Transformed Week 6: Gesonde Finansies

[powerpress]

Goeie môre en soos altyd wat ‘n voorreg om vanoggend saam met julle te kuier en te leer.

Ons is in week 6 van ons reeks Transformed en ons tema vers vir die reeks is Rom. 12:2 Moenie tuis raak in hierdie wêreld met al sy boosheid nie. Nee, laat God julle van binne af nuut maak. Laat Hy julle manier van dink verander sodat julle kan weet wat Hy van julle verwag. Dan sal julle ook weet wat sy wil is en hoe julle julle hele lewe elke dag aan Hom moet oorgee.

Rob Lasey skryf in sy book Word on the street dat Rom12:1-2 so vertaal kan word vandag vir die ou op die straat.

So here’s what I want you to do, God helping you: Take your everyday, ordinary life—your sleeping, eating, going-to-work, and walking-around life—and place it before God as an offering. Embracing what God does for you is the best thing you can do for him. Don’t become so well-adjusted to your culture that you fit into it without even thinking. Instead, fix your attention on God. You’ll be changed from the inside out.

Vriende vir te lank in my lewe en ek vermoed in jou lewe het jy net harder probeer om te verander. Van buite na binne maar God doen die veranderings werk van binne na buite.

Vriende God roep my en jou en hy wil hê dat ek en jy heilig moet wees want Hy is heilig en daai Heilig beteken letterlik dat ons anders sal wees as die wêreld, dat ons values of waarde sisteem anders as die wêreld sal wees. Ons moet anders dink, ons moet anders optree by die werk, sport veld, om die braaivleis vuur in die verkeer in winkel sentrums, ons huwelike en verhoudings moet anders lyk, ons geestelike lewe moet anders lyk ons emosionele wêreld moet beter en gesonder wees, en die manier hoe ons met ons finansies werk en na ons finansies kyk moet ook anders wees as hoe die wêreld kyk en werk met geld.

Hoekom sodat ons beter kan wees? Sodat ons kan hoogmoedig wees? Nee sodat ek en jy gesond kan wees. Sodat ek en jy daai lewe kan leef wat Jesus vir ons van vertel en belowe in die Bybel maar ook daai lewe wat Hy vir ons kom wys het daai lewe wat oorvloedig is. Dat ons dit kan leef. ’n Lewe wat voluit geleef word. Sodat ons die wêreld kan wys dat daar niks in die wêreld is wat hulle dors kan les nie, die lewende water in iets nie dis ’n persoon.

Nou vandag staan ons stil by seker die moeilikste area in ons lewe want hierdie vat letterlik aan ons bas. Geld is altyd ’n baie sensitiewe area en voor julle uitsny of afskakel. Vandag se preek gaan nie oor geld weg gee en meer tiende gee vir kerk nie.  Vandag wil ek gesels oor hoe ons na ons geld moet kyk en hoe God wil hê ons dit moet bestuur.

Die rede is want as ek en jy nie ons geld bestuur nie sal dit ons bestuur. Geld het die vermoë om ons lewens drasties te beïnvloed goed of sleg. Dit is ook hoekom Jesus so baie oor geld gepraat het die helfte van die gelykenisse wat Jesus vertel het, het gegaan oor geld, want Jesus het geweet dat geld ’n baie groot rol in ons lewens gaan en kan speel. Meeste bekommernisse is a.g.v. finansies, meeste verhoudings val uitmekaar a.g.v. van geld.

En vandag gaan ons stilstaan by Lukas 16 en ek wil paar waarhede deel van uit die gedeeltes oor die moets en moenies van met geld werk en oor geld dink.

Julle kan volg op die skerm.  En ons lees uit die Nuwe lewende vertaling

Lukas 16:1-14

1Jesus het hierdie verhaal aan sy dissipels vertel: “’n Ryk man het ’n bestuurder in diens gehad om sy sake te behartig, maar gou het ’n gerug die rondte gedoen dat die bestuurder sy baas se besittings verkwis. 2Sy werkgewer roep hom toe in en sê: ‘Wat hoor ek van jou? Stel jou verslag op, want jy gaan ontslaan word.’

3“Die bestuurder het by homself gedink: ‘Wat nou? Dis klaarpraat met my hier; ek het nie die krag om te gaan slote grawe nie en ek is te trots om te gaan bedel. 4Ek het die oplossing! Dit gaan vir my boonop nog baie vriende besorg wat na my sal omsien as ek hier padgee!’

5“Hy het toe elke persoon wat aan sy werkgewer geld geskuld het, ingeroep om die situasie te bespreek. Hy het vir die eerste een gevra: ‘Hoeveel skuld jy hom?’ 6Die man het geantwoord: ‘Ek skuld hom 100 vate olyfolie.’ Die bestuurder sê toe: ‘Skeur op daardie skuldbrief en teken ’n ander een vir 50.’

7“‘En hoeveel skuld jy my werkgewer?’ het hy vir die volgende persoon gevra. ‘100 sakke koring,’ was die antwoord. ‘Hier,’ het die bestuurder gesê, ‘vat jou skuldbrief en vervang dit met een vir 80 sakke.’

8“Die ryk man moes tog die oneerlike bestuurder prys omdat hy so uitgeslape was. En dit is waar dat die mense van hierdie wêreld onder mekaar vindingryker is as die godvresende mense. 9Ek sê vir julle, gebruik julle wêreldse bronne tot voordeel van ander, en maak só vriende. Op dié manier sal julle vrygewigheid vir julle ’n beloning in die hemel verseker.”

Nou net vinnig dit wil voorkom asof Jesus die oneerlikheid van die bestuurder prys en dis nie wat gebeur nie. Wat Jesus wil doen, is dat ek en jy agterkom dat ons kan by enige iemand leer. Ons hoef nie noodwendig saam te stem oor  hulle waarde sisteem of geloof nie, maar ons kan wel leer by enige iemand.

Nou wat wil Jesus hê moet ons leer by die oneerlike bestuurder.

Een van die eerste goed wat Jesus wil hê ons moet leer is dat

1. Ons moet nie geld mors nie, want dit is nie ons sin nie.

Die bestuurder het begin om sy eienaar se geld te uit te mors sê die boodskap vertaling en toe kom hy in die moeilikheid toe moet hy rekenskap gee. Julle sien ons moet besef dat ons is eintlik net bestuurders van wat God ons mee toevertrou.

Alles wat ons het geld, besittings, jou liggaam, talente ons kinders is alles God sin. Die wêreld sê dis joune, jy het hard gewerk daarvoor, jy verdien dit en kan doen daarmee wat jy wil.

Die waarheid is wie gee jou die krag en vermoë om dit te doen. Wie het jou daai werk gegee of deur oopgemaak. Wie stuur vir jou daai baie werk. Ja, jy werk hard en sit ekstra ure in en woeker met jou talente maar dit is alles nog steeds God se genade dat jy dit kan doen.

En sodra ek begin leef met die uitkyk dat dis God sin nie myne nie dan voel ek ook anderste oor my besitting my geld my liggaam my talente en leef en bestuur ek ook my besittings wat God my mee vertrou ook anderste.

My vraag vanoggend is hoe goed bestuur jy God se besittings wat hy jou mee vertrou?

2. Ons moenie op geld vertrou nie, vertou op die bron van alles – Jesus Christus.

Ons sien dat die bestuurder het sy vertrou in sy werk en sy geld geplaas en toe hy hoor hy gaan sy werk verloor sê die gedeelte hy het gedink o wat nou dis klaarpraat met my.

Vriende geld is tydelik ons besittings, jou huis jou kar jou werk jou gesondheid liggaam is tydelik. Ons moet nie ons vertroue in iets sit wat weg gevat kan word nie.

Spreuke 23:5 Rykdom hou ook nie vir altyd nie. Dis soos ’n voël wat die een oomblik nog naby jou op ’n tak sit en dan skielik wegvlieg. So vinnig verdwyn geld.

Dit maak nie saak hoe baie geld jy het nie, een verkeerde transaksie of belegging en jou geld kan verdwyn. Jy hoef nie eers iets verkeerd te doen nie ’n resessie gebeur en jou geld verdwyn. Sterk besighede het toegemaak met die resessie mense het baie, baie geld verloor in die resessie en die wat hier sit en besighede het en die resessie oorleef het. Is dit omdat jy so great is of is dit omdat God se genade net so groot was vir jou, dalk het hy jou van daai een ekstra deal af weggehou wat jou onderdeur sou sit. Want God bless ons nie net altyd met goed nie soms bless hy ons deur goed van ons af weg te hou.

Van ons bou ons toekoms op ’n geliefde, die realiteit is niemand leef vir altyd nie, van ons bou op ons looks en vermoë maar realiteit is jy gaan nie vir altyd so mooi bly of gesond bly nie.

Ons moet nie soos die dwaas in die Bybel wat sy huis op sand gebou het nie, maar eerder soos die wyse man wat sy huis bou op die rots. Die een wat was, is en vir altyd dieselfde sal bly. Die begin en die einde, die lewe gewer, die een wat meer as genoeg is vir my – Jesus Christus.

3. Moenie vir geld lief wees of dit dien nie, gebruik dit vir God se koninkryk.

Vriende geld is nie sleg nie, geld is nie evil nie. Ons sê baie keer of het al baie gehoor mense sê geld is die wortel van alles soorte kwaad, Money is the root of all evil.

Maar eintlik sê die vers in

1 Tim 6:10 Want die liefde vir geld is die wortel van alle soorte kwaad.

Julle sien dis die liefde vir geld wat die wortel van kwaad is nie geld nie. Geld is ’n gereedskap stuk wat God ons mee seën en wat God wil hê ons moet  gebruik om Sy koninkryk in die wêreld te bevorder.

Wat sê die wêreld ons word geseën met geld om ons koninkryk te bou nè, maar God seën ons sodat ons kan herbelê in Sy koninkryk en Sy koninkryk uitbou in die wêreld nie ons sin nie.

U sien ons moet anders wees as die wêreld. Die wêreld is lief vir geld en gebruik mense om meer te kry. God sê nee julle moet vir mense lief wees en geld gebruik om mense te help en dien.

Die beste gebruik van geld is om mense in die hemel te kry. Vers 9 sê: Ek sê vir julle, gebruik julle wêreldse bronne tot voordeel van ander, en maak só vriende. Op dié manier sal julle vrygewigheid vir julle ’n beloning in die hemel verseker.”

Ons moet God se geld wat hy ons mee toe vertrou belê in sy koninkryk in iets wat ewigheidswaarde het.

Vriende ons almal het die sê ding gehoor dat jy sien nooit ’n lykswa met ’n venterwaentjie agter aan nie. Wat ek wonder is hoekom spandeer ons dan soveel tyd om daai waantjie so vol te maak.

Ons as gemeente is besig om te bou en as jy nie die week verby die grond gery het nie hulle het die week begin die dak opsit. Ek is so opgewonde want ons is nog ’n stap nader maar besef julle elke sent wat ek en jy in daai gebou belê is ons besig om te belê in God se koninkryk. Of jy nou R5 of 5 miljoen belê in daai gebou lank na dat ons lang bome toe is of wurm kos of vis kos wat ook al jou preference is besef jy dat elke kind wat eendag daar ingeseën word en grootword in verhouding met ’n oom met ’n doringkroon wat so lief was vir ons dat hy sy lewe gegee het, het jy deel gehad aan. Elke huwelik wat herstel word, elke persoon wat Hoop vind wat Jesus as verlosser, geneesheer, vriend, lewe gewer vind. Ek en jy het ’n rol gespeel dat dit kan gebeur. Dis ewig dit raak nie oud nie of uit fashion nie mot en roes kan dit nie stop nie.

Ek skuld Durandt R100 van Rugby speel en drieë druk en takels maak en in die week vra hy my hy soek sy R100 want hy wil Lego koop. Ons gesels so en ek sê onthou jy het net R90 want onthou een van ons waardes as gesin is om ons tiende vir Jesus te gee om dankie te sê dat jy in Skool is wat Rugby aanbied, dat jy gekies is vir die span omdat jy die talente het om te speel, dat die sport dag nie uitgereën het nie en julle gespeel het. Plus sodat die geld gebruik kan word om goeie goed te doen .

Nou Hy is baie letterlik en sê maar ek gee nie my tiende vir Jesus nie ek gee dit vir die kerk pappa. Wat doen die kerk met dit? En ek begin toe en sê vir hom onthou jy die Sopkombuis in Malabar, die kerk help om brood en bestanddele die goed wat ons die sop mee maak te koop sodat ons sop kan maak en kos kan vat dat mense nie honger bly nie en weet dat Jesus en sy mense gee om.

Onthou jy die komberse wat ons gaan uitdeel het die jaar toe dit so koud was. Mense het hulle geld gevat en komberse gekoop en die kerk het ’n klomp geld gevat en komberse gekoop en gaan uitdeel dat mense in die winter nie koud kry en slaap nie.

Ons tiendes help die kerk dat ons vir ander kerke wat swaar kry elke maand geld kan gee sodat hulle kan aanhou om mense van Jesus te vertel en hulle ’n verskil kan maak waar hulle is.

Ons tiendes help dat die kerk geld vir die Bybel genootskap kan gee dis mense wat bybels maak en seker maak dat almal ’n Bybel kan hê om te lees en leer hoe lief God vir hulle is.

Ons gee vir Sendelinge dis mense soos Pappa en oom Braam en Oom Eugene wat mense in ander lande soos Japan kan leer van Hoe lief Jesus vir hulle is maar ook om daar vir hulle te wys hoe lief Jesus vir hulle is en hoe om so te leef.

Ons tiendes help ook die kerk om mense wat deur moeilike tye gaan in ons eie kerk te kan help om vir mense krag te koop dat hulle darem elektrisiteit het of om petrol in te gooi dat hulle kan rond beweeg en ons gee ook vir hulle kos voucher sodat hulle darem iets kan koop om te eet.

En hy kyk so op na my en sê pappa ek wil altyd my tiende gee om mense te help.

Vriende waar is jy besig om die geld en besittings wat God jou mee vertrou te belê?

As jy in Microsoft of Toyota belê sal jou hart by Microsoft of Toyota wees en hoop hulle doen goed. As jy belê in jou vakansie huis gaan jou hart en elke spaar oomblik wees by jou vakansie huis, maar as jy belê in God se koninkryk dan gaan jou hart in Sy koninkryk wees en jy gaan alles doen om nader aan God te beweeg en seker maak sy Koninkryk brei uit.

Kom ons bid saam.

Transformed Week 5 – Gesonde Verhoudings

[powerpress]

Goeie môre en soos altyd wat ‘n voorreg om vanoggend saam met julle te leer hoe God toe te laat om ons van binne na buite te transform sodat ons beter en gesonder mense kan wees.

Nou ons is besig met ons transformed reeks en as jy dalk ’n week of 3 gemis het, is jy welkom om op ons webblad te gaan luister na die preke of jy kan dit selfs lees.

Vandag gaan ons kyk na hoe om gesonde verhoudings te doen. En om daarna te kyk gaan ons terug na die eerste boek Genesis in die Bybel en ons gaan leer by die heel eerste verhouding tussen man en vrou want dis waar al die moeilikheid begin het. Dankie, Adam en Eva.

Nou ons almal ken die storie. God kom en Hy skep die heelal want hy wil die aarde skep. En die rede dat hy die aarde so mooi skep is want hy wil ‘plek skep sodat ons mense hier kan bestaan en lewe.

Hoekom doen God dit want God soek ’n familie. God soek ’n familie so hy maak die heelal en alles daarin en hy maak ons.

Nou God maak die aarde met al die diere en plante en Adam op sy eie. Dan raak Adam alleen want hy sien al die diere het maatjie maar hy is alleen en dan kom God en skep Eva. Daar kan baie redes wees hoekom eers die man en dan die vrou en een van daai redes kan wees, sodat mans kan agter kom hulle kan nie die lewe op hulle eie doen nie hulle het maar ’n ware noord nodig in hulle lewe, en nog rede is God het dalk na die man gekyk en gedink mmmm ek is seker ek kan beter doen en maak toe die vrou. (Hehehe net ’n grappie)

Nou die man is uit die grond gemaak en dis ook die rede hoekom seuntjie en meeste groter seuntjie en ou seuntjies nie omgee om vuil te raak nie, want hulle kom vanuit die grond uit, maar die vrou sy is gemaak uit Adam. God wat ’n rib been uit Adam en maak die Vrou. Nou net vinnig daar is baie simboliek hier. Sy word nie uit die voet uitgemaak dat die man oor haar heers nie, ook nie uit die kop uit sodat sy oor hom heers nie. Ek sien daar is nou paar pompies in ribs van hoor jy wat se Steve daar. Nee God haal haar uit die sy, sy uit sodat hulle die lewe saam kan doen in verhouding as equals.

En vir baie lank was daar hierdie perfekte verhouding want daar was geen sonde nie. So daar was nie enige agterdog, of bakleiery nie, geen stil stuipe of my kop is seer nie, geen siekte of leuens nie niks van die aard nie. Alles was goed nee perfek tot op ’n dag.

Wat gebeur die vyand, Satan kom in die vorm van ’n slang en hy vra vir Eva het God regtig gesê julle mag van geen van die bome in die tuin eet nie. Nou dis ’n leuen want God het gesê julle kan van alles eet net nie van 2 bome nie. Daar is ’n keuse wat julle moet maak want ek wil hê julle moet kies om my lief te hê.

Daarna kom hy en is soos God jok vir julle, julle sal nie doodgaan nie, God wil net nie hê julle moet soos Hy wees nie en daarom wil hy nie hê julle moet van daai boom eet nie. Want julle kan God wees. En dis die bases van sonde ons wil God wees.

Satan kom nooit en verlei ons om soos hy te wees nie, hy kom nie en sê doen dit en jy gaan so seg soos ek wees en voel nie, nee want dan sal niemand dit doen dit nie. Hy kom en sê doen dit want jy weet beter as God, God steek iets weg, God jok vir jou, God is ou modies hy is nie relevant nie hy weet nie wat dit vat om vandag te oorleef of gelukkig te wees nie. Doen dit jy verdien dit.

En dan val ons daar voor en trap in die slaggat maar Eva het ook gevat vir daai leuen.

En ons lees uit Gen. 3 vanaf vers 6 tot 13

6Die vrou begin toe twyfel. Sy kyk na die boom en sien hoe mooi dit is en hoe lekker die vrugte lyk. As sy daarvan eet, sou sy baie dinge te wete kom. Versigtig steek sy toe haar hand na die vrug uit. Sy pluk dit en begin eet. Sy pluk nog een en gee dit vir haar man. Hy het dit ook geëet. 7Skielik het hulle oë oopgegaan. Vir die eerste keer ontdek hulle hulle is kaal. Skaam-skaam (dis waar skaam te begin het) gryp hulle toe ’n paar vyeblare, werk dit aan mekaar vas en maak vir hulle klere.

8Teen sononder se kant het die Here God in die tuin rondgeloop. Toe hulle Hom hoor, het hulle bang geword en tussen die bome vir Hom gaan wegkruip. 9Die Here God moes toe na die mens roep en sê: “Waar is jy?”

10Die mens het verleë geantwoord: “Hier is ek. Toe ek hoor U is hier het ek bang geword, want ek is mos kaal. Toe het ek weggekruip.”

11Die Here God vra toe vir die mens: “Wie het jou vertel dat jy kaal is? Of het jy van die verbode boom se vrugte geëet?”

12Die mens sê toe: “Dit is alles die vrou se skuld. Die einste vrou wat U my gegee het, het my van die boom se vrugte gegee. En ek het dit geëet.”

13Die Here God vra toe vir die vrou: “Hoekom het jy dit gedoen?”

Sy het geantwoord: “Dit is die slang se skuld. Hy het my om die bos gelei, toe het ek van die vrugte geëet.”

Nou vanuit hierdie gedeelte is daar so baie waarhede wat ons kan leer maar vandag fokus ons op waarhede wat ons verhoudings lewe kan verander Transform. In hierdie gedeelte is daar 3 basiese vrese wat in alle verhoudings te voorskyn kom. En wat ons nou na gaan kyk en as jy vandag hierdie waarhede en vrese kop/verstaan dan gaan jy beter doen in alle verhoudings. Verhouding met jou vriende, jou man of vrou jou kinders jou ou of meisie jou ouers en skoonouers jou kleingroep familie.

Want hierdie vrese was in die eerste verhouding teenwoordig en dit is steeds in my en in alle mense teenwoordig.

  1. Die vrees dat ek ontbloot word, maak dat ek onttrek.

Hoekom sukkel jy om diep en intieme verhouding te behou of te kry. Jy wil graag maar dis asof jy mense net tot op ’n punt toelaat en dan nie verder nie.

Die rede is want daar is baie in my en jou wat ons nie van hou nie. En jou vrees is as jy nie daarvan hou nie gaan ander mense ook nie daarvan hou nie en jy gaan alleen wees en nie liefgekry word nie. So wat doen ons, ons bou mure en mense kom met so vêr en nie verder nie, want ek wil nie hê mense moet te naby kom nie.   Hoe nader mense aan ons kom sien hulle wie ek regtig is en sien hulle my foute en tekortkominge. So wat doen ek, ek onttrek ek steek weg die ware ek kruip weg.

Ons lees in die storie 8Teen sononder se kant het die Here God in die tuin rondgeloop. Toe hulle Hom hoor, het hulle bang geword en tussen die bome vir Hom gaan wegkruip. 9Die Here God moes toe na die mens roep en sê: “Waar is jy?”

10Die mens het verleë geantwoord: “Hier is ek. Toe ek hoor U is hier het ek bang geword, want ek is mos kaal. Toe het ek weggekruip.”

Wanneer God vraag vra ken hy kla die antwoord. Die rede hoekom God vir Adam die vrae vra is vir Adam se wil sodat Adam kan erkenning gee, kan own up tot sy fout. Enige transformasie of verandering begin by erkenning dat alles is nie reg in my verhoudings nie. Terwyl jy dit ontken en voorgee jou huwelik is net great geen probleem hier nie, of jou vriendskappe is net great of jou verhouding net jou kinders is net great vir solank ons dit doen kan daar geen verandering of gesond wording plaasvind nie. Ons moet eers erken daar is fout, ons kort hulp.

Maar vrees laat ons onttrek en wegkruip. Wat is jy besig vanoggend om te ontken en weg te steek en te maak asof dit nie ’n probleem is nie.

Vrees maak altyd dat ons wegkruip. Die vers sê: Toe ek hoor U is hier het ek bang geword, want ek is mos kaal. Toe het ek weggekruip.”

Wat beteken dit om kaal te wees. Die kaal hier is nie net fisies nie dis emosineel ook. As jy kaal is beteken dit jy is kwesbaar, jy steek niks weg nie.

En wanneer ek en jy bang is om te wys wie ons werklik is en ons self oop te maak in verhoudings al wat ons doen, is ons onttrek.

Nou vrees beskadig ons verhoudings op ’n paar maniere.

Ons kry skaam

7Skielik het hulle oë oopgegaan. Vir die eerste keer ontdek hulle hulle is kaal. Skaam-skaam gryp hulle toe ’n paar vyeblare, werk dit aan mekaar vas en maak vir hulle klere.

Sodra ons ongehoorsaam is teenoor God dan kry ons skaam. As daar skaamte in jou lewe teenwoordig is dan is jy meer angstig, meer selfbewus, voel jy maklik in die verleentheid geplaas. 

Die volgende ding wat jy doen, is jy steek dit weg. Wat het hulle gedoen toe hulle sien hulle is kaal hulle het skaam gekry en dit toegemaak weggesteek.

Elke persoon doen dit op ander manier. Party mense gebruik humor, party mense gee voor die idee dat hulle alles by mekaar het alles is great. Party mense kruip weg agter ’n aanlyn identiteit. As jy na hulle Facebook kyk of Instagram dan klink dit altyd of alles ontsagwekkend is en almal wil hulle vriende wees die lewe is een groot lekker ding sonder enige issues.

Nog iets wat gebeur is jy onttrek jy disconnect. Wat het hulle gedoen hulle het tussen bome gaan wegkruip en toe God kom stap het hulle net daar bly wegkruip. Baie keer in ons verhouding met mense disconnect ons ons is net meer teenwoordig nie, want ons is bang vir mense, maar dit gebeur nie net met mense nie, maar ook met God want ons Begin God te vrees. En daarom het ons nie net verhoudings probleem met mense nie, maar met God ook. Want hoe kan ek eerlik wees.

Jy sien God verwag nie jy moet perfek wees nie, maar hy verwag dat jy eerlik sal wees.

So die eerste vrees is die vrees om ontbloot te word en dit maak dat ek en jy onttrek.

2. My vrees om nie aanvaar te word nie, maak dat ek myself verdedig.

Julle sien nou beweeg ons weg van wegkruip af. Ons beweeg weg van om verskonings te maak en nou begin ons aantygings maak. Ons verskoon nie net meer ons self nie ons begin nou ander te blameer. Hulle begin hulle self verdedig. Jy sal mense sê jy het dit gedoen ja maar jy het dit gedoen, maar jy het dit gedoen maar jy het dit gedoen.

Iemand wat baie krities is en heeltyd ander mense se foute uitwys is iemand wat bang is hulle word nie aanvaar nie of hulle is nie goed genoeg nie.

12Die mens sê toe: “Dit is alles die vrou se skuld. Die einste vrou wat U my gegee het, het my van die boom se vrugte gegee. En ek het dit geëet.”

Adam vat dit sy pak soos ’n man en hy blameer sy vrou! Maar eintlik nie net sy vrou nie hy blameer God. Einste vrou wat U my gegee het.

13Die Here God vra toe vir die vrou: “Hoekom het jy dit gedoen?”

Sy het geantwoord: “Dit is die slang se skuld. Hy het my om die bos gelei, toe het ek van die vrugte geëet.”

Eva kom en wat doen sy, sy blameer die slang.

Julle sien ons vrees dat ons nie aanvaar word nie dat ons nie goed genoeg is nie maak dat ons verdedigend is. As jou vrou vir jou iets sê en jy voel dis kritiek of jy word nie aanvaar nie dan begin jy verdedig of verduidelik of somtyds net haar foute uitwys.

Maar daar is ’n derde vrees

3.  Die vrees om beheer te verloor, maak dat ek meer wil beheer.

Julle sien die resultaat van hulle sonde het veroorsaak dat hulle lewe uit beheer uitgeraak het. Hulle is uit die paradys geskop hulle toekoms is verander en hulle doel op aarde is anders en hulle lewe is uit beheer.

Hoe meer uit beheer jy voel, hoe meer wil jy probeer beheer.

Hoe meer probeer jy beheer wat mense van jou sê of dink of doen, jy begin vereistes stel en ultimatums. Jy begin mense domineer. Mense moet doen wat jy wil doen en soos jy dit wil doen.

16Vir die vrou het Hy gesê: “Wanneer jou kinders gebore word, sal jou pyn ondraaglik wees. Elke kind sal in die allergrootste pyn gebore word. Jy sal ook altyd na jou man bly verlang, hy sal jou oorheers.”

Hier het die battle van die sexes begin. En al daai misverstande tussen mans en vroue, boeties en sussies, Ou en meisie, Skoon seuns en skoonma’s.  Daai stryd tussen man en vrou van wie is reg en wie is in beheer en wie dra die broek in die huis en wie sê wat se broek aangetrek mag word.

Dit alles is hier a.g.v. sonde is dit nie meer ’n verhouding nie dis nou ’n kompetisie. Dit gaan nou oor wie wen en wie verloor. Wie kry sy sin en wie nie.

En dis nie lekker verhouding om in te wees nie. ’n verhouding van inplaas dat ons in partnership leef en saamwerk ons eerder meer in kompetisie leef van een wen en ander verloor.

Is jy moeg om in kompetisie te leef in jou verhouding waar julle as twee individue heeltyd teen mekaar baklei in plaas van om teen ander goed te baklei.

Ek sê altyd by troues dat ’n man en vrou nou span maats word en hulle speel die wedstryd van die lewe. Hulle speel saam teen egskeidings syfers en die ekonomie. Hulle speel saam om kinders reg groot te maak en as gesin suksesvol te wees.

Nou hoe kan ons dit regkry?

Die antwoord is in 1 Johannes 4:18 in die Boodskap. Ware, egte liefde verdryf eenvoudig alle vrees. Iemand wat dus nog sulke vrees in hom ronddra, se lewe is nog nie heeltemal deurdrenk met God se liefde nie. En hoekom nie? Want vrees is net heeltyd bekommerd oor die straf wat kan kom.

Julle sien waar liefde is, is geen vrees nie. As jy God se liefde innooi by die voordeur loop vrees by die agterdeur uit. Julle sien die teenoorgestelde van vrees is nie geloof nie dis liefde. As ’n gebou brand en almal is bang om in te gaan maar een persoon hardloop in die gebou in om die baba te gaan red wie is dit, dis die ma want haar liefde oorwin die vrees.

Julle sien ek en jy moet leer om in God se ware en egte liefde te leef.

Nou hoe leer ek en jy om in God se ware egte liefde te leef.

Elke dag moet jy 3 keuses maak. As jy die keuses maak gaan jou verhoudings lewe transform.

 1.   Jy moet elke dag jou emosies oorgee aan God.

Elke dag voor jy opstaan voor jou dag begin moet ek en jy ons hart oorgee aan God.

Onthou laasweek het ek gesê die hart is die middelpunt van ons emosies dis die no 1 woord wat in die Bybel gebruik word om na emosies te wys. As ek en jy die middelpunt van ons emosies oorgee aan God en hom vra om ons harte te vul met sy egte en ware liefde dan sal ons met meer liefde en meer genade leef.

Job 11:13-15 (13)As jy net jou hart aan Hom wil wy en jou hande na Hom oplig in gebed! (14)Raak ontslae van jou sondes. Los alle ongeregtigheid agter jou. (15)Dan sal jou gesig verhelder in onskuld. Jy sal sterk wees en vry van angs.

Hoe nader en nader ons aan God beweeg en in sy liefde leef gaan ons meer en meer liefde in ons lewe hê. En soos ons vroeër gesê het waar liefde is, is daar nie plek vir vrees of angs of agterdog of jaloesie nie.

So vriende ons moet na God draai vandag en ons hande oplig en ons sondes bely en agter ons los en ons hart ons emosies oorgee aan hom.

2.   Jy moet elke dag onthou hoe lief God vir jou is.

As jy nie geliefd voel nie gaan jy nie liefde teenoor ander voel nie.

Ek en jy moet elke dag ons self herinner wat God vir ons voel en wat hy van ons dink, nie wat die werled dink nie nie wat ek self eers van my dink nie, maar wat God van my dink.

Ons moet onthou dat ons is totaal en al aanvaar. Meeste van ons soek aanvaarding selfs by vreemdelinge. Ons glo as ons perfek is, sal ander my aanvaar. Die realiteit is dat niemand is perfek nie ons almal het issues en nie almal gaan jou aanvaar nie. Wat ons wel weet is dat Jesus ons aanvaarbaar vir God kom maak.

Ons moet onthou God is onvoorwaardelik lief vir ons.

Niks wat jy doen of nie doen nie gaan ’n verskil maak aan God se liefde vir jou nie. Hy kan nie meer of minder lief wees vir jou nie. Jy kan nie God maak ophou lief wees vir jou nie.

Hoor wat se Jesaja 54:10Berge kan verskuif word en heuwels kan verdwyn, maar my liefde vir jou sal nooit ophou nie. My ooreenkoms van vrede met jou sal nooit tot ’n einde kom nie. Dit is wat die Here sê wat soveel vir jou omgee.

Onthou dat jy totaal en al vergewe is. Die prys is betaal al wat moet gebeur is ek en jy moet dit aanvaar en elke dag onthou.

Romeine 8:1 Goeie nuus! God se oordeel is vir altyd verby vir elkeen wat aan Christus Jesus behoort.

3.   Jy moet elke dag God se liefde deel met ander.

Joh. 13:34Ek gee julle ’n nuwe opdrag: Julle moet mekaar liefhê; soos Ek julle lief het, net só moet julle mekaar ook liefhê.

Ons het ’n nuwe opdra dat ons daai liefde wat God vir ons elke dag gee, sal uitdeel aan mense om ons.

1 Kor. 13:7 Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles.

Vriende mag jy vandag erken as daar dalk vrees in jou lewe is en onthou dat liefde is die teenmiddel vir vrees. En mag elke dag jou emosies oorgee aan God en onthou hoe lief God jou het dat Hy Jesus gegee het om die prys te betaal dat daar niks is wat jy kan doen wat God meer of minder lief vir jou sal maak nie, en mag jy ook begin om daai liefde te deel met ander.

 

Kom ons bid saam.

Transformed: Week 4 – Emosionele Gesondheid

[powerpress]

Goeie more soos altyd ‘n voorreg om saam met julle te kan leer.

Nou ons is besig in ons reeks wat ons noem Transformed en vandag gaan ons stilstaan by ons Emosies.

Voor ons verder gaan wil ek graag hê dat julle saam met my iets sal doen. Dis stupid maar fun. Kry iemand en draai jou stoel en kyk vir hulle. Wat ons gaan doen, is, ek gaan emosies uitroep en jy moet dit op jou gesig wys vir die ander persoon.

Steek tong uit. Ok ons begin maklik vriendelik, opgewonde, bang, bekommerd (kan sien julle ken daai een) kwaad (yip ken hom baie goed) geïrriteerd opgewonde, verlief.

Baie dankie dat julle saamgespeel julle is sterre.

Nou ons emosies speel ‘n groot rol in ons lewe en baie studies het gewys dat emosionele intelligensie is belangriker as IK. As jy baie slim is en het al die kennis maar jy kan nie jou emosies beheer of met mense werk nie gaan jy sukkel.

Spreuke 5:23 Hy kon homself nie beheer nie; daarom gaan hy sterf. Hy verdwaal omdat hy dwase dinge doen.

Die Bybel is vol emsies.

Ons lees in Markus 12:29-30 29Jesus het hom geantwoord: “Die belangrikste gebod is die volgende: ‘Luister, o Israel, die Here ons God is die énigste Here.30Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou ganse siel, met jou totale verstand en met al jou krag.’

In die boodskap sê dit  30Jy moet Hom liefhê met alles wat jy is en het. Niks in jou lewe mag vir jou so belangrik soos God wees nie.

Kan jy die emosie hoor in die woorde van Jesus. Jesus kom nie en is soos in die verbygaan ok boys nog iets wees lief vir God met alles en gaan aan met iets anders nie. Nee Hy is soos ek wil nie hê julle moet soort van lief wees vir God nie. Nee ek wil hê julle moet Hom lief hê met alles in julle met passion.

God soek nie net ‘n kop verhouding nie ‘n kennis verhouding van ja ek weet van God en Jesus en wat reg en verkeerd is nie nee hy soek passionate emosionele gevoel volle verhouding.

Nou daar is ‘n paar goed wat ek en jy moet weet rondom emosie.  

1. God het emosie.

God is ’n emosionele God. Hy voel vreugde, pyn haat teenoor sonde. Die enigste rede hoekom ek en jy emosie het, is want die Bybel sê ek en jy is gemaak in God se beeld in sy image. So as God nie emosie gehad het nie sou ek en jy nie emosie gehad het nie.

2. Jou vermoë om te voel is ’n geskenk van God.

As jy nie kon voel nie dan was jy robot. Dit is jou emosionele vermoë wat jou help en toe laat om lief te hê, om te skep om getrou te wees, om te gee en vrygewig te wees asook  om op te staan vir wat reg is. Nou ek weet jou emosies voel nie altyd soos ‘n geskenk nie, maar selfs die negatiewe emosie het ‘n doel in ons lewe.

3. Daar is 2 extremes wat vermy moet word.

Emosionalisme is die ekstreem wat sê dat die enigste ding wat tel in die lewe is hoe ek jy voel. Nie wat jy dink of wat reg of verkeerd is nie. Alles in die lewe gaan oor jou emosies en hulle beheer alles.

Aan die ander kant is Stoicism of stoïsisme die mense sê gevoelens is nie belangrik nie. Al wat tel en belangrik is, is intellek en jou wil.

Nou daar is kerke wat op die 2 ekstreme gebou is en hierdie aanslag het. Party sê dit maak nie saak hoe jy voel nie en hulle maak emosies klein en minder belangrik. En dis nie reg nie, want God het jou emosies gegee vir ’n rede. Die Bybel sê met jou hele hart en verstand.

In die Bybel die nommer een woord wat vir emosie gebruik word, is hart.

Dit is nie net ’n lippe of intellek ding nie.  Hart is deel van ons aanbidding.  “Ek het jou met my hele hart lief.”

Maar daar is dan ook die wat sê as ek nie in my aanbidding iets ervaar nie dan het ek nie aanbid nie. Dis net as ek goosies kry dan het ek aanbid dan was God hier.  Dit is ook nie reg nie. Want die Bybel sê verstand en hart

Psalm is vol emosies.  Goeie en slegte emosies.  Alles is daar.  Daar is psalms van woede, lament, aanbidding liefde vrees. Party Psalms voel soos P.E sê weer begin met een emosie en dan verander dit halfpad deur en eindig met ’n ander emosie.

Hoekom is dit belangrik om ons Emosies te manage want.

1. Jou emosies is baie keer onbetroubaar.

Al ooit iets gedoen en gesê ek doen dit want dit voel net reg en dan later was jy spyt of het dit in jou gesig opgeblaas.  Sommige dinge wat jy voel is dikwels eenvoudig verkeerd.

Proverbs 14:12 says, “There is a way that appears to be right, but in the end it leads to death” (NIV).

12Dit lyk dalk vir iemand of hy die regte ding doen; agterna kom dit uit dat dit na die dood gelei het.

Jy moet aanvaar dat nie alles wat jy ervaar of voel is reg en sal jou op die regte pad lei nie. Net omdat jy dit voel maak dit nie noodwendig reg of waar nie. Net soos nie alles wat jy dink is waar of reg nie

As jy net doen of optree soos wat jy voel gaan jy nie ver kom nie. Ag ek voel nie lus om skool toe te gaan nie so ek gaan nie, hoe gaan dit uitwerk vir jou in long run. Ek nie lus vir werk nie so ek gaan nie werk toe vandag nie Hoe gaan dit uitwerk vir jou?

Tieners dink as jou ma of pa net goed gedoen het as hulle so gevoel het. Hoe SAD sou jou lewe gewees het hulle sal jou nooit iewers heen gery het nie. Mans jy sou dalk nooit skoon klere gehad het nie, want niemand is lus om klere te was of stryk nie. Die honde bollie sal nooit opgetel word nie.

2. Jy wil nie deur jou emosies gemanipuleer word nie.

AS jy nie jou emosies beheer nie sal hulle jou beheer en jy sal deur jou moods gemanipuleer word.

Mense gaan jou ook beheer en misbruik as jy deur jou emosies beheer word. Want net om aanvaar te raak deur groepe of mense sal jy dom goeddoen want al wat tel is om te voel jy belong. Mans sal stupid goed se dink en doen solank die groep dink hulle is cool of ontsagwekkend of badass. Girls wat liefde soek of aanvaarding sal soms dat daai ou met haar doen wat hy wil net solank sy dink sy ervaar liefde en iemand dink sy is great.

Impulsive buying – gebaseer op emosies. Enige iemand al iets gekoop wat jy nie wou hê nie?

Spreuke 25:28 Iemand sonder enige selfbeheersing is net so weerloos soos ’n groot stad sonder polisie of veiligheidswagte. Totale wanorde kan uitbreek.

Sonder selfbeheersing oor jou emosies is jy oop dat mense jou kan manipuleer maar meer as dit dat jou ou sondige natuur jou weer kan beheer.

Die ergste is Satan die vyand Lucifur se gunsteling tool is negatiewe emosies. Vrees, worry, verwerping, haat, skaam skuldgevoel alles gebruik hy om jou lewe te destroy of jou dood te maak.

Die Bybel sê in 1 Petrus 5:8

Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.

Sonder selfbeheersing oor ons emosies sal die duiwel ons vir middagete opvreet.

Nou hoe kan ek en jy ons emosies en gevoelens beheer of bestuur.

1. Noem dit gee dit ’n naam.

Het jy al agtergekom dat ons nie regtig so in touch is met ons gevoelens soos ons dink nie.

Vra die ou langs jou hoe voel jy nou? Meeste van ons gaan gesê het mmmm ek weet nie of ok. Ok maak gou vir my die gesig van Ok? Jy kan nie, want dis nie gevoel of emosie nie. Van julle sou dalk sê dors lus vir koffie of honger dis nie ’n emosies nie dit maak emosies los maar is nie een nie. Soms sal ons sê nee goed dankie wat is dit met die nee of as jy vra hoekom dan is dit soos mmmmmm ek is nie seker nie, want dit gaan nie sleg nie ek dink.

2. Challenge dit. 

Julle sien ons moet agter die gevoel kom. As jy af voel, of bang of happy of sad of agterdogtig of kwaad of depressed. Dis belangrik om te gaan en te dink maar hoekom voel ek en die leun wat jy dalk glo te verander met die waarheid wat God oor jou sê.

David kom en vra God om hom te toets om sy emosies te challenge.

Ps. 26:2 Toets my, Here, en ondervra my. Ondersoek my motiewe en my toegeneentheid.

As jy af voel hoekom voel ek nou so, ek het iets verwag en dit het nie so uitgewerk nie nou voel ek af. As jy kwaad of frustreerd is hoekom voel ek so. Ek is nie regtig kwaad of frustreerd met my ma of my vrou nie nee toe ek by die skool was of werk was, het iemand dit gesê of gedoen en dis hoekom ek so voel en dan 

Kry ’n vriend wat jou kan help? Het jy iemand al toestemming gegee dat hulle met eerlikheid jou gevoelens of jou emosies en optrede kan challenge. Iemand wat kan vra:

Wat is die ware rede dat jy so voel oor die saak of wat gebeur het? Wat deur die strooi of leun kan sien.

Is dit waar hoe jy nou voel of oordryf jy bietjie?

Help hierdie gevoel jou of maak dit jou seer?

Job het so vriend gehad. Julle sien Job gaan deur so bietjie van ’n slegte tyd en dan doen hy paar goed of sê paar goed wat ons dalk sou regverdig en sê hy mag so voel, maar hoor wat vra Job se vriend hom.

Job 15:12-14

12Wat gaan in jou kop aan? Hoekom blits jou oë so (dis mooi nè blits jou oë so eintlik hoekom vloek jy so in jou kop)? 13Hoekom is jy so opstandig teen God? Hoekom sê jy sulke vreeslike dinge? 14Kan ’n mens ooit sonder enige foute wees, sê my? Kan ’n gewone mens altyd reg doen?

Iemand wat kan vra:

Wat is die ware rede dat jy so voel oor die saak of wat gebeur het? Wat deur die bull kan sien.

Is dit waar hoe jy nou voel of oordryf jy bietjie?

Help hierdie gevoel jou of maak dit jou seer?

Julle sien baie natuurlike gevoelens kan ons baie keer self verslaan.

Iemand wat stadig voor my ry.

Wat is die regtige rede hoekom ek so ongeduldig is? Want ek het laat weggery bykantoor vir my meeting en nou gaan ek laat wees.

Is hulle regtig aspris doen hulle dit om my om te krap en my geduld te toets? Nee dis dalk maar hoe hulle ry of wat die spoed limit is.

Help dit my om hooter te blaas en op hulle te skree at the top of my lungs en te sê klim van die pad af jou idiot of maak dit my seer want my bloedruk gaan op my stress levels gaan op en ek leef nie my Christenskap uit deur so op te tree nie.

3. Verander dit

Sommige emosies is so bad dat dit jou hele lewe kan destroy as jy nie met dit deel nie.

Filippense 2:5 Julle gesindheid moet soos Jesus Christus s’n wees:

Baie keer gaan ons emosies oor ons gesindheid of ons attitude.

Sal Jesus op die persoon in die kar wat voor my stadig ry skree en hooter blaas? Sal Jesus bang wees? Sal Jesus worry, of iemand haat? Nee Jesus sal nie en ons moet daai attitude drop as ons dit doen.

Soms moet ons eerder ons gevoelens channel.  Gebruik dit vir goed.

Dalk was jy ’n victim van injustice of onregverdigheid en jy is kwaad. Kwaad is nie altyd verkeerd nie veral nie as jy dit vergoed gebruik nie.

As jy jou kwaad gebruik vir jou eie voordeel dan is dit Self geregverdigde kwaad.

As jy kwaad gebruik vir ander dan is dit geregverdigde kwaad.

Liefde raak kwaad. God raak kwaad teenoor sonde, verkragting, Human trafficking, Armoede maar hy gebruik dit in goeie manier.

Jou grootste bediening kan kom uit jou grootste seer of teleurstelling.

So hoe kan ek en jy ons emosies verander daardeur vir God te bring en vir hom te gee. Elke oggend die week as jy wakker raak voor jy opstaan sê vir die Here.

Here ek gee my emosies vir U. Sal U my asb. help om dit te beheer volgens u wil.

Kom ons bid saam.

Vergete waardes – Dankbaarheid

[powerpress]

Goeie more, soos altyd wil ek begin deur te sê dis lekker en ’n voorreg om met julle te gesels vanoggend en ook saam te leer hoe om beter volgelinge van Jesus te wees.

Ek wil graag hê dat voor ons begin vanoggend ons ’n eksperiment sal doen. Julle aand my regterkant julle gaan nou die persoon langs jou groet maar jy gaan daai persoon groet met ’n klag. Jy gaan kla oor Eskom of Nkandla of dat die musiek te hard was of dat ons te min gesig het of dat Steve ons maak die eksperiment doen want hy moet seker tyd opmaak want hy het nie voorberei nie of die saal is koud of Bryce Lawrence.

Die groep aan my linker kant julle gaan die persoon langs jou of voor of agter jou groet met woorde van dankbaarheid. Iets waaroor jy dankbaar is, so dink gou aan iets wat jy oor dankbaar is, dalk dat Steve preek of die lekker koffie wat jy kon drink, dat jy gekom het want die worship was so lekker vanoggend, jou gesin of gesondheid.

Ok is julle reg, kom ons doen dit julle kla en julle dankbaar go.

Dankie, dames en here dankie. Kom ons kyk gou of eksperiment gewerk het. Julle wat gekla het wie van julle nadat julle na die klagtes geluister het en jy jou klagtes gedeel het voel nou meer opgewonde, nader aan God, vol energie as voor jy gekla het en geluister het na klagtes.

Reg die van julle wat dankbaar was hoeveel van julle voel ligter, meer opgewonde en nader aan God na dat julle dankbaarheid beleef het en gedeel het. Ok hoeveel van julle aan my regterkant wil nou kla dat jy nie aan die linkerkant gesit het nie.    

Ons begin vandag ’n nuwe reeks wat ons noem vergete waardes en vandag gaan ek gesels oor die waarde van dankbaarheid.

Van kleins afleer ons ons kinders dat hulle moet dankie sê as iemand vir hulle iets doen of as hulle iets kry. Ons probeer hulle leer om dankbaar wees.

My ma se manier om jou te leer dankie sê het, was deur as sy jou iets gegee het en jy nie dankie sê nie te gesê het dankie hond. My broer vertel my dat my ma eenkeer nie mooi gedink het nie en toe my ma weer vir hom sê dankie hond, toe sê hy dankie hond, dis dalk daai dag wat hy leer dans het soos die slipper houe geval het waar dit plek kom kry.

Iemand het een keer gesê met asseblief en dankie kom jy deur die wêreld en beleefdheid bring jou vêr.

Die vraag wat ek oor wonder is, kan mens dankie sê maar nie dankbaar wees nie?

Ons eet by vriende in die week en hulle het ook kids en toe die kids iets kry en net wegstap sê die ma wat sê mens en sonder om eers terug te kyk ingedagte sê hulle dankie.

Wie is bly load shedding is vir tyd en wyl iets van die verlede? Verlede week hoor ek iemand kla dat load shedding verby is want hulle het die vorige naweek ‘n kragopwekker gekoop en nou kan hulle dit nie gebruik nie.   

Die vraag wat by my opgekom het is hoekom sukkel ons deesdae om werklik dankbaar te wees. Dis amper asof ons in tyd leef wat mense soos die kids is ons sê dankie, maar hoe ons optree en wat ons andersins  sê getuig dat ons nie werklik dankbaar is nie.

Nou in die Bybel is daar hierdie tema wat gaan oor dankbaarheid. Paulus kom en dan vir die verskillende kerke kom hy en hy sê die volgende.

1 Tess 5:(16)Wees altyd vol blydskap. (17)Moenie ophou bid nie. (18)Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God van julle verwag omdat julle met Christus Jesus verenig is.

 “Rejoice always, pray continually, give thanks in all circumstances; for this is God’s will for you in Christ Jesus”

Eph 5:19-20 “Make music from your heart to the Lord, always giving thanks to God the Father for everything, in the name of our Lord Jesus Christ”.

Ef. 5:(19)en sing saam psalms en lofgesange en geestelike liedere. Sing en jubel met julle hele hart tot eer van die Here.

(20)Sê altyd in die Naam van ons Here Jesus Christus vir God die Vader dankie vir alle dinge.

Kol 3:(15)En wees dank­baar. (16)Laat die rykdom van alles wat Chris­tus ons leer, julle leefstyl bepaal. Met alle wys­heid moet julle mekaar on­derrig en me­kaar die regte pad wys. Sing met dank­ba­re harte psalms, lofgesange en geesteli­ke liedere tot eer van God. (17)Verder, doen al­les – of dit nou met woorde of dade is – in die Naam van die Here Jesus. Só is julle heeltyd besig om deur Hom dank aan God die Vader te bring.

Vandag gaan ons oefen om meer dankbaar te wees. In die naweek bulletin is daar preek nota. Hy is leeg en die rede daarvoor is sodat jy jou eie notas kan maak en nie begin dagdroom oor die week en alles wat moet gebeur nie. Ek wil hê dat ons vandag begin en ons ons gedagtes laat gaan na goed waarvoor ons dankbaar is en skryf dit neer. Paar voorbeelde is dalk is daar mense vir wie jy dankbaar is in jou lewe, dalk ‘n gebeurtenis, of dalk was jy op slegte plek en die Here het jou beskerm of vir jou omgegee.

Soos ek preek gaan God vir jou goed laat onthou van waarvoor jy dankbaar kan wees en skryf dit ook neer en aan die einde gaan ons dan bid en dankie sê daarvoor vir alles.

Julle sien daar is die mis konsepsie in die wêreld vandag dat as ek meer goed kry van wat ek voel ek nodig het, sal ek meer dankbaar wees.

Eintlik is dit verkeerd ek sal meer dankbaar wees nie deur meer goed nie, maar eerder om meer en meer bewus te raak van God se teenwoordigheid en sy goedheid.   

Vandag wil ek nie net praat oor dankbaarheid en die belangrikheid van dankbaarheid nie maar eerder oor ‘n Jesus gevinde erde dankbaarheid. Dis ’n nuwe manier om na die lewe te kyk.

Julle sien dankbaarheid is ’n persepsie van die goed. Jy kan nie dankbaarheid maak uit wilskrag nie alhoewel baie mense probeer.

1. Dankbaarheid groei in nederigheid.

Dankbaarheid begin met nederigheid. As ek en jy glo ons word iets geskuld dan is dit moeilik om dankbaar te wees, want ek leef met die gedagte dat ek dit moet kry dit kom my toe. Die Engelse noem dit entitlement mentality.

Jy sien as jy ‘n kar gee en ek het niks gedoen om dit te kry nie dan is ek soos dankie baie dankie ek kan dit nie glo nie dis die beste ding ooit, maar as ek iets betaal het daarvoor al is dit minder as wat ek moes dan is ek soos ok great deal en soos die kids dankie and off I go. Ek gaan nie buite my vel dankbaar wees nie, want ek verwag dis myne want ek het iets gedoen om dit te kry.

Die wêreld waarin ons leef en ons sondige natuur laat ons glo dat ons geregtig is tot goed. Ek moet dit kry en verdien dit en hoe meer ek so dink en glo hoe minder en minder dankbaar is ek.

Ek lees van die 2 vriende wat mekaar raakloop na dat hulle mekaar lanklaas gesien het.

Die een ou is moeg en lyk nie lekker nie lyk asof hy gehuil het.

Die ander ou vra wat is fout, kan ek jou help  jy lyk nie lekker nie.

Die hartseer ou ander ou sê man die storie is so, 3 weke terug toe gaan my oom dood en hy los my R25000 en 2 weke teruggaan my niggie dood en sy los my R100000

Sjoe, jammer om te hoor maar klink of jy gebless word.

Dis niks sê die hartseer ou laas week gaan ’n vêr langse tannie van my ma dood en los my halfmiljoen rand.

Ok ek verstaan nie hoekom is jy dan so hartseer.

Die hartseer ou want die week het ek nog niks geërf nie.

Ek hoop nie ons het daai uitkyk in die lewe nie.

Paulus kom en hy sê dat in die konteks van Christianity is ondankbaarheid nie net ‘n probleem nie maar dis sonde. As ons ondankbaar is dan lewe ons teen God.

Hoor wat sê Paulus vir die Romeine: Rom1:(21)Ja, hulle het ’n God besef gehad, maar tog het hulle Hom nie as God geëer of aan Hom dankbaarheid betoon nie. Inteendeel, hulle het vir hulleself allerlei belaglike voorstellings oor ’n godheid begin maak en hulle verdwaasde harte het heeltemal toegeslaan.

U sien hulle het gedink hulle word iets geskuld en vir daai rede het hulle verder en vêrder van God af weggedryf hulle het nie hulle self gesien as mense wat moet dankbaar wees oor die groot genade wat hulle ontvang het nie.

Die Bybelse woord vir ondankbaarheid is mor of kla en Paulus kom en hy skryf vir die kerk in Korinte en spreek hulle aan oor dat hulle kla oor alles en nie dankbaar is nie en waarsku hulle.

Hy skryf vir hulle en sê 1 Kor10:(10)Ons moenie kla nie. Party van die Israeliete het dit gedoen, en toe het die engel wat mense moet doodmaak, vir hulle doodgemaak.

Wie van julle wat vanoggend gekla het worry nou so bietjie?

2. Vriende ’n lewe wat seën lei na dankbaarheid.

Jesus het geweet hoe om met dankbaarheid te leef en vandag kan ons by Hom leer en die vroeër kerkvaders hoe om meer dankbaar te leef.

Daar was en is hierdie gebruik in Joodse geloof dat hulle die 18 Benedictions  gebid het, nou as jy die woord opbreek in Latyns dan beteken bene = goed en dictions = woorde of praat so benedictions beteken om goeie woorde te spreek seën te spreek.

So as jy die benedictions gedoen het, het jy goeie seën oor iemand gespreek of teenoor God uitgespreek of gebid het. Baie kere in kerk sal die Dominee of soms sal Eugene ‘n seën gebed doen oor die gemeente eintlik is dit ‘n benediction.

Nou in die Joodse geloof is die gebruik dat hulle 3 keer ’n dag die 18 benedictions sal bid teenoor God.  Sodra hulle opstaan dan weer in die middag en weer voor hulle gaan slaap het.

Elke Rabbi sal dan ook sy volgelinge leer hoe om die seën gebede te bid soos hy voel die beste manier is om dit te bid.  So wanneer die Dissipels kom en Jesus vra Rabbi leer ons om te bid eintlik vra hulle leer ons hoe om die 18 Benedictions te bid.

Die Onse Vader is eintlik ‘n opsomming van die 18 benedictions. Soms het hulle dit as opsomming gebid en soms in geheel.

Ons vader wat in die Hemel is heilig is U naam. Dis ’n seën gebed teenoor God. Die vroeër kerk het die Onse Vader 3 keer ’n dag gebid. Dit was hulle 18 benedictions.

U sien ons seën gebede is baie anders dis meer Here seën my en my gesin en seën my kos Here en seën my kinders en my werk en my gesondheid my finansies (klink dit nie baie soos entitlement nie?)  hierin is niks dankbaarheid nie.

U sien hulle dankbaarheid het nie daar opgehou nie nee hulle het ook geglo dat elke ete was ’n geleentheid om dankbaar te wees. Hulle het nie net gebid om gewete te sis nie nee hulle het dit gesien as ’n oomblik om dankbaar te wees en God te seën vir sy voorsiening.  

Ons sien by die laaste ete wat gebeur voor Jesus die brood breek dan dank Hy God daarvoor hy seën God daarvoor en dan deel hy dit uit en dan wanneer hy die wyn vat dan dank hy God daarvoor hy seën God daarvoor. U sien hulle het elke nuwe item  gesien as geleentheid om dankie te sê want hulle het besef dat alles is ‘n geskenk uit God se hand en ons moet dankbaar wees vir alles.

Vandag lyk dinge anders nè. Ons doen een gebed en ons vra ook die persoon wat die kortste of vinnigste bid om te bid want ons wil eet nie waar nie. Here dankie vir die kos en seën die kos en die persoon of plek wat voorberei het amen. Nie regtig dankbaar nie meer soos kinders ingedagte dankie want diep binne ons voel ons ek verdien die kos ek is entitled tot dit want ek werk hard nie waar nie.

U sien die vroeë kerk het nie net in oggend en by etes gebid en nie hulle het vir alles ’n seën gebed gehad. Hulle sou ‘n seën gebed gehad het vir ‘n lamp want hulle het geweet God is die bron van daai lig en sonder Hom sou hulle in permanente load shedding geleef het. Hulle sou tien teen een ’n seën gebed gehad het vir Load shedding en gesê het Here dankie dat U vir ons as gesin oomblik van stilte gee sodat ons as gesin weer kan saam games speel en stories vertel en in mekaar se oë kan kyk.

Vriende en soos wat ons begin God seën selfs vir daai moeilike ou by die werk of die slegte situasie wat jy in is. Begin jy anders kyk na die lewe en situasies waarin jy is.

So ruk terug het ek deur moeilik tyd gegaan en in daai tyd het ek so naby aan God gevoel want ek was op daai plek van Here net u kan my hierdeur kry en die oggend wat ek dit besef het en vir die Here dankie sê in daai oomblik het ek ook anders na die situasie begin kyk, maar later daai dag toe raak ek weer negatief en moan hoekom gebeur dit en dis onregverdig ek verdien beter en toe moet ek eers weer stil raak en bid sodat ek ontslae kan raak van die entitlement gevoel.

Vriende en soos ek meer en meer God seën en dankbaar is teenoor hom groei ek dieper in verhouding met Hom en verander my uitkyk in hierdie wêreld en hoe ek lewe omdat ek meer en meer besef dat alles is uit genade deur God gegee in Jesus en dat ek die grootste geskenk kla ontvang het.

Hoe kan ek meer dankbaarheid kweek.

Een manier is om ’n dankie brief te skryf. Ek wil jou vra om die week ’n dankie brief te skryf aan iemand wat jou lewe baie geraak het of baie vir jou beteken het, ’n mentor of oud onderwyser, ’n vriend iemand wat sonder hulle jy dalk ‘n ander persoon sou wees. Probeer so 300 woorde en jy gaan dalk ‘n paar drafts he.

As jy kla geskryf het dan bel die persoon en as jy kan ontmoet hulle in persoon. Sodra jy by die persoon kom haal jou brief uit en lees dit vir hulle woord vir woord.

Maar dit mag nie iemand wees wat jy iets uit kan kry soos finansiële voordeel nie en ook nie iemand wat jy dalk wil date of impress nie geen hidden agenda nie doen dit met iemand wat verras sal wees en dit nie sal verwag nie.

Tweede skryf jou eie seen gebede. Begin deur 4 goed neer te skryf wat jy God oor wil seën en wat jy werklik voor dankbaar is en hoekom jy daarvoor dankbaar is. 

Ek weet nie of julle kan onthou nie maar die week het dit gereën en onthou julle Donderdagoggend se reën en hoe misluk dit was, ek wou nie opstaan nie en was lus om sommer verlof in te sit. Ek het die gebruik dat sodra Chantal en Durandt uit die huis uit is dan is dit my tyd saam met God en met soos ek besig is om te bid begin ek te dink ek gaan God seën vir die reën en ek begin Pappa ek wil net dankie sê vir die reën ek besef Here dat met hierdie reën is U besig om ons damme weer vol te maak sodat daar water in ons krane kan wees en dat bome kan groei sodat ons suurstof kan hê. Here dankie vir die reën want nou raak die lug weer skoon en blomme kan groei. Here dankie ook dat ek nou in ‘n huis kan staan en nie nat reën nie en dankie dat ek warm klere kan aantrek en dat U my so seën en ewe skielik verander my uitkyk my gemoed. 

Ek wil jou aanmoedig gaan en skryf jou dankie brief of briewe en begin om God te seën elke oggend en elke aand en ek waarborg jou aan die einde van die week sal jy dankbaar wees.

Nou vandag het ons die voorreg om nagmaal te gebruik en te onthou dat God se genade so groot was, is en vir altyd sal wees en dat Hy ons so lief gehad het en het dat hy sy Seun gegee het om ons te red uit die dood en ons weer kinders van God te maak deur die prys van die sonde te betaal.

Kom ons bid saam.

Ons Bou 2015 – Ons bou ‘n lewe van gehoorsaamheid

[powerpress]

Verlede jaar het ons as gemeente in gehoorsaamheid ‘n reuse stap van geloof geneem. Met die Ons Bou – elke druppel tel – veldtog het ons in gehoorsaamheid begin om te bou en geld in te samel vir die gebou.  Die Here het vir ons as gemeente ‘n opdrag gegee in:

Nehemia 2:18    “Ek het hulle toe vertel hoe my God sy goeie hand oor my gehou het en wat die koning vir my gesê het.  Hulle het gesê: “Kom ons bou!” en hulle het die goeie werk aangepak.”

Verlede jaar April het ons die goeie werk amptelik aangepak.  Die van julle wat hier was sou onthou het dat ons gesê het dat ons as gemeente ‘n fase 1A wil aanpak wat ongeveer R8.5 miljoen rand gaan kos.  Die projeksies was dat ons die geld met die Here se hulp oor ‘n 2 jaar tydperk sou insamel.  Ter selfde tyd het ons gesê dat ons met geld wat gespaar is in die verlede en dit wat ons glo ons kan insamel, so R6.5 miljoen kan insamel.

 

Dit het ons met ‘n tekort gelos van 2 miljoen oor die 2 jaar tydperk.  Wel, hier is ons vandag 13 maande later en ons staan op 52% van daardie bedrag; wat beteken dat daar reeds meer as R4 miljoen ingekom het in hierdie jaar.

Dit is ‘n wonderwerk!  In vandag se tye is dit ‘n reuse wonderwerk! Alle eer aan die Here.

Ons het ook gesê dat ons nie aanhoudend gaan terug kom na die gemeente toe met fondsinsamelings inisiatiewe nie.  Ons gaan ‘n 2 jaar commitment maak en dit weer re-commit na ‘n jaar.  Ons kan nie met Basaars, pannekoeke en ander inisiatiewe verwag om sulke groot bedrae in te samel nie.  Daarom is ons nou 13 maande later besig met ‘n 2015 weergawe van Ons Bou – elke druppel tel.

Intussen gaan die bouwerk voort – hierdie week wat kom gaan hulle met ‘n hyskraan die staal van die dakkappe oprig en die tenders vir die bouwerk sal voor die einde van die maand uit wees.  Sommige van ons dakmateriale word ingevoer en dit is ook Vrydag op ‘n skip gelaai, en is op pad na Suid-Afrika toe.

 

‘n Mens romantiseer baie keer ‘n opdrag of ‘n roeping wat jy van die Here ontvang.  Ek weet ek doen, dit is exciting.  Mens voel jy is deel van iets groot.  Jy kry ‘n ervaring dat die Here saam jou in hierdie opdrag is en die aanvanklike opwinding is iets wat ons mens gryp en met jou loop.

Soortgelyk het baie van ons al begin om ons roeping uit te leef en in die begin is dit opwindend maar later raak dit moeilik om die commitment vol te hou. Veral as die opdrag wat jy ontvang het, moeilik is en nogal baie opofferings van jou vra.  Jeremia was so iemand.

Jeremia – is ’n jongman, meeste skat hy is in sy laat tiener jare, so 17-18 jaar oud.

Jer. 1:7-8  “Jy moenie sê: “Ek is te jonk” nie.  Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur, en alles wat Ek jou beveel om te sê, moet jy sê. Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou, Ek sal jou red. Dit is wat die Here gesê het.”

Jeremia is bietjie huiwerig en hy wonder:  teen wie gaan die Here my red?  Hoe moeilik gaan hierdie geveg wees?  Hy het allerhande vrae.  En Jeremia is jonk en avontuurlustig en God sê ek sal jou red, jy hoef nie bang te wees nie.

 

Hy besluit om die offer te aanvaar en begin te werk in die Here se diens as profeet.

So vinnige voetnota:  Party van ons sal die dag onthou, die plek onthou dalk selfs die preek onthou toe ons uitgedaag is om ’n opdrag van die Here te aanvaar en iets in jou sê ‘ja’ en jy besluit, ek is in.  Ek is heeltemal in van hierdie dag verder.  Ander kan dalk nie die spesifieke geleentheid onthou nie, want dit het meer as ’n proses gebeur.

 

So gee God vir Jeremia sy spesifieke opdrag.  En dit is nie ’n maklike opdrag nie.  Sy opdrag is om die draer van slegte nuus te wees.  Verskriklike slegte nuus.

Die Here wil hê die jong Jeremia moet van dorpie na dorpie gaan en aankondig:  “Omdat julle God vergeet en nie luister na Hom nie, omdat hulle die weduwees en die wat nie vir hul self kan sorg nie, vergeet het, gaan vyandige nasies inkom julle vernietig en wegvoer na vreemde lande toe.”

Hoe sou jy daarvan hou om die draer van nuus soos hierdie te wees?

Hoe sou jy daarvan hou om elke dag aan deure te klop en vir wie ook al oopmaak sê, “Môre mevrou, dit behoort net so oomblik te neem.  Slegte goed gaan met julle gebeur, God het genoeg gehad van julle ongehoorsaamheid, alles gaan van hier af sleg met julle gaan, geseënde dag verder…”

Maar dit is presies die tipe boodskap wat Jeremia moes oordra.  Nie vir twee of drie mense nie, maar elke dag, heeldag lank, vir maande en maande.

Soos jy jouself kan indink het Jeremia se gewildheid aan aansien as tiener so bietjie skade gely.  En as hy in die straat afgekom het, het mense vir Hom gesê, ons ken jou storie, gaan verby, ons het nie tyd vir jou ‘doom en gloom’ nie.

Wie dink jy is jy?  Raak weg.  Dit het so bietjie van ’n effek op Jeremia gehad.  Hy het geweet God het hom hierdie opdrag gegee maar die opdrag is was belaglik.  Om gehoorsaam te wees aan die Here is nie altyd ‘n maklike taak nie.  Veral as dit jou gemak wegneem en jou beeld laat skade lei.  Toe kom God na hom toe en sê iets baie vreemd vir hom daar in Jeremia 19.

God sê gaan na ’n pottebakker toe en koop ’n groot pot en dra dit saam met jou rond.  Daarna moet jy wag tot daar ’n groot groep mense bymekaar is en dan moet julle funksie onderbreek en vir hulle vertel wat Ek vir jou gaan sê.

En wanneer die groot skare bymekaarkom en jy maak hulle stil om na jou te luister, raai wat moet jy doen met hierdie groot pot wat jy ronddra?

Kyk wat sê die Bybel?

Jer. 19:10-11      “Jy moet dan die pot breek voor die oë van die mense wat met jou saam is, en jy moet vir hulle sê: So sê die Here die Almagtige: Soos hierdie kleipot gebreek het en nie heelgemaak kan word nie, so sal Ek hierdie volk en hierdie stad breek.”

Dink net jouself in vir ’n oomblik.  Wat as ek hier staan vanoggend en ek sê vir julle met ’n pot in my hande:

Ons het julle gevra vir komberse vir die armes en wat doen julle?  Julle vergeet.  Nog net 20 komberse het ingekom.  Ek het julle gevra vir gevriesde kosbakkies.  En wat doen julle?  Julle laat die armes honger gaan slaap.

En ek breek hierdie pot en ek sê vir julle, dit is wat die Here sê, Hy gaan dit met julle doen.

Kyk, ek dink helfte van julle sal nie volgende Sondag weer terugkom nie.

 

Jeremia is nie ’n dom nie, hy het presies geweet wat gaan gebeur as hy dit sê.

Hy sê vir God, hulle gaan nie hiervan hou nie!  Maar hy is so halfpad in die ding en voel hy moet dit nou maar deursien en nadat hy dit gedoen het, was die mense woedend oor sy optrede.

Voor die stukke opgetel kon word; het ’n groep manne hom eenkant geneem en hom geslaan tot ’n hy byna dood is.

As dit nie erg genoeg was nie, maak hulle hom vas voor die ingang van die stad sodat mense wat in en uit die stad kom, hom in die gesig kan slaan en spoeg en sê, bly stil Jeremia!  Genoeg is genoeg.  Ons het nou genoeg van jou gehad.

 

Later word Jeremia vrygelaat en Jeremia gaan feitlik van sy kopaf.  Hy raak woedend nie vir die mense wat hom vasgemaak of geslaan het nie, hy raak van sy kopaf van woede vir God.  Luister wat hy sê, van die sterkste taal wat enigiemand in die Skrif vir God ooit sê:

Jer. 20:7-8          “Here, U het my omgepraat en ek het my laat ompraat. U is baie sterker as ek, U het my oorweldig. Nou bespot hulle my heeldag, almal lag vir my.  As ek praat, moet ek elke keer net uitroep: “Geweld en vernietiging!” Die boodskap wat die Here vir my gegee het, veroorsaak dat almal my aanhoudend spot.”

Om gehoorsaam te wees aan God se opdrag is nie maklik nie.  Nadat hy dit van sy bors af het vertel hy vir God hoe hy werklik voel oor sy opdrag.

Jer. 20:14-16     “Ek verwens die dag wat ek gebore is! Mag niemand my geboortedag ooit as gelukkig beskou nie.  Ek verwens die dag toe iemand vir my pa die nuus gebring het: “Geluk, jy het ‘n seun!”  Mag dié man wees soos die dorpe wat die Here sonder genade vernietig het. Mag hy in die oggend weeklag hoor, en smiddags oorlogsgeskreeu omdat hy my nie voor my geboorte doodgemaak het nie. Ag, kon my ma se liggaam vir ewig my graf gewees het! Hoekom is ek ooit gebore om al die swaarkry en pyn te sien? Moet ek my lewe lank vernedering ervaar?”

Dit is slegte dag vir Jeremia….?

Wat onderliggend lê aan die dinge wat hy hier sê is die begin van hierdie gedeelte.

Jer. 20:7    “U het my omgepraat en ek het my laat ompraat.”  “You pushed (misled, deceived) me into this, God, and I let you do it. You were too much for me. And now I’m a public joke.”  Message

Hy sê, “Ek het U geglo.  Ek was jonk en ek was gretig en naïef en U het dit gebruik om my te mislei vir hierdie verskriklike werk wat U vir my gegee het.”

“Ek voel mislei, in die rug gesteek en misbruik.  U het my bedrieg en ek kan nie sê hoeveel ek dit berou nie.”

 

Vraag:  Het jy al so gefrustreerd teenoor God geraak, dat jy afgegaan het teenoor God soos Jeremia het?

Net voor jy heilig begin raak en sê ‘nee’ ek sal nooit so iets doen nie.

Kan ek jou sê wat ek dink meeste mense doen i.p.v. afgaan teenoor God?

Hulle kry ’n moeilike opdrag en hulle gee eenvoudig op.

Hulle stap weg, hulle loop weg van die opdrag wat die Here vir hulle gegee het.

In stilte sê hulle, hierdie is te moeilik, en hulle blameer iemand anders of hulle dink ‘n verskoning uit hoekom hulle nie verder gehoorsaam hoef te wees nie.

 

Ons as gemeente is besig om ‘n gemeente te bou.  Ook ‘n kerkgebou te bou.

En in die begin is dit maklik want ons is opgewonde.  Maar dan kom die harde werk.

Dan kom die opofferings.  Dan kom vat hierdie gehoorsaamheid aan die vlees en dit raak vir ons moeilik om aan te hou met dit wat die Here vir ons gegee het.

 

Maar ek wil vir jou sê dat ‘n opdrag of roeping van die Here iets kosbaar is.  Om iets vir die Here te doen wat op geslagte na jou nog ‘n impak gaan maak is nie klein nie.

Ek dink partykeer ons ag dit wat die Here vir ons gegee het om vir Hom te doen te gering.

Hoe bevoorreg ons is om hierdie opdrag van die Here gekry het om vir Hom ‘n kerk te bou nie.  Hierdie tipe opdragte kry mens net 1 of 2 keer in jou lewe.

Nou, Jeremia se metertjie (julle weet watter een) is in die rooi verby soos wat hy kwaad vir God is.  Hy is verneder ens., maar let op wat hy NIE DOEN NIE.

Hy gee nie op nie.  Hy stap nie weg nie.  Inteendeel, as hy daaraan dink dat hy wil opgee dan kom hierdie woorde by hom op:

Jer. 20:9    “And I can’t stop! If I say I’ll never mention the Lord or speak in his name, his word burns in my heart like a fire. It’s like a fire in my bones! I am weary of holding it in!”  NLT

 

Wat hy sê, is iets wat enige ware volger van Jesus sê:  Die enigste ding wat erger is as om iets wat moeilik is vir die Here te doen, is die opsie om weg te stap en te besef dat Hy jou meer gebruik nie.

Die ongelukkigste mense op aarde dink ek is die wat dit gesmaak het om deur God gebruik te word en dan wegstap en niks met Hom te doen wil hê nie.

Moenie dat dit jy wees nie.

Moenie ’n ‘onthou-jy-die-dag’ persoon wees nie.  Onthou toe ons…  en dan praat jy van iets vêr in die verlede asof dit nooit weer kan gebeur nie.

Wat van vandag?  Wat van môre?

Doen eerder wat Jeremia gedoen het, gaan af teenoor God, word miskien kwaad vir Hom, omdat dinge nie werk soos jy dit graag wil hê nie en dan… begin dink hoe jy dit sal mis om vir die Here iets te doen.  Begin dan weer waar jy opgehou het soos Jeremia.

Doen die laaste ding wat Hy vir jou gegee het om te doen.

 

Jer. 20:13 “Sing to the LORD! Praise the LORD! For though I was poor and needy, he rescued me from my oppressors.”

Dit is amper of Jeremia in die spieël kyk nadat hy geslaan is en hy sê, sjoe, ek lyk sleg, hulle het my lelik geslaan, het so paar knoppe MAAR ek leef nog, ek het nog my arms en my bene, ek het nog ’n stem.

Miskien is ek beskerm soos die belofte met my roeping in die begin was, miskien moet ek sing ‘how great is thou faithfulness’ in plaas daarvan dat ek ’n bedankingsbrief begin uitskryf.

 

Raai wat gebeur met hom, net na hierdie verskriklike pak slae wat hy gekry het en hy pimpel pers geslaan is?  Julle almal sit nè?

Hy tree net aan, vir sy volgende opdrag van God af.  Hy bid ’n gebed en sê Here, kom ons doen dit weer.  Ek is reg.

Hy is so effens minder naïef die keer, hy weet deur gehoorsaam aan God te wees beteken dat hy soms wil opgee langs die pad, maar hy maak net weer ’n ‘commitment’.

 

En wat gebeur?  Nog teenstand kom.  Hy hou aan om die boodskap wat die Here vir hom gegee het te verkondig en hulle raak weer geïrriteerd met hom en die keer wil hulle hom vir altyd stilmaak.  Lees maar in Jer. 38.

Hulle soek ’n ou put wat nie meer water in het nie, net modder en hulle gooi hom daarin.  Hulle maak dit toe en los hom daar om van die honger en koue te sterf.

Hy moes seker by homself gedink het, rondte twee, dit gaan soveel beter…? (Sarkasties)

Hy doen net wat God vir hom gevra het om te doen en kyk waar bring dit hom?

Ek dink hier is die oomblik wat Jeremia besef het, dat dinge dalk nooit beter sal raak nie.  Vir hom om gehoorsaam te wees aan sy opdrag gaan nooit groot sukses hê nie, gaan dalk nooit groot deurbrake hê nie, daar gaan nie ’n herlewing kom nie.

Kan jy jou indink dat al beloning wat jy kry, is die feit dat hy gehoorsaam is aan die Here.

Hoe moeilik moet dit nie wees nie?  Ek weet van mense wat in dele van die wêreld werk waar hulle in hul leeftyd dalk nooit ’n groot deurbraak sal sien nie.

Hulle missie is soveel moeiliker as wat myne en joune is.  Die struikelblokke en opofferings wat hulle families moet maak om vir God te werk is ’n 1000 x meer as wat ek en jy ooit sal maak.

 

So hier is Jeremia in die put en hy dink dat hy seker hier gaan sterf, maar toe kom ’n regerings verteenwoordiger in die nag en laat hom vry.

En wat dink jy doen hy volgende?      Sekerlik dink mens, nou sal hy sy les geleer het.

Sekerlik sal jy nou wegstap van hierdie belaglike opdrag om te wat die Here vir Hom sê. Net ’n totale mal mens sal nog aangaan en aanmeld vir rondte 3.

 

Reg?  Noem dit wat jy wil.  Hy gaan terug na God toe en sê rondte 1 was nou nie my beste nie, rondte 2 was nie eintlik beter nie.  Maar ek sal aanhou om U woorde te vertel, ek sal nie opgee op die missie wat U vir my gegee het nie.  U sê net waar en ek sal gaan.

En hy gaan uit vir ’n derde keer en verkondig die boodskap wat die Here vir hom gee.

 

Op die ou einde, het die voorspellings en waarskuwings van Jeremia waar geword.

’n Vyandige nasie het gekom, hulle oorweldig en alles vernietig.  Almal is ontvoer om slawe te wees vir geslagte wat sou volg.

Jeremia word saam met hulle weggevoer, hy kry nie ’n ‘kom gratis uit die tronk’ kaartjie nie.

Eendag in ’n vreemde land sit hy by ’n rivier en hy skryf ’n boek wat in die Bybel is: Klaagliedere.

 

In die middel van hierdie boek, sien ons ’n Jeremia wat oud en vol skrape is van sy gehoorsaamheid aan God.

Lamentations 3:21-26        “Yet this I call to mind and therefore I have hope: Because of the Lord ’s great love we are not consumed, for his compassions never fail. They are new every morning; great is your faithfulness. I say to myself, “The Lord  is my portion; therefore I will wait for him.” The Lord is good to those whose hope is in him, to the one who seeks him; it is good to wait quietly for the salvation of the Lord.”  NIV

Na ’n leeftyd van slegte dinge, teleurstelling en mislukking kry hy dit steeds reg om ’n mens te wees wat kan bely:  ‘Great is Thy faithfulness.’

Toe ek so twee weke gelede begin bid het vir vandag se diens, het hierdie boodskap by my opgekom.  Om enduit gehoorsaam te wees, is nie maklik nie.

Daar is baie wat uitgeklim het in die verlede en bitter by die huis sit.

Ek wil maar eerder dom genoeg wees om aan te tree vir ‘n 2e en ‘n 3de en ‘n 4de rondte.

Ek wil maar soos Jeremia wees wat gehoorsaam is, al is dit al beloning wat ek kry.

Maar ten minste weet ek dat God my gebruik vir die doel waarvoor Hy my op aarde geplaas het.

 

Ek wil nie krities en bitter raak nie.  Daar is genoeg sulke mense.

Ek wil maar eerder aantree as die Here nog uitdagings vir my het.

En een daarvan is ons bouprojek waarin ons betrokke is.

Van volgende week af gaan ons weer vir 2 weke bid en die Here vra om ons te lei in ons boufonds commitments.

Maklik is dit nie.  Maar die Here soek gehoorsaamheid meer as ons offers.

Hy soek ons.  Ons harte.  Ons toewyding.  Ons geloof in aksie.  Ons beskikbaarheid.

Vereenvouding jou lewe – Werk en Geld: Lewe met vergenoegdheid

[powerpress]

2 mans stap in die bos en hulle kom by ’n groot donker gat. Die een ou sê ek wonder hoe diep is die gat die ander een sê kom ons vind uit. Hier is ’n aambeeld (anvil vir die Engelse mense) kom ons gooi dit af in die gat. Great sê die ander ou en hulle gooi dit toe af. Al wat hulle hoor is hoe die aambeeld af fluit weeeeeeee soos dit val maar die gat is diep en dit val net en valnet. Die volgende oomblik kom daar ’n bok verby die ouens gestorm met ’n geskree spring in die lig en af in die gat. Net daar na kom ’n ou boer aangehardloop en skree Becky, Becky. Hy kom by die ouens en vra het julle ouens ’n bok dalk hier verby sien kom. Die ouens sê jy sal ons nie glo nie die bok het verby ons gehardloop en in die gat ingespring. Die ou boer sê dis onmoontlik ek het haar aan ’n aambeeld vasgemaak.

Goeie more vriende soos altyd ’n voorreg om saam met julle te leer hoe om beter volgelinge van God te wees en die lewe beter te doen.

Ons is in die 3de week van die reeks vereenvoudig jou lewe. As ons eerlik is vandag wie van ons voel soos Becky daar is die aambeeld om jou nek vasgemaak en jy word net mee getrek af in die donker gat van die lewe. As ons eerlik is met ons self wie van julle het ’n vakansie nodig. Wie van julle is bekommerd want die jaar het skaars begin en jy gebruik al kla woorde soos ek weet nie hoe ons die jaar gaan maak nie. Jou emosionele emmer is leeg.

Dis nie ’n lekker plek of gesonde plek om te wees nie. Dit is ook die rede vir die reeks, dat ons op ’n plek sal kom en besluite sal neem om ons lewe van gekompliseerd na meer eenvoudig toe te neem. Eintlik dat ons weer kan begin lewe en nie net oorleef nie. Is dit nie wat God vir my en jou wil hê nie dis ook hoekom Hy Jesus gestuur het, om ons te leer hoe om werklik te lewe en dan ook op die einde ons deur sy Dood in verhouding met God te plaas.

Nou vandag gaan ons vir ’n ruk stilstaan en kyk hoe kan ons ons lewe vereenvoudig in 2 van die belangrikste areas van ons lewe ons werk en in ons geld.   

Werk en geld loop eintlik hand aan hand want ons werk om geld te kry en ons kan net spandeer wat ons by ons werk verdien. In teorie natuurlik.

Probleem is ons dat in werklikheid leef ons nie binne-in die grens van wat ons verdien nie. Nee ons gaan en sê ek hoef nie tevrede te wees om te leef binne wat ek verdien nie, nee ek weet beter en ek verdien beter en daarom sal ek skuld maak om dit te koop.  Probleem is te veel van ons se skuld of lewens styl is so hoog en groot dat dit alleen steel ons vrede en vreugde. Dit alleen kompliseer ons lewens.

As dit by ons werk kom is dit ook waar. Die meeste mense vandag is nie gelukkig in hulle werke nie. Die hartseer is as jy daaroor dink meeste van ons gaan ten miste ’n 3de van ons lewe by die werk spandeer, so ’n 3de van jou lewe gaan jy nie geniet nie.

Meeste van ons het al een of andertyd of dalk is jy nou daar agtergekom as jy jou werk nie geniet nie voel die lewe net sleg. Net so as jy tot by jou oë toe in die skuld is, is die lewe ’n lied net jammer jy ken nie die woorde nie. Dinge voel net af.

Die ander kant is ook waar as jy werk geniet en jou geld is onder beheer dan is die lewe ‘’n lied en jy ken die woorde en ritme en die dans moves.

Het jy al ooit in kar gery waar die kar se wiele nie gealign is nie en heeltyd links of regs trek. Dis moeilik want dit vat so baie krag om die hele tyd dit teen te werk en dit maak jou moeg, of as die wiele nie gebalanseer is nie is dit nie lekker om in so kar te ry nie maar dis nie net nie lekker nie dis ook gevaarlik.

Net so met ons lewens as ons in lyn leef en align is met God dan lewe ons lekker en dinge gaan goed dinge werk nit, maar sodra ons uit balans of alignment gaan dan is die lewe moeiliker en kan dit ook later gevaarlik wees vir verhoudings asook gesondheid.

Daarom gaan ons vandag bietjie stilstaan en kyk hoe kan ons ons werk en geld weer in lyn bring of soos die Engelse sê “align”.

Nou vanoggend wil ek nie kom en net ’n klomp punte vir julle gee en sê doen dit en doen dit en as jy die 5 of 10 stappe volg dan sal alles in lyn wees nie, want op alles wat ek kan sê sal ons almal ’n verskoning uitdink hoekom ek of jy nie dit kan doen nie.

Ek wil vanoggend meer gesels oor die gesindheid wat ons het teenoor ons werk en ons geld, asook ’n ander manier om daarna te kyk.

Ek dink as ek en jy na ons geld en ons werk kyk dan moet ek en jy besef dat alles wat ons ontvang en het kom van God af.

Ek is ’n sucker vir ’n storie waar iemand wat die underdog is en ’n harde lewe het en eintlik geen kans het om dit te maak in die lewe nie en dan begin hy en hy werk hard en hy styg bo sy omstandighede uitkom en maak ’n sukses en wen. Een van my gunsteling movies is In te pursuit of happiness gespeel deur Will Smith ‘’n ware storie van Adrian Carver. Ons vat Madiba en sy legacy en waar hy nie behoort dit te gemaak het nie maar hy veg terug en kom uit tronk uit en maak die keuses sodat S.A beter kan wees. Wat gebeur sodra iemand dit maak wat nie moes nie mense kom en hulle gee so iemand baie krediet en hulle kyk op na so persoon. So Persoon wen pryse en kry toekennings en dan sodra hulle ’n toekenning kry dan gee hulle ’n dankie speech. Hulle sê dankie vir hulle ouers, dalk hulle kinders hulle vriende en mentors en die lys kan aangaan.

Vriende as ons eerlik is, het ons ook ’n klomp mense wat ons voor dankbaar moet wees. Mense wat gehelp het om ons die mens te maak wie en wat ons is. Vriende raai wie was agter hulle belegging. God. Die Bybel sê dat God jou geken het voor jy gebore is en hy gee om vir jou elke stap van jou lewe.

Die eerste persoon wie werklik dankbaarheid moet kry is God. Nie net het hy mense en resources op ons pad gestuur nie, maar hy het elkeen van ons ook talente gegee en geleenthede om uit te styg. Wat vra God inruil hiervoor net dat ek en jy dit vir Sy goedheid gebruik. Hy vra dat ons dankbaar sal wees vir wat hy ons mee seën ons huidige werk asook wat ons nou verdien.

En daarom vriende die ander gesindheid wat ons moet aanwerk as ons ons lewe wil vereenvoudig en in lyn kry en leef met God is.  

Deur met vreugde te leef in dit wat God nou vir jou voorsien.

Die skrywer van Prediker sê: Pred. 5:18 En as God aan mense rykdom en besittings gee, en die vermoë om dit te geniet, is dit ook ’n geskenk uit sy hand dat ’n mens jou werk geniet en jou deel in die lewe aanvaar.

Ek onthou die eerste keer toe ek ’n salaris verdien het, Ek het by early bird gewerk en R2500 verdien. Ek kon nie wag vir die einde van daai eerste maand nie. Ek het gedink sjoe dis so baie geld ek kan so baie doen hiermee dis awesome. Maande later het ek nie eers meer uitgesien na einde van maand nie, want ek het na my salaris gekyk en gesê dis net R2500 wat kan ek met R2500 doen.

Vriende ek dink een van die grootste redes hoekom ons werk en geld lewe so gekompliseerd is, is omdat ons nie tevrede is of eerder dankbaar is nie.

Julle sien ontevredenheid sê  wat ek verdien is nie genoeg nie.

Ontevredenheid sê wat ek het, is nie goed genoeg nie ek soek mooier, groter, nuwer en beter.

Ontevredenheid sê ek soek wat hy of sy het.

Ontevredenheid sê ek kort en verdien wat sy of hy het.

Ontevredenheid sê ek kan dit nie bekostig nie maar het kla besluit dis myne.

Ontevredenheid sê as ek dit het (huis, kar, selfoon, klere, vakansie) dan sal ek gelukkig wees.

Ontevredenheid sê ek vra nie die wêreld nie net ’n bietjie meer.

En die probleem is dat ons glo dat as ek en jy dit kry dat ons emmers vol sal wees, maar is dit? Sodra jy daai verhoging kry of daai nuwe posisie by die werk daai nuwe kar of daai vakansie. Dalk vir ’n dag of ’n maand maar vinnig vinnig dan voel ons weer leeg en voel ons weer as ek net dit het.

Hoe keer ons ontevredenheid?

Yip dankbaarheid en hoe kan ons meer dankbaar wees deur dankbaarheid te beoefen asof dit ons werk is.

1 Thessalonians 5:18 says, “Give thanks in all circumstances, for this is God’s will for you in Christ Jesus.”

Dankbaarheid sê wat ek verdien, is genoeg.

Dankbaarheid sê wat ek het, is groot genoeg, nuut genoeg, mooi genoeg, duur genoeg.

Dankbaarheid sê ek hoef nie te begeer wat hy of sy het nie.

Dankbaarheid sê ek is bly vir wat hy of sy het.

Dankbaarheid sê ek hoef nie te keep up with the Joneses nie.

Dankbaarheid sê ek gaan nie my identiteit of geluk plaas in besittings nie, want my geluk en identiteit kom van God af.

Dankbaarheid sê ek is net ‘’n manager van alles wat God my mee vertrou.

Dankbaarheid sê ek gaan leef met tevredenheid.

In die Bybel is daar hierdie ongelooflike storie in Handeling 12 van Petrus in die tronk en hoe hy vrygemaak word. Nou Herodes was op ’n mission om almal wat deel van die weg (dis wat die christelike beweging genoem was) dood te maak en uit te roei. Petrus is gevang en in  die tronk en die aand voor Petrus voor Herodes sou te staan kom het hy tussen 2 soldate geslaap en dan lees ons verder.

Hand.12: (7)Meteens staan daar ’n engel van die Here by Petrus, en ’n lig skyn in die sel. Die engel stoot toe aan Petrus se sy, en maak hom wakker en sê: “Staan gou op!” Die boeie het van sy polse afgeval. (8)Toe sê die engel vir hom: “Maak vas jou belt en trek jou sandale aan.” Hy het so gemaak. Daarna sê die engel vir hom: “Trek jou bo-kleed aan en kom agter my aan.”

Petrus volg die engel en hulle loop uit die trok en stad uit. As jy verder sou lees sal jy sien dat die tronk in oproer was die volgende oggend toe hulle agter kom Petrus is weg.

Vriende as ek die storie lees dan besef ek net dat God wil so graag dat ons moet vry wees. Hy wil hê dat ons emosionele emmers moet vol wees. Hy wil hê ons moet vrykom uit daai tronk van finansiële skuld of werksplek waar jy werk. Die Here wil my en jou vrymaak maar hy vra ons vandag dieselfde ding wat hy Petrus gevra het, dat ons moet Hom volg en vertrou en dat ons sal gaan.

 

Vriende verbeeld van ’n wêreld waar mense gaan werk nie omdat hulle moet nie maar omdat hulle wil en dit geniet, verbeeld jou ’n wêreld waar mense nie net leef binne-in wat hulle verdien nie maar selfs oor het om weg te gee. Verbeeld jou ’n wêreld waar ons emmers vol is en vol bly.

Ek glo in my hart dat daai wêreld nie net in drome hoef te bestaan nie maar nou moontlik is as ek en jy opstaan en besluit om ons gesindheid in lyn te bring met God sin en te lewe vanuit vergenoegdheid en dankbaarheid.

Kom ons bid saam.

 

 

 

 

 

 

Vereenvoudig jou lewe – Skedule: Wie wil jy graag wees?

[powerpress]

Verlede week het ons gekyk na die EEN ding wat ons nodig het om ons lewe te laat werk en ook om ons lewe te vereenvoudig.  As jy dit gemis het, gaan luister asb. daarna.

Ons het hoofsaaklik gekyk na Lukas 10 met Marta en Maria.

Ons het ook hierdie (prent) emmer gehad wat ons geestelik emosionele emmer is.

Ons het gesê, as jou emmer vol is.  Dan voel dit of jou lewe reg werk, jy bid jou beste gebede, jy voel connected met mense, jy ervaar die Here se teenwoordigheid soveel beter.

 

Maar as jou emmer leeg is, dan is dit of jy gou kwaad word, jy voel nie naby aan mense nie, die Here en jou lewe voel so vêr van jou af.

En toe het ons gekyk na ‘n paar dinge wat jou kan help om jou geestelik, emosionele emmer weer vol te maak.

Vandag gaan ons verder om ons besige lewens bietjie te vereenvoudig en ons siele te unclutter van die dinge wat ons tyd steel.

 

Ons wil die woorde: Ek is oorweldig, ek is uitgeput, ek is besig, uit ons woordeskat haal met hierdie reeks en die lewens leef wat Jesus ons uitnooi om te leef.

Ons het ook verlede week gesê dat ons probleem nie noodwendig ons besige programme is nie maar eerder ons besige siele wat nooit tot rus kom nie.

 

So jaar of wat gelede het ons ‘n nuwe troeteldier gekry, ‘n kat.

Een middag besluit ek om gou by die huis te stop vir middagete voor ek jaag na my volgende afspraak toe.  Vinnig iets geëet en daarna weer in die kar geklim om te jaag.

So kilometer van die huis af hoor ek net ‘n sagte meaouw wat van my kar se enjin af kom.

Ek dog toe ek verbeel myself en ek ry toe verder.  Toe ek die derde meauw hoor oor die radio, dog ek dat ek dalk maar moet stop en kyk of daar nie iets fout is in my enjin nie.

Tot my verbasing sit ons gesin se baba kat op die enjin nadat ek seker 2km van huis af met hom gejaag het.  Hy moet verseker 9 lewens hê want daardie dag het hy sommer ‘n paar van hulle reeds verloor.  My spoed en haastigheid kon sy lewe gekos het.

 

Die van julle wat my goed ken weet ek is baie stadig van geaardheid en jaag nooit iewers heen nie.  🙂 Maar ek leer elke dag meer dat spoed ons vyand is.

Spoed maak dood is dit nie?  Ek is oortuig dat die spoed van ons lewens ons dood maak.

Miskien nie fisies nie, al is meeste van die groot siektes van ons tyd direk gekoppel aan ons lewenstyl, maar emosioneel, verhoudings, geestelik, finansieel?

En die teks wat ons vanoggend al gelees het, daardie unforced rhythms of grace, to live freely and lightly is iets wat nie eers in jou verwysingsraamwerk bestaan nie.

 

Wat is spoed besig om dood te maak in jou lewe?  Waar in jou lewe is jy besig om te sukkel om te oorleef? Kwaliteit tyd saam met jou man of vrou gebeur nie as jy te vinnig leef nie. Goeie besigheidsbesluite gebeur nie wanneer jy jaag na die volgende afspraak nie.

Betekenisvolle gesprekke met God gebeur nie wanneer jy konstant oormoeg is nie.

 

So vernederend as wat ek dit vind moet ek erken dat my lewe met stadiums al absolute choas was a.g.v. besluite en die spoed waarteen ek gelewe het.

Gelukkig het ek 9 jaar gelede totaal en al uitgebrand en depressie gekry om my te leer dat ek die pas van my lewe beter moet dophou en meer bewustelik en stadiger lewe.

Maar as ek na baie ander se lewe kyk dan sien ek dieselfde dinge wat ek in myself gesien het op ‘n stadium toe my werk my hele lewe oorgeneem het en ek konstant probeer het om beter te perform sodat ek goed sal lyk in ander mense se oë.

 

Eksodus 33:7-17  NLV

“Moses het ’n tent ’n hele ent weg van die laer af opgeslaan. Hy het dit “die ontmoetingstent” genoem. As iemand by die Here raad gesoek het, het hy na die ontmoetingstent buite die kamp gegaan. 8 Wanneer Moses uit die kamp na die tent toe gegaan het, het al die mense by die ingang van hulle tente gaan staan. Hulle het Moses agternagestaar tot hy in die tent van ontmoeting ingegaan het. 9 Die oomblik wanneer hy die tent binnegegaan het, het die wolkkolom afgesak. Dit het oor die deur van die tent bly hang terwyl die Here daar met Moses gepraat het. 10 Wanneer die volk die wolkkolom oor die tent se deur sien hang het, het hulle opgestaan en by die ingang van hulle tente gekniel om die Here te aanbid. 11 Binne-in die tent het die Here met Moses gepraat soos vriende wat gesels en mekaar in die oë kyk. Wanneer Moses daarna weer na die kamp toe teruggekom het, het Josua die seun van Nun wat hom gehelp het, daar agtergebly. Hy het nie van die tent af weggegaan nie. 12 Op ’n keer het Moses vir die Here gesê: “U het vir my gesê om hierdie volk te lei na die land wat U aan hulle beloof het. U het egter nooit vir my gesê wie U saam met my gaan stuur nie. U het wel vir my gesê dat U my baie goed ken en dat ek u goedkeuring wegdra. 13 “As dit dan so is, sê asseblief wat u planne is sodat ek kan weet wat U van my verwag. Hierdie mense is tog u eie volk.”14 Hy vra toe vir Moses: “Moet Ek dan self saamgaan sodat jou hart kan rus?”15 Moses sê vir Hom: “As U nie self saamgaan nie, moet U ons nie eers ’n tree van hier af laat beweeg nie. 16 As U nie saam met ons gaan nie, waaraan sal dit duidelik wees dat U vir my en u volk lief is? Hoe anders sal dit duidelik wees dat U anders oor ons voel as oor die ander volke op aarde?”17 Die Here het vir Moses geantwoord: “Goed, Ek sal doen wat jy gevra het. Jy dra my goedkeuring weg. Jy is my vriend.”

 

Die konteks van hierdie stuk is dat God vir Moses gevra het om in ‘n leiersposisie op te tree vir Hom.  God wou ‘n tabernakel vir sy mense bou, ‘n plek waar sy teenwoordigheid kon wees.  God het gedink dat Moses hierdie projek moes lei.

Die opdrag kom NADAT Moses sy roeping van die Here gekry het.

 

Nadat die Here die 10 plae gestuur het.  Nadat die Here hulle bevry het.

Nadat die Here die Rooi see oopgemaak het en die Egiptenare laat verdrink het.

Nadat die Here ‘n verbond met hulle gesluit het en hulle Sy volk gemaak het.

Moses het nogal baie ervaring gehad om saam met God te werk en nou hier in Eks. 33 het hy net een vraag vir die Here: Sal U teenwoordigheid nog steeds saam met my wees?

Eks. 33:14          “Hy vra toe vir Moses: “Moet Ek dan self saamgaan sodat jou hart kan rus?”

 

Moses was altyd gehoorsaam en het die Here se guns op hom gehad.

Maar hier toe hy die tabernakel moet bou en hy die grootste toets het van sy leierskap het hy ‘n saak om met die Here uit te maak.

Ex. 33:12-13      “Moses said to GOD, ‘Look, you tell me, “Lead this people,” but you don’t let me know whom you’re going to send with me. You tell me, “I know you well and you are special to me.” If I am so special to you, let me in on your plans. That way, I will continue being special to you. Don’t forget, this is your people, your responsibility.’”  Message

 

Moses voel uit sy diepte.  Of op die minste bang tot in sy tone.

Hy wil nie ‘n tree gee as hy nie so te sê ‘n waarborg het dat die Here saam is nie.

 

1.  Beweeg saam met God

Moses is heel duidelik meer besorg oor die Here se wil as oor sy eie wil.

Ons sien Moses praat met God van aangesig tot aangesig. Soos twee vriende.

Daar is diepte.  Daar is baie tyd saam gespandeer.  Daar is intimiteit.

Dan sien ons Moses het ‘n tent van samekoms opgesit waar die Israeliete kon kom met hulle vrae en dinge wat hulle wou met hom bespreek.

Moses wou die wysheid en vrede wat Hy gehad het aan die Israeliete oordra deur die tent van samekoms.  Moses het hulle uitgenooi om te kom en hulle het weggebly.

 

Die volk het nie die intimiteit gehad met God wat Moses gehad het nie.

Miskien soos party van ons het hulle gedink hulle het ‘n beter plan.

Hulle het gedink dat hierdie soek na die “wil van God” is nou nie eintlik wat hulle voor tyd het nie.

Miskien was van hulle ouers wat hulle kinders moes homeschool en by al die aktiwiteite uit kry.  Miskien was van hulle besigheids eienaars wat dringende sake moes opvolg.

 

Miskien was van hulle studente wat take en werksopdragte moes uitwerk.

Miskien was van hulle so besig met hulle familie verantwoordelikhede dat hulle nie daaraan gedink het om by die tent uit te kom nie.

Wat ook al die rede was, hulle was te besig, glo dit as jy wil in die woestyn om by die tent van samekoms waar Moses was uit te kom.

 

Ek dink Moses het na die volk, die geliefdes soos die Bybel hulle genoem het, gekyk en hy was woedend binne in homself.  Ons weet net in die vorige hoofstuk 32 dat toe hy van die berg afgekom het was hy so kwaad dat hy die twee kliptafels met die wet op stukkend gegooi het.

Moses het hierdie ongelooflike oomblik met God gehad waar God self met sy vinger op die kliptafels geskryf het en met Hom gepraat het.

En wat kry Hy toe hy onder kom?  ‘n Goue kalf voor wie almal dans en aanbid.

Blykbaar het hulle so verveeld geraak terwyl hy weg was dat hulle dronk geword het, orgies gehad het, en metaal gesmelt het vir ‘n afgod.

 

Moses het eenvoudig genoeg gehad.  Hy het die kliptafels met die wet stukkend gegooi.

Hy het skoon gemaak. Ons sien in Eksodus 32:28 dat 3000 hulle lewens verloor het daardie dag.

Weet jy wat het hom so kwaad gemaak? Nie omdat hulle nie die wet gehoorsaam het nie.

Nie omdat hulle nie gedoen het wat hy gesê het hulle moet doen nie.

Hy was kwaad omdat hulle die “plot” verloor het.

 

Hy was kwaad omdat hy geweet het watter intimiteit daar tussen Hom en God was, en sy eie mense het gekies om hulle eie manier te volg.

Hy wou hulle leer van God se karakter en sy teenwoordigheid.

En wat doen hulle?  Hulle kies hulle eie begeertes en aanbid ‘n afgod.

As Moses vandag hier was sou Hy een ding gesê het, daar is niks wat kan vergelyk as om saam met God te beweeg.  Absoluut niks kan vergelyk daarmee nie.

 

Dink aan God se getrouheid oor jou lewe.  Sal jy dit wil verruil vir jou eie plan?

Dink aan alles wat God vir jou gegee het.  Sal jy dit wil verruil vir ‘n goue kalf?

Dit is presies wat die Israeliete gedoen het.

Dink aan al die seëninge wat jy van Hom ontvang het.

En tog gaan ons aan met ons gejaagde lewe om te dink dat Hy niks daarmee te make wil hê nie.  Ons is besig met die goed wat ons MOET DOEN dat ons reg verby God hardloop.

 

Ek dink Moses sou vandag vir ons sê, “Wil jy God se vriend word?  Sit elke dag tyd uit vir Hom.  Gesels met Hom gereeld.  Maak ‘n afspraak met Hom.

Moenie dat ENIGIETS in jou pad staan nie.  Ek dink hy sou sê, “Ek weet jy dink jou manier is beter.  Maar jou eie getuienis bewys dat dit nie waar is nie.”

Beweeg en leef saam met God, elke uur, elke minuut van die dag.

 

Wanneer jy ‘n belangrike vergadering of gesprek het wat in jou dag gaan gebeur, wat doen jy?  Jy sy vir ‘n paar vriende of jou gesin, vandag 11uur.  Dink aan my, ek het daardie belangrike gesprek wat kom.  Bid vir my, dat die Here my wysheid sal gee.

Dit is presies wat Moses gedoen het.  Die grootste ding in sy lewe het voor hom gelê –

Hy moes ‘n aardse woning vir God bou.  En Hy sê vir God, “Ek gaan dit nie sonder U doen nie.  Nie een tree as U nie saam met my gaan nie.”

 

Eks. 33:15,17    “Toe het Moses vir Hom gesê: “As U nie self saamgaan nie, moet U ons nie van hier af laat wegtrek nie.  Die Here het vir Moses geantwoord: “Ook wat jy nou gevra het, sal Ek doen. Ek is jou goedgesind en Ek ken jou op jou naam.”

As dit jou nie laat voel, ek wil God ook so ken nie, dan ken jy God nog nie goed genoeg nie.  God vind plesier in ons, vriende.  Hy ken jou naam.  Hy wil hê jy moet Hom beter leer ken.

 

En wat doen ons?  “Here, ek moet net hierdie dinge gedoen kry.”

“Here, ek kan net nie vroeg in die oggend opkom nie.”

“Here, dinge gaan so rof by die werk, ek kry nooit my werk klaar nie.”

Of sê ons, “Here, ek stap nie by hierdie deur uit vandag as U nie saam met my is nie.”

 

Jy sien vriende, ek dink ons skedules moet nie opgemaak word deur die dinge wat ons gedoen wil kry elke dag nie.  Want dit is hoe meeste van ons, ons skedule bepaal.

Ons dink aan al die goed wat ons gedoen moet kry sodat ons nie in die moeilikheid by die werk of by die huis gaan kom nie.

Ons TO DO lyste moenie ons skedule bepaal nie.

Eerder, WIE WIL JY GRAAG WEES / WORD?

 

As jy graag iemand wil wees wat God se stem ken en gehoorsaam, dan sal daar daagliks tyd op jou skedule moet wees al is dit net 15 min. om met Hom tyd te spandeer.

As jy graag ‘n ouer wil wees wat kinders in God se wil grootmaak, dan sal jy genoeg tyd met hulle moet spandeer sodat hulle ervaar hulle is belangrik in jou oë.

As jy graag ‘n meer gebalanseerde lewe wil leef, dan sal jy die dele van jou lewe wat te swaar weeg moet afskaal totdat die dinge wat vir jou eintlik belangrik is op jou skedule beland.

 

Ek weet dit klink baie maklik en jy dink nou, wel jy kan dalk jou goed reël soos jy wil maar ‘back in reality’ werk my lewe nie so nie.  Wel, dan wil ek jou herinner aan ‘n iets wat in jou lewe gebeur het te midde van ander realiteite in jou lewe.

Jy het verlief geraak toe jy ‘n voltydse werk gehad het – en raai wat, julle het vir ure gekuier.  Jy het kinders gekry terwyl jy reeds ‘n besige lewe gehad het – en raai wat, jy het tyd gemaak om hulle te voer, te bad, met hulle te speel.

Die dinge wat ons kies word vir ons belangrik.  Maak seker wat jy kies.

 

Wie wil jy graag word?

Watter aanpassings moet jy maak om daardie mens te word?

Dit is baie keer die klein besluite wat soos ‘n domino effek in ons lewens skep en al groter en groter impak het op ons toekoms. Wat is daardie klein domino besluit wat jy vandag moet maak?

My storie… ek het besluit om te bly

[powerpress]

Goeie more Vriende. Ek glo jy het die beste keuse gemaak deur vanoggend hier saam met ons te wees.

Nou ons is in ons 3de week van ons Reeks My storie. As jy dalk die laaste paar weke gemis het kom ek kry jou gou op datum. Ons het begin deur te sê ons almal het  stories wat ons van hou om te vertel, maar ons almal het ook stories wat ons nie graag wil oorvertel nie en as ons doen dan kleur ons dit mooi in of los sekere goed uit.

Ons het gesê een van die belangrikste goed wat ons moet onthou is dat elke keuse wat jy vandag maak, gaan bepaal wat se storie jy more gaan vertel. Dis groot dis ’n Hullets  suikersakkie quote net daar. As jy tweet daar is vir jou nou ’n nice een. Die keuses wat ons vandag maak bepaal die storie wat ons more gaan vertel.

Nou die realiteit is dat in die volgende seisoen van ons lewe gaan ons soms deur moeilike tye, of in moeilike omstandighede wees. Dit gaan dalk by die werk wees waar jy gaan voel ek kan nie nog eendag langer hier wees nie, of dalk ’n verhouding en jy begin dink dalk  dis nie eers meer die moeite werd om in die verhouding te bly nie. Daar is dalk ’n droom of visie wat jy probeer bereik en jy begin dink ag ek gaan nooit dit regkry nie ek kan net sowel opgee.

In daai oomblik gaan ek en jy ’n keuse moet maak. Gaan ek aanhou probeer of gaan ek weg stap?

Nou kom ons wees eerlik daar is soms tye wat ons moet weg stap. Daar kom soms tye wat ons ’n hoofstuk moet afsluit en ’n nuwe een begin, maar baie belangrik om te onthou vandag is dat:

Soms is die beste besluit om te bly wanneer dit makliker is om te gaan.

Ek onthou so 5 of 6 jaar terug toe ons die eerste keer die volgende hoofstuk geloods het. Dis wat ons die bou projek genoem het. Die span was baie ernstig oor dat ons moet bou deels uit frustrasie van op en afslaan elke Sondag oggend (Let wel daai tyd was daar nie ’n Liezel en Simba hulle nie) en deels ons en die skool het baie baie hak plekke gehad.

Soos ons aangegaan het met die planne optrek en alles wat daarmee gepaard gaan was daar, ’n tyd wat ons en die bestuur en ouderlinge net ervaar het die tyd is nie reg nie, ons moet eers nog ander opsies ondersoek, ons kan nie bou nie. Ons het die visie van die wolk en vuurkolom gekry. In daardie oomblik het ons voor ’n keuse gestaan, of  ons druk deur en begin bou want ons het nou klaar  begin met die Volgende Hoofstuk proses en het gekommunikeer ons gaan bou so bou sal ons bou, of ons bly eerder nog langer in die saal werk, onder groot frustrasies en doen nog huiswerk en wag tot ons ervaar die wolkkolom beweeg.

Soos julle weet ons het besluit om te bly en vriende ek glo omdat ons bereid was om gehoorsaam te wees aan die Here en ons trots en eie wil af te lê. Is die Here besig om ons as gemeente te seën. Is Hy besig om sy kerk te bou en nooi Hy ons saam om deel van die wonderwerk te wees.

Nou vriende:  in jou lewe en in die volgende seisoen gaan daar tye wees wat jy ook keuses gaan moet maak;  van gaan ek bly of gaan ek gaan.

So vriende die groot vraag is hoe lewe ek en jy ’n storie wat die moeite werd is om te vertel.  Die antwoord lê vir ons in Heb. 12 vers 2 uit die boodskap(2)Laat ons maar net die wedloop hardloop deur op Jesus te konsentreer. Hy het vir ons gewys wat dit beteken om op God te vertrou en Hy sal ons tot aan die einde daarmee help, sodat ons geloof sal bly wat dit behoort te wees. Dink aan sy voorbeeld.

Hoe leef ons ’n storie wat die moeite werd is om te vertel deur te konsentreer op Jesus.

En dis wat ons in die reeks probeer doen. Ons gaan 4 besluite maak.   In week 1 het ons besluit om te begin. Ons het besluit om met een dissipline te begin wat ons gaan help om die storie te vertel wat God wil hê ons moet vertel.

Laas week het ons besluit om te eindig. Elkeen van ons het sekere goed wat ons doen of dink of sê wat negatief is en wat ons keer om die storie te vertel wat God wil hê ons moet vertel.

Vandag gaan ons besluit om te bly, al is  dit makliker  om te gaan. Soms is dit makliker om weg te hardloop of om op te gee en soms sou dit beter gewees het om te bly. Ons gee op, op God of die kerk, ’n vriendskap, ’n droom of ‘n huwelik en ons gaan weg waar dit beter is om te bly.

Volgende week gaan ons besluit om te gaan.

Vandag gesels ons oor wanneer dit beter is om te bly eerder as om weg te stap. Hierdie besluit uit al 4 is seker die moeilikste een maar die mees belangrikste een. Ek verstaan ook dat dalk is jy nie nou in so `n situasie nie en ek is bly vir jou maar so seker soos wat die son more weer gaan skyn; op ’n stadium in jou lewe dalk ’n maand van nou af, dalk ’n jaar maar een of ander tyd gaan jy voor so `n  keuse staan.

In daai oomblik moet jy jouself afvra wie se storie wil ek vertel en baie van julle gaan besef ek moet bly al is dit makliker om te gaan.

In die Bybel is daar ’n ongelooflike voorbeeld hiervan en ons vind dit in die boek Rut in die ou testament.

Daar is ’n vrou met die naam Naomi en sy het 2 skoondogters, Rut en Orpa. Nou bietjie agtergrond is dat Naomi se man is oorlede terwyl hulle in Moab gebly het en 10 jaar later is Rut en Orpa se mans, Naomi se seuns ook oorlede. Nou in die Bybel se tyd was dit baie sleg vir ’n vrou want sy kon nie net by die Spur gaan waiter om geld te verdien nie so hulle was in groot moeilikheid. Hulle was nou soos bedelaars selfs laer as slawe.

Naomi besluit toe om eerder haar skoondogters terug te stuur na hulle mense toe, want daar sal dit makliker vir hulle wees, want iemand daar kan darem nog vir hulle sorg. Hulle is jonk so hulle kan dalk weer trou. Eers wou hulle nie maar Naomi het aangehou en toe besluit Orpa om maar terug te gaan, maar Rut besluit anders sy besluit om te bly.

Ons lees dan in vers 15 hoe Naomi probeer om Rut anders te oortuig.

15 Naomi het haar weer probeer oorreed om terug te gaan en vir haar gesê: “Jou skoonsuster is terug na haar eie mense toe waar sy weer haar die geloof kan uitleef. Doen jy dit ook nou.”

16 Dit is toe dat Rut vir haar sê: “Moenie my vra om, om te draai en Ma alleen te los nie, ek sal dit nie doen nie. Ek gaan saam met Ma, waar Ma ook al heen gaan. Daar waar Ma besluit om te bly, sal ek saam met Ma bly. Ma se mense aanvaar ek as my eie mense, en die God wat Ma dien, is ook die God wat ek wil dien. 

So Rut besluit al is dit makliker om te gaan, gaan ek eerder bly by my skoonma en ek gaan alles opgee en selfs haar God as my God aanvaar. Daai besluit kos haar baie want nou is sy laer as ’n slaaf, sy moet bedel vir kos.

Daar was hierdie ryk ou Boas wat familie was van Naomi se oorlede man. Rut het gaan koring optel op ’n stuk land wat aan hom behoort het, na hulle dit geoes het. Boas sien haar en vind uit wie sy is en hulle vertel hom haar storie en vir een of ander rede kry Boas haar jammer en sê vir sy voorman gee haar ekstra kos en hy sê vir die manne wat in die veld werk; niemand mag aan haar raak nie. Want hy het geweet ’n vrou van haar status buite in die veld sal deur die ouens verkrag en mishandel word en hy sê nee niemand mag aan haar raak nie. Hoekom gee hy om vir haar want hy het haar storie gehoor.

Hy het gehoor hoe sy eerder gekies het om by haar skoonma te bly toe sy eerder kon teruggaan na haar mense toe.

Hoor die woorde in Rut 2:(11)Boas sê toe vir haar: “Ek het gehoor van alles wat jy vir jou skoonma gedoen het ná jou man se dood, dat jy bereid was om jou ouers en jou geboorteland prys te gee om hier saam met haar tussen ’n klomp vreemde mense te kom bly. 

Hy kom dan en dan spreek hy ‘’n seën oor haar lewe uit.

(12)Mag die Here, die God van Israel, by wie jy hulp kom soek het, vir jou baie goed wees. Mag Hy jou goed versorg oor al die mooi dinge wat jy gedoen het.”

Geeneen van hulle het op daai stadium besef hoe groot daai seën sou wees nie. Want deur goed wat gebeur eindig Boas op om met Rut te trou en ewe skielik van ‘’n vrou met geen toekoms nie raak sy een van 2 vroue wat boeke in die Bybel het. As mens Jesus se bloedlyn terug volg dan sien ons dat Jesus uit die bloedlyn van Rut gebore word.

Haar hele lewe verander omdat sy besluit het om eerder te bly toe dit makliker was om te gaan.

Vriende maar luister mooi na die volgende steling. Rut het nie gebly omdat sy gehoop het God gaan haar seën nie. Sy het gebly want sy het geglo dit was die regte ding om te doen en God seën haar omdat sy gedoen het wat reg was.

Vriende ons almal gaan een of ander tyd voor ’n kruispad kom waar ons gaan moet besluit moet ek bly of moet ek gaan. Die vraag wat ons, onsself dan moet afvra is wat is die storie wat God vir my wil hê en wil hê ek moet vertel.  En in die lig van jou antwoord waar wil God hê moet jy eerder bly.

Vriende soms lyk dit baie moeilik en dalk is jy op plek waar jy sê Stevo ek weet nie of daar versoening kan wees nie. Dis net te moeilik ek wil jou aanmoedig en sê as jy ervaar God sê bly onthou jy hoef dit nie alleen te doen nie;  jy doen dit saam met Hom.

Van julle is soos Eskom: is besig om te gaan Telkom is besig om te gaan, SAA kan nie meer gaan nie, Ons onderwys stelsel is beroerd en jy wil uit die land uit, maar God sê ek het nodig dat jy bly,  en jare later deur jou keuse gebruik God jou om groot invloed uit te oefen.

Of jy het seergekry in die kerk of word dalk teleurgestel deur iemand in die kerk en jy besluit ek glo nie meer nie en het nie tyd vir “hypocrites” nie. Jy besluit om op te hou kerk toe gaan, want  jy is so besig en eendag vertel jy jou storie en sê ek het eens op ‘’n tyd kerk toe gegaan of jy kan besluit, hierdie ouens is nie perfek nie en ek het seergekry maar ek sal hulle vergewe soos Jesus my vergewe het en jare later is jou storie ek het seergekry maar het hulle vergewe en hulle het my vergewe en ek het gebly en by `n  groep ingeskakel en toe het ons saam nader aan God gegroei en nou is ons besig om hemel aarde toe te bring elke week deur Sy hand en voet te wees.

Tieners en Studente julle voel dalk ag skool “suck” of universiteit is so duur ek gaan ophou daar is “anyway” nie werk in die land vir wit mense nie met BEE en transformasie, ek wil jou aanmoedig moet nie gaan omdat dit makliker is nie; bly en doen die regte ding al is dit moeiliker.

Van julle in julle huwelike: en voor ek verder gaan wil ek net eerstens sê; moet nie skuldig voel oor die verlede se besluite nie. Wat in die verlede gebeur het, is verby. Ons praat nou oor vandag en more. Tweedens as jy in ’n verhouding is waar jy aangerand en mishandel word sê ek nie wees sterk bly ’n slaansak nie. Ek sê kom weg na ‘’n plek waar jy veilig kan wees waar jy gesond kan wees en werk dan aan dit op `n gesonde manier.

Wat ek probeer sê oor huwelike of verhoudings is ons leef in `n tyd wat mense maklik net opgee. Jy is dalk nie gelukkig in jou huwelik nie en daai “personal trainer” by die gym luister as jy praat en kyk jou in die oë en gee jou komplimente. Of jy voel jou vrou is bietjie boring en daai een by die kantoor lag vir jou grappies en sy is fun en vol energie en jy voel wel ons het probeer maar dit werk nie “let`s call it a day”. As jou huwelik daar gekom het of is en dit gaan want ons almal is mense met foute; wil ek jou aanmoedig, vra jouself die vraag: wat is die storie wat jy eendag wil vertel.

Een van ons het probeer maar dit het nie gewerk nie, of ons het deur moeilike tye gegaan en selfs nie eers van mekaar gehou nie. Ons het nie geglo in moord; so ons het net gebid dat die ander een sal doodgaan dit was so erg, maar toe het ons besluit om te bly en daardeur te werk, ons het kerk ‘’n prioriteit gemaak en tyd alleen en nou is ons al baie jare getroud en het kinders en kleinkinders.

Vriende net so in jou werk of vriendskap waar moet jy bly of waar is dit makliker om te gaan.

Jy sien dalk nie jou Boas nou nie maar in Gal 6:(9)Kom ons hou aan om goed te doen. Dit is presies wat die Here wil hê. Dan sal ons op die regte tyd ons oes van Hom ontvang.

Vriende die besluite wat ons vandag maak bepaal die storie wat ons more gaan vertel.

Kom ons sluit ons oë