Waar jou skat is… Die aantrekkingskrag van materialisme
[powerpress]
Vandag gesels ons bietjie oor die sterk aantrekkingskrag van materialisme.
Ons tema vers vir die reeks is Lukas 12:34 “Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.” AFR53
Die krag van geld en besittings is so sterk dat dit bepaal waar jou hart is. Jy kan nooit sê dat jou hart by iets is maar daar is nie ‘n groot deel van jou aardse geld en besittings ook daarby betrokke nie. Daarom dat 16 van die 36 gelykenisse van Jesus gaan oor geld. Feitlik helfte van Sy gelykenisse.
Jesus het geweet dat besittings en geld ‘n groot deel van ons lewe sal uitmaak.
Jim Nicodem sê dat die aantrekkingskrag van materialisme hier op aarde byna soos ‘n pendeltuig wat probeer om die aarde se swaartekrag te probeer breek.
Hier op aarde is die byna onmoontlik om die aantrekkingskrag van die aarde se materialistiese uitkyk op dinge vry te spring. Enigiemand wat sy hart op die regte plek wil sit by God gaan die swaartekrag van hierdie aarde voel wanneer hy vrygewig wil begin word.
Die teks waarby ons vandag gaan stilstaan is: Lukas 12:13-21
“Iemand uit die menigte sê toe vir Jesus: “Meneer, sê vir my broer hy moet die erfenis met my deel.” Maar Hy antwoord hom: “Man, wie het My as regter of deler vir julle aangestel?” Toe sê Hy vir hulle: “Pas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid, want ’n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie.” Toe vertel Hy hulle ’n gelykenis: “’n Ryk man se grond het goed gedra. Hy het toe by homself gedink: wat moet ek doen? Ek het nie plek waar ek my oes kan opgaar nie. Toe besluit hy: dit sal ek doen: Ek sal my skure afbreek en groter bou. Daarin sal ek al my graan en my ander goed opgaar. Dan sal ek vir myself sê: ‘Mens, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare. Hou op met werk: eet, drink en leef lekker.’ Maar God het vir hom gesê: ‘Jou dwaas. Vannag nog sal jou lewe van jou opgeëis word, en wie kry dan alles wat jy bymekaargemaak het?’ So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is by God nie.”
So paar opmerkings rondom die swaartekrag van gierigheid in ons lewe:
1. Gierigheid veroorsaak konflik in verhoudings.
Die oomblik wat daar geld betrokke is by ons verhoudings is die oomblik wat daar ruimte vir konflik is. Daarom dat die Bybel dan sê in Rom. 13:8 “Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê…” AFR53
Die verhaal begin met die woorde: “Iemand uit die menigte sê toe vir Jesus: “Meneer, sê vir my broer hy moet die erfenis met my deel. Maar Hy antwoord hom: “Man, wie het My as regter of deler vir julle aangestel?” Luk 12:13
Iemand wat kwaad is roep in die skare uit na Jesus toe. Dit kom voor of sy ouers oorlede is en ‘n erfporsie gelos het en nou is sy ouer broer onwillig om dit te deel.
En nou vra Hy vir Jesus om hierdie familie dispuut of konflik op te los.
Dit was nie ongewoon vir Rabbi’s in daardie tyd om in mense se persoonlike sake betrokke te raak om advies te gee of skeidsregter te speel nie.
Maar Jesus maak dit duidelik dat Hy nie in hierdie familie twis betrokke gaan raak nie.
Maar dit vorm die agtergrond vir die gelykenis wat Jesus dan vertel.
Nie net veroorsaak geld in gesinsverhoudings, familieverhoudings of besigheidsverhoudings konflik nie selfs in ons verhouding met God.
Ek is deeglik bewus daarvan dat so onderwerp by party mense weerstand veroorsaak en ook dinge buite perspektief laat sien.
Maar wat ek sonder twyfel wel vir jou kan sê is dat vrygewigheid ons vrymaak om weg te kom van die swaartekrag van hierdie lewe se materialisme af.
Gierigheid gaan verseker ons ook terughou in ons verhouding met God want soos ek verlede week ook gesê het is ons harte in plekke waar ons skatte is.
2. Gierigheid het baie vorme
Luk. 12:15 “Toe sê Hy vir hulle: “Pas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid, want ’n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie.” AFR53
Wanneer mens oor so iets praat dan raak ons meestal op ons gemak want ons dink, sjoe Hy praat darem met die ouens wat baie geld het. Hulle wat rol in die geld, hulle is die gierige ouens wat net meer en meer wil hê.
Materialisties? Ek? Natuurlik nie. Maar dit is nogal baie soos arrogansie.
Dit is feitlik onmoontlik om dit in die spieël raak te sien maar vir ander is dit meer sigbaar.
Maar Jesus sê dit nie verniet so nie: “Pas op en wees op julle hoede.”
Ek het bietjie gaan kyk na verskillende vorme van gierigheid, dalk tref dit glad nie ‘n snaar in jou nie, dalk moet jy bietjie daaroor gaan dink.
- Vrees gierigheid
Dit is wanneer ek huiwer om te gee omdat ek bekommerd is dat ek nie in my behoeftes sal kan voorsien nie. Ek moet kos op die tafel sit, ek moet my huis en kar betaal, ek moet skoolfonds betaal. Ek kan nie bekostig om te gee nie. Ek kan nie bekostig om my tiende vir God te gee nie. My reaksie is gewoonlik dat ek al in my lewe ontdek het dat ek nie kan bekostig om nie my tiende te gee nie. Die Here sê dit duidelik in Sy woord dat 10% van my inkomste aan Hom behoort. Daarom kan ek nie bekostig om nie God se seën op my finansies te hê nie. Dit is eenvoudig ‘n stap van gehoorsaam en vertroue op Hom dat Hy sal voorsien in die 90% wat ek nodig het, al dink ek dit is te min.
- Begeerte gierigheid
Navorsing is gedoen 30 jaar terug – basiese behoeftes waarsonder ons nie kan leef nie.
Hulle het op 6 goed afgekom. 20 jaar later is daar 36 basiese behoeftes. Wat het gebeur? Begeertes het behoeftes geword. Ons onderskei dikwels nie tussen die twee nie.
Almal het ‘n nuwe iPhone 6, ek meen, jy sal nie oorleef as jy hom nie het nie.
Almal het ‘n tablet, as ek nie een het nie kan ek nie e-boeke koop nie, ek kan nie studeer nie, dan sal almal dink ek is outyds. My image is belangrik, dit kan tog nie gebeur nie.
- Familie gierigheid
Het jy al daardie Michelin bande advertensie gesien. Die agtergrond stem sê, “We sell expensive tires, but they’re high quality so you should buy them.”
Dan wys hulle ‘n ma wat op ‘n gevaarlike pad in ‘n storm inry met twee klein kindertjies vas aan die slaap op die agtersitplek.
Dan sê die agtergrond stem weer, “Don’t you want the best tires on your car at a time like this?” So elke ma en pa wat hierdie advertensie sien dink, ek het gedink om goedkoper bande op my kar te sit maar my vrou en kinders se lewens is op die spel. Ek moet die beste bande wat ek kan bekostig opsit.
Iewers het ons familie ‘n god in ons lewens gemaak. As jy ‘n waterdigte argument vir enigiets wil maak vandag, sê dat jy dit vir jou familie doen.
Dan word daar nie eers verder geredeneer of gestry nie.
Ons aanvaar dat enige uitgawe geregverdig is as dit die familie bevoordeel.
‘n Groter kar, ‘n privaat skool, ‘n 3 meter TV vir die TV kamer, ‘n duur vakansie.
Moet my nie misverstaan nie, ek sê nie enige van hierdie dinge is outomaties sleg nie.
Ek het al baie geld op sulke luukshede gespandeer.
Maar wat ek sê is dat hulle ook nie outomaties goed is net omdat dit vir die kinders is nie.
Daar moet ‘n limiet weer op sulke dinge anders sal jy feitlik enigiets kan regverdig wat jy koop.
- Aftrede gierigheid
Miskien is die rede hoekom jy nie meer vrygewig kan raak nie omdat jy soveel as moontlik wil spaar vir jou oudag. Spaar vir jou aftrede is wys, maar nie sonder limiete nie.
Jy kan so angstig raak om te dink dat jy nie genoeg gaan hê nie dat jy so suinig word dat jy vergeet wie die bron is van alles wat jy het nou en ook eendag in jou lewe.
Daar is nog baie ander ook. Goeie lewe gierigheid, impulsiewe gierigheid ens.
3. Gierigheid gee ‘n valse sin van veiligheid (sekuriteit)
“Dan sal ek vir myself sê: ‘Mens, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare. Hou op met werk: eet, drink en leef lekker.’ Maar God het vir hom gesê: ‘Jou dwaas. Vannag nog sal jou lewe van jou opgeëis word, en wie kry dan alles wat jy bymekaargemaak het?’ So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is by God nie.” Luk. 12:19-21
Dit kom voor of hierdie ou ‘n hardwerkende eerlike besigheidsman is. As ons so ou geken het, het ons hom waarskynlik bewonder.
Hoekom noem Jesus hom dan ‘n dwaas? 1. Hy het nie erken wie die bron van sy rykdom is nie. Gaan kyk bietjie hoe baie keer kom die woord EK in hierdie gelykenis voor.
God was nie deel van hierdie boer se sukses nie.
Hy het vergeet dat God die een is wat die son laat skyn, wat die water voorsien, wat peste weghou, wat die gewasse laat groei.
Hoe baie of min jy ook het, as dit jou veilig laat voel dan is dit valse sekuriteit. Want mot en roes en wêreldmarkte kan dit vernietig en dan is al jou beleggings op vir verkeerde plek.
4. Gierigheid maak ons arm by God
Wanneer daardie aantrekkingskrag van materialisme sterk op ons is dan maak dit ons arm by God. Ons besittings en geld wat ons in God se koninkryk belê maak ons ryk by God. Jesus is baie duidelik hieroor.
Hoekom is dit dat ons allerhande ander dinge vir God wil gee en dat ons geld en besittings dikwels van die laaste dinge is wat ons bereid is om aan Hom oor te gee?
Jesus gee ons ‘n duidelike keuse in hierdie vers Luk. 12:21
“So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is by God nie.”
Dit kan so maklik met ons gebeur. Meer klere, meer naweke weg, beter van alles.
OF ons kan ryk word by God. Jesus impliseer dat dit moeilik is om albei te doen.
Hoekom? Want ons hart gaan ons skatte volg? Waar jy groot beleggings maak, sal wees waar jou hart is.
“In ancient days when the king of Siam had an enemy he wanted to torment and destroy, he would send that enemy a unique gift, a white elephant, a live, albino elephant. These animals were considered sacred in the culture of that day. So the recipient of that elephant had no choice but to intentionally care for the gift. This elephant would take an inordinate amount of the enemy’s time, resources, energy, emotions, and finances. Over time the enemy would destroy himself because of the extremely burdensome process of caring for the gift. Our spiritual enemy uses the same strategy on us. He’d love to distract and stop us. He’d love to keep us from engaging in God-honoring pursuits. And so he leads us to spend our money on things that take a lot of time, a lot of energy, away from these God-honoring pursuits.” Gordon MacDonald.
Dit is net so, as jy ‘n belegging maak, dan neem daardie belegging jou aandag energie en fokus ook op. Of dit sport is wat jy ernstig opneem, of dit ‘n vakansiehuis of plaas is wat jy koop. Daardie belegging net ons aandag en tyd in beslag.
Die effek is dikwels (nie altyd nie) dat ons nie tyd het vir God, sy kerk en sy koninkryk nie.
Dan maak daardie belegging ons eintlik armer by God. Want ons hart is by die belegging en nie by Hom nie.
Deur die krag en wysheid wat God jou gee, word ‘n wyse belegger of gewer.
Word ryk op die plek waar dit werklik saak maak. By God.
As jy die res van Lukas 12 lees dan sien jy hoe Jesus verder gaan en vertel hoe ons nie besorg moet wees oor die sorge van hierdie lewe nie. Lees gerus die hele Lukas 12.
As Hy dan vir die hele skepping sorg, hoekom sal Hy dan nie vir my en jou sorg nie.