nie te begeer wat hy of sy het nie.

Dankbaarheid sê ek is bly vir wat hy of sy het.

Dankbaarheid sê ek hoef nie te keep up with the Joneses nie.

Dankbaarheid sê ek gaan nie my identiteit of geluk plaas in besittings nie, want my geluk en identiteit kom van God af.

Dankbaarheid sê ek is net ‘’n manager van alles wat God my mee vertrou.

Dankbaarheid sê ek gaan leef met tevredenheid.

In die Bybel is daar hierdie ongelooflike storie in Handeling 12 van Petrus in die tronk en hoe hy vrygemaak word. Nou Herodes was op ’n mission om almal wat deel van die weg (dis wat die christelike beweging genoem was) dood te maak en uit te roei. Petrus is gevang en in  die tronk en die aand voor Petrus voor Herodes sou te staan kom het hy tussen 2 soldate geslaap en dan lees ons verder.

Hand.12: (7)Meteens staan daar ’n engel van die Here by Petrus, en ’n lig skyn in die sel. Die engel stoot toe aan Petrus se sy, en maak hom wakker en sê: “Staan gou op!” Die boeie het van sy polse afgeval. (8)Toe sê die engel vir hom: “Maak vas jou belt en trek jou sandale aan.” Hy het so gemaak. Daarna sê die engel vir hom: “Trek jou bo-kleed aan en kom agter my aan.”

Petrus volg die engel en hulle loop uit die trok en stad uit. As jy verder sou lees sal jy sien dat die tronk in oproer was die volgende oggend toe hulle agter kom Petrus is weg.

Vriende as ek die storie lees dan besef ek net dat God wil so graag dat ons moet vry wees. Hy wil hê dat ons emosionele emmers moet vol wees. Hy wil hê ons moet vrykom uit daai tronk van finansiële skuld of werksplek waar jy werk. Die Here wil my en jou vrymaak maar hy vra ons vandag dieselfde ding wat hy Petrus gevra het, dat ons moet Hom volg en vertrou en dat ons sal gaan.

 

Vriende verbeeld van ’n wêreld waar mense gaan werk nie omdat hulle moet nie maar omdat hulle wil en dit geniet, verbeeld jou ’n wêreld waar mense nie net leef binne-in wat hulle verdien nie maar selfs oor het om weg te gee. Verbeeld jou ’n wêreld waar ons emmers vol is en vol bly.

Ek glo in my hart dat daai wêreld nie net in drome hoef te bestaan nie maar nou moontlik is as ek en jy opstaan en besluit om ons gesindheid in lyn te bring met God sin en te lewe vanuit vergenoegdheid en dankbaarheid.

Kom ons bid saam.

 

 

 

 

 

 

Die Kruis, Ons Anker Om Aan Vas Te Hou

 

Goeie more julle ek is so excited dat julle almal hier is vanoggend. Ek glo dat jy op die beste plek is vanoggend.

Die week was ons bietjie op vakansie en ons het bietjie Oudtshoorn besoek en die Volstruis ding gedoen en op die eiers gestaan, op een gesit drukkie by een gekry asook ‘’n nek massage. Durandt en Chantal het ook kameel gery, ek wou ook maar blykbaar sien jy nie een kameel ‘n ander kameel dra nie. Ons was ook by die Kango grotte ( en voor jy wonder en nie woord verder hoor wat ek gaan preek nie nee ek is nie deur die posbus ek is dik nie stupid nie, ons het net die Heritage tour gedoen die eerste 3 kamers) en as jy dit al gedoen het, sal jy saamstem dat ons net so kreatiewe amazing God dien wat ‘’n ondervinding as jy nog nie gedoen het nie, maak ‘’n plan dit is regtig die moeite werd.

Nou ons het net kla gemaak met ons hoop reeks en besef dat ons almal kom op plek waar ons hoop nodig het. Waar jy iets nodig het om aan iets te kan vas hou. So paar weke terug kry ek boodskap van iemand af wat lank baie baie lank terug ons Nuwe gen. diens besoek het toe dit nog aandkerk was. Die ou is in Amerika of Canada en besig om te travel en op sy status updates lyk alles lekker, maar sy Boodskap begin en sê Steve ek het jou nodig ek voel so alleen en hopeloos, ek is moedeloos en depressed. Alles lyk so deurmekaar.

En gebeur dit nie met ons ook nie, dinge gaan lekker en dan soms kom die lewe en dit ruk net hand uit. Life happens en dit suck en ons voel moeg en moedeloos, hulpeloos ons voel alleen en vandag wil ek gesels oor wanneer life happens waar aan kan jy vashou of wat is ons anker.

Wat is my en jou anker waar na gaan ek en jy draai om weer moed en hoop te vind. Ek voel dat deel van vandag se boodskap gaan ons ook seker gedagtes oor God moet aanspreek hoe ons oor hom dink en voel. Ons moet ook sekere gedagtes aanspreek oor Christenskap.

Ek wil begin deur te sê as die lewe al met jou gebeur het of besig is om te gebeur dan baie keer in daai oomblikke besef ek en jy dat Christenskap kan nie in een sin verduidelik word nie en daar is nie altyd ‘’n maklike voel vinnig beter antwoord vir alles nie. Ons besef dat Christenskap nie altyd op ‘’n bumper sticker saamgevat kan word of in slogan gesit word nie.

Ons as Christene het nie altyd antwoorde vir alles nie en weet ook nie altyd hoe om op seker goed te respond nie, sodra jy ’n Christen word kry ons nie ’n sleutel om al die groot vrae en problem op te los nie.

Dalk het van julle dit agtergekom op die harde manier, van julle het dalk tot geloof gekom in Christus en gedink ok nou gaan alles begin in plek val en sin maak, maar toe jy begin het, is dit asof alles meer out of wack geraak het.

En Jesus chat hieroor in Joh. 16 vers 33. Nou voor ons dit lees besef net toe Jesus die woorde sê is Hy op pad om gekruisig te word. As jy geskiedenis ken of saam met kerk kom weet jy dat Jesus gekruisig is net buite Jerusalem en ons as Christene glo en leer uit die Bybel dat Jesus gekruisig is om vir alle mense se sondes te betaal so dat ons in verhouding kan staan met ’n ewige lewendige God.

Jesus sê die volgende 33 Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin.”

Nou as jy dalk nie hoofstuk 13 14 15 16 so lekker gememoriseer het nie Jesus het goed gesê soos ek is die wingerdstok en julle die lote sonder my kan julle nie vrug dra nie, Goed soos ek het julle gekies nie julle my nie, goed soos ek is in julle en julle in my so lief soos die Vader vir my is so lief is ek vir julle. Goed soos Ek gaan weg maar ek gaan ’n trooster stuur wat binne julle gaan bly. Ek gaan weg maar oor 3 dae sal ek weer opstaan en julle sal my sien.

33 Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin.”

I have told you these things, so that in Me you may have [perfect] peace and confidence. In the world you have tribulation and trials and distress and frustration; but be of good cheer [take courage; be confident, certain, undaunted]! For I have overcome the world. [I have deprived it of power to harm you and have conquered it for you.]

Jesus kom en Hy sê dat ek sê die goed vir julle sodat julle in my eienaarskap kan vat van rus en vrede. Ek love Amplified wie se perfect peace and confidence. So Jesus kom en sê ek en jy kan dit besit. Nou ek weet dalk voel jy nie so vandag nie jy voel nie vrede nie jy voel nie rus nie. Bly by my asb. ons kom daar.

Maar Jesus gaan vêrder en sê: In the world you have tribulation and trials and distress and frustration, onthou nou dis Jesus wat praat en hy kom en gee ons ‘’n heads up Hy sê ek het vir julle vertel van ’n toekoms saam met my en hoe ons eendag gaan saamleef maar in hierdie wêreld wat julle nou inleef gaan life happen en julle gaan moeilikheid kry, julle gaan distress en trails hê, dit kom en almal gaan dit beleef.

Vriende en hierdie moeilikheid is nie ek weet nie wat om vir daai een vir Kersfees te koop nie, of wat ek gaan doen vir my kind se verjaarsdagparty nie, die nie daai moeilikheid van ons wil die huis renovate en is nie seker wie se teel om te gebruik of ek wil dubbel cab koop en is nie seker Amarok of Ranger nie, of ek jy het dalk 1kg opgetel moeilikheid nie, die moeilikheid wat Jesus hiervan praat is regte moeilikheid daai van ek is nie seker of daar werklik ’n God is wat omgee moeilikheid, Moeilikheid wat jou geloof challenge moeilikheid en Jesus sê wees reg want dit kom, dit gaan happen.

Maar die goeie nuus is ons weet waar om rus te kry ons weet waar om vrede te kry. Julle sien daar is 2 realiteite hier aan die eenkant het ons God wat almagtig is en liefde is maar ons leef in ’n wêreld wat gebroke is en uitmekaarval, en waar selfmoord gebeur, of mense terminaal siek raak, of jy geliefde sieklik aan die dood verloor, egskeiding gebeur of werkloosheid en geldelike probleme of jy voel alles is deurmekaar en alleen en daai moeilikheid kom en daar despair is en dit donker word, maar daar is lig want Jesus gaan dan verder en hy sê maar skep moed, ek dink nie dis lig bedoel nie in een van die Engelse vertalings se take hart, dis nie ‘’n ligte maklike take hart skep moed toe maar more sal die son weer skyn moed nie, nee die is nie ’n ag shame take hart  of ag shame skep moed as jou lewe uitmekaarval, of kom ons sit dit op bumper sticker hoot as jy moed skep, Moed nie.

Nee, Jesus kom en sê skep moed take heart as jou lewe uitmekaarval as alles om jou donker voel en jy nie weet hoe jy dit gaan maak nie, skep moed hou vas moet nie opgee nie druk deur want en dan gaan hy verder wat ek het die wêreld reeds oorwin. En hy het dit oorwin vir jou en vir my.

Julle sien baie keer is daar hierdie teologie wat mense glo van Life happens en jy moet maar aanvaar en leef daarmee, dis half waar want die lewe gebeur maar waar is die oorwinning in dit, jy kry ook mense wie se teologie is ek glo en daarom bestraf ek moeilikheid en sê nee vir moeilikheid en dit sal nie met my gebeur nie en dis ook net half waar wat Jesus self sê in die wêreld gaan moeilikheid kom maar in my kan jy rus vind.

My vraag aan jou vanoggend is wanneer moeilikheid kom waar heen gaan jy draai om moed te skep.

Ek onthou toe ons in Matriek was en Henlu ‘’n vriend van ons wat gestruggel het met limfklier kanker en die fight verloor het. Ek onthou toe ons die nuus gekry het, was ons almal baie baie gebreek dit was moeilik en ’n groot toets vir ons almal, maar ek onthou hoe ons almal net daar in die voorportaal van die skool in ’n huddle gaan staan het en ons net begin bid het en by Jesus probeer uitkom het dalk sonder dat ons besef het daai dag om rus en vrede te vind en vertroosting.

Julle sien ons het gevas dat hy moet gesond word ons as jeug groep het elke Vrydag gebid vir genesing ons het Dinsdae aande sel gehad en gebid. Ek onthou ons het opgery om vir hom te bid in hospitaal of by sy huis en toe hy oorlede is was dit rof vir ons, ons het vrae gevra en gewonder hoekom het die Here nie dinge verander nie.

Dinge was moeilik en die vraag vir ons was in daai moeilikheid waarheen gaan jy draai?

Julle sien in daai oomblik is daar nie ’n bumper sticker of slogan om dinge beter te maak nie en skep moed of more sal die son weer skyn of Jesus het sy mooiste blommetjie kom pluk werk net nie.

Maar weet julle wat Jesus kom en in die vers lei Hy ons na die kruis toe. Nou ek weet vir baie is die kruis vergifnis en verlede en te doen met sonde nie moed nie. Maar julle sien die kruis is die middel punt van die hele storie van God en die wêreld. Die kruis is nie iets wat jy doen en dan weg beweeg van nie nee die kruis is die centerpiece van alles en daar is hierdie stuk in Heb. 6:19 en 20.

Waar die skrywer kom en vir ons sê dat in die ou dae voor die Kruis moes ons deur Priester na God kom maar nou is daar nuwe manier want Jesus het die prys betaal sodat ek en jy in verhouding met God kan staan.

Hoor hoe stel die skrywer dit in NLV Heb. 6 vers  19 en 20 Hierdie vooruitsig is soos ’n betroubare en stewige anker – ’n anker wat onbeweeglik vasgemaak is in die Allerheiligste van die hemelse heiligdom, net agter die binneste gordyn. Dít is tog waar Jesus, ons Voorloper, ter wille van ons ingegaan het – Hy wat ons ewige Hoof priester geword het volgens die priesterorde van Melgisedek. En dis die rede hoekom ek vir jou en my en daai vriend oorsee wil wys na die kruis toe en sê dis waarheen ek en jy moet draai dis waar ek en jy hoop kry is by die kruis en in die kruis.

Julle sien as ek en jy na die kruis draai en na die kruis kyk dan heel eerste besef ons:

God is lief is vir ons.

Dis by die kruis waar ons kan weet dat ons weet maak nie saak hoe bad dit lyk nie maak nie saak hoe donker of alleen nie God is lief vir jou.  Want as jou bodem al uit geval het as jy al moeilikheid  ervaar het een van die vrae wat opkom is, Is God dan nie lief vir my as hy dit met my laat gebeur nie en ek en jy moet in daai tyd die kruis sien en besef voor ek en jy enige iets gedoen het, was hy so lief vir ons dat Hy sy seun gegee het.

1 Joh. 4:10 Dít is volmaakte liefde: nie dat ons vir God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun as versoeningsoffer  gestuur het om ons sondes weg te neem.

Ons het nie God gekies nie nee hy het ons gekies en alles gedoen en gegee sodat ons met Hom in verhouding kan staan so in die kruis sien ons dat God is lief vir ons. Maak dit alles reg nee dit gaan nie alles regmaak nie en gaan dalk nie eers sin maak nie maar tenminste weet ek en jy dat ons is nie alleen nie en daar is iemand wat omgee en lief is vir ons.

In die kruis sien ons ook dat God gee ons keuses en vryheid maar behou beheer.

Nou ek is eerlik as ek sê dat ek verstaan ook nie heeltemal hoe die stelling werk nie en uit kan speel nie maar ons kan dis waar en ons sien dit in die kruis.

By die kruis sien ons Jesus word gekruisig en in Handelinge sê die Skrywer dat Jesus is gekruisig deur mense wat kwaad is. Julle sien die dag tyd toe Jesus gekruisig is was ’n Joodse feestyd en Pilatus kom en hy het altyd in daai tyd iemand vrygelaat en hy dink ok dis hoe ek Jesus gaan vry kry ek gaan hom teen Barabbas opsit ’n super baddie en dan sal Jesus vrykom en wat gebeur die volk skree Barabbas moet vry. Nou dit klink na Chaos dit klink na mal uit beheer chaos.

Maar as ons na die Kruis kyk was God in beheer of wat. Ja, nou het God dit bewerk en toe mense Jesus sê het Hy almal laat hoor Barabbas. Nee, maar uit daai keuses laat hy goed gebeur. Ek weet nie hoe Hy dit doen nie en weet nie hoe dit werk nie maar een ding weet ek God is nooit nie in beheer nie. Baie mense vra maar hoekom het God dit nie gekeur nie, hoekom het God nie opgetree of gestop nie.

Hy gaan en hy kan maar wanneer hy dit doen gaan die lewe soos ons dit het verby wees dan verander alles.

Die laaste ding wat ons sien as ons na die kruis draai is dat God nie mors nie, God gebruik selfs sleg en verander dit na goed.

Julle sien as ek en jy daar was die dag toe Jesus gekruisig is op daai Vrydag sou ons soos baie gedink het dis die slegste ding wat kan gebeur. Ons sal gedink het Hy het verloor en alles was ’n leun en hy was ’n fake. Ons sou dalk opgegee het, maar ons is nie op daai Vrydag nie ons is baie jare later en ek weet dat daar was ’n Sondag wat Jesus opgestaan het en ek het duisende jare as getuienis asook my eie lewe om te weet dat die kruis is die beste ding wat ooit kon gebeur het.

En wat ek en jy leer is dat God selfs die badste ding ooit soos die Kruis kan gebruik en iets goeds daaruit maak.

In my eie lewe my Pa se dood het die Here gebruik en dit so laat uitwerk sodat ek in ministry beland het en my purpose gekry het. Het die Here my pa doodgemaak omdat hy my in ministry wou hê nee ek glo nie so nie maar deur daai slegte ding is ek nader aan hom getrek en omdat ek daai slegte ding vir hom gee verander hy dit in gereedskap stuk wat hy nou kan gebruik om ander se lewens te raak deur ministry en in dit vind ek purpose.

Vriende wat ek net besef met Henlu se storie en my eie storie is dat dis wanneer ek en jy na die kruis draai waar ek en jy moed skep en waar ons geanker word.

Kom ons kyk na die clip https://www.youtube.com/watch?v=0tv-2sjc7aI

Net soos met die painting. As jy dit die eerste keer sien dan is die ou besig om te dans en mal te gaan en jy probeer uitwerk wat doen hy en baie keer wanneer life happen kan ons in ons situasie op daai oomblik nie die hele storie sien nie, maar vriende God is besig om ’n masterpiece te skilder. Hy is besig om op ‘’n groot canvas te skilder en al wat ek en jy sien is net wat nou in ons situasie gebeur, dis eers as ons terug kyk of ander perspektief kry wat dinge sin maak.

Ek weet nie waar jy nou is nie, maar kom ons vat ’n oomblik om na die kruis te draai en te sien en besef dat God is lief vir jou, hy is steeds in beheer en onthou dat as ek en jy ons moeilikheid vir God bring hy mors dit nie en verander dit in iets goed.

Kom ons bid saam