Hy Hou Sy Beloftes

Hy Praat Met jou

[powerpress]

Palm Sondag – Wat is jou verwagting?

[powerpress]

Lent 2017 – Dit Is Volbring

[powerpress]

Goeie môre vriende,

 

Wat ’n voorreg om vanoggend saam met julle te kuier vir ’n paar minute en saam te leer oor hoe ons die lewe beter kan doen.

 

Ons is steeds besig in ons Lent reeks en ons is op reis na Paasnaweek. Ek hoop die Lent boekie en die oefeninge elke dag beteken vir julle ook net so baie soos vir my. Die van julle wat ook vas in die tyd: ek hoop dat jy in daardie honger of dors God dieper ervaar en herinner word van jou reis saam met Hom.

 

Nou wie van, en asb. steek jou hand op ons is almal familie hier, is skuldig daaraan dat jy goed begin maar dit nooit klaar maak nie. Ek sien ’n paar vrouens hulle man in die sy slaan en sê steek op daai hand. Daar ma’s wat met groot oë na hulle kids kyk. Toemaar, ons almal is skuldig hieraan en ek gebruik die woord ons, want (en hou vas aan julle stoele) want ek self is ook skuldig hieraan. Ek weet julle sukkel om dit te glo dames en here maar dis waar my seuntjie en my vrou sal getuig dat ek ook lief is daarvoor om met iets te begin en dan dit vir later te los om klaar te maak. Die probleem is dat later kom net nooit.

 

Ek is mal daaroor om kos te maak en die projek aan te pak maar as ons klaar geëet het dan wil ek nie die projek afhandel deur skoon te maak nie. Swembad is ’n wonderlike ding jy kan swem en speel en ek love dit, maar om hom skoon te maak… ek sal môre en dan ek sal oormôre en dan los ek dit tot dit nie meer uitgestel kan word nie.

 

Ek is seker almal hier vanoggend kan hul hand opsteek. In ons lewens is daar ’n garage of ’n kamer of ’n kas of ’n vertrek wat klaar gemaak moet word maar elke dag of naweek val daar iets voor en ons sê môre of volgende naweek of die vakansie.

 

Die rede dat ek jou na die plek toe vat van goed wat nog nie klaar gemaak is nie, is omdat ons vandag gesels oor die 2de laaste woorde wat Jesus aan die kruis gesê het. En ons lees dit in Johannes 19:30

 

Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring!” (1983 vertaling)

 

 

Jesus het sy lippe en mond daarmee natgemaak. Hy sê toe: “Nou het Ek alles gedoen wat Ek moes doen.” Sy kop het vooroor geval en Hy het sy laaste asem uitgeblaas. (Boodskap)

 

When he had received the drink, Jesus said, “It is finished.” With that, he bowed his head and gave up his spirit.

 

Daar is baie emosie in hierdie woorde. Wanneer ons die woorde lees moet ons besef dit is nie woorde van opgee of verloor nie, dit is ’n statement wat Jesus maak. Dit is volbring, dit is afgehandel, die Engels se ‘it is finished’.

 

Al ooit ’n projek uiteindelik klaar gemaak wat baie tyd en energie gevat het en toe dit klaar was, wou jy net uitroep dit is volbring, dit is klaar, it is finished? Jy sê daardie woorde as woorde van oorwinning. Jy het jou doel bereik.

 

Vandag is die Ironman en wat jy sal opmerk as jy dalk vanmiddag by die wenstreep sal wees, al wen die persoon nie die ironman nie as hulle aan die einde oor daardie streep loop, kruip, draf, of rol – hulle gooi hulle arms in die lig asof hulle dit gewen het, maar eintlik is dit meer ’n statement van it is finished, dit is volbring, ek het alles gegee wat ek kon. Ek het my doel bereik.

 

Wat beteken dit dat dit volbring is vir jou en vir my? What is finished?

 

Die woord wat Jesus gesê het, is Tetelestai.

 

Dit beteken letterlik:  voltooi, betaal of selfs perfek.

Drie verskillende beelde kom na vore:

  1. ’n Dienskneg wat na sy meester terugkeer en sê die werk wat ek moes doen, is klaar.
  2. ’n Skuldeiser wat verklaar, die skuld is ten volle vereffen.
  3. ’n Priester wat die lam ondersoek en sê: dit is perfek.

 

Net ’n interessante feit oor die woord ook: dis ’n woord wat verwys na aanhoudend. In Engels sê hulle dis continuous, dis nie net dat dit gebeur het nou nie, maar dit hou aan in die toekoms. Die skuld bly ten volle vereffen, die lam bly perfek, die werk is vir altyd klaar.

 

Die feit dat Jesus dit waarskynlik met ’n harde stem uitgeroep het – sê vir ons dat iets belangriks gedoen is.

 

Maar wat belangrik is gedoen?

 

Jesus voltooi Sy lewensmissie

 

Vriende, van dag 1 af wat Jesus op aarde was het Hy geweet dis waarvoor Hy gekom het, dis hoekom Hy op aarde is, is hierdie oomblik. Die hele Evangelie hang af van die moment. Al die profesieë en wat gesê is word nou vervul. Jou en my hoop, oorvloedige lewe, verlossing hang van daardie woorde af. Jesus maak klaar! Hy voltooi wat Hy begin het.

 

Johannes herinner ons veral daaraan op verskillende maniere.

Joh. 4:34   “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi.”

So gaan dit aan en aan, regdeur die evangelies tot by die gebed wat Jesus bid in Joh. 17

Joh. 17:4   “Ek het U op die aarde verheerlik deur die werk te volbring wat U My gegee het om te doen.”

 

Jesus het verstaan waaroor sy lewe gegaan het en soos Hy aan die kruis hang en besef dat elke liewe profesie vervul is roep hy uit: dit is volbring.

 

Die groot nuus wat ek en jy moet besef is dat al het Jesus sy lewensmissie voltooi het ek en jy nog nie. En in hierdie tyd van Lent en die oploop na Paastyd is dit belangrik dat ons besef dat ek en jy het nog ’n taak om te voltooi, dat God my en jou op aarde geplaas het met ’n doel. Dat ek en jy Sy plan vir hierdie verlore wêreld is, dat ons armoede moet aanspreek, dat ons injustice moet aanspreek, dat ons moet opstaan vir die weduwees, die ou mensies, die weeskinders, dat ons liefde sal bring in ’n liefdelose of oppervlakkige liefdes-wêreld, dat ons hoop sal bring waar hopeloosheid heers dat ons lig sal wees waar donkerte heers. Dat ons ’n kerk sal wees waar almal welkom is en almal begelei sal word tot ’n dieper verhouding met God, hulleself, mekaar en ’n soekende wêreld daar buite.

 

Sal dit nie wonderlik wees as ek en jy dieselfde kan sê aan die einde van ons lewens nie? Tetelestai

 

Vriende, die ding wat ek die laaste tyd nogal mee journey is juis die vraag: Is ek besig om te groei in my lewensmissie en is ek nog besig om dit uit te leef en te vervul?

 

En dalk is dit ’n vraag wat jy dalk die volgende paar weke mee saam met God moet journey. Is ek besig met my lewensmissie, Here wat is daar in my lewe wat ek dalk begin het maar nie klaar gemaak het nie? Miskien moet jy besef dat jy nog nie eers begin het nie, en dis tyd om te begin.

 

In my reis het ek agtergekom dat ek ’n verhouding met God het en as Geestelike leier of Pastoor doen ek my takies en preek ek Sondae ens. maar dit het begin soos werk raak.

 

Iets wat ek moet doen en die jaar mee journey, is om dieper te gaan in my verhouding met God om weer sy kind te wees, Dieper te gaan in my rol as Pa vir Durandt, dieper te gaan in my rol as Man vir Chantal, dieper te gaan in vriendskappe maar ook dieper te gaan in verhouding met ’n wêreld daar buite vol nood.

 

Iets wat ek net agter kom is dat as ek en as jy regtig ons lewensmissie wil uitleef, as ons daardie woorde een dag wil uitskree Tetelestai, dit is voltooi, moet ek en jy begin om op te hou praat of te probeer. Ons het die greatste intensies en maak die greatste planne en ons probeer om tyd te kry of probeer om beter te doen; maar dit gebeur net nie. Maar is dit nie tyd vriende dat ons begin commit om te oefen aan hierdie dinge nie? Sodat ons dit kan begin doen.

 

Die realiteit is, maak nie saak hoe hard ek vandag sou probeer het om die Ironman te doen nie die probleem sou nie gewees het dat ek nie hard sou probeer het nie, die probleem sou wees dat ek nie geoefen het nie dis hoekom ek dit nie sou maak nie. Maar as ek vandag begin oefen om die Ironman te doen dan volgende jaar sal daar ’n groter kans wees om dit te kon doen, want ek het geoefen om dit te doen.

 

Is dit nie tyd dat ek en jy moet ophou probeer om nader aan God te leef, of ophou probeer om dieper verhoudings te leef, of ophou probeer om meer vrygewig te wees of ophou probeer om ’n beter pa of man te wees . Ons moet eerder begin om God te vra om ons te help om te commit om elke dag te oefen om nader aan hom te leef, te oefen om dieper verhoudings te leef, te oefen om meer vrygewig of oefen om ’n beter pa of man te wees nie. Om te oefen om ons lewensmissie te voltooi. Sodra ons begin oefen, begin goed gebeur…

 

Vriende wat is daar in jou lewe wat nog nie klaar gemaak is nie? Wat is daar wat jou keer om jou lewensmissie te voltooi?

 

Wie is daar wat jy dalk moet vergewe en vryspreek vandag?

Wie is daar wat jy moet gaan omverskoning vra vir jou optrede of dalk vir waar jy nie opgetree het toe jy nie moes nie?

Dalk is dit tyd dat jy die beheer van jou lewe oorgee aan Jesus.

Dalk is dit om weer tyd om committed aan jou huwelik te raak en weer moeite te doen en daaraan te werk.

Dalk is dit tyd om te erken jy het ’n verslawingsprobleem het en te gaan vir hulp.

Dalk is dit ’n besluit om van jou skuld aan te spreek en af te betaal.

Dalk is dit tyd om daai fluistering na te luister en daardie besluit om iets te doen wat jy al vir maande, dalk jare uitstel te doen.

Ek weet nie wat dit vir jou is nie.

 

En ek hoor jou vanoggend. Jy sê ek weet nie hoe ek dit gaan regkry nie.

Die antwoord is eenvoudig:  een tree op ’n slag.

Vra Hom en vertrou Hom om vir jou die eerste tree te wys. En weet jy wat, as jy daardie tree gegee het, sal die Here môre vir jou die 2de tree gee en dan die derde ens.

 

Want ek is so bly dat die Here nie soos ek is wat dinge begin en dan halfpad los nie.

 

Ons het vanoggend in die aanbidding met die vers Fillipense 1:6 stil geraak: “Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.”

 

Ek is so bly dat wat God begin hy klaar maak.

 

Ek wil afsluit met die storie van John Aquari van Tanzania wat sy visier op die Olimpiese medalje in die maraton gesit het.

Halfpad deur die maraton het hy ’n ongeluk gehad en sy knie oop geval en sy knie van die plek waar dit moet wees verskuif.

Almal het besef hy sou nie die maraton kon klaarmaak nie, maar hy het aanhou hardloop tot hy heel laaste was.

 

Later het die stadion al leeg begin raak omdat al die atlete meer as ’n uur gelede al klaar was, toe John Aquari die wêreld geskok het.

Met sy beseerde knie, al kruppel-kruppel het hy die stadion binnegekom om sy laaste rondte voor die wenstreep klaar te maak.

 

Met ’n handdoek om die bloed wat gevloei het te keer het hierdie held die maraton klaargemaak toe seker al die ander sou opgegee het.

Toe hulle hom na die tyd vra hoekom hy aanhou hardloop het, het hy geantwoord: My land het my nie 5000 myl gestuur om die resies te begin nie, hulle het my gestuur om dit klaar te maak.

 

Vriende, God het ons nie na hierdie aarde toe gestuur om die resies te begin nie.

Hy het ons gestuur om dit klaar te maak.

Voltooi jou onklaar besigheid!  Maak ’n commitment vandag en doen dit.

Lent 2017 – Vergewe mekaar

[powerpress]

Goeie môre vriende,

Wat ’n voorreg om vanoggend saam met julle te kuier vir paar minute en saam te leer oor hoe ons die lewe beter kan doen.

Wie van julle sukkel met die probleem om mense te wil terug kry, of soos die Engelse sal sê retaliation. Jou ma of jou meisie of jou vrou doen iets wat jou dalk laat sleg voel of jou seermaak en dan kry jy haar terug deur of haar te ignore of jy sê iets wat jy weet hulle sal seermaak of doen iets wat hulle sal seermaak.

Op social media noem hulle dit jy unfriend ’n persoon.

Ons almal sukkel hiermee nie waar nie ons almal is ’n retaliator in ons hart.

Ons almal is al seergemaak deur mense of dalk het iemand vir wie jy baie omgee seergekry en saggies binne-in jou wens jy dat iets slegs met die persoon wat hulle of jou seergemaak het gebeur. Jy droom van hoe jy daai persoon in die winkelsentrum raak loop en jy hom of haar daar voor almal op ’n besige Saterdag hulle fortune vertel. Jy maak daai toespraak en vertel daai persoon alles wat jy en die wêreld van hom of haar dink, alles wat hulle aan jou gedoen het en jy verneder hulle en soos jy praat sien jy hoe daai persoon wegkrimp en begin huil en hulle lippie bewe en dan voor hulle kan jammer sê of reageer dan draai jy om en stap weg.

En soos ek dit gesê het, is daar dalk ’n paar van julle wat saggies gedink het sjoe dit sal lekker wees om dit te doen, van julle is baie bekommerd oor my en van julle is soos hoe weet hy wat ek dink.

Vriende die probleem is en van julle het dit dalk al ervaar dat om te retaliate om mense terug te kry werk nie, om mense nie te vergewe nie werk nie. Alhoewel dit ons geneigdheid is om te doen kom Paulus in Efesiërs 4: 31 Raak saam met alle ander slegte dinge ontslae van alle bitterheid, woede, wraak, geskel en gevloek. 32 Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het.

Paulus is soos raak ontslae van die goed. Wees eerder vriendelik gee eerder om vir mekaar, vergewe mekaar.

Maar as ons eerlik is soms wil ons nie ontslae raak van die goed nie nè. Ons wil nie, want dit voel soms goed om vas te hou aan wrokke of grudges nè. Dis soms lekker om jou vriende, of jou ouers of jou wederhelfte die silent treatment te gee, net tot jy agter kom hulle het dit nie eers agtergekom of gee nie om dat jy stilstuipe het nie.

Dis lekker om aan dinge wat met ons gebeur het vas te hou want dit gee jou ’n goeie verskoning vir hoekom jy optree soos jy optree of is soos jy is. Dit gee jou iemand of iets om te blameer vir jou probleme en jy kan nou jou ouers blameer want hulle het drooggemaak of jy het jou werk verloor want die mense by jou werk het jou nie ondersteun nie, of jou huwelik val uitmekaar want hy of sy is nie daar vir jou nie. En so hou ons vas aan bitterheid en woede en ons wil nie vergewe nie, want dit gee ons rede om nie vorentoe te beweeg nie dit gee ons verskoning om nie verantwoordelikheid te vat nie.

Maar vir meeste van ons die rede hoekom ons nie ontslae raak daarvan nie is want ons glo nie dis moontlik om ontslae te raak daarvan nie. Van ons is soos Paulus is seker nie ernstig nie. Dis maklik vir hom om te praat hy weet nie wat in my lewe gebeur het nie.

Interessante feit oor Paulus. Hy is besig om die brief te skryf terwyl hy alleen in die tronk sit vasgeboei. Die Christene is nog nie heeltemal aan sy kant nie, want hulle is nog bietjie bang omdat hy ’n rukkie vroeër hulle vervolg het en doodgemaak het, hy word onregverdig aangehou en die Joodse leiers het ook teen hom gedraai omdat hy begin verkondig het dat Jesus die Messias is. Paulus het alles reg gehad om dalk bitter en kwaad te wees, maar dan skryf hy die verse. Raak ontslae wees goed en vergewe.

Paulus glo mense kan dit doen en as hy dit glo na alles wat hy deur is dan moet dit ons hoop en vertroue gee dat dit gedoen kan word. Petrus sê dieselfde tiepe ding in 1 Petrus 3:8-9 ’n Laaste woord oor julle verhoudings: Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig. 9 Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Moenie iemand wat julle beledig, terug beledig nie. Inteendeel, jou antwoord moet ’n seënwens wees. Dít is waartoe God julle geroep het en waarvoor Hy julle sal seën.

Nou as jy nie dit glo nie wat is die alternatief om vas te hou aan woede en bitterheid en te leer om dit te bestuur. Eerlikwaar dink ek dit is stupid en kan nie lekker wees nie, want ek dink nie dit kan lekker wees om elke dag en jaar meer en meer woede en bitterheid probeer bestuur nie. Ons is soos ’n ballon en as ons vashou aan bitterheid dan kom lug in en lug in en lug in en ons blaas groter op en groter op en dan eendag op ’n stadium gaan ons net oop bars of skeer en crack en opgee. Opgee op die lewe, opgee op verhoudings, opgee op kerk en God en self opgee op ons self. So ek moet Paulus glo en God vertrou dat dit moontlik is om ontslae te raak van alle slegte dinge.

As ons na die vers kyk: Raak saam met alle ander slegte dinge ontslae van alle bitterheid, woede, wraak, geskel en gevloek. 32 Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om.

Kom Paulus nie net en sê raak ontslae punt einde van storie nie hy kom en leer ons hoe.

Paulus kom en sê om ontslae te raak van iets negatief moet jy dit vervang met iets positief. Hy sê raak ontslae van bitterheid deur goedheid om vriendelik te wees om mense aan te moedig. Raak ontslae van woede deur vir mekaar genade te hê en om te gee.

En dan kom Paulus en sluit af met Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het.

Vriende Paulus is real met my en jou. Hy is luister die bottom-line hoekom julle moet vergewe is omdat God julle vergewe het en as jy eerlik is saam met my vanoggend, en ek is skaam om dit te sê as mens en as julle pastoor maar nog steeds word ek daagliks vergewe.

Dan is Paulus moet julle leer om te vergewe en dit begin deur goed te wees teenoor mense en genade te hê vir mense.

Vergifnis in die Bybel kan soms beteken om skuld af te skryf.

Wanneer mense ons seermaak of te nakom dan skuld hulle ons nè, ons sal ook goed se soos hy skuld my ’n verskoning. Die Bybel kom en leer ons dat ons daai skuld moet afskryf. Om te vergewe is ’n keuse wat ek en jy moet maak. Dis ’n besluit wat ons maak om skuld af te skryf.

Nou jy kan vra hoekom moet ek skuld af skryf. In besigheid is daardie term slegte skuld dis mense wat hulle nie betaal nie en besighede skryf dit dan af omdat dit vir hulle beter is daarom afte skryf as om daaraan vas te hou. Ek dink dis ’n goeie beginsel en rede vir ons ook want dit is slegte skuld, ek sê nie dat dit nie regte skuld is nie, ek sê nie dat die pyn en seer nie waar is nie ek sê nie dat jy verkeerd is in hoe jy voel nie en baie keer maak dit nie menslik sin om die skuld af te skryf nie, maar dis beter vir my en jou.

Soms is die enigste rede wat daar is, is want God het my skuld afgeskryf. Toe ek verlore was in my sonde en pyn het God my kom vind daar waar ek is en my vergewe. Hoe kan ek dan nie dieselfde doen nie.

Vriende ek het foute en ek maak gereeld foute en my foute maak soms mense seer maar ek weet dit maak God altyd seer. Daar is goed in my hart wat as julle dit moet uitvind ek oor skaam sal wees, maar daar is goed in jou hart wat as ek of ander daar van moet weet jy ook skaam oor sal wees. Ons almal maak seer ons almal maak skuld by God en by mense maar iemand het die week so mooi gesê by die kruis is ons almal dieselfde want by die kruis is ons almal gelyk by die kruis is ons vergewe en ons skuld is afgeskryf.

Vriende ons kan vergewe omdat Hy ons eerste vergewe het. Ons ontvang vergifnis van God af nie net vir onsself nie, maar dat ons vergifnis kan uitdeel. Ons ontvang genade van God af sodat ons voordeel trek daar uit maar dat ons dit kan uitdeel. God seën my en jou met talente nie vir ons self nie, maar dat ons dit kan gebruik om ander te seën daarmee, God seën my en jou met resources sodat ons dit kan gebruik om sy koninkryk te bevorder. En net so met vergifnis ons ontvang vergifnis sodat ons ander kan vergewe.

Nou vanoggend gaan ons regmaak vir nagmaal en nagmaal is een van die voorbeelde wat Jesus vir ons gelos het sodat ons kan onthou, sodat ons kan onthou dat Hy ons skuld afgeskryf het, sodat ek en jy ook kan dankbaar wees oor sy goedheid en genade teenoor ons.

Vriende terwyl ek en jy nagmaal gebruik wil jy nie dalk God vra om vir jou te wys wie daar is wie se skuld dit dalk tyd is vir jou om af te skryf nie. Jou lewens sak word al swaarder en swaarder en daar is al skeurtjies in jou sak vra Hom om jou te help om die skuld af te skryf om jou te help om genade te hê vir hulle en om goedheid te openbaar.

Vra Hom om jou te help om daagliks daai keuse te maak om die skuld afgeskryf te hou.

Kom ons bid saam voor ons nagmaal gebruik.

‘n Nuwe begin in jou verhouding met die kerk

[powerpress]

Goeie môre vriende,

Wat ’n voorreg om vanoggend saam met julle te kuier vir paar minute en saam te leer oor hoe ons die lewe beter kan doen.

Dit is daai tyd van die jaar die begin en sal dit veilig wees as ek sê. Ons almal wil ’n nuwe begin hê in verskillende areas van ons lewens. Die rede is want, wat ek besig is om te doen werk nie, nie waar nie? Niemand wil iets verander of oor begin as dit werk nie.

Jy soek ’n do over of nuwe begin want die manier hoe jy jou geld doen werk nie of die manier hoe jy verhoudings doen werk nie, of die manier hoe jy jou geestelike lewe doen werk nie of in my geval die manier hoe ek my gesondheids lewe doen werk nie en ek besef as ek so aanhou gaan dit slegte na gevolge hê.

Ons almal soek ’n nuwe begin want ons almal wil gelukkiger wees nie waar nie? En baie keer kom ons en ons soek daai geluk is verskillende goed. Geld, besittings, vakansies, titels, prestasies, kos. Read more

Ligdraers – leef entoesiasties

[powerpress]

Goeie more vriende,

Ek wil vandag gesels oor die geestelike kant van entoesiasme. Ek glo daar is 2 soorte mense in die wêreld. Die wat toe laat dat hulle omgewing hulle entoesiasme bepaal tot die lewe. En dan is daar die mense wie se entoesiasme hulle omgewing bepaal en verander.

Hoor wat sê 1 Korintiërs 15:57-58 en ek lees dit uit die New living translation.

57 But thank God! He gives us victory over sin and death through our Lord Jesus Christ.

Vriende mag ons nooit solank op die christelike pad wees dat ons vergeet om dankbaar te wees oor wat Jesus aan die kruis vir my en jou gedoen het nie.

En dan gaan hy verder en sê:

58 So, my dear brothers and sisters, be strong and immovable. Always work enthusiastically for the Lord, for you know that nothing you do for the Lord is ever useless. 1 Cor 15:57-58 NLT

Jo, Jo, Jo, dis rof huh? Always nie soms nie, nie as jy voel jou baas is regverdig nie, nie as jy lus is nie, nie net as jy waardeer word of voel jy word waardeer of maak ’n verskil by die skool of kerk of waar jy volunteer nie. Always work enthusiastically hoekom want ons weet niks wat ons doen vir wie, vir God is useless nie.

So as ek volunteer of betaal word, as man of pa alles wat ek doen, moet ek entoesiasties doen vir die Here. Met passie doen vir die Here moet ek my beste gee vir die Here want dis nie net useless nie, maar nog ’n rede is ook want Hy het sy beste vir ons gegee in Jesus wat vir ons oorwinning gegee het.

Nou as ons dalk wou dink ja maar dis net een vers, hoe ernstig was Paulus toe hy dit gesê het. Lees saam met my:

Kolossense 3:23 Pak alles gemoti­veerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie.

Vriende ek en jy is geroep om Heilig te wees om anders te wees of sal ek dit beter sê ons is geroep om ligdraers te wees veral in tye soos nou.

Vandag wil ek gesels vanuit die lewe van David. En in David se lewe is daar 2 seisoen waarna ons gaan kyk. David as kind en David as koning.

Nou as jy dalk nie heeltemal op datum is nie. David is ’n seun wat skape oppas maar ook as koning gesalf. David se pas stuur hom om vir sy broers kos te vat want die Filistyne het oorlog verklaar teen Israel en nou is daar hierdie kyk wat gebeur wat gaan gebeur.

Israel aan die een kant en Filistyne aan die ander kant van valei. Elke dag kom Goliat ’n reus uit en sê stuur iemand om met my te fight en die winner takes it all. Hy sê dan ook slegte goed oor Israel en God. David kom en hoor dit en dan sê hy tot hier toe en nie vêrder nie en hy besluit hy gaan Goliat aanvat. Klomp goed gebeur dan nog behind te scense en jy is welkom om dit te lees in 1 Samuel 17. Maar ons sluit aan by David as hy uitstap en met Goliat chat.

Leef jou in daai oomblik in sien dit afspeel.

1 Samuel 17:45-46 Maar Dawid skree terug: “Jy kom na my toe met ’n swaard en ’n spies en ’n swaard, maar ek kom na jou toe in die Naam van die Here, die Almagtige, die God van die magte van Israel wat jy staan en beledig. 46Vandag gee die Here jou oor in my mag. Ek sal jou doodmaak, jou kop afkap, en die lyke van die Filistynse leër vir die roofvoëls van die hemel en die wilde diere van die aarde gee.

Almal van Israel is bang maar David is ek gaan jou nie net doodmaak nie, ek gaan jou morsdood maak ek gaan jou kop afkap.

Waar kom David se entoesiasme vandaan?

Ek glo dit kom van 3 daaglikse dissiplines af.

  • Hy het God daagliks vertrou. Bere of leeus verjaag terwyl hy skape oppas.
  • Hy het daagliks met God tyd bestee. Ps23 Die Here is my herder
  • Hy het daagliks God aanbid deur te sing en musiek te speel op sy harp.

Vriende wanneer ek en jy daagliks God vertrou, tyd met hom spandeer en hom aanbid dan raak ons vol van God.

48 Die Filistyn het al nader gekom, maar Dawid het hom vinnig tegemoetgegaan. 49 Hy steek sy hand in sy slingersak, vat ’n klip daaruit, gooi dit met sy slingervel en tref die voorkop van die Filistyn. Die klip het in sy kop ingedring en hy het met sy gesig vooroor op die grond geval. 51 Toe hardloop Dawid, trek die Filistyn se swaard uit die skede en kap sy kop daarmee af.

Dis David as kind.

Lees saam met my uit 2 Samuel 11:1-2

1Die volgende lente, die tyd waarin die konings gewoonlik gaan veg, het Dawid vir Joab en sy manskappe, asook die hele leër van Israel gestuur. Hulle het die Ammoniete verslaan en Rabba gaan beleër. Dawid het in Jerusalem agtergebly. 2 Een namiddag, nadat hy gerus het, het Dawid opgestaan en op die dak van die paleis rondgeloop. Van die dak af sien hy ’n besonder mooi vrou wat besig was om te bad.

David moes op die oorlog veld wees, maar hy stuur Joab en sy manne. Hy bly terug by die paleis. En dan omdat hy nie is waar hy moet wees nie maak hy droog.

As kid hardloop David met entoesiasme nader na die reus.

As koning loop David doelloos op die dak van die paleis rond terwyl hy eintlik in oorlog moet wees.

Nou hoe het David, en hoe verloor ons baie keer daai entoesiasme daai vuur.

Ek vermoed David het begin om sy oë te plaas op sy gemak en het sy oë afgehaal vanaf God en dit waarvoor hy geroep is.

Vriende waar is ek en jy vanoggend? Is ons nog so entoesiasties oor dit wat Jesus vir my en jou gedoen het? Het ek en jy dalk ook ons oë afgehaal van die rede hoekom God ons dalk op sekere plek geplaas het? Het ek en jy dalk ons oë afgehaal van God af en is ons nou meer gefokus op ons gemak en wat ons wil hê en hoe ons dit wil hê en ook wanneer ons dit wil hê.

Hardloop ons nog in die oorlog in vriende? Werk ons nog vir God of werk ons nou vir mense of dalk vir ons selfs, doen ek en jy nog ons beste omdat ons dit vir Hom doen of doen ons net die nodige want dis wat almal doen. Vertrou ek en jy nog dat al voel dit vir ons dis hopeloos. AL voel ons land se plotiek hopeloos en ek kan nie verskil maak nie hou ons aan ons beste gee, hou ons aan bid, of as die goed met die #feesmustfall kom en ons spoed breek hou ons aan bid en vertrou. Jy is dalk nie in die werk wat jy gedink het jy in sou wees nie of op die plek waar jy wou wees op die stadium van jou lewe nie en jy wil negatief raak.  Jou baas is ’n draak en onredelik, of jou huwelik voel gebroke en niks wat jy doen, is ooit goed genoeg nie, of dalk is jou kinders is vêr van God af en ver van jou af.

Kan ons nog meer real wees jy voel dalk vêr van God af. Jy hoor ons praat van dankbaarheid maar op die stadium voel jy daar is niks om voor te lewe wat nog dankbaar voor te wees nie en al wat jy wil doen is opgee. Jy voel leeg, negatief, alleen en dalk is jou sondes heeltyd in jou gedagtes heeltyd op jou rug.

Kan jy dalk relate met wat ek nou sê? Vriende dan is dit tyd vanoggend dat ons soos David kom in Psalm 51.

Nadat die profeet vir David kom sê het die Here weet wat hy gedoen het met Batseba dan kom David en raak opreg en breek stukkend voor die Here. Hy het berou en vra vergifnis maar dan ook kom hy in vers 10 – 12

Psalm 51:10-12 Gee my tog weer blydskap en vreugde; U het my stukkend gebreek,

laat my weer vol vreugde wees. 11 Moenie let op my sondes nie, en wis al my oortredings uit. 12 Skep vir my ’n rein hart, o God. Gee my ’n nuwe, standvastige gees.

En hierdie hele week terwyl ek gewerk het aan die preek en toe ons gesels het op kantoor oor die diens was daar net die gevoel dat vanoggend dit tyd is dat ons weer eerlik opreg voor God raak nie.

Vriende is dit nie dalk tyd om voor hom te breek en te erken Here my entoesiasme het verdwyn Here ek leef vir my gemak en myself. Dalk is dit vanoggend tyd dat jy kom en eienaarskap vat vir jou verkeerde optredes en foute die Bybel noem dit sondes en weer God vra om jou sondes en oortredings uit te wis. Dalk sit jy hier en jy het nog nooit oorgegee nie, maar die gees is besig om met jou te werk en jy voel dis tyd om jou lewe oor te gee al die seer al die pyn al die beheer want jy kan dit nie op jou eie meer doen nie en jy het nodig dat God jou siel moet red.

Mag ek vra vriende terwyl ons nou die volgende lied sing wil jy nie net daar waar jy is met God gesels nie. Wees net eerlik met hom sê hom hoe jy voel, erken jou skuld aan hom en nooi hom in. Vra hom om jou oortredings te verwyder. Bid dalk soos David vanoggend en vra God om jou weer ’n rein hart te gee en ’n nuwe standvastige gees te gee.

Seen gemeente: Vriende kom ons Vertrou God daagliks, kom ons spandeer tyd met God daagliks, en kom ons aanbid God daagliks sodat ek en jy Ligdraers kan wees in ’n negatiewe wêreld deur entoesiasties te leef vanuit God se krag en genade.