Gebed 2014 – Gebed wat lewens verander

Hier is die video wat na verwys word tydens die boodskap:

[su_youtube url=”http://youtu.be/KbDuoT4-HWc”]

Gebed 2014 – Wat is die posisie van jou hande?

As God Nie Sin Maak Nie

 

 

Dit lyk of daar deesdae nogal baie slegte dinge in die wêreld gebeur.  In April hierdie jaar het ‘n Islamietiese Militante groep Boko Haram in die Noord Ooste van Nigerië 270 meisies ontvoer.  T.s.v. groot dekking in die wêreld media is hulle nog nie gevind nie.  Die voortslepende oorlog in Sirië en Irak lyk of dit nog jare sal duur.  Hierdie week weer is 32 dood in bomontploffings waarvan 10 kinders was.  Op die tuisfront duur die ekonomiese en politiese onstabiliteit voort.

So is daar ook ‘n pakkie slegte nuus wat by ons eie deur soms afgelewer word.  Meeste van die tyd heeltemal onverwags.  Een van die eerste reaksies wat meeste mense het is die vraag:  Hoekom?

 

Hoekom gebeur slegte dinge in die wêreld?  Hoekom gebeur slegte dinge met my? Ons vra nie net hoekom gebeur slegte dinge met ons nie, en hoekom gryp Hy nie in en doen iets daaraan nie?

Wanneer selfs geestelike reuse soos Billy Graham worstel met die vraag hoekom is dit seker nie iets wat net in een preek opgelos kan word nie.  Baie keer kan die vraag nooit nie ten volle beantwoord nie.  Maar dit beteken nie dat ons nie moet probeer om beter te verstaan nie.

God het ‘n groot risiko geneem toe Hy mense die reg gegee het van vrye wil.  Hy het geweet dat die kans eintlik teen hulle sal wees.  Dat hulle waarskynlik in meeste gevalle nie goeie en wyse besluite gaan maak wat tot die voordeel van almal sal wees nie.

Maar die alternatief was seker erger.  Om van hulle robotte of marionette te maak wat net dans en maak soos wat hulle Skepper hulle gemaak het.  Ons is te wonderlik en fantasties gemaak dat ons so lot te moet hê.  As ons net dans na Sy pype dan is dit met geen emosie nie, geen passie nie, geen verantwoordelikheid nie.

So God het die moeilike keuse gemaak.  Die res is geskiedenis.

Dit kan seker verduidelik hoekom dinge sleg begin het in die wêreld.  Maar die opvolg vraag is – hoekom stop God dit dan nie?  Ons weet Hy kan.

Hoekom as daardie pakkie met slegte nuus by jou deur opdaag doen God dan nie iets daaraan as jy Sy kind is nie.  Hy is tog lief vir jou en wil die beste vir jou hê?

Oor die jare wanneer ‘n pakkie slegte nuus by my deur opdaag of by iemand vir wie ek lief is en ek so lus is om na die hemel toe te kyk en net te vra hoekom Here?

Ek wil vandag net riglyne gee en ek dink glad nie dat ons so komplekse vraag sal kan beantwoord in so kort rukkie.  Maar hierdie riglyne het my al baie kere gehelp as die slegte nuus by my opdaag.

  1. Het ek dit veroorsaak?

So paar jaar gelede het ek baie spanning in my lewe gehad en het ek feitlik elke dag ‘n kopseer gehad.  En natuurlik wat doen jy wanneer jy ‘n kopseer het?  Jy drink pyn medikasie.  More het en weer so kopseer en die dag daarna en die dag daarna.

Na so 2 maande het ek besef dat ek nie meer ‘n dag kan deurgaan sonder op ‘n pynpil te drink nie.  Elke dag het ek net weer ‘n kopseer gehad en dit het net erger geraak.

Op die ou einde het ek by ‘n neuroloog beland en het hy vermoed wat later bevestig is dat ek rebound kopsere kry.  My liggaam het begin afhanklik raak aan die parasetamol en Ibuprofen elke dag.

Nou, kan ek my vuiste na die Here toe gooi en Hom vra nou hoekom moet ek hierdie ongelooflike pyn verduur nie, kan ek?  Dit was my eie toedoen.

Dit was my eie besluitneming en ek kan dit nie aan God se deur hang nie.

Iemand wat 3 pakke sigarette ‘n dag vir 40 jaar lank rook en longkanker kry – kan onmoontlik nie vir God vra, Hoekom het U dit aan my gedoen nie?

So wanneer ek my pakkie pyn kry, doen ek ‘n kort inventaris en ek bepaal – Het ek enige aandeel hieraan?  As ek het moet ek bely, vra vir vergifnis en my verantwoordelikheid neem om te deel met die konsekwensies van my besluite.

En God wil my help selfs as ek iets oor myself gebring het.

  1. Is dit dalk a.g.v. iemand anders se gebrokenheid?

Dalk was dit nie jou toedoen nie maar het iemand anders het uit vrye wil opgetree en dit het ‘n slegte effek op jou lewe gehad. Jy het dit nie verdien nie, en jy kon niks daaraan doen nie.

So rukkie gelede het ‘n goeie vriend van my selfmoord gepleeg.  En die pyn wat dit in sy gesin ingebring het is onmeetbaar.  Die hartseer is verby woorde.

Daar is ook baie slegte mense in hierdie wêreld wat ander se lewens verwoes deur die swak keuses wat hulle maak.

Iewers in jou lewe begin jy besef dat ander mense slegte besluite kan maak sonder jou medewete of toestemming en dit bring geweldige pyn in jou lewe in.

Jou ouers kan skei – en dit bring baie hartseer en pyn in jou lewe in.

Jou ma kan te veel drink.  Jou broer kan jou molesteer.

‘n Dronk bestuurder kan in iemand vasry.

Van tyd tot tyd gaan die terugkeer adres agterop die pakkie pyn wat jy ontvang nie God se naam op hê nie maar iemand wat jy dalk voor lief is of wat jy dalk glad nie ken nie.

En ja God kon ingegryp het en dit sou dit gekeer het maar dit sou OOK die einde van die mens se vrye wil beteken het en van ons almal robotte gemaak het.

  1. Is dit a.g.v. die gebrokenheid van hierdie wêreld.  

Versekerings maatskappye noem dit “acts of God”.

Sedert Genesis en Adam en Eva se ongehoorsaamheid is die hele kosmos geaffekteer.

Dit is asof die konsekwensies van sonde die hele aarde getref het.  Dit wat op die aarde is en in die aarde is.  Meeste teoloë sal saamstem dat God se wêreld opgestel het dat dit op fisies wette funksioneer.  Seisoene, hoog gety, laag gety, weer toestande?

God raak nie in detail betrokke in al die fisiese toestande op aarde nie.

Hy kan en Hy doen van tyd tot tyd soos ons dit in die Bybel sien.  Maar dit is geweldig skaars en die absolute uitsondering.  Daar is fisiese en natuurwette in werking.

‘n Bruid wat wil op die strand wil trou en my vra:  Hoekom het die Here wind en reën gestuur op die grootste dag van my lewe?

Dan herinner ek die bruid dat ons in PE bly, langs die see waar die wind meeste van die tyd waai en die weer in ‘n paar minute drasties kan verander.

As jy ‘n windlose en warm troue wou hê, vat jou hele resepsie na ‘n plek soos Pofadder toe waar die wind amper nooit waai nie en die winter temperatuur 25 ºC is.

Elke keer wanneer mense wat 10 meter van ‘n rivier af bly wat elke 4 jaar vloed bly sê, nou hoekom het God dit weer toegelaat dat ons huis oorstroom dan wil ek voorstel gaan bou vir jou ‘n huis in die woestyn waar daar in 1000 jaar nog nie ‘n vloed was nie dan sal God dalk keer dat die vloed nie in jou huis kom nie.

Die punt is:  Wees versigtig dat jy iets aan God toeskryf wat die verloop van gewone natuurwette is.  God meng nie sommer in met die natuurwette nie.

  1. Is hierdie slegte nuus ‘n aflewering van die bose self?

Nou, daar is mense wat die bestaan van die bose of ‘n persoonlikheid van bose in die wêreld ontken en sê dit bestaan nie.  Dan is daar mense wat absoluut alles of meeste dinge wat verkeerd is in die lewe toeskryf aan die duiwel.

Jesus het self die bestaan van ‘n bose en die satan erken en gesê dat ons moet uitkyk vir sy werk in die wêreld.

In Johannes gee Jesus die strategiese plan van die duiwel uit.

Joh. 10:10          “Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes.”  AFR53

1 Pet. 5:8  “Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu en soek wie hy kan verslind.”  AFR53

Ek glo in die teenwoordigheid van ‘n boosheid.  Ek glo ook dat ‘n mens nie alle dinge wat skeefloop aan hom toeskryf nie.  Die eie-ek en die gebrokenheid van ander mense speel ‘n baie groot rol in slegte dinge wat met ons gebeur.

Maar daar is dinge in hierdie lewe wat ek nie anders kan verstaan nie.  Kan iemand asb. vir my verduidelik hoekom enige gesonde volwassene, ‘n kind of ‘n dier seer of dood maak?

Wat sal ‘n rasionele mens laat optree dat hulle iemand se keel af sny of hulle seksueel molesteer?

Kan iemand dalk kinder pornografie vir my verduidelik?  Kan iemand sex traffic vir my verduidelik om ‘n klomp tiener seuns en meisies om ‘n krat te sit en hulle oorsee te stuur met ‘n skip en hulle dan daar te verkoop?

Wie het die idee in Hitler se kop gesit op 6 miljoen Jode te vergas?

Kom ons kom so bietjie nader aan die huis.  Wie sit ‘n gedagte in ons koppe dat ons ‘n leuen moet vertel wat ander mense se lewens raak en beïnvloed?  Dat ons iets oneerlik of skelm moet doen?

Wie fluister in ons ore, haat mense?  Die pigmentasie in hulle vel is so bietjie anders as joune en hulle het net nie dieselfde opvoeding as jy gehad nie, so haat hulle almal.

Nie die skelms wat by jou ingebreek het of jou gekaap het nie, almal van hulle.

Verstaan hoe irrasioneel dit is?  Wie sê, vergeet van die armes, hulle sal altyd met ons wees, laat hulle maar vir hulself sorg?

So, ek glo, in die bestaan van ‘n boosheid of ‘n engel met die naam Lucifer of ons noem hom die duiwel wat mense se gedagtes verduister en vestings in hulle verstand oprig dat hulle sulke dinge dink en doen.

En ek is ook skaam om te erken oor hoe dikwels ek al toegegee het vir sy skemas wat dikwels net oor die ou mens gaan, wat geweldig selfsugtig is.

So wanneer ‘n pakkie pyn by my deur opdaag en ek verbind al die dots, dan kom ek by een plek uit en dit is dat ‘n bose mag aan die werk was om te vernietig.

En dit maak my siek want hy word die vader van alle leuens genoem.

Hy word die beste erken deur iets wat werklik sleg is, baie baie goed te laat lyk.

So, jy byt daarin net om later die slegste voedselvergiftiging te kry wat jy nog ooit gehad het.  Dit is hoekom Petrus sê, wees waaksaam en bid dat julle nie in die versoeking val nie.

So wanneer die pakkie pyn by my opdaag dan vra ek myself.  Het ek dit veroorsaak?  Het ‘n ander gevalle mens dit veroorsaak?  Het die natuurwette dit veroorsaak?  Of was dit ‘n leuen of misleiding wat ‘n direkte plan van die bose was?

Dit help my nogal.  Dit is nie alles ‘n misterie nie.  Soms kom ek selfs op ‘n plek wat ek regtig nie weet nie en dit word ‘n misterie vir my wat ek dalk nooit sal verstaan nie en dit moet ek dan ook aan die Here oorgee en aanvaar dat ek nie nou dit sal weet nie.

 

Waarhede waaraan ek vashou wanneer ek pyn en donker tye beleef:

  1. God is nooit die outeur van slegte dinge nie.  Nou dit is waar dat Hy dit soms toelaat, vir redes wat ek nie soms verstaan nie.  Maar Hy is nooit die een wat hierdie planne uitdink en uitvoer nie.

1 Joh. 1:5“God is lig, en geen duisternis is in Hom nie.”

 

  1. God sal die hoeveelheid boosheid in jou lewe beperk.

Sodat dit binne jou vermoë bly om dit te verduur, MET SY HELP.

Kyk, dit gebeur heel dikwels dat ek voel, as hierdie ding nog moet gebeur, dan sal dit vir my te veel wees.  Dit sal my vernietig.  Wees versigtig.

Jes. 43:2-3         “As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie, want Ek is die Here jou God, die Heilige van Israel, jou Redder.”  AFR83

As jy deur die vuur gaan sê God, jy sal nie skroei of brand nie.

Ek het hieraan al vasgehou tot dit lyk of my vingers bloei want sommige storms lyk of hulle eenvoudig oor my gaan stroom.

God se belofte is dat jy met SY KRAG enige storm, enige versoeking en tragedie SAL KAN VERDUUR.

Toe Paulus op die plek kom wat Hy voel nou is dit genoeg, nou kan ek nie meer nie.

Hoekom laat God hierdie pyn in my lewe toe?

2 Kor. 12:9         “My goedheid (genade) is vir jou genoeg. Dit is al wat jy nodig het. My groot krag word sigbaar in jou lewe wanneer jy swak en hulpeloos is.”  DBKP

Soms voel dit vir my of ek hieraan vashou soos ‘n alkoholis dit doen.

As jy ‘n gerehabiliteerde alkoholis vra of hulle van plan is om nugter te bly die res van hulle lewe dan sal hulle jou vinnig antwoord.  Ek is nie bekommer oor die res van my lewe nie, ek is net besorg oor vandag.

As my pakkie pyn te veel raak dan bid ek net dat God my moet help tot 12uur en dan kom 12 uur dan bid ek dat Hy my sal dra tot vanaand.  En vanaand vra ek dat Hy my sal dra tot more.  Maar God se genade is genoeg vir vandag.

 

  1. God gebruik selfs slegte dinge om op die ou einde goeie mee te werk.

Selfs dit wat kom a.g.v. gebrokenheid, dit wat kom a.g.v. bose invloed.  Dit vang God nie onkant nie.  Dit laat Hom nie dink, oeps… Ek het nie nie gedink dit kan gebeur nie.

Nee, alhoewel Hy dit nie uitdink of uitvoer nie gebruik Hy absoluut alles om die goeie mee te werk.  Al weet ek nie nou wat dit is nie.  God weef alles in ‘n mat van seëninge en blessings.

Rom. 8:28“Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.”  AFR83

Ok, haal ‘n oomblik diep asem.  God is SOOO GROOT, dat Hy die pyn wat ons op onsself bring, die pyn wat ander in ons veroorsaak, die pyn wat deur die natuur kom, die pyn wat a.g.v. die bose kom en oor tyd orkestreer dat dit tot ons beste uitwerk.

Sodat ons later oor tyd kan sê, God het selfs DIT gebruik in my lewe.  Dit is dan wat ek op my knieë wil val en sê, daar is niemand op die aarde of in die hemel is soos ons God nie.  Niemand.

HOOP – Waar vind jy HOOP? Week 0

[su_audio url=”http://impetus.co.za/wp-content/uploads/2014/10/Hoop-is-oppad_10-Aug-2014-WEB.mp3″]

 

 

‘n Mens hoef seker nie te veel te sê of te ver te gaan om te sien hoe min hoop mense deesdae het nie.  Daar is soveel negatiwiteit om ons vandag. Die ekonomie druk, wat verhoudings onder druk plaas.  So kan ek aangaan en aangaan.

So, as jy nie vandag met ware hoop lewe nie, sal jy baie gou negatief, moedeloos en hopeloos raak. Maar waar vind jy hoop?  As iets met jou gebeur vandag wat jou plat slaan en onkant vang, wat doen jy om more weer op te staan met nuwe hoop dat dinge gaan uitwerk?  Kom ons wees eerlik, ons almal kry dae, partykeer weke wat ons depressief raak en dinge nie vir jou uitwerk nie.  Wat maak jy dan?

Ps. 42:6     “Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so?”  Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom ’n loflied sing.  Hy is my helper en my God!”  AFR83

Mens kom partykeer op hierdie plek en dan moet jy vir jouself preek en jouself regruk anders gaan jy afsak in ‘n donker diep gaan waar jy baie moeilik gaan uitklim.  Maar hier is die dilemma:  Om op God te hoop kom nie natuurlik vir ons nie.

Hoop is nie ons default of verstek opsie nie.  Negatief, krities en moedeloos is die gevalle natuur wat ons het se defaultopsie.  Dit is ‘n stryd, dit is ‘n geveg.  En party dae wen jy die geveg en ander dae verloor jy die geveg.  John Piper praat van:

Hoop is ‘n reservoir vir emosionele sterkte

– Wanneer iets sleg of onaangenaam gebeur kyk ek in my emosionele reservoir vir hoop en krag om die slegte ervaring te absorbeer met goeie gedagtes.

As ek dit nie doen nie dan verval ek in selfbejammering of selfregverdiging.

– Wanneer my beplanning nie uitwerk nie – Ek raak siek, dinge gaan nie soos ek dit beplan het nie dan kyk ek in my emosionele tenk vir hoop of krag om aan te gaan en nie op te gee nie.

Nou, die groot vraag:  Wat is die bron van jou HOOP?

M.a.w. wat gebruik jy om daardie emosionele tenk van jou vol te maak met HOOP?

Vir meeste mense is dit tydelike goed.  My gemak, iets wat ek koop en my lekker laat voel, iets wat ek doen en my genot gee, iemand wat ek mee praat en my weer positief maak.

Hier is die dilemma daarvan:  As dit iets tydelik is dan gaan dit nie hou nie of dit sal later nie meer genoeg wees om jou tenk vol te maak nie.

HOOP lek uit jou emosionele tenk uit.  Dit is amper soos Simson se hare wat gesny word en hy sy krag verloor en dit vat lank voor dit weer terug groei en weer vol is.

“Ons besit nooit hoop nie. Dis iets wat ons elke dag nuut en vars moet leer. Ons bly beginners vir wie God elke oggend uit genade ons ʼn nuwe kwota hoop moet gee”

Wat is Bybelse HOOP dan?

‘n Vaste verwagting en begeerte vir iets goeds in die toekoms.

Hoop is nie wiskundig of logies verstaanbaar nie.

As jy twee appels het en nog twee bysit dan sal jy sekerheid hê dat daar logies vier appels sal wees.

Maar wanneer dit kom by HOOP dan werk dit nie op logika nie.

Hoop werk op ‘n morele sekerheid nie ‘n logiese sekerheid nie.

HOOP is gebaseer op aksies van jou wil.

Morele sekerheid is gebaseer op die commitment van mense se wil.

Wat ook al te doen het met ons wil, raak is saak van morele sekerheid en dit skep hoop in ons lewe.

Illustrasie:  Ek en my vrou Vanessa het feitlik 15 jaar van bewyse van die commitments van ons wil en God se genadige wil dat ons getroud is.

Wanneer ons praat van ons toekoms, dan praat ons nie van gewone hoop as ons sê ons hoop dat ons getroud sal bly nie.  Ons praat van ‘n vertroue en sekerheid.

En hierdie sekerheid is nie gebaseer op iets tydelik nie maar op God se karakter en ons eie karakters.  Maar iets kan fout gaan, is dit nie so nie?

Daarteenoor kan ek sê dat ek HOOP dat elke oorlog wat nou op aarde aan die gang is môre sal stop en mense in vrede sal saamleef.

Is dit moontlik?  Ja, dit is wiskundig moontlik maar onwaarskynlik.  Hoekom?

Want ons weet iets van die mens se karakter af en van die menslike wil.

Daar is ‘n sekerheid wat kom wanneer ek die karakter van iemand ken of van ‘n groep mense ken.  Dit is nie onfeilbaar nie, maar daar is sekerheid en vertroue.

Dit dra jou deur die rowwe tye in die lewe.

Bybelse HOOP is nie net ‘n begeerte vir iets goeds om te gebeur nie.

Dit is ‘n versekerde verwagting en begeerte vir iets goed in die toekoms.

Ps. 39:8     “En nou, wat verwag ek, o Here? My hoop is op U.”  AFR53

Wanneer ons sê, “My hoop is op God.” Beteken dit nie my vingers is gekruis en ek hoop vir die beste nie.  Nee, my hoop is gebaseer op God se karakter deur die eeue dat Hy sy kinders dra deur enige storm in die lewe.

Dit beteken in die woorde van William Carey: “Verwag groot dinge van die Here.”

“Moenie aan jou hoop vashou nie. Hou aan Christus vas, die Bron van Hoop.” C. Spurgeon.

So die vraag dan aan my en jou is:  Hoe hou jy aan Christus vas?

As iemand jou sou vra?  Wat doen jy om aan Christus die bron van jou HOOP vas te hou, wat sal jy antwoord?

En dit is waar ek jou vandag wil uitdaag.

Dit is een ding om te sê Christus is die belangrikste persoon in my lewe maar hoeveel tyd spandeer ek met die belangrikste persoon in my lewe?

Dit is een ding om te sê ek glo in ‘n geestelike familie maar maak ek enige moeite om saam met my geestelike familie te wees op ‘n Sondag?  Glo ek God werk op ‘n manier deur Sy liggaam wat ek nie op my eie kan beleef nie?

Jy sien, dit help eenvoudig nie jy weet iets sal jou help en iets is vir jou belangrik maar jy maak nie keuses en besluite om daardie dinge konstant in jou lewe te bou nie.

Ons het vroeër gesê, Hoop lek uit.  Daarom moet jy daagliks by die bron van hoop uitkom.  Ons het ook gesê dat Hoop ‘n aksie van jou wil en karakter is.  Daarom is ‘n intensie om HOOP in jou lewe te bou nie genoeg nie.  Jy moet besluit om dinge te doen sodat jy hoop in jou lewe kan inbou.

Jak. 2:17            “So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.”  AFR53

Iets wat vir jou belangrik is gebeur nie vanself nie, dit kos ‘n besluit om tyd daarvoor te maak sodat die effek daarvan oor die langtermyn op jou lewe kan wees.  Dit geld vir verhoudings, vir jou gesondheid, vir jou finansies, vir alles wat die moeite werd is in die lewe.

En as dit nie vanself gebeur nie, hier is wat ek geleer het:  Dit gaan nie vanself gebeur nie.

Jy gaan dit moet hanteer soos ‘n afspraak elke dag.  Elke week.

As jy ‘n houding het van, ek sal kyk of ek vandag tyd kry om daarby uit te kom.  Raai wat?

As jy ‘n houding het van, dit is vir my belangrik maar ek daar is dinge wat meer dringend is op hierdie stadium in my lewe.  Raai wat?

As iets vir jou belangrik is, moet jy ‘n afspraak maak om elke dag / week daarby uit te kom.

Anders gaan jy eenvoudig nie daarby uitkom nie.

Rom. 15:13        “Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!”

“Daar is geen hopelose situasie nie, net mense wat hoop verloor het met die situasie.” W Barckley

God is jou bron van HOOP.  Wil jy nie by Hom uitkom in hierdie 50 Dae nie?

Wil jy nie jou tyd saam met Hom oor hierdie reeks, soos ‘n afspraak hanteer nie?

Kyk, as ek ‘n afspraak met jou gemaak het, dan bedoel ek nie, ek sal kyk hoe dit gaan en dan kom ek by jou uit nie.  As ons ‘n dag en tyd vasgemaak het, is dit ‘n afspraak.

Hanteer jou stiltetyd elke dag soos ‘n afspraak.  Sit ‘n tyd daarin, dalk in jou dagboek.

Hanteer jou kerkbywoning soos ‘n afspraak.  Want weet jy wat, God het ‘n afspraak met jou elke Sondag.  En as jy maar net voel, aaagg, ek sal maar sien hoe dinge gaan en of ek lus is volgende Sondag.  Raai wat?

Laastens, daar waar commitments gemaak word kan daar HOOP wees.  Anders bly dit ook net goeie intensies.  Jy weet 90% van die tyd hoe jou week min of meer gaan verloop.

Wil jy nie ook ‘n commitment maak om jou tyd saam met ander gelowiges te sien as ‘n afspraak nie?  Anders, raai wat?  Maak ‘n afspraak om by ‘n selgroep uit te kom elke week.

So, ek wil jou vandag uitdaag om ‘n besluit te neem:

1. Vir 7 weke van volgende week af gaan ek by die Bron van HOOP uitkom elke dag.

2. Ek gaan Sondag sien as ‘n afspraak wat God met my het.  Daarna kan ek dinge doen waarvoor ek lus is maar eers gaan ek my afspraak nakom.

3. En ek gaan ook by ‘n groep gelowiges uitkom.  Ek is deel van ‘n liggaam, ander mense het my nodig, ek het ander mense nodig.  Ek wil ‘n commitment maak in my week by ‘n selgroep uit te kom en my werk en aktiwiteite so in te rig dat ek dit kan doen.

Jeremia 18:1-6

Die woord van die Here het tot Jeremia gekom: Gaan af na die pottebakker se huis toe, Ek sal daar met jou praat. Ek is toe af na die pottebakker se huis toe, en hy was juis besig om iets op die skyf te maak. Maar die ding wat hy aan die maak was uit die klei, het misluk, en hy het toe iets anders gemaak soos hy dit wou hê. Toe kom die woord van die Here tot my: Kan Ek nie met jou doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie, (jou naam) [Israel]? vra die Here. Soos klei in die pottebakker se hand, so is jy in my hand, (jou naam) [Israel].

 

[su_youtube url=”http://www.youtube.com/watch?v=dDreqXD4MoI”]

50 Dae van HOOP – Week 1: Jy kan nie sonder hoop lewe nie

 

 

In ‘n artikel wat ek hierdie week gelees het getiteld: “What All This Bad News Is Doing to Us” skryf die outeur die volgende:  http://nymag.com/scienceofus/2014/08/what-all-this-bad-news-is-doing-to-us.html?mid=twitter_nymag

“A terrifying jihadist group is conquering and butchering its way across big swaths of Iraq and Syria. Planes are falling out of the sky on what seems like a weekly basis. Civilians are being killed in massive numbers in the Israel-Gaza conflict. Others are falling prey to Ebola in West Africa. The world, in short, is falling apart.  That’s how it feels, at least, to those of us who sit at a blessed remove from the death and destruction…”

“It can be hard, sometimes, not to see media coverage as an “unrelenting flow” of negativity, especially when it’s so loudly amplified by social media.”

Die slim mense wat navorsing oor die effek van media op ons doen sê dan die gevolg is:

“…sense of helplessness, she said, cognitive shortcuts triggered by the news can also lead us to gradually see the world as a darker and darker place, chipping away at certain optimistic tendencies.”

Wat dan ook ‘n groot rol speel sê hulle is jou huidige omstandighede en wat jy in jou onmiddellike omgewing beleef.

Hulle sê dat die beskikbaarheid van media die oorsaak het dat ons in bubbles leef en net die ekstreme dinge raaksien en glo dit is hoe dit is oral in die wêreld.

As mense glo dinge is besig om uitmekaar te val het dit ‘n effek op hulle besluitneming en hulle toekomsverwagting.

“So when people overestimate the world’s awfulness, there do appear to be real consequences. And while, as has eternally been the case, there are certainly pockets of the planet that really are getting worse on a daily basis (Syria), on a broader level there’s solid evidence — perhaps gathered most comprehensively by Steven Pinker — that the world is in the midst of a decades-long trend of actually becoming better: safer and healthier and more humane. We just have the bad stuff shouted into our ears louder than ever before.”

En dan kom die outeur by die oplossing:  “Sit jou gadgets af.  Hy sê dat ons die soms moeilik lyn moet loop tussen ingelig wees en dat hierdie konstante stroom van ekstreme negatiwiteit ons hopeloos laat voel en ons verwagting vir ‘n goeie toekoms wegneem.”

Verseker het die omstandighede waarin ons leef op hierdie stadium ‘n effek dat ons sonder hoop lewe.  Maar ‘n kind van God is nie veronderstel om sonder hoop te lewe nie.

“Niemand kan sonder hoop lewe nie. Om op te hou hoop is om op te hou lewe.”Dostojefski

Kyk net hoe het Paulus wat in baie slegter tye as ons geleef het geskryf hieroor:

2 Kor. 4:7-11

“Ek is soos ’n breekbare kleipot. Die lewe stamp my ook maar goed rond. Tog dra ek ’n baie waardevolle skat hier binne-in my: die krag van die Gees wat elke dag by my is. Ek kry dikwels swaar, maar ek raak nooit mismoedig nie. Ek weet nie elke dag presies wat ek moet doen nie. Tog is ek nooit radeloos nie. Ek word vervolg, maar ek weet God los my nooit alleen nie. Soms word ek onderstebo geloop, maar ek staan elke keer weer op. Ek bly nooit lê nie. Net soos Jesus gely het toe Hy op aarde was, ly ek ook. Die merktekens daarvan is orals aan my lyf te sien. Kyk maar net hoe ek al geslaan en mishandel is. Tog is die groot krag van Jesus ook in my lewe aan die werk.”  DB

2 Kor. 4:16-18

“Ons gee nooit moed op nie, ook nie as ons rondgestamp en mishandel word nie. Nee, dan byt ons eers vas, want God is die hele tyd by ons. Maar weet julle, God is op ’n spesiale manier by ons. Hy maak ons elke dag van binne af nuut. Maar daar is nog ’n rede hoekom swaarkry ons nie onderkry nie: ons weet ons het ’n toekoms! Ons swaarkry is niks in vergelyking met wat alles op ons wag in God se nuwe wêreld nie. Ek het nie genoeg woorde om vir julle te beskryf hoe wonderlik dit sal wees nie. Ons staar ons glad nie blind teen alles wat hier met ons gebeur nie. Nee, ons kyk by al ons probleme en teenslae verby. Ons oog is op God se wêreld ingestel. Dit wat ons vandag sien, is in elk geval môre nie meer daar nie. Hier hou niks vir ewig nie. Al wat altyd sal bestaan, is God se nuwe wêreld. Natuurlik sien ons dit nog nie nou al nie, maar ons weet ons is op pad soontoe.”  DB

1 Kor. 5:1-4; 6-9

Wanneer ons eendag doodgaan, ja, wanneer ons liggaam soos ’n tent opgevou word en in die grond weggebêre word, is dit nie klaar met ons nie. Gelukkig nie. Dan begin die lewe eers! Want dan kry ons ’n splinternuwe hemelse liggaam by God. Terwyl ons nou nog in hierdie ou aardse tent moet aansukkel, kry ons regtig swaar. Ons is moeg van al die gesukkel. Ons sien uit na die dag dat hierdie sterflike liggaam van ons vervang sal

word met ’n nuwe liggaam wat vir altyd sal hou.  Ons raak glad nie moedeloos nie. Al sien ons nog niks van die nuwe wêreld wat op ons wag nie, glo ons dat ons daarheen op pad is. Ons hou moed.”  DB

  1. Wat is HOOP?

Gewoonlik wanneer ons die woord HOOP gebruik dat praat ons van iets wat onseker is.

Bv. “Ek hoop dat dit more sal reën.”  Dit praat van iets wat onseker is.

Maar wanneer die Bybel praat van HOOP wat ons nodig het, bedoel dit nie iets wat onseker is nie.  Dit is ‘n HOOP wat meer seker is as ons aardse bestaan.

Heb. 11:1  “Die geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.”  AFR53

Christelike hoop is nie die hoop vir die beste nie.  Dit is die verwagting dat wat reeds waar is, in besit geneem kan word.” Johan Smit

Hoop beteken nie dat alles goed sal gaan hier op aarde nie.

Inteendeel, almal van ons beleef een of ander tyd pyn, lyding, verdriet en vervolging.

Hoop is nie om te sê alles is goed en reg nie. Dat ons tevrede moet wees met dinge wat verkeerd is nie.

HOOP is om te glo dat God iets beters vir ons het in die toekoms en dat ons deel daarvan moet wees.   Hoop is juis om t.m.v. al die swaarkry te bly hoop.

‘n Poolse dogtertjie wat tydens die Tweede Wêreldoorlog oor die muur van die Joodse ghetto in Warschau ontvlug het en in ‘n grot weggekruip het, maar wat dood is voor die Geallieerdes Warschau kon ontset, het voor haar dood hierdie woorde op die muur van die grot uitgekrap:” Ek glo in die son, al skyn dit nie vandag nie. Ek glo in die liefde, al sien ek dit nie. Ek glo in God, ook noudat ek sy stem nie kan hoor nie.”   Dis om te hoop.

Hoop het iemand gesê is om ʼn riviertjie te sien en weet daar is ʼn oseaan aan die einde.

  1. Besef meeste dinge in hierdie lewe is tydelik.

HOOP kyk nie na dit wat ek vandag sien en beleef nie.  Nee, as ek net kyk na dit wat ek vandag beleef, sal ek nooit HOOP hê nie.  Ek sal eerder wanhoop hê.

Ons is mense wat nie ‘n tydelike hoop het nie maar ‘n ewige hoop. Tydelike dinge gaan verby.  Ewige dinge bestaan vir ewig. Wanneer jy iemand sien kamp in ‘n tent – waaraan dink jy?

Seker eers, dat dit lekker is om weg te kom van die gewone gejaag van dinge af.  Maar dan ook, dat hierdie nie sy permanente tuiste is nie.  Iewers moet daardie persoon ‘n huis hê wat sy eintlike huis is.

Dit is hoe dit met ons is.  Ons is kampers.  Ons is pelgrims.  Ons is op pad iewers heen.  As jy jouself so gaan tuis maak in hierdie wêreld, gaan jy gou hoop en moed verloor.  Want dinge gaan nie altyd uitwerk hier nie.  Dinge gaan onregverdig wees.  Hoop is om te sê, t.s.v. hierdie dinge wat ek sien en beleef is ek opgewonde.

Dit beste lê nog voor.  Daar is dinge in my toekoms wat ek nie eers van kan droom nie.

Paulus sê in hierdie gedeelte wat ons gelees het:  Die perfekte wêreld is nie hier op aarde nie.  Hier gaan ons swaarkry, moeilikheid en onregverdigheid ervaar.   “Life is not fair.”

“Hoop beteken ons sien die wêreld met al sy pyn en onreg nugter raak, maar ons is ook op die uitkyk vir tekens van hoop wat ons orals sien.”

HOOP sê, God het reeds die perfekte wêreld geskep.  Partykeer ervaar ons iets daarvan hier op aarde ander kere nie.

Die waarborg is gegee.  Die Heilige Gees wat in elke wedergebore kind van God leef is die eerste paaiement van hierdie perfekte wêreld wat gaan kom.

Intussen sê Hy daar in vers 10, het God ‘n opdrag vir ons.

2 Kor. 5:10                   “Al wat saakmaak, is dat ons doen wat God van ons vra, of ons nou hier bly, of daar in die hemelse wêreld. Ons almal moet in elk geval eendag voor Christus gaan staan. Dan sal Hy sy uitspraak lewer oor alles wat ons gedoen het. Ons sal dan beloon word volgens dit wat ons gedoen het, goed of sleg.”  DB

Die lewe is ‘n gawe.  Ons kan dit nie sommer weggooi nie.  En hierdie gawe is ‘n geleentheid elke dag om God se goedheid, om Sy koninkryk (nie my eie nie) te bring en te wees in hierdie donker wêreld.

Daar is ‘n roeping op jou lewe.  Jy moet lig wees in ‘n donker plek.  Moenie dat die HOOP van jou lig verflou of uitdoof nie.

Sonder HOOP kan jy nie lewe nie.  Sonder HOOP sal jy soos die res van die wêreld sê:

Vandag kan die laaste dag wees, kom ons geniet dit, kom ons doen wat lekker is vandag.

Kom ons eet en drink en wees vrolik want môre sterf ons.

“Hoop is soos die son. As jy in sy rigting kyk, werp hy die skadu’s van jou probleme agter jou.”

Vandag wil ek jou uitdaag:  HOOP is iets aktief.  Jy moet daaraan werk om positief te wees en te bly.

Wil jy nie saam met ons vir die volgende 50 DAE aktief HOOP in jou lewe inbou nie?

  • God het ‘n afspraak met jou elke Sondag vir die volgende 7 weke.
  • Hy weet wat jy nodig het.  Wees hier sodat Hy hoop en geloof in jou kan laat groei.
  • Ons het ‘n boekie in Afr, Eng en PDF.  Wil jy nie vir die volgende 50 Dae 6 keer ‘n week dit in jou dag so inruim dat jy n afspraak met God het nie?
  • Ons het ook omgeegroepe.  Mense wat elke week bymekaar kom en materiaal deel wat nie andersins beskikbaar is nie en ook om saam met vriende te gesels oor hierdie tema van HOOP en om vir mekaar te bid.  Wil jy nie deel daarvan wees nie?

GEBED

50 Dae van Hoop – Week 2: Wat is ware Bybelse HOOP regtig?

 

 

Wat is ware Bybelse HOOP?  Dalk eers wat dit nie is nie.

Dit is nie ‘n ‘wishy-washy’ miskien en ‘n onsekere optimisme nie.  Die moderne idee van hoop is dat dit iets is wat jy verwag maar met ‘n onseker vervulling.  Bybelse HOOP is ‘n indikasie van sekerheid.

HOOP is… ‘n sterk en vaste verwagting.

Klaagliedere is nie juis ‘n boek wat meeste mense lees nie.  Dit is moeilik om te verstaan.

Die rede daarvoor is dat dit nog in die O.T. afspeel en die skrywer se idee van God nog nie gevorm was soos wat ons God leer ken in die N.T. nie.  In kort, die skrywer van Klaagliedere 3 is op moedverloor se vlakte.  Hy voel dat God hulle in die steek gelaat het.

Die konteks daarvan was dat hulle in ballingskap geleef het.  M.a.w. hulle was deel van die groep Judeërs wat ontvoer was deur die Babiloniërs en wat soos slawe moes werk vir hulle.

Dit wat hulle elke dag beleef het was afgryslik.

Hulle het hulle land verloor, hulle tempel verloor (hulle het gedink God bly daar) en hulle hoofstad (wat hulle identiteit gevorm het) verloor.

Die prentjie van God waarmee hierdie skrywer geleef het was dat alles God se toedoen is.  M.a.w. hy leef met ‘n monoteïstiese God.  Goed en sleg kom van die Here af.  Hy het nog nie die bestaan van die bose en ‘n gevalle wêreld verstaan nie.  Hy dink alles wat sleg is, is God wat hulle straf.

So as jy Klaagliedere 3 begin lees voel jy hierdie ou gaan enige oomblik sy polse sny.

Klaagliedere 3:8-11   “Al roep ek en al smeek ek om hulp, Hy weier om my gebed te verhoor.  Hy het my pad met klip toegebou, vir my geen uitkomplek gelaat nie.  Hy is soos ’n beer wat my inwag, soos ’n leeu wat my voorlê, Hy het my eenkant toe gekeer en verskeur, my vermink laat lê.”  AFR83

Hy is kwaad vir God.  As God dan vir hulle omgee en ‘n God van ontferming is, hoekom lê alles nou in so gemors?  Hoekom lyk dit soos ‘n gebrande veld om hulle?

Klaagliedere 3:18-19“Ek het gedink dit is klaar met my en met my hoop op die Here. Die gedagte aan my ellende en my vreemdelingskap is gal en gif vir my.”  AFR83

Hierdie is iemand wat begin twyfel het.  Nie in God se bestaan nie maar in God se goedheid.  Dalk het jy al ook by hierdie plek in jou lewe uitgekom.

Jy doen alles wat ‘n kind van God moet doen.  En tog gebeur daar goed wat ons laat voel dat God sy rug op ons gedraai het.

Jy bid maar iemand wat siek is word nie gesond nie.  Jou besigheid wat soos al die ander geraak deur die ekonomiese resessie.  Jou kind, jou huwelik, jou kom nie reg nie.  Dit is dan wat mens voel, as Hy dan almagtig is, hoekom gryp Hy nie in nie?  En as Hy nie daarvoor verantwoordelik is nie, waarom laat Hy dit toe?

Maar dan kom daar ‘n wending in sy uitkyk in vers 21.

Klaagliedere 3:21-23  “Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot.”  AFR83

Wat het gebeur?  Is daar iets waarvan ons nie gelees nie?  NEE.  Daar was geen geestelike oorwinning of deurbraak wat plaasgevind het nie.  Dit is ook nie of hy homself “regruk” en weer geloof “inpraat” nie.

“God se ontferming en genade gee vir my hoop – vir myself en die vir die wêreld.” – Billy Graham

  1. HOOP is ‘n bewuswording van ‘n groter realiteit in my.

Hy raak weer bewus van iets wat seker van kinds af aan hom oor en oor vertel is.

God is getrou.  Sy getrouheid en liefde in die verlede bring vir hom weer hoop.

Onthou, niks het verander nie.  Hy ervaar nog steeds lyding en swaarkry.

Hy voel nog steeds dat God hom wil uitwis op die oomblik.

 

Maar daar kom ‘n nuwe bewussyn by hom: daar is geen einde aan sy ontferming nie.

Dit wat ek nou hier beleef is nie al wat daar is nie.  Daar is ‘n groter realiteit aan die werk.

Vir ons wat die N.T. verstaan kan ons sê dat Christus in my, die Een word op wie ek HOOP.

*Christus IN MY is die HOOP wat lewe.  Nie dit wat ek sien en beleef om my elke dag nie.

Die digter van Klaagliedere sê, “ek is nog nie dood nie.”

En terwyl ek nog nie dood is nie is daar HOOP wat hier binne my aan die lewe is.

 

So seker soos die son wat elke dag weer opkom, so seker is dit dat God se liefde en ontferming daar is.

Dan is dit ons teksvers van hierdie week:

Klaagliedere 3:24       “Ek sê vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom.”

Hy sê dat hy alles verloor het.  Sy land, sy tempel, sy koning.

Al erfdeel wat hy oor het, is die Here self.  Al die ander goed wat my so valse hoop gegee het, is weg.  Nou het ek Hom alleen, en daarom kan ek weer HOOP.

Die hoop van die digter bly broos en breekbaar. Hier is geen goedkoop waarborge nie.

Klaagliedere 3:29       “Miskien is daar hoop…”

Al wat hy het, is God se beloftes, maar dit is vir hom genoeg.

 

  1. HOOP is gebaseer op God se karakter en beloftes.

As jy verder lees sal jy sien dat hy nog worstel met die Here wat hom straf.

Maar wat hy sê is al straf God my nou, in Sy hart, in Sy karakter is Hy ‘n God wat liefdevol is en wat Hom ontferm.  Daarom is daar HOOP.  Daarom wag ek op die Here.

 

‘n Mens sien nie ‘n verandering in sy tydelike omstandighede nie.

‘n Wonderwerk gebeur nie en daarom het Hy weer HOOP nie.

Al wat gebeur is dat hy bitter eerlik sy hart teenoor God uitstort en uit hierdie worsteling groei nuwe hoop.  Hy maak hom vas aan God se karakter en sy beloftes.

Al voel dit nou of Hy my afbreek, Hy gaan my weer opbou.  Moeilike tye is nie vir altyd nie.

Daar is ‘n groter realiteit wat in my lewe aan die werk is, meer as net die hier en nou.

En omdat ek weet en gesien het hoe God in die verlede met liefde en genade opgetree het, weet ek, Hy gaan weer in die toekoms my lot verander.

“Die Christelike hoop is nie dieselfde as “the power of positive thinking” nie; die Christen se hoop lê in die wete: Selfs in my uiterste nood is God steeds daar; selfs in my diepste eensaamheid is ek nie alleen nie, want Hy is deur sy Gees by my. Ek weet dat my lewe opgeneem is in God se groter verhaal. My pyn, my verlies… is in God se hande – nie omdat Hy dit bewerk het nie, maar omdat Hy dit in sy hande neem en daarmee werk sodat daaruit iets goeds kan voortkom. Wát die goeie is wat God vir ons bewerk, dit verstaan ons nie altyd nie. Baiekeer weet ons dit eers heelwat later, en soms nooit nie. Maar Christelike hoop is om te weet dat my lewe en my lotgevalle in die goeie Vader-hande van God is – dieselfde hande waarmee Hy besig is om ‘n nuwe, beter wêreld tot stand te bring.”  Andre Bartlett

 

  1. Wanneer jou hoop vervaag, fokus dan op die Here.

Wie is die bron van jou hoop?

Ons het 2 weke gelede gesê dat Hoop soos ‘n emosionele tenk is wat vol is of leeg is.

Ek dit vra ‘n aktiewe commitment van my kant af om seker te maak dat die tenk vol is.

Dit is amper soos die Israeliete wat elke oggend moes uitgaan en manna gaan optel het.

Hulle kon nie vandag gister se manna eet nie.

 

Daar is iets wat met ons gebeur die oomblik wanneer ons elke dag weer manna optel.

Die oomblik wanneer ons bewus raak van die groter realiteit in ons lewe.  Die H.G.

Daar is iets wat in ons gebeur wanneer ons Sy genade en ontferming ervaar more oggend.

Klaagliedere 3:23       “… daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot.”  AFR83

 

As dit dan elke more nuut is, dan beteken dit tog dat die lewe ons slaan en dat ons hoop gaan verloor.  Soos wat die dag aangaan, lek die hoop in ons lewe uit.

Teen vanaand is ons moedeloos en voel ons niks is die moeite werd nie.

More oggend moet ek weer kom by die bron van my HOOP.

Anders begin ek met ‘n agterstand, anders is ek more pessimisties en negatief.

 

Dit is amper soos beskerming.  As ek my kind gister beskerm het teen gevaar en ek los hom vandag alleen in die gevaar, dan help dit min dat hy roem op my beskerming van gister… Dit moet elke môre nuut wees.

Rom. 8:24-25     “Ons is immers gered, en ons het nou hierdie hoop. Wat ’n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie. Wie hoop nog op wat hy reeds sien? Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding.”  AFR83

Ons ervaar en ons wag op ‘n groter realiteit in ons lewe.  Partykeer sien ons hierdie perfekte wêreld van God in ons gebroke wêreld maar meeste van die tyd sien ons dit nie.

Partykeer kom daar ligstrale van liefde, regverdigheid en vrede.

Meestal deur God se kinders.  Maar die volmaaktheid het nog nie gekom nie.  Dit kom nog.

Daarom het ons HOOP.  Ons steek ‘n lamp op in ‘n donker wêreld.  Maar die Lig wat elke stukkie donker gaan verdryf kom, ons leef met die belofte.

 

Wanhoop en moedeloosheid is om in die donker te bly sit. Hoop is om ‘n lamp op te steek.

Dit is nie baie moeilik om soos die digter van Klaagliedere te voel nie.

Veral nie as jou prentjie van God soos die man s’n lyk nie. En die prentjie lyk min of meer so. God is ʼn goeie God. God is soos ʼn goeie oupa wat alles wat in hierdie wêreld gebeur bestuur. En as jy sy kind is, sal Hy keer dat niks wat sleg is met jou gebeur nie. En dan kom die ontnugtering.  Iets gebeur met jou wat met die volgende persoon gebeur.

 

Maar wat laat hom dan verander?

Wat ontdek hy as hy kyk na die afgebrande stad en die tempel wat ʼn ruïne geword het? Wat tel hy tussen die rommel van die stad op om met homself saam te neem die toekoms in? Vir God…! Dis die die verrassende ding van twyfel. Twyfel worstel met God, maar wil ook nie sonder God nie. As jy weet waarvan ek praat sal jy ook weet dat twyfel met die Here stoei en sê, Here ek verstaan jou nie, maar ek kan/wil jou ook nie los nie!

Dis min of meer wat met die klaer in Klaagliedere 3 gebeur. Hy mor en klae oor dit wat met hom gebeur het, en tog hou hy aan God vas. Want al verstaan hy op hierdie moment nie vir God nie, gryp hy vas en klou hy vas aan dit wat hy wel van God ken.

Ek verstaan God nie op hierdie moment in my lewe nie, weet ek v. 22, sy liefde is groot.

Al voel dit vir my asof ek klippe kou, weet ek ook v. 22, daar is geen einde aan sy ontferming nie.

Al voel dit vir my asof hy my alleen gelos het, v. 23 weet ek dat U trou is groot – U sal my nooit los nie!

Selfs Jesus worstel en klae by God. “My God, my God, waarom het U my verlaat?

So asof Hy daarmee wou sê, ek verstaan nie. Waarom die lyding? Waarom die swaar? Het U my nou heeltemal alleen gelos?

Dis woorde van Iemand wat met God worstel. Maar dan net voor Hy sy laaste asem uitblaas, bid Hy die gebed wat elke Jood van kleins af leer om te bid as die son begin sak. Die aandgebed – “Vader, in U hande gee ek my gees oor….”

Ek verstaan nie, maar Ek hou aan U vas!

50 Dae van HOOP – Week 3: Waar kom lewende HOOP vandaan?

 

 

Jy moet baie versigtig wees wie se beloftes jy glo… As jy iemand se woord ernstig opneem wat jou wil benadeel het jy groot moeilikheid.

Dink maar aan die vinnig-ryk-word-skemas.  So elke nou en dan wen ek die Britse lotto.

450,000 pond.  Dit is amazing, hulle ken my epos adres.  Nou wie sal nie sulke geld wil wen nie?  Net jammer hulle kom nie deur nie of hulle wil eers geld van my af hê voordat ek hulle miljoene kan wen.

Advertensies van werke en besighede wat jou in die eerste maand al R50,000 sal laat verdien.  Regtig?

Sekere beloftes is nie die papier of skerm waarop die geskryf staan werd nie.

Aan die ander kant was daar al die wonderlikste seëninge vir mense wat iets aan mekaar belowe en dan daardie belofte gestand doen. Dink aan voorbeelde van mense wat huweliksbeloftes aan mekaar aflê en dan die vrug beleef van ʼn huwelik wat dekades geseënde intimiteit lewer. Só ook ʼn besigheidsvennootskap waar daar besonderse sinergisme is tussen mense.

1 Pet. 1:3-6;9     “Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons ’n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word.  En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word.  Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle ’n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. v.9  Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is. En dit vervul julle met ’n onuitspreeklike en heerlike blydskap.” AFR83

Ons het ʼn brief gelees wat geskryf is van ʼn groepie gelowiges wat verspreid woon in die Noorde en Weste van Klein-Asië – die huidige Turkye.

Hulle is uit hulle vorige godsdienste geskud toe hulle die wonderlike evangelie van Jesus

se sterwe en opstanding gehoor en dit aangegryp het.  Dit het hulle lewens verander: hulle het God nuut leer ken, hulle is vrygemaak van sonde en skuld, hulle het deel geword van die huisgesin van God, hulle het die krag van die evangelie en die opstanding fisies beleef…

En toe kom dit: erge diskriminasie.  Dit was nog voor die vervolging begin het.

Meeste van hierdie eerste gelowiges was ook slawe wat onder slegte base gewerk het.

Hulle gaan deur beproewing (4:12), hulle word onverdiend gestraf (2:20), hulle word gespot oor hulle toegewyde lewens (4:4), hulle ly… Nou is dit nie meer lekker nie.

Nou begin hulle wonder of dit nie maar beter was om weer terug te gaan na hulle vorige godsdienste nie. Hulle verloor iets van hulle eerste vreugde en entoesiasme.

Petrus sê vir hulle: “Glo! Hoop! Wees bly!” Daar is Iemand wat ʼn onbreekbare belofte van ʼn wonderlike hemelse erfenis aan julle gemaak het. En weet julle wat? Hy is volkome betroubaar. Julle kan reken op elke woord uit sy mond.

Num. 23:23        “God is nie ʼn mens dat Hy sou lieg nie…”

Beleef ons dit nie ook so partykeer nie.

In die begin is dinge so eenvoudig.  Die oplossings is eenvoudig.

Maar later raak dinge moeilik, meer kompleks, onkeerbaar.

Soms voel dit of dinge eintlik beter was toe jy nie ‘n kind van God was nie, nou word dinge net tawwer en tawwer omdat jy eintlik iets glo en ook opstaan vir dit wat jy glo.

Voorheen was daar nie standaarde en waardes waarvolgens jy geleef het nie, en nou?

Nou is die dinge iets wat vir jou bespotting, vervolging en diskriminasie bring.

Skielik val daar skaduwees op jou nuwe geloof.  Moeilike omstandighede maak dit swaar; daar is onverhoorde gebed; twyfel vrae spring in jou gedagtes op…

Hoekom werk dinge nie vir my uit nie?  Hoekom is alles so gesukkel?

Jy sien ek dink ons word geleer om nie heeltemal eerlik te wees met wat in ons binne wêreld aan die gang is nie.  Nie eers teenoor die mees intiemste mense in ons lewe nie.

Vir baie van ons ervaar ons dood, in plaas van lewe.

Ons ervaar wanhoop in plaas van HOOP.

Ons beleef twyfel en ongeloof i.p.v. geloof en sekerheid.

Waar kom HOOP vandaan?  Hoe lyk lewende HOOP?

Die N.T. se idee van HOOP is heeltemal anders as ons normale idee van HOOP.

Ons maak stelling soos “Ek hoop so.”

M.a.w. ek begeer iets in die toekoms waaroor en onseker is.

Maar wanneer die N.T. praat van hoop bedoel hy:

Hebr. 6:11“Maar ons verlang dat elkeen van julle dieselfde ywer mag toon om te kom tot die volkome sekerheid van die hoop tot die einde toe.”  AFR53

Hy praat nie daarvan dat ons iets moet begeer waarvan ons onseker is nie.

Die feit dat Jesus weer gaan kom aarde toe in iets waarvan die N.T. skrywers absoluut seker is.  Hulle het Hom self gesien sterf en opstaan en gehoor dat Hy dit sê.

N.T. hoop is ‘n volkome sekerheid, ‘n vaste vertroue dat God goed vir ons is.

Maar daar is iets selfs meer wonderlik oor HOOP volgens Petrus.

Hy noem dit lewende HOOP.  Wat beteken dit?

Die teenoorgestelde sou DOOIE HOOP wees.  En as daaraan dink dan kom Jakobus 2 by jou op wat praat van dooie geloof.  En wat sê hy is dooie geloof?

Jak. 2:26   “So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood.”  AFR83

So lewende HOOP deur analogie is vrugbaar, produktief en aktief.

Lewende HOOP het krag en bring verandering in ‘n mens se lewe.

Hoe kom hierdie lewende HOOP in ons harte?

1 Pet. 1:3  “…het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood.”

M.a.w. ons HOOP kom van die feit dat ons nie meer dieselfde mens is as wat ons was voordat ons Christus ontmoet het nie.

Die historiese opstanding van Jesus uit die dood word gekoppel aan my nuwe lewe wat ek ontvang het toe ek tot wedergeboorte gekom het.

Dieselfde gebeur natuurlik met die doop wat ons oor so twee weke weer gaan vier.

Rom. 6:3-4         “Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so ’n nuwe lewe kan lei.”  AFR83

Jesus se fisiese opstanding word gekoppel met my lewe hier op aarde.

En hierdie wete bring vir my HOOP.  Hoekom?

Want Christus IN MY is die lewende HOOP wat ek het.  Dit is my bron.

Nie enige ding wat in hierdie wêreld vir my soms so groot lyk dat alles verby is nie.

Dit beteken dat elke oortreding van my kant af nie hierdie HOOP kan blus nie.

Dit beteken dat elke vervolging en diskriminasie in hierdie wêreld nie die HOOP wegneem nie.

Dit beteken dat my erfdeel, dit wat God belowe het veilig is en dat Hy my ook veilig sal hou totdat ek hierdie erfdeel in Sy volheid kan besit neem.

Dit beteken dat ek nie ‘n arme sondaar is wat worstel hier op aarde nie maar ‘n koningskind wat tydelik deur Hom gebruik wil word hier op aarde.

Christus IN MY is die lewende HOOP wat ek het.

Jy het ‘n nuwe geboorte gehad toe jy besluit het om Jesus Christus te volg met jou hele lewe.  Dit beteken dat hierdie onverganklike saad.  Saad van HOOP binne in jou is.

Niemand kan dit by jou steel nie.

Dit beteken dat dit nie onseker is nie, dat daar volkome sekerheid en vaste sekerheid is dat Christus nou deur sy Heilige Gees in jou woon.

Volkome sekerheid dat die bron van HOOP nie iewers is nie maar BINNE IN MY.

As dit jou nie op gewonde maak nie, is daar iets fout met jou.

Christus IN MY is die lewende HOOP wat ek het.

“Ek het altyd hoop. Al weet ek nie wat die toekoms inhou nie, weet ek in wie se hande die toekoms is.” Jones

Illustrasie van helium ballonne:

1ste ballon:  Hierdie ballon is so 3-4 dae gelede gevul met helium.  (Pap)

2de ballon:  Hierdie ballon is eergister gevul met helium.  (lui hanggerig)

3de ballon:  Hierdie ballon is gister gevul met helium.  (styg op).

Hier is die les in hierdie illustrasie:

Die Israeliete is beveel om elke oggend nuwe manna op te tel.  Hulle kon dit nie oorhou tot more nie.  Een keer het hulle nie geluister nie en toe het daar miet in dit gekom.

Eks. 16:21          “Hulle het dit vroeg elke oggend bymekaargemaak, volgens elkeen se behoefte, maar net as die son begin bak, het dit weggesmelt.”  AFR83

Later is die N.T. word die manna vergelyk met die lewende Brood wat ons by God kry deur Sy woord.

Wat het dit met HOOP te doen?  Hoop is soos hierdie ballonne.  As die bron van HOOP Christus is.  Dan moet jy daagliks by die bron van jou HOOP uitkom.

Anders is dit nie ‘n lewende verhouding nie.  Ander bly dit nie lewende HOOP nie.

Die lewe, pessimiste om jou, onregverdigheid, diskriminasie, sal die HOOP in jou kom steel deur jou dag.

Voor jy jou kan kry sal jou HOOP lyk soos hierdie ballon. (pap een).

Maar jou tyd saam Jesus elke dag, sal die lewende HOOP in jou laat groei.

Jou tyd in Sy lewende Woord, sal lewe aan jou HOOP en GELOOF gee.

Dit is nie ‘n een keer geleentheid en ek het ‘n ballon vol HOOP vir ewig nie.

Allermins, elke dag lek HOOP uit my hart, raak ek moeg, kom ek in aanraking met gebrokenheid, maak dinge nie sin nie.

Dan moet ek gaan sit, nie om kennis op te doen nie.  Nie om te lees sodat ek my Bybel in 3 maande deur kan lees nie.

Ek moet gaan sit en bewus raak van Christus IN MY is die lewende HOOP wat nodig het.

“Geloof klim teen die trappe op wat liefde gebou het en sien die toekoms deur ‘n venster wat hoop oopgemaak het.”  Charles H. Spurgeon

http://www.ignitermedia.com/products/3787-hope-is-here

50 Dae van HOOP – Week 4: Dié wat hul HOOP op die Here stel sal hul krag terug kry

 

Jes. 40:29-31     “Hy gee krag aan dié wat moeg is. Hy maak die kragteloses sterk. Selfs jongmense raak uitgeput en afgemat. Baie jongmense struikel en val. Maar dié wat hulle hoop op die Here stel, sal hulle krag terugkry. Hulle vlieg hoog, soos arende. Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie.”  NLV  “He gives power to the weak and strength to the powerless. Even youths will become weak and tired, and young men will fall in exhaustion. But those who trust in the lord will find new strength. They will soar high on wings like eagles. They will run and not grow weary. They will walk and not faint.”  NLT

Ons almal maak sekere veronderstellings oor die lewe, oor God, oor onsself, oor ander mense in die lewe.  Wanneer hierdie veronderstellings wat ons het ooreenstem met ons realiteit dan het ons ‘n redelike gelukkige lewe en maak dinge sin.  Maar wanneer ons veronderstellings nie ooreenstem met ons realiteit nie, word ons deurmekaar, kwaad en ontnugter.  Ons wat gelowiges is hanteer hierdie ontnugterings met allerhande vooropgestelde idees van hoe God werk in ons lewens.

Jes. 49 sê dat ons name op Sy handpalms gegraveer is en dat ons beloning by Hom is.  Ons lees hier in Jes. 40 wat geskryf aan mense is wat in ballingskap geleef het dat hulle nuwe krag sal kry wanneer hulle op die Here en Sy teenwoordigheid wag.  Hulle sal soos arende vlieg, hulle sal hardloop en nie moeg word nie, hulle sal loop en nie vermoeid raak nie.

 

Hoe kry mens hierdie HOOP en KRAG by die Here, wanneer jy op Hom wag?

Hoe werk God?  Wat moet ons van Hom verwag?

Ek dink ons antwoorde op hierdie vrae word verskillend beantwoord afhangende die teologie wat jy glo.  M.a.w. dit wat jy glo oor God se betrokkenheid in ons lewens.

Ek het vriende wat sterk Calvinisties is.  Wanneer jy so met God werk dan glo jy dat God verantwoordelik vir alles op hierdie aarde is.

Die wêreld is ‘n verhoog en ons is die spelers op hierdie verhoog.

God beplan en beheer alles, ons lewe, selfs ons keuses en ons gaan net deur die bewegings.

Dan het ek vriende aan die ander kant van die spektrum wat wonder of God enigiets doen hier op aarde.  Vir hulle het God alles geskep, Hy het alles as’t ware opgewen en nou staan Hy op ‘n afstand en kyk hoe dinge afspeel hier op aarde.

God het vir hulle die karakters gereed gekry, die gordyne gelig en dan sit Hy agteroor en kyk wat gaan hier gebeur.

Ons die karakters hier op aarde worstel so goed as wat ons kan en op ‘n dag gaan God weer kom en die gordyne laat sak oor alles hier op ons planeet.  Intussen is alles aan ons oorgelaat.

As God dan sê dat ons HOOP en nuwe KRAG sal kry wanneer ons op Hom wag, hoe werk hierdie beloftes in ons lewe?

Terwyl ek hieroor gedink het en oor hierdie teksgedeelte stil geraak het, het ek gesien dat God sy belofte hou op verskillende maniere:

 

  1. Hulle vlieg hoog, soos arende – God se wonderwerkende ingrypings.

Een manier hoe God betrokke raak in ons lewens is wat ons sal noem ‘n ingryping of intervensie van die Here waar Hy in ons moeilike situasie ingryp en dit wegneem.

Dit is gewoonlik wanneer ons praat van ‘n wonderwerk.

‘n Voorbeeld in die Bybel is waar die Israeliete uit Egipte is en hulle kom by hierdie groot see.  Die Egiptenare het hulle agterna gesit en hulle vasgekeer teen die Rooi See.

In daardie oomblik sien ons God doen iets wat Hy baie keer sedert daardie tyd gedoen het:

Eks. 14:13-14    “Moses het die volk geantwoord: “Moenie bang wees nie. Staan net daar waar julle is en kyk hoe die Here julle vandag red. Hierdie Egiptenaars wat julle vandag hier voor julle sien, sal nooit ooit weer gesien word nie. Wag en kyk! Die Here sal in julle plek veg.”  NLV

In daardie oomblik maak die Rooi See oop en hulle trek deur die see op droë grond en toe die Farao se weermag deur kom gaan die see toe en vernietig hulle vyande.

Ek dink aan die blinde man in Lukas 18.  Al wat hy sê is, “Jesus, Seun van Dawid wees my genadig!”  Dan vra Jesus vir hom wat hy vir hom kan doen.

Luk. 18:42-43    “Sien weer! Jou geloof het jou gered Eensklaps het die man weer gesien; hy het Jesus gevolg en God geloof.”  NLV

Dit was dit.  Hy kon sien.  Nie modder aan sy oë smeer nie.  Nie ‘n oogspesialis wat hy moes gaan sien nie.  Net ‘n paar woorde en hierdie man kon sien.

Wanneer ons bid, in ‘n krisis is, is die eerste ding wat in ons gedagtes opkom dat God ‘n wonderwerk gaan doen.  Ek weet nie hoekom nie maar dit is so.

Miskien gaan dit terug na ons babajare toe, dat ons ‘n geluid maak en ons kry wat ons wil hê en ons word voor gesorg.

Die van ons wat in die kerk groot geword het is ook meestal vertel van ‘n God wat so werk.  Hy gryp in, Hy doen wonderwerke, Hy verander natuurwette.

Die gevaar is dat ons begin glo dat dit die enigste manier is hoe God werk of dan ten minste dat dit die hoof manier is hoe God werk.

As jy met so prentjie van God werk gaan jy op een of ander stadium ontnugter raak en jou geloof gaan erg skade lei.

Hy werk soms so, maar dit is meer die uitsondering as die reël dat God so werk.

Daar is nog maniere hoe God sy beloftes hou.

 

  1. Hulle hardloop en word nie moeg nie – Soms werk God saam met ons

Nie net is daar ingrypings van die Here nie, somtyds het God wat interaksie met ons.

God kom en Hy doen nie ‘n absolute wonderwerk nie – Hy stel ons in staat om ‘n verskil te maak in ons omstandighede.

‘n Bybelse voorbeeld sou Eksodus 3 wees.

In hoofstuk 2 sien ons Moses ervaar hoe sy volksgenote slawe is van die Egiptenare.

Moses maak sy eie plan, Hy slaan ‘n Egiptenaar dood.  Miskien in sy agterkop het hy gedink dat as elke Israeliet dit doen sal die Here hulle bevry van die Egiptenare.

Dit het nie so gewerk nie.  Moses moet vlug uit Egipte en moet in die woestyn vir ‘n klomp skape gaan sorg. Moses se hele lewensverhaal kan opgesom word in drie fases van sy lewe.

Die eerste 40 jaar word hy groot in die paleis as Farao se dogter en dink hy, hy is ‘iemand’.

Die tweede 40 jaar pas hy skape op in die woestyn en besef hy, hy is ‘niemand’.

Die derde 40 jaar van sy lewe besef die ‘niemand’ dat hy ‘iemand’ is.

Toe Moses in sy ‘midlife crisis’ is sien hy ‘n bos wat brand en God praat met hom.

God sê vir Moses die tyd het aangebreek wat Hy ‘n wonderwerk gaan doen. Maar kyk hoe:

Eks. 3:10  “Gaan nou! Ek stuur jou na die farao toe. Jy moet my volk, die Israeliete, weglei uit Egipte uit.”  NLV

Verbeel jou Moses se gedagtes toe God met hom begin praat –  Miskien gaan God nou sy moue oprol en bietjie iets aan hierdie 400 jaar oue situasie doen.

Nee, God sê, jy gaan en Ek gaan saam met jou.

En Moses reageer, Here, ek is saam met hierdie ouens van kleuterskool af, daar is nie ‘n manier wat hulle 2 miljoen slawe gaan laat loop nie.

En die Here sê, Moses, gaan en ek sal saam jou gaan.

God werk.  Moses werk.  Die Israeliete werk. Daar is interaksie tussen God en sy kinders.

Dink maar aan die Groot Opdrag van Jesus toe Hy die aarde verlaat het.  Wat sê Hy?

Matt. 28:18         “Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.”  AFR53

Matt. 28:20         “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.”

En wat is ge-‘sandwich’ tussen hierdie twee stellings wat eers vertel van God se almag en daarna van Sy alomteenwoordigheid.

Matt. 28:19         “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.”  AFR53

Die wêreld sal nooit hoor van God as hy nie deur Sy Gees in mense se harte werk nie.

Maar die wêreld sal ook nie hoor tensy jy en ek saam met God werk op aarde nie.

 

  1. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie – Soms doen God iets binne ons.

Nie net is daar interaksie tussen God en ons hier op aarde nie.  Daar is ook ‘n inner aksie.

Met hierdie model doen God nie ‘n wonderwerk nie, Hy gee ons selfs nie krag om uit die situasie te kom nie, Hy los ons min of meer waar ons is en doen iets moois in ons lewe.

God se inner aksie in ons lewe.  Hy help ons om die ware EK te ontdek.

Hy help ons om deur ons worsteling met Hom iets van onsself en iets van Hom te besef wat ons nog nooit voorheen ontdek het nie.

Ek dink bv. hier aan Paulus in 2 Kor. 12 wat bid en die Here drie keer vra om hierdie doring in sy vlees weg te neem.  Ons weet nie wat dit was nie.

2 Kor. 12:9         “En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring.”  AFR53

Die Here het nie ‘n wonderwerk vir hom gedoen nie.  Die Here het hom ook nie in staat gestel om met sy hulp daardie doring in sy vlees self uit te trek nie.

Die doring is daar gelaat en op een of ander misterieuse manier het God iets moois in sy lewe tot stand gebring.  Hoekom doen God dit soms so?

Ek weet nie en ek verstaan dit nie.  Maar wat ek wel weet is dat God soms so werk en dat ons op God se teenwoordigheid kan reken in sulke tye.

En ook dat God ons Sy genade en liefde op ‘n baie besondere manier so laat ervaar.

Hulle wat op die Here wag kry nuwe krag – en soms a.g.v. God se ingryping vlieg hulle soos arende.  Hulle word gedra bo hulle omstandighede en kan dans tussen die wolke.

Ander kere is daar interaksie met God en dan hardloop hulle en raak nie moeg nie.

Ander kere kan hulle skaars loop, tree vir tree, maar hulle word nie vermoeid nie.

Ek weet nie hoe God op hierdie stadium na jou toe kom nie maar ek weet daar is HOOP vir dié wat bereid is om te wag op die Here en aan Hom vashou met alles wat hulle het.